Twintigste Sondag van Koninkrykstyd

Sections

Oorsig

Jesus ontmoet die ryk man wat na Jesus toe hardloop net toe Jesus sy reis na Jerusalem wou hervat. Hy wil skynbaar dringend weet wat hy moet doen om die ewige lewe te beërf. In Job 23 soek Job steeds na antwoorde op sy lyding. Hy soek nou na God se woonplek sodat hy sy saak persoonlik voor God kan gaan neerlê, maar sy soektog bring hom nêrens nie. Psalm 22 gee uitdrukking aan die gevoel van Godverlatenheid. Dit is woorde wat Job op hierdie tydstip hartgrondig sou kon onderskryf. Hebreërs 4 sê: Dit is net God se woord wat insny tot in die mens se diepste wese om die sonde bloot te lê en gesondmaking te bring.

In die liturgie kan die gemeente gelei word om in hulle vrae oor hulle verlossing ook die antwoord in God se Woord te soek, of om, soos dit hier uit die mond van die ryk man kom, die koninkryk te beërf.

Ander tekste

Job 23:1-9, 16-17

23 Toe het Job weer gepraat:
2“Ek kla nog steeds
uit opstandigheid,
ek kan nie ophou kla nie.
3As ek maar geweet het
waar om God te vind,
sou ek na sy woonplek toe gaan
4en my saak voor Hom lê,
my pleidooie aan Hom stel.
5Ek sou van Hom antwoord
probeer kry,
probeer verstaan wat Hy
vir my wil sê.
6Hy sal tog nie met sy groot krag
teen my ’n saak voer nie;
Hy sal my dit nie aandoen nie,
7want dit sou ’n opregte mens wees
wat daar voor Hom pleit
en ek sou vir altyd deur my Regter
vrygespreek word.
8Maar gaan ek na die ooste toe,
Hy is nie daar nie,
na die weste, ek kry Hom nie.
9Sou Hy in die noorde
aan die werk wees,
ek vind Hom nie daar nie,
sou Hy na die suide toe draai,
ek sien Hom nie.

16God het my weerstand afgebreek,
die Almagtige het my
met angs vervul.
17Maar in hierdie donkerte het ek
nie stilgebly nie,
in hierdie duisternis
wat my oorval het.”

Psalm 22:1-15
U het my gebed verhoor
22 Vir die koorleier: op die wysie van
“Die wildsbok van die daeraad”.
’n Psalm van Dawid.
2My God, my God,
waarom het U my verlaat
en bly U ver as ek om hulp roep?
3My God, ek roep bedags
en U antwoord nie,
ook snags, maar ek kry geen rus nie.
4U is tog die Heilige
wat woon waar die lofsange van Israel
weerklink!
5Op U het ons voorvaders vertrou.
Hulle het vertrou en U het hulle gered.
6Hulle het na U om hulp geroep
en hulle is bevry;
op U het hulle vertrou
en hulle is nie beskaam nie.
7Maar ek is ’n wurm, nie ’n mens nie.
Ek word deur die mense bespot
en deur die volk verag.
8Almal wat my sien, spot my,
hulle steek vir my tong uit
en knik met voldoening die kop en sê:
9“Laat dit aan die Here oor!
Laat Hy hom red, laat Hy hom bevry
as Hy dan so baie van hom hou.”
10U het my die eerste lewenslig laat sien,
my veilig laat rus
aan die bors van my moeder.
11Van my geboorte af is ek onder u sorg,
van die begin van my lewe af
is U my God.
12Moet tog nie so ver van my af weg
bly nie,
want die nood is naby
en daar is niemand wat help nie.
13’n Wreedaardige klomp mense
het my omsingel,
soos beeste uit Basan
staan hulle my toe.
14Soos verskeurende, brullende leeus
storm hulle met oop bekke
op my af.
15Ek is soos uitgestorte water,
al my bene het uitmekaar geval,
my hart het soos was geword,
dit smelt weg in my.

Hebreërs 4:12-16
Die woord as swaard
12Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart. 13Daar is ook niks in die skepping wat vir God onsigbaar is nie; alles lê oop en bloot voor sy oë. En aan Hom moet ons rekenskap gee.

Jesus die groot Hoëpriester
14Terwyl ons dan nou ’n groot Hoëpriester het wat reeds deur die hemele gegaan het, Jesus, die Seun van God, laat ons vashou aan die geloof wat ons bely. 15Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie; Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie. 16Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word.

Sleutelteks

Markus 10:17-31

DIE RYK MAN: (Matt 19:16-30; Luk 18:18-30)
17Toe Hy uitgaan om sy reis te hervat, hardloop daar iemand na Hom toe, kniel voor Hom en vra Hom: “Goeie Meester, wat moet ek doen sodat ek die ewige lewe kan erf?” 18Jesus het hom geantwoord: “Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe Een, en dit is God! 19Jy ken die gebooie, ‘Jy mag nie moord pleeg nie; jy mag nie egbreuk pleeg nie; jy mag nie steel nie; jy mag nie vals getuig nie; jy mag nie bedrog pleeg nie; eer jou vader en jou moeder.’ ” 20Maar hy antwoord Hom: “Meester, al hierdie dinge het ek van jongs af nagekom.” 21Jesus het stip na hom gekyk, hom liefgekry en vir hom gesê: “Een ding kom jy kort – gaan verkoop alles wat jy het en gee dit vir die armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê. En jy, kom hier, volg My.” 22Maar hy het terneergedruk geword oor hierdie antwoord en bedroef weggegaan, want hy het baie besittings gehad.

23Jesus het toe om Hom rondgekyk en vir sy dissipels gesê: “Hoe moeilik sal hulle wat rykdom het, in die koninkryk van God ingaan!” 24Die dissipels was verbysterd oor sy woorde. Jesus sê toe weer vir hulle: “Kinders, hoe moeilik is dit tog om in die koninkryk van God in te gaan! 25Dit is makliker vir ‘n kameel om deur die oog van ‘n naald te gaan as vir ‘n ryk mens om in die koninkryk van God in te gaan.” 26Die dissipels was heeltemal uit die veld geslaan en het vir mekaar gesê: “Wie kan dan gered word?” 27Jesus het stip na hulle gekyk en gesê: “By mense is dit onmoontlik, maar nie by God nie, want by God is alles moontlik.”

28Petrus het vir Hom gesê: “Kyk, óns het alles agtergelaat en U gevolg.” 29Jesus het geantwoord: “Amen, Ek sê vir julle: Daar is niemand wat, huis, broers of susters, moeder, vader of kinders of grond ter wille van My en ter wille van die evangelie agterlaat, 30en nie nou in hierdie tyd honderd maal soveel sal ontvang nie: huise, broers en susters, ma’s en kinders, en grond – en vervolgings daarmee saam – en in die bedeling wat kom, die ewige lewe. 31Maar baie wat eerste is, sal laaste wees en wat laaste is, eerste.” (2020-vertaling)

Ekstra stof

Teks en konteks
10:17 Markus vertel ook die verhaal van ‘n ryk man in die konteks van die tema van die koninkryk van God, en wie daarin welkom sal wees. Hy het aangehardloop gekom net toe Jesus sy reis na Jerusalem voortsit.  Hy het neergekniel voor Jesus – ‘n teken van eerbied – en vir Jesus gevra wat hy moet doen om die ewige lewe te ontvang. Hy noem Jesus “Goeie Leermeester” en vra wat hy moet doen om die ewige lewe te “ontvang”.

10:18 Jesus vra dan vir hom hoekom hy die term “goed” vir Jesus gebruik, terwyl dit ‘n term is wat net vir God gereserveer is. Op ‘n verskuilde manier nooi hy die ryk man om dieper te dink oor wat hy in Jesus raaksien. Want, Jesus is natuurlik inderdaad God en goed.

10:19  Jesus verwys hom dan na al ses die gebooie van die tweede tafel van die Tien Gebooie. Hy noem moord (6de), egbreuk (7de), diefstal (8ste), en vals getuienis (9de). Hy noem ook die 10de gebod – om nie te begeer nie – maar verwoord dit met ‘n Griekse woord apostereō wat beteken jy mag nie iemand “verontreg”, of “bedrieg” om iets in te palm wat nie aan jou behoort nie. Vandaar die ASV se vertaling: “jy mag niemand besteel nie.” Ek sou liewer bly by die vertalings wat dit met een of ander vorm van verontregting weergee. Daarby word die positiewe 5de gebod tot eerbied vir jou vader en jou moeder gevoeg (Eks. 20:12-16; Deut. 5:16-20).

10:20-21 Op die positiewe reaksie van die man hierop, dat hy dit van sy kinderdae af doen, vertel Markus ons, het Jesus hom liefgekry en ingenooi in sy dissipelkring, op voorwaarde dat hy afstand doen van sy besittings, soos die ander dissipels dit inderdaad ook gedoen het, en Hom dan volg. Jesus konfronteer hom dus met sy liefde vir God – in wese die eerste tafel van die wet, die eerste vier gebooie.

10:22 Dit het die man egter afgeskrik en bedroef laat weggaan, want hy het baie besittings gehad. Sy besittings was sy god.

Boodskap en betekenis
Dit is onrusbarend om uit die verhaal agter te kom dat die man se gehoorsaamheid aan die wet – die tweede tafel van die wet – nie genoeg is om hom die finale stap van oorgawe aan die Here se plan vir sy lewe te laat maak nie. Die oomblik toe daar van hom ‘n opoffering gevra word wat sy lojaliteit aan die Here sou toets – die eerste tafel van die wet, die eerste vier gebooie – het hy teruggedeins.

Liturgie

Aanvangslied: Lied 512 “Nader my God by U 1,2,3”

Aanvangswoord: (Uit Psalm 22)

Seëngroet  

Lied: 196 “O kon ek jubel Hemelvader 1,2,3,4”

Wet: (Fokusteks as wetgedeelte)

Skuldbelydenis: Hebreërs 4

Vryspraak: Psalms 103:8-13 ()

Geloofsbelydenis: (ahv Job 38-41)

Lied 308 “Neem my lewe laat dit Heer vs 1,2,3,4,5”

Epiklese
Sing Lied 257:1 “O Heer, maak oop my hart se poort” terwyl die gemeente bly sit en sluit af met ʼn kort gebed.

Skriflesing: Markus 10:17-31

Familie-oomblik
Prediking
Gebed
Offergawes

Wegsending: Lied 309 “My lewe bly aan U gewy 1,2,3”

Seën

Verbintenis: – uit Hebreërs 4:12-16
2 Korintiërs 13:13

Antwoord: Lied 312/313/314/315/ of
F361. “Laat Dit So Wees (Amen)”
(RUBRIEK: Kersflam – Gebed)
Teks en musiek: Neil Büchner
Kopiereg: © Flam Musiek-Uitgewers

Laat dit so wees, Here, Amen.
of
Vonk 38 (Melodie is Lied 582 “Bly by my Heer”) 

Here, Ons God, As Ons Nou Huis Toe Gaan
1.  Here, ons God, as ons nou huis toe gaan,
of
VONKK 277 – “U is die lig wat deur die donker skyn
Teks: Hannes van der Merwe 2014 ©
Melodie: HIGHLAND CATHEDRAL – Uli Rover en Michael Korb
Orrelbegeleiding: Albert Troskie 2014 (Pro Deo)
Musikale verryking 1en 2: Gerrit Jordaan 2014 ©
© Teks, orrelbegeleiding en musikale verrykings: 2014 VONKK-Uitgewers (admin Bybel-Media)
© Melodie: Church Hymnary Trust, Admin SCM-Canterbury Press Ltd. Met toestemming gebruik.

U is die lig wat deur die donker skyn.

God nooi ons uit en ons kom tot rus

Rus

Aanvangslied: Lied 512 “Nader my God by U 1,2,3”

Aanvangswoord: (Uit Psalm 22)
5Op U het ons voorvaders vertrou.
Hulle het vertrou en U het hulle gered…
6Hulle het na U om hulp geroep
en hulle is bevry…
op U het hulle vertrou
en hulle is nie beskaam nie…

Seëngroet  
V: Genade en vrede vir julle van God ons Vader en Moeder.
G: Aan God se liefde is daar geen einde nie.

V: … en van God die Seun…
G: Jesus het ons skuld gedra.

V: … en van God die Heilige Gees.
G: Die Heilige Gees maak ons nuut.

Lied 196 “O kon ek jubel Hemelvader 1,2,3,4”

Wet: (Fokusteks as wetgedeelte)

(Matt 19:16-30; Luk 18:18-30)
17Toe Hy uitgaan om sy reis te hervat, hardloop daar iemand na Hom toe, kniel voor Hom en vra Hom: “Goeie Meester, wat moet ek doen sodat ek die ewige lewe kan erf?” 18Jesus het hom geantwoord: “Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe Een, en dit is God! 19Jy ken die gebooie, ‘Jy mag nie moord pleeg nie; jy mag nie egbreuk pleeg nie; jy mag nie steel nie; jy mag nie vals getuig nie; jy mag nie bedrog pleeg nie; eer jou vader en jou moeder.’ ” 20Maar hy antwoord Hom: “Meester, al hierdie dinge het ek van jongs af nagekom.” 21Jesus het stip na hom gekyk, hom liefgekry en vir hom gesê: “Een ding kom jy kort – gaan verkoop alles wat jy het en gee dit vir die armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê. En jy, kom hier, volg My.” 22Maar hy het terneergedruk geword oor hierdie antwoord en bedroef weggegaan, want hy het baie besittings gehad.

Uit die oorspronklike preekriglyn die opmerking…

Die uitdaging vir die prediker is om aan te toon dat die koninkryk van God ons konfronteer met ʼn visie van ’n lewe en identiteit wat heeltemal onversoenbaar is met soveel van ons voorveronderstellings oor rykdom, voorregte en selfbelang.

Skuldbelydenis: Hebreërs 4
Jesus die groot Hoëpriester
14Terwyl ons dan nou ’n groot Hoëpriester het wat reeds deur die hemele gegaan het, Jesus, die Seun van God, laat ons vashou aan die geloof wat ons bely. 15Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie; Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie. 16Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word.

Vryspraak: Psalms 103:8-13 ()
8Barmhartig en genadig is die Here,
lankmoedig en vol liefde.
9Hy sal ons ons sonde nie bly toereken
en nie vir ewig toornig bly nie.
10Hy handel met ons
nie volgens ons sondes nie,
vergeld ons nie vir ons
ongeregtighede nie,
11want so groot as die afstand
tussen hemel en aarde is,
so groot is sy liefde
vir dié wat Hom dien.
12So ver as die ooste van die weste af is,
so ver verwyder Hy ons oortredinge
van ons af.
13Soos ’n vader hom ontferm
oor sy kinders,
so ontferm die Here Hom
oor dié wat Hom dien.

Geloofsbelydenis: (ahv Job 38-41)
Ek glo in die God van Job…
die God wat die aarde se fondamente gelê het;
wat die aarde afgemeet het…

Ek glo in God wat die see opgedam het toe hy begin uitborrel het;
in God wat die die môre beveel om te kom;
wat lig oor die hele aarde bring…

Ek glo in God wat die sneeu bêre;
wat die die hael opgaar;
wat vir die stortreën ’n pad oopkap en vir die donderwolke hulle koers bepaal…

Ek glo in God wat die Sewester met ’n band vasknoop
en die band van Orion kan losmaak;
wat die sterre op hulle tyd laat opkom…

Ek glo in God wat weerligstrale uitstuur;
wat verstand gee aan die ibis om teen die vloed te waarsku;
in God wie insig gee aan die haan om die dag aan te kondig…

Ek glo in God wat die tyd bepaal wanneer die klipspringers lam;
wat hulle die draagtyd bepaal;
wat aan die wildedonkie sy vryheid gee
en hom ongebonde vry laat loop loop…

Ek glo in God wat Sy Seun Jesus vir ons gestuur het;
ek glo in die vergifnis van sonde en
ek glo in die Heilige Gees.

Lied 308 “Neem my lewe laat dit Heer vs 1,2,3,4,5”

Liedere

F104.”Weet Jy Nie, Jy’s ‘n Tempel?”
(RUBRIEK: Flammikidz – Lering)
Musiek: Tradisioneel
Teks: Jan de Wet
© 2003 MAR Gospel Music Publishers
(Opgeneem op Lofliedere vir Jesus – 100 Gunstelinge)

Weet jy nie, weet jy nie, jy’s ‘n tempel?
Weet jy nie, weet jy nie, jy’s ‘n tempel?
Weet jy nie, weet jy nie, jy’s ‘n tempel?
Jy is ‘n tempel van die Heil’ge Gees.
Vol van lof, vol van krag, vol van vreugde,
Vol van lof, vol van krag, vol van vreugde,
Vol van lof, vol van krag, vol van vreugde,
Jy is ‘n tempel van die Heil’ge Gees.

Ja ek weet, ja ek weet, ek’s ‘n tempel.
Ja ek weet, ja ek weet, ek’s ‘n tempel.
Ja ek weet, ja ek weet, ek’s ‘n tempel.
Ek is ‘n tempel van die Heil’ge Gees

F172. “Meer En Meer”
(RUBRIEK:  FLAM Gemeentesang – Toewyding)
Teks en Musiek: Elsche van Wyk
© 2006 MAR Gospel Music Publishers

Refrein:
Meer en meer, Vader, meer soos U
Meer en meer soos U, Heer
Meer en meer, Jesus, meer soos U
Meer en meer buig ek voor U neer

1. Meer en meer, Vader, meer soos U
Ek vra myself elke dag:  Laat my lewe U glimlag?
Meer en meer, Christus, meer soos U
Heer, ek gee myself aan U meer en meer

Refrein:
Meer en meer, Vader, gee my meer van U
Meer en meer smag ek na U
Meer en meer, Here, meer van u Beeld
Deur u Gees word ek meer en meer soos U

Brug:
U’s die pottebakker,  ek die klei
Vorm my net soos U wil

God praat met ons en ons luister

Epiklese

Sing Lied 257:1 “O Heer, maak oop my hart se poort” terwyl die gemeente bly sit en sluit af met ʼn kort gebed.

Skriflesing: Markus 10:17-31

Familie-oomblik
Prediking

Familie-oomblik

Carolyn Brown suggereer die volgende…

Mark 10:17-31
In today’s world when many cannot sew, children may need a prop to understand “the eye of the needle.”  Demonstrate threading a needle using either a tapestry needle or a plastic child’s needle and a piece of yarn.  In a smaller room you might also want to display a real sewing needle and the thread that must go through that tiny hole.  Then with your hands show how big a camel is.  Finally, reread what Jesus said and put his message into your own words.

Bietjie inligting oor kamele van Wikipedia…

camel is an even-toed ungulate in the genus Camelus that bears distinctive fatty deposits known as “humps” on its back. Camels have long been domesticated and, as livestock, they provide food (milk and meat) and textiles (fiber and felt from hair). Camels are working animals especially suited to their desert habitat and are a vital means of transport for passengers and cargo. There are three surviving species of camel. The one-humped dromedary makes up 94% of the world’s camel population, and the two-humped Bactrian camel makes up 6%. The Wild Bactrian camel is a separate species and is now critically endangered.

The word camel is also used informally in a wider sense, where the more correct term is “camelid”, to include all seven species of the family Camelidae: the true camels (the above three species), along with the “New World” camelids: the llama, the alpaca, the guanaco, and the vicuña.[6] The word itself is derived via Latincamelus and Greek: κάμηλος (kamēlos) from Hebrew, Arabic or Phoenician: gāmāl.[7][8]

The average life expectancy of a camel is 40 to 50 years.[11] A full-grown adult dromedary camel stands 1.85 m (6 ft 1 in) at the shoulder and 2.15 m (7 ft 1 in) at the hump.[12] Bactrian camels can be a foot taller. Camels can run at up to 65 km/h (40 mph) in short bursts and sustain speeds of up to 40 km/h (25 mph).[13] Bactrian camels weigh 300 to 1,000 kg (660 to 2,200 lb) and dromedaries 300 to 600 kg (660 to 1,320 lb). The widening toes on a camel’s hoof provide supplemental grip for varying soil sediments.[14]

The male dromedary camel has an organ called a dulla in its throat, a large, inflatable sac he extrudes from his mouth when in rut to assert dominance and attract females. It resembles a long, swollen, pink tongue hanging out of the side of its mouth.[15] Camels mate by having both male and female sitting on the ground, with the male mounting from behind.[16] The male usually ejaculates three or four times within a single mating session.[17] Camelids are the only ungulates to mate in a sitting position.[18]
Google advanced search (geen kopiereg)

Preekriglyn

Volgens die beste getuienis wat ons het, het Markus hierdie evangelie in Rome geskryf na die martelaarsdood van Paulus en Petrus.

Een van die sentrale temas in die Markusevangelie is dié van Dissipelskap, die navolging van Jesus. Markus beklemtoon dat dissipels van Jesus drie dinge doen:

  • Hulself verloën
  • Hulle kruis opneem
  • Jesus navolg of selfs naboots.

In hierdie gedeelte word die kenmerke uitgebeeld in Jesus se opdrag dat

  • die jongman eerstens homself moet verloën deur van sy besittings ontslae te raak,
  • tweedens sy kruis moet opneem, en
  • laastens Christus moet volg.

Voordat ons dieper aan hierdie temas aandag gee, kan ons gerus as’t ware deur ons teks stap en op die inhoud daarvan fokus.

Ons teks

Markus 10:17 begin met die frase “Toe Hy uitgaan om sy reis te hervat ….” Dit verwys na wat vroeër gebeur het toe Jesus die kinders geseën en daarna uit Judea in die rigting van Jerusalem vertrek het.

By die aanvang van hierdie reis tree Jesus met verskeie persone in gesprek: die ryk jongman, die dissipels en ook spesifiek met Petrus.

Die ryk jongman

Op hierdie pad het ‘n jong man na Hom toe gehardloop. Die jongman was ‘n ryk persoon met waardigheid en wou dringend by Jesus uitkom. Die jongman het gehoor Jesus gaan deur daardie dele, het hom gehaas om by Jesus te kom en in respek “op sy knieë” voor Jesus geval.

Die ryk jongman was oortuig dat daar ‘n ewige lewe sou wees. Hy het egter nie verstaan dat die ewige lewe ‘n gawe van God deur die Messias is nie. Dit is die persoon aan wie hy nou die vraag rig wat die woorde van die ewige lewe het. Jesus self is die weg, die waarheid en die lewe. Jesus gee die ewige lewe. Die woord “erf” dui daarop dat die ewige lewe die erflating van ons hemelse Vader aan sy kinders is.

In vers 18 vra Jesus waarom die jongman Hom goed noem, om die jongman tot ‘n dieper insig te lei oor wie God is. Dit is interessant dat Jesus in die volgende vers nie vra nie, maar prontuit sê: “Jy ken die gebooie ….” Die jongman antwoord dat hy die wet van die Here sedert sy jeug getrou gehoorsaam het.

Markus 10:21 sê: “En Jesus het hom aangekyk en hom liefgekry …” Alhoewel die jongman blind is vir sy eie sonde en tekortkomings en selfversekerd antwoord asof hy niks verkeerds gedoen het nie, het Jesus hom steeds liefgekry. Nietemin gaan Jesus voort en sê die jongman kom nog iets kort. Daarop gee Hy hom opdrag om al sy besittings te verkoop en dit aan die armes te gee. Wanneer die jongman dié opdrag uitvoer, sal hy ‘n skat in die hemel hê. Jesus sluit sy opdrag af met die woorde: “Neem die kruis op en volg my.”

Die jongman het die dinge van hierdie wêreld liefgehad. Sy materiële rykdom was sy afgod waarop hy vertrou het, sodat die eerste gebod nie in sy hart was nie: “Jy mag naas My geen ander gode hê nie” (NAV). Die jongman se gewaande volmaaktheid, word hier ontbloot. Hy moet eers die kruis optel, homself verloën en Jesus volg indien hy die ewige lewe begeer.

Die jongman het bedroef en bedruk geword (v 22). Hy word bedruk omdat hy baie besittings gehad het. Die een ding wat Jesus van hom vra, is om alles te verkoop en dit weg te gee. Boonop word van hom verwag om die kruis van smaad, ellende, vervolging en dood op te neem. Dit is onduidelik wat hom die meeste ontroer het. Maar hierdie dubbele versoek was net te veel vir hom. Sy hart was vasgevang deur die afgod Mammon en sy selfgeregtigheid. Daarom was Jesus se versoek vir hom buitengewoon onaangenaam.

Die dissipels

Dit alles gebeur in die teenwoordigheid van die dissipels wat self uit hierdie gesprek moes leer. Jesus se woorde aan sy dissipels in vers 23 verbaas hulle, want dit is asof hulle verwag het die rykes sou vir seker God se onderdane in die koninkryk word. Die dissipels se aardse verstaan van die koninkryk, verhinder hulle om te begryp wat Jesus bedoel met die uitdrukking “koninkryk van God”. Daarom herhaal Jesus dit in vers 24: “Hoe swaar is dit vir die wat op hulle goed vertrou, om in die koninkryk van God in te gaan!”

Die dissipels moes verstaan dat diegene wat op hulle rykdom vertrou, dit moeilik sal vind om die ewige lewe te ontvang, omdat hulle hoop en vertroue op verkeerde dinge berus. Die onmoontlikheid om die koninkryk van God in te gaan, word sterker in vers 25 uitgedruk: “Dit is makliker vir ‘n kameel om deur die oog van ‘n naald te gaan as vir ‘n ryk man om in die koninkryk van God in te gaan” (OAV). Dié gesegde het vir die Jode verwys na iets wat skaars, ongewoon, moeilik en onmoontlik was.

Volgens Markus 10:26 was die dissipels uitermate verbaas oor Jesus se woorde. Trouens, hulle was nou meer verbaas as vroeër. As dit vir die jongman onwaarskynlik was om die koninkryk binne te gaan, is dit nou ‘n saak van onmoontlikheid. Die dissipels het vir mekaar van hulle verbasing vertel en gesê: “Wie kan dan gered word?” veral as die rykes nie eers die koninkryk sal kan binnegaan nie. Hulle wêreldse verstaan van ryk mense in die koninkryk het hulle steeds verhinder om insig te kry in wat Jesus vir hulle probeer verduidelik het.

Alhoewel dit menslik gesproke ‘n saak van onmoontlikheid is, is dit nie die geval by God nie. By God is alle dinge moontlik. Hy kan deur die krag van sy genade ‘n ryk man se hart aanraak en dit verander om sy besittings met vrymoedigheid onder die armes te versprei en met almal te deel.

God is by magte om ‘n hart van wêreldse begeertes te herskep in ‘n hart van genade en aanbidding. So kom mense tot die besef van hulle eie geestelike armoede. So word die behoefte aan Christus en sy verlossingswerk opgewek. So skep die Here die wil dat mense hulleself verloën, die kruis opneem en Hom volg.

Petrus

In vers 28 reageer Petrus nadat hy waargeneem het wat so pas voor hom afgespeel het: “Kyk, ons het alles verlaat en U gevolg.” Alhoewel hulle wêreldse besittings nie so baie was soos hierdie ryk jongman s’n nie, het hulle tog hulle wonings en families ter wille van Christus verlaat. In daardie sin het hulle ook alles prysgegee en Jesus gevolg. Dit is seker ‘n opoffering wat ‘n plek in die ewige lewe sou kon regverdig?

In vers 29 en 30 bevestig Jesus dat hulle het Hom gevolg het. Hulle kon daarom nou honderd keer meer kry aan familie en besittings, saam met vervolging — en in die bedeling (eeu) wat kom, die ewige lewe. Die “bedeling wat kom” verwys na die ewige lewe en die eskatologiese aanbreek van die God se koninkryk.

Ons teks sluit met Jesus se woorde in vers 31: “Maar baie wat eerste is, sal laaste wees, en wat laaste is, eerste.” Dit kan na die ryk jongman en ander soos hy verwys wat rykdom en eer in hierdie wêreld voorop plaas en daarom in God se koninkryk laaste sal wees. Dit kan ook wys op die dissipels wat onder die minstens in hierdie wêreld was omdat hulle alles prys gegee het, maar as eerstes die koninkryk van God sou kon binnegaan.

Tot sover ons stap deur ons teks om die inhoud te verken.

Boodskap

Jesus se onderrig en Jesus se lewe en voorbeeld was volledig in pas met mekaar. Jesus het niks geleer wat Jesus nie ook gedoen het nie. Deur mens te word en onder ons te kom woon, het Jesus Homself verloën, sy kruis opgeneem en sy lewe prysgegee om vir ons die lewe (met ‘n hoofletter L) moontlik te maak – nou reeds, in hierdie lewe, maar ook in die lewe wat kom.

Woord en daad

In die Kerkjaar is ons tans in Koninkrykstyd. Dit is hoe lewe in die koninkryk van God lyk. Daar moet eenheid en interaksie wees tussen wat ons bely en hoe ons lewe, tussen die teks en ons konteks, tussen kerk en wêreld en tussen woord en daad. Dit is wat van navolgers van Jesus gevra word.

Ons moet versigtig wees dat ons nie bloot onderhouers is van die wet, soos die ryk jongman nie. Hy het al die gebooie nagekom. Ons sou kon sê hy was ‘n goeie kerkmens. Maar hy was nie ‘n navolger, ‘n dissipel van Jesus nie. Hy het nie meer gedoen as uiterlike wetsgehoorsaamheid nie – hoe belangrik dit ook al is. Hy was nog nie iemand met ‘n volledige verbintenis aan Jesus nie. Jesus wys daarop dat die ryk jongman een ding kortkom.

Die feit dat Jesus hom liefgekry het, is eweneens belangrik: “Jesus het na hom gekyk en hom liefgehad.” Jesus was nie ontevrede omdat die jongman nie “perfek” was nie. Die ryk jongman was gereed om die volgende stap te gee, om ‘n dissipels te word. Jesus se bedoeling was om hom in liefde te vermaan, te adviseer en uit te nooi om Hom te volg.

Jesus roep hom om sy besittings weg te gee, gevolg deur die belofte dat die jongman ‘n skat in die hemel sal hê. Om sy rykdom af te staan, is egter ‘n hindernis wat die ryk man nie kon oorkom nie. Daarom word hy bedroef. Hy het te veel op die sekuriteit van sy besittings vertrou.

Uiteindelik vertroebel mense se verhouding met God wanneer hulle aan rykdom of beroep of enigiets anders meer waarde heg. Die oplossing is nie om harder te probeer om goed te wees nie, maar om God se liefde te aanvaar en Christus te volg. Navolging van Christus leer Godsvertroue en wat regtig vir die lewe nodig is. Die jongman was egter geskok en het verdwyn. Jesus se lering het hom emosioneel ontwrig. Hy het wel ‘n openheid vir die waarheid gehad, maar sy gehegtheid aan rykdom en status het sy wil om Jesus se woorde te gehoorsaam, ondermyn.

Hartsverandering

Uiteindelik vra Jesus van die ryk jongman méér as afstanddoening van sy besittings. Jesus gee aan hom die opdrag om sy rykdom onder die armes te verdeel. Jesus vra vir meer as net ‘n tydelike goeie daad. Hy vra ‘n totale en permanente hartsverandering. Jesus sê sy verhouding met die armes moet verander – om hulle te help, ook om met hulle te identifiseer.

Dit kon moontlik bydra tot die man se smart, bedroefdheid en oënskynlike onvermoë om te doen wat Jesus vra. Wat Jesus vra, is ‘n keuse téén rykdom, status en mag as basis vir sy identiteit. Jesus daag die jongman uit tot ekonomiese geregtigheid. Die finansiële, sosiale en politieke koste daarvan, is egter vir hom té groot.

Hindernisse

Wanneer Jesus die toneel na die dissipels toe verskuif deur te verwys na hoe moeilik dit vir diegene is wat op rykdom vertrou om die koninkryk van God in te gaan, gaan dit oor die probleme en hindernisse wat rykdom veroorsaak, eerder as oor rykdom self. So kan enige ander hindernisse binne ander kontekste ook die rol van mededingende gode inneem en mense verhoed om God opreg na te volg. Die eintlike probleem is dat die jongman sy sekuriteit, identiteit en vertroue op sy besittings plaas en dat hy nie ten volle op God vertrou nie.

Ten spyte van die nalatenskap van die Bybelse profete, het baie mense in Jesus se konteks die rykes beskou as diegene wat spesiaal deur God geseën is. Daarom reageer die dissipels in vers 26 met verbasing en skok: “Wie kan dan gered word?” Jesus laat sy dissipels sowel as sy gehoor sprakeloos deur die koninkryk van God so ver buite hulle bereik te stel.

Hierteenoor beklemtoon sy belofte dat alle dinge vir God moontlik is (v 27). Dié teenstelling bring die koninkryk weer binne bereik van elke mens, omdat God is wie Hy is. Hy alleen bied sekuriteit en nooi mense uit om Hom te vertrou.

Niks belangriker as Jesus nie

Jesus se oproep tot die jongman om sy kruis op te neem, moet teen die agtergrond van die versaking van die patriargale familie verstaan word. In die plek van hierdie familie, staan die nuwe familie waartoe Jesus mense oproep. Jesus en Jesus se volgelinge is nou jou belangrikste familie.

Iemand wat die keuse maak om Jesus te volg, kies terselfdertyd om sy of haar kruis op te neem. Dit sou ook beteken om swaarkry en verdrukking en soms selfs oneer en skande oor jouself te bring. In die lig van navolging, beteken dit om in Jesus se lot te deel, aan jouself te sterf, nederig eerder as belangrik te wees en daarom ook om jou naaste eerste te stel en self laaste te wees. Vir Markus was dit nodig dat mense wel hulle kruis sal dra. Hulle sou daardeur Hom ook as die gekruisigde en opgestane Heer bely.

Wanneer die ryk jongman of selfs die dissipels geroep word om Jesus te volg, is dit Jesus wat as soewereine God mense roep om Hom te volg. Mense wat tot hierdie verhouding geroep word, kan dit afwys, maar hulle kan nie die verhouding self skep nie. Was die ryk jongman se verdwyning van die toneel af juis ‘n teken dat hy die verhouding met God afgewys het en nie sy rykdom wou prysgee nie?

Ons eie rykdom of armoede

Ons leef in die tyd van Covid-19. Baie mense het hulle werk verloor en beleef finansieel onseker tye, ook broodsgebrek. Baie is gestroop van wat hulle gehad het. Ons moet met nuwe ore luister om te hoor wat Jesus vir ons sê oor die eise van dissipelskap, besittings en oorvloed.

As ons dink geld kan ons beveilig sal ons na geld en die versamel van geld vlug. As ons oortuig is Jesus vra ons om Hom na te volg, sal ons Jesus gehoorsaam. Dit vra van ons om vir ander om te gee, ander te dien en ander by te staan.

In Jesus se diens word alles wat ons ontvang het instrumente om ander te dien.

In hierdie opsig moet ons versigtig wees om te weet wat ander moet doen. Dit is maklik en gewoonlik oppervlakkig. Die vraag is wat die lewende Here van my vra om te doen. Wat moet ek gee in Jesus se diens?

Die koninkryk van God konfronteer ons met ‘n visie van ‘n lewe en identiteit wat heeltemal onversoenbaar is met soveel van ons voorveronderstellings oor rykdom, voorregte en selfbelang.

Hierdie verhaal is soos ‘n gelykenis wat eenvoudige verklarings weerstaan. Dit is ‘n verhaal wat ons sommige kere so ongemaklik maak dat ons, in die hoop om die boodskap te versag, daartoe neig om sirkels daaromheen te loop. Die verhaal, soos ‘n gelykenis, wil eerder ervaar as verklaar word. Dit wil die ervaring op so ‘n wyse wek dat ons onsself op die werklike eise van dissipelskap toespits.

God stuur ons om te leef

Gebed
Offergawes

Wegsending: Lied 309 “My lewe bly aan U gewy 1,2,3”

Seën

Verbintenis – uit Hebreërs 4:12-16
V: Ons het ʼn groot Hoëpriester, Jesus, die Seun van God.
G: Ek sal vrymoedig nader tot sy troon van genade,

en ek sal styf aan hierdie belydenis vashou.
V: Ons het ʼn Hoëpriester wat met ons swakhede medelye kan hê.

G: Ek sal vrymoedig nader tot sy troon van genade,
en styf aan hierdie belydenis vashou.

2 Korintiërs 13:13
Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sal by julle almal wees.

Antwoord: Lied 312/313/314/315/ of
F361. Laat Dit So Wees (Amen)
(RUBRIEK: Kersflam – Gebed)
Teks en musiek: Neil Büchner
Kopiereg: © Flam Musiek-Uitgewers

Laat dit so wees, Here, Amen.
Laat dit so wees, Here, Amen.
Heer, laat ons leef soos U leer
Here, Amen.
Laat dit so wees, Here, Amen.
of
Vonk 38 (Melodie is Lied 582 “Bly by my Heer”) 
Here, Ons God, As Ons Nou Huis Toe Gaan

1. Here, ons God, as ons nou huis toe gaan,
vra ons u seën, waar ons hier voor U staan.
U het u goedheid weer aan ons betoon,
ons saamwees in u Naam met guns bekroon.

2. Ons bid tot U, o Vader, Seun en Gees,
laat ons vir ander ook tot seën wees.
Maak ons getuies van u Naam, o Heer,
dat ook die wêreld U sal dien en eer.

3. U wat in liefde altyd by ons bly,
wees ons tog in ons lief en leed naby.
Sou daar beproewing oor ons pad kom, Heer,
maak ons volhardend in geloof al meer.
of
VONKK 277 – U is die lig wat deur die donker skyn
Teks: Hannes van der Merwe 2014 ©
Melodie: HIGHLAND CATHEDRAL – Uli Rover en Michael Korb
Orrelbegeleiding: Albert Troskie 2014 (Pro Deo)
Musikale verryking 1en 2: Gerrit Jordaan 2014 ©
© Teks, orrelbegeleiding en musikale verrykings: 2014 VONKK-Uitgewers (admin Bybel-Media)
© Melodie: Church Hymnary Trust, Admin SCM-Canterbury Press Ltd. Met toestemming gebruik.

1. U is die lig wat deur die donker skyn.
U is die Een wat duister laat verdwyn.
Skyn in ons harte, dryf die donker uit.
Skyn in ons lewens tot in ewigheid.
Jesus Christus, ons glo in U,
ons buig voor U neer, buig voor U neer.
Jesus Christus, ons God en Heer,
ons bring nou aan U die eer.

2. U is oorwinnaar, U’t die dood verslaan.
U het as Koning uit die graf gegaan.
Breek nou die bande, gooi die boeie neer.
Ons is oorwinnaars saam met U, ons Heer.
Jesus Christus, ons glo in U,
ons buig voor U neer, buig voor U neer.
Jesus Christus, ons God en Heer,
ons bring nou aan U die eer.

3. U is die Bruidegom en ons u Bruid.
U nooi ons vir die bruilofsmaaltyd uit.
Daar klink ons lof, daar klink ons danklied uit.
Ons bly by U tot in ewigheid.

A ministry platform for faith leaders.

© Copyright Bible Media | This site is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.