Vyfde Sondag in Lydenstyd

Picture of Woord en Fees

Vyfde Sondag in Lydenstyd

Liturgiese Voorstel

Leesroostertekste

Fokusteks: Johannes 12:1-8
Ander tekste: Jesaja 43:16-21; Psalm 126; Filippense 3:4b-14 

Inleiding

Om Jesus te ken en te dien verskuif al ons waardes. Christus roep ons tot ’n nuwe identiteit. Ons vorige waardes, strewes, gewoontes en belangstellings word waardeloos. Om Jesus te ken en as lewende Here te dien word ons belangrikste doelwit. Hierdie Sondag word tradisioneel in die kerk Judice genoem. Dit beteken “reg/geregtigheid”.

Diensorde

God versamel ons voor Hom

Aanvangswoord
“Verander tog nou ook ons lot, Here,
soos U droë spruite in die Suidland
in waterstrome verander.” (Ps 126:4).

Doopherinnering
“Geloofsbelydenis/Hernuwing van doopbeloftes”
Sien Gebedeboek met liturgiese voorstelle bl 67-68.

Diens van die Woord

Gebed om die opening van die Woord
Sien die Basisliturgie.

Voorbidding na die preek:
Lidmate op die voorbiddingslys word aan die Here opgedra. ’n Omgeekers word as simbool van God se omgee vir en ons  en ons vir mekaar aangesteek. Reël met ’n ouer kind of iemand wat onlangs siek was en nou gesond is om dit te doen.

Diens van die tafel

Verootmoediging
Gemeente luister na Koos du Plessis se lied “Gebed”.
Daarna gaan die voorganger die gemeente voor in ’n gebed van skuldbelydenis.

Antwoord: Gemeente sing Lied 245.
Lidmaat of kind lees Filippense 3:4-14 voor as riglyn vir ’n toegewyde lewe.

Uitsending

Offergawe
Sien onder vir ’n volledige litanie vir gebruik by die offergawe.

Seën
Die sewe kruiswoorde kan baie goed as seën gebruik word.
Jesus het aan die kruis uitgeroep:
“My God, My God waarom het U my verlaat?” (Matt 27:46)
Gaan nou in die wete dat Hy jou nie ’n enkele oomblik in hierdie week sal verlaat nie.

Musiek en sang

Aanvangslied: Lied  397
Loflied: Lied 390
Antwoord op skuldbelydenis: Lied 245
Nagmaal: Lied 300
Antwoordlied: Lied 309
Uitsendingslied: Lied 312

Voorstel
Litanie
– Offergawe
Voorganger: Kinders van die lewende God, vier die gawes wat ons lewe verryk.
Gemeente: Asem en kos, omgeemense en sagte woorde, musiek en kleure.

Voorganger: Verheerlik God wat die gewer van alles is.
Gemeente: Ons prys God omdat Hy weet wat ons nodig het en dit gee nog voordat ons daarvoor vra.

Voorganger: God se gawes verras ons:
Gemeente: Soos die omhelsing van ’n kind, woorde van aanmoediging, helder blommeprag.

Voorganger: God se gawes laat ons vervuld leef:
Gemeente: Nuwe werksgeleenthede, moed om op te staan vir geregtigheid, woorde wat sê, “ek is lief vir jou”.

Voorganger: God se gawes verander ons:
Gemeente: Hoop wanneer wanhoop ons verswelg, vergifnis wanneer sonde ons verstrik.

Voorganger: Ons dank God nou met stamelende mond.
Gemeente: O God van elke goeie en volmaakte gawe, ons dank U dat U na ons toe uitreik met liefde, aanraking, genade en gawes.

Voorganger: En laat ons lewe dankie sê:
Gemeente: Help ons, Here, om mense te word wat gee, uitreik na hulle wat gebrek lei, eensames in hulle eensaamheid aanraak en omgee vir hulle wat probleme ervaar.

Voorganger: Wanneer ons gee, groei ons al meer na die beeld van Christus:
Gemeente: God is die God wat gee.

Voorganger: Ons word al meer die mense wat God ons gemaak het om te wees:
Gemeente: God het ons gemaak om goed te wees.

Voorganger: Wanneer ons gee, word ons rentmeesters vir God wat omgee.
Gemeente: Here, heilig ons daaglikse lewe en alles wat ons gee. Amen.

Preekstudie:

Teks

R E Brown is van oordeel dat ons hier met twee insidente te make het: (1) ’n insident in Galilea by die huis van ’n Fariseër: ’n Persoon wat boete doen oor haar sondes kom die vertrek binne en huil in Jesus se teenwoordigheid. Haar trane val op Jesus se voete en sy vee dit met haar hare af. Die (skandalige) optrede om haar hare in die openbaar los te maak, sê iets van haar karakter en help om die Fariseër se verontwaardiging te verklaar. Laasgenoemde vorm die ruggraat van Lukas se verhaal van die gebeure; (2) ’n Insident in Betanië by die huis van Simon die melaatse waar ’n vrou, as uitdrukking van haar liefde vir Jesus baie duur nardusolie gebruik om Jesus se hoof te salf. Markus en Matteus volg hierdie weergawe.

Johannes gebruik die tweede weergawe, maar maak gebruik van detail van die eerste weergawe en voeg op plekke sy eie kommentaar in (soos die teenwoordigheid van Lasarus, Marta en Maria en kommentaar oor Judas). Die insluiting van laasgenoemde lei tot ’n vreemde kombinasie van die salwing van Jesus se voete deur Maria en dan die feit dat sy dit met haar hare afvee. Dit is duidelik dat, soos in die res van die evangelie, ons hier met ’n simboliese handeling te make het. Dit lyk of Johannes hierdie verhaal wil verbind met die opwekking van Lasarus waarvan ons in die vorige hoofstuk lees. Om die waarheid te sê, ons kry reeds ’n bondige bespreking van hierdie perikoop in Johannes 1:1-2, dus nog voordat dit gebeur. Verder staan dié teks tussen stellings oor die Jode se vasberadenheid om Jesus dood te maak (11:53) en die besluit om Lasarus ook dood te maak (12:9-10).

Dit is duidelik dat die salwing van Jesus se voete ’n baie sterk simboliese handeling is. Binne die konteks van die verhaal lyk dit of Maria se optrede ’n teken van dankbaarheid was vir die feit dat Jesus haar broer uit die dood opgewek het. Dit is veral so dat net Johannes die salwing voor die intog van Jesus in Jerusalem plaas (12:12-19) waar Jesus as “Koning van Israel” vereer word. ’n Verdere moontlike interpretasie is dat Jesus hier as koning gesalf word – alhoewel konings op hul hoofde en nie op hul voete gesalf word nie.

Sonder om op die eksegetiese detail van die hele perikoop in te gaan, is dit wel belangrik om vir ’n oomblik te kyk na die woordkeuse van die evangelis ten opsigte van die voetsalwing. Die woord wat die evangelis hier gebruik vir “afdroog” (Gr ekmasso), is dieselfde woord wat die skrywer later gebruik wanneer Jesus in Johannes 13:5 die dissipels se voete was en afdroog. Maria se salwing van Jesus se voete en die afdroog met haar hare, wys as ’t ware vooruit na die voetwassing en afskeidsrede in Johannes 13.

’n Verdere stukkie interessante eksegetiese detail hou verband met die protes oor die hoeveelheid en die koste van die reukolie wat Maria gebruik het om Jesus se voete te salf. Die protesmaker (antagonis) is Judas (12:4) en weereens het ons hier die suggestie dat ons dit moet verbind met die laaste maaltyd wat Jesus saam met sy dissipels gehad het, waar Judas Jesus verraai het. Die breedvoerige beskrywing van Judas se optrede dien ’n tweeledige doel: eerstens maak dit die verbinding met Jesus se dood baie eksplisiet en tweedens maak dit Judas se protes ongeldig, nog voordat hy dit uitspreek. Wat onder normale omstandighede na ’n geldige vraag oor die waarde van die nardusolie sou wees, word deur die evangelis by voorbaat as onbetroubaar uitgewys. Hierdie delegitimering word in vers 6 voortgesit en weer in 13:29 herhaal.

Gierigheid was die vroeë kerk se interpretasie van Judas se optrede van verraad. Daarom dat Judas hier as ’n “dief” beskryf word, dieselfde woord wat in Johannes 10:1, 8, 10 gebruik word om na die persoon wat die kudde bedreig, te verwys. Die uitdrukking “nie omdat hy hom oor die armes bekommer het nie”, eggo die beskrywing van die “huurling” (10:13) wat hom nie oor die kudde bekommer nie. Die gebruik van dié woorde suggereer dus dat die beskrywing van Judas daarop gemik is om die leser te help om die optrede van Judas in die regte konteks te verstaan. Wanneer hy Jesus verraai, is hy ook besig om die kudde te verraai.

By wyse van samevatting sou ons kon sê dat Maria se salwing van Jesus se voete twee gebeure in verband met die “uur van Jesus” antisipeer: Jesus wat in Johannes 13 die dissipels se voete by die laaste maaltyd was en Jesus se begrafnis. Laasgenoemde vind ons veral in Markus en Matteus. Die vierde evangelis se unieke bydrae hou verband met sy verbinding van die salwing en die voetwassing. Hierin vind ons sy teologiese bydrae. Die volle betekenis van die salwing gaan verlore as ons nie hierdie band in gedagte hou nie.

In die voetwassing (Joh 13) was Jesus sy dissipels se voete as uitdrukking van sy liefde vir hulle en as ’n manier om hulle as ’t ware in die lewe van God in te trek. Hy vra hulle ook om hierdie handeling van diens onder mekaar te herhaal. Wat Jesus vir sy dissipels doen en wat hulle vir mekaar doen, het Maria reeds in 12:3 gedoen. In Maria se optrede vind die leser dus ’n voorbeeld van die volheid van ’n lewe van dissipelskap. Haar optrede wys vir ons die liefde wat ’n kenmerk van dissipelskap in Johannes is en daarmee ook ’n erkenning van die identiteit van Jesus wat die Christelike lewe stempel.

Maria se optrede staan in sterk kontras tot dié van Judas, wat ’n onbetroubare reaksie op die gebeure rondom die aanbreek van Jesus se laaste ure verteenwoordig. Judas reageer nie op die aanbreek van Jesus se uur met ’n handeling van liefde nie, maar met selfsugtige motiewe. Judas se optrede lei tot die verwildering van die kudde, terwyl Maria se optrede die model van liefde voorstel, wat ook die karakter van die kudde behoort te wees.

Die krag van Maria se getuienis en dissipelskap in hierdie verhaal is dat sy weet hoe om op Jesus se optrede te reageer sonder dat dit aan haar vertel is. Sy vervul Jesus se liefdesopdrag (Joh 15) nog voordat Jesus dit aangekondig het. Sy omarm as ’t ware Jesus se heengaan nog voordat Hy sy dissipels daaroor ingelig het
(Joh 14 en 16). In die salwing van Jesus se voete illustreer sy wat dit beteken om deel van Jesus se kudde te wees. Sy gee haarself in liefde in die aangesig van die aanbreek van Jesus se laaste ure, net soos wat Jesus Hom in liefde binnekort vir sy dissipels sou gee.

Maria se salwing van Jesus se voete is dus ’n eskatologiese handeling en daarmee saam ook ’n eskato-logiese aankondiging van die beloftes wat dissipelskap inhou. Haar salwingshandeling illustreer die evangelis se eskatologiese visie van die nuwe lewe, van hulle wat Jesus se lewe en dood omarm en so kinders van God word. Jesus se woorde oor dissipelskap in die afskeidsgesprekke, sal eksplisiet duidelik maak wat hierdie storie reeds illustreer: Dissipelskap word gedefinieer deur dade van liefde en jou reaksie op Jesus.

In dié verband is dit belangrik om in die toepassing van Johannes 12:1-8 in die lewe van die kerk, in gedagte te hou dat die vierde evangelis ’n vrou gebruik as die eerste persoon wat die liefde van Jesus beliggaam. Dié soort liefde wat Jesus van al sy dissipels verwag. Hierdie gedagte van ’n vroulike dissipel in die vierde evangelie, staan in skerp kontras met die stereotipe aannames wat ons dikwels in die literatuur vind oor die samestelling van Jesus se dissipelkring. Hiermee kry die evangelis dit reg om aan dissipelskap ’n breër én dieper betekenis toe te ken.

Konteks

Op voetspoor van Koester (Symbolism in the Fouth Gospel) en in die lig van die opmerkings oor die teks hierbo, is dit die moeite werd om die gebruik van voetewas in die eerste eeu van nader te bekyk. Dit is so dat mense in die algemeen hulle eie voete gewas en gesalf het. Voetewas was ’n roetine saak wat met higiëne verband gehou het. Olie is gebruik om die seerplekke wat deur die dra van sandale veroorsaak is te verlig en genees. Wanneer gaste by iemand se huis aangekom het, veral na ’n lang reis, was dit die gebruik dat die gasheer ’n skottel water voorsien waarin die gaste dan voor die maaltyd hul eie voete gewas het. In die Ou Testament lees ons byvoorbeeld hoe Abraham in Genesis 18:4 sê: “Laat ek eers ’n bietjie water laat haal sodat u u voete kan was, en kom rus dan onder die boom”. Dieselfde praktyk vind ons in ander Bybelse tekste, asook Grieks-Romeinse bronne. In sommige gevalle kan ’n gasheer olie of salf vir sy gaste voorsien, maar sal hulle dit self aan hulle voete smeer.

’n Slaaf was basies die enigste persoon van wie verwag is om iemand anders se voete te was en met olie te smeer. Dit is duidelik dat slawerny die veronderstelling was vir hierdie tipe handeling. As gevolg van hierdie breër semantiese veld en assosiasies van voetewas en slawerny, is dit so dat dié wat bereid was om iemand se voete te was, buitengewone toegeneentheid jeens of verering vir die persoon gehad het, om deur hierdie handeling met slawerny verbind te word.

Daarom is die salwing van Jesus se voete deur Maria binne die literêre en kulturele konteks van daardie tyd, die bewys van Maria se besondere toewyding aan Jesus as deel van haar dankbaarheid vir die feit dat Hy haar broer opgewek het. Die nardusolie wat sy gebruik het, was ook buitengewoon duur, byna ’n jaar se salaris. Verder is dit betekenisvol dat sy bereid was om haar hare los te maak om Jesus se voete af te droog, aangesien goed versorgde hare tot ’n persoon se waardigheid in die antieke wêreld bygedra het. Die vrouens was trots op hul lang hare en dit was ook deel van ’n aantreklike voorkoms, die gevolg was dat enige skade aan jou hare as vernederend ervaar is. Deur haar hare te gebruik om Jesus se voete af te droog, verhoog Maria se sin vir selfnegering, wat reeds duidelik word in die feit dat sy bereid was om Hom soos ’n slaaf te dien.

In direkte kontras met hierdie gedagtes van Koester, skryf Ester Fuchs ’n insiggewende artikel met die titel “Moses / Jesus / Women: Does the New Testament offer a Feminist Message?” In hierdie artikel kyk sy na die verhale van Moses en Jesus vanuit ’n feministiese perspektief, met Moses en Jesus as die protagoniste van verskillende verhale. Die saak wat sy ondersoek is nie gemik op die historiese realiteit van die verhale nie, maar eerder op hoe die narratiewe in die bewussyn van die lesers, dit wat goed en gepas is, die optrede van mans en vrouens konstrueer. Sy kom tot die gevolgtrekking dat ons beide by Jesus en Moses te make kry met leiers wat hulle moes bewys as outentieke verteenwoordigers van groter waarhede met spesiale goddelike bande. Beide funksioneer dus as heroïese figure binne die verhale.

Sy skryf: “The positive, even revolutionary attitude of Jesus to women has been a constant theme in feminist literature of the past two decades. A closer look at the presentation of women in the Greek Bible reveals that women appear and disappear as abruptly as they do in the Hebrew Bible. There is no sustained treatment of  a female heroine that comes close to the stature of Jesus. There is no textual evidence that bears out the idea that the Christian Gospels are liberating texts for women. This is not to countermand the subtlety and sophistication of recent feminist hermeneutics, but the presentation of Jesus as the liberator of women is hermeneutical. The biblical text does not support it. There is neither speech, nor dialogue, nor even a narrative that deals explicitly with the status of women in Jewish or Gentile society. The implicit messages ferreted out by ingenious theologians and historians of the roots of Christianity are in the eyes of the beholders; and as long as the beholders accept their subjective stance, there is no attempt here at purposeful misrepresentation. (All interpretations are subjective, including this one.)”

Wanneer sy oor Johannes 12:1-8 skryf, doen sy dit in die volgende woorde: “The heroes’ concern for women in need results in both cases in genuine and far-reaching expressions of gratitude. Mary shows her gratefulness by anointing Jesus’ feet with precious oil and by wiping them off with her hair. This is perhaps the most extreme dramatization of female prostration. Mary took a pound of costly perfume made of pure nard, anointed Jesus’ feet, and wiped them with her hair (John 12:3). There is no comparable gesture in the Moses cycle on the part of any woman. Zipporah, Reuel’s daughter, is given to him in marriage, but there is no description of female prostration” (my kursivering).

Ons kan kritiek teen hierdie argumente inbring, maar dit neem nie die verantwoordelikheid weg om ook erns te maak met kommentaar wat radikaal verskil van ons eie interpretasie nie. Hierdie opmerkings roep ons  op om met omsigtigheid te werk te gaan wanneer ons nadink oor die literêre en historiese kontekste waarin die Bybel ontstaan het. Patriargie was aan die orde van die dag en ons moet daarmee rekening hou.

Preekvoorstel

In ’n interessante artikel in die Reformatorische Dagblad (www.refdag.nl 24-10-2008) verduidelik die skrywer hoe geld nou maar eenmaal ’n wesentlike bestanddeel van ons moderne maatskappy vorm. Sonder geld is ons oorgelewer aan omvattende vorme van pre-moderne ruilhandel. Vandaar dat ons reeds in die antieke tye vind dat mense van silwer en goue munte gebruik maak as betaalmiddel.

Dit is algemene kennis dat daar enorme ingewikkelde finansiële produkte oor die afgelope eeu ontwikkel het, soveel so dat selfs bankiers nie altyd volle begrip het vir die risiko’s wat hieraan gekoppel is nie. Dit raak gaande-weg duidelik hoedat die huidige wêreldwye ekonomiese krisis te make het met ’n te groot vertroue wat in die werking van finansiële markte gestel is, asook     ’n grenslose optimisme oor ekonomiese ontwikkeling en voeg daarby dan nog die jag na korttermyn winste en die bonusse daaraan gekoppel.

Wat ook al duideliker raak, is hoedat die harde wêreld van ekonomie met sy komplekse berekeninge, ten nouste saamhang met die ewe onbegryplike wêreld van die sielkunde/psigologie. Want “vertroue” is nou maar eenmaal die basis van die bankwese. Ons as spaarders (spandeerders) moet ons bank kan vertrou dat hulle die geld wat ons in rekenings sit, weer aan ons terug sal gee. Die banke moet weer vertroue hê in die karakter van die mense aan wie hulle huislenings toestaan. Ewe veel moet banke mekaar kan vertrou met interbank-kredietverlening. Hierdie vertroue kan nie so maklik bestuur, gekontroleer of gemanipuleer word nie. Jy vertrou ’n situasie of nie, wat beteken dat dit nie altyd logies beredeneer kan word nie en wat verder beteken dat ’n onmeetbare aantal faktore hier in spel is. Enige iemand wat iets van die aandelebeurs weet, sal vir jou sê hoeveel dit met vertroue, persepsies en sentiment te make het.

Dit is dus duidelik, geld is in ons moderne samelewing onmisbaar, maar dit is ook ’n gevaarlike ding. Maar daarop word ons reeds in die Bybel gewys, want ons lees “geldgierigheid is die wortel van alle kwaad”. Wie ryk wil word, kom in die versoeking. Ons vergeet so maklik dat ons niks in die wêreld ingebring het nie en dat ons niks hiervandaan kan saamneem nie.

Hierdie gedagtes bring ons by Judas en sy optrede in ons perikoop. Dit is duidelik, geld was vir hom belangrik. Hy maak onmiddellik sy somme wanneer Maria die duur nardusolie op Jesus se voete uitgiet. ’n Hele jaar se dagloon daarmee heen. Op die oog af lyk dit of hy ’n goeie argument het, ’n mens sou die duur olie kon verkoop en die geld baie beter aanwend – ja, vir die armes. Wie kan aan ’n beter rede dink om jou geld voor te gebruik – kos, klere, huisvesting vir hulle wat nie het nie?

Ek dink meeste van ons kan hiermee identifiseer. Veral in ’n land en op ’n kontinent met soveel armoede. Daarom slaan ons ook ons hande in ongeloof saam wanneer ons hoor hoedat die president van Zimbabwe op ’n duur reis oorsee vertrek om Kersfees inkopies saam met sy vrou te doen en dit terwyl sy eie land se mense in absolute hongersnood krepeer. So kan dit tog nie! Om nie te praat van die korrupsie en skandale waarvan ons in ons eie koerante lees nie. Reuse bedrae geld wat verdwyn, waarvan nie rekenskap gegee kan word nie, wat in persoonlike bankrekenings inbetaal word. Van die hoogste posisies in ons land word hierby betrek. En dan lees ons in die koerant hoedat die aanklagte teen dié oortreders teruggetrek en toegesmeer word. Dit kan ook nie anders nie, want ’n liberale ekonomie is die groot dryfveer agter geldgierigheid. Die rykes word ryker
en . . .

Ons behoort dus begrip te hê vir Judas, hy wou spaar en die geld beter gebruik. Ongelukkig is dit nie al wat die evangelis vir ons van hom vertel nie. Hy maak so ’n paar kantaantekeninge wat die leser se wenkbroue laat lig. Soos, dat dit hierdie Judas is wat later vir Jesus gaan verraai, dat hy hom eintlik nie oor die armes bekommer nie, maar ’n dief is. Hy was die dissipels se bankier en ongelukkig het hy van die bydraes in sy eie rekening gehou. Ons weet hoe die verhaal van Judas verder afloop.

Die feit van die saak is, presies dit wat ons in die Nederlandse dagblad oor die ekonomie lees, dit gaan oor vertroue. Die evangelis vertrou Judas nie. Hy vertrou nie sy motiewe nie. Verder het hy nie die vertroue dat hierdie dissipel werklik vir Jesus vertrou, dat hy tot die dissipelkring behoort en dat hy vertroue in sy mededissipels stel nie.

Op aangrypende wyse, binne die bestek van agt verse, vertel die evangelis van ’n ander persoon wie se optrede net die teenoorgestelde is. Hy vertel hoedat Maria, op grond van haar vertroue in Jesus, bereid was om haar lewe aan hom toe te wy. Nie net was sy bereid om al haar geld, met die simboliese handeling van die was en salf van Jesus se voete, aan hom te wy nie, sy was bereid om haar hele reputasie, wie sy as mens is, op die spel te plaas op grond van hierdie vertroue. Deur die salwing plaas sy haar in die posisie van ’n slaaf, as volle toewyding van haar ganse menswees en gaan selfs verder om deur die sosiaal onaanvaarbare daad van haar hare in die openbaar los te maak (kenmerkend van die optrede van prostitute), om daarmee (dus met haar trots as vrou) die voete van Jesus af te droog.

Ons sou dié gebeure kon saamvat deur te sê dat ons hier met die verskil tussen gierigheid en geurigheid te make het. Judas plaas sy vertroue op geld en sy lewe eindig in die doodsgeur van selfvernietiging. Maria plaas haar vertroue in Jesus en die geur van haar liefdesdaad dra soos die welriekende geur van nardusolie haar getuienis oor die ganse wêreld, tot vandag toe. Trouens, kort te vore was die geur van Lasarus se graf nog in die lug en hier maak dit plek vir die geur van lewe, diens en dankbaarheid.

Wat haar optrede met verdere betekenis vul, is dat dit Jesus se goedkeuring wegdra en wel met die interessante opmerking “maar vir My het julle nie altyd nie”. Maria voel dit aan, hierdie moment sal nooit weer herhaal nie. Dit is van pastoraal-psigologiese belang – dit gaan oor ware vertroue. Dit is juis hierdie optrede van Jesus (veral in die Johannesevangelie) teenoor vrouens wat vandag van besondere betekenis is, aangesien dit die gangbare patrone van maatskaplike en religieuse diskriminasie deurbreek.

In ’n laaste deel van die preek kan hierdie verhaal ons help met ons eie selfrefleksie. Watter betekenis ken ons aan Jesus toe? Tot watter mate is ek regtig bereid om my lewe aan Hom toe te vertrou? Anders gestel, waar is ek bewus van die trekkrag van gierigheid en watter krag oefen dit op my uit om my vertroue in ander goed as in Jesus te stel? Van die gedagtes onder “konteks” hierbo, kan hier ingewerk word.

Die diepste troos in ons perikoop, lê myns insiens in die oorvloedigheid van die nardusolie wat Maria uitgiet. Want selfs ons beste pogings om op Jesus te vertrou, is nie genoeg nie, as ons in gedagte hou dat dit  oorvloedige liefde is wat die lewende Here oor ons uitgiet, soveel so dat Hy bereid was om ons voete te was (net die volgende hoofstuk). Dit is hierdie kosbare liefde wat dit vir ons moontlik maak om Hom te vertrou. Vir hierdie vertroue, staan ons elke dag bakhand en bid ons “skenk ons asseblief ons daaglikse vertroue”. Hierdie vertroue vra ons ganse lewe, maar skenk ook lewe – soos die welriekende geur van nardusolie.

Bibliografie

Brown, R E  1966. The Gospel according to John. New York; Du Rand, J A 1995. Ter wille van liefde: Johannes, die Woord vir die mense; Roberts, J H (et al) 1990. Teologie in Konteks; Soards, M et al. 1993. Preaching the Revised Common Lectionary. Year A; Longenecker, R N 1996. Patterns of Discipleship in the New Testament. O’Day, G R 1995. John: The New Interpreter’s Bible: Volume IX; Fuchs, E 1999. “Moses / Jesus / Women: Does the New Testament offer a Feminist Message?” Cross Currents; Smith, D E & M E Williams 1996. The Storyteller’s Companion to the Bible: John.

Sections

© Missio 2024 | All rights reserved.