Vierde Sondag ná Epifanie

Sections

Oorsig

Ander tekste

Psalm 71:1-6
Nou dat ek oud geword het
71 By U, Here, skuil ek, laat my tog nooit
teleurgestel staan nie!
2Red my en bevry my,
want U is getrou.
Luister tog na my en help my!
3Wees vir my ’n rots om na toe te vlug,
waar ek altyd die veiligheid mag vind
wat U tot my redding beskik het,
want U is my rots en my vesting.
4My God, bevry my
uit die hand van goddeloses,
uit die greep van skurke
en verdrukkers,
5want U, Here, U is my hoop,
op U, Here, het ek van jongs af
vertrou.
6U is my hulp van my geboorte af,
reeds voor ek in die wêreld gekom het,
het U my beskerm.
U loof ek gedurigdeur.

1 Korintiërs 13:1-13
Die liefde
13 Nou wys ek julle wat nog die allerbeste is:
Al praat ek die tale van mense
en engele,
maar ek het geen liefde nie,
het ek ’n stuk klinkende metaal,
’n galmende simbaal geword.
2Al het ek die gawe
van profesie
en ken ek al die geheimenisse
en besit ek al die kennis
en al het ek al die geloof
om berge te versit,
maar ek het geen liefde nie,
dan is ek niks.
3Al deel ek al wat ek het
aan ander uit,
en al gee ek my liggaam prys
om my daarop te kan beroem,
maar ek het geen liefde nie,
baat dit my niks.
4Die liefde is geduldig,
die liefde is vriendelik;
dit is nie afgunstig nie,
is nie grootpraterig nie,
is nie verwaand nie.
5Dit handel nie onwelvoeglik nie,
soek nie sy eie belang nie,
is nie liggeraak nie,
hou nie boek van die kwaad nie.
6Dit verbly hom nie oor onreg nie,
maar verheug hom
oor die waarheid.
7Dit bedek alles,
glo alles,
hoop alles,
verdra alles.
8Die liefde vergaan nooit nie,
maar die gawe
van profesie
sal verdwyn,
die gawe
om ongewone tale en klanke te gebruik,
sal ophou,
en dié van kennis
sal uitgedien raak.
9Want ons ken maar gedeeltelik,
en ons profeteer
maar gedeeltelik,
10maar wanneer die volledige kom,
sal wat gedeeltelik is,
uitgedien wees.
11Toe ek ’n kind was,
het ek gepraat soos ’n kind,
gedink soos ’n kind,
geredeneer soos ’n kind.
Maar noudat ek ’n man is,
is ek klaar met die dinge van ’n kind.
12Nou kyk ons nog
in ’n dowwe spieël
en sien ’n raaiselagtige beeld,
maar eendag sal ons alles sien
soos dit werklik is.
Nou ken ek net gedeeltelik,
maar eendag sal ek ten volle ken
soos God my ten volle ken.
13En nou:
geloof, hoop en liefde bly,
hierdie drie.
En die grootste hiervan is
die liefde!

Lukas 4:21-30
21Toe begin Hy hulle toespreek: “Vandag is hierdie Skrifwoord wat julle nou net gehoor het, vervul.”

22Almal het hulle instemming met Hom betuig en was verwonderd oor die aangename woorde uit sy mond. En hulle sê: “Is hy dan nie die seun van Josef nie?”

23Toe sê Jesus vir hulle: “Julle sal seker die spreekwoord aan My wil voorhou: ‘Geneesheer, genees jouself’ en vir My sê: ‘Ons het gehoor wat alles in Kapernaum gebeur het. Doen nou dieselfde dinge ook hier waar jy grootgeword het.’24Maar dit verseker Ek julle,” sê Hy verder, “geen profeet word in die plek waar hy grootgeword het, aanvaar nie. 25Ek sê vir julle die waarheid: Daar was baie weduwees in Israel in die tyd van Elia toe die hemel drie jaar en ses maande lank toegesluit was, sodat daar ’n groot hongersnood in die hele land gekom het. 26Tog is Elia nie na een van hulle toe gestuur nie, maar wel na ’n weduwee in Sarfat in die gebied van Sidon. 27En daar was baie melaatses in Israel in die tyd van die profeet Elisa. Tog is nie een van hulle genees nie, maar wel Naäman, die Siriër.”

28Almal in die sinagoge was woedend toe hulle hierdie dinge hoor. 29Hulle het opgespring, Hom uit die dorp uitgejaag en Hom gebring tot op die rand van die berg waarop hulle dorp gebou was, om Hom van die krans af te gooi. 30Maar Jesus het tussen hulle deur geloop en weggegaan.

Fokusteks

Jeremia 1:4-10
Die tyd van sy optrede
1 Die woorde van Jeremia. Hy was ’n seun van Gilkija en ’n priester uit Anatot in Benjamin.
2Die woord van die Here het tot hom gekom tydens die regering van koning Josia van Juda, seun van Amon. Dit was in die dertiende regeringsjaar van Josia. 3Daarna het die woord van die Here tot Jeremia gekom tydens die regering van koning Jojakim van Juda, seun van Josia, en telkens tot die einde van die elfde regeringsjaar van koning Sedekia van Juda, seun van Josia. In die vyfde maand van daardie jaar is die inwoners van Jerusalem in ballingskap weggevoer.

Jeremia word tot profeet geroep
4Die woord van die Here het tot my gekom:
5Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy en jou as profeet vir die nasies aangestel.

6“Ag, Here my God,”
het ek geantwoord,
“ek kan nie goed praat nie,
ek is nog te jonk.”
7Toe sê die Here vir my:
Jy moenie sê: “Ek is te jonk” nie.
Jy moet gaan na wie toe
Ek jou ook al stuur,
en alles wat Ek jou beveel om te sê,
moet jy sê.
8Moenie vir hulle bang wees nie,
want Ek is by jou,
Ek sal jou red.
Dit is wat die Here gesê het.
9Hy het sy hand uitgesteek,
my mond aangeraak
en vir my gesê:
Ek het nou my woorde
in jou mond gelê.
10Kyk, Ek stel jou vandag aan oor nasies en oor koninkryke om af te breek en uit te roei, om te vernietig en plat te slaan, te bou en te vestig.

11Die woord van die Here het tot my gekom: Wat sien jy, Jeremia?
Ek het geantwoord: “Ek sien ’n amandeltak.”

12Die Here het geantwoord: Jy het reg gesien. Ek staan gereed om te doen wat Ek gesê het.

13Die woord van die Here het ’n tweede keer tot my gekom: Wat sien jy?
Ek het geantwoord: “Ek sien ’n kokende pot in die noorde en dit kantel oor hiernatoe.”

14Toe sê die Here vir my:
Van die noorde af gaan Ek ’n ramp stuur
oor almal wat in hierdie land woon.
15Ek gaan alle volke, alle koninkryke
van die noorde af roep,
sê die Here.
Hulle konings sal elkeen sy troon
kom oprig
voor die poorte van Jerusalem,
by die mure rondom die stad
en by al die stede van Juda.
16Ek sal die mense van Juda straf
vir al hulle sondes:
hulle het My verlaat,
vir ander gode offers gebring
en voor hulle eie handewerk
in verering gebuig.
17Maak klaar, staan op, sê vir hulle alles wat Ek jou beveel. Moenie vir hulle skrik nie, want dan verpletter Ek jou voor hulle oë.

18Ek maak jou vandag ’n vestingstad,
’n ysterpilaar,
’n bronsmuur sodat jy staande kan bly
teen die hele land,
teen die koningshuis van Juda
en al sy amptenare,
teen sy priesters en teen die bevolking.
19Hulle sal teen jou veg maar hulle sal
jou nie oorweldig nie,
want Ek is by jou, sê die Here,
Ek sal jou red.

God nooi ons uit en ons kom tot rus

Rus

Toetrede
Lied 526 “Waar daar liefde is”
Flam 281. “Hier Is Ek”
VONKK 102 “Mag Die Woorde Van My Mond” (Psalm 19:15)

Votum
U is my hoop,
op U, Here, het ek van jongs af
vertrou.
6U is my hulp van my geboorte af,
reeds voor ek in die wêreld gekom het,
het U my beskerm.
U loof ek gedurigdeur.
7Ek is vir baie ’n wonder,
want U is my veilige toevlug.
8Ek besing u lof en u roem
gedurigdeur.
(n.a.v. Psalm 71:5-8)

Seëngroet

Lofsang
Flam 182  “Herder Heer (Herder Jesus)”
Vonkk 41 verse 1-2 “God is liefde laat ons lofsing”

Wet: Korintiërs 13:1-7

Toewyding
Sing Psalm 71:1-3
Flam 370. “Niks Kan My Skei Van Die Liefde Van Jesus”
Vonkk 41 vers 3 “God is liefde laat ons lofsing” 

Genadeverkondiging: Korintiërs 13:12-13

Geloofsbelydenis
Ek glo dat die Bybel die Woord van God is.
Ek glo dat God, die Vader, die Skepper van die hemel en aarde is.
Ek glo dat die Here Jesus Christus vir my sondes gesterf het, en dat hy uit die dood opgestaan het; ek het hom life.
ek glo dat die Heilige Gees in my woon en my lewe nuut maak.
(Uit:  Handleiding vir die erediens, Bybelmedia 2010)

Liedere

F281. “Hier Is Ek”
(RUBRIEK: Kruisfuur – Toetrede)
Teks en musiek: Carli Lessing
© 2007 Broken Records

1. Hier is ek nou met my vissies en my brood
en ek bring dit voor U soos ’n kind.
Ek weet dis te min om ’n skare te voed,
maar in U hand is dit genoeg.

Refrein:
Hier is ek, Here gebruik my.
Hier is ek, kom lei my.
Hier is ek, Here gebruik my
waar U nou reeds werk.

2. Kan ek maar nou dit alles vir U gee
en leer te vertrou soos ’n kind?
Van die golwe vergeet, my oë op U hou
want deur u krag, sal U my daar hou.

Refrein:

F182. “Herder Heer (Herder Jesus)”
(RUBRIEK: Flam – Geloof en Vertroue)
Oorspronklik: Rock of Ages
Teks: Augustus M Toplady
Musiek: Thomas Hastings
Afrikaanse vertaling: Koos van der Merwe
© Broken Records

1. Herder, Heer, na wie ek soek
ek wil luister as U roep.
Want ek swig ek val en gly
as u stem verdof in my.
Voor U, Heer, kom word ek stil
buig my hart en buig my wil.

Refrein:
Daar is waters in woestyne
by die Herder se fonteine.
As die storms woed in my
sal ek daar my rus kom kry.

2. Wys U my hoe ek moet leef,
leer U my om U te ken.
Ek alleen verbrou en dwaal,
U alleen kan my kom haal.
Op die weg kan U my hou
al is dit styl, al is dit nou.

Refrein:

3. Gee my lig, ontskemer my
as ek wil swig, kom anker my.
Want ek is broos, onvas, onwys,
sal U vir my die pad kom wys.
Waar U spore my heen lei
wil ek wandel wil ek bly.

Refrein: (x2)

F370. “Niks Kan My Skei Van Die Liefde Van Jesus” 
(RUBRIEK: Flammikidz – Geloof en Vertroue)
Teks en musiek: Cor Uys
© Brettian Productions
(Opgeneem op Oom Karoolus en Lente sing 80 bekende Jesus-kinderliedjies)

Niks kan my skei van U liefde nie.
Halleluja!

F256. “Ons Is U Liggaam”
(RUBRIEK: Kruisfuur – Getuienis)
Teks en musiek: JA de Beer en Zander van der Westhuizen
© 2007 Urial Publishing

Ons leef u liefde in ’n wêreld wat uitroep.
Ons neem u water na mense wat dors.
Laat ons u liefde deur ons dade uitdra.

Ons neem u brood na ’n sterwende land.
So kom U naby aan elkeen wat nood het.
Laat u wil geskied deur ons gehoorsaamheid.

Want ons is u liggaam,
ons sal U vir altyd volg,
ons is die gesalfdes
wat opstaan vir u Naam.

F302. “Sonder U Gees”
(RUBRIEK: Flam – Toetrede)
Teks en musiek: Stass van Veuren
© 2009 MAR Gospel Music Publishers
(Opgeneem op Onbeskaamd 2)

Refrein:
Sonder u Gees kan ons nie, wil ons nie beweeg nie.
Sonder u Gees is ons blind en sonder krag.
Maar met u Gees is ons sterk, kan ons werk
is ons altyd gereed om te doen wat U vra.

U roep ons om te gaan,
U roep ons om te staan,
U los ons nooit alleen
en vir u Naam sal ons staan.

VONKK 102 “Mag Die Woorde Van My Mond  (Psalm 19:15)”
Nav Psalm 19:15
Teks: Driekie Jankowitz 2008 (Afrikaans – Pro Deo);  Jacques Louw 2010 (Engels en Duits);  Frans du Toit & Nataniël Sebolai 2010 (Sesotho); Naòmi Morgan 2010 (Frans)
Melodie: MY WILLEM – Driekie Jankowitz 2008 (Pro Deo)
Orrelbegeleiding: Gerrit Jordaan 2010
Kantoryverwerking: Gerrit Jordaan 2010
Musikale verryking: Gerrit Jordaan 2010
© 2010 VONKK Uitgewers (admin Bybel-Media)
RUBRIEK: Meditatief – Toetrede en Aanroeping / Gebed

Mag die woorde van my mond en die gedagtes van my hart,
vir U bly maak, o my Rots, en vir U mooi wees, o my Redder (en my God.)

Let the words of my mouth, the meditation of my heart,
Be delightful in Your sight and give You pleasure, my Redeemer (and my God.)

Se ke se bolelang le se ke se nahanang,
o kgahliswe ke tsona ‘fika le Molopolli wa ka (Morena.)

Lass die Reden meines Mundes und das Sinnen meines Herzens,
Dir gefallen, o mein Fels, und Dich erfreuen, mein Erlöser (und mein Gott.)

Que les paroles de ma bouche et ce que médite mon cœur,
te soient plaisants ô mon Rocher, de tout temps mon Rédempteur (et mon Dieu.)

VONKK 41 “God Is Liefde! Laat Ons Lofsing”
Teks: God is Love – Timothy Rees (1874-1939); Jacques Louw 2008 ©
Musiek: ABBOT’S LEIGH – Cyril Vincent Taylor 1942 (1907-1991)
© Teks: 2010 VONKK Uitgewers (admin Bybel-Media)
© Musiek: 1970 Oxford University Press. Met toestemming gebruik.
RUBRIEK: Klassiek – Lofprysing

1. God is liefde! Laat ons lofsing
– hemel, aarde, mensdom saam.
God se grootheid in die skepping,
laat ons jubel oor sy Naam!
Hy wat alles goed gemaak het,
hou die heelal in sy hand.
Hy oorlaai ons met sy goedheid –
liefde ver bo ons verstand.

2. God is liefde! Hy omvou ons
daagliks met ‘n liefdesband.
Hy bewaar uit alle volke
al sy kinders deur sy hand.
As die lewe ons laat seerkry,
as ons ly deur pyn en smart,
weet ons God deel in ons swaarkry –
daar is deernis in sy hart.

3. God is liefde, maar die sonde
maak ons vir sy liefde blind.
God vergeef, genees die wonde
van die sonde wat ons bind.
Sonde, dood en hel sal nooit nie
oor ons heerskappy kan kry.
God se liefde, so onfeilbaar,
sal vir ewig by ons bly.

VONKK 73 “Soos Die Vader U Gestuur Het (Uitsendingslied)”*
Nav Johannes 20:12 en Matteus 5:14
Teks: Jacques Louw 2006 ©
Melodie:  KARIEN — Karien Pretorius 2006 ©, gewysig en ritmies aangepas VONKK Werkgroep 2009
© 2009 VONKK Uitgewers (admin Bybel-Media)
RUBRIEK:   Kontemporêr – Uitsending

Keervers:
Soos die Vader U gestuur het,
stuur U ons ook na die wêreld.

1. Maak ons Heer, getuies van u Naam
wat u Woord aan ander sal uitdra.

Keervers:
Soos die Vader U gestuur het,
stuur U ons ook na die wêreld.

2. Laat ons, Heer, u liefde sigbaar maak
deur te dien soos U ons geleer het.

Keervers:
Soos die Vader U gestuur het,
stuur U ons ook na die wêreld.

3. Gee vir ons ‘n hart vol deernis, Heer,
vir die nood en hartseer van ander.

Keervers:
Soos die Vader U gestuur het,
stuur U ons ook na die wêreld.

4. Laat ons, Heer, soos helder ligte skyn,
soos ‘n stad wat bo-op ‘n berg lê.
Amen. Amen. Amen.**

* Die  lied hoef nie noodwendig in geheel by Uitsending gesing te word nie.
** Die Amen-gedeelte kan ook as ‘n afsonderlike respons gesing word.

God praat met ons en ons luister

Gebed

Skriflesing: Jeremia 1:4-10

Familie-oomblik

Jeremia se roepingsverhaal leen hom uitstekend daartoe om met kinders te gesels oor hoe God oor hulle voel.  Hy het ‘n plan vir elkeen van ons se lewens en Hy sal ons alles gee wat ons nodig het.

Sermons4Kids het ‘n preek getiteld “Yes, you can!” wat gaan oor ‘n kind wat sukkel met wiskunde, maar met Juffrou se hulp dit regkry.

Vertel vir die kinders dat God ons wil gebruik.  ‘n Mens is nooit te klein dat God jou nie kan gebruik nie!

Vertel die storie van Hattie May Wyatt.  [Hierdie storie is al ‘n paar keer in preekstudies gebruik, o.a. tydens die Pinksterreeks oor Barnabas.]

In die vroeg 1900’s het ‘n dominee haar huilend buite ‘n klein kerkie gekry. Sy is gevra om terug huis toe te gaan, want daar was nie plek vir haar nie.

“Ek kan nie Sondagskool toe gaan nie” het sy huilend vir die predikant gesê. Hy het haar hand gevat en haar na ’n klassie geneem.

So twee jaar later het dieselfde dogtertjie ernstig siek geword en gesterf.  Die predikant is na haar ouers toe.  Toe hy by die vervalle woonstelblok kom, het hulle hom gevra om hul dogter se begrafnis waar te neem. Hulle het aan hom ’n kleinerige beursie gegee.  Binne-in was ’n briefie en 57 sent.  In die briefie het die volgende woorde in kinderskrif geskryf gestaan: “Hierdie geldjie is om die klein kerkie te help om iets groter te bou sodat meer kinders daarnatoe kan gaan.” Vir twee jaar lank het die dogtertjie gespaar aan haar 57 sent!

Die predikant het daardie Sondag die briefie van die kansel aan sy gemeente voorgelees. Hy het die gemeente uitgedaag om daarop te reageer.  Dit was net die begin van die 57c se impak… Binne vyf jaar is daar toe genoeg geld ingesamel om ’n nuwe kerk te kon bou.

As jy eendag in Philadelphia kom, gaan besoek gerus die Temple Baptist Church, met sy sitplek vir 3,300 mense. En ook die Temple Universiteit, waar honderde studente opgelei word. Kyk goed na die Good Samaritan Hospitaal en na die Sondagskool sentrum waar honderde kinders elke Sondag bymekaarkom. Niemand word ooit meer die deur gewys nie.

Binne die Sondagskoolsentrum sal jy ’n skildery van ’n klein dogtertjie sien. Dis haar 57 sent wat God so wonderlik gebruik het. Ons bietjie word altyd baie in God se hand!

Jy kan ook die storie van “Happy Feet” vertel – die klein pikkewyntjie, Mumble,  wat nie so mooi  kon sing soos die ander pikkewyne nie.

Hier is ‘n oorsig vir diegene wat nie die fliek gesien het nie.

Every Emperor Penguin sings a unique song called a “heartsong” to attract a mate. If the male penguin’s heartsong matches the female’s song, the two penguins mate. Norma Jean, a female penguin, falls for Memphis, a male penguin and they become mates. They lay an egg, which is left in Memphis’ care, while Norma Jean leaves with the other females to fish. While the males struggle through the harsh winter, Memphis briefly drops the egg. The resulting chick, Mumble, has no vocal talent, but can tap dance. Nevertheless, he is enamored with Gloria, a female penguin who is regarded as the most talented of his age. One day, Mumble encounters a group of hostile Skua, with a leader who is tagged with a yellow band, which he claims to have been from an alien abduction. Mumble narrowly escapes the hungry birds by falling into a crevice.

Years later, an adult Mumble is now an outcast who is frowned upon by his elders. After being shunned during the graduates’ song, he is attacked by a leopard seal. After escaping, he befriends a group of Adelie Penguins called “the Amigos”, who embrace Mumble’s dance moves and assimilate him into their group. After seeing a hidden human excavator in an avalanche, they opt to ask Lovelace, a Rockhopper Penguin, about its origin. Lovelace has the plastic rings of a six pack entangled around his neck, which he claims to have been bestowed upon him by mystic beings.

For the emperor penguins, it is mating season and Gloria is the center of attention. Ramon tries to help Mumble win her affection by singing a Spanish version of “My Way”, with Mumble lip syncing. When Gloria sees Ramon behind Mumble’s back, she becomes angry and turns away. As a last resort, Mumble begins tap dancing in synch with her song. She falls for him and all the youthful penguins join in for singing and dancing to “Boogie Wonderland”. The elders are appauled by Mumble’s conduct, which they see as the reason for their lean fishing season. Memphis begs Mumble to stop dancing, for his own sake, but when Mumble refuses, he is banished.

Mumble and the Amigos return to Lovelace, only to find him being choked by the plastic rings. Lovelace confesses they were snagged on him while swimming off the forbidden shores, beyond the land of the elephant seals. Not long into their journey, they are met by Gloria, who wishes to join with Mumble as his mate. Fearing for his safety, he ostracizes her, driving her away.

At the forbidden shore, the group finds a fishing boat. Mumble pursues it solo to the brink of exhaustion. He is eventually washed up on the shore of Australia, where he is rescued and kept at Marine World with Magellanic Penguins. After a long and secluded confinement, he nearly succumbs to madness. When a girl attempts to interact with Mumble by tapping the glass, he starts dancing, which attracts a large crowd. He is released back into the wild, with a tracking device attached to his back. He returns to his colony and challenges the will of the elders. Memphis reconciles with him, just as a research team arrives, proving the aliens to be true. The whole of the colony engages in dance.

The research team returns their expedition footage, prompting a worldwide debate. The governments realize they are overfishing, leading to the banning of all Antarctic fishing. At this, the Emperor Penguins and the Amigos celebrate. In the final scene, a baby penguin is seen dancing next to Mumble and Gloria, revealed to be their son Erik in Happy Feet Two.

Hier is ‘n inkleurprent van Jeremia se roeping.

Preekriglyn

Lauren Blakemore was dertien toe sy met ‘n rare vorm van kanker, waar verskeie gewasse beenweefsel binnedring, gediagnoseer is.  Dit lei dikwels tot die amputasie van ‘n ledemaat.  As behandeling het sy veertien rondtes chemoterapie ontvang en moes deur vyf-en-twintig sessies bestraling worstel.

Regdeur haar stryd met kanker, was Lauren se trooskombersie, ‘n veelkleurige kwilt, ‘n bron van bemoediging.  Die kwilt is deur ‘n buurvrou, Mildred, vir haar gemaak toe sy nog ‘n babatjie was.  Lauren het haarself  dikwels regdeur haar kinderjare snoesig in die kombersie opgekrul.  Dit was ook dié kombersie wat haar troos was deur die naarheid, moegheid en slaaplose nagte wat met ‘n stryd teen kanker so algemeen is.

In hierdie tyd besoek Lauren se pa ‘n kankersaal vir kinders in Indië.  By sy terugkeer vertel hy van sy waarnemings in dié hospitaalsaal.  Lauren is aangegryp deur die omstandighede van dié kinders.  Sy het onmiddellik geld begin bymekaar maak.  Sy het by skole en gemeenskapsorganisasies opgetree.  Haar doel was dat elke kind in die Indiese kankersaal ‘n Tant Mildred Kombersie moet kry.  “Chemoterapie laat jou die hele tyd koud kry,” het sy gesê.

Die kombersies is uiteindelik in Bosnië vervaardig.  Vroue van die Peace Crafts werkskeppingsprojek, ‘n inisiatief van die Southeast Missionaries, het die komberse gemaak.  Elke bed in die Indiese kankersaal het vandag ‘n Tant Mildred Kombersie.

“Toe ek met kanker gediagnoseer is, het ek geweet God het ‘n plan vir my lewe,” sê Lauren Blakemore.  “Hierdie projek is deel van daardie plan.”

Roeping

In ons teks ontmoet ons nog ‘n jongmens wat op ‘n kragtige manier in kontak gebring word met God se roeping vir sy lewe.  God se gesprekke met Jeremia word ‘n kragtige raamwerk wat ons help om ons eie lewe voor God te verstaan.  Ons leer verstaan hoe God se roeping ons identiteit stempel en rigting gee aan ons lewens.

Agtergrond

Jeremia is geroep in die tyd van Koning Josia van Juda in 626 vC. (Die ryk van Juda is die suidelike twee stamme van Israel wat na Salomo geskeur het.)  In dié tyd het die Babiloniërs die eens magtige Assiriese ryk oorwin.  Juda was vanweë sy geringe status as ryk ondergeskik aan Assirië en dus outomaties ’n vyand van Babilonië!

Die gevolg was ’n gevaarlike politieke spel oor dekades heen, waar Juda ook vlerkgesleep het by Egipte en later ’n paar keer, polities onwys, in teen Babilonië opstand gekom het.  Die gevolg was die Babiloniese ballingskap en verwoesting van die tempel en Jerusalem se stadsmure in 587 vC.

Jeremia is God se profeet in hierdie onstabiele tyd.  Hy dra God se boodskap in ‘n tyd toe Jerusalem verwoes word en die Jode weggevoer word Babel toe.  Behalwe die trauma om huis en stad te verloor, beleef die Jode ook ‘n godsdienstige krisis.  Die tempel was die simbool van God se teenwoordigheid.  Hulle het aanvaar God sal hulle beskerm.  Niemand kon rekening hou dat God hulle sou oorgee aan die vyand nie.

Tydens die konflik en krisistye was Jeremia se boodskap dat God hulle oorgee aan Babilonië en hulle dit moet aanvaar.  In hierdie proses bly God egter by hulle betrokke, bly God se beloftes geld, en het God ‘n toekoms vir die volk.  Jeremia moes hulle as ’t ware deurdra deur die tyd van vernietiging van die bekende, in ’n nuwe, vreemde tyd in.  Die nuwe tyd was ook deel van God se inisiatief.  Jeremia was ongeveer 40 jaar lank die draer van God se woord aan ’n hardkoppige volk.

Jeremia se roeping

Jeremia 1:4-10 verwoord Jeremia se ervaring van sy roeping tot hierdie moeilike taak.  Ons kan verskeie momente in sy roeping onderskei.  Dit gee insig in hoe God in hierdie wêreld – ook ons wêreld – optree. Dit kan ons ook lei om ons eie identiteit as kerk en gelowiges dieper te verstaan en beter uit te leef.

Spesifieke tyd en taak

Jeremia is in ’n spesifieke tyd vir ’n spesifieke taak geroep.  In vers 5 ervaar Jeremia dat God die inisiatief geneem het in sy lewe.  Die beelde wat gebruik word om die kennis en roeping van God aan sy moederskoot te verbind, onderstreep juis God se inisiatief.  Jeremia is eenkant gesit vir hierdie werk.  En hy is eenkant gesit vir ’n taak binne ’n groter raamwerk as wat hy as jong seun tot op daardie stadium beleef het.

Let op hoe die eerste verse van hoofstuk 1 die spesifieke plek en tyd van Jeremia se roeping onderstreep:

1 Die woorde van Jeremia. Hy was ’n seun van Gilkija en ’n priester uit Anatot in Benjamin.
2 Die woord van die Here het tot hom gekom tydens die regering van koning Josia van Juda, seun van Amon. Dit was in die dertiende regeringsjaar van Josia. 3 Daarna het die woord van die Here tot Jeremia gekom tydens die regering van koning Jojakim van Juda, seun van Josia, en telkens tot die einde van die elfde regeringsjaar van koning Sedekia van Juda, seun van Josia. In die vyfde maand van daardie jaar is die inwoners van Jerusalem in ballingskap weggevoer.

Roeping is altyd verbind aan tyd en plek.  God roep ons nie om vir die hele wêreld ‘n verskil te maak nie.  Hy roep ons nie om alles vir almal te doen en te wees nie.  Roeping het met die beperking van tyd en plek te doen.  Jeremia word geroep vir ‘n tyd soos daardie.  Hy is ook – en dis die punt – deur God voorberei vir hierdie spesifieke roeping.

Vir Gereformeerde mense is plek en tyd daarom so belangrik.  Ook gemeente is geroep vir die plek waar hulle hul bevind.  Daarom ontleen baie gemeentes hul naam aan hul omgewing.  Ons is nie toevallig waar ons is nie.

Daarom is gesinne en werkplekke, die ruimtes waar ons leef, vir Gereformeerde mense die plekke waarheen ons geroep is.  God roep en stuur ons na ons gesinne, ons bure, ons omgewing, ons werkplekke.

Daar is natuurlik ook mense wat – soos Abraham – weggestuur word van hulle plek af na ‘n ander plek toe om God dáár te gaan dien.  Sommige mense word gestuur na lande waar die evangelie nie algemeen beskikbaar is nie.  Dis soos Lauren Blakemore wat ‘n inisiatief in Indië in ‘n kankersaal geloods het.  Of Jeremia wat God se boodskap aan die ballinge in Babel oordra.

Deurgaans bly roeping egter gekoppel aan ‘n tyd en ‘n plek.  Dit is ‘n beperking, maar ‘n heilsame beperking.  Dit beteken ons kan onsself ten volle wye aan die taak wat God vir ons gegee het.

Voorberei en gevorm

Jeremia se roeping is ‘n intense gebeure, omdat dit getuig van God se betrokkenheid by sy lewe, en die wyse waarop God hom voorberei het vir sy taak.

God gebruik vier werkwoorde in vers 5, naamlik: “geken,” “gevorm,” “gewy” en “as profeet aangestel.”  Die Hebreeuse woord yada (ken) is meer as intellektuele kennis.  Iets van ’n persoonlike verbintenis/toewyding is in die woord teenwoordig.  Op ander plekke ook dui dit op die intieme ken van ’n man en vrou.

Die Hebreeuse woord vir vorm herinner aan Genesis 2 en dui op die werk van ’n pottebakker wat iets uit klei vorm.  Hierdie is ook ’n intieme handeling.  Die woord wy dui op die eenkant sit van iemand, om iemand heilig te maak.  In Engels kan mens ook praat van “consecrate,” soos dit juis as “wy” vertaal word in Afrikaans (OAV, “jou geheilig”).  Die persoon word eenkant gesit vir goddelike diens. Hy word aangestel vir ’n spesifieke taak (OAV, “Ek het jou tot ’n profeet vir die nasies gemaak”).

Die twee maal “voordat” (sien OAV – “Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het . . .; voordat jy uit die liggaam voortgekom het”) onderstreep die inisiatief van God.

‘n Oorweldigende roeping

God se roeping voel dikwels oorweldigend, buite jou vermoë , te veel vir jou.

God se groter plan met Jeremia, en die uitdagings in ‘n tyd soos daardie, laat voel hom hy is nie opgewasse vir die taak nie.  Die redes wat hy aanvoer is geldig.  Hy is nog ’n seun, ‘n tiener.  Binne die Joodse tradisie was mens eers volledig volwasse op ouderdom 20.  Hy het nie die woorde nie en kan ook nie goed praat nie.

Hierdie verskonings geld egter nie vir God nie.  Ons word herinner dat die God van die Bybel juis die God is wat anders kies as wat ons kies.  Dit is juis swak mense wat Hy kies om te herinner aan die manier waarop God in die wêreld werk – deur swakkes en geringes.  Só doen God dit deur die eeue.  Met ‘n kinderlose Abraham en Sara, met ‘n Maria en Josef, skaapwagters, ‘n nederige stal.

Dis vandag nog so.  ‘n Kankersaal vir kinders in Indië kry kombersies deur die toedoen van ‘n dertienjarige kankerlyer, kombersies gemaak deur vroue in die geweldgeteisterde Bosnië.  Só maak God.

Weerloosheid

Die jong Jeremia was intens bewus van sy eie weerloosheid.  Dit kwalifiseer hom as iemand wat deur God gebruik kan word.  Weerlose mense weet hoe afhanklik hulle van God is.  Daarom kan hulle draers wees van God se seën.

Die kerk, en lidmate van die kerk, bestaan vandag nog uit mense wat menslik gesproke ontoereikend is en voel.  Ons is bloot menslik, gekraakte en breekbare erdekruike.  Ons is vol sonde en gebrokenheid.  Wie kan regtig verstaan hoekom God hierdie weerlose gemeenskap in die wêreld wil gebruik?

God los nie die weerloses nie. Sy geroepenes word nie verlaat nie.  Dit behels nie dat Jeremia meer as sy deel swaarkry in sy lewe sal ervaar nie, eerder dat God daar sal wees en op ’n intieme manier die woorde in sy mond sal plaas. God spreek sy werklike vrees aan.

Antwoord en aanvaar

Dus, bewus van God se hand oor en op hom, word Jeremia uitgenooi om te antwoord, te aanvaar.  Hy word nie gedwing nie.  Hy verstaan sekerlik dat sy lewe nooit vervuld sal wees buite om dit wat God vir hom wil hê nie.

In God se ekonomie word mense volledig as mense ingeskakel.  Ons word medewerkers van God gemaak.  Ons word genooi om deel te word van God se werk.   Ons doen dit deur gehoorsaam te kies om te doen wat God aan ons opdra.

Roeping plaas Jeremia in ‘n krisis

Plaas mens Jeremia se roeping binne die groter gebeure van die boek, wat ons reeds iets van verwag na aanleiding van die woorde in vers 10, weet ons dat Jeremia die afbreek en opbou van Juda gaan beleef.

Ons moenie te maklik oor roeping praat nie, of maklik sê dat jy geroep is nie.  Roeping is nie maklik nie.  Dit behels die aanvaarding dat God mag oor jou lewe het.  Dat Hy jou toekoms bestuur en jou lewe gebruik.  Die teenkant is vervulling.  Jy weet wie jou identiteit gee.  Dis deel van God se doel.  Dit is nie my wil wat bepalend is nie.

Hierdie roeping sou Jeremia self in die maalkolk werp.  Tog handel hy, bewus van God se belofte van trou en bystand.  Die uitvoer van sy roeping word die weg waarlangs Jeremia ‘n betekenisvolle lewe lei.

Ons is almal geroepenes

Dus, al praat mens te maklik, moet jy besef dat as jy werklik verstaan wie jy in Christus is, jy nie kan wegkom van jou geroepenheid nie.  Die konfrontering en aanspraak wat Jeremia ervaar is deel van ons almal.  Alhoewel ons nie almal geroep is tot dieselfde werk nie, het God dieselfde aanspraak op ons lewe.  Dit is nie ’n speletjie nie.  In ’n tyd waar my eie planne vir die toekoms en my lewe sentraal kan staan, is dit moeilik om te erken daar is Iemand wat ’n groter sê het en dat my lewe deel is van ’n groter prentjie.

Hierdie dialoog tussen die jong seun, amper profeet, en God nooi ons uit om weer God se aanspraak op ons lewe ernstig te neem, maar dan met die wete dat Hy wie se hand op my is, se arms ook altyd om my is.

God stuur ons om te leef

Toewyding
Gebed
Dankoffer

Slotsang
Lied 524 “God roep ons om met woord en daad”
Flam 256. “Ons Is U Liggaam”
VONKK 73 “Soos Die Vader U Gestuur Het”

Seën
Gaan dan nou na al die nasies toe
en maak die mense dissipels van Jesus Christus.
Doop hulle in die Naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees.
Leer hulle om alles te onderhou wat hy bevel het.
En onthou:  Hy is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.
(Wepener, Cas Soos ‘n blom na die son draai Bybelmedia 2011

Respons
Lied 533 “Stuur ons, Here”
Flam 302. “Sonder U Gees”
VONKK 73 “Soos Die Vader U Gestuur Het” Keervers

A ministry platform for faith leaders.

© Copyright Bible Media | This site is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.