Tweede Sondag in Lydenstyd

Picture of Woord en Fees

Tweede Sondag in Lydenstyd

Liturgiese Voorstel

Leesroostertekste

Sleutelteks: Lukas 13:31-35
Ander tekste: Genesis 15:1-12, 17-18; Psalm 27; Filippense 3:17-4:1

Inleiding

Die Sondag word Reminiscere (“Gedenk”)  genoem na aanleiding van Psalm 25:6 “Dink aan die liefde en trou, Here, wat U van altyd af betoon het.”

Die Here betree getrou die Lydensweg na Jerusalem, waar Hy sal sterf. Hy wou sy trou aan hulle bewys, maar hulle slaan nie ag daarop nie (Luk 13:31-35). Die Here bevestig sy trou aan Abraham met ʼn verbond. Hy bly getrou aan sy beloftes (Gen 15:1-12, 17-18). Vind by die Here ʼn veilige skuilplek selfs wanneer jy bedreig word (Ps 27). Staan vas en bly getrou aan die Here
(Fil 3:17-4:1).

Diensorde

God versamel ons voor Hom

Kersritueel
Vir ʼn kort tydjie op ʼn Sondagoggend laat ons die wêreld van huis en werk en skool agter. Die wêreld waar ons lysies het van dinge wat gedoen moet word; aktiwiteite waaraan ons moet deelneem; take wat afgehandel moet word. Ons kom hiernatoe omdat dat ons ʼn verandering in ons ritme wil maak; van die alledaagse na die Godgerigte; van besig wees na lewe. Ek nooi jou om jou oë te sluit. Laat vaar jou lysie. Onthou dit is die seisoen van lyding. Onthou die gelykenis van die saaier. Die saaier saai die saad en waar die saad val bepaal of dit gaan groei of nie. Dink so daaraan: Lydenstyd as die saaityd, die tyd wanneer saad met doelbewuste voorneme gesaai word, as ʼn tyd wanneer die Here ons roep met ʼn sagte, ernstige stem.  Luister.  Jesus is op pad na Jerusalem om te gaan sterf terwille van my en jou. Waarheen roep die Here jou? Vir watter opdrag roep die Here jou? Hy het vir jou ʼn taak.

Stil tyd vir nadenke  

Soos ons die lig verdoof erken ons die duisternis en pyn van skade wat die aarde en sy ekosisteme aangedoen word.

Kers word gedoof  

Gebed
Liefdevolle Here, terwyl ons op pad is deur die Lydenstyd, laat ons tog bewus wees van u teenwoordigheid. Gee ons die krag om die veranderinge in ons lewe te maak en die moed om die taak te aanvaar om die wêreld te verander. Amen.

Diens van die Woord

Gee aan lidmate ʼn tyd vir nadenke oor hulle bydrae tot die lyding van die Here.

Diens van die tafel

Lydenstyd vra dat die nagmaal elke Sondag gevier word. Moenie uitgebreide formuliere gebruik nie. Volg net die voorstel van die basisliturgie.

Uitsending

Gee ruim tyd om voorbidding te doen vir mense wat onregverdig ly. Daag lidmate uit om in die week probeer om ʼn onreg reg te stel.

Musiek en sang

Maak gebruike van die korale uit die Johannespassie van Bach om lidmate tot nadenke te stem.

Lof: Lied 280 “Here, Redder, groot en magtig”
Belydenis: Psalm 27
Lied vir nadenke: Flam 87 “Maak my nou stil Heer”
Tafel: Flam 353 “Here, Heilige Here”
Slotlied: Lied 388 “Die Woord het deur die eeue”

Preekstudie: Lukas 13:31-35

Teks

“Op daardie selfde oomblik.” Jesus was op pad Jerusalem toe waar Hy bestem was om te sterf. Op pad daarheen het Hy deur stede en dorpe gegaan en die mense geleer. In een van hierdie dorpe het iemand gevra wie gered sou word. As antwoord het Jesus gesê dat mense hulle moet inspan om by die smal deur in te gaan. Hy het ook gewaarsku dat baie wat eerste is, laaste sou wees. Dit was op hierdie oomblik dat die Fariseërs (die eerstes) hom oënskynlik kom waarsku het.

“U moet padgee  . . . want Herodes wil u doodmaak.” Op die oog af is die Fariseërs besorg oor Jesus se welstand. Herodes Antipas, die seun van Herodes die Grote, was die tipe persoon wat nie sou skroom om ’n moontlike opponent te elimineer nie. Het Jesus nie voortdurend verwys na ’n ander koninkryk en koning nie? Die Fariseërs se waarskuwing was dus nie ’n leuen nie, maar ’n wesenlike gevaar. Wiersbe dink egter dat die Fariseërs eerder vrees vir die dreigement wou gebruik as ’n manier om Jesus in ’n strik te lei of om Hom uit die area te laat vlug.

“Gaan sê vir daardie jakkals.” Wat ook al die motivering vir die waarskuwing was, Jesus toon geen vrees nie. Hy weet in wie se hande sy lewe en sterwe was en dit was beslis nie in Herodes s’n nie. As Hy Herodes ’n jakkals noem, kan dit na sy slinksheid of vernietigende karakter verwys. Beide was ’n raak beskrywing van hierdie koning.

“[V]andag en môre dryf Ek nog bose geeste uit en maak Ek mense gesond, maar op die derde dag sal Ek my werk klaar maak.” Jesus se mag oor bose geeste en siekte was bewys van wie Hy was, naamlik die Gestuurde van God, die Messias. Hy het reeds vir meer as drie jaar die werk gedoen waarvoor die Vader Hom gestuur het. Sy hooftaak het egter nog voorgelê, naamlik om verlossing vir sondaars te bring en versoening tussen God en die ganse mensdom te bewerk. Dit sou binnekort gebeur deur sy dood en opstanding in Jerusalem. Daarna sou sy werk op aarde klaar wees.

“In elk geval moet Ek vandag en môre en oormôre die reis voortsit, want dit is ondenkbaar dat ’n profeet op ’n ander plek as Jerusalem omkom.” Jesus het doelgerig en planmatig beweeg na die voltooiing van sy werk wat in Jerusalem sou plaasvind. God se verbondsvolk het oor die eeue heen die hartseer reputasie gehad dat hulle die gestuurdes van God, sy profete, verwerp en dikwels doodgemaak het. Hierdie gewelddadige verset sou ’n hoogtepunt bereik in die verwerping en doodmaak van Jesus.

“Jerusalem, Jerusalem! . . . hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak soos ’n hen haar kuikens onder haar vlerke.”

Paul Isaak beskryf die gevoel van hierdie sin treffend: “In this verse we can hear the heartbreak of God! We cannot read it without seeing God’s tears and hearing God’s love for this city.” Bock skryf op sy beurt: “Here is a tender portrait of God’s mothering love. It has been God’s desire to love and protect his people.” In die psalms word dikwels poëties geskryf oor hoe God se volgelinge skuil in die skadu van sy vlerke en daar rus vind. Hier roep Jesus uit hoe dit sy begeerte was dat die Jode sy “beskermende vlerke oop sou sien”, om daaronder rus en veiligheid te vind. “[M]maar julle wou nie.” God het geroep en meeste Jode het geweier om te luister: ’n verskriklike tragedie met geweldige gevolge.

“Kyk, nou word julle stad aan julleself oorgelaat.” Steven Cole skryf oor die tragiese uitspeel van hierdie sinnetjie in die geskiedenis: “These solemn words were literally fulfilled in A.D. 70, when the Roman general Titus destroyed the city and slaughtered thousands of Jews. The nation was dispersed until 1948. When God’s judgment falls, it is an awful thing! When God abandons a nation or an individual, that nation or person is truly left desolate! To be without God is truly to be without hope in this world.”

“Julle sal My sekerlik nie sien nie totdat die dag kom wanneer julle sal uitroep: Loof Hom wat in die Naam van die Here kom.” Die Jode se verwerping van Jesus sou vernietigende gevolge vir hulle hê. Oordeel het egter nie die laaste woord in hierdie saak nie. Daarvoor sou God se trou sorg. Hy het eeue terug beloftes aan Abraham en sy nageslag gemaak en dit telkens deur die Ou Testament bevestig. Sy volk se ontrou kon nie sy getrouheid tot niet maak nie. Daarom bevestig Jesus dat daar in die toekoms ’n dag sal kom waar die Jode Jesus sal erken as die Messias en dat hulle dit met ’n Ou-Testamentiese lofuitroep sou doen. “Loof Hom wat in die Naam van die Here kom”, is ’n aanhaling uit Psalm 118:26. Hier gebruik Jesus dit om in die toekoms in te kyk wanneer God sy trou sal bewys.

Konteks

Lydenstyd is ’n tyd van stil word en diep nadenke. Gelowiges word opgeroep om hulle gedagtes te rig op God se verlossingsplan wat so gans anders is as die planne van mense. God Drie-enig het die hoogste prys betaal om mense uit die duister na die lig te bring en van verlore sondaars mede-erfgename van Christus te maak. Sy plan, so vol persoonlike lyding, is verder ’n onbeskryflike manifestering van sy liefde vir die mensdom. Behalwe dat dit ons behoort te vul met diep dankbaarheid, laat dit ons verder dink aan die feit dat ons in Jesus se voetspore moet volg. As sy dissipels moet ons sien, hoor, biddend dink en volg waar Hy lei!

Lukas beskryf Jesus se lewe en bediening in vier blokke, naamlik die inleiding (1:1-4:13); Jesus se tyd in Galilea (4:14-9:50); Jesus op pad na Jerusalem (9:51-19:27) en Jesus in Jerusalem (19:28-24:53).

Hoofstuk 13 val in die derde blok en teken Jesus doelgerig op pad na sy eie dood in Jerusalem. Hy het reeds twee keer met sy dissipels daaroor gepraat. Met die wete dat sy tyd op aarde beperk was, het Hy oral langs die pad mense geleer oor God en sy koninkryk.

Brookes beskryf die inhoud van Jesus se gesprekke en sy houding teenoor sy Godgegewe werk treffend en toepaslik vir ons tyd: “We see Jesus’ rising determination . . . his call to realign our priorities to those of our resolute Lord . . . Jesus condemns the wrong kind of religion – dead religion that is devoid of relationship with Him . . . calls us to the right kind of religion, one of repentance and grace . . . encourages us to embrace the Gracious Kingdom.”

Daar was dus duidelike bemoediging, aanmoediging en waarskuwing in Jesus se woorde. Lydenstyd skep juis geleentheid vir gelowiges om na te dink oor ons prioriteite as volgelinge van Jesus, om ons geloofslewe saam met die Heilige Gees te ondersoek en om God se verlange te hoor waar Hy ons roep om naby aan Hom te lewe.

Die mense in die algemeen asook sy dissipels, het nie op hierdie stadium verstaan dat Jesus binnekort vir hulle sou sterf nie. Hy was egter baie diep daarvan bewus. Hy was net so oortuig dat dit alles volgens die Goddelike plan was, die plan wat reeds voor die grondlegging van die aarde gemaak en deur die eeue profeties voorspel is. Hierdie wete het gemaak dat Jesus nie vir die dreigemente van maghebbers soos Herodes bang was nie. God se plan, en nie hulle bose voornemens nie, sou planmatig vervul word.

In Jesus se voorbeeld is daar ’n uitdaging vir ons as sy volgelinge. Bob Definbaugh herinner ons aan wat ons moet verwag as Jesus se volgelinge: “Jesus’ path was one which led to a cross. Jesus would not let either danger or pain deter Him from his calling. We readily turn from pain and danger and death . . . Let us toughen up, first in our thinking, and then in our lives. Let us be disciples, and not mere pleasure-seekers.”

Verder kan Jesus se voorbeeld gelowiges daartoe bring om ook ons lewens aan God toe te vertrou en in alle omstandighede koers te hou op die pad wat ons verstaan as God se wil vir ons lewens.

Wanneer Jesus by sy bekende “Jerusalem, o Jerusalem!” woorde kom, staan ons voor ’n misterie. God begeer een ding, maar laat ’n ander situasie toe. Hy smag daarna dat God se verbondsvolk Hom moet aanvaar, maar dwing hulle nie daartoe nie. Hy roep sy begeerte uit, maar laat hulle gaan as hulle nie ag gee op die geroep nie. Die feit dat God mense na Hom trek uit vrye genade, mag nooit betwyfel word nie. Dit is egter ewe duidelik dat die mens ’n reaktiewe rol het om te speel. Hoe en waar God se aksie en die mens se reaksie bymekaar kom, is nie ’n saak vir intellektuele bespreking nie, maar iets wat ons met geloof moet vasgryp: “U roep en ek antwoord! Uit genade gered deur geloof!”

Jesus se hartseer beoordeling van die saak, naamlik dat God se mense sy roepstem verwerp het en die gevolge daarvan moes dra, het spesifieke en algemene toepassingswaarde. Die Jode het ’n ontsaglike prys betaal vir hulle verwerping van die Godgestuurde Messias. Net so sal mense vandag die hoogste prys betaal as hulle nie gehoor gee aan God se roepstem nie. Niemand kan bekostig om die erns van die saak ligtelik op te neem nie. God is dieselfde, gister, vandag en tot in ewigheid.

Net soos wat God se oordeel in Jesus ernstig opgeneem moet word, moet sy woorde van hoop gelowiges vandag moed gee. God is getrou aan sy beloftes en dit kan ons hoop gee in die donkerste tye. Soos Hy aan Jerusalem se inwoners beloof het dat baie Jode Hom sal sien vir wie Hy werklik is omdat God dit eeue terug so beloof het, net so kan ons vashou aan God se beloftes vir ons. God is getrou! Laat dit vir ons ’n anker wees wanneer die lewensstorms ons wil meesleur en oorweldig.

Preekvoorstel

Verbeel jou jy woon ’n konferensie by waar daar mense met wyd uiteenlopende perspektiewe op die lewe bymekaar is. Jy weet daar is heelwat mense in die groep wat min tot geen belangstelling van of begrip vir die Christelike geloof het nie. Groot skerms teen die konferensiesaal se mure vertoon deurentyd die nuutste wêreldgebeure waarvan baie draai rondom rampe en terreurdade. Geldsake en ingrype deur supermoondhede flits ook elke nou en dan op die skerms.

Die voorsitter gee die volgende twee oop vrae vir oordenking: “Wie is in beheer van die wêreld en die toekoms? Hoe raak vraag een jou manier van lewe?” Hy sê verder dat daar na ’n uur geleentheid gaan wees vir elkeen in die groep om sy antwoorde met die ander te deel. As die stilte oor die konferensiesaal neerdaal, begin jy jou antwoorde voorberei.

Wat gaan die inhoud van jou deurdagte antwoord wees?

In Lukas 13:31-35 gee Jesus ’n lewende antwoord op hierdie vrae binne die konteks van sy eerste eeuse leefwêreld. Hoewel sy situasie uniek was, gee dit ons ook baie stof tot nadenke vir ons eie verstaan van hoe om ons lewe te leef.

Jesus is besig om met mense oor God en sy koninkryk te praat wanneer ’n groep Fariseërs Hom kom waarsku dat sy lewe in gevaar was. Herodes, ’n koning met werklike mag oor lewe en dood was op sy spoor. Jesus laat nie toe dat hierdie nuus Hom ontstel nie. Inteendeel, Hy gebruik dit as ’n geleentheid om duidelik te maak wie werklik in beheer is, nie net van sy lewe nie, maar van die hele volk, Israel se nabye en verre toekoms.

In sy antwoord op Herodes se dreigement kom die volgende baie duidelik uit:
1. Jesus is oortuig dat God in beheer van die wêreld is. Dit maak dat Hy sonder vrees op koers bly.
2. Jesus bly, ten spyte van die wesenlike dreigement, aktief besig met die werk wat God Hom gegee het om te doen.
3. Jesus gaan ’n moeilike toekoms vasberade tegemoet, omdat Hy God se plan vir sy lewe ken en vasberade is om dit deur te sien.

As volgelinge van Jesus moet ons in sy voetspore volg. Ons kan lewe met die oortuiging dat die verheerlikte Jesus saam met die Vader en die Heilige Gees in beheer van die wêreld is. Nie die media, politieke kenners, finansiële adviseurs of supermoondhede het die laaste woord nie. God het! Daarom moet ons met geloofsvertroue in gehoorsaamheid aan Hom leef. Sy opdragte en nie omstandighede of mense se opinies nie, moet ons daaglikse handel en wandel bepaal. Daar kan moeilike tye vir ons wag, maar ons moet met dieselfde geloofsvertroue vorentoe gaan en doen wat ons weet God se wil vir ons is. God se pad is uiteindelik die beste, vrugbaarste en veiligste pad – uit ’n ewigheids-perspektief.

Jesus neem die gesprek verder. Hy draai die fokus na Jerusalem en die Jode. Ten spyte van hulle harde harte en verwerping van Jesus as hulle Messias, druk Jesus sy liefde en omgee met treffende beeldspraak uit. Hy kan egter nie anders as om hulle rebellie te herken en die straf daarvoor aan te kondig nie. Sy uitspraak eindig genadiglik nie met oordeel nie, maar met ’n blik op die toekoms waardeur God se trou kragtig na vore kom.

In navolging van ons Meester, moet ons toelaat dat God se liefde deur ons vloei na ’n wêreld wat rebelleer. Ons moet met sy liefde na die mense om ons kyk. Ons moet die erns van God se waarskuwing verstaan dat volhardende verwerping van Jesus tot felle oordeel sal lei. Hoewel dit onafwendbaar is, kan ons vashou aan God wat getrou is aan sy woord. Hy begeer dat sondaars na Hom moet kom. En ons kan verseker wees dat sy belofte waar sal wees dat daar mense uit elke volk, taal en nasie voor sy troon sal wees. Met dit in gedagte moet ons vertrouend en volhardend vorentoe gaan.

Bibliografie

Du Plessis, I J (et al) 1988. Handleiding by die Nuwe Testament IV: Die Sinoptiese Evangelies en Handelinge – Inleiding en Teologie, Pretoria: NG Kerkboekhandel; Isaak, J P (et al) 2006. Africa Bible Commentary: Luke, Nairobi: WordAlive Publishers; Wiersbe, B 1989. The Bible Expository Commentary: Luke, Wheaton: Victor Books (A division of Scripture Press);

Internet bronne

Bock, D L Intervarsity Press New Testament Commentaries: Luke, Brookes, D 2012. Luke 13:22-35 – The Narrow Door, http://genebrooks.blogspot.com/2012/10/luke-1322-35-narrow-door.html ; Cole, S 1999. Christ would, but they would not: Luke 13:31-35, Definbaugh, B 2004. Striving to Enter the Narrow Door (Luke 13:22-35)

Sections

© Missio 2024 | All rights reserved.