Sewentiende Sondag in Koninkrykstyd

Picture of Woord en Fees

Sewentiende Sondag in Koninkrykstyd

Liturgiese voorstel

Leesroostertekste

Fokusteks: 1 Timoteus 6:6-19
Ander tekste: Jeremia 32:1-3a, 6-15; Psalm 91:1-6, 14-16; Lukas 16:19-31

Alternatiewe tekste

Fokusteks: Job 39:1-8, 22-28
Ander tekste: Psalm 104:14-23; 1 Korintiërs 1:10-23; Lukas 12:22-31

Inleiding

Tema: Die dierelewe

Baniere met uitbeeldings van dierelewe daarop kan saam met die vorige Sondag se baniere in die aanbiddingsruimte gehang word. Groot erdebakke met sand daarin kan op die nagmaaltafel geplaas word. Kleinerige kerse wat bedreigde/uitgestorwe spesies voorstel, kan by die deure uitgedeel word.

Diensorde

God versamel ons voor Hom

Net voor die aanvangswoord kan lidmate genooi word om die kerse wat by die deur uitgedeel is, aan te steek en in die sand in die erdebakke op die nagmaaltafel te plaas.

Diens van die Woord

Gebed
Here God, Skepper van die hemel en die aarde,
ons is in verwondering oor die geheimenis van die
dierelewe op aarde,
die skoonheid en die rykdom daarvan.
Help ons om te verstaan hoe ons die lewe van diere
bedreig en bydra tot die sug van die skepping.
Leer ons om na al die diere om te sien en om te waak
oor al die spesies op aarde.
Leer ons om met respek om te gaan met u skepping.
Tot eer van u Naam.
Amen.

Diens van die tafel

Lees Lukas 12:22-31 by die nagmaaltafel.

Uitsending

Kaartjies met foto’s van bedreigde diersoorte kan by die deure uitgedeel word.

Musiek en sang

Lied 464 “O Heer my God”
Lied 509 “Op berge en in dale”

Preekstudie: 1 Timoteus 6:6-19

Inleiding
“God wants you to have it – and He wants you to have it now!” Dit is die nou al oorbekende slagspreuk van sommige van die voorstanders van die Afro-Amerikaanse “Health, Wealth and Prosperity Theology”. Voorstanders van hierdie teologie maak ook van tyd tot tyd, in die persoon van byvoorbeeld T D Jakes en Benny Hinn, hulle verskyning op ons televisieskerms. In die lig van die skeefgetrekte verwagtinge wat dié soort teologie by arm mense veral in ontwikkelende lande kan skep en aan die ander kant die hebsug waartoe dit die rykes kan aanpor, rus daar ’n groot verantwoordelikheid op die kerk om weer behoorlik na te dink oor wat die Bybel ten opsigte van rykdom en armoede, volhoubare ontwikke-ling en verantwoordelike rentmeesterskap, leer. Die kerk behoort dan duidelike leiding daaroor te gee binne die gemeenskap waarin die haar bevind.

Teks

Volgens die Bybellennium handel Paulus se eerste brief aan die jong geestelike leier, Timoteus, juis oor Christenleierskap in die gemeente. Sy lering oor leierskap val in dié brief in drie groot dele uiteen:

Die Christenleier se opdrag – 1:3-20.
Die Christenleier se gemeente – 2:1-4:16.
Die Christenleier se toerusting – 5:1-6:20.

Die derde gedeelte verduidelik dat ’n geestelike leier agt stukke gereedskap tot sy beskikking het: hoe om medegelowiges te vermaan (5:1-2); weduwees te versorg (5:3-16); met ander leiers te werk (5:17-22); gesond te bly (5:23); mense regtig te ken (5:24-25); diskriminasie te hanteer (6:1-2); met die regte motief te werk (6:3-16); en ryk mense te hanteer (6:17-19).

Dit beteken dat 6:1-19 wat deur die RCL as ’n eenheid vir die sewentiende Sondag in Koninkrykstyd, met spesiale fokus op die Seisoen van die Skepping, voorgeskryf word eintlik uit twee afsonderlike dele bestaan:

Vers 3-16: Hier verloop Paulus se argument soos volg: Daar was mense in Efese wat daarop ingestel was om geld uit die evangelie te maak. Christenleiers kan, onder die druk van die tydsgees, maklik in die versoeking val om slegs vir persoonlike voordeel en vir die geld in die bediening te bly. Daar is in ons samelewing duidelike voorbeelde hiervan. Kan dit wees dat ons iets daarvan gesien het in die manier waarop sommige geestelike leiers hulle in die aanloop tot die verkiesing in April 2009 geposisioneer het? As jy God egter met die regte motief dien, sal jy tevrede wees met wat jy besit.

Onbybelse tevredenheid kom neer op ’n gebrek aan ambisie: mens benut nie die geleenthede wat God tot jou beskikking stel nie, maar verkies om eerder te krepeer. Bybelse tevredenheid daarenteen is gegrond in die vertroue dat God jou eintlike Voorsiener is. Hy sal vir jou sorg. Daarom kan mens vreesloos en sonder bekommernis jou tyd daaraan spandeer om Hom te dien, uit dankbaarheid vir die kos en klere wat Hy voorsien. Dit is in wese die goeie wedloop waartoe Paulus geestelike leiers oproep. Die loon daarvoor is die ewige lewe.

Vers 17-19: Hier verloop Paulus se argument  soos volg: Gelowiges mag ook ryk wees. Daarvan is daar baie voorbeelde veral die verhale van die Ou Testament, soos Abraham, Job en Salomo. Die taak van die geestelike leier is om die rykes op die onsekerheid van rykdom te wys en die ontnugtering wat mens kan tref as jy jou hoop op welvaart alleen bou. As die aandelemark  tuimel, is al jou gewaande sekuriteit daarmee heen. Dit is veel beter om ryk te wees in die Here deur jou welvaart in diens van die koninkryk te gebruik.

Rykdom bring ook groot verantwoordelikheid mee. God seën sommige mense met welvaart, sodat hulle vir ander tot seën kan wees. Die persoonlike lewensverhaal van die Amerikaanse teoloog, Rick Warren, kan as goeie illustrasie vir Paulus se argument dien. Die publikasie van sy twee bekende blitsverkoper boeke Purpose driven Church en Purpose driven Life het van hom feitlik oornag ’n kitsmiljoenêr gemaak. Toe ’n joernalis hom onlangs na sy nuutgevonde welvaart uitvra, was sy antwoord: “The problem is not being rich; the problem is dying rich.” Geestelike leiers wat hulle sout werd is, help welvarende sakelui om ’n visie vir God se koninkryk te ontwikkel. Iemand skryf iewers: “The priest must supply the king with a vision; without a vision the king gets corrupt.” Sou mens dié  stelling op sommige sektore van die Suid-Afrikaanse samelewing van toepassing kon maak?

Die vraag is derhalwe, sou mens die perikoop wel as ’n eenheid vir ’n preek tydens die Seisoen van die Skepping oorweeg, wat is die fokus waardeur die twee dele tot ’n eenheid saamgebind word? Ek sou voorstel dat die prediker die volgende fokus oorweeg: “Gryperige hande: óf hulle vergryp hulle aan God se godsdiens, óf hulle vergryp hulle aan God se grond”.

Die teks lewer nie ernstige vertalingsprobleme op nie. Die variante lesings wat in die tekskritiese apparaat van The Greek New Testament (Kurt Aland) voorgestel word, het nie ’n beduidende invloed op die betekenis en interpretasie van die perikoop nie.

Konteks

Daar is regtig nie baie inligting oor die ontstaanstyd van 1 Timoteus beskikbaar nie. As mens van die veronderstelling uitgaan dat Paulus die outeur van die brief aan Timoteus is, het hy dit waarskynlik ná die vrylating uit sy eerste gevangeskap in Rome, teen ongeveer 62-64 nC, geskryf. Uit ’n geskrif van Polikarpus van Smirna wat uit ongeveer 125 nC dateer, sou mens kon aflei dat hy met die brief vertroud was. Dit sou beteken dat Paulus nie die skrywer daarvan was nie. Uit ’n studie oor die inhoud van en styl waarmee die brief geskryf is, sou mens met reg kon aanvaar dat Paulus wel die skrywer daarvan was.

Timoteus was een van Paulus se getrouste metgeselle. Nadat hulle ’n tyd lank saam in Efese gewerk het, het Paulus hom as voltydse leraar van die gemeente in Efese agtergelaat en na Masedonië vertrek. Timoteus het onder baie moeilike omstandighede gewerk. Efese was ’n belangrike hawestad wat op die hoofroete tussen die Ooste en Rome (die Weste) geleë was. Uit opgrawings wat daar gedoen is, maak wetenskaplikes die afleiding dat Efese vir sy tyd ’n groot en welvarende stad was. In dié stad het daar, eers as gevolg van Paulus se werk en toe later onder die arbeid van Timoteus, ’n sterk gemeente bestaan. Die gemeente het na alle waarskynlikheid die normale samestelling van die gemeenskap in Efese gereflekteer: Joodse en Griekse bekeerlinge. Geen wonder nie dat dwaalleer een van die groot probleme was waarmee Timoteus te doen gekry het. Aan die een kant het die dwaalleer ’n sterk Joodse karakter vertoon. Die aanhangers daarvan was “leermeesters van die wet” wat hulle met verdigsels en met die uitlê van geslagsregisters besig gehou het. Aan die ander kant was daar ook ’n groep, waarskynlik uit die Griekssprekende deel van die gemeente, wat aanhangers was van die Sinici, ’n filosofiese denkrigting wat ’n bepaalde vorm van wêreldontvlugting geleer het. Hulle het byvoorbeeld die huwelik verbied en geleer dat die opstanding reeds plaasgevind het. Hoe het so ’n verdeelde gemeente in ’n kosmopolitaanse en gesekulari-seerde samelewing geleef? Teen dié agtergrond roep Paulus Timoteus op om by die gesonde leer te bly. Die hoofsaak waarom dit in die gesonde leer gaan, is dat Jesus Christus in die wêreld gekom het om sondaars te verlos. Die gesonde leer moet nie net gepraat en gepreek word nie, maar veral vir die samelewing tot voorbeeld geleef word. Effektiewe leierskap is een van die grootste behoeftes van die moderne wêreld waarin ons leef. Uit die gegewens in Openbaring 2:1-7 is dit duidelik dat die gemeente in Efese onvermoeid daaraan gewerk het om by die suiwer leer te bly deur alles in hulle vermoë te doen om die vals profete te ontmasker. Ongelukkig het dié ywer mettertyd ’n doel op sigself geword. Dit was nie meer uit geesdrif vir Christus nie. Dit het daartoe gelei dat die onderlinge liefde in die gemeente in die slag gebly het en daarmee saam het die Christelike leefstyl as die wesenlike kenmerk van die evangelie in die gedrang gekom.

Op die internet is daar heelwat voorbeelde te vind van hoe predikers uit verskillende geloofstradisies en uit verskillende generasies oor die teksgedeelte preek. Hier volg ’n paar voorbeelde: Onder die tema “The Christian and Money” volg M A Copeland ’n meer tradisionele lyn en laat hom hoofsaaklik deur die vloei van Paulus se argument in die perikoop lei. Hy neem die volgende skema as vertrekpunt:

1. Die Bybel het heelwat oor geld te sê:
a. Dit praat oor verdien en spandeer, oor spaar en uitdeel.
b.  Dit praat selfs oor verkwisting van geld.

2. Die Bybel handel twee wanopvattings oor geld finaal af:
a.  Dat geld absolute sekuriteit waarborg.
b.  Dat God rykes veroordeel omdat hulle ryk is.

1. Die Bybel leer ook dat rykes én armes dieselfde stryd het om te stry:
a.  Afguns op ander.
b.  Hebsug na meer.

2. Jesus bied die “ware rykdom” aan diegene wat aan Hom gehoorsaam is.

In sy preek oor 1 Timoteus 6:17-19 probeer Melvin Newland die konteks van dit wat in die internasionale ekonomie aan die gebeur is, te verreken. Sy tema is “God’s economic plan”. In sy inleiding skryf hy: “I’m not going to talk about the world’s economic plan, (om die krisis van duisende mense wat daagliks aan honger sterf op te los) because you hear about it every day . . .  But I would like to talk about God’s economic plan.” Wat God se ekonomiese plan behels, bespreek hy onder die volgende ses punte:

1. God besit al die rykdom in die wêreld. Die punt is:
“. . . none of us could live even for a second on this planet if God didn’t abundantly share His wealth with us.”

2.  God se bedoeling is dat sy rykdom gesirkuleer moet word. “God gives it to us either to give or to hoard. And if we hoard it, God can’t use it.”

3. Ons is rentmeesters van God se rykdom. “I take care of the things that God gives me to use while I make my journey through this world.” Hóé ons met God se goed werk, daaroor sal ons by sy wederkoms verslag moet doen.

4. Ons kan God se rykdom beskikbaar maak deur te gee. “. . . if I’m not receiving from God . . . it’s because I have a giving problem” (Luk 6:38).

5. Mens moet meer in geloof handel as om op gesonde verstand te vertrou. “. . . if you work strictly from reason, you add up your income and subtract your expenses. And whatever is left over after you have given to yourself, you give to God, which in most cases is nothing at all.”

6. God het die blymoedige gewer lief. “Our God is a giving God. He has given all to us and He wants His people to learn how to be generous and willing to share.”

Só lyk God se plan om die ekonomiese krisisse van die moderne samelewing op te los:

Ken Kersten maak ’n baie eietydse preek oor 1 Timoteus 6:6-10 met die titel “Contentment – I still haven’t found what I’m looking for.” Hy begin sy preek deur ’n lied van die musiekgroep U2 voor te speel: “I have climbed the highest mountains. I have run through the fields. I have runned, I have crawled, I have scaled city walls. But I still haven’t found what I’m looking for.” Hy sê ons kultuur leer ons nie om tevrede te wees met wat ons het nie. Inteendeel, ons word geleer om te glo dat die versameling van aardse goed vir ons tevredenheid sal bring. Daarom eindig ons met gryperige hande: Hoe meer ons het, hoe groter word ons versugting na nog meer.

Daaroor is God baie bekommerd, want ons grypsug versteur in die eerste plek ons verhouding met Hom: Ons stel meer belang in God se goed as in goed se God. Tweedens versteur ons grypsug ons verhouding met ander mense. Ons gee naderhand nie meer om op wie ons trap in ons strewe om bo uit te kom nie. Mense is selfs bereid om moord te pleeg in ruil vir persoonlike gewin. Die antwoord is: “We need to prioritize. You don’t have a material-shaped hole on the inside, you have a God-shaped hole that only He can fill.”

Preekvoorstel

Daar is drie belangrike sake wat die prediker in sy voorbereiding van ’n preek oor die teksgedeelte in gedagte moet hou. Eerstens sal hy die seisoen in die kerklike jaar moet verreken: dit is Koninkrykstyd. Die preek moet die geloofsgemeenskap help om die feit dat “die aarde en alles wat daarop is, die wêreld en dié wat daar woon, alles behoort aan die Here” feestelik te vier, en aan die sekerheid wat dit vir ons inhou, te anker (vgl Melvin Newman se gedagtes hierbo).

Tweedens word die teksgedeelte voorgeskryf met die oog op die Seisoen van die Skepping. Daarom sal die prediker ook die ontsaglike nood waarin die ekologie hom as gevolg van die mensdom se grypsug bevind, in die preek moet verreken (vgl Ken Kersten se gedagtes hierbo).

Derdens leen die fokus van die teks hom daartoe om die hoofpunte van die preek met visuele materiaal toe te lig, soos byvoorbeeld ’n uitstalling in die liturgiese ruimte. Jongmense kan aangemoedig word om hulle eksotiese troeteldiere na die uitstalling te bring. Dit moet egter met groot omsigtigheid gedoen word, want as ’n groterige gogga tussen die kerkbanke ontsnap, sal die prediker dalk vind dat die tyd wat hy aan die voorbereiding van die preek spandeer het, onnodig was. Die gebruik van plakkate en selfs kleurskyfies wat met behulp van ’n dataprojektor vertoon word. Daar is ongelooflike goeie visuele metafore deur middel van Google se soekenjin op die internet beskikbaar. Die prediker kan met groot vrug daarvan gebruik maak om sodoende die geloofsgemeenskap  ook op ’n emosionele vlak by die erediens betrokke te maak.

1. Gryperige hande. Óf hulle vergryp hulle aan God se godsdiens, óf hulle vergryp hulle aan God se grond.

2. Godsdiens het die wêreld oor ’n multimiljoen dollar bedryf geword. Net soos in Efese destyds, is daar baie mense wat verstaan dat godsdiens ’n groot “geldmaker” is. Daar is baie geld uit godsdiens te maak. Sakke vol. Daarvan getuig byvoorbeeld die vele sogenaamde “Gospel Shows” waartydens Gospelsangers en “Gospel bands” onder kleurvolle kolligte en teen asemrowende dekor wat deur die mees moderne rekenaar tegnologie aangedryf word, met mekaar meeding om stewige kontantpryse. Mens wonder of Jesus en sy twaalf in só ’n opset ooit die finale rondte sou gehaal het . . .

Aan die ander kant moet ons ook mooi verstaan dat die kerk sy duursame produk in ’n baie kompeterende mark moet verkoop. As Mic Jagger van die Rolling Stones vyf addisionele D8 Caterpillar kragopwekkers moes byhuur om genoeg krag op Ellis Park te genereer om die boodskap van sy Voodoo konsert effektief te kon oordra, moet ons vir seker ’n slag goed nadink oor die effektiwiteit van ons eie verkondiging. Ek pleit nie daarvoor dat die kerk die era van die “skouspel” moet betree nie, maar eredienste hoef nie vaal, saai, afgewater en vervelig te wees nie. Veral nie as Jesus daar opdaag nie. Hy was dalk vaal, maar nie vervelig nie. Hy het dinge gedoen wat ’n honger wêreld se verbeelding só aangegryp het dat hulle in groot getalle kom kyk en luister het – en hulle lewe is daardeur verander!

Mens sou ook ’n paar sinne kon praat oor die geestelike saamtrekke wat soos paddastoele oral opskiet, waar straatevangeliste daarin slaag om in tente en selfs stadions, waar daar gewoonlik rugby gespeel word, derduisende mense vir Jesus se span saam te trek en baie naïewe toeskouers en selfs goedgelowige gelowiges die hand diep in die sak te laat steek om die “health, wealth and prosperity” vir hulleself aan te koop. Daar is blykbaar baie geld uit die soort saamtrekke te maak. Daarvan getuig die sekondêre industrie wat rondom dié saamtrekke groei: boeke oor die onderhawige onderwerp, kleurvolle almanakke met kerngedagtes vir elk van die 355/356 dae van die jaar, T-hemde met allerlei slagspreuke opgedruk en selfs duursame breërand bosveldhoede vir die groot manne, alles verkoop fluks vir maande ná die tyd.

Mens moet egter versigtig wees om in jou beoordeling van dié saak nie te veralgemeen nie, want daar is baie lidmate, wat baie jare op ons kerkbanke gesit het, wat getuig van groot seën en nuwe hoop wat hulle vir hulle eie vasgedraaide lewe tydens sulke saamtrekke gevind het. Die kerk sal regtig ernstig moet nadink oor die vraag: Waarom is daar elders ’n beter verskaffer vir ’n produk wat ons eintlik self beter kon verskaf?  (Predikers sal natuurlik ander voorbeelde as hierbo uit die konteks van hulle eie gemeentes kan gebruik om die punt mee te illustreer.)

3. Gryperige hande vergryp hulle ook maklik aan God se goed. Die aarde kreun onder die aanslag van die moderne welvaartekonomie. Wetenskaplikes bereken dat ons die natuurlike hulpbronne tot ons beskikking 20% vinniger opgebruik as wat die natuur in staat is om dit te vervang. Teen dié tempo het ons reeds twee aardbolle nodig om in die vraag na ekonomiese groei te voorsien.

Die aarde kreun onder die koolstofvoetspoor wat die mensdom daarop trap. (Die begrip “koolstofvoetspoor” dui op die hoeveelheid  koolstofdioksied wat elke individu in die atmosfeer vrylaat ten einde sy lewenstandaard vol te hou.) Koolstofdioksied wat só in die atmosfeer vrygelaat word, is die vernaamste oorsaak van die kweekhuiseffek. Dit beteken dat dié gasse soos ’n digte kombers om die aarde lê wat daartoe aanleiding gee dat die aarde se temperatuur stadig maar seker besig om te styg, soos iemand wat koors ontwikkel. Wetenskaplikes reken dat aardverwarming die direkte oorsaak is van die wispelturige weerpatrone wat ons beleef: langdurige droogtes op sommige plekke en oormatige reën weer op ander plekke. Die video The truth is out there van die voormalige Amerikaanse visepresident, Al Gore, het hierdie werklikhede onontkenbaar onder ons aandag gebring.

Teen dié agtergrond kan mens met reg beweer dat die mensdom se onversadigbare versmagting na welvaart die grootste oorsaak vir die ekologiese krisis is. Mense wil nie meer eenvoudig en in harmonie met die natuur lewe nie. Mense wil hulle lewensomstandighede blinker, mooier en duurder hê. In die proses is ons besig om ons te vergryp aan God se goed. (Die prediker kan uit sy eie omgewing met praktiese voorbeelde van die gevolge wat misbruik en besoedeling op die omgewing en op die kwaliteit van mense se lewe het, die punt illustreer. Kersfees 2008 moes huiseienaars toekyk hoe peperduur strandhuise halflyf in die vuil seeskuim staan wat veroorsaak is deur ’n frats waartydens die hooggety en ’n stormwind uit die Suidooste saamgeval het. C S Lewis skryf iewers: “Let’s pray that the human race never escapes Earth to spread its iniquity elsewhere.”

4. Paulus reken dat daar besondere verantwoordelikheid op die geestelike leiers in die samelewing rus om die sosiale en ekologiese chaos wat gryperige hande veroorsaak op al die terreine van die samelewing aan te spreek. Die antwoord is om tevrede te wees met wat jy het. Dit is ’n maklike antwoord, maar vreeslik moeilik om toe te pas, want hoe is mens tevrede met wat jy het midde in ’n wêreld wat net het en het en meer het as wat jy self het!

Tevredenheid is in die eerste plek gewortel in ons belydenis dat God, die almagtige Vader, die Skepper van die hemel en die aarde is. Hy is ons Voorsiener (Provider). Al die goud in Fort Knox is syne. Trouens, Hy het dit met sy eie hande gemaak. En daardie God is ons Vader. Hy sal vir ons sorg. Daarom kan mens vreesloos en sonder bekommernis jou tyd daaraan spandeer om Hom te dien, uit dankbaarheid vir die kos en klere wat Hy voorsien. Dit is die gesonde leer waaraan ons te midde van al die druk in ’n welvaartskultuur moet vashou.

Om Hom te dien beteken dat ons sy rentmeesters is. Daarom sal ons ’n belangrike kopskuif moet maak, weg van die idee van “volhoubare ontwikkeling” na die begrip van “verantwoordelike rentmeesterskap”. As rent-meesters is ons aan God verantwoording verskuldig vir dit wat ons met God se goed aanvang. Om rus te vind in goed se God staan teenoor die wispelturige onsekerheid van vertroue in God se goed. As die aandelemark tuimel, is al jou gewaande sekuriteit daarmee heen. Dit is veel beter om ryk te wees in die Here deur jou welvaart in diens van die koninkryk te gebruik.

Rykdom bring ook groot verantwoordelikheid mee. God seën sommige mense met welvaart, sodat hulle vir ander tot seën kan wees. Die Amerikaanse teoloog, Rick Warren, was na die publikasie van sy twee bekende blitsverkoper boeke, Purpose driven Church en “Purpose driven Life, feitlik oornag ’n kitsmiljoenêr. Toe ’n joernalis hom onlangs na sy nuutgevonde welvaart uitvra, was sy antwoord: “The problem is not being rich; the problem is dying rich.” Geestelike leiers wat hulle sout werd is, help welvarende sakelui om ’n visie vir God se koninkryk te ontwikkel. Iemand skryf iewers: “The priest must supply the king with a vision; without a vision the king gets corrupt.”

Vreemd, maar só werk God se ekonomie.

Bibliografie

Kommentare: Vosloo, W en F J van Rensburg, Die Bybellennium; Ridderbos, H. Pastorale Brieven in Commentaar op het Nieuwe Testament; Groenewald, E P. Die Pastorale Briewe.

Internet webtuistes
www.apologeticsindex.org;
http://en.wikipedia.org/wiki/prosperity_theology;
http://wikipedia.org/human carbon footprint;
www.platbos.co.zahttp://executableoutlines.com;
www.sermoncentral.com

Sections

© Missio 2024 | All rights reserved.