Vyftiende Sondag in Koninkrykstyd

Sections

Oorsig

Ons staan vandag verwonderd oor die verandering by God dat Hy, na die sondvloed, ’n nuwe begin vir die skepping moontlik maak. Hy doen dit deur ’n verbond met die natuur, mens en dier, te sluit (Gen). Die psalmteks is ’n lof-antwoord oor die nuwe lewe wat uit die grond spruit wanneer God sy asem daarin blaas. Die teks uit Openbaring gaan nog ’n tree verder en laat ons die uiteinde sien, die nuwe rivier met die water van die lewe en die boom van die lewe wat sonder ophou vrug dra. Matteus 28:1-10 staan tussen hierdie woord en die gebeure met die sondvloed. God maak dié nuwe moontlik deur sy Seun wat sterf en opstaan.

Ander tekste

Genesis 8:20-22; 9:12-17
20Toe het Noag ’n altaar vir die Here gebou en van al die rein vee en die rein voëls gevat en brandoffers op die altaar gebring. 21Die Here het die offer aanvaar en Hy het by Homself gesê: “Ek sal nie weer so ’n ramp oor die aarde laat kom vanweë die mens nie. Van sy jeug af bedink die mens net slegte dinge, maar Ek sal nie weer al wat lewe laat omkom soos Ek gedoen het nie.
22“So lank as die aarde bly bestaan,
sal saaityd en oestyd nie ophou nie,
ook nie koue en hitte,
somer en winter,
dag en nag nie.”
12Toe het God gesê: “Dit is die teken van die verbond tussen My en julle en die wilde diere by julle, ’n verbond wat vir alle toekomstige geslagte geld: 13my reënboog het Ek in die wolke geplaas. Dit sal die teken wees van die verbond tussen My en die aarde. 14Wanneer Ek wolke oor die aarde laat saampak, en die reënboog verskyn in hulle, 15sal Ek dink aan my verbond met julle en al die wilde diere volgens hulle soorte. Daar sal nooit weer vloedwaters kom wat alle lewende wesens uitroei nie. 16Die reënboog sal in die wolke wees, en wanneer Ek dit sien, sal Ek dink aan die ewige verbond tussen My en al die lewende wesens op die aarde.”

17God het vir Noag gesê: “Dit is dan die teken van die verbond wat Ek tot stand gebring het tussen My en al die lewende wesens op die aarde.”

Psalm 104:27-33
27Hulle is almal van U afhanklik,
U gee hulle kos op hulle tyd.
28U gee, en hulle eet,
U maak u hand oop,
en hulle kry meer as genoeg.
29Maar as U U terugtrek,
is dit klaar met hulle,
as U hulle asem wegneem, is hulle dood
en word hulle weer stof.
30U gee die lewensasem en daar is lewe;
ook uit die grond
laat U nuwe lewe spruit.
31Mag daar aan die roem van die Here
geen einde wees nie!
Mag die werk van die Here
Hom vreugde verskaf,
32Hy wat na die aarde kyk, en dit bewe,
wat die berge aanraak, en hulle brand.
33Ek wil tot eer van die Here sing
so lank ek lewe,
ek wil die lof van my God besing
so lank ek daar is.

Openbaring 22:1-5
Toe het die engel my die rivier met die water van die lewe gewys. Dit is helder soos kristal en dit stroom uit die troon van God en van die Lam uit. 2Tussen die hoofstraat van die stad aan die een kant en die rivier aan die ander kant staan die boom van die lewe. Hy dra twaalf keer per jaar vrugte: elke maand lewer hy sy vrugte. Die blare van die boom bring genesing vir die nasies.

3Daar sal niks meer wees wat deur God vervloek is nie. Die troon van God en van die Lam sal in die stad wees, en sy dienaars sal Hom dien. 4Hulle sal Hom sien, en sy Naam sal op hulle voorkoppe wees. 5Daar sal nie meer nag wees nie. Die mense het nie die lig van ’n lamp en die lig van die son nodig nie, omdat die Here God hulle sal verlig, en hulle sal tot in alle ewigheid regeer.

Fokusteks

Matteus 28:1-10
Jesus het opgestaan
(Mark 16:1–8; Luk 24:1–12; Joh 20:1–8)
28 Na die sabbatdag, toe dit die Sondagmôre begin lig word, het Maria Magdalena en die ander Maria na die graf gaan kyk.

2Skielik was daar ’n geweldige aardbewing. ’n Engel van die Here het van die hemel af gekom, na die graf toe gegaan, die klip weggerol en daarop gaan sit. 3Sy voorkoms was so blink soos weerlig en sy klere so wit soos sneeu. 4Van skrik vir hom het die wagte gebewe en soos dooies geword.

5Toe sê die engel vir die vroue: “Julle moet nie bang wees nie. Ek weet julle soek Jesus wat gekruisig is. 6Hy is nie hier nie, want Hy is uit die dood opgewek, soos Hy gesê het. Kom nader en kyk: daar is die plek waar Hy gelê het. 7Gaan gou en sê vir sy dissipels: ‘Hy is uit die dood opgewek, en Hy gaan julle vooruit na Galilea toe. Daar sal julle Hom sien.’ Dit is wat ek vir julle moes sê.”

8Hulle het toe haastig van die graf af weggegaan, bang maar baie bly, en hulle het gehardloop om dit aan die dissipels te vertel.

9Skielik het Jesus daar voor die vroue gestaan en hulle gegroet. Hulle het nader gekom, sy voete gegryp en Hom aanbid. 10Toe sê Jesus vir hulle: “Moenie bang wees nie. Gaan sê vir my broers hulle moet na Galilea toe gaan, en daar sal hulle My sien.”

Die berig van die wagte
11Terwyl die vroue op pad was, kom party van die wagte in die stad aan en vertel vir die priesterhoofde alles wat gebeur het. 12Die priesterhoofde het saam met die familiehoofde vergader en die volgende plan gemaak. Hulle het vir die soldate ’n groot som geld gegee 13en gesê: “Julle moet sê: ‘Sy dissipels het in die nag gekom en sy liggaam gesteel terwyl ons geslaap het.’14En as die goewerneur daarvan hoor, sal ons hom tevrede stel en sorg dat julle nie bekommerd hoef te wees nie.”

15Die wagte het toe die geld gevat en gemaak soos hulle voorgesê is.
Hierdie storie word tot vandag toe onder die Jode vertel.

Jesus se opdrag aan die dissipels
(Mark 16:14–18; Luk 24:36–49; Joh 20:19–23; vgl Hand 1:6–8)
16Die elf dissipels het na Galilea toe gegaan na die berg waarheen Jesus hulle beveel het om te gaan. 17Toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid, hoewel party getwyfel het. 18Jesus kom toe nader en sê vir hulle: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. 19Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en 20leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.”

Liturgie

RUS

Lied 168 “Heilige Jesus, Heer v/d Here vs 1,2,3”

Aanvangswoord

31Mag daar aan die roem van die Here
geen einde wees nie!
Mag die werk van die Here
Hom vreugde verskaf (Ps 105)

Groet
Genade en vrede vir julle van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste voor sy troon, 5en van Jesus Christus, die geloofwaardige getuie, die eerste wat uit die dood opgestaan het, die heerser oor die konings van die aarde. (Openbaring 1:4-5)

Loflied 464 “O Heer my God 1,2”

Verontmoediging
Ons staan vandag verwonderd oor die verandering by God dat Hy, na die sondvloed, ’n nuwe begin vir die skepping moontlik maak. Hy doen dit deur ’n verbond met die natuur, mens en dier, te sluit

Lees Genesis 8
20Toe het Noag ’n altaar vir die Here gebou en van al die rein vee en die rein voëls gevat en brandoffers op die altaar gebring. 21Die Here het die offer aanvaar en Hy het by Homself gesê: “Ek sal nie weer so ’n ramp oor die aarde laat kom vanweë die mens nie. Van sy jeug af bedink die mens net slegte dinge, maar Ek sal nie weer al wat lewe laat omkom soos Ek gedoen het nie.

22“So lank as die aarde bly bestaan,
sal saaityd en oestyd nie ophou nie,
ook nie koue en hitte,
somer en winter,
dag en nag nie.”

12Toe het God gesê: “Dit is die teken van die verbond tussen My en julle en die wilde diere by julle, ’n verbond wat vir alle toekomstige geslagte geld: 13my reënboog het Ek in die wolke geplaas. Dit sal die teken wees van die verbond tussen My en die aarde. 14Wanneer Ek wolke oor die aarde laat saampak, en die reënboog verskyn in hulle, 15sal Ek dink aan my verbond met julle en al die wilde diere volgens hulle soorte. Daar sal nooit weer vloedwaters kom wat alle lewende wesens uitroei nie. 16Die reënboog sal in die wolke wees, en wanneer Ek dit sien, sal Ek dink aan die ewige verbond tussen My en al die lewende wesens op die aarde.”

Lied 456 “Loof heel die skepping, loof die Heer vs 1,2,3”

Die teks uit Openbaring gaan nog ’n tree verder en laat ons die uiteinde sien, die nuwe rivier met die water van die lewe en die boom van die lewe wat sonder ophou vrug dra.

Openbaring 22
Toe het die engel my die rivier met die water van die lewe gewys. Dit is helder soos kristal en dit stroom uit die troon van God en van die Lam uit. 2Tussen die hoofstraat van die stad aan die een kant en die rivier aan die ander kant staan die boom van die lewe. Hy dra twaalf keer per jaar vrugte: elke maand lewer hy sy vrugte. Die blare van die boom bring genesing vir die nasies.

3Daar sal niks meer wees wat deur God vervloek is nie. Die troon van God en van die Lam sal in die stad wees, en sy dienaars sal Hom dien. 4Hulle sal Hom sien, en sy Naam sal op hulle voorkoppe wees. 5Daar sal nie meer nag wees nie. Die mense het nie die lig van ’n lamp en die lig van die son nodig nie, omdat die Here God hulle sal verlig, en hulle sal tot in alle ewigheid regeer.

Lied 602 “Ek sien ‘n nuwe hemel kom 1,4,5”

Geloofsbelydenis uit Geloofsverklaring 2000 (aangeheg as addisionele Powerpoint, agtergrond by http://en.wikipedia.org/wiki/Rainbow)

Agste Verklaring: oor die mens
Ons glo
· dat God ons volgens ‘n unieke plan geskep het
· dat alle mense gelykwaardig is
· dat God ons wonderlik en besonders as man en vrou gemaak het
· dat die mens van nature in opstand teen God kom en sodoende verwyderd van God raak
· dat die Seun van God self mens geword het om die pad na God toe weer vir ons oop te maak
· dat ons onsself eers ken as ons God ken
· dat God mense gemaak het om mekaar te ondersteun en te waardeer
· dat mens-wees binne ‘n netwerk van verhoudings tot volle ontplooiing kom
· dat Jesus Christus aan mense se lewe sin gee

Tiende Verklaring: oor die omgewing
· Ons glo
· dat ons op die aarde as deel van God se skepping aangewese is soos ‘n kind op sy of haar
ouer
· dat ons die aarde wat ons van God ontvang het, saam met alles wat dit inhou, moet bewaar –
ook met die oog op toekomstige geslagte

Sewentiende Verklaring: oor die toekoms
Ons glo
· dat die toekoms aan God behoort
· dat God se beloftes nog verrassender vervul sal word as wat ons kan droom
· dat Jesus Christus op ‘n dag in die geskiedenis weer sal kom
· dat alles dan splinternuut sal word
· dat dit ook ‘n dag van afrekening met die kwaad sal wees
· dat die gelowiges vir altyd by God sal wees
· dat verskille onder Christene oor die besonderhede van wat in die toekoms sal gebeur, nie
ons gesamentlike geloof in die komende Here in die gedrang moet bring nie
· dat ons deur woord en daad wyd en syd moet vertel dat Jesus weer kom sodat al hoe meer
mense hierdie vooruitsig met ons kan deel
Matteus 28:1-10 (die fokusteks) staan tussen hierdie woord en die gebeure met die sondvloed. God maak dié nuwe moontlik deur sy Seun wat sterf en opstaan.

HOOR

Epiklese

Skriflesing: Matt 28:1-10

Preek

LEEF

Wegsending

Lied 219 “Laat ons sing van ons Verlosser 1,2,3”

Seën
Voorganger: Jesus Christus is die opstanding en die lewe.
Gemeente: Hy is ons vrede.

Voorganger: Wie in Hom glo, sal in ewigheid nie sterwe nie.
Gemeente: Hy is ons vrede, nou en tot in ewigheid.
Antwoord

Lied 315 “Amen”

Jesus stuur ons uit en ons kom tot rus

Rus

Liedere

Flam 175 “Vry”
(RUBRIEK: Kontemporêr – Vergifnis / Lof / Geloofsbelydenis)
Teks en Musiek: Elsche van Wyk
© 2006 MAR Gospel Music Publishers

Refrein:
Vry ons is vry
Deur Sy bloed en Sy genade is ons vry
Ons is vry. Van die pyn
En smart het Jesus ons bevry

Heer elke dag is ’n belofte
Elke oomblik net geleen
Die ganse heelal bring U ere
Deur U Seun is ons vergeef
Verlos van sonde en die dood
Aan die kruis het U gely
En Here ons sê dankie
Dankie Here ons is vry

Heer U verlos ons deur genade
U vergewe en vergeet
Die kruis van Golgota bring lewe
En reddingskrag is hier vir my
Deur Jesus Christus is daar lewe
Elke knie sal voor Hom buig
U’t ons vrygemaak van sonde
En die vyand is oorwin

God praat met ons en ons luister

Familie-oomblik

Sondag van die reënboog: Gesels met die kinders oor ‘n reënboog (Artikel uit Wikipedia aangeheg).

A rainbow is an optical and meteorological phenomenon that causes a spectrum of light to appear in the sky when the Sun shines on to droplets of moisture in the Earth’s atmosphere. It takes the form of a multicoloured arc. Rainbows caused by sunlight always appear in the section of sky directly opposite the sun.

In a so-called “primary rainbow” (the lowest, and also normally the brightest rainbow) the arc of a rainbow shows red on the outer (or upper) part of the arc, and violet on the inner section. This rainbow is caused by light being refracted then reflected once in droplets of water. In a double rainbow, a second arc may be seen above and outside the primary arc, and has the order of its colours reversed (red faces inward toward the other rainbow, in both rainbows). This second rainbow is caused by light reflecting twice inside water droplets. The region between a double rainbow is dark. The reason for this dark band is that, while light below the primary rainbow comes from droplet reflection, and light above the upper (secondary) rainbow also comes from droplet reflection, there is no mechanism for the region between a double rainbow to show any light reflected from water drops.

It is impossible for an observer to maneuver to see any rainbow from water droplets at any angle other than the customary one (which is 42 degrees from the direction opposite the Sun). Even if an observer sees another observer who seems “under” or “at the end” of a rainbow, the second observer will see a different rainbow further off-yet, at the same angle as seen by the first observer. Thus, a “rainbow” is not a physical object, and cannot be physically approached.

A rainbow spans a continuous spectrum of colours; the distinct bands (including the number of bands) are an artefact of human colour vision, and no banding of any type is seen in a black-and-white photo of a rainbow (only a smooth gradation of intensity to a maximum, then fading to a minimum at the other side of the arc). For colours seen by a normal human eye, the most commonly cited and remembered sequence, in English, is Newton’s sevenfold red, orange, yellow, green, blue, indigo and violet (popularly memorized by mnemonics like Roy G. Biv). However, colour-blind persons will see fewer colours.

Rainbows can be caused by many forms of airborne water. These include not only rain, but also mist, spray, and airborne dew.

Die verhaal van Jesus se opstanding (fokusteks) vorm ’n brug tussen die verbond na die sondvloed en die blik op die nuwe lewe in die hiernamaals – ook van die natuur.

Die reënboog speel ’n belangrike rol in hierdie Sondag se tekste. Die reënboog was reeds voor die sondvloed daar. Na die sondvloed wanneer God ’n nuwe verbond met mens en natuur sluit, kry die reënboog, in God se woorde, nou ’n dubbele betekenis. Die dien eerstens as onderneming van God dat, as die reënboog verskyn, die mens mag weet dat Hy nie weer die aarde op hierdie manier sal tref nie. Aan die anderkant sê God ook dat wanneer die reënboog verskyn dit Hom sal herinner aan die verbond wat Hy met mens en natuur gesluit het.

Tydens kategese kan daar aan die kleiner kinders kans gegee word om elkeen ’n reënboog-prent te teken. Dié prente kan ook op hierdie Sondag in die liturgiese ruimte geplaas word.
(Uit Bybel-Media se Preekstudies en Liturgiese Voorstelle 2010-11.)

Preekriglyn

Vroeg in die môre, met die oorgang van die nag in dag, gaan twee vroue na Jesus se graf kyk. Miskien sou iemand die steen vir hulle wegrol, sodat hulle nog ‘n keer na Jesus kon kyk. Dalk sou hulle Jesus se liggaam weer versorg.

Mens kan jou die gemoedstoestand van die vroue indink. Saam met die ander dissipels het hulle net herinneringe aan Jesus gehad. Alles waarvoor hulle rondom Jesus gehoop het, was in die graf weggebêre. Dit het tot niks gekom nie.

In die vroue ,vroegoggend op pad na die graf, sien mens die magteloosheid van die lewe voor die dood. Die dood maak ‘n einde aan alles. Trek ‘n grens wat mense nie kan verskuif nie. Bruisende geloof in, en hoop op, die Messias is vervang deur herinneringe. Geloof en hoop is getraumatiseer en vermorsel deur die wrede kruisiging die vorige Vrydag. Jesus leef … bloot in hul gedagtes.

Indien dit van die vroue – of van die res van die dissipelkring – afgehang het, sou dit nooit Pase geword het nie.

Verras deur God

Hierdie was nie ‘n gewone Sondagoggend nie. Skielik was daar ‘n geweldige aardbewing. ‘n Aardbewing is regdeur die Bybel die demonstrasie van God se mag. Die aardbewing is ‘n teken dat God handel. Binne oomblikke sou die vroue se verstaan van die wêreld tot in sy diepste fondamente geskud word. Die finaliteit van die dood word geskud en oorwin. Die opstanding van Jesus skud die ou wêreld van sonde en dood.

Daar kom ‘n engel van die Here van die hemel af, rol die grafsteen weg en gaan sit op dié klip. Sy voorkoms is so blink soos weerlig en sy voorkoms so wit soos sneeu. Iets dramaties is aan die gebeur.

Let op dat die teks nie die opstanding self beskryf nie. Daar word slegs ‘n aantal heerlike tekens beskryf. Die hooploosheid van die vroue. Die krag van die aardbewing. Die voorkoms van die engel. Die opstanding word nie beskryf nie, want dit is iets totaal anders. Dit is heeltemal onbeskryflik:

Nòg die getuies by die graf, nòg die evangeliste kan iets daaroor sê. Hulle kan alleen die dat van die opstanding verkondig. Terwyl die kruisiging en die begrafnis gebeurtenisse is wat histories en aanskoulik plaasgevind het, staan ons met die opstanding voor ‘n geskiedenis waarvan God alleen die Subjek is
(JJE Koornhof – Woord teen die Lig 3)

Openbaring

Vanselfsprekend verstaan die vroue nie wat hier gebeur nie. Niemand sien die wonder van die opstanding nie.

Die betekenis van die gebeure moet gekommunikeer word, geopenbaar word. Daarom is die woorde van die engel in verse 5 en 6 die sleutel en die kern van hierdie Skrifgedeelte:

Toe sê die engel vir die vroue: “Julle moet nie bang wees nie. Ek weet julle soek Jesus wat gekruisig is. Hy is nie hier nie, want Hy is uit die dood opgewek, soos Hy gesê het. Kom nader en kyk: daar is die plek waar Hy gelê het. (28:5-6)

God verklaar self die gebeure deur die engel (boodskapper). Hierdie toeligting kan net deur God self gegee word. God self getuig oor die opstanding van sy Seun deur die woorde van die engel.

Opvallend genoeg begin die engel om ‘n streep deur die doel van die vroue se besoek te trek. Julle soek Jesus wat gekruisig is, maar Jesus is nie hier nie, sê die engel. Hy is opgetel uit die dood uit, Hy is opwek! Die vroue kan gerus kom kyk, die graf is leeg.

Jesus is nie in die dood te vinde nie. Jesus is nie bloot geskiedenis nie. Jesus leef nie net in die vroue se herinneringe nie.

Daarom hoef die vroue nie bang te wees nie.

Ten spyte van menslike pogings om God te bind – die verseëling van die graf en die wagte wat toesig hou – breek God die mag van die dood. Hy skud die fondamente van die wêreld. God self getuig deur sy boodskapper van hierdie magsdaad.

Geloof én ongeloof

Die engel se boodskap is ‘n uitnodiging om in die opgestane Here te glo. Die vroue kry ‘n opdrag en hulle hardloop om die dissipels te gaan vertel. Daarmee demonstreer hulle hul geloof.

Reg van die eerste oomblikke van Jesus se opwekking uit die dood is daar ook ongeloof. Ironies genoeg, skrif die wagte en word soos dooies. Wanneer hul weer lewe kry, laat spaander hulle terug stad toe om alles vir die priesterhoofde te vertel. Hier is geen geloof nie. Die priesterhoofde en familiehoofde fabriseer dadelik ‘n storie dat Jesus se liggaam gesteel is. (28:11-15)

Eers het hulle Jesus uit die weg probeer ruim deur Hom te laat kruisig. Wanneer dit nie werk nie, koop hulle die wagte om om geloof in Jesus ongeloofwaardig te maak. Ironies hoe geld ‘n rol speel. Deur geld het Jesus in die Jode se hande geval. En deur omkoopgeld word die boodskap van sy opstanding ongeloofwaardig gemaak. Ironies genoeg, onderstreep die Jode se bereidheid om te betaal juis die feit van Jesus se opstanding!

Tot vandag toe roep die getuienis oor Jesus se opwekking steeds geloof én ongeloof by hoorders op. Daar het nog niks verander nie.

Die rede vir die kerk se bestaan

Daar bestaan ‘n Christelike kerk omdat Jesus uit die dood opgestaan het. Die kerk bestaan omdat die Gees van God geloof in mense skep in die gekruisigde en opgestane Here.

Geloof beteken om in Jesus se opstanding inderdaad die deurbreek van God se nuwe wêreld raak te sien en daarom vir God toe te laat om in jou eie lewe kragtig deur te breek. Geloof beteken om uit die krag van Jesus se opstanding te leef (JJE Koornhof, Woord teen die Lig 3)

Die Christelike kerk bestaan uit mense wat vanuit hierdie opstandingsgeloof radikaal vernuwe is en nuut leef. Dit is mense wat deur die opgestane Here self uit ‘n geestelike dood opgewek is, en in wie se lewe die opstanding van die vlees herhaal sal word.

Die verstommende woorde van die engel, “Hy is nie hier nie, want Hy is uit die dood opgewek,” is die fondament vir ons geloof en die grondslag vir die bestaan van die geloofsgemeenskap.

Gehoorsaamheid

In die eerste oomblikke van die opstandingswonder ontvang die vroue ‘n opdrag. Hulle moet vir die dissipels gaan vertel en vir hulle sê Jesus gaan hulle in Galilea ontmoet. Wanneer hulle hardloop om die dissipels te gaan vertel, ontmoet hulle die opgestane Jesus. Hulle aanbid Hom en ontvang weer die opdrag: “Gaan sê vir my broers hulle moet na Galilea toe gaan, en daar sal hulle My sien.”

Geloof in die opgestane Here skakel jou in by die opdrag om daaroor te getuig. Die wonder dat God lewe skep uit vasgeloopte situasies moet oor en oor vertel word.

Die dissipels gehoordsaam. Hulle gaan uit Judea (die suidelike provinsie waarin Jerusalem geleë is) na Galilea, die noordelike provinsie, om Jesus by die berg te ontmoet. Hierdie berg is waarskynlik die berg waar Jesus sy berg-preek gelewer het.

Juis die feit dat die gekruisigde Jesus uit die dood opgewek is, verleen nuwe gesag aan sy woorde. Deur sy opwekking bevestig God die waarheid van Jesus se leer, en onderstreep hoe belangrik dit is om Jesus te gehoorsaam.

Toepassing

Een: Ingetrek by die drama
Hierdie kort, dramatiese vertelling, trek ons by die opstandingswonder in. Mens moet die verhaal in jou lyf voel. Die moedeloosheid, hooploosheid van die vroue. Die skrik van die aardbewing en die engel uit die hemel. Die verrassing van die woorde van die engel. Die verwondering voor die leë graf. Die vrees én blydskap. Die haastige hardloop om te gaan vertel. Die aanbidding van die opgestane Here.

Hierdie is ‘n geboorteverhaal. Ons geestelike geboorteverhaal. Ons ewige geboorteverhaal. Die fondament vir ons eie opstanding uit die dood – nóú én eendag.

Twee: Vernuwe
Koopmans, bekende Nederlandse teoloog, sê dat Christene by die lees van hierdie verhaal beleef dat die “steen gelig is”, oftewel dat die klip weggerol word. (2) Die grafsteen van my sonde wat op my lewe gelê het, is gelig. Die steen van die onmoontlikheid om God en my naaste lief te hê, is gelig. Die steen van my sondige verlede is gelig. Al hierdie klippe is weggerol. Alles wat dood is in my, is opgewek in die opstanding van Jesus Christus.

Hoewel die mag van die sonde nog sy laaste stuiptrekkings in my lewe het, is die oorwinning behaal, die slag is gelewer. Jesus leef en ek met Hom!

Drie: Gebind aan ‘n opstandingsgemeenskap
Die vroue word na Jesus se dissipels, sy “broers” gestuur. Die dissipelkring vertrek saam na Galilea. Daar hoor hulle die opdrag om na die nasies te gaan. Vanuit die opstandingsgebeure word ‘n gemeenskap geskep wat die draers van die opstandingsboodskap is. Die opstanding is ‘n gebeure wat gemeenskap skep.

Opvallend ook dat van vroue verwag word om ‘n boodskap aan mans te gaan gee. Dit was nie in die destydse kultuur aanvaarbaar nie. Daarmee demonstreer Jesus dat mense herstel word in hul verhouding tot mekaar. In die nuwe opstandingsgemeenskap is die verhoudinge radikaal nuut.

Nie een van ons is alleen in die wêreld nie. Ons is aan mekaar gegee. In hierdie gemeenskap is ons vry om lief te hê en te dien.

Vier: ‘n Opdrag tot getuienis
Die nuwe opstandingsgemeenskap het ‘n getuienistaak. Jesus het nie ‘n boek geskryf nie, Jesus het ‘n gemeenskap geskep. Hierdie nuwe gemeenskap dra die getuienis van sy opstanding en demonstreer sy opstandingsmag deur hul liefde en getuienis.

Aan hierdie getuienis kan mens jou lewe wy.

A ministry platform for faith leaders.

© Copyright Bible Media | This site is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.