Vierde Sondag ná Epifanie

Sections

Oorsig

Hierdie Sondag se tekste beskryf die kenmerke van ‘n gelowige leefwyse en die koninkryk van God vanuit verskillende hoeke. Die psalmdigter voer aan dat dié wat onberispelik en regverdig lewe, God se teenwoordigheid ervaar (die tempel mag binnegaan). In Miga 6 lees ons dat die Here regverdigheid, liefde en trou van gelowiges vra. Matteus 5 wys daarop dat die lewe van ‘n dissipel uitdagings en vervolging, maar terselfdetyd ook seën inhou.

Die fokusteks beklemtoon dat dit nie uit eie verdienste (dws, deur ons eie pogings tot ‘n onberispelike lewe) is dat ons redding ontvang nie, maar slegs deur die genade van God en die kruis van Christus. ‘n Onberispelike en regverdige lewe is dus nie iets om op te roem nie: Ons roem in die Here wat so ‘n lewe moontlik maak.

Ander tekste

Miga 6:1-8
6 Hoor wat die Here sê:
Maak klaar, roep die berge as getuie,
laat die heuwels hoor wat jy te sê het.
2Berge, vaste fondamente van die aarde,
julle moet luister na die saak
wat die Here het.
Die Here het ’n saak teen sy volk,
Hy het Israel aangekla.
3My volk, wat het Ek jou aangedoen?
Hoe het Ek jou moeg gemaak?
Antwoord My!
4Ek het jou uit Egipte gebring,
Ek het jou uit die plek van slawerny
gered,
Ek het vir Moses gestuur om jou te lei,
ook vir Aäron en Mirjam.
5My volk, dink aan die planne
van koning Balak van Moab,
en wat Bileam seun van Beor
hom geantwoord het.
Dink aan alles tussen Sittim en Gilgal,
en weet dat die Here julle
die oorwinning laat behaal het.
6Wat sal ek saamvat as ek na die Here toe
gaan,
as ek voor die hoë God gaan kniel?
Moet ek met offers na Hom toe gaan,
met jaaroud kalwers?
7Sal die Here duisende ramme aanvaar
saam met tien duisende offers van olie?
Moet ek my eersgeborene offer
vir my sonde,
hom wat uit my liggaam kom,
vir my oortreding?
8Mens, die Here het jou bekend gemaak
wat goed is:
Hy vra van jou dat jy reg
sal laat geskied,
dat jy liefde en trou sal bewys,
dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God.

Psalm 15
Wie het die reg om in die tempel te kom?
15 ’n Psalm van Dawid.
Wie het die reg
om in u woonplek te kom, Here?
Wie mag op u heilige berg vertoef?
2Hy wat onberispelik wandel
en doen wat reg is,
wat met sy hele hart die waarheid praat,
3nie kwaad praat nie,
sy medemens nie kwaad aandoen nie
en niemand beledig nie;
4hy wat dié verag
wat deur God verwerp is,
maar almal eer wat die Here die;
wat sy woord hou,
selfs tot sy eie skade,
5sy geld nie op rente uitleen nie
en hom nie laat omkoop
om die onskuldige
te kort te doen nie.
Wie hom hieraan hou,
sal nooit wankel nie.

Matteus 5:1-12
Die bergrede
(Matt 5–7)
5 Toe Jesus die menigte mense sien, het Hy teen die berg opgegaan. Nadat Hy gaan sit het, het sy dissipels na Hom toe gekom, 2en Hy het hulle geleer en gesê:

Die werklik gelukkiges
(Luk 6:20–23)
3“Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is,
want aan hulle behoort
die koninkryk van die hemel.
4Geseënd is dié wat treur,
want hulle sal vertroos word.
5Geseënd is die sagmoediges,
want hulle sal die nuwe aarde ontvang.
6Geseënd is dié wat honger en dors na wat reg is,
want hulle sal versadig word.
7Geseënd is dié wat barmhartig is,
want aan hulle sal barmhartigheid bewys word.
8Geseënd is dié wat rein van hart is,
want hulle sal God sien.
9Geseënd is die vredemakers,
want hulle sal kinders van God genoem word.
10Geseënd is dié wat vervolg word
omdat hulle doen wat reg is,
want aan hulle behoort die koninkryk
van die hemel.
11“Geseënd is julle wanneer die mense julle ter wille van My beledig en vervolg en valslik al wat sleg is van julle sê. 12Wees bly en verheug, want julle loon is groot in die hemel. Hulle het immers die profete voor julle net so vervolg.”

Fokusteks

1 Korintiërs 1:18-31
Christus die krag en die wysheid van God
18Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir dié wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God. 19Daar staan tog geskrywe:
“Die wysheid van die wyses
sal Ek vernietig,
en die geleerdheid
van die geleerdes
sal Ek tot niet maak.”

20Waar is die wysgeer van hierdie wêreld nou? Waar die skrifgeleerde? Waar die slim woordvoerder? Het God nie die wysheid van die wêreld tot onsin gemaak nie? 21Dit was die bedoeling van God in sy wysheid dat die wêreld nie deur geleerdheid tot kennis van God sou kom nie. Daarom het God in sy goedheid besluit om deur die prediking wat vir die wêreld onsin is, dié te red wat glo. 22Die Jode vra wondertekens en die Grieke soek wysheid, 23maar ons verkondig Christus wat gekruisig is. Vir die Jode is dit ‘n aanstoot en vir die ander is dit onsin, 24maar vir dié wat deur God geroep is, Jode sowel as Grieke, is Christus die krag van God en die wysheid van God. 25Wat vir die wêreld die onsin van God is, is groter wysheid as die wysheid van mense, en wat vir die wêreld die swakheid van God is, is groter krag as die krag van mense.

26Dink maar net, broers, aan wat julle was toe julle geroep is. Volgens die opvatting van mense was daar nie baie geleerdes of baie invloedrykes of baie mense van aansien onder julle nie. 27En tog, wat vir die wêreld onsin is, het God uitgekies om die geleerdes te beskaam; wat vir die wêreld swak is, het God uitgekies om die sterkes te beskaam, 28en wat vir die wêreld sonder aansien of betekenis is, ja, wat niks is nie, het God uitgekies om wat iets is, tot niet te maak. 29Voor God het geen mens dus iets om op te roem nie. 30Aan God is dit te danke dat julle met Christus Jesus verenig is. Hy het vir ons geword die wysheid wat van God kom: die vryspraak, die heiliging en die verlossing. 31Daarom, soos daar geskrywe staan:
“Dié wat wil roem,
moet in die Here roem.”

Liturgie

Aanvangslied: Lied 157 “Here Jesus ons is saam vs 1,2”

Aanvangswoord: Psalm 15

Seëngroet  

Sang: Lied 196 “O kon ek jubel Hemelvader 1,2,3,4”

Wet: Miga 6
Die eerste vyf verse is God se aanklag teen die volk waarin Hy verskillende dele van die aarde as getuies oproep teen die volk. “Die Here het ‘n saak teen die volk.” Die Here spreek die volk ernstig aan dat hulle sy verlossing uit Egipte onder die bekwame leiding van die twee broers en een suster, Moses, Aäron en Mirjam, sowel as sy beskerming in die woestyn van die planne van Balak en Bileam (as voorbeeld) nie na waarde geskat het. Die verwysing na Sittim en Gilgal herinner hulle waarskynlik aan die tyd van die Intog sowel as die begeleiding regdeur die tyd van die Rigters. Sittim is immers die plek waar Josua die land Kanaän binnegegaan het, en Gilgal is onder andere waar die volk die eerste keer na ‘n koning gevra het.

Vers 6-8 is ‘n liturgiese gesprek tussen die volk en God wat waarskynlik in dié vorm in die tempel gebruik is, maar hier as ‘n verswarende getuienis in die regsaak van God met die volk gebruik word. Waar hierdie liturgie in die tempel die volk kon leer wat die regte manier is om met God om te gaan, word dit hier waarskynlik as getuienis téén die volk gebruik. Hulle het die onderrig van die Here deur die jare in die wind geslaan, want wat anders het die Here van hulle gevra as dat hulle regdoen, troue liefde bewys en toegewyd aan die Here lewe. Dit het hulle egter konsekwent nie gedoen nie. (Bybelskool.com)

Wet: God se klag
Miga 6

Verootmoediging: Miga 6

Ontdekking van die waarheid: in die liturgiese gesprek: Miga 6

Toewyding: ahv Psalm 15

Belofte: van seën ahv Matteus 5 (opsioneel)

Lied 215 “Here ons al U loof 1,2,3,4,5”

Epiklese

Skriflesing: 1 Korintiërs 1:18-30

Familie-oomblik
Prediking

Geloofsbelydenis: ahv 1 Korintiërs 1

Offergawes

Wegsending 521 Erkentlik deur die dae vs 1,2

Seën

Antwoord Lied 312/313/314/315/ of
F361. Laat Dit So Wees (Amen)
(RUBRIEK: Kersflam – Gebed)
of
Vonk 38 (Melodie is Lied 582 “Bly by my Heer”) 
Here, Ons God, As Ons Nou Huis Toe Gaan

God nooi ons uit en ons kom tot rus

Rus

Aanvangslied: Lied 157 “Here Jesus ons is saam vs 1,2”

Aanvangswoord: Psalm 15
Wie het die reg
om in u woonplek te kom, Here?
Wie mag op u heilige berg vertoef?
2Hy wat onberispelik wandel
en doen wat reg is,
wat met sy hele hart die waarheid praat,
3nie kwaad praat nie,
sy medemens nie kwaad aandoen nie
en niemand beledig nie…

Seëngroet  
Gemeente van God in (dorp/stad),
wat die Here in Christus Jesus afgesonder
en geroep het om aan Hom te behoort,
en aan almal, waar hulle ook mag wees,
wat die Naam aanroep van Jesus Christus,
hulle Here en ons Here.
Genade en vrede van God, ons Vader en die Here Jesus Christus!
(uit 1 Kor 1:1-3).

Sang: Lied 196 “O kon ek jubel Hemelvader 1,2,3,4”

Wet: Miga 6
Die eerste vyf verse is God se aanklag teen die volk waarin Hy verskillende dele van die aarde as getuies oproep teen die volk. “Die Here het ‘n saak teen die volk.” Die Here spreek die volk ernstig aan dat hulle sy verlossing uit Egipte onder die bekwame leiding van die twee broers en een suster, Moses, Aäron en Mirjam, sowel as sy beskerming in die woestyn van die planne van Balak en Bileam (as voorbeeld) nie na waarde geskat het. Die verwysing na Sittim en Gilgal herinner hulle waarskynlik aan die tyd van die Intog sowel as die begeleiding regdeur die tyd van die Rigters. Sittim is immers die plek waar Josua die land Kanaän binnegegaan het, en Gilgal is onder andere waar die volk die eerste keer na ‘n koning gevra het.

Vers 6-8 is ‘n liturgiese gesprek tussen die volk en God wat waarskynlik in dié vorm in die tempel gebruik is, maar hier as ‘n verswarende getuienis in die regsaak van God met die volk gebruik word. Waar hierdie liturgie in die tempel die volk kon leer wat die regte manier is om met God om te gaan, word dit hier waarskynlik as getuienis téén die volk gebruik. Hulle het die onderrig van die Here deur die jare in die wind geslaan, want wat anders het die Here van hulle gevra as dat hulle regdoen, troue liefde bewys en toegewyd aan die Here lewe. Dit het hulle egter konsekwent nie gedoen nie. (Bybelskool.com)

Wet: God se klag
Miga 6
Die Here het ’n saak teen sy volk,
Hy het Israel aangekla.
3My volk, wat het Ek jou aangedoen?
Hoe het Ek jou moeg gemaak?
Antwoord My!
4Ek het jou uit Egipte gebring,
Ek het jou uit die plek van slawerny
gered,
Ek het vir Moses gestuur om jou te lei,
ook vir Aäron en Mirjam.
5My volk, dink aan die planne
van koning Balak van Moab,
en wat Bileam seun van Beor
hom geantwoord het.
Dink aan alles tussen Sittim en Gilgal,
en weet dat die Here julle
die oorwinning laat behaal het.

Verootmoedigin: Miga 6
6Wat sal ek saamvat as ek na die Here toe
gaan,
as ek voor die hoë God gaan kniel?
Moet ek met offers na Hom toe gaan,
met jaaroud kalwers?
7Sal die Here duisende ramme aanvaar
saam met tien duisende offers van olie?
Moet ek my eersgeborene offer
vir my sonde,
hom wat uit my liggaam kom,
vir my oortreding?

Ontdekking van die waarheid: in die liturgiese gesprek
Miga 6
8Mens, die Here het jou bekend gemaak
wat goed is:
Hy vra van jou dat jy reg
sal laat geskied,
dat jy liefde en trou sal bewys,
dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God.

Toewyding: ahv Psalm 15
Wie het die reg
om in u woonplek te kom, Here?
Wie mag op u heilige berg vertoef?
2Hy wat onberispelik wandel
en doen wat reg is,
wat met sy hele hart die waarheid praat,
3nie kwaad praat nie,
sy medemens nie kwaad aandoen nie
en niemand beledig nie;
4hy wat dié verag
wat deur God verwerp is,
maar almal eer wat die Here dien;
wat sy woord hou,
selfs tot sy eie skade,
5sy geld nie op rente uitleen nie
en hom nie laat omkoop
om die onskuldige
te kort te doen nie.
Wie hom hieraan hou,
sal nooit wankel nie.

Belofte van seën: ahv Matteus 5 (opsioneel)
3“Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is,
want aan hulle behoort
die koninkryk van die hemel.
4Geseënd is dié wat treur,
want hulle sal vertroos word.
5Geseënd is die sagmoediges,
want hulle sal die nuwe aarde ontvang.
6Geseënd is dié wat honger en dors na wat reg is,
want hulle sal versadig word.
7Geseënd is dié wat barmhartig is,
want aan hulle sal barmhartigheid bewys word.
8Geseënd is dié wat rein van hart is,
want hulle sal God sien.
9Geseënd is die vredemakers,
want hulle sal kinders van God genoem word.
10Geseënd is dié wat vervolg word
omdat hulle doen wat reg is,
want aan hulle behoort die koninkryk
van die hemel.

11“Geseënd is julle wanneer die mense julle ter wille van My beledig en vervolg en valslik al wat sleg is van julle sê. 12Wees bly en verheug, want julle loon is groot in die hemel. Hulle het immers die profete voor julle net so vervolg.”

Lied 215 “Here ons al U loof 1,2,3,4,5″

Liedere

F12.”Meer As Ooit’
(RUBRIEK:  Kruisfuur – Verwondering)
Oorspronklike titel: Above all
Teks en Musiek: Lenny LeBlanc & Paul Baloche
Afrikaanse vertaling: 2005  Faani Engelbrecht
© 1999 Integrity’s Hosanna Music / LenSongs Publishing
(Opgeneem op FLAM, vol 1)

Meer as rykdom, meer as mag,
as die skoonheid van sterre in die nag,
meer as wat ons ooit op aarde wen,
is dit werd, o Heer, om U te ken.
Meer as silwer, meer as geld,
al die blomme, die diere in die veld,
meer as dit, so eindeloos veel meer,
was die prys wat U betaal het, Heer.

Refrein:
Aan ‘n kruis en in ‘n graf van steen,
U leef en sterf, verworpe en alleen.
Immanuel, U die God met ons
U dra die straf en dink aan ons –
meer as ooit.

F175. “Vry” 
(RUBRIEK:  Kruisfuur – Vergifnis / Lof / Geloofsbelydenis)
Teks en Musiek: Elsche van Wyk 
© 2006 MAR Gospel Music Publishers

Refrein:
Vry ons is vry
Deur sy bloed en sy genade is ons vry
Ons is vry. Van die pyn
En smart het Jesus ons bevry

Heer, elke dag is ‘n belofte
Elke oomblik net geleen
Die ganse heelal bring U ere
Deur U Seun is ons vergeef
Verlos van sonde en die dood
Aan die kruis het U gely
En Here, ons sê dankie
Dankie Here ons is vry

Heer, U verlos ons deur genade
U vergewe en vergeet
Die kruis van Golgota bring lewe
En reddingskrag is hier vir my
Deur Jesus Christus is daar lewe
Elke knie sal voor Hom buig
U’t ons vrygemaak van sonde
En die vyand is oorwin.

God praat met ons en ons luister

Epiklese
O Holy One,
I hear and say so many words,
yet yours is the word I need.
Speak now,
and help me listen;
and, if what I hear is silence,
let it quiet me,
let it disturb me,
let it touch my need
let it break my pride
let it shrink my certainties,
let it enlarge my wonder
(“Help me Listen” uit Gorillas of Grace deur Ted Loder, Augsburg Books: Minneapolis, p 31).

O heilige Een,
ons hoor en sê soveel woorde,
tog is dit u Woord wat ons nodig het.
Praat nou,
en help ons om te luister;
en, as wat ons hoor stilte is,
laat dit ons stil maak,
laat dit ons ontwrig,
laat dit ons behoeftes vul
laat dit ons trots deurbreek
laat dit ons sekerhede verminder,
laat dit ons verwondering vergroot
(“Help me Listen”, vry vertaal uit Engels).

Skriflesing: 1 Korintiërs 1:18-30

Familie-oomblik
Prediking

Familie-oomblik

Die fokusteks bied ‘n goeie geleentheid om ‘n doopherinnering te doen, wat ook tydens die Familie-oomblik kan plaasvind. Dit kan ingelei word deur ‘n besprekingsvraag waartydens gemeentelede vir mekaar kan vertel wat hulle weet van hulle eie doop of onthou van hulle kinders se doop.

Roep dan die kinders vorentoe en vra hulle uit oor wat hulle van die doop weet. Wys vir hulle die doopvont en die water. Vra wat ons alles elke dag met water doen. Wanneer hulle sê ons bad of stort, verduidelik: Net soos die water al die vuil van ons afwas wanneer ons bad, is die water van ons doop ‘n teken dat alle sonde van ons afgewas is. Noem ook dat ons die meeste van die tyd babas doop wat nog nie verstaan of gesondig het nie, juis omdat ons niks kan doen om God se liefde en vergifnis te verdien nie, soos vandag se fokusteks beklemtoon.

Preekriglyn

Ons aangrypende teks beklemtoon dat dit nie uit eie verdienste (deur ons eie pogings tot ‘n onberispelike lewe) is dat ons redding ontvang nie, maar slegs deur die genade van God en die kruis van Christus. ‘n Onberispelike en regverdige lewe is dus nie iets om op te roem nie: Ons roem in die Here wat so ‘n lewe moontlik maak.

Paulus verduidelik dat die oënskynlike dwaasheid van die kruis en swakheid van God enige wêreldse wysheid en mag troef. Volgens hom kan daar nie op die vermoëns van mense geroem word nie, maar slegs op wat God doen, in besonder deur Jesus Christus, die vernederde en gekruisigde Here. Hierdie boodskap wat spreek van die andersoortige wysheid en mag van God, vorm deel van Paulus se inleidende woorde aan die gemeente in Korinte, ‘n gemeente wat hy self help stig en ‘n noue band mee gehad het.

Soos Johannesburg

Ten tye van Paulus se skrywe was Korinte een van die vernaamste, welvarendste en mees kosmopolitiese stede in die Romeinse Ryk. Dit was hoofsaaklik die stad se ligging tussen die Ioniese see aan die westekant en die Egeïese See aan die oostekant wat dit die perfekte plek vir handel gemaak het.

Die Ismiese Spele, die belangrikste sportbyeenkoms in die antieke wêreld náás die Olimpiese Spele, is ook elke twee jaar hier aangebied. Mense het van heinde en verre Korinte toe gestroom, of dit nou was om goedere te verkwansel, of om die beroemde spele by te woon (of selfs daaraan deel te neem). Dit het verseker dat die stad in ‘n markplek van idees, filosofieë en godsdienstige oortuigings ontwikkel het – iets wat klaarblyklik aangemoedig is deur die streeksgoewerneur Gallio, die broer van die wysgeer Seneca, self ‘n trotse burger van die stad.

Menslike wysheid

In hierdie omgewing waarin die gemeentelede van Korinte geleef, gewerk en aanbid het, sou hulle daagliks met uiteenlopende lewensbeskouings en lerings in aanraking gekom het. Hulle sou ook gereeld uitgedaag word om hulle eie oortuigings aan ander, binne en buite die gemeente, te verwoord, te verduidelik en te verdedig.

In die gedeelte wat ons teks voorafgaan, blyk dit dat hierdie realiteit tot groot verdeeldheid in die geloofsgemeenskap gelei het. Die stad se voortdurende debatvoering en redekawelry, het ‘n invloed op die gemeentelede gehad. Hulle het hulleself skynbaar al hoe meer soos kwasi-wysheidsleraars begin gedra wat mekaar en andere retories en filosofies probeer uitoorlê het.

Vir hierdie groep gelowiges was die soeke na sofia, wysheid, van uiterste belang. Soos wat die geval was met hulle mede-Korinthiërs, het hulle hulle hoop om dit te bekom op die redeneervermoë van mense geplaas.

Dit is binne hierdie konteks wat Paulus die woorde van 1 Korintiërs 1:18-31 opper. Ja, sê hy, God het hulle as gemeente “veral in die gawes van woord en kennis” geseën (1:5). Dit is egter belangrik om te besef dat die wysheid van God ánders as die wysheid van die wêreld is. Die krag van die evangelie lê immers in die swakheid van die gekruisigde Christus – ‘n vreemde logika wat die wêreld (en veral deur die wysgere van Korinte) noodwendig as “onsin” sou ag.

Kern van die evangelie

Paulus skryf dat die “woord van die kruis” dwaasheid is vir dié wat verlore gaan, maar vir gelowiges die “krag van God” (1:18-19a). Die feit dat Paulus dié leer wat hy verkondig, die “woord van die kruis” noem, wys duidelik dat Christus se kruisdood vir hom die kern van die evangelie is.

Paulus se leer is ‘n theologia crucis, ‘n teologie van die kruis. Dit is ‘n leer wat begin by en voortdurend terugkeer na Christus se vernedering, marteling en dood ter wille van ons op Golgota. Om hierdie rede is volgens hom die goeie nuus van Christus onsin in die oë van die wêreld – ‘n wêreld vir wie die dood slegs op swakheid, teleurstelling en mislukking dui.

God handel egter nie volgens menslike wysheid nie. Paulus haal Jesaja 29:14 aan waar die profeet aanvoer dat God as’t ware menslike wysheid “vernietig en tot niet maak” (1:19b). In aansluiting by die Jesaja-teks, daag Paulus op byna honende wyse die legitimiteit van die sogenaamde “wysgeer” en “skrifgeleerde” en “slim woordvoerder” uit. Hy vra of God nie keer op keer die wysheid van die wêreld “tot onsin” gemaak het nie? (1.20).

Paulus gaan voort om te verklaar dat dit nog altyd God se bedoeling was dat die mens nie deur geleerdheid gered moet word nie, maar deur wat vir die wêreld onsin is (1:21), naamlik “Christus wat gekruisig is” (1:23). Ja, vir die Jode is die kruis ‘n aanstoot en vir die Grieke is dit pure gekheid (1:22-23), maar vir diegene wat deur God geroep word, Jode sowel as Grieke, is die gekruisigde Christus die “krag van God” en die “wysheid van God” (1:24). “Wat vir die wêreld die onsin van God is,” voer Paulus aan, “is groter wysheid as die wysheid van mense, en wat vir die wêreld die swakheid van God is, is groter krag as die krag van mense” (1:25). Hierdie uitspraak vat die kern van sy boodskap in hierdie perikoop saam.

Slegs genade

In die volgende gedeelte van ons teks praat Paulus direk met die gemeente in Korinte. Hy herinner hulle dat hulle – anders as wat hulle dalk dikwels voorgee – nie noodwendig die mees geleerde of invloedryke of hooggeagte lede van die samelewing was toe hulle deur God uitgekies is nie.

Hulle insluiting in die liggaam van Christus het inderwaarheid nie veel met hulle eie intellektuele (of ander) vaardighede te maak nie (1:26). Dit is slegs ‘n genadedaad van die God wat anders as die wêreld handel. God kies die dwase, die swakkes en diegene sonder aansien (1:27-29), dit wil sê, almal wat dit nie verdien nie. Daarom het geen uitverkore mens iets om op te roem nie (1:29).

Dit is slegs te danke aan die andersoortige wysheid en mag van God dat gelowiges met die gekruisigde en opgestane Christus, die “ware wysheid van God”, verenig word (1:30). Paulus sluit gevolglik af met ‘n aanhaling uit Jeremia 9:24 wat sê: “Dié wat wil roem, moet in die Here roem” (1:31).

‘n Boodskap vir ons

Paulus se woorde praat ook vandag op kragtige wyse met ons. Ons leef immers in ‘n wêreld wat in baie opsigte steeds deur die soeke na wysheid gedefinieer word.

Hierdie soektog vind dikwels op die internet en op sosiale media plaas, waar mense daagliks met tallose verskillende idees gekonfronteer word – idees wat vir ons wil sê wat ons moet dink en doen om suksesvol te wees en ‘n sinvolle lewe te lei, vry van seerkry en swaarkry. Die gevaar kan maklik wees dat ons óók, soos die Korinthiërs van ouds, deur hierdie soeke weggevoer word en ons saligheid in wat ons weet, kan doen of kan koop, begin stel.

Die bekende skrywer en besigheidsfundi, Steh Godin, skryf:
If you find yourself stranded in the desert with nothing but an endless supply of chips, you’re going to die within a week.

The same thing could happen to you if you had nothing but water to live on. Hunger and thirst are similar, easily confused but very different.

Our culture of corporate consumption tries to persuade us that being hungry is all we need. Hungry to earn more, buy more, save more, spend more. It celebrates the hustler who doesn’t know how to stop, asserting that this person is getting all the fancy prizes because they’re contributing so much. Status is awarded to the unsated hungry person.

But they might still be thirsty. Thirsty for meaning and connection. Thirsty for the satisfaction of creating beauty. More hustle won’t satisfy those needs.

Toegepas op ons teks: dit is slegs vanuit die gawe van die kruis – onsinnig vir baie mense – dat ons dors gels word.

Ons word genooi om te rus, om ons te veranker, in die werk van God vir ons – aan die kruis.

Dit is in al die pogings om self sin te skep dat ons daaraan herinner moet word dat God se wysheid anders as die wêreld s’n is en dat ons verlossing nie van ons eie vernuf en vaardighede of ander s’n afhang nie, maar van dit wat Christus aan die kruis vir ons gedoen het.

Christus se kruisdood is sonder twyfel ook in ons tyd ‘n teken van swakheid en dwaasheid, waarvan maklik ‘n bespotting gemaak kan word. Vir gelowiges bly dit egter die krag en wysheid van God wat ons red en nuwe lewe gee – nie uit ons eie verdienste nie, maar slegs uit God se genade.

God stuur ons om te leef

Geloofsbelydenis: ahv 1 Korintiërs 1
Ek glo in God die Vader, die Almagtige,
die Skepper van die hemel en die aarde.

En ek glo in die boodskap van die kruis:
Die boodskap van die geloof is dat jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, en so word ons gered.

Ek glo in die kruis van Christus:
Christus wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is,
gesterf het en begrawe is en ter helle neergedaal het;
wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dode;

wat opgevaar het na die hemel
en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader,
van waar Hy sal kom om te oordeel
dié wat nog lewe en dié wat reeds gesterf het.
Ek glo dat die kruis van Christus die verlossing en krag van God is.

Deur Christus se dood aan die kruis het Hy ’n einde gemaak aan die vyandskap- Hy het die goeie boodskap van vrede gebring. Meer nog, Hy het die skuldbewys met sy eise teen ons tot niet gemaak. Deur dit aan die kruis te spyker, het Hy dit vir goed weggeneem.

Ek glo in die Heilige Gees.
Ek glo aan ’n heilige, algemene, Christelike kerk,
die gemeenskap van die heiliges;
die vergewing van sondes;
die opstanding van die vlees
en ’n ewige lewe.

Offergawes

Wegsending: Lied 521 “Erkentlik deur die dae vs 1,2”

Seën
Die Here ons God, wat ons roep en uitkies;
Christus Jesus, wat die krag en wysheid van God aan ons openbaar;
en die Heilige Gees wat ons lei;
is met ons elkeen,
vandag en altyd.

Antwoord: Lied 312/313/314/315/ of
F361. Laat Dit So Wees (Amen)
(RUBRIEK: Kersflam – Gebed)
Teks en musiek: Neil Büchner
Kopiereg: © Flam Musiek-Uitgewers

Laat dit so wees, Here, Amen.
Laat dit so wees, Here, Amen.
Heer, laat ons leef soos U leer
Here, Amen.
Laat dit so wees, Here, Amen.
of
Vonk 38 (Melodie is Lied 582 “Bly by my Heer”) 
Here, Ons God, As Ons Nou Huis Toe Gaan

1. Here, ons God, as ons nou huis toe gaan,
vra ons u seën, waar ons hier voor U staan.
U het u goedheid weer aan ons betoon,
ons saamwees in u Naam met guns bekroon.

2. Ons bid tot U, o Vader, Seun en Gees,
laat ons vir ander ook tot seën wees.
Maak ons getuies van u Naam, o Heer,
dat ook die wêreld U sal dien en eer.

3. U wat in liefde altyd by ons bly,
wees ons tog in ons lief en leed naby.
Sou daar beproewing oor ons pad kom, Heer,
maak ons volhardend in geloof al meer.

A ministry platform for faith leaders.

© Copyright Bible Media | This site is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.