Vierde Sondag van Paastyd (Goeie Herdersondag)

Picture of Woord en Fees

Vierde Sondag van Paastyd (Goeie Herdersondag)

Liturgiese Voorstel

Leesroostertekste

Sleutelteks: Johannes 10:22-30
Ander tekste: Handelinge 9:36-43; Psalm 23; Openbaring 7:9-17

Inleiding

Vandag is Goeie Herdersondag en die sleutelteks gee hieraan uitdrukking met Jesus wat vir die Jode sê dat skape na hulle herder se stem luister.

Die Openbaring- en Handelingetekste volg fie  lyn van die vorige Sondag se tekste.

Die Openbaringteks verwys na die groot menigte wat deur God gered is en God loof terwyl die Handelingeteks fokus op Petrus se getuienis by die opwekking van Tabita.

Die fokus van hierdie week se tekste is God, die Goeie Herder, wat red en sy kudde beskerm. Die bekende Psalm 23 sal op hierdie Sondag op verskillende maniere gebruik kan word.

Diensorde

God versamel ons voor Hom

Kinderoomblik
Wys vir die kinders ’n prent van skape en skaapwagter en vra of hulle weet wat ’n skaapwagter se werk is.

’n Skaapwagter, of ’n herder, kyk na hulle skape amper soos wat jou mamma en pappa na jou kyk:

  • Hulle weet wie hulle skape is;
  • hulle weet altyd waar hulle skape is;
  • hulle sorg dat hulle skape kos en water het;
  • hulle gaan soek hulle skape wanneer hulle wegraak;
  • hulle beskerm hulle skape wanneer daar gevare soos wolwe kom;
  • hulle help hulle skape wanneer hulle seerkry.

Dit werk die beste wanneer die skape na die skaapwagter luister, soos ons vir ons ma’s en pa’s, want hulle wil hierdie goeie dinge vir ons doen.

Die Bybel sê God is ons Goeie Herder en ons sy skape – God weet wat is die beste vir ons en wil dit vir ons gee. en daarom luister ons na God.

Diens van die Woord

Gebed en Geloofsbelydenis
Voorganger: Die Here is my herder,
ek kom niks kort nie.
Hy laat my rus in groen weivelde.
Hy bring my by waters waar
daar vrede is.
Hy gee my nuwe krag.
Hy lei my op die regte paaie
tot eer en verheerliking van sy Naam.
Gemeente: Ons redding kom van ons God, wat op die troon sit, en van die Lam!

Voorganger: Selfs al gaan ek deur donker dieptes,
sal ek nie bang wees nie,
want U is by my.
In u hande is ek veilig.
U laat my by ’n feesmaal aansit,
terwyl my teëstanders moet toekyk.
U ontvang my soos ’n eregas,
ek word oorlaai met hartlikheid.
U goedheid en liefde
sal my lewe lank by my bly
en ek sal tuis wees
in die huis van die Here
tot in lengte van dae.
Gemeente: Amen! Die lof en heerlikheid,
die wysheid, die dank en die eer,
die mag en die sterkte behoort
aan ons God
tot in alle ewigheid. (uit Ps 23 en
Op 7:10, 12).

Amen.

Diens van die tafel

Nagmaal
Sing Psalm 23 of Flam 182 “Herder Heer” as gebed na afloop van die nagmaalvieringe. Indien nagmaal nie hierdie Sondag gevier word nie, sing dit as gebed na die boodskap.

Uitsending

Sien basisliturgie

Slotlied: Lied 308 “Neem my lewe laat dit, Heer”

Musiek en sang

Toetrede: Lied 163 “Soos ’n wildsbok”; Flam 22 “Ek soek U, o God”
Lofprysing: Lied 456 “Loof heel die skepping, loof die Heer”; Lied 470 “U, Here, is ons koning”; Lied 509 “Op berge en in dale”; Lied 511 “Lei U ons, Lig”
Epiklese: Lied 442 “Gees van God wat in my woon”

Preekstudie: Johannes 10:22-30

Inleiding

Die toneel speel hom af in die pilaargang van Salomo in die tempel in Jerusalem. Die geleentheid was die Fees van die Tempelwyding of ook genoem, die fees van Hanukka (ligte). Hierdie fees is elke jaar vir agt dae lank gevier om die oorwinning van Judas Makkabeus oor die Siriërs in Desember 164 vC in herinnering te roep. Die Siriërs onder leiding van Antiogus Epiphanes IV het Jerusalem bestorm en die stad begin afbreek. Hy het meer as 40 000 Jode gedood en ’n verdere 40 000 as slawe laat wegvoer. Hy het die tempel onteer deur onder andere ’n sog op die altaar te offer vir die god Zeus, en ’n bloedbrousel oor die vloere laat uitgooi. Vir drie jaar daarna is die tempel nie gebruik nie, totdat Judas Makkabeus weer op die toneel gekom en die tempel herstel het. Hierdie toewydingsfees het vanselfsprekend ’n politieke kleur gekry en elke keer ’n opwelling van nasionalisme by die Jode tot gevolg gehad. Noudat hulle weer onder die Romeine se vyandige beheer gestaan het, het hulle gesoek na ’n held en bevryder soos Judas Makkabeus. Jesus het met sy wonderwerke en optrede van mag gelyk na so persoon.

Teks

Hierdie gedeelte het nie veel eksegetiese probleme nie en is op die oog af duidelik.

Vers 22. “Dit was daardie tyd” (tòte – toe). Johannes begin met die woord, “daardie” om aan te dui in watter tydvak hierdie gebeurtenis plaasvind. Voor hierdie gebeure is daar bykans twee maande waarvan ons geen rekords van Jesus se bewegings het nie. Nou tree Hy weer na vore tydens die Toewydingsfees.

Vers 23. “Geloop” (Periepatei – lett “geslenter”, sonder enige doel). Hy is alleen daar, maar tog weereens, en soos altyd, beskikbaar. Die pilaargang was aan die oostekant en beskut teen die weersomstandighede. Dit was immers winter. Insiggewend is die feit dat die pilaargang aan die oostekant was; aan die kant van die Kedronvallei en teenoor Getsemane, met sy geskiedenis van heilsgebeure. Hierdie pilaargang was die enigste oorblyfsel van die tempel wat vroeër deur die Babiloniërs afgebreek is en deur Agrippa herstel is.

Vers 24. “Saamgedrom” (ekuklosan – lett “omsingel” – vasgedruk en afgekeer). Hulle wou Hom dus forseer om te praat.  Soos iemand gesê het: “Kerkgangers” maak dit vir Jesus moeilik om in sy eie Vader  se huis te beweeg! “Gesê” (Elegon – die oorspronklike betekenis van “om neer te lê om te slaap”). Hierdie term is dikwels gebruik om ’n argument mee te beredder of ’n saak te laat vaar. “In onsekerheid hou” (hemon aireis – om ons siel op te lig of om ons gespanne te hou). Die benaming “Christus” kom van xrio, om te salf – die Gesalfde. Die Jode het inteendeel die term Messias vir die beloofde Verlosser gebruik. Hulle kon nie anders as om heelwat van die Messias in Jesus te herken nie aangesien Jesus se wonderwerke gedui het op die Messias wat sou kom (Joh 7:31). Tog het hulle probleme gehad om Hom te identifiseer as die Messias. Hulle was onseker. Hulle onsekerheid is versterk deur die feit dat Jesus uit Galilea kom, terwyl hulle geskrifte duidelik aangetoon het dat daar geen profeet uit Galilea gekom het nie (Joh 7:52). Daarby kom Jesus nog uit ’n arm en eenvoudige familie, en dit terwyl hulle eintlik ’n prins en veroweraar verwag het. Daarom soek hulle nou ’n “reguit” (parresia) antwoord (lett – openlike en ondubbelsinnige, duidelike antwoord). Dis nou tyd vir ja of nee.

Vers 25. “Antwoord” (apekrithe – om ’n gesprek te begin). Jesus was dus heel gewillig om hulle te woord te staan. “Ek het gesê” (Eipon – Ek verklaar in woorde). Jesus bevestig dat Hy by verskeie geleenthede Homself wel geopenbaar het, byvoorbeeld as die Seun van God, die Brood van die Lewe, die Goeie Herder, die Lewegewer. Ja, die Een wat moet sterf, maar ook die Een wat gaan opstaan. Hulle het egter “nie geglo” nie (lett – is nie oortuig). Jesus het deur beide sy woord (“gesê”) en sy “dade” (ergon – werke, arbeid of aksies) probeer om hulle te oortuig. Hierdie dade het Hy “in Naam van die Vader” gedoen; nie in eie krag nie, maar in opdrag van God (vgl Joh 1:7; 5:20 en 36; 9:31-33). Beide sy woorde en dade “bewys dit” (martyrei – daaroor getuig).

Vers  26. “Maar” (alla) wys na die teenoorgestelde van die vorige gedeelte. Sy woorde en dade kon hulle nie laat glo nie. “My skape” (emon probaton). “My” is ’n besitlike voornaamwoord; skape wat aan My behoort, of die skape wat myne is. Herder en skape het normaalweg ’n intieme verhouding, maar omdat die Jode nie daardie verhouding met Jesus het nie, is hulle uitgesluit.

Vers 27. “Luister” (akouousin). Hier het ons ’n werkwoord in aktiewe vorm. Luister dus voortdurend. Daarom “ken” (ginosko – herken) Jesus sy skape en “volg” (lett vergesel) hulle Hom. Hulle is bereid om die hele pad saam met Hom te stap.

Vers 28. Aan sy skape “gee” (Didomi – offer; vrywilliglik gee, as geskenk gee en nie alleen ’n leë belofte is nie). Hy gee die “ewige lewe”. Dit sluit in die fisieke lewe (nou) sowel as die geestelike lewe (toekomstige) wat sonder end is. Hulle sal “nooit verlore gaan nie” (apolontai – nooit totaal vernietig word of verloor word of gestraf word tot in die hel nie; vgl Matt 10:28; Rom 2:12; 1 Kor 1:18). Hierdie term verwys altyd na die toekomstige straf. Selfs in tye van struikeling sal daar weer opgestaan word. “Niemand” (geen mens of bose magte) kan hulle “uit My hand ruk nie”. Ruk (harpasei) kan ook vertaal word met gryp of steel of wegdra. Dit kan nie gebeur nie, omdat Jesus hulle te vas hou (Rom 8:38 en 39). “Hand” (cheiros) verwys nie na die vashou asof hulle sy besitting is nie, maar simboliseer eerder sy krag en vermoë om te bewaar.

Vers 29.  “Belangrikste” (meison) het die betekenis van “groter”. Niks is groter of meer werd vir God as sy skape nie. Hierdie is ’n moeilike begrip aangesien baie kenners “die belangrikste” vertaal met “groter” en dit dan in verband bring met die almag van God wat nooit laat gaan nie. “My Father whom is greater than all.” Let op die dubbele versekering: ons is in die hand van Christus (2) en ook in die hand van die Vader (29).

Vers 30. “Een” (hen). Dit kan numeries een beteken, maar ook vereenselwiging. Hulle is een in wil en gees. Omdat dit hier in die neutrale vorm geskryf word, het dit meer die betekenis van eenheid in doelwit, wil en doelstellings (Joh 5:17). Die Jode het dit verstaan asof Hy sê dat Hy God is; gelyk aan die Vader, terwyl Hy Homself tog daarvan onderskei. Markus 13:32 stel dit só: “Maar niemand weet . . . ook nie die Seun nie. Net die Vader weet dit.”

Konteks

Die sentrale tema is die vraag van die Jode: “As U die Christus is, sê dit reguit vir ons” (24). Jesus word uitgedaag om sy Messiasskap te bewys. Hierdie begrip word dikwels die Johannes-geheim genoem. Eintlik is hierdie vraag die gevolg van die gesprek wat Hy reeds begin het met die Fees van die Tabernakel en ook met die genesing van die verlamde man (Joh 5:1-9) by die bad van Bethesda. Toe was die vraag ook: “Wie is die man?” (Joh 5:12).

Hier in Johannes 10 word die vraag herhaal en reguit gevra, want hulle is onseker. Hulle is vasberade om hierdie keer ’n antwoord te kry. Daarom omsingel hulle Hom en druk Hom letterlik vas sodat Hy geen wegkom- kans sal hê nie. Hulle onsekerheid is veroorsaak deur tekens, wonderwerke, genesings en opwekkings wat hulle sien, maar nie kan verklaar nie. Hy voldoen hoegenaamd nie aan hul vooropgestelde vereistes vir ware Messiasskap nie. Hy kom uit Galilea en het arm en eenvoudig groot geword. Hy was die seun van ’n timmerman. Reeds in Johannes 10:19-21 is dit duidelik dat daar onder die Jode verdeeldheid was oor wie Jesus is. Vir party was Hy ’n politieke verlosser of ’n besetene, maar by party is die saadjie van erkenning tog geplant as hulle sy dade weeg. Miskien is Hy tog die Messias! Toe die hoëpriester en Fariseërs wagte stuur om Hom gevange te neem, het hulle met leë hande teruggekom en gesê: “Niemand het al ooit gepraat soos hierdie man nie (Joh 7:46). Hy het hulle geleer “soos iemand met gesag en nie soos die Skrifgeleerdes nie” (Matt 7:29). Selfs Sy vyande het gevra: “Waar het hy hierdie wysheid vandaan gekry?” (Matt 13:54) (vgl ook sy dissipels [Joh 6:67 en 68] en Hyself [Joh 6:63]).

Hulle onvermoë om Jesus te herken het gelê in die stryd tussen hulle oortuigings (dat Hy die Christus is) en hulle weerbarstigheid (wat dit nie wil erken nie), omdat Hy nie beantwoord aan hulle verwagtinge nie.

Sy verwysings na Homself as die Goeie Herder (Joh 10:11 en 14) verwar hulle nog meer. Die feit van die saak is dat hulle deurmekaar is omdat Hy nie duidelik sê wie Hy is nie. Daarom hulle gedetermineerdheid om ’n duidelike antwoord te kry. Maar ’n antwoord wat hulle later ook sou gebruik as aanklag teen Hom. Daarenteen was daar tog wel geleenthede waar Hy direk vir die betrokkenes gesê het wie Hy is: aan die Samaritaanse vrou (Joh 4:26) en die man wat blind gebore was (Joh 9:37). Vir ander geleenthede waar Hy dit uitgespel het, lees Joh 5:17-47; 6:29, 35, 51-65; 7:37-39; 8:12-20, 28, 29, 42, 56-58;  10:7-18).

Na al die bewyse wat Jesus vir hulle gegee het (sy woorde en dade) wou hulle steeds nie glo nie, bloot omdat hulle nie van sy skape is nie. Was hulle wel, sou sy identiteit vir hulle geen probleem gewees het nie. Sy skape lewe in ’n verhouding met Hom, ken Hom en volg Hom (10:1-5; 27). Vers 27 is ’n  samevatting van dit wat Jesus alles oor die Goeie Herder en sy skape in hoofstuk 10 sê.

Die dade waarna Hy verwys, is gedoen in die Naam van die Vader. Daarom kon hulle dit toets aan die wil van God soos voorspel in die Ou Verbond/Testament. Die probleem lê egter by hul eie ongeloof en doelbewuste miskenning van dit wat in die profesieë voorspel is, en waaraan hulle so krampagtig geglo het. Dis juis hulle ongeloof wat ’n verblindende en ontkragtigende effek op hulle gehad het. Gebrek aan geloof beteken ’n gebrek aan geestelike verstaan (Joh 8:43).

Jesus se verwysing na Hom as die Herder is ’n beeld wat uit die Ou Testament oorgeneem is. Die God/Israel-verhouding is herhaaldelik beskryf as ’n Herder/kudde-verhouding (sien Ps 95; Jes 40; Miga 5 en Eseg 34). Die kenmerke van hierdie skape is dat hulle luister, die Herder ken en Hom volg. Daarteenoor sal die Herder hulle vashou, versorg en die ewige lewe gee. Hierdie Herder/kuddeverhouding word hier herhaal vanuit vorige gesprekke van Jesus:
10:3, 8, 6 – My skape luister na My;
10:3 en 14 – Ek ken hulle
10:4 en 5 – hulle volg My
10:10 en 3:16 – Ek gee hulle die ewige lewe
3:16 – Nooit verlore gaan nie;
10:12 – Niemand sal hulle uit My hand ruk nie.

Om hierdie verhouding te tipeer kan dit in die volgende verbande verdeel word:
Die eerste verband: dié wat glo deur die gepredikte woord (“Luister na My”) en Jesus se persoonlike erkenning van hulle geloof (“Ek ken hulle”);
Die tweede verband: diegene wat hul geloof daadwerklik uitvoer (“hulle volg My”) en Jesus se gawe as erkenning (“Ek gee hulle die ewige lewe”);
Die derde verband: die belofte aan diegene wat gelowig volg (“hulle sal in ewigheid nooit verlore gaan nie”) en die rede vir hul sekerheid (“niemand sal hulle uit my hand ruk nie”).

Ander kommentatore wil net twee groeperinge maak:
Die skape wat: (i) My stem hoor (hulle ontvanklikheid); (ii) Jesus ken hulle (sy antwoord op hul geloof); (iii) hulle volg My (hulle daad van gehoorsaamheid).
Die Herder wat: (i) die ewige lewe gee ( bevryding van gevaar en dood); (ii) hulle nooit sal laat verlore gaan nie (vir ewig); (iii) niemand sal hulle uit sy hand ruk nie (geen mens, wolf of huurling).

Preekvoorstel

Hierdie gedeelte het drie hoofmomente:
A. Die tydvak waarbinne die gebeure plaasvind;
B. Jesus se bekendstelling van Homself, en;
C. Sy uiteensetting van die Goeie Herder/kudde-verhouding.

Die geheim is altyd om in ’n preek dit wat “daar” gebeur het van toepassing te maak op gebeure van vandag. So gesien is die vraag van die Jode nog net so aktueel vandag as in daardie tyd: Wie is Jesus? Wie is Hy vir jou? Wie is Hy vir Suid Afrika?

A. Wie is Jesus? Vir die Jode: óf ’n politieke bevryder óf ’n bedrieër. Hulle vooroordele maak dat hulle nie tussen die lyne kan lees van dit wat Jesus al by soveel geleenthede vir hulle laat deurskemer het nie (woorde en dade). Hul ongeloof veroorsaak hul vertwyfeling, verblind hul oë. Vraag: Wie wil ons hê moet Jesus vir ons wees? Finansiële adviseur? Broodwinner? Politieke bevryder? Geestelike Verlosser? Herder?

B. Jesus is wat Hy is – Christus/Gesalfde/Verlosser; tereg, Seun van God. Geroepe om om te sien na God se skape. Daarvoor was Hy Wonderwerker, Geneser, Bevryder, Redder, maar ook Reaksionêr, Skepper van nuwe lewe. Gewer van die ewige lewe.

C. Jesus bou verhoudings. Dit gaan om intieme verhoudings soos díé tussen ’n ware herder en sy skape. Hy ken elkeen, sorg vir elkeen, beskerm elkeen, lei elkeen. Maar elkeen ken Hom ook, volg Hom, luister na sy stem. Glo in Hom, ongeag. Is dit soos jou verhouding met Jesus lyk? Is Hy bloot ’n Wonderman vir jou of regtig jou Herder? (Rom 8:38-39)

Storie: ’n Seuntjie swem in die rivier terwyl sy ma met skok toekyk hoe ’n krokodil op hom afswem. Sy skreeu en beduie en spring later self in die rivier. Sy kry hom aan die arm beet terwyl die krokodil hom aan een been beet het. Na ’n hewige toutrekkery laat die krokodil los en word die seuntjie vinnig hospitaal toe geneem. Iemand vra hom om sy wonde vir hom te wys. Die seuntjie trek sy broekspyp op en wys sy been, maar sê ewe trots: “Dis nog niks.” Kyk na my arm waar my ma se naels in my ingedruk het! Sy is die beste! Sy wou nooit laat los nie!! So het Jesus aan die kruis vir ons gebloei!

Sections

© Missio 2024 | All rights reserved.