Tweede Sondag van Paastyd

Picture of Woord en Fees

Tweede Sondag van Paastyd

Liturgiese Voorstel

Leesroostertekste

Sleutelteks: Handelinge 2:14a, 22-32
Ander tekste: Psalm 16; 1 Petrus 1:3-9; Johannes 20:19-31 19-31

Inleiding

Op hierdie Sondag vestig die sleutelteks ons aandag op Jesus as die vervulling van die Messiasverwagting. Hy is die Een wat deur God uitgekies is en deur God uit die dood opgewek is.

Diensorde

God versamel ons voor Hom

Vir die Aanvangswoord, Aanvangslied, Seëngroet en Geloofsbelydenis sien Basisliturgie vir Paastyd

Lofsang

Diens van die Woord

Sing een van die “Hallelujas” in die Liedboek  tussen die Skriflesings.

Lees Psalm 16 responsories:
Voorganger: Neem my in beskerming, o God.
Gemeente: Ek soek skuiling by U.

Voorganger: Ek het vir die Here gesê:
“Ek behoort aan U,daar is vir my niks goeds nie behalwe by U.”
Gemeente: Here, U is my lewe,
U sorg vir my.

Voorganger: Wat ek ontvang, kom alles van U af.
’n Pragtige deel is vir my afgemeet,
ja, wat ek ontvang het, is vir my mooi.
Ek sal die Here loof wat my
tot die regte insig gebring het;
selfs in die nag bly ek bewus van wat Hy my leer.
Ek het die Here altyd by my.
Gemeente: Omdat Hy by my is,
sal ek nie struikel nie. 

Gemeente: Daarom is ek bly en juig ek
en voel ek my veilig.
U gee my nie oor aan die dood nie.
U laat u troue dienaar nie in die graf kom nie.
U leer my hoe om te lewe.
By U is daar oorvloedige blydskap.

Gemeente: Uit u hand kom net wat mooi is.

Diens van die tafel

Indien die nagmaal nie op dié Sondag gevier word nie, kan die volgende gedeeltes uit die voorgestelde nagmaalgebed (sien Basisliturgie) as deel van die slotgebed gebruik word:
O Here, ons God, Skepper en Heerser van die groot heelal,
ons harte is bly, ons tonge juig en ons lewe is vol hoop – want U het die nuwe lewe aan ons bekend gemaak in die opstanding van Jesus Christus uit die dood.
Saam met Tomas bely ons dat Christus Jesus ons Here en ons God is.
Hy blaas die gawe van die Heilige Gees oor ons uit.
Deur die gawe van geloof ontvang ons die ewige lewe in sy Naam.
Laat ons deel in die onverganklike en onverwelklike erfenis wat in die hemel vir ons in bewaring gehou word: nuwe lewe en ’n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood.
Vervul ons deur in Hom te glo met ’n onuitspreeklike en heerlike blydskap.

Musiek en sang

Lofsang: Lied 411 “Kom, almal, laat jul stem verrys!”
Diens van die Woord: Lied 189, 206, 218, 228 “Halleluja”.
Slotlied: Lied 467 “Die Heer is God, die sterke God!”

Preekstudie: Handelinge 2:14a, 22-32

Teks

Die preekstudie is afgestem op die nagmaal. Hierdie teks is in 2002 ook in Paastyd vir die Preekstudies en Liturgiese riglyne verwerk.

Petrus se toespraak volg in die Handelingeverhaal direk na die episode oor die uitstorting van die Heilige Gees. Petrus verduidelik aan die verbaasde en spottende omstanders wat eintlik gebeur het. Ons lees vandag die toespraak met die oog op Paastyd. Die fokus is op die opstanding van Jesus. Uit die toespraak is dit duidelik dat Jesus se opstanding sentraal is in die prediking van Petrus. Trouens, die toesprake in Handelinge kom telkens terug op die fundamentele saak waaroor dit in Christene se geloof gaan, naamlik die sterwe en die opstanding van Jesus en hoe dit die gelowiges se lewe raak.

In die Paastyd raak ons opnuut bewus van die lewende Jesus! Hy is teenwoordig en Hy is aktief betrokke by die wel en weë van die gemeentes. Mens sou oor die kerklike jaar kon sê dat die ses Sondae in Lydenstyd “gebalanseer” word deur ses Sondae in Paastyd (voor Hemelvaart) sodat die kruisiging en die opstanding van Jesus saam die kern van ons geloofsbelydenis vorm. Daarna volg die Pinkstersiklus.

Die aksies van die Heilige Gees het in Handelinge steeds ten doel om mense te oortuig om in Jesus wat doodgemaak is, maar deur God uit die dood opgewek is, te glo; met Hom te assosieer.

Ons samelewing het ʼn geweldige impak op ons almal se lewe. Mens lees of hoor byvoorbeeld van verkragting en moord . . . en dan beleef jy die intense behoefte aan uitsig, asem, hoop en perspektief. Skrywer behoort saam met ʼn paar manne aan ʼn Bybelstudiegroep. Hy onthou die groep se reaksies op die kruisiging en kruisdood van Jesus teen die agtergrond van die verkragting en moord op Anene Booysen in Bredasdorp:

Daar was afsku. Nou sê ons “genoeg!” en ons wil stappe neem om die oortreders vas te vat; ons wonder of die doodstraf sulke dade sal hokslaan; ons is baie kwaad oor mistastings van die vervolgingsgesag. Baie reaksies van wraak en vergelding.

Daar was verligting (met gepaardgaande skuldgevoelens). Gelukkig was dit iewers anders, nie so naby aan ons eie lyf en eie kinders nie. Mens kan mos maklik vinger wys na die foute in ander gemeenskappe.

Tog was daar ook (en dis God se genade) vereenselwig-ing en meegevoel. Dit is na alles mense daar in Bredasdorp, mense waaraan ons onsself wil verbind, mense waarvoor ons jammer is, medegelowiges wat geskok is deur die afgryslike gebeurtenis. Ons het besef dat ons almal in hierdie land opnuut tot bekering sal moet kom: na God toe en na mekaar toe, want net dan is versoening en ʼn nuwe lewe moontlik. Soos ons Here, so ook ons.

Volgens die verhaal van Handelinge begin die opstandingslewe geheel en al by God. Dit is Hy wat Jesus uit die dood opwek! Paastyd bied die geleentheid om Jesus se opstanding vir vandag te kontekstualiseer (Lees hieroor gerus van die verhale in Christina Landman se Platgeslaan-opgestaan)

Konteks

Vandag se teksgedeelte word voorafgegaan deur die verhaal van die uitstorting van die Heilige Gees (2:1-13). Die uiteenlopende reaksie(s) van die toeskouers gee aanleiding tot Petrus se toespraak (2:14 ev) Die toespraak word gevolg deur ʼn redaksionele opmerking oor die gemeentelewe (2:43-47).

Daar is verskeie sulke redaksionele opmerkings in die eerste deel van Handelinge waarmee die verteller oor die gemeentes se wel en weë in daardie beginstadium van die kerk kommentaar lewer.

Nog ʼn kenmerk van Handelinge is die toesprake wat regdeur die verhaal voorkom. Dit word deur verskillende karakters gelewer en vertoon opvallende ooreenkomste, veral wat die inhoud van die boodskap betref; die sterwe en opstanding van Jesus, en die gevolge daarvan vir gelowiges.

Die opbou van Petrus se toespraak in Handelinge 2

A. 2:14a
Petrus is die spreekbuis van al die dissipels en onderneem hier om die buitengewone gebeure tydens die uitstorting van die Heilige Gees te verklaar.

B. 2:14b-21
Hierdie diskoersblok is Petrus se verklaring van die vreemde gebeure (2:15-21): Dis nie tekens van dronkenskap nie, maar die uitwerking van die Heilige Gees se “uitstorting”; dit is sigbaar in profetering en tekens. Die tekens van die aanbreek van die “groot en heerlike dag van die Here” verwys na Joël 2:28-32.
(Lees 2:14-21 saam met 2:1-13 op Pinkstersondag – die Skriflesing is dus uit Handelinge 2:1-21).

C. 2:22-36
In Blok C gaan die diskoers oor Jesus se identiteit, naamlik in besonder sy hoë posisie as Christus en Here, asook God se verifikasie daarvan deur Jesus se opstanding uit die dood in ooreenstemming met Ou-Testamentiese profesie. God se verifikasie deur die opstanding staan direk teenoor die laakbare optrede van Jesus se vyande wat Hom gekruisig het. Die uitstorting van die Heilige Gees bevestig ook Jesus se identiteit as die Messias.

Alhoewel daar waarskynlik ook vroue onder die skare was wat saamgedrom het, word net die mans direk aangespreek (2:22, 29). Dit is in ooreenstemming met die patriargale lewens- en wêreldbeskouing wat destyds gehuldig is. Mens sou goedskiks tydens die voorlesing die vroue kan insluit.

D. 2:37-42
Die afloop van die toespraak (2:37-42) maak die leser van ʼn ander reaksie bewus as net dié van spot, naamlik die vraag na “wat ons moet doen” (daaroor gaan volgende Sondag se preek).

Eksegetiese opmerkings

Blok C onder die vergrootglas
C1. Jesus van Nasaret is duidelik deur God aangewys deur wonderdade, maar steeds deur wetteloses gekruisig. Hy is deur God uit die dood opgewek (2:22-24).

Voorop staan oor Wie hierdie paragraaf gaan: dit is Jesus van Nasaret – ʼn verwysing na Jesus se “aardse” identiteit. Hierdie Jesus is deur God aangewys as die Een wat nie deur die dood gevange gehou kon word nie.

Beide God se aktiwiteit as die Uitvoerende Subjek en Jesus se besondere krag as Kurios en God se Gesalfde (2:36) word beklemtoon:

Dit is God wat Jesus aangewys het deur die “kragte en wonders en tekens” wat onder die aangesprokenes plaasgevind het. Petrus is emfaties: “Julle weet dit!”

Jesus is terselfdertyd “hierdie oorgelewerde”, wat deur die aangesprokenes (2) gekruisig is. Die agente vir dié laakbare daad was “wettelose mense” en dit verwys na die bekookte regsprosesse en die uiteindelike teregstelling (vgl die valse getuies en die regsprosesse voor die owerhede, beide Joods, Romeins en ook voor Herodes, soos in Lukas vertel).

God het Jesus egter deur die opstanding verlos uit die smart van die dood. Dit was vir die dood onmoontlik om Hom vasgegryp te hou.

Dit is duidelik dat die aangesprokenes, die Joodse inwoners van Jerusalem (2:14), in die beskuldigdebank geplaas word: Alhoewel hulle geweet het van beter, het hulle nogtans op laakbare manier van Jesus ontslae probeer raak.

C2. Dawid getuig oor Jesus se spesiale plek voor God in Psalm 16 (2:25-28).
Jesus se opstanding het in ooreenstemming met Ou-Testamentiese profesie geskied. Dit verleen gesag aan Petrus se getuienis en sluit aan by God se voorkennis en plan waarna in die vorige paragraaf verwys is. Petrus maak allereers ʼn aanhaling uit Psalm 16 wat tradisioneel aan Dawid toegedig maar hier op Jesus toegepas word. Dit beklemtoon die volgende: Die blydskap oor God se ondersteuning en teenwoordigheid, wat die versekering (die semantiese veld van “hoop” sluit die NT sekerheid in) dat die dood nie sal wen nie, omsluit.

Ander opmerkings
Psalm 16 is oorspronklik ʼn vertrouenslied: die digter erken God se bystand. In die toespraak word dit op Jesus toegepas (dit gaan oor “Hom”; Petrus verwys dus na Jesus met die εἰς αὐτον). Baie belangrik: die een enkelvoud in die aanhaling word dus deurgaans op Jesus betrek. So byvoorbeeld:

Die aangesig van die Here is altyd voor My omdat Hy aan my regterhand is, sodat Ek nie kan (subjunktief) struikel nie. Hier word God (“Here”) gesien as aan die regterkant van Jesus om Hom by te staan.

Daarom is Ek (lett my hart) bly en juig my tong; dit gaan oor Jesus se lofprysing aan God.

Steeds rus my vlees in hoop omdat my gees nie in die doderyk oorgelaat sal word nie en omdat u Heilige nie gegee sal word om verderwing te sien nie. Jesus se sekerheid met betrekking tot die opstanding.
U het vir my die weë van die lewe bekend gemaak; dit is Jesus se belydenis.
U sal my vol vreugde maak met u aangesig; verwys na Jesus se ervaring.

C3. Psalm 16 word direk op die Christus (Jesus) toegepas (2:29-31)
Kyk bietjie na die inhoud van die blok. Petrus sê:
Ek kan vrymoedig oor patriarg/vader Dawid met julle praat: Hy is dood en sy graf is onder/naby ons tot op hierdie dag.

Opmerking: Vrymoedigheid/openlikheid word in Handelinge dikwels met die werking van die Gees verbind. Die apostels het met verbasende dapperheid en oortuiging vrymoedig oor Jesus getuig, dikwels in situasies waarin hulle betwyfel en bedreig is.

Omdat/terwyl hy ʼn profeet was (partispium) en geweet het (partisipium) dat . . .

God vir hom met ʼn eed gesweer het (Gr omnumi) dat Hy iemand uit die vrug van sy lendene op sy troon sal aanstel.

Dus: omdat hy dit vooraf geweet het.

Opmerking: Die herhaling is beklemtoning. Dawid het profeties vooraf “geweet” dat die opstanding uit die dood sou plaasvind:
het hy oor die opstanding van die Christus gepraat (hoofww);
dat Hy nie in die doderyk agtergelaat is (aor pass) nie ;
en dat sy vlees ook nie verderwing gesien het nie.

Opmerking: die opstanding word nader beskryf, naamlik: Jesus is nie in die doderyk agtergelaat nie en sy liggaam het ook nie vergaan/ontbind nie.
In hierdie blok word die aanhaling direk op Jesus toegepas. Petrus stel dit dat Dawid as profeet in Psalm 16 getuig het oor die herkoms en die uiteinde van die Christus (dit geskied in ooreenstemming met geldige uitlegpraktyke in die Joodse tradisie wat ook deur die vroeë Kerk toegepas is).

C4. God het hierdie Jesus uit die dood opgewek en Hom verheerlik (2:32-33).
Nou kom Petrus by die betuiging van Jesus se opstanding. Hy interpreteer die waarnemings van die omstanders as die uitstorting die Heilige Gees. Jesus het die Gees ontvang soos God beloof het en Hy het dit uitgestort.

God het hierdie Jesus opgewek, waarvan almal van ons getuies is.

Opmerking: Die getuies van Jesus se opstanding is die apostels wat dit eerstehands ervaar het. Volgens Handelinge is die hooftaak van Jesus se volgelinge om gewoon te getuig oor die waarheid van Jesus se aansprake. Die vraag vir vandag is hoe gelowiges tans ook getuies kan en moet wees van Jesus se opstanding.

Hy is verhoog tot die regterhand van God (ʼn verwysing na die vroeëre aanhaling uit Ps 16).

En nadat hy die belofte van die Vader, dit is die Heilige Gees (genitief van inhoud), ontvang het, het Hy dit uitgestort en dit (τουτο [neut] verwys na die Gees) is wat julle sien en hoor.

Opmerking: Die apostels is getuies van Jesus se opstanding, maar Petrus bevestig hier dat die omstanders self kan waarneem dat die Gees uitgestort is. Hulle sien en hoor immers wat aan die gang is. In Galasiërs byvoorbeeld, maak Paulus van ʼn soortgelyke argument gebruik wanneer hy aan sy hoorders daar bevestig dat hulle belewenisse van die werkinge van die Gees, hulle moet kan oortuig van die waarheid van die evangelie wat hy aan hulle verkondig het.

C5. Dawid het nie opgevaar nie, God het die Here (Jesus) verheerlik (2:34-35).
Nou volg die betuiging van Jesus se heerlikheid:
Want Dawid het nie na die hemel opgegaan nie

Maar hy sê (aanhaling uit Psalm 110): “Die Here het vir my Here gesê”:
Sit aan my regterhand totdat Ek jou vyande onder jou voete geplaas het

Opmerking: Let op die voorsetsels en verbindings-partikels wat afgemete die argument dat dit hier oor Jesus gaan, beklemtoon. Uit Psalm 16 het Petrus bevestig dat God vir Jesus bemagtig (“die Here is aan my (Jesus se) regterkant”. In hierdie aanhaling van Psalm 110 word Jesus nou weer aan die regterkant van God – dus: in die ereplek; in ʼn magsposisie – geplaas.

C6. Die hele Israel moet sekerlik weet dat God hierdie gekruisigde Jesus Here en Christus gemaak het (2:36).
Petrus maak sy finale aanspraak op die skare (“die hele huis van Israel”). Dit is die samevatting van die argument:
Weet vandag waarlik, hele huis van Israel,
dat God Hom Here en Christus gemaak het –
hierdie Jesus wat julle gekruisig het

Die argument van die blok verloop dus soos volg
C1 Jesus van Nasaret: duidelik deur God aangewys deur wonderdade, steeds deur wetteloses gekruisig, maar deur God uit die dood opgewek
C2 Dawid getuig oor Jesus se spesiale plek voor God in Psalm 16
C3 Psalm 16 word direk op die Christus (Jesus) toegepas
C4 God het hierdie Jesus uit die dood opgewek en Hom verheerlik
C5 Dawid het nie opgevaar nie, God verheerlik die Here (Jesus)
C6 Die hele Israel moet sekerlik weet dat God hierdie gekruisigde Jesus, Here en Christus gemaak het.
Die stelling dat Jesus van Nasaret wat gekruisig is, maar deur God uit die dood opgewek is, dat Hy deur God aangestel is, word in die toespraak deur middel van die uitleg van Psalm 16, stap vir stap, bewys. Die klimaks van blok C is die bevestiging: God het hierdie Jesus wat gekruisig is, Here en Christus gemaak!

Preekvoorstel

Hierdie Jesus wat gekruisig is, het opgestaan uit die dood. Hy het die Gees aan ons gegee en Hy is die Here en die Christus (36).

Begin met die teksvers: Ons almal moet/kan vandag sekerlik weet dat God Jesus, dit is Hy wat gekruisig is deur sondaars, opgewek het. God bevestig daarmee dat Jesus werklik die Here en die Christus is.

Petrus se toespraak plaas sy (Joodse) gehoor in die beskuldigdebank: dit is hulle wat Jesus vermoor het.

In die prediking oor Jesus se kruisdood word dikwels na mense se aandeel aan sy dood verwys. Ons het Hom verwerp/gekruisig; ons was ongehoorsaam; ensovoorts.

Maar dit is ook om ons van die oordeel oor sonde te bevry, dat Hy gesterf het. Lukas beklemtoon dat Jesus met mense assosieer en dat iemand in die toe-eiening daarvan by Jesus ingereken word. So werk verlossing. Paulus weer beklemtoon die plaasvervangende en versoenings aspek van Jesus se lyding en sterwe.

Tans word hierdie geloofswaarheid op baie maniere betwyfel. Dit geld die opstanding as sodanig, maar ook die verlossende betekenis van Jesus se dood (vgl die debatte tussen Dawkins & Lennox wat op You-Tube beskikbaar is).

Daar is kontraproduktiewe reaksies wanneer die boodskap betwyfel word:
Sommige verkies om op te gaan in, of verlief te raak op twyfel, op die sogenaamde worsteling en kom dus (prinsipieel) nooit by ʼn geloofsbelydenis uit nie.
Ander sou dalk verkies om op te gaan in (fundamentalistiese en veroordelende) religie.
Die vraag is: Hoe word mense se twyfel oor Jesus aangespreek? Na alles Hy is immers gekruisig!
Handelinge 2:36 vertel dat Christene met hulle woorde en met hulle lewe in ʼn ander rigting as hierbo wys. Dit nooi mense uit: Bring julle twyfel tot rus deur te hoor en te sien en te beleef dat:

1. Jesus opgestaan het uit die dood – God het Hom lewend gemaak!
Ons is getuies daarvan!
Ons verstaan die Bybel vanuit die oorweldigende belewenis van die ostanding (vgl interpretasie van Ps 16).
Ons is getuies daarvan dat Christus mense totaal verander en ons is self ook totaal verander.

2. Jesus verhoog is tot die ereposisie
Petrus verwys klaarblyklik na die Hemelvaart. Psalm 110  met God aan sy regterhand en nou aan die regterhand van God is Jesus die Messias op die troon en sy vyande word aan Hom onderwerp.
Jesus is Here en Christus en gelowiges sou daarvan blyke gee in hulle navolging en verering van Hom. Só, dat dit vir omstanders duidelik word

3. Jesus die Heilige Gees gee
Die agtergrond vir Petrus se toespraak is die pas afgelope ervaring van God se teenwoordigheid wanneer mense begin praat oor sy magtige dade. Eintlik: wanneer hulle oor dié magtige daad praat: Jesus is opgewek uit die dood en Hy wat gekruisig is, lewe nou en vir altyd (julle sien en hoor dit nou).

Christus is die Waarmaker van God se belofte en dit is soos ons die Bybel verstaan (Petrus se interpretasie van Joël 2). Maar dit kan net oortuig as buitestanders die werkinge van die Gees in die volgelinge van Jesus se lewe kan waarneem (vgl Paulus se argument in Gal).

So, hierdie Jesus wat gekruisig is, Hy is die Kurios en Hy is die Messias.
Die Kurios – my Here en my God, maar ook ons Here en ons God, en ook dalk jou Here en jou God.
Die Messias – wat uitnooi en versoen; wat vergewe en weer kanse gee; wat jou vry maak!
Daarvan getuig ons met ons woorde en ons dade en dít vier ons wanneer ons doop en nagmaal in die gemeente vier.
Ons vier nou die teenwoordigheid van die Here en die werking van die Gees tydens die nagmaal (ʼn oorgang . . .)
Nota: in skrywer se gemeente het beide sakramente (doop en nagmaal) op die een Sondag in die erediens plaasgevind. Daar is drie aanhalings van Moltmann (uit The church in the power of the Spirit. 1977, SCM Press) wat die liturgie begelei het. Omdat die erediens so vol was, is die lesing van die Wet nie gedoen nie.

Voorstel vir die liturgie

Probeer om Psalm 16 en Psalm 110 in die liturgie te gebruik.

Intreelied: Lied 414:1-2

Aanvangswoord: Psalm 16:5-6

Loflied: Lied 442:1-2

Gebed 

Skriflesing en preek: Handelinge 2:14a, 22-36.

Moltmann (1)
“It is not faith that makes Jesus the Christ, it is Jesus as the Christ who creates faith. It is not hope that makes the future into God’s future; it is this future that wakens hope. Faith in Christ and hope for the kingdom are due to the presence of God in the Spirit.” (:192)

Doop

Dooplied: Lied 292:1-2

Moltmann (2)
“As the Christian church is called into being through the proclamation of the gospel, so through baptism it is called to the freedom of the messianic era. Baptism demonstrates the dawn of the rule of God in personal life. Through baptism in Christ’s name, believers are publicly set in Christ’s fellowship.” (:226)

Nagmaal 

Nagmaallied: Lied 407:1-2

Moltmann (3)
“The proclamation of the gospel calls faith into life. It leads the believer to baptism in Christ’s church. This fellowship celebrates its bond with Christ and with one another in the Lord’s Supper.

“Baptism is the sign of starting out. Fellowship at the Lord’s table is the sign of being on the way. Baptism is the sign of grace. The Lord’s Supper is the repeatable sign of hope.” (:242)

Gebed

Slotlied: Lied 16:1-3 (beryming van Antjie Krog)

Seëngroet

Sections

© Missio 2024 | All rights reserved.