Sondag van Christus die Koning – Feesdiens

Sections

Oorsig

Met hierdie feesdiens bereik die kerk die einde van nog ’n siklus van nadenke, verdieping en viering aan die hand van die verhaal van Jesus Christus deur wie ons aan God behoort.

Daniël se visioen gee uitdrukking aan die huidige belydenis en vreugde van Christene dat die Allerhoogste God aan die mens, Jesus Christus, sy eniggebore Seun, die troon in die hemel gegee het van waar Hy ewig oor alle dinge regeer. Dit is waar ons staan totdat Hy weer kom.

Die feesdiens is viering, sowel as uitnodiging tot viering van hierdie geloof. Terwyl daar tydens die prediking oor die wonder hiervan (en dalk die problematiek daarvan) nagedink word, wil die liturgie onbeskaamd bely en uitjubel: “Die Here is vir ewig Koning!”

In hierdie belydenis is tegelykertyd hoop en oordeel ingesluit. Dit gaan oor gehoorsaamheid aan die waarheid wat in die persoon en heerskappy van Jesus bekend gemaak word. Só dra Johannes dit oor in sy weergawe van die evangelie. Dit is geen gewone aardse stryd waarin ons betrokke is nie, maar die stryd om die waarheid van God. Om Hom met hart, siel en mond as Koning te bely, is die wyse waarop ons ons ewige verbintenis aan die waarheid van sy Woord vier.

Vir die kerk beteken dit dat ons deur die Koning wat kom, die Alfa en Omega, koninkryk en priesters gemaak is van die Vader (Op 1:6) en daarom ook van die toekomstige bedeling waarop ons wag. Met ons belydenis en lof proklameer ons die koninkryk van Jesus en bedien ons die wêreld met die boodskap van hoop en verlossing.

Ander tekste

Psalms 93
U is van altyd af daar
93 Die Here is Koning,
Hy beklee Hom met majesteit.
Die Here beklee Hom,
Hy omgord Hom met krag.
Die wêreld staan vas, dit wankel nie,
2en vas staan u troon van ouds af:
U is van altyd af daar.
3Riviere het gedruis, Here,
riviere het gedruis,
riviere het gedreun,
4maar hoog bo die geraas
van baie waters,
hoog bo die golwe van die see,
troon die Here in sy koninklike mag.
5U verordeninge staan baie vas.
Heiligheid versier u huis, Here,
tot in lengte van dae.
Openbaring 1:(1-4a) 4b-8

1 Wat hier volg, is deur Jesus Christus geopenbaar. God het die openbaring oor wat binnekort moet gebeur, vir Hom gegee om aan sy dienaars bekend te maak. Jesus het toe sy engel gestuur om sy dienaar Johannes dit alles te laat sien. 2Johannes is die getuie van wat God gesê en wat Jesus Christus bevestig het; hy getuig van alles wat hy gesien het.

3Geseënd is die een wat die woorde van hierdie profesie lees, en die mense wat dit hoor en wat ter harte neem wat daarin geskrywe staan, want die eindtyd is naby.
Aanhef van die brief
4Van Johannes.
Aan die sewe gemeentes in die provinsie Asië.

Genade en vrede vir julle van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste voor sy troon, 5en van Jesus Christus, die geloofwaardige getuie, die eerste wat uit die dood opgestaan het, die heerser oor die konings van die aarde.

Uit liefde vir ons het Hy ons deur sy bloed van ons sondes verlos 6en ons sy koninkryk gemaak, priesters vir God sy Vader. Aan Hom behoort die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen.

Tema van die boek
7Kyk, Hy kom met die wolke,
en al die mense sal Hom sien,
ook hulle wat Hom deurboor het;
en al die volke van die aarde
sal oor Hom in selfverwyt weeklaag.
Ja, dit is seker!
8“Ek is die Alfa en die Omega,” sê die Here God, Hy wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.

Johannes 19:(27-32) 33-37
27Daarna sê Hy vir die dissipel: “Daar is jou moeder.”
Van daardie oomblik af het die dissipel haar in sy huis geneem.

Jesus sterwe
(Matt 27:45–56; Mark 15:33–41; Luk 23:44–49)
28Hierna het Jesus, met die wete dat alles klaar volbring is en sodat die Skrif vervul kan word, gesê: “Ek is dors.” 
29Daar het ’n kan vol suur wyn gestaan. Die soldate het toe ’n spons vol suur wyn op ’n hisoptakkie gesit en dit teen sy mond gehou. 30Nadat Jesus die suur wyn gekry het, het Hy gesê: “Dit is volbring!”
Toe het Hy sy kop vooroor laat sak en die laaste asem uitgeblaas.

31Dit was Vrydag, en die Jode wou nie hê dat die liggame op die sabbatdag aan die kruis moes bly nie, want daardie sabbatdag was ’n groot dag. Daarom het hulle vir Pilatus gevra dat die mense wat gekruisig is, se bene gebreek en die liggame weggevat moes word. 32Toe het die soldate gekom en die bene van die eerste een gebreek en ook dié van die tweede een wat saam met Jesus gekruisig is. 

33Toe hulle egter by Jesus kom en sien dat Hy al klaar dood is, het hulle nie sy bene gebreek nie. 34Maar een van die soldate het met ’n spies in sy sy gesteek, en daar het dadelik bloed en water uitgekom.

35Hy wat dit gesien het, lê daarvan getuienis af, en sy getuienis is waar. Hy weet dat hy die waarheid praat, sodat julle ook kan glo. 36Dit het gebeur sodat die Skrif vervul kan word: “Geen been van Hom sal gebreek word nie.” 37En verder sê die Skrif op ’n ander plek: “Hulle sal Hom sien vir wie hulle deurboor het.”

Fokusteks

Daniël 7:9-10, 13-14
Daniël se visioen oor vier diere wat uit die see uit opkom
7 In die eerste regeringsjaar van koning Belsasar van Babel het Daniël ’n droom gehad en visioene gesien in sy slaap. Hy het die droom opgeskryf en die inhoud daarvan soos volg weergegee. 2Hy het gesê: “In my nagtelike visioen het die wind uit al vier windstreke die groot see onstuimig laat word. 3Vier groot diere het uit die see uit opgekom, en elkeen was anders as die ander. 4Die eerste het soos ’n leeu gelyk en hy het arendsvlerke gehad. Terwyl ek kyk, is sy vlerke afgeruk en is hy opgelig, sodat hy op twee voete gestaan het soos ’n mens, en ’n mens se verstand is aan hom gegee. 5Die tweede dier het soos ’n beer gelyk. Hy het op sy agterpote gestaan en het drie ribbebene in sy bek gehad. Daar is vir hom gesê: ‘Vreet maar! Vreet soveel vleis as jy wil!’6En toe ek weer sien, was daar nog ’n dier, een soos ’n luiperd. Hy het op sy rug vier vlerke gehad soos dié van ’n voël. Hy het vier koppe gehad en aan hom is heerskappy gegee. 7My nagtelike visioen het voortgeduur en toe ek weer sien, was daar ’n vierde dier, skrikwekkend, vreesaanjaend en baie sterk. Hy het groot ystertande gehad en alles wat voorkom, verslind en vermorsel en wat oorgebly het met sy pote vertrap. Hy was anders as die vorige diere en het tien horings gehad. 8Terwyl ek stip na die horings kyk, het daar ’n klein horinkie tussen hulle uitgekom, en drie van die ander is uitgeruk om vir hom plek te maak. Hierdie horing het mensoë gehad en ’n mond wat allerlei verwaande dinge kwytgeraak het.

9“Terwyl ek kyk, is daar trone reggesit,
en Hy wat ewig lewe, het op sy troon
gaan sit.
Sy klere was so wit soos sneeu,
sy hare soos skoon wol.
Sy troon was van vuurvlamme
met wiele van vuur.
10Vuur het uit die troon gestroom
en verder gevloei.
Duisende der duisende het Hom gedien,
miljoene het daar voor Hom kom staan.
Die hofsitting het begin,
en die boeke met die aanklagte
is oopgemaak.

11“Terwyl ek kyk, is die een dier oor die verwaande gepraat van die horinkie doodgemaak en is sy liggaam vernietig deur dit in die vuur te gooi. 12Ook die ander diere se heerskappy is van hulle weggeneem, maar hulle lewens is nog ’n tyd lank gespaar.

13“My nagtelike visioen het voortgeduur: daar het in die wolke iemand aangekom, iemand soos ’n menslike wese. Hy het na Hom toe gegaan wat ewig lewe en is voor Hom gebring.

14Aan dié menslike wese is die heerskappy en eer en koningskap gegee
sodat al die volke, nasies en taalgroepe
hom sou dien.
Sy heerskappy is ’n ewige heerskappy,
dit sal nie tot niet gaan nie;
sy koningskap sal nie ophou nie.

15“Ek, Daniël, het beangs geraak hieroor; die visioen wat ek gesien het, het my laat skrik. 16Ek het na een van dié wat daar gestaan het, gegaan en hom gevra wat dit alles beteken. Hy het dit toe vir my soos volg uitgelê: 17Die vier groot diere staan vir vier koninkryke wat op die aarde sal ontstaan. 18Maar die heiliges van die Allerhoogste sal die koninklike heerskappy ontvang en dit vir altyd besit.

19“Toe wou ek weet waarvoor die vierde dier staan, wat anders was as al die ander, buitengewoon skrikwekkend, met ystertande en bronskloue, wat al wat voorkom, verslind en vermorsel het en wat met sy pote vertrap het wat oorgebly het. 20Ek wou ook weet wat die tien horings op sy kop beteken, en waarvoor die ander een staan wat uitgekom het nadat daar drie uitgeruk is, die horing wat groter geword het as die ander en wat oë gehad het en ’n mond wat allerlei verwaande dinge kwytgeraak het. 21Terwyl ek kyk, het daardie horing begin oorlog maak teen dié wat aan God behoort het, die horing het hulle oorweldig. 22Toe het Hy wat ewig lewe, gekom en uitspraak gelewer ten gunste van die heiliges van die Allerhoogste. Die tyd het aangebreek dat die heiliges van God die koninklike heerskappy sou ontvang.

23“Dit is vir my soos volg verklaar: Die vierde dier is ’n vierde koninkryk wat op die aarde sal ontstaan en wat anders sal wees as al die ander koninkryke. Hy sal die hele wêreld insluk, dit verwoes en vertrap. 24Wat die tien horings betref: in daardie koninkryk sal tien konings een na die ander regeer, en ná hulle sal daar een kom wat heeltemal anders sal wees as die voriges, en hy sal drie konings onderwerp. 25Hy sal teen die Allerhoogste laster en die heiliges van die Allerhoogste vervolg. Hy sal probeer om die godsdienstige feeste en wette te verander, en die heiliges van die Allerhoogste sal in sy mag oorgegee word vir die hele vasgestelde tyd. 26Dan sal die hof sit en sal daardie koning se heerskappy van hom af weggevat en vir goed vernietig en beëindig word. 27Die heerskappy en mag en grootheid van al die koninkryke op aarde sal gegee word aan die heilige volk van die Allerhoogste. Sy koninkryk is ’n ewige koninkryk, en al die regeerders sal Hom dien en Hom gehoorsaam wees.

28“Hier eindig my vertelling. Ek, Daniël, het baie geskrik toe ek hieroor dink, en dit het my baie ontstel. Maar ek het alles vir myself gehou.”

God nooi ons uit en ons kom tot rus

Rus

Lied 177 “Jesus groót bo almal vs1”

Aanvangswoord
Die Here is Koning,
Hy beklee Hom met majesteit.
Die Here beklee Hom,
Hy omgord Hom met krag.
Die wêreld staan vas, dit wankel nie,
2en vas staan u troon van ouds af:
U is van altyd af daar.  (Ps 93)

Seëngroet
Genade en vrede vir julle van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste voor sy troon, 5en van Jesus Christus, die geloofwaardige getuie, die eerste wat uit die dood opgestaan het, die heerser oor die konings van die aarde. (Open 1)

Lied 176 “Halleluja, U is Koning vs 1”

Verootmoediging
Kom ons verheug en verbly ons vandag in die Koningskap van Jesus.

Die één amptelike werk wat Hy (Jesus) as Middelaar doen, val in drie aspekte uiteen: profeties, priesterlik en koninklik. Dat Jesus Koning is met ’n ryk waaroor Hy heerskappy uitoefen, is die duidelike getuienis van talle Skrifbewyse. (JA Heyns, Dogmatiek, 1978:270vv)

Lees die gedeelte uit die fokusteks:
Daniel 7:14 ()
14Aan dié menslike wese is die heerskappy en eer en koningskap gegee
sodat al die volke, nasies en taalgroepe
hom sou dien.
Sy heerskappy is ’n ewige heerskappy,
dit sal nie tot niet gaan nie;
sy koningskap sal nie ophou nie.

Ook Jesaja praat van ‘n Koning…
Jesaja 9
5Vir ons is ’n Seun gebore,
aan ons is ’n Seun gegee;
Hy sal heers, en Hy sal genoem word:
Wonderbare Raadsman,
Magtige God,
Ewige Vader,
Vredevors.

6Sy heerskappy sal uitbrei, en Hy sal vir altyd vrede en voorspoed bring. Hy sal op die troon van Dawid sit en oor sy koninkryk regeer. Hy sal dié koninkryk vestig en in stand hou deur reg en geregtigheid, van nou af en vir altyd. Daarvoor sal die onverdeelde trou van die Here die Almagtige sorg.

En in die Nuwe Testament  jubel Paulus oor die voorrang van die Seun…
Kolossense 1
Die voorrang van die Seun
15Die Seun is die beeld van God,
van God wat self nie gesien
kan word nie.
Die Seun is die Eerste,
verhewe bo die hele skepping.
16God het deur Hom alles geskep
wat in die hemel en op die aarde is:
alles wat gesien kan word
en alles wat nie gesien kan word nie,
konings, heersers,
maghebbers, gesagvoerders.
Alles is deur Hom en vir Hom geskep.
17Voor alles was Hy al daar,
en deur Hom bly alles in stand.
18Hy is die hoof van die liggaam,
van die kerk.
Hy is die oorsprong daarvan,
Hy is die Eerste,
die Een wat uit die dood
opgestaan het,
sodat Hy die eerste plek
in die heelal inneem.
19God het besluit
om met sy volle wese in Hom te woon
20en om deur Hom alles
met Homself te versoen.
Deur die bloed van sy Seun
aan die kruis
het Hy die vrede herstel,
deur Hom het Hy alles op die aarde
en in die hemel
met Homself versoen.

Kom ons bring lof aan die Koning Jesus, wat aan die regterhand van God regeer…

Lied 202 “Prys Hom die Hemelvors 1,2,3” en/of
Lied 223 “Aan Jesus Koning al die eer 1,2,3”

Geloofbelydenis: ahv Kol 1
Ek glo in God die Vader, die Almagtige,
die Skepper van die hemel en die aarde.

En ek glo in die Seun wat die beeld van God is,
van God wat self nie gesien
kan word nie.

Die Seun is die Eerste,
verhewe bo die hele skepping.
God het deur Hom alles geskep
wat in die hemel en op die aarde is:
alles wat gesien kan word
en alles wat nie gesien kan word nie,
konings, heersers,
maghebbers, gesagvoerders.
Alles is deur Hom en vir Hom geskep.
Voor alles was Hy al daar,
en deur Hom bly alles in stand.

Ek glo Hy is die hoof van die liggaam,
van die kerk.
Hy is die oorsprong daarvan,
Hy is die Eerste,
die Een wat uit die dood
opgestaan het,
sodat Hy die eerste plek
in die heelal inneem.

Ek glo dat God besluit het
om met sy volle wese in Hom te woon
en om deur Hom alles
met Homself te versoen.

Ek glo dat God deur die bloed van sy Seun
aan die kruis
die vrede herstel het,
en deur Hom alles op die aarde
en in die hemel
met Homself versoen het.

Ek glo in die Heilige Gees.
Ek glo aan ’n heilige, algemene, Christelike kerk,
die gemeenskap van die heiliges;
die vergewing van sondes;
die opstanding van die vlees
en ’n ewige lewe.

Liedere

F35. “Jesus Kom Weer”
(RUBRIEK:  Flammikidz – Wederkoms / Hoop en Voleinding)
Teks en Musiek: Hanneke Engelbrecht
© 2005 MAR Gospel Music Publishers

Jesus is ons Koning, Heer,
en ons weet Hy sal t’rugkeer.
Soos hul Hom sien opvaar het,
sal Hy kom om ons te red.

Refrein:
Ja, Jesus kom weer!
Ja, Jesus kom weer!
Ek en jy behoort aan Hom.
Ons glo dat Hy weer sal kom.

Jesus is ons Koning, Heer.
Ek en jy behoort aan Hom.
Soos hul Hom sien opvaar het,
glo ons dat Hy weer sal kom.

Refrein:

F51. “Koning Van My Hart”
(RUBRIEK: FLAM Gemeentesang – Toewyding / Gebed)
Teks en Musiek: Rick Moser
© 1994 MAR Gospel Music Publishers
(Opgeneem op Nuwe Lied, vol 2)

Koning van my hart
Koning van my lewe
U wil ek bemin
U lof besing vir ewig
U het my bevry
My sondeskuld vergewe
Koning van my lewe
Koning van my hart.

God praat met ons en ons luister

Epiklese
Gees van die lewende God,
wees die tuinier van my siel.
Hoe lank wag ek nou al op U – stil – in ‘n koue winter van my siel.
Maar nou, in die kragtige naam van Jesus Christus, waag ek om U te smeek:

Hark weg die dooie blare van die verlede
Vergruis die harde kluite van my weerbarstige gewoontes en groewe
Werk diep in my in die ryk kompos van nuwe visie en vreugde
Plant diep in my siel u lewegewende Woord
Versorg, gee water, koester my hart
Totdat die nuwe lewe in my ontkiem, groei en blom.
Amen.
(Richard Foster, uit: Gebedeboek met liturgiese voorstelle. Saamgestel deur die Sinodale Eredienskommissie van die Oos-Kaap Sinode van die NG Kerk, 2001: Redakteur Johan van der Merwe)

Skriflesing: Daniël 7:9-10; 13-14

Prediking

Familie-oomblik

Die boodskap van die fokusteks kom daarop neer dat God, midde-in die historiese konflik en chaos van die tyd van Daniël, besig is om ‘n vrederyk te skep waar Sy Seun later aan sy regterhand sal regeer; goed kom na vore uit sleg.

‘n Moderne storie met soortgelyke nuanses is die van Schindler’s list- ons stel voor dat u verhaal dramaties oorvertel en die analogie aandui. Hieronder is ‘n kort opsomming met die storie in meer detail.

“Schindler’s List” is the based-on-truth story of Nazi Czech business man Oskar Schindler, who uses Jewish labor to start a factory in occupied Poland. As World War II progresses, and the fate of the Jews becomes more and more clear, Schindler’s motivations switch from profit to human sympathy and he is able to save over 1100 Jews from death in the gas chambers.
(http://www.imdb.com/title/tt0108052/plotsummary)

Die meer volledige verhaal:
The relocation of Polish Jews from surrounding areas to Krakow begins in late 1939, shortly after the outbreak of World War II, when the German Army defeats the Polish Army in three weeks. Oskar Schindler (Liam Neeson), a successful businessman, arrives from Czechoslovakia in hopes of using the abundant cheap labour force of Jews to manufacture goods for the German military. Schindler, an opportunistic member of the Nazi party, lavishes bribes upon the army and SS officials in charge of procurement. Sponsored by the military, Schindler acquires a factory for the production of army mess kits and cooking paraphernalia. Not knowing much about how to properly run such an enterprise, he gains a contact in Itzhak Stern (Ben Kingsley), a functionary in the local Judenrat (Jewish Council) who has contacts with the now-underground Jewish business community in the ghetto. They loan him the money for the factory in return for a small share of products produced (for trade on the black market). Opening the factory, Schindler pleases the Nazis and enjoys his new-found wealth and status as “Herr Direktor,” while Stern handles all administration. Stern suggests Schindler hire Jews instead of Poles because they cost less (the Jews themselves get nothing; the wages are paid to the Reich). Workers in Schindler’s factory are allowed outside the ghetto, and Stern falsifies documents to ensure that as many people as possible are deemed “essential” by the Nazi bureaucracy, which saves them from being transported to concentration camps, or even being killed.

Amon Göth (Ralph Fiennes) arrives in Krakow to initiate construction of a labor camp nearby, Paszów. The SS soon liquidates the Krakow ghetto, sending in hundreds of troops to empty the cramped rooms and shoot anyone who protests, is uncooperative, elderly, or infirm, or for no reason at all. Schindler watches the massacre from the hills overlooking the area, and is profoundly affected. He nevertheless is careful to befriend Göth and, through Stern’s attention to bribery, he continues to enjoy the SS’s support and protection. The camp is built outside the city at Paszów. During this time, Schindler bribes Göth into allowing him to build a sub-camp for his workers, with the motive of keeping them safe from the depredations of the guards. Eventually, an order arrives from Berlin commanding Göth to exhume and destroy all bodies of those killed in the Krakow ghetto, dismantle Paszów, and to ship the remaining Jews to Auschwitz. Schindler prevails upon Göth to let him keep “his” workers so that he can move them to a factory in his old home of Zwittau-Brinnlitz, in Moravia — away from the “final solution” now fully under way in occupied Poland. Göth acquiesces, charging a certain amount for each worker. Schindler and Stern assemble a list of workers that should keep them off the trains to Auschwitz.

“Schindler’s List” comprises these “skilled” inmates, and for many of those in Paszów, being included means the difference between life and death. Almost all of the people on Schindler’s list arrive safely at the new site, with the exception to the train carrying the women and the children, which is accidentally redirected to Auschwitz. There, the women are directed to what they believe is a gas chamber; but they see only water falling from the showers. The day after, the women are shown waiting in line for work. In the meantime, Schindler had rushed immediately to Auschwitz to solve the problem and to get the women out of Auschwitz; to this end he bribes the camp commander, Rudolf Höss (Hans-Michael Rehberg), with a cache of diamonds so that he is able to spare all the women and the children. However, a last problem arises just when all the women are boarding the train because several SS officers attempt to hold some children back and prevent them from leaving. Schindler, there to personally oversee the boarding, steps in and is successful in obtaining from the officers the release of the children. Once the Schindler women arrive in Zwittau-Brinnlitz, Schindler institutes firm controls on the Nazi guards assigned to the factory; summary executions are forbidden, abuse of the workers is as well and the Nazi guards are not allowed on the factory floor. Schindler also permits the Jews to observe the Sabbath, and spends much of his fortune acquired in Poland bribing Nazi officials. In his home town, he surprises his wife while she’s in church during mass, and tells her that she is the only woman in his life (despite having been shown previously to be a womanizer). She goes with him to the factory to assist him. He runs out of money just as the German army surrenders, ending the war in Europe.

As a German Nazi and self-described “profiteer of slave labor,” Schindler must flee the oncoming Soviet Red Army. After dismissing the Nazi guards to return to their families, he packs a car in the night, and bids farewell to his workers. They give him a letter explaining he is not a criminal to them, together with a ring engraved with the Talmudic quotation, “He who saves the life of one man, saves the world entire.” Schindler is touched but deeply distraught, feeling he could’ve done more to save many more lives. He leaves with his wife during the night, dressed in Polish prisoner clothes, posing as refugees. The Schindler Jews, having slept outside the factory gates through the night, are awakened by sunlight the next morning. A Soviet dragoon arrives and announces to the Jews that they have been liberated by the Red Army. The Jews walk to a nearby town in search of food. As they walk abreast, the frame changes to another of the Schindler Jews in the present day (in color) at the grave of Oskar Schindler in Israel. The film ends with a procession of now-aged Jews who worked in Schindler’s factory, each of whom reverently sets a stone on his grave. The actors portraying the major characters walk hand-in-hand with the people they portrayed, also placing stones on Schindler’s grave as they pass. The audience learns that the survivors and descendants of the approximately 1,100 Jews sheltered by Schindler now number over 6,000. The Jewish population of Poland, once numbering in the millions, was at the time of the film’s release approximately 4,000. In the final scene, a man (Neeson himself, though his face is not visible) places a pair of roses on the grave, and stands contemplatively over it.

Preekriglyn

[Nota: In hierdie preek fokus ons oorsigtelik op Daniël 7:1-14 (die inhoud van die visioen), dus nie net op die enkele verse wat die RCL vir voorlesing uitlig nie.]

Die boek Daniël trek die gordyne voor die ewigheid oop sodat gelowiges die eintlike drama in die wêreldgeskiedenis kan raaksien.  Ons leer dat die wêreld – ten spyte van alles wat op die teendeel dui – aan God behoort, in God se hande is, en voor God se troon sal eindig.

Die visioen van hoofstuk 7 pas presies in hierdie raamwerk in.  Gelowiges mag die dreigende gebeure in die wêreld gadeslaan en moedeloos raak.  Deur op die werklikheid van God te fokus, bemoedig die boek Daniel ons egter.  God troon oor die wêreld geskiedenis.  Die werklikheid van God gee ons hoop.

Egte geskiedenis op die spel

Daniël sien die droom in hoofstuk 7 in die eerste regeringsjaar van koning Belsasar van Babel.  Die volk is op hierdie stadium ballinge in Babel.  Belsasar het vir ‘n paar jaar namens sy pa, die eintlike koning, Nabonidus, regeer.  Die jaar is ongeveer 550 v.C.

In hierdie tyd het die Babiloniese ryk agteruitgang en onstabiliteit begin beleef.  Dit was ‘n tyd van onsekerheid en bekommernis.  Juis op hierdie moment sien Daniël sy gesig.

Die vreemde tonele het met egte geskiedenis te doen.  Dit het nie met sprokies of stories van “eendag, lank, lank gelede te doen nie.  Dit gaan die oor geestelike werklikhede wat niks met die realiteit rondom ons te doen het nie.  Die gesigte en gebeure belig dit wat Daniël en sy tydgenote rondom hulle sien afspeel.  Die visioene interpreteer egte geskiedenis, belig dit vanuit die werklikheid van God se regering, en plaas die geskiedenis in die raamwerk van God se koningskap.

Wat wil die teks met ons doen?

Daniël 7, eintlik die hele Daniëlboek vanaf hoofstuk 7, is apokaliptiese literatuur.  ‘n Apokalips is ‘n visioenêre openbaring oor wat aan die gebeur is.  Dit het met die eindtyd te doen.  Ons moet onthou dat ons reeds in die einde van die tye leef.  Daniël wil dus iets sê vir ‘n tyd soos hierdie.

Apokaliptiese literatuur wil ons help om dieper as die sigbare dinge te kyk.  Dit wil ons help om die wêreld vanuit God se perspektief te sien.  Sodra ons dit vanuit God se oogpunt sien, verstaan ons die lyding en die verdrukking, waarin ons leef, baie beter.  Ons verstaan veral dat God oor alles troon, en dat alles by God eindig wat sy kinders bewaar en vryspreek.

Apokaliptiese literatuur:

  • Herinner ons aan God se groot dade, spesifiek in Jesus van Nasaret, en spoor ons aan om alles wat goed is van God te bly verwag;
  • Nooi ons uit om persoonlik in God te bly glo en vir gehoorsaamheid te bly kies, omdat ons met ons geestesoë die uiteinde van alles alreeds kan sien;
  • Bemoedig ons dat nie net ons “siele” gered is nie, maar ons wêreld: God hou alles in sy hande en sal met God se wêreld eindig by die bestemming wat God daarvoor weggelê het.
  • Bewaar ons van moedeloosheid, moedig ons aan en vermaan ons om getrou aan God te bly.

Daniël se visioen wil dus vandag iets aan ons doen.  Dit help die murg in ons pype versterk en wek  deursettingsvermoë in ons op.

Drie bedrywe

Daniël se visioen speel in drie bedrywe af:

  • Vier diere kom uit die see op (2-8);
  • ‘n Hofsitting vind plaas (9-12);
  • ‘n Persoon kom op die wolke aan en word tot koning gekroon (13-14).

Eerste bedryf: vier diere uit die see
Daniël sien hoedat die wind uit al vier windrigtings (verteenwoordigend van die hele wêreld) die Middellandse See (verteenwoordigend van die hele mansheid – Jes. 17:12, 13; 21:1; 57:20, Openb. 17:15)  onstuimig laat word.  Nou kom daar vier diere uit die see op.  Elkeen van hierdie vier diere stel ‘n opeenvolgende koninkryk voor wat ‘n bedreiging vir God se volk gevorm het:

  • Die eerste dier was soos ‘n leeu met vlerke van ‘n arend.  Dit is ‘n voorstelling van koning Nebukadneser van die Babiloniërs wat in die Bybel met ‘n leeu (Jer. 4:7, 5:6) en ‘n arend (Jer. 48:40; 49:22, Eseg. 17) vergelyk word.
  • Die tweede dier lyk soos ‘n beer.  Dit stel die Ryk van die Mede en Perse voor wat die Babiloniese Ryk opgevolg het en verwoesting gesaai het (Jes. 13:17-18).
  • Die derde dier was soos ‘n luiperd met vier koppe en vier vlerke.  Dit dui op die vinnige uitbreiding van die Griekse ryk onder Aleksander die Grote, die opvolger van die Medies-Persiese Ryk.  Die vier koppe stel die vier generaals voor tussen wie die ryk na Aleksander se vroeë dood verdeel is.
  • Die vierde dier trek die meeste aandag.  Dit was skrikwekkend, vreesaanjaend en baie sterk.  Die het ystertande gehad, alles vermorsel, met tien horings.  ‘n Klein horinkie het tussen die ander uitgegroei en verwaande dinge kwytgeraak.  Die diere stel die Seleukiede koninkryk voor wat oor Juda regeer het.  Die klein horinkie stel waarskynlik die regering van die Seleukiede koning Antiochus Epifanes IV voor wat die Jode besonder verdruk het en die tempel vir drie jaar verontreinig het.  Hy het God gelaster, die Jode vervolg, die offerdiens opgeskort en afgodediens verpligtend gemaak.

Die boek Daniël het oor baie eeue ontstaan, maar is gefinaliseer in die vorm wat ons dit het juis in die regeringstydperk van Antiochus Epifanes IV.
Op hierdie stadium lyk die werklikheid maar duister.  Die Jood van hierdie tyd sou die beeldspraak verstaan en die donker toekoms van die volk van God kon eien.

Tweede bedryf:  God as hoofregter
Nou sien Daniël egter dat daar trone reggesit word en dat die ewige God as hoofregter sy plek inneem.  Die manier hoe God hier beskryf word, klere so wit soos sneeu, hare soos skoon wol, ‘n troon van vuurvlamme met wiele van vuur (niemand kan aan Hom ontkom nie), wek ontsag.

Die hofsitting begin en die boeke word oopgemaak.  Die inhoud van die klagte word nie bespreek nie, maar die oordeel word gevel.  Die vier dier word weens sy verwaande pratery doodgemaak en vernietig.  Ook die ander drie diere verloor hulle regeermag.

Dit is – voorkoms ten spyt – duidelik dat die mag nie aan die indrukwekkende diere, die koninkryke van die wêreld, behoort nie.  God is in beheer.  God spreek die laaste woord.

Daarom maak dit sin om Hom saam met duisende ander te dien. (7:10)

Derde bedryf:
Nou verander Daniël se visioen weer.  Hy sien ‘n persoon in die wolke aankom en na God gaan wat op sy troon sit (7:13).  Hierdie persoon, ‘n menslike wese, ontvang dan heerskappy, eer en koningskap.  Sy koningskap hou nooit op nie, maar duur ewig.  Al die volke, nasies en taalgroepe dien hom.

Uitleg
Vanaf vers 16 word Daniël se droom dan uitgelê.  Die mag van die vier koninkryk word gebreek, en die mag word aan God se heiliges gegee.
Daniël 7 speel ‘n beslissende rol in die wyse waarop Christus in die Nuwe Testament bekendgestel word.  Die “Seun van die Mens” van Daniël 7 het in Jesus Christus na ons gekom.

Toepassing
Eerstens: Wat is egte realiteit?
Die visioen van Daniël 7 help ons om dié dinge wat ons wel sien, te ignoreer, en die dinge wat ons nie sien nie baie ernstig op te neem.  Daniël 7 help alle realiste verstaan dat die finale realiteit die aktiewe teenwoordigheid van God is.  Die primêre landskap waarin ons beweeg is God se bestaan.

Mens moet baie versigtig wees wat jy sien, want dit gaan jou lewe bepaal.  As jy mag, verryking, manipulasie, selfverheerliking as die weg tot lewe sien, gaan jy – soos die klein horinkie – in ‘n doodloopstraat beland.  As jy God, God se goedheid, en God se verlossende teenwoordigheid raaksien, gaan jy jou lewe reg oriënteer en op die pad van lewe stap.

Tweedens: Bevrydende oordeel
Daniël 7 leer ons dat die oordele van God bevrydend is.  Ons leef in tye waar mense ‘n aversie in oordeel ontwikkel.  Dit is innerlik ongemaklik om te dink aan God se oordeel en straf.  Ons wil eerder bloot omarm, verwelkom en wegstuur van beoordeling.

God se oordeel is natuurlik ‘n karperd van God se liefde.  God tel mense op wat deur ander veroordeel word, en stort sy liefde op hulle uit.  Liefde, vergifnis, deernis en respek is die weg tot lewe omdat die magtige Een op die troon alles wat hierdie dinge opponeer eventueel uit die weg vee. Gasvryheid en liefde sal oorwin, want God se oordele waarborg dit.

Verder mag ons ongemak met oordeel bloot ons naïwiteit oor die realiteit van boosheid verklap.  Westerlinge is geneig om boosheid hopeloos te onderskat.  Daniël 7 is glad nie naïef oor boosheid nie.  Boosheid is ‘n werklikheid, mense ly en sterf daaronder, en lande disintegreer as gevolg daarvan.  Alles is nie so rooskleurig, of die goeie nie so haalbaar as wat ons mag dink nie.  Optimisme en ‘n voorspoedsgeloof, gekoppel aan die oortuiging dat vooruitgang die lewe gaan verbeter, gaan nie ons lewens sodanig verbeter nie.

Die verskriklike werklikheid van boosheid beteken dat ons God se oordele nodig het om ons vry te maak. Ons gaan nie die utopie gebou kry nie.  Ons het ‘n nuwe aarde onder ‘n nuwe hemel met ‘n nuwe Jerusalem as geskenk uit God nodig om vernuwe te word.  God se oordeel is goeie nuus.

Derdens: Publieke geloof
Daniël 7 is nie oortuig dat die publieke lewe neutraal is en vry van godsdiens moet wees nie.  Daniël 7 privatiseer nie geloof tot een van vele private oortuigings van outonome individue nie.  Die magtiges is verantwoordbaar voor God.  Ook die publieke ruimte behoort aan God.  Ook daaroor strek God se regering uit.

Die vraag oor die publieke lewe is nie of die kerk in beheer moet wees nie.  Natuurlik nie.  Die vraag is hoe rolspelers en vennote in die publieke lewe met wysheid moet soek na die wil van God.  Soek na God se geregtigheid vir almal.

Vierdens: In Christus vervul
Daar is geen twyfel dat Jesus sy bediening op aarde verstaan het in terme van die aangrypende toneel in Daniël 7 waar die Seun van Mens die regeermag van God ontvang nie.  Jesus gebruik hierdie term dikwels in die evangelie om na Homself te verwys (Mat. 8:20; 9:6; 10:23; 11:19).

Ons staan hier by die hart van die evangelie.  Die regeermag behoort aan Jesus van Nasaret.  Hy sit op die troon, aan die regterhand van die Vader.  In Jesus is al God se beloftes vas en waar.  God het in Jesus koning geword.  Sy koninkryk sal nooit verbygaan en nooit oorwin word nie.

Daarop kan mens jou lewe verlaat.  Dit gee jou moed!

God stuur ons om te leef

Gebed
Offergawes

Wegsending: Lied 589 “Verheerlik aan Gods regterhand vs 1,2,3,4,5”

Seën
Voorganger: Gaan hiervandaan met vreugde. Dans, lag, sing en skep.
Gemeente: Ons gaan met die versekering van die Here se seën.

Voorganger: Gaan hiervandaan met die vertroue om te waag en lief te hê.
Gemeente: Ons gaan –  verseker van die Here se seën.

Voorganger: Gaan hiervandaan met die geloof om te glo, te hoop, te stry en te onthou.
Gemeente: Ons gaan met die versekering van God se liefde. Alle dank kom God toe.
(Uit Bybelmedia se Preekriglyne en Liturgiese Voorstelle vir 2011-12.)

Musikale Amen: Lied 312/313/314/315

A ministry platform for faith leaders.

© Copyright Bible Media | This site is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.