Sewende Sondag van Konikrykstyd

Sections

Oorsig

 Ander tekste

Psalm 30
Vir altyd sal ek U loof
30 ’n Psalm. ’n Lied vir die inwyding
van die tempel. Van Dawid.
2Ek wil u lof verkondig, Here,
want U het my gered
en my vyande nie laat bly wees
oor my nie.
3Here my God, ek het
na U geroep om hulp
en U het my gesond gemaak.
4Here, U het my gered
van die doderyk,
my aan die lewe gehou toe ek
al op pad was na die dood toe.
5Sing tot eer van die Here,
julle wat Hom getrou dien,
loof sy heilige Naam!
6Waarlik, sy toorn duur net ’n oomblik,
maar sy goedheid lewenslank.
Gisteraand was daar nog trane
en vanmôre lag ek al weer.
7Toe dit goed gegaan het,
het ek wel gesê:
“Niks sal my ooit laat wankel nie.”
8Deur u goedheid het U my
op ’n veilige berg laat staan, Here.
Maar toe U U aan my onttrek het,
het ek baie bang geword.
9Ek het na U geroep, Here.
Ek het U om genade gesmeek:
10“Watter voordeel is daar
in my ondergang
as ek die graf moet ingaan?
Kan stof U loof?
Kan dit u trou verkondig?
11Luister, Here, en wees my genadig!
Help my, Here!”
12Ek was in die rou,
maar U het my van vreugde laat dans.
U het my rouklere uitgetrek
en vir my feesklere aangetrek.
13Daarom sal ek sing tot u eer;
ek sal nie stilbly nie.
Here my God, vir altyd sal ek U loof!

Galasiërs 6:1-16
Dra mekaar se laste
6 Broers, as iemand in die een of ander sonde val, moet julle wat julle deur die Gees laat lei, so iemand in ’n gees van sagmoedigheid reghelp. En pas op: jy kan self ook in versoeking kom. 2Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus. 3As iemand hom verbeel hy is iets en hy is niks, bedrieg hy homself. 4Laat elkeen sy eie doen en late ondersoek: as dit goed is, kan hy daarop trots wees sonder om dit met dié van ’n ander te vergelyk. 5Elkeen sal rekenskap moet gee oor wat hy gedoen het.

6Iemand wat onderrig ontvang in die woord van God, moet sy leermeester laat deel in al die goeie dinge wat hy het.

7Moenie julleself mislei nie: God laat nie met Hom spot nie. Wat ’n mens saai, dit sal hy ook oes. 8Wie op die akker van sy sondige natuur saai, sal van die sondige natuur dood en verderf oes. Maar wie op die akker van die Gees saai, sal van die Gees die ewige lewe oes. 9Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel. 10Solank ons die geleentheid het, moet ons dus aan almal goed doen, veral aan ons medegelowiges.

Laaste waarskuwing en groet
11Van hier af skryf ek eiehandig aan julle. Kyk net die groot letters!
12Daardie mense wat so daarop aandring dat julle julle ook moet laat besny, wil maar net uiterlik ’n goeie indruk maak, sodat hulle nie vervolg sou word ter wille van die kruis van Christus nie. 13Al het hulle hulle laat besny, onderhou hulle self nie die wet van Moses nie, maar hulle wil net hê dat julle julle moet laat besny sodat hulle kan roem oor wat met julle liggaam gebeur het. 14Maar wat my betref, mag God verhoed dat ek ooit oor iets anders roem as oor die kruis van ons Here Jesus Christus, want deur die kruis is die wêreld vir my dood en ek vir die wêreld. 15Of ’n mens besny is of nie, is nie van belang nie, maar dat jy ’n nuwe mens is. 16En almal wat volgens hierdie beginsel leef, die ware Israel—mag God aan hulle vrede gee en barmhartigheid bewys.

17Niemand moet dit vir my verder moeilik maak nie, want ek dra al klaar die littekens van Jesus aan my liggaam.
18Die genade van ons Here Jesus Christus sal by julle gees wees, broers! Amen.

Lukas 10:1-11, 16-20
Die sending van die twee en sewentig

(Vgl Matt 11:20–24)
10 Daarna het die Here twee en sewentig ander aangewys en hulle twee-twee voor Hom uit gestuur na elke dorp en plek waarheen Hy van plan was om te gaan. 2Hy het vir hulle gesê: “Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes. 3Gaan nou! Maar onthou: Ek stuur julle soos lammers tussen wolwe in.

4“Moenie ’n beurs of ’n reissak of skoene saamdra nie, en moenie langs die pad met groetery tyd verkwis nie. 5As julle in ’n huis kom, moet julle eerste woorde wees: ‘Vrede vir hierdie huis.’6As daar iemand woon vir wie die vrede bestem is, sal die vrede op hom bly; so nie, sal dit na julle toe terugkom. 7Moenie van een huis na die ander trek nie, maar bly in dieselfde huis, eet en drink wat hulle voorhande het, want die arbeider is geregtig op sy loon. 8As julle in ’n dorp kom en hulle ontvang julle, eet dan wat hulle vir julle voorsit. 9Maak die siekes daar gesond en sê vir die mense: ’Vir julle is die koninkryk van God baie naby!’10Maar as julle in ’n dorp kom en hulle ontvang julle nie, gaan dan uit in sy strate en sê: 11“Selfs julle dorp se stof wat aan ons voete sit, vee ons af as aanklag teen julle. Maar dit moet julle weet: die koninkryk van God is baie naby.’

12Ek sê vir julle: Vir die mense van Sodom sal dit op dié dag draagliker wees as vir daardie dorp.

13“Ellende wag vir jou, Gorasin! Ellende wag vir jou, Betsaida! As in Tirus en Sidon die wonderdade plaasgevind het wat in julle plaasgevind het, sou hulle lankal in sak en as gesit en hulle bekeer het. 14Maar vir Tirus en Sidon sal dit in die oordeel draagliker wees as vir julle. 15En jy, Kapernaum, dink jy jy sal tot die hemel toe verhoog word? Nee, jy sal tot in die doderyk afdaal!

16“Wie na julle luister, luister na My; wie vir julle verwerp, verwerp My; en wie My verwerp, verwerp Hom wat My gestuur het.”

Die terugkoms van die twee en sewentig
17Die twee en sewentig het vol blydskap teruggekom en gesê: “Here, selfs die bose geeste onderwerp hulle aan ons by die hoor van u Naam.”

18Toe sê Hy vir hulle: “Ek het die Satan soos ’n weerligstraal uit die hemel sien val. 19Kyk, Ek het aan julle die mag gegee om op slange en skerpioene te trap en om die vyand met al sy geweld te oorwin, sonder dat iets julle enige leed aandoen. 20En tog moet julle nie bly wees net omdat die geeste hulle aan julle onderwerp nie, maar wees veral bly omdat julle name in die hemel opgeskryf is.”

Fokusteks

2 Konings 5:1-14
Naäman word genees van melaatsheid
5 Naäman, die hoof van die leër van die koning van Aram, was ’n gesiene man wat die agting van die koning geniet het. Deur hom het die Here ’n oorwinning aan Aram besorg. Die man was ’n dapper soldaat, maar hy het melaats geword.

2Op een van hulle strooptogte het die Arameërs ’n jong dogtertjie uit Israel ontvoer wat Naäman se vrou se bediende geword het. 3Sy het vir die vrou gesê: “Ag, as Meneer net by die profeet in Samaria kon uitkom, dan sal hy vir Meneer van sy melaatsheid gesond maak.”

4Naäman het by die koning gekom en hom meegedeel wat die dogtertjie uit Israel gesê het.

5“Gaan gerus,” het die koning van Aram gesê, “ek stuur jou met ’n brief na die koning van Israel toe.”

Hy het vertrek en drie honderd twee en veertig kilogram silwer, ag en sestig kilogram goud en tien stelle klere met hom saamgevat. 6Hy het die brief na die koning van Israel (Joram) toe gebring. Dit het só gelui: “Ek het my dienaar Naäman met hierdie brief na jou toe gestuur. Wanneer hy by jou uitkom, moet jy hom van sy melaatsheid gesond maak.”

7Toe die koning die brief gelees het, het hy sy klere geskeur en gesê: “Is ek dan God wat mense laat sterwe of aan hulle die lewe gee dat hierdie man iemand na my toe stuur om hom van sy melaatsheid gesond te maak? Dit moet vir julle duidelik wees hy soek net skoor met my.”

8Elisa die man van God het te hore gekom dat die koning van Israel sy klere geskeur het en het ’n boodskap aan die koning gestuur: “Hoekom het u u klere geskeur? Laat Naäman na my toe kom, sodat hy kan besef dat daar ’n profeet in Israel is.”

9Toe Naäman met sy wa en perde daar aankom, het hy stilgehou voor die deur van Elisa se huis. 10Elisa het ’n boodskap na hom toe gestuur: “Gaan was jou sewe maal in die Jordaan, dan sal jy gesond word en rein wees.”

11Naäman het vererg weggery en gesê: “Ek het darem gedink hy sou uitkom en gaan staan, die Naam van die Here sy God aanroep, dan sy hand heen en weer oor die plek beweeg en so die melaatsheid wegneem. 12Is die riviere van Damaskus, die Abana en die Parpar, nie beter as al die waters van Israel nie? Kan ek my nie daarin was om rein te word nie?”

So het hy woedend daarvandaan teruggery.

13Sy amptenare het by hom gekom en mooi met hom gepraat: “Meneer, as die profeet iets moeiliks van u verwag het, sou u dit nie gedoen het nie? Hoeveel te meer nou dat hy eenvoudig vir u gesê het: Was jou en jy sal rein wees?”

14Hy het toe afgegaan na die Jordaan toe en hom sewe keer daarin gebad, soos die man van God gesê het, en sy vel het gesond geword soos dié van ’n klein seuntjie en hy was weer rein.

15Hy en sy hele gevolg het teruggegaan na die man van God toe. Daar aangekom, het Naäman voor die man van God gaan staan en gesê: “Ek weet nou, daar is geen God op die hele aarde nie behalwe in Israel. Aanvaar asseblief hierdie geskenk van my.”

16Maar Elisa het gesê: “So seker as die Here leef in wie se diens ek is, ek sal dit nie aanvaar nie.”

Naäman het by Elisa daarop aangedring om dit te aanvaar, maar hy het bly weier.

17Toe sê Naäman: “As u dan nie iets wil hê nie, wil u nie asseblief vir my twee muilvragte grond laat kry nie? Daarop wil ek brandoffers en ander diereoffers bring, net aan die Here, nie langer aan enige ander god nie. 18Daar is net een ding wat die Here my asseblief sal moet vergewe: as my koning na die tempel van Rimmon toe kom om te aanbid, en ek hom moet vergesel, en ek dan in die tempel van Rimmon aanbid wanneer hy daar aanbid, mag die Here my dit vergewe!”

19Elisa het van Naäman afskeid geneem, maar toe hy ’n ent weg was, 20het Gehasi, die slaaf van Elisa die man van God, vir homself gesê: “Meneer het hierdie Arameër Naäman laat wegkom sonder om iets te aanvaar van alles wat hy gebring het. So seker as die Here leef, ek gaan agter hom aan hardloop en ek sal iets van hom aanvaar.”

21Gehasi is agter Naäman aan. Toe Naäman hom agter hom aan sien hardloop, het hy van die wa af afgespring, hom tegemoet gegaan en gevra: “Wat is verkeerd?”

22“Niks nie,” het hy geantwoord. “Die profeet het my gestuur om te sê: Daar het nou net twee jongmanne van die profetegemeenskap hier aangekom van die Efraimsberge af, en sal u nie asseblief vir hulle vier en dertig kilogram silwer en twee stelle klere gee nie.”

23Naäman het gesê: “Wees so vriendelik om ag en sestig kilogram te aanvaar.”

Hy het by hom daarop aangedring, die ag en sestig kilogram silwer in twee geldsakke toegebind en dit saam met die twee stelle klere aan twee van sy slawe gegee om dit voor Gehasi uit te dra. 24Toe hy by Die Bult kom, het hy dit by hulle gevat en in sy kamer gaan wegsteek. Toe hy die manne laat gaan het en hulle daar weg is, 25en hy inkom en by die profeet gaan staan, vra Elisa vir hom: “Waar kom jy vandaan, Gehasi?”

Hy het geantwoord: “Ek was nêrens heen nie.”

26Hy sê toe vir hom: “Was ek nie in die gees by jou toe iemand van sy wa af omgedraai het om jou tegemoet te gaan nie? Moes jy dié geleentheid aangryp om silwer en klere in die hande te kry, of olyfboorde en wingerde, kleinvee en grootvee, slawe en slavinne? 27Die melaatsheid waarmee Naäman aangetas was, sal vir altyd aan jou en jou nageslag sit.”

Toe hy van Elisa af weggaan, was hy klaar melaats, wit soos sneeu.

God nooi ons uit en ons kom tot rus

Rus

Aanvangslied: Lied 168 “Heilige Jesus, Heer v/d Here vs 1,2,3”

Aanvangswoord 
12Ek was in die rou,
maar U het my van vreugde laat dans.
U het my rouklere uitgetrek
en vir my feesklere aangetrek.
13Daarom sal ek sing tot u eer;
ek sal nie stilbly nie.
Here my God, vir altyd sal ek U loof! (Psalm 30)

Seëngroet 
Aan die gemeente in ………………………………………….
3Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus, 4wat Homself vir ons sondes gegee het om ons te verlos uit hierdie goddelose wêreld en so die wil van God ons Vader te volbring. 5Aan God kom die heerlikheid toe tot in alle ewigheid! Amen. (Galasiërs 1)

Lied 182 “Ons wil o Heer U loof en eer vs 1,2,3”

Wet: Galasiërs 6:1-10
Dra mekaar se laste
6 Broers, as iemand in die een of ander sonde val, moet julle wat julle deur die Gees laat lei, so iemand in ’n gees van sagmoedigheid reghelp. En pas op: jy kan self ook in versoeking kom. 2Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus. 3As iemand hom verbeel hy is iets en hy is niks, bedrieg hy homself. 4Laat elkeen sy eie doen en late ondersoek: as dit goed is, kan hy daarop trots wees sonder om dit met dié van ’n ander te vergelyk. 5Elkeen sal rekenskap moet gee oor wat hy gedoen het.

6Iemand wat onderrig ontvang in die woord van God, moet sy leermeester laat deel in al die goeie dinge wat hy het.

7Moenie julleself mislei nie: God laat nie met Hom spot nie. Wat ’n mens saai, dit sal hy ook oes. 8Wie op die akker van sy sondige natuur saai, sal van die sondige natuur dood en verderf oes. Maar wie op die akker van die Gees saai, sal van die Gees die ewige lewe oes. 9Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel. 10Solank ons die geleentheid het, moet ons dus aan almal goed doen, veral aan ons medegelowiges.

Belydenis: Psalm 130 “Uit dieptes van die duister vs 1, 2”

Vryspraak
Geregtigheid uit die geloof
15Ons is Jode van geboorte en nie sondaars uit die heidene nie. 16En tog weet ons dat ’n mens nie van sonde vrygespreek word deur die wet van Moses te onderhou nie, maar alleen deur in Jesus Christus te glo. Ook ons het tot die geloof in Christus Jesus gekom, en dit is hoe ons vrygespreek is: deur in Christus te glo en nie deur die wet te onderhou nie, want geen mens word vrygespreek op grond daarvan dat hy die wet onderhou nie.

17As uit ons soeke na vryspraak in Christus geblyk het dat ons ook sondaars is, beteken dit dan dat Christus in diens van die sonde staan? Beslis nie! 18Maar as ek die bepalings van die wet wat ek nietig verklaar het, weer laat geld, dan maak ek myself daarmee tot ’n oortreder. 19Maar wat my betref, deur die wet is ek vir die wet dood sodat ek vir God kan lewe: ek is saam met Christus gekruisig, 20en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê. 21Ek verwerp nie die genade van God nie. As ’n mens vrygespreek kon word op grond daarvan dat hy die wet onderhou, sou dit immers beteken dat Christus verniet gesterwe het.

Geloofsbelydenis (Uit Geloofsverklaring 2000, verklaring 1 oor God en 8 oor die mens)
Ons glo
·  in God
·  dat God as Vader alles gemaak het en daarvoor sorg
·  dat God as Seun die sonde en ellende van ons bestaan oorwin het en dit uiteindelik heeltemal sal wegneem
·  dat God as Heilige Gees vir ons intree en ons leer wat die waarheid is en hoe om volgens die waarheid te leef
·  dat God die Vader steeds die wêreld waarin ons leef, regeer as die goeie en liefdevolle Vader wat nooit sy kinders in die steek laat nie
·  dat God die Seun as die ware mens Jesus gely en gesterf het vir wat op aarde verkeerd is; dat Hy as bewys van sy oorwinning oor die kwaad opgewek is en nou by sy Vader is; en dat Hy weer sal kom vir die finale heelmaak van alle dinge en vir die nuwe lewe saam met God
·  dat God die Heilige Gees die hele skepping nader laat beweeg aan die nuwe lewe saam met
God; dat die Gees aan elke gelowige die geloof skenk, ons lei om die Bybel te verstaan en ons leer hoe om as Christene te lewe

Ons glo
·  dat God ons volgens ‘n unieke plan geskep het
·  dat alle mense gelykwaardig is
·  dat God ons wonderlik en besonders as man en vrou gemaak het
·  dat die mens van nature in opstand teen God kom en sodoende verwyderd van God raak
·  dat die Seun van God self mens geword het om die pad na God toe weer vir ons oop te maak
·  dat ons onsself eers ken as ons God ken
·  dat God mense gemaak het om mekaar te ondersteun en te waardeer
·  dat mens-wees binne ‘n netwerk van verhoudings tot volle ontplooiing kom
·  dat Jesus Christus aan mense se lewe sin gee

Aanbidding: Lied 265 “Enigste Here, enkele Wese vs 1,2”

Liedere

F141. “Lê My Lewe Neer” 
(RUBRIEK:  Kruisfuur – Toewyding)
Teks en Musiek: Mynhardt van Pletzen
© 2005 Mastermax Publishing

En ek lê my hele lewe voor U neer
En ek pleit, o Vader
Giet genade oor my weer en weer

U liefde’s soos ‘n vlam wat brand
Brand,  Heer, en ontdooi
My hart vanaand

En al sou my son weer ophou skyn
My passie in die nag verdwyn
Weet ek U’s die helder môrester

Kom, Heer, en verlig die nag
U het so lank vir my gewag
Weet U hoe het ek na U verlang?

F145. “Hier Is Ek”  
(RUBRIEK:  Kruisfuur – Skuldbelydenis)
Teks en Musiek: Retief Burger
© 2005 Urial Publishing
(Luk 15:11-32;  Jer 3:19-22;  Jes 1:18;  Ps 130)

Hier is ek met my sondesak en die stof klou aan my kleed
Ek’t ver gekom en die reis het my gebreek
Die verbode land van skuld en seer het my alleen gelos
en ek soek weer na my Pa se diepe sielekos…

Refrein:
Hier is ek, gebroke
Hier is ek, verlore in myself
Hier is ek, by u voete Heer
Want hier is lewe en genade vir ‘n kind

Soveel keer het ek geval en my skouers deurgeskaaf
want ek bly nog glo die las moet ek self dra
tog is dit weer U wat na my toe aangehardloop kom
en u arms van liefde en vergifnis om my vou.

Refrein:
Hier is ek, gebroke
Hier is ek, verlore in myself
Hier is ek, by u voete Heer
Want hier is lewe en genade vir my.

God praat met ons en ons luister

Epiklese
Lewende Here, ons bid nou dat u lewende woorde nie by ons ‘n hart van klip en ‘n kop van yster sal aantref nie, maar ‘n leergierige gees wat werklik soek na die betekenis van die nuwe lewe in U.  Laat ons hier werklik ervaar dat U ons Vader is wat ons as u kinders aangeneem het, dat u ons Verlosser is wat namens ons gesterf het en weer opgestaan het en dat U deur u Gees ons harte verlig om u stem te hoor.
Amen.
(Johannes Calvyn se Straatsburgse liturgie van 1545 uit die Gebedeboek met liturgiese voorstelle. Saamgestel deur die Sinodale Eredienskommissie van die Oos-Kaap Sinode van die NG Kerk, 2001: Redakteur Johan van der Merwe)

Skriflesing: 1 Konings 19:1-15

Prediking

Familie-oomblik

Opsie 1: Dramatiseer die verhaal en vertel hoe die Here ‘n dogtertjie in ‘n vreemde land gebruik om iemand gesond te maak.

Opsie 2: Hoe klein en gering ons ook al is- die Here kan ons in Sy diens gebruik. Die onmisbaarheid van ‘n klein insek soos die by is ‘n goeie illustrasie.

Bees are flying insects closely related to wasps and ants, and are known for their role in pollination and for producing honey and beeswax. Bees are a monophyletic lineage within the superfamily Apoidea, presently classified by the unranked taxon name Anthophila. There are nearly 20,000 known species of bees in seven to nine recognized families,[1] though many are undescribed and the actual number is probably higher. They are found on every continent except Antarctica, in every habitat on the planet that contains insect-pollinated flowering plants.

Bees are adapted for feeding on nectar and pollen, the former primarily as an energy source and the latter primarily for protein and other nutrients. Most pollen is used as food for larvae.

Bees have a long proboscis (a complex “tongue”) that enables them to obtain the nectar from flowers. They have antennae almost universally made up of 13 segments in males and 12 in females, as is typical for the superfamily. Bees all have two pairs of wings, the hind pair being the smaller of the two; in a very few species, one sex or caste has relatively short wings that make flight difficult or impossible, but none are wingless.

The smallest bee is Trigona minima, a stingless bee whose workers are about 2.1 mm (5/64″) long. The largest bee in the world is Megachile pluto, a leafcutter bee whose females can attain a length of 39 mm (1.5″). Members of the family Halictidae, or sweat bees, are the most common type of bee in the Northern Hemisphere, though they are small and often mistaken for wasps or flies.

The best-known bee species is the European honey bee, which, as its name suggests, produces honey, as do a few other types of bee. Human management of this species is known as beekeeping or apiculture.

Bees are the favorite meal of Merops apiaster, the bee-eater bird. Other common predators are kingbirds, mockingbirds, beewolves, and dragonflies.

After 20 years of beekeeping – inspired, he says, by Sherlock Holmes’s decision to take it up in retirement – Tim Lovett remains as fascinated by bees as ever. “The more time you spend with bees, the more you get drawn into their amazing world: the way they organise themselves, control themselves, and what they’re responsible for,” he says.

“Just think about your breakfast; if there were no bees, there would be no orange juice on your table, there would be no jam, no honey. I’ve been to China, to Szechuan, where the bee population was wiped out, and you see men on ladders there using paintbrushes to pollinate the fruit trees. Can you imagine the cost of our food if we had to do that all ourselves? You’d only be able to afford half an olive on a pizza, and the mozzarella – which comes from cows raised on [bee-pollinated] alfalfa – would be absolutely prohibitive.”

BEES AS PART OF ECOSYSTEMS
Pollinators strongly influence ecological relationships, ecosystem conservation and stability, genetic
variation in the plant community, floral diversity, specialization and evolution. Bees play an important, but little recognized role in most terrestrial ecosystems where there is green vegetation cover for at least 3 to 4 months each year. In tropical forests, savannah woodlands, mangrove, and in temperate deciduous forests, many species of plants and animals would not survive if bees were missing. This is because the production of seeds, nuts, berries and fruits are highly dependent on insect pollination, and among the pollinating insects, bees are the major pollinators. In rain forests, especially in high mountain forests where it is too cold for most bees, other pollinators like bats and birds play a greater role in plant pollination. In farmed areas, bees are needed for the pollination of many cultivated crops (see Chapter 7), and for maintaining biodiversity in ‘islands’ of non-cultivated areas. The main role of bees in the different ecosystems is their pollination work. Other animal species are connected with bees: either because they eat the brood or honey, pollen or wax, because they are parasitic to the bees, or simply because they live within the bees nest.

Usually a honeybee can visit between 50-1000 flowers in one trip, which takes between 30 minutes to four hours. In Europe, a bee can make between seven and 14 trips a day. A colony with 25,000 forager bees, each making 10 trips a day, is able to pollinate 250 million flowers.

Opsie 3: Die vorige bydrae:
Tema: God se plan is eenvoudig. Volg net die instruksies.
Verlede week het ek ‘n versnapering gesoek.
Die koekieblik was dolleeg. Die roomys in die vrieskas was ook opgeëet!
Al wat ek kon kry, was ‘n klein vierkantige boksie sjokoladekitspoeding. Ek kan nie juis kosmaak nie, dus was ek nie so seker dat ek die sjokoladepoeding sou kon maak nie. Agterop die boksie was wel instruksies:

1. Klits die inhoud met 2 koppies melk 2 minute lank.
2. Giet dit in klein individuele bakkies en verkoel.
3. Die poeding sal ná 20 minute gereed wees om te bedien.

Hoe eenvoudig! Enigiemand kan dít doen – selfs ek! 

Baie dinge in die lewe is eintlik eenvoudiger as wat hulle lyk – veral as ons leer om die instruksies te volg.

Vandag se Bybelverhaal leer ons van ‘n man met die naam Naäman. Hy moes ook leer dat moeilike situasies soms eenvoudige oplossings het.

Naäman was baie bekend in sy land en het baie mag gehad. Hy was een van sy land se weermag se belangrikste soldate.

Alhoewel ‘n mens kan dink dat sy lewe ideaal was, het hy ‘n groot probleem gehad. Hy het aan ‘n baie ernstige siekte gely. Hy was melaats – ‘n siekte wat jou sere oor jou hele lyf gegee het, en waarvoor daar nie medisyne was nie.

Vir Naäman se vrou se het ‘n dogtertjie as haar bediende gewerk. Dié dogtertjie het uit die land van die Here se volk, die Israeliete, gekom. Dáár was ‘n man met die naam Elisa. Hy was ‘n profeet van God. Die dogtertjie het al baie wonderlike stories oor hom gehoor, van al die goeie goed wat hy vir die mense gedoen het. Sy het vir die vrou gesê sy wens Naäman kon na dié profeet toe gaan. Sy was seker hy sou Naäman kon gesond maak.

Naäman het toe uiteindelik gegaan. Maar hy het verwag Elisa sal ‘n groot gedoente maak van sy besoek. Hy het verwag Elisa sal hom baie belangrik laat voel en op een of ander manier ‘n groot “show” maak van sy genesing. Hy was baie vies toe hy hoor dat al wat hy moes doen, die eenvoudige ding was om in die Jordaanrivier te gaan bad.

Nou moet julle weet, teenoor die plek waar hy vandaan gekom het, was die Jordaan nie eintlik ‘n rivier nie – in sy oë was dit sommer maar ‘n ou stroompie. Hoe kon Elisa dink dat hy so ‘n eenvoudige iets moes gaan doen?

Naäman het hom eers baie vervies en was op die punt om terug te ry na sy eie land toe. Gelukkig het van die manne by hom hom oortuig om hierdie eenvoudige dingetjie wat so simpel in sy eie oë gelyk het tóg te probeer – en siedaar: Nadat Naäman in die Jordaanrivier was, het sy vel weer geword soos ‘n seuntjie wat net nou die dag gebore is s’n!

Ons kry maar almal partykeer moeilikheid. Dan sal jy graag baie wil doen om dit reg te stel. Sommige mense is selfs gewillig om groot geld te betaal as hulle maar net die moeilikheid uit die pad uit kan kry.

Die vraag is of ons bereid om te doen wat God van ons vra om te doen?

Die Bybel het baie antwoorde van wat ons moet doen – eenvoudige dingetjies, soos om gehoorsaam te wees aan die Here, soos om mekaar te vergewe, soos om mekaar lief te hê. Dit staan alles in die Bybel. Lees net die instruksies!

Preekriglyn

[Nota: Tydens die erediens kan liewer tot by vers 18 voorgelees word – die preek veronderstel dit.]

In die laer-Kongogebied van Afrika is dit gebruik om nkisi nkongi, oftewel gewyde, kragtige voorwerpe te maak. Hierdie sg. heilige voorwerpe, gewoonlik in die vorm van ‘n menslike figuur, beskik volgens plaaslike inwoners oor bo-natuurlike genesende kragte.

Wanneer iemand in die gemeenskap siek is – fisies, emosioneel of geestelik – sal een van die priesters iets van die sieke neem (soos ‘n haarlok of ‘n stukkie klere) en dit aan die heilige figuur gaan vaskap. Sodoende, word geglo, kan die heilige voorwerp vasstel wat met die sieke fout is, en sy kragte gebruik om die sieke te genees.

Min dinge kan belangriker wees as mens se gesondheid. Daarom span mense enigiets in om beheer oor hul gesondheid te kry, om goeie lewensgehalte te verseker. Om jou te wend na heilige voorwerpe, in ‘n poging om toegang te kry tot goddelike genesing, is vir baie glad nie vergesog nie.

Naäman is op soek na so ‘n heilige figuur, iemand wat hom gesond kan maak.  Naäman verteenwoordig die menslike versugting na gesondheid en genesing van siekte.

In hierdie proses loop hy nie ‘n wonderwerker of ‘n heilige voorwerp raak nie. Hy ontmoet die lewende God. En deur sy ervaring leer gelowiges van alle tye God beter ken.

‘n Verhaal vol kontras en ironie

In ons teksgedeelte ontmoet ons ‘n hoogs belangrike en suksesvolle man, Naäman. Hy was die gesiene hoof van die leër van die koning van Aram. Dan word hierdie magtige, dapper soldaat siek. Hy kry melaatsheid, ‘n siekte wat destyds beteken het jy word eenkant toe geskuif. Jy is nie langer in die sosiale sentrum nie, maar op die kantlyn. Daar hang ‘n donker wolk oor sy loopbaan.

Nog ‘n merkwaardige kontras is een wat destyds dadelik vir die Israeliete duidelik was. Naäman is die aanvoerder van Israel se aartsvyande die Arameërs – en tog het hy sy militêre sukses aan die Here te danke.

Sukses of nie, sy gesondheid laat hom gruwelik in die steek. Ironies genoeg kom sy hulp nou van ‘n hulpelose Israelitiese dogtertjie in sy huishouding. Hierdie dogtertjie is die slagoffer van die Arameërs se militêre sukses. Sy is tydens ‘n Aramese strooptog uit Israel weggevoer, en het ‘n slaaf geword. Soos altyd is vroue en kinders die grootste slagoffers van militêre geweld. Hierdie dogtertjie word egter vir Naäman ‘n bron van hoop. Sy weet van die profeet in Samaria, Elisa, deur wie genesing van Naäman kan kom.

Naäman vra toestemming by sy koning om na Israel te gaan. Dié stuur hom met ‘n brief na die koning van Israel toe. ‘n Astronomiese geskenk van goud, silwer en klere gaan saam, wat aandui hoe belangrik Naäman vir hom was. Verder weet hy dat die Israeliete ‘n paar uitstaande rekeninge teen die Arameërs hou, waarvoor gekompenseer moet word. Almal weet boonop dat groot gunste groot betalings vereis.

Terwyl die klein dogtertjie weet wat moet gebeur, is Israel se koning behoorlik sonder raad. Hy kan net polities dink. Dit is tog duidelik dat hy Naäman nie van sy melaatsheid kan genees nie. Tipies politikus, kan hy net dink Aram se koning soek skoor, en wil oorlog maak. Die koning vergeet van die profeet.

Wanneer Elisa van die koning se penarie hoor, stuur hy ‘n boodskap: Naäman moet na hom toe kom. Binne die verwysingsraamwerk van die twee konings was Elisa ook maar net nog ‘n relatiewe onbelangrike figuur. Hulle dink nie eers oor hom of hou rekening met hom nie. Net soos die klein dogtertjie, is Elisa ‘n voorbeeld van ‘n tweede onbelangrike persoon wat die verhaal weer op koers kry.

So land Naäman met sy pragtige wa en swierige perde by Elisa aan. Hy hou stil voor Elisa se huis, maar daar is geen Elisa nie. Net ‘n kinderlike boodskap: Gaan was jou sewe keer in die Jordaan. Belangrike mense is nie gewoon om só alledaags hanteer te word nie. ‘n Woedende Naäman ry daar weg. Hy dog daar sal dramatiese rituele en gebede wees. Nou moet hy hom in die agtertangse Jordaan gaan was.

Vir die derde keer is dit die nederige, gewone mense wat die situasie red. Sy amptenare pleit by hom om die eenvoudige dingetjie te doen en hom in die Jordaan te gaan was. Gelukkig sak Naäman se bui betyds, en hy gaan was in die Jordaan. Sewe keer. Dit het verstommende resultate: sy vel het gesond geword, soos dié van ‘n klein seuntjie, en hy was weer rein. Na al die klein mensies hom beetgehad het, is hy weer gesond – ironies – soos ‘n klein seuntjie.

Die uitkoms is Naäman se belydenis in vers 15: “Ek weet nou, daar is geen God op die hele aarde nie behalwe in Israel.”  Hy wil ook offers bring slegs aan die ware God, en aan geen ander God nie (17). Effe deurmekaar, wil hy grond saamneem om daarop te offer. Waarskynlik het hy gedink die ware God kan net op Joodse grond aanbid word. Dis ‘n vergissing. Hy is nietemin ernstig om die Here reg te dien, en vra by voorbaat verskoning dat hy dalk soms sy koning na heidense aanbidding sal moet vergesel.

Naäman wil ook vir Elisa ‘n groot geskenk gee.  Elisa weier die groot geskenk volstrek om te onderstreep dat hy eintlik niks gedoen het nie. In hierdie geval was hy inderdaad net die pypleiding waardeur God se woorde gekom en God se dade effektief geword het. Wat God vrylik gee, is nooit te koop nie.

‘n Ballingskap-verhaal

Die finale vorm waarin ons die boek 2 Konings het, dateer uit die tyd van die ballingskap. Die volk is ontwortel. Hulle is weg van hulle grond, het hulle nie eers ‘n paar wavragte Israelse grond nie. Hulle heiligdom is verwoes, die stede, waaronder Jerusalem, lê plat. In hierdie tyd word die geskiedenis van God se betrokkenheid by sy volk vertel om hulle koers en rigting te gee. Hulle ontmoet God, wat aktief in die geskiedenis en in hulle lewens werk, op ‘n kragtige manier.

Die verhaal het ten doel om die klem op God se aksie in die wêreld te plaas, sodat mense hulle lewens in uitdagende tye aan God se bedoelinge en God se identiteit kan oriënteer. Ook die verhaal van Naäman se genesing is dinamiese verkondiging wat ons as luisteraars voor die lewende God te staan bring.

Wat doen hierdie ware God, en hoe werk God?

Klein mensies is belangrik

Aan die randfigure in ballingskap word in hierdie verhaal verkondig dat God aktief werk deur die kleintjies. Die hooffigure in die verhaal is God self, en die heidense Naäman wat deur God se gebruik van klein mensies, by God uitkom.

Die grotes in die verhaal, Naäman self, die konings van Aram en van Israel, struikel en verloor telkens koers. Hulle word deur die kleintjies reggehelp. Die kleintjies is die manne, vroue, dogters en seuns van God, sensitief vir God, en bruikbaar vir God se handelinge.

Die mense met die middele – die konings en die leërhoof – kyk moeilik verder as hulle bronne. Dit is politieke kwessies, geldelike middele, aansien en invloed wat soos ‘n skerm inskuif tussen mense en God.

Sonder die dogtertjie, boonop ‘n slavin, en sy dienaars, sonder die “man van God” wat nie eers persoonlik kontak maak nie, sou Naäman melaats gebly het. Die kleintjies gee die deurslag.

Die niksbeduidende onderhoriges is glad nie so magteloos nie. In hierdie geskiedenis hang die heil en toekoms van die grotes juis van hulle af.

As ons vanoggend onsself in hierdie verhaal moet inskuif, wonder ek waar ons sal inpas? Is ons dalk Naäman, of een van die konings? Dink maar net aan die bronne en middele waaroor ons beskik. Hoeveel gaan dit verg om ons oë te laat wegdraai van die polis, die mediese versekering, die veilige mure rondom ons huis, die alarmstelsel, die beleggings, en so aan.

Ons moet versigtig wees om ons bronne en middele nie af te kraak, asof dit nie belangrik is nie. ‘n Goeie werk, ‘n vaste inkomste, spaarsamigheid, voorsorg vir die toekoms, en besorgdheid oor ons veiligheid is belangrik. Maar dit kan die geestelike vensters van ons lewe wat ons sensitief vir God hou, laat toewasem. Ons kan naderhand nie meer vir God raaksien nie.

Mense wat in grenservarings kom, soos diegene wat hoor hulle is ernstig siek, word dikwels in ‘n oogwink bevry van hierdie magsmiddele wat mens jou sensitiwiteit vir God laat verloor. Ons kan by hulle leer om onsself doelbewus in te oefen in ‘n situasie waar ons voortdurend met die Here leer rekening hou.

Verder moet ons daagliks bly vra wie die kleintjies is wat die Here oor ons pad stuur om ons op koers te hou. Elke persoon van aansien in ‘n senior bestuursposisie – om ‘n voorbeeld te noem – weet dat daar kleintjies in die maatskappy is met besondere wysheid. Dit is daardie mense wat jou help om dinge anders te sien, en om God te bly raaksien. Elke ouer weet mens hoor die waarheid uit die mond van die suigeling.

Die kleintjies help jou om jouself te relativeer, gereeld jou eie ballon te prik, en op God gefokus te bly.

In gemeente is die kleintjies dikwels diegene van buite, diegene sonder invloed of formele lidmaatskap, wat die gemeente moet bly hoor, moet konsulteer, om God se stem ook op hierdie manier te hoor.

God werk buite die grense

Hierdie geskiedenis vertel hoedat God buite die grense van Israel werk. Dit gaan oor geografiese, maar ook geloofsgrense. Naäman, leërhoof van die aartsvyande van Israel, die Arameërs, behaal ‘n oorwinning deur die Here se genade. Wanneer hy siek word, is daar ‘n Joodse meisietjie – ver buite haar land – beskikbaar om hom op die Here te wys.

Op hierdie manier bereik God se genesing die wêreld ver buite die grense van sy volk, op daardie stadium sy land, en dus ook die Ou Testamentiese kerk.

Soos die slavin-dogtertjie in Aram, kan die Here se volk in ballingskap ook weet: God en God se evangelie word deur geen grense gebind nie. Dit is deel van God se identiteit, en ‘n wesenlike kenmerk van die evangelie, dat dit geen menslike grense respekteer nie. Reg van die begin af sê God vir Abraham: Ek seën jou, sodat My seën die nasies kan bereik.

God se karakter verstom dikwels sy kinders. Sou Elisa kon raai dat sy raad om van melaatsheid ontslae te raak, sou lei tot die draai van Naäman na God? Sou die dogtertjie kon raai Naäman sal ‘n toegewyde volgeling van die ware God wees as hy terugkeer uit Israel? Waarskynlik nie. Hulle het ‘n verrassing gekry. Maar so is God. God is vry om te doen wat God behaag om God se doel te bereik.

Die Jode van Jesus se tyd het die skok van hulle lewe gekry. God se verrassende handelinge in Jesus van Nasaret, Seun van God, het alle voorspellings oor wie God is, en hoe God werk, tot niet gemaak. Wie sou kon raai dat Jesus sou sê Hy is die teenwoordigheid van God, deur wie mense by God uitkom, en nie die tempel nie? Wie sou kon raai dat die navolging van Jesus mens in die regte verhouding met God bring, en nie die rituele van die wet nie? Wie sou kon raai dat almal wat Jesus Here noem, familie van God is, en nie bloot diegene wat hul geslagregister kan naspoor tot by Abraham nie.

Met diepe vroomheid het die Jode God ingeboks, en gemeen hulle kan God voorspel. Daarom het hulle soveel aanstoot aan Jesus geneem. Hulle het Hom selfs uit die weg geruim. Maar deur Jesus uit die dood op te wek, het God getoon dat Jesus die hoogtepunt van God se openbaring is. Deur die ongehoorde teken van die kruis, wat die grootste moontlike onderspit is wat ‘n mens kan delf, het God die wêreld oorwin.

God werk buite die grense
Vir gelowiges en gemeentes het dit enorme implikasies. Die getrouheid wat van ons gevra word is nie net getrouheid aan die verlede nie, maar ook aan die dinge wat God besig is om te doen, en wil doen. Ons moet getrou aan God se toekoms wees. Jesus is reeds opgewek, en sit aan die regterhand van die Vader. Jesus is in die toekoms, en regeer oor ons vanuit die toekoms. Soos met die Emmausgangers, ontmoet Hy ons vanuit die toekoms, hou gemeenskap met ons deur brood en wyn, en lei ons na die toekoms wat Hy vir ons weggelê het – reeds hier op aarde en in die ewigheid.

Wie met God rekening hou, moet met verrassing rekening hou. Wie met God rekening hou, moet leer om verbeeldingryk, waarderend, en oop te wees vir die onverwagse vryheid van God om te doen wat God behaag.

Ons leer hierdie dinge uit die Bybel, die historiese en betroubare rekord van God en God se werkswyse op aarde.

God vorm mense om vir Hom bruikbaar te wees

Wanneer mens hierdie verhaal as verkondiging aan ‘n ontwortelde Israel hoor, is daar ‘n enorme hoeveel skaafwerk aan God se mense in hierdie verhaal opgesluit. Mens sien die Pottebakker aan die werk met sy volk.

Eerstens wys God dat getrouheid aan Hom dikwels in die klein dingetjies lê. Israel droom van terugkeer na die land, van die herbou van die ontmoetingsplek met God en die herstel van die stad. Intussen demonstreer God hoedat die eenvoudige getrouheid van ‘n dogtertjie-in-ballingskap en ‘n profeet genoeg is om God sy heerlike doel te laat bereik. Groot projekte, nasionale herstrukturering, kollektiewe transformasie en bevryding is nie eers nodig voordat ons bruikbaar vir God is nie.

Tweedens is mens net waar jy is, bruikbaar vir God. Daar is nie eers ‘n aantal stappe wat jy hoef te neem om elders te eindig, voordat jy iets vir God kan doen nie. Dit is ook waar van Israel in ballingskap. Die Here het hulle trouens opdrag gegee om die gehate Babilon se belange te soek (Jeremia 29).

Derdens het God se mense ‘n missionêre taak. Ons moet doelbewus oor grense gaan. Tipies van kinders, dink die slavinnetjie nie Naäman moet eers ‘n Jood word voordat God in hom sal belangstel nie. N natuurlik sal diegene teenoor wie ons getuig snaakse idees hê. Soos Naäman wat grond wil terugry Aram toe om die Here te kan aanbid. Sulke snaakse idees diskwalifiseer mense nie om in ‘n egte verhouding met God te tree nie. Hulle erns met God sal jou verstom. Dis soos die mense van Nineve wat die Here baie ernstig opneem as Jona God se oordeel verkondig – en hulle onmiddellik bekeer. Die gesindheid is baie belangriker as die uiterlike.

Waar die kerk tans is

In Westerse samelewings is daar groot bekommernis oor die kerk wat besig is om mag en invloed te verloor. Hierdie gedeelte help ons verstaan dat ons ons nie moet laat lamlê deur die golwe rondom ons nie. Getrouheid aan die Here is om die Here raak te sien, om getrou aan die Here se bedoeling te wees in elke geleentheid wat oor jou pad kom, en om deel te neem aan God se uitreik na die wêreld.

Op die manier kan ons help dat mense wat na allerhande dinge gryp, soos die heilige voorwerpe in Afrika, of na die voorsorgfondse en wetenskaplike kennis van die Westerling, deur dit alles by God uitkom.

God stuur ons om te leef

Gebed
Offergawes

Wegsending:Lied 309 “My lewe bly aan U gewy 1,2,3”

Seën
Mag die liefde van die Here Jesus ons na Hom toe trek.
Mag die krag van die Here Jesus ons sterk maak in sy diens.
Mag die vreugde van die Here Jesus ons vervul.
Mag die seën van die almagtige God, die Vader, Seun en Heilige Gees, tussen ons wees en vir altyd bly.

Musikale Amen: Lied 312/313/314/315/ of
F361. Laat Dit So Wees (Amen)
(RUBRIEK: Kersflam – Gebed)
Teks en musiek: Neil Büchner
Kopiereg: © Flam Musiek-Uitgewers

Laat dit so wees, Here, Amen.
Laat dit so wees, Here, Amen.
Heer, laat ons leef soos U leer
Here, Amen.
Laat dit so wees, Here, Amen.

A ministry platform for faith leaders.

© Copyright Bible Media | This site is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.