Sondag van Christus die Koning

Picture of Woord en Fees

Sondag van Christus die Koning

Liturgiese voorstel

Leesroostertekste

Fokusteks: Lukas 23:33-43
Ander tekste: Jeremia 23:1-6; Lukas 1:68-79; Kolossense 1:11-20 

Inleiding

Die laaste Sondag van Koninkrykstyd is ook die einde van die kerklike jaar en staan bekend as Sondag van Christus die Koning. Dit is ook die oorgang na Adventstyd en herinner ons daaraan dat Christus die Koning ook die Here is wat weer in heerlikheid sal kom.

Die liturgiese kleure vir hierdie Sondag is wit en goud wat ook aangevul kan word met die koningsblou/pers van Advent. Simbole van koningskap soos ’n kroon en ’n septer kan die kanselkleed of banier in die aanbiddingsruimte versier. Dit is verkieslik om hierdie simbole met ’n kruismotief te kombineer om te verseker dat die viering nie te triomfantalisties verloop nie. Die fokusteks staan juis stil by Jesus as die gekruisigde Koning.

Indien die responsoriese gedeeltes om een of ander rede moeilik uitvoerbaar in ’n gemeente is, kan ’n tweede voorganger gebruik word om die response namens die gemeente te behartig.

Diensorde

God versamel ons voor Hom

Aanvangslied
Lied 176 “Halleluja! U is Koning”
Lied 168 “Heilige Jesus”
Lied 264 “Hoe heerlik is die Jesusnaam”

Aanvangswoord
Lukas 1:68-70

Seëngroet 

Loflied
Lied 201 “Lofsing die Heer, buig voor Hom neer”
Lied 177  “Jesus, groot bo almal”

Aankondiging van die Koningskap van Christus
Voorganger: Kyk, die Koning kom. Halleluja!
Gemeente: Laat ons neerbuig en Hom dien. Halleluja!

Voorganger: Juig en wees bly, want Christus is jou Koning.
Gemeente: Aan Hom behoort die eer en die heerlikheid en die aanbidding.

Voorganger: Lofwaardig is U, Here, Koning van die konings, want U het ons van sonde en die dood verlos.
Gemeente: Deur u bloed het U mense deel gemaak van u koninkryk.

Voorganger: Daarom het God Hom tot die hoogste eer verhef,
Gemeente: Hom die Naam gegee wat bo elke naam is

Voorganger: sodat in die Naam van Jesus elke knie sal buig
Gemeente: en elke tong sal erken: Jesus Christus is Here!

Aanbidding
Lied 215 “Besing die lof van Jesus saam”

Diens van die Woord

Gebed 

Skriflesing 
Lukas 23:33-43

Kindertyd
Jesus regeer met ’n kruis, nie met ’n swaard nie.
Daar is ’n pragtige boodskap hieroor deur W J N Koker in Vos, C (red) Omdat ons klein is. Lux Verbi.BM 2000, bl 23-28 (ISBN 0 86997 819 5)

Prediking

Geloofsbelydenis
Gebruik Nicea soos in Vir die erediens – ’n handleiding.

Instellingsverhaal

Nagmaalgebed
Voorganger: Ons verheerlik U, Here God, Skepper van die hemel en die aarde.
U gee die brood,
die vrug van die aarde en van die arbeid van mense.
Laat dit vir ons die brood van die lewe wees.
Gemeente: Ons verheerlik U, nou en vir ewig!

U gee die wyn,
die vrug van die wingerdstok en van die arbeid van mense.
Laat dit vir ons die wyn van die ewige koninkryk wees.

Voorganger: Here, ons God, dit kom U toe dat ons dank en eer aan U bring –
oral en altyd deur Jesus Christus ons Here.
Na sy opstanding uit die dood
het Hy aan sy dissipels verskyn
en is Hy terwyl hulle dit sien, in die hemel opgeneem,
om daar aan u regterhand te regeer as die Koning van die konings.
Daarom prys ons u Naam saam met die hemelwesens,
saam met die profete en apostels,
saam met alles wat asem het.
Gemeente: Heilig, heilig, heilig is die Here, die Almagtige.
Die hele aarde is vol van sy magtige teenwoordigheid.
Hosanna vir die Seun van Dawid!
Prys Hom wat in die Naam van die Here kom!
Hosanna in die hoogste hemel!

Voorganger: Here God, Skepper van die hemel en die aarde,
U is heilig en u heerlikheid is sonder maat of perk.
Laat u lewegewende Gees oor hierdie maaltyd kom
sodat die brood en wyn vir ons die liggaam en bloed van Christus kan wees.
Vervul ons, terwyl ons die maaltyd vier, met die Heilige Gees
sodat ons een liggaam en een van gees kan wees,
’n lewende offer wat in Christus vir U aanneemlik is.
Deur Christus, saam met Christus, in
Christus,
behoort aan U al die eer en die heerlikheid, Almagtige God en Vader,
in die eenheid van die Heilige Gees, nou en vir ewig.
Gemeente: Amen.

Vredesgroet
Instellingswoorde
Uitdeling en gebruik van die brood en die wyn 

Lofprysing
Lied 227 “Sing loof en prys die Heer”; 542 “Jesus, ons loof U!”; 541 “Ons bring aan U, Heer Jesus”; 493 “Jesus neem die sondaars aan”

Dankgebed en voorbidding
Offergawes

Uitsending

Slotsang
Lied 223 “Aan Jesus, Koning, al die eer”
Lied 202 “Prys Hom die Hemelvors”; 175 “Majesteit”

Seën 

Sang
Lied 315 “Amen” (gesing deur die gemeente).

Preekstudie: Lukas 23:33-43

Tema
Ons oë op die Koning gerig

Inleiding
Skrywer is dit eens met Chris Jones (in Preekstudies met liturgiese riglyne 2001) dat ’n mens eintlik niks behoort te sê as jy hierdie gedeelte klaar gelees het nie. Dit herinner aan die rolprent The passion of the Christ. Aan die einde van die rolprent is jy van alles gestroop en stomgeslaan.

Tog kan ’n mens ook nie stilbly as jy Jesus se deernis vir mense met die wreedheid van mense kontrasteer nie. Hy het veral weerlose mense jammer gekry en gehelp. Lukas teken Jesus se besondere betrokkenheid by armes, vroue, kinders, tollenaars en Samaritane aan. In Lukas lees ons dat Jesus sy oortreders tot aan die einde vergewe, soos toe Hy genade aan die sterwende misdadiger langs Hom aan die kruis betoon het.

Die evangelie van Lukas is die mees omvattende lewensverhaal oor Jesus in die Bybel. Groot dele in die Lukasevangelie kom nie in die ander evangelies voor nie. Lukas, self ’n nie-Jood, skryf hoofsaaklik vir Griekssprekende Christene wat uit die heidendom kom. “Jesus is nie net vir Israel daar nie, maar vir alle mense” (De Villiers). “Hy het besef dat die Christene van sy tyd ’n oorgangskrisis beleef, waarin al die ou sekerhede bevraagteken word en mense opnuut koers nodig het” (Bosch).

Die tema van die koningskap van Christus het sentrale betekenis. “Jesus gaan op na Jerusalem as koning, maar dit is deur sy kruisiging en opstanding dat Hy die troon bereik” (Leaney, in De Villiers). Unnik en Marshall verskil. Volgens hulle is verlossing (redding) die sentrale tema van Lukas-Handelinge (De Villiers). Jesus se koms om te verlos, is die hoogtepunt van sy bediening (De Villiers). Jesus se optrede in die sinagoge (Luk 4:16-30) stel die patroon vas wat sy bediening sou volg (De Villiers). Jeremias (De Villiers) wys dat die gedeelte wat “die dag van die toorn van God” (Jes 61:2) aankondig, nie in die aanhaling in Lukas 4:18 en verder voorkom nie. Dit beklemtoon dat dit in Jesus se bediening om verlossing gaan. Wat Lukas van God aan ons voorhou, is sy heerskappy veral in die voorsiening van verlossing vir die mens (De Villiers).

Die fokusteks Lukas 23:33-43 word in Koninkrykstyd gelees. Die taak van die prediking in dié tyd is om die koninkryk wat reeds hier is te omhels en/of om die aktualiteit daarvan in ons alledaagse lewe te beklemtoon en/of die meewerking van die toekomstige koninkryk met erns aan te moedig (vgl vorige Preekstudies).

Teks en konteks

Die kruisopskrif “Dit is die koning van die Jode” (23:38) dui daarop dat Jesus aan ’n crux immissa (Latynse kruis): † gely en gesterf het. (Die ander kruisvorme in die antieke wêreld was: die crux decussate (Andreaskruis): χ, en crux commissa (Antoniuskruis): Τ.) Dit was die gebruik om die hoofinhoud  van die vonnis op ’n bordjie aan te bring wat aan die kruis vasgespyker is (sien Mulder se bespreking).

Lukas berig dat die Joodse leiers Jesus na Pilatus, die Romeinse goewerneur, neem om verder verhoor te word. Jesus word van drie dinge aangekla (23:2): Jesus mislei die volk deur aanhitsing; Jesus belet die volk om belasting te betaal; en Jesus beweer dat Hy wel die koning van die Jode is.

Die Joodse leiers was uitgeslape deur hul godsdienstige aanklag na ’n politieke aanklag om te swaai. (Dis vandag steeds nie vreemd om godsdienstige vooroordele polities in te kleur, of andersom nie.) Hulle het Jesus as ’n bedreiging vir die Romeinse gesag voorgehou om hulle sin te kry. Pilatus vra Jesus toe: “Is jy die koning van die Jode?” Waarop Jesus antwoord: “Dis soos u sê” (v 3). Die evangelis Johannes skryf dat Jesus antwoord: “My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie . . .” En na Pilatus die tweede keer vra, antwoord Jesus: “Dit is soos u sê: Ek is ’n koning” (Joh 18:36).

Pilatus was oortuig dat Jesus nie ’n bedreiging vir die keiser is nie; dat Jesus nie van plan was om teen die mag van die Romeinse ryk in opstand te kom nie. Daarom verklaar hy Jesus ’n paar keer onskuldig. Maar hy gee tog later in. Barclay reken hy is deur die Joodse leiers afgepers. Sy pos kon in die gedrang kom. Die massaprotes was dalk ook net sterk genoeg om hom verbouereerd te maak.

Pilatus straf die Joodse fanatici wanneer hy teen hulle sin bepaal die kruisopskrif moet lees “Dit is die koning van die Jode” (vgl Joh 19:21; Mulder)Dié aanwysende voornaamwoord word slegs by Lukas gebruik (Liefeld). Pilatus het die laaste sê. So word die koningstitel gehandhaaf, nie as ’n pretensie van Jesus nie, maar as amptelike proklamasie van Pilatus (Vos). Die kruis-opskrif was volgens Johannes in Hebreeus, Grieks en Latyn. Dit was vir almal, die hele wêreld, om te lees en te verstaan.

Die kruisopskrif word gekenmerk deur ironie: Koning Jesus hang magteloos aan die kruis vasgespyker terwyl die soldate sy laaste stuk waardigheid van Hom afskeur en sy klere verdeel, so asof hulle ’n koning “ontmantel”. Jesus word deur die Joodse leiers en die soldate verneder, verag, uitgelag en bespot. “Hy word van alles ontneem, die aarde verwerp Hom en die hemel neem Hom nie aan nie” (Greijdanus). Die soldate daag Jesus uit: “As jy die koning van die Jode is, red jouself.” Lukas verwys in die volgende vers na die kruisopskrif: “Dit is die koning van die Jode” (23:37-38). Dit was asof die opskrif die soldate juis op die gedagte gebring het om Jesus uit te daag.

Jesus is tussen twee misdadigers gekruisig, die een aan sy linkerkant, en die ander een aan sy regterkant. Dit impliseer dat Jesus in die middel as die grootste misdadiger gereken was. Maar hy word van geen misdaad aangekla nie (v 38) (Greijdanus). Jakobus en Johannes se versoek aan Jesus (Mark 10:35-45) dat wanneer Hy as koning heers, hulle links en regs van Hom wil sit, herinner aan die misdadigers wat weerskante  van Jesus aan die kruis hang. Die broers vra vir ’n ereplek in die koninkryk van God. “Omdat hulle die (toekomstige) lyding en kruisgebeure van Christus glad nie verstaan het nie, kon hulle dit waag om hierdie selfsugtige, selfvererende versoek tot Jesus te rig” (Jones, 2000). Die een sterwende misdadiger langs Jesus het onder die indruk van Jesus se koningskap gekom en Hom op sy kruisweg gevolg.

Dis merkwaardig dat dié misdadiger Jesus se koningskap kon begryp. Na alles wat gebeur het, het Jesus se dissipels nog nie verstaan nie, want hulle het ’n politieke Messias verwag. König skryf in Die helfte is my nooit oor Jesus vertel nie’n Nuwe kyk op die een wat jou lewe verander: “Die fout wat mense soos ons egter maak, is om hierdie politieke Messiasbegrip af te maak as ’n verkeerde verwagting, terwyl dit die siening van die Ou Testament is.” König behandel in hoofstuk 4 “Die koning wat incognito wou bly”, die titel Messias (= Christus, Gesalfde, Koning, Seun van Dawid), Dienaar en Seun van God. König verduidelik na aanleiding van Jesus se doop die buitengewone betekenis van die Messias, die koning van Israel. Dit is heeltemal anders as die Ou-Testamentiese verwagting en hoe Jesus se tydgenote hulle die Messias voorgestel het. Met Jesus se doop vereenselwig Hy Hom met sondaars. Omdat Hy dit doen, daal die Gees op Hom neer (om Hom juis hiervoor te salf) en kom die stem uit die Hemel: “Dit is my geliefde Seun. Oor Hom verheug ek my” (Luk 3:21-22). “Dit is my geliefde Seun” kom uit Psalm 2:7. Hier word ’n nuwe koning gekroon en met groot mag beklee, en word hy “die seun van God” genoem. “Oor Hom verheug Ek my,” kry ons in Jesaja 42:1. Hier ontvang die lydende dienaar van die Here, wat verwerp sal word, die belofte dat die Gees oor Hom sal kom. Die twee aanhalings verbind dus die Messiaskoning met die lydende dienaar. Jesus is die koning wat nie in heerlikheid kom en die volk met mag van sy vyande bevry nie, maar die Koning wat as Dienaar kom om te dien en te ly. Jesus gee ’n ander betekenis aan koningskap. Hy oorweldig nie met mag nie, maar oorwin met liefde en deernis.

Dis aangrypend dat die sterwende misdadiger se geloof in Jesus hom gered het. Hy ontvang ’n Verlosser. Jesus verseker hom: “Vandag sal jy saam met My in die paradys wees.” “Die paradys dui op ’n plek waar God is, waar daar geen sonde of die merke van die sonde (lyding, eensaamheid, haat) is nie . . .” (Lategan). Jesus neem hom onder sy beskerming en bied hom vaste veiligheid en ewige heil, en dit nie eendag nie, maar op dié dag (Mulder). Jesus begin sy ryk met sy eerste werklike onderdaan; ’n moordenaar (Janson).

Preekvoorstel

Die storie van Marelise Bekker, ’n jeugwerker van ’n gemeente in Queenstown, sluit mooi by my preek-voorstel aan. Marelise sê: “Daar is soveel negatiwiteit en gebrokenheid in die wêreld. Mense is negatief en kyk so negatief na hulleself en die wêreld rondom hulle, dat hulle al hoe swaarder dra aan hul eie gebrokenheid en die swartgallige laste van die lewe. In so ’n donker put word enige ding wat na mense se kant toe kom, dikwels die antwoord. Dit kan misdaad, seks, dwelms, geweld – letterlik enige ding wees. So sit die bose sirkel van gebrokenheid sigself voort en stort mense se self- en wêreldbeeld net verder in duie.”

Marelise en haar medewerkers in die gemeente is intensief by ’n nywerheidskool op die dorp betrokke. Sy vertel op aangrypende wyse hoe die verhaal van Jesus se dood vir hierdie jongmense ontsluit geraak het. Sy het vroeër dikwels ervaar dat die jongmense nie regtig met Jesus kon identifiseer nie. Miskien was Hy binne hulle raamwerk te goed om waar te wees. Totdat ’n jong seun op ’n dag die sleutel gee: met Jesus aan die kruis kan ek moeilik identifiseer, het hy op sy manier gesê, maar met die moordenaars aan die kruis baie maklik. Ek en my lewe is soos hulle, het hy gesê. “Maar ek kan doen wat daardie een moordenaar gedoen het, ek kan na Jesus draai.” Daarna het sy haar in vertellings toegespits op die moordenaar – en is talle jong lewens daardeur aangeraak (Marelise se verhaal van hoop is deur Danie Mouton aan Communitas Advent 2008 gestuur).

Die opmerking van die jong seun “Maar ek kan doen wat daardie een moordenaar gedoen het, ek kan na Jesus draai”, is treffend. Jy kan gerus elemente van die storie gebruik en as ’n eerste beweging (inleiding) vir jou boodskap oorweeg.

’n Tweede beweging sou die konteks om ons kon belig, en die nood in die gemeente, naburige gemeenskappe, land en wêreld met die nodige sensitiwiteit uitlig. Marelise vertel iets van die mense rondom haar se donker ervaring in ’n put en die oorsake wat daartoe aanleiding gee. Belangrik is die “sleutel” wat die jong seun haar gegee het en haar gehelp het om haar koninkryksbediening ontvanklik vir die jongmense te maak. Gemeentes en gelowiges se bepaalde situasie vertel watter soort moedeloosheid daar tans is, waarvoor hoop gebring behoort te word (Van Niekerk). Dis dan die geleentheid wanneer moedeloses dié Koning raaksien. Wanneer jy vertel waar jou gemeente en lidmate  reeds aan die werk is en ’n verskil maak, plaas jy ook nie die hoorder in die beskuldigdebank nie. Jesus dwing nie, maar dring deur liefde.

Derdens kan die hermeneutiese opmerkings in die afdeling “Teks en Konteks” hierbo, aangewend word om die teks en sy konteks met ons huidige situasie te integreer. Die Here Jesus het nie veel oor die kerk gepraat nie, maar baie oor God se koninkryk. Die boodskap oor die koninkryk help gemeentes en gelowiges om ons oë op die Koning te rig, dan ontdek ons dat dit vir Jesus oor die hele lewe gaan. Die kerk en al die gemeentes bestaan ter wille van hierdie koninkryk en is soos ’n reklamemaatskappy. Ons gemeente bemark nie homself nie, maar die maatskappy in wie se diens hy staan: die koninkryk. Dit is die gemeente se werk om die Here koning te laat wees in alle fasette van die lewe (Van Niekerk). Juis omdat die koninkryk die besigheid van die kerk is, kan geen ander instansie die boodskap van konkrete welsyn in alle lewensfasette en geestelike welsyn (heil) só bedien nie.

Laastens. Die verhale van ander, soos die sterwende misdadiger, die seun wat na Jesus draai en ons eie ervarings, help ons om ons oë op die Koning en die omstandighede rondom ons te rig. So kan ons geïn-spireerde medewerkers in sy koninkryk wees.

Bibliografie 

Barclay, W 1967. The Gospel of Luke in The Daily Study Bible; Bosch, D J 1990. Goeie nuus vir armes . . . en rykes. Perspektiewe uit die Lukasevangelie; De Villiers J L 1977. Die Evangelie volgens Lukas: Inleiding en teologie in Handleiding by die Nuwe Testament iv; Greijdanus, S 1973. Lucas. KV; Janson, M 1977. In sy Teenwoordigheid;  Jones, C 2000. Preekriglyne Hebreërs 5:1-10; Jones, C 2001. Preekriglyne Lukas 22:14-23:56; König, A 2001. Die helfte is my nooit oor Jesus vertel nie; Lategan, L O K 2008, “Paradys” in Christelike Kern-ensiklopedie; Liefeld, W L 1984. Luke in The Expositor’s Bible Commentary; Mouton, D 2008. Vierde Adventverhaal van Hoop. Communitas; Mulder, H 1988. Lucas II. T&T; Van Niekerk, A 2005 in Waar die kerk werk; Vos, C 2002. Preekstudies Johannes 19:17-42.

Sections

© Missio 2024 | All rights reserved.