Sesde Sondag in Lydenstyd (Palmsondag)

Sections

Oorsig

Die sesde Sondag in Lydenstyd is tradisioneel ook Palmsondag, die dag waarop Jesus se intog in Jerusalem herdenk word, maar terselfdertyd ook die Sondag wat Groot Lydensweek inlui. Die erediens op hierdie Sondag het dus ’n tweeledige fokus:

  • Herdenking van die juigende viering van Jesus se intog in Jerusalem.
  • Die besef dat die gemeente haar weer op die vooraand van die herdenking van Jesus se lyding, sterwe en opstanding bevind.

Ander tekste

Jesaja 50:4-9a
Wie wil my aankla?
4Die Here my God het my geleer
om die regte woorde te gebruik
sodat ek dié wat moeg is,
kan moed inpraat.
Elke môre laat Hy my opnuut
weer luister,
Hy laat my luister
soos ’n leerling moet luister.
5Die Here my God het my geleer
om te luister:
ek was nie teen Hom opstandig nie,
ek was nie ontrou aan Hom nie.
6Ek het my rug gehou
vir dié wat my slaan,
my wang vir dié
wat my baard uittrek.
Ek het my gesig nie weggedraai
toe ek bespot en bespoeg is nie.
7Die Here my God help my,
ek sal nie teleurgestel staan nie;
ek sal my nie ontstel nie,
ek weet ek sal nie
in verleentheid kom nie.
8Hy wat my onskuldig sal verklaar,
is naby;
wie wil ’n aanklag teen my inbring?
Laat ons elkeen sy saak stel.
Wie wil my aankla?
Laat hom vorentoe kom.
9Die Here my God help my;
wie sal my dan skuldig verklaar?

Dit is verby met almal wat my beskuldig,
soos met ’n lap
wat deur motte gevreet word.
10Wie van julle dien die Here
en luister na sy dienaar?
Wie in die donker loop
en geen lig sien nie,
moet op die Here vertrou,
moet op sy God steun.
11Maar julle wat vure aansteek,
wat brandpyle gereed maak,
julle sal in julle eie vuur brand,
deur julle eie brandpyle
sal julle doodbrand.
Dit is my mag wat dit oor julle bring,
julle sal beland in die plek
waar die pyn nooit ophou nie.

Psalms 118:1-2, 19-29
Die Here doen kragtige dade
118 Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie!
2Israel moet getuig:
“Aan sy liefde is daar geen einde nie.” 

19Maak die tempelpoort vir my oop:
ek wil ingaan en die Here loof.
20Dit is die poort na die Here toe;
regverdiges mag daardeur ingaan.
21Ek wil U loof
omdat U my gebed verhoor
en my gered het.
22Die klip wat deur die bouers
afgekeur is,
juis hy het die belangrikste klip
in die gebou geword.
23Dit is deur die Here gedoen
en is ’n wonder in ons oë!
24Dit is die dag
wat die Here gemaak het;
laat ons daaroor juig en bly wees.
25Red tog, Here,
gee tog voorspoed, Here!
26Prys hom
wat in die Naam van die Here kom!
Ons seën julle uit die huis van die Here.
27Die Here is God;
Hy skenk ons die lewe.
Begin die fees! Wuif met takke!
Gaan tot by die horings van die altaar.
28U is my God, U wil ek loof;
my God, u grootheid wil ek besing.
29Loof die Here, want Hy is goed,
aan sy liefde is daar geen einde nie.

Psalms 31:9-16
U het die bedreiging van my lewe
raakgesien
9en my nie aan die mag van die vyand
oorgelewer nie;
U het my ’n veilige staanplek gegee.

10Wees my genadig, Here,
want ek is in die nood;
van verdriet het my oë swak geword,
ja, alles in my.
11My lewe vergaan van kommer
en my jare van swaarkry;
deur my ellende word my krag geknak
en teer my liggaam uit.
12Ek is die spot van al my teëstanders,
veral van my bure,
’n verskrikking vir al my bekendes.
Dié wat my op straat sien,
vlug vir my.
13Ek is vergeet
soos iemand wat lankal dood is,
ek het geword soos ’n ding
wat lê en vergaan.
14Ek hoor dreigemente van baie;
dit dreig van alle kante af.
Baie span teen my saam
en smee planne om my lewe te neem.
15Maar ek vertrou op U, Here,
ek sê: U is my God.
16My tye is in u hand.
Red my uit die hande van my vyande
en vervolgers!

17Verskyn tog tot my redding,
red my deur u onfeilbare liefde.
18Here, laat my nie teleurgestel staan
in my verwagting
as ek U aanroep nie.

Lukas 19:28-40

Die instelling van die nagmaal
(Matt 26:26–30; Mark 14:22–26; 1 Kor 11:23–25)
14Toe dit tyd was, het Jesus aan tafel gegaan en die apostels saam met Hom. 15Hy sê toe vir hulle: “Ek het baie daarna uitgesien om hierdie paasmaaltyd saam met julle te eet voordat Ek ly. 16Ek sê vir julle: Ek sal dit nie weer eet voordat dit in die koninkryk van God sy volle betekenis gekry het nie.”

17Daarna neem Hy ’n beker, spreek die dankgebed uit en sê: “Neem dit en gee dit vir mekaar aan. 18Ek sê vir julle: Ek sal van nou af nie weer wyn drink voordat die koninkryk van God gekom het nie.”

19Toe neem Hy brood, spreek die dankgebed uit, breek dit en gee dit vir hulle met die woorde: “Dit is my liggaam wat vir julle gegee word. Gebruik dit tot my gedagtenis.”

20Met die beker na die maaltyd het Hy net so gemaak en gesê: “Hierdie beker is die nuwe verbond, beseël deur my bloed, wat vir julle vergiet word.

21“Maar kyk, die hand van die man wat My verraai, is saam met Myne hier op die tafel. 22Met die Seun van die mens sal dit gaan soos dit voorbeskik is, maar wee die man deur wie Hy verraai word!”

23Toe begin hulle mekaar uitvra wie van hulle dit kon wees wat so iets sou doen.

Die ware grootheid
(Vgl Matt 20:24–28; Mark 9:30–37; 10:41–45; Joh 13:4–5, 12–17)

24Daar het onenigheid onder hulle ontstaan oor wie van hulle as die belangrikste beskou moet word. 25Maar Jesus sê vir hulle: “By die nasies is dit so: konings speel oor hulle baas, en dié wat gesag afdwing, laat hulleself weldoeners noem. 26Maar by julle moet dit nie so wees nie. Inteendeel, die belangrikste onder julle moet soos die geringste wees, en die een wat die leier is, soos die een wat dien. 27Wie is die belangrikste: die een wat aan tafel is, of die een wat bedien? Tog hy wat aan tafel is, nie waar nie? Maar Ek is in julle kring soos die een wat dien.

28“Julle is die mense wat in my beproewings altyddeur by My gebly het. 29Net soos my Vader ’n koninkryk aan My bemaak het, so bemaak Ek ’n koninkryk aan julle, 30sodat julle in my koninkryk aan my tafel kan eet en drink en op trone kan sit om oor die twaalf stamme van Israel te regeer.”

Petrus sal Jesus verloën
(Matt 26:31–35; Mark 14:27–31; Joh 13:36–38)
31“Simon, Simon!” het Jesus gesê. “Luister! Die Satan het daarop aangedring om julle soos koring te sif. 32Maar Ek het vir jou gebid dat jou geloof jou nie begewe nie. As jy weer tot inkeer gekom het, moet jy jou broers versterk.”

33Petrus sê vir Hom: “Here, ek is bereid om saam met U selfs gevangenskap en dood in te gaan.”

34Maar Hy antwoord: “Petrus, Ek sê vir jou: Die haan sal vannag nie kraai voordat jy My drie maal verloën het deur te sê dat jy My nie ken nie.”

Die stryd kom
35Verder het Jesus vir hulle gesê: “Toe Ek julle uitgestuur het sonder beursie en reissak en skoene, het julle iets kortgekom?”
“Nee, niks nie!” was hulle antwoord.

36Toe sê Hy vir hulle: “Maar nou, wie ’n beursie het, moet dit saamneem, en net so ook ’n reissak. En wie nie ’n swaard het nie, moet van sy klere verkoop en een aanskaf. 37Ek sê vir julle: Die Skrifwoord wat sê: ‘En Hy is as misdadiger beskou,’ moet aan My bewaarheid word, want wat op My betrekking het, gaan nou in vervulling.”

38Hulle sê toe: “Here, kyk hier is twee swaarde.”
“Ons laat dit daarby,” antwoord Hy hulle.

Jesus in Getsemane
(Matt 26:36–46; Mark 14:32–42)
39Jesus het die stad verlaat en volgens gewoonte Olyfberg toe gegaan, en sy dissipels het Hom gevolg. 40Toe Hy op die plek aankom, sê Hy vir hulle: “Bid dat julle nie in versoeking kom nie.”

41Hy het Hom toe van hulle afgesonder omtrent so ver as ’n mens met ’n klip kan gooi. Daar het Hy gekniel en gebid: 42“Vader, as U wil, neem tog hierdie lydensbeker van My af weg. Laat nogtans nie my wil nie maar u wil geskied!”

43’n Engel uit die hemel het aan Hom verskyn en Hom versterk. 44Hy het in doodsangs geraak en het nog ernstiger gebid. Sy sweet het soos bloeddruppels geword wat op die grond val.

45Toe Hy van die gebed opstaan en by die dissipels kom, kry Hy hulle aan die slaap, uitgeput van droefheid. 46Hy sê toe vir hulle: “Waarom slaap julle? Staan op en bid, sodat julle nie in versoeking kom nie.”

Jesus word gevange geneem
(Matt 26:47–56; Mark 14:43–50; Joh 18:3–11)
47Terwyl Jesus nog praat, kom ’n klomp mense daar aan. Die een wat Judas genoem is, een van die twaalf, het hulle gelei en nader gekom na Jesus toe om Hom te soen. 48Maar Jesus sê vir hom: “Judas, verraai jy die Seun van die mens met ’n soen?”

49Toe dié wat saam met Jesus was, sien wat gaan gebeur, vra hulle: “Here, moet ons hulle met die swaard aanval?”

50Een van hulle slaan toe na die slaaf van die hoëpriester en kap sy regteroor af. 51Maar Jesus sê: “Hou op daarmee!”
Daarna het Hy die oor aangeraak en hom genees.

52Toe sê Jesus vir die priesterhoofde, die offisiere van die tempelwag en die familiehoofde wat teen Hom opgetrek het: “Trek julle met swaarde en stokke uit soos teen ’n rower? 53Dag vir dag was Ek saam met julle in die tempel, en julle het nie ’n hand uitgesteek om My te vang nie. Maar nou dat die tyd vir die duistere magte daar is, het julle julle kans.”

Petrus verloën Jesus
(Matt 26:57–58, 69–75; Mark 14:53–54, 66–72; Joh 18:12–18, 25–27)
54Hulle het Jesus toe gevange geneem en Hom weggelei en in die huis van die hoëpriester gebring. Petrus het op ’n afstand agterna gekom. 55In die middel van die binneplaas was daar ’n vuur, en daar het mense bymekaar gesit. Petrus het tussen hulle gaan sit. 56’n Diensmeisie wat hom in die skynsel van die vuur sien sit het, het hom goed bekyk en gesê: “Dié een was ook saam met daardie man.”

57Maar Petrus het dit ontken deur te sê: “Juffrou, ek ken Hom nie!”

58’n Rukkie later sien iemand anders hom en sê: “Jy is mos ook een van hulle.”
Maar Petrus antwoord: “Man, ek is nie!”

59Na verloop van sowat ’n uur het nog een met beslistheid beweer: “Sowaar, dié een was ook saam met daardie man. Hy is mos ook ’n Galileër!”

60Maar Petrus sê: “Man, ek weet nie waarvan jy praat nie!”

En onmiddellik, terwyl hy nog praat, het daar ’n haan gekraai. 61Die Here het omgedraai en Petrus aangekyk. Toe val dit Petrus by wat die Here vir hom gesê het: “Voordat die haan vannag kraai, sal jy My drie maal verloën.” 62En Petrus het buitentoe gegaan en bitterlik gehuil.

Jesus word bespot
(Matt 26:67–68; Mark 14:65)
63Die manne wat vir Jesus bewaak het, het aangehou om met Hom die spot te dryf en Hom te slaan. 64Hulle het Hom geblinddoek en gesê: “Jy is mos ’n profeet! Sê wie het jou geslaan!”

65En nog baie ander godslasterlike dinge het hulle Hom toegesnou.

Jesus voor die Joodse Raad
(Matt 26:59–66; Mark 14:55–64; Joh 18:19–24)
66Toe dit dag word, het die Raad van die volk—die priesterhoofde en die skrifgeleerdes—vergader en Jesus voor hulle laat bring.

67Hulle sê toe: “As jy die Christus is, sê dit vir ons.”

Maar Hy antwoord hulle: “Al sou Ek dit vir julle sê, sal julle tog nie glo nie; 68en al sou Ek vir julle ’n vraag stel, sal julle ook nie antwoord nie. 69Maar van nou af sal die Seun van die mens aan die regterhand van die almagtige God sit.”

70Toe vra hulle almal: “Dan is jy die Seun van God?”
Hy sê vir hulle: “Dit is soos julle sê: Ek is!”

71Daarop sê hulle: “Waarvoor het ons dan nog getuienis nodig? Ons het dit mos uit sy eie mond gehoor!”

Jesus voor Pilatus
(Matt 27:1–2, 11–14; Mark 15:1–5; Joh 18:28–38)
23 Daarna het die hele vergadering opgestaan en Jesus na Pilatus toe gebring. 2Daar het hulle die aanklag teen Hom begin deur te sê: “Ons het bevind dat hierdie man ons volk ophits: hy belet hulle om aan die keiser belasting te betaal en beweer dat hy die Christus, die koning, is.”

3Pilatus vra Hom toe: “Is jy die koning van die Jode?”
Hy antwoord hom: “Dit is soos u sê.”

4Daarop sê Pilatus vir die priesterhoofde en die skare: “Ek vind geen skuld in hierdie man nie.”

5Maar hulle het sterker aangedring en gesê: “Die hele Joodse land deur stook hy die volk op met sy leer. Hy het van Galilea af begin en tot hier daarmee gekom.”

Jesus voor Herodus
6Toe Pilatus dit hoor, vra hy of die man dan ’n Galileër is. 7Nadat hy te wete gekom het dat Jesus uit die magsgebied van Herodes afkomstig was, het hy Hom na Herodes toe gestuur, wat juis in daardie tyd self in Jerusalem was.

8Herodes was baie bly om Jesus te sien. Omdat hy soveel van Hom gehoor het, het hy al ’n geruime tyd die begeerte gehad om Hom te sien. Hy het ook gehoop om Hom een of ander wonderwerk te sien doen. 9Hy het allerlei vrae aan Hom gestel, maar Jesus het hom niks geantwoord nie. 10Die priesterhoofde en die skrifgeleerdes het Hom heftig gestaan en beskuldig. 11Herodes en sy soldate het Hom toe met veragting behandel. Hy het Hom ’n deftige kleed laat omhang, met Hom die spot gedryf en Hom daarna na Pilatus toe teruggestuur.

12Op daardie dag het Herodes en Pilatus vriende geword. Voorheen was daar kwaaivriendskap tussen hulle.

Pilatus lewer Jesus uit om gekruisig te word
(Matt 27:15–26; Mark 15:6–15; Joh 18:39–19:16)
13Daarna het Pilatus die priesterhoofde, die lede van die Joodse Raad en die volk bymekaar geroep 14en vir hulle gesê: “Julle het hierdie man voor my gebring as ’n opruier van die volk. Nou het ek in julle teenwoordigheid die saak ondersoek, en ek het in hierdie man geen grond gevind vir die aanklag wat julle teen hom inbring nie. 15Herodes het ook nie, want hy het hom na ons toe teruggestuur. Hy het beslis niks gedoen wat die dood verdien nie. 16Ek sal hom dus laat gésel en dan loslaat.” 17

1819Laat Barabbas vir ons los!”
Barabbas was in die tronk oor ’n opstand in die stad en oor moord.

20Omdat Pilatus vir Jesus wou loslaat, het hy weer met hulle gepraat, 21maar hulle het aanhoudend uitgeroep: “Kruisig, kruisig hom!”

22Die derde keer sê Pilatus vir hulle: “Watter kwaad het die man gedoen? Ek het in hom niks gekry wat die doodstraf regverdig nie. Ek sal hom dus laat gésel en dan loslaat.”

23Hulle het egter met ’n harde geskreeu aangehou om te eis dat Jesus gekruisig moes word, en met hulle geskreeu het hulle die oorhand gekry. 24Pilatus het toe besluit dat aan hulle eis voldoen moes word. 25Die man wat oor opstand en moord in die tronk was, het hy vrygelaat, soos hulle geëis het, maar vir Jesus het hy uitgelewer, soos hulle wou hê.

Jesus word gekruisig
(Matt 27:31–44; Mark 15:21–32; Joh 19:17–27)
26Terwyl hulle Hom weglei, gryp hulle ’n sekere Simon van Sirene, wat toe net van buite die stad af gekom het, en sit die kruis op hom om dit agter Jesus aan te dra.

27’n Groot menigte van die volk het agter Jesus aan geloop, onder wie ook vroue wat oor Hom getreur en gehuil het. 28Maar Jesus het na hulle toe omgedraai en gesê: “Vroue van Jerusalem, moenie oor My huil nie, huil oor julleself en julle kinders, 29want daar kom dae waarin hulle sal sê: ‘Hoe gelukkig is die onvrugbare vroue en dié wat nooit ’n kind in die wêreld gebring het of gevoed het nie.’

30“Dan sal hulle vir die berge sê:
‘Val op ons!’
en vir die heuwels:
‘Bedek ons!’

31As hulle dit met die groen hout doen, wat sal dan met die droë hout gebeur?”

32Daar is ook twee ander, albei misdadigers, weggelei om saam met Jesus tereggestel te word.

33Toe hulle by die plek kom wat Kopbeen genoem word, het hulle Hom daar saam met die misdadigers gekruisig, die een aan sy regter- en die ander een aan sy linkerkant. 34Toe sê Jesus: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!”
Hulle het sy klere verdeel deur te loot.

35Die volk het daar gestaan en kyk. Hulle raadslede het Hom ook uitgelag en gesê: “Ander het hy gered. Laat hy homself red as hy die Christus is wat deur God uitverkies is.”

36Ook die soldate het vorentoe gekom en Hom bespot. Hulle het vir Hom suur wyn aangebied 37en gesê: “As jy die koning van die Jode is, red jouself.”

38Daar was ook ’n opskrif bokant Hom: “Dit is die koning van die Jode.”

39Een van die misdadigers wat daar gehang het, het Hom gelaster deur te sê: “Is jy dan nie die Christus nie? Red jouself en ons ook!”

40Maar die ander een het hom tereggewys en gesê: “Is jy nie bang vir God nie? Jy ondergaan tog dieselfde straf as hierdie man! 41In ons geval is dit regverdig, want ons ontvang die verdiende straf vir ons dade. Maar hierdie man het niks verkeerds gedoen nie.” 42Verder sê hy: “Jesus, dink aan my wanneer U in u koninkryk kom.”

43Jesus antwoord hom: “Ek verseker jou: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees.”

Jesus sterwe
(Matt 27:45–56; Mark 15:33–41; Joh 19:28–30)
44Dit was al omtrent twaalfuur, toe kom daar duisternis oor die hele land, en dit het tot drie-uur geduur; 45die son het opgehou om te skyn. Die voorhangsel in die tempel het middeldeur geskeur. 46Jesus het hard uitgeroep: “Vader, in u hande gee Ek my gees oor.”
Na hierdie woorde het Hy die laaste asem uitgeblaas.

47Toe die offisier sien wat gebeur het, het hy God geprys en gesê: “Hierdie man was werklik onskuldig.”

48Al die mense wat saamgedrom het om na die skouspel te kyk en gesien het wat daar gebeur het, het verslae huis toe gegaan. 49Maar al Jesus se vriende, ook die vroue wat Hom van Galilea af gevolg het, het op ’n afstand bly staan. Hulle het al hierdie dinge gesien.

Jesus word begrawe
(Matt 27:57–61; Mark 15:42–47; Joh 19:38–42)
50–51Daar was ’n man met die naam Josef, afkomstig van ’n Joodse dorpie Arimatea. Hy was ’n goeie en opregte man en het die koms van die koninkryk van God verwag. Hoewel hy lid van die Joodse Raad was, het hy nie met hulle besluit en optrede saamgestem nie. 52Hierdie man het na Pilatus toe gegaan en die liggaam van Jesus gevra. 53Nadat hy dit van die kruis afgehaal het, het hy dit in linne toegedraai en in ’n rotsgraf neergelê waarin nog nooit tevore iemand begrawe was nie. 54Dit was Vrydag, en die sabbat het al begin aanbreek.

55Die vroue wat saam met Jesus van Galilea af gekom het, het saamgeloop en die graf gesien en gekyk hoe sy liggaam neergelê word. 56Daarna het hulle huis toe gegaan en reukolie en salf reggemaak.
Op die sabbatdag het hulle gerus, soos die gebod bepaal.

Lukas 23:1-49
Jesus voor Pilatus
(Matt 27:1–2, 11–14; Mark 15:1–5; Joh 18:28–38)
23 Daarna het die hele vergadering opgestaan en Jesus na Pilatus toe gebring. 2Daar het hulle die aanklag teen Hom begin deur te sê: “Ons het bevind dat hierdie man ons volk ophits: hy belet hulle om aan die keiser belasting te betaal en beweer dat hy die Christus, die koning, is.”

3Pilatus vra Hom toe: “Is jy die koning van die Jode?”
Hy antwoord hom: “Dit is soos u sê.”

4Daarop sê Pilatus vir die priesterhoofde en die skare: “Ek vind geen skuld in hierdie man nie.”

5Maar hulle het sterker aangedring en gesê: “Die hele Joodse land deur stook hy die volk op met sy leer. Hy het van Galilea af begin en tot hier daarmee gekom.”

Jesus voor Herodus
6Toe Pilatus dit hoor, vra hy of die man dan ’n Galileër is. 7Nadat hy te wete gekom het dat Jesus uit die magsgebied van Herodes afkomstig was, het hy Hom na Herodes toe gestuur, wat juis in daardie tyd self in Jerusalem was.

8Herodes was baie bly om Jesus te sien. Omdat hy soveel van Hom gehoor het, het hy al ’n geruime tyd die begeerte gehad om Hom te sien. Hy het ook gehoop om Hom een of ander wonderwerk te sien doen. 9Hy het allerlei vrae aan Hom gestel, maar Jesus het hom niks geantwoord nie. 10Die priesterhoofde en die skrifgeleerdes het Hom heftig gestaan en beskuldig. 11Herodes en sy soldate het Hom toe met veragting behandel. Hy het Hom ’n deftige kleed laat omhang, met Hom die spot gedryf en Hom daarna na Pilatus toe teruggestuur.

12Op daardie dag het Herodes en Pilatus vriende geword. Voorheen was daar kwaaivriendskap tussen hulle.

Pilatus lewer Jesus uit om gekruisig te word
(Matt 27:15–26; Mark 15:6–15; Joh 18:39–19:16)
13Daarna het Pilatus die priesterhoofde, die lede van die Joodse Raad en die volk bymekaar geroep 14en vir hulle gesê: “Julle het hierdie man voor my gebring as ’n opruier van die volk. Nou het ek in julle teenwoordigheid die saak ondersoek, en ek het in hierdie man geen grond gevind vir die aanklag wat julle teen hom inbring nie. 15Herodes het ook nie, want hy het hom na ons toe teruggestuur. Hy het beslis niks gedoen wat die dood verdien nie. 16Ek sal hom dus laat gésel en dan loslaat.” 17

1819Laat Barabbas vir ons los!”
Barabbas was in die tronk oor ’n opstand in die stad en oor moord.

20Omdat Pilatus vir Jesus wou loslaat, het hy weer met hulle gepraat, 21maar hulle het aanhoudend uitgeroep: “Kruisig, kruisig hom!”

22Die derde keer sê Pilatus vir hulle: “Watter kwaad het die man gedoen? Ek het in hom niks gekry wat die doodstraf regverdig nie. Ek sal hom dus laat gésel en dan loslaat.”

23Hulle het egter met ’n harde geskreeu aangehou om te eis dat Jesus gekruisig moes word, en met hulle geskreeu het hulle die oorhand gekry. 24Pilatus het toe besluit dat aan hulle eis voldoen moes word. 25Die man wat oor opstand en moord in die tronk was, het hy vrygelaat, soos hulle geëis het, maar vir Jesus het hy uitgelewer, soos hulle wou hê.

Jesus word gekruisig
(Matt 27:31–44; Mark 15:21–32; Joh 19:17–27)
26Terwyl hulle Hom weglei, gryp hulle ’n sekere Simon van Sirene, wat toe net van buite die stad af gekom het, en sit die kruis op hom om dit agter Jesus aan te dra.

27’n Groot menigte van die volk het agter Jesus aan geloop, onder wie ook vroue wat oor Hom getreur en gehuil het. 28Maar Jesus het na hulle toe omgedraai en gesê: “Vroue van Jerusalem, moenie oor My huil nie, huil oor julleself en julle kinders, 29want daar kom dae waarin hulle sal sê: ‘Hoe gelukkig is die onvrugbare vroue en dié wat nooit ’n kind in die wêreld gebring het of gevoed het nie.’

30“Dan sal hulle vir die berge sê:
‘Val op ons!’
en vir die heuwels:
‘Bedek ons!’

31As hulle dit met die groen hout doen, wat sal dan met die droë hout gebeur?”

32Daar is ook twee ander, albei misdadigers, weggelei om saam met Jesus tereggestel te word.

33Toe hulle by die plek kom wat Kopbeen genoem word, het hulle Hom daar saam met die misdadigers gekruisig, die een aan sy regter- en die ander een aan sy linkerkant. 34Toe sê Jesus: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!”

Hulle het sy klere verdeel deur te loot.

35Die volk het daar gestaan en kyk. Hulle raadslede het Hom ook uitgelag en gesê: “Ander het hy gered. Laat hy homself red as hy die Christus is wat deur God uitverkies is.”

36Ook die soldate het vorentoe gekom en Hom bespot. Hulle het vir Hom suur wyn aangebied 37en gesê: “As jy die koning van die Jode is, red jouself.”

38Daar was ook ’n opskrif bokant Hom: “Dit is die koning van die Jode.”

39Een van die misdadigers wat daar gehang het, het Hom gelaster deur te sê: “Is jy dan nie die Christus nie? Red jouself en ons ook!”

40Maar die ander een het hom tereggewys en gesê: “Is jy nie bang vir God nie? Jy ondergaan tog dieselfde straf as hierdie man! 41In ons geval is dit regverdig, want ons ontvang die verdiende straf vir ons dade. Maar hierdie man het niks verkeerds gedoen nie.” 42Verder sê hy: “Jesus, dink aan my wanneer U in u koninkryk kom.”

43Jesus antwoord hom: “Ek verseker jou: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees.”

Jesus sterwe
(Matt 27:45–56; Mark 15:33–41; Joh 19:28–30)
44Dit was al omtrent twaalfuur, toe kom daar duisternis oor die hele land, en dit het tot drie-uur geduur; 45die son het opgehou om te skyn. Die voorhangsel in die tempel het middeldeur geskeur. 46Jesus het hard uitgeroep: “Vader, in u hande gee Ek my gees oor.”

Na hierdie woorde het Hy die laaste asem uitgeblaas.

47Toe die offisier sien wat gebeur het, het hy God geprys en gesê: “Hierdie man was werklik onskuldig.”

48Al die mense wat saamgedrom het om na die skouspel te kyk en gesien het wat daar gebeur het, het verslae huis toe gegaan. 49Maar al Jesus se vriende, ook die vroue wat Hom van Galilea af gevolg het, het op ’n afstand bly staan. Hulle het al hierdie dinge gesien.

Fokusteks

Filippense 2:5-11
2 Aangesien julle die troos in Christus ondervind het, die aansporing deur die liefde, die gemeenskap deur die Gees, die innige meegevoel en meelewing—2maak dan nou my blydskap volkome deur eensgesind te wees: een in liefde, een van hart, een in strewe. 3Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. 4Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander.

Die voorbeeld van Jesus Christus
5Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was:
6Hy wat in die gestalte
van God was,
het sy bestaan op Godgelyke wyse
nie beskou as iets waaraan Hy Hom
moes vasklem nie,
7maar Hy het Homself verneder
deur die gestalte van ’n slaaf
aan te neem
en aan mense gelyk te word.
En toe Hy as mens verskyn het,
8het Hy Homself verder verneder.
Hy was gehoorsaam tot in die dood,
ja, die dood aan die kruis.
9Daarom het God Hom
ook tot die hoogste eer verhef
en Hom die Naam gegee
wat bo elke naam is,
10sodat in die Naam van Jesus
elkeen wat in die hemel

en op die aarde
en onder die aarde is,
die knie sou buig,
11en elke tong sou erken:
“Jesus Christus is Here!”
tot eer van God die Vader.

Ligdraers in die wêreld
12My geliefdes, julle was altyd gehoorsaam wanneer ek by julle was. Des te meer moet julle gehoorsaam wees nou dat ek nie daar is nie. Julle moet julle met eerbied en ontsag daarop toelê om as verloste mense te lewe, 13want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer.

14Doen alles sonder kla of teëpraat. 15Sorg dat julle bo alle verdenking staan en opreg bly, onberispelike kinders van God te midde van ontaarde en korrupte mense. Tree onder hulle op as ligdraers in die wêreld 16deur die woord van die lewe uit te dra. Dan sal ek op die dag van Christus se koms rede hê om trots te wees, omdat dit sal blyk dat ek my nie verniet ingespan het nie en nie verniet geswoeg het nie. 17Julle geloof is ’n offer in diens van God. Selfs al word my bloed daarby as drankoffer uitgegiet, is ek daaroor bly, ja, is ek saam met julle almal bly. 18Om dieselfde rede moet julle ook bly wees, ja, saam met my bly wees.

Ekstra stof
Hier is ‘n paar opmerkings oor die teks binne die groter geheel van die brief, wat ook by onderstaande preek ingewerk word.

Filippense 2:5-30 – Jesus se selfontlediging inspireer ons as ligdraers in die wêreld 
Hierdie is die hart van die boodskap van Paulus aan die gemeente van Filippi.  Dit is ‘n teks waaroor ‘n mens nooit uitgepraat kan raak nie, en oor en oor moet lees en oor moet nadink, tot dit deel raak van die praktyk van jou lewe.

Jesus ontledig Homself en word deur God verhoog
Die lied in Fil. 2:6-11 word in twee dele verdeel: in Christus Jesus se ontlediging (vers 6-8) en verhoging (vers 9-11).  In beide gevalle word dit trapsgewys beskryf.  Jesus het Hom eerstens ontledig (kenosis) deur nie aan sy Goddelike gestalte (morphe) vas te klem nie, tweedens dié van ’n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word, en derdens gehoorsaam te word met die dood aan die kruis.  Omgekeerd word die verhoging in die eerste plek as die verheffing tot die hoogste eer geskets, tweedens as die verkryging van ’n Naam bo elke naam, en derdens die kosmiese erkenning dat Hy Here is.

Vers 6 begin in die oorspronklike Grieks met die woordjie alhoewel.  “Alhoewel Hy in die gestalte van God was …”  Dit kan egter ook vertaal word met omdat.  “OmdatHy in die gestalte van God was, het Hy sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, maar het Hy Homself verneder (ekenôsen) deur die gestalte van ’n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word.” Hierdie antieke lied is daarom nie net ’n nuwe perspektief op wie Jesus is nie.  Dit is ’n nuwe verstaan van God self.  Christus se ontlediging is nie iets wat aan Hom gedoen word nie.  Dit is deel van sy identiteit. Sy ontlediging en menswording is daarom nie ’n afstand doen of ontkenning van sy Goddelikheid nie, maar die manier waarop Hy wys dat Hy inderdaad God is (Gorman, Inhabiting the cruciform God)!  Goddelikheid is om te gee, nie om iets te ontvang nie – “not getting but giving” (Moule).  Jesus gebruik dus sy posisie as God tot voordeel van die mensdom en ook die skepping, anders as Adam wat juis sy posisie as beelddraer van God misbruik het en gekies het om op selfsugtige wyse die vrug, “om soos God te wees”, te eet.

Dieselfde gesindheid van selfontlediging moet ook in ons wees
Daar is ’n interessante ooreenkoms tussen hierdie lied en die beskrywing van die voetewas episode in Joh 13:3-17: 1) Bokleed uitgetrek – van Goddelike gestalte ontledig; 2) voete gewas soos ’n slaaf – slaaf en aan mense gelyk geword; 3) Bokleed aangetrek – tot die hoogste eer verhef; 4) Bevestig dat Hy Here is – almal erken dat Hy Here is.  Dit lyk nie asof dit toevallig is nie, veral weens die feit dat Paulus hierdie selfontlediging ook as voorbeeld gebruik om die Filippense aan te moedig om dieselfde gesindheid as Christus Jesus te hê, net soos Jesus ook aan sy dissipels die opdrag gegee het om mekaar se voete te was, deur mekaar lief te hê. NBNB  Voetewas is dus ’n praktiese metafoor waarmee ’n mens die boodskap van Filippense 2 deel van jou lewe kan maak. Daarom is kenosis die kern-begrip, en die kern-paradigma wat ons moet navolg.

Ligdraers in die wêreld
Paulus volg sy oproep tot onderskeidende liefde (1:9-10), en eensgesindheid na buite en binne (1:27-2:2) – deur veral aan ander se belange te dink (2:3-4) – op in Fil 2:12-18 deur hulle hier aan te moedig om in alles gehoorsaam te wees aan die kruis-evangelie – soos Christus inderdaad vir hulle die voorbeeld van gehoorsaamheid gestel het (2:6-11).  En die metafoor wat hy daarvoor gebruik, is dat hulle soos ligdraers in die wêreld sal wees (letterlik: “skyn soos ligte in die wêreld” – vgl Jesus in die Bergrede: “Julle is die lig vir die wêreld” – Matt 5:14).  Hy beskou dit as sy priesterlike taak om hulle hiertoe aan te moedig en sy lewe in diens van hulle gehoorsaamheid te gee.  Daarom gebruik hy die verdere metafore uit die offerkultus dat hulle geloof ’n offer is wat hy in diens van God bring, en sy bloed ’n drankoffer is wat daaroor uitgegiet word, waaroor hulle saam met hom moet bly wees (vers 17-18 – vgl ook Rom 15:16 waar hy op soortgelyke wyse skrywe oor sy priesterlike taak om die evangelie van God te bedien).

 “Julle moet julle met eerbied en ontsag daarop toelê om as verloste mense te lewe” is die NAV se poging om vers 12 se Griekse oorspronklike te vertaal, wat letterlik lui: “met vrees en bewing moet julle jul heil/verlossing/saligheid uitwerk”.  Paulus bedoel kennelik nie hier dat hulle verantwoordelik is vir hulle ewige saligheid nie.  Dit sou op ’n onvanpaste werkheiligheid neerkom wat in stryd met die res van die NT boodskap sou wees.  Hy roep hulle eerder op om vrugte te dra wat by hulle verlossing pas.  Let ook op dat hierdie oproep van Paulus afhanklik gemaak word van God se werk (vers 13) wat juis vir hulle in staat wil stel om gehoorsaam te kan wees: “want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer”.  Hulle gehoorsaamheid is dus nie die aanvulling of voltooiing van God se werk in hulle lewens nie, maar die resultaat van wat Hy in hulle begin het (vgl veral Fil 1:6!) – “creating both the desire and the drive” (Hawthorne).  Die fokus is dus op God se werk in hulle, en om dit prakties deel van hulle lewens te maak.  Dit sluit in dat hulle nie moet kla en murmureer nie (eerder bid – Fil 4:6-7), moet sorg dat hulle opreg en onberispelik optree, sodat niemand hulle van iets slegs sal verdink nie, en bo alles aan die woord van die lewe moet vashou om dit uit te dra (vgl Petrus in Joh 6:68: “U het die woorde wat ewige lewe gee”, waarmee hy ook eksplisiet sy eie vashou aan die Here verklaar het).

Ander se belange is Jesus Christus se belange
’n Mens kry in die volgende perikoop ’n kykie in die diep-persoonlike verhouding wat Paulus met hierdie gemeente gehad het.  Hulle belange staan regtig voorop in sy gedagte.  Daarom wil hy vir Timoteus (Fil 2:19) na hulle toe stuur – Paulus het hom ook na Korinte (1 Kor 4:17) en Tessalonika (1 Tess 3:2) gestuur – iemand wat hulle van die begin van hulle geloofspad af ken, om te hoor hoe dit met hulle gaan.  Hy wil ook vir Epafroditos (2:25 – “julle apostolos” [apostel/gestuurde/boodskapper] staan daar in die oorspronklike Grieks) – wat namens hulle vir Paulus kom bystaan het – na hulle toe terug stuur, om hulle kommer oor Epafroditos se siekte (hy is intussen genees) asook sy groeiende verlange huis toe te verlig.  Trouens, Paulus sou self graag by hulle wil uitkom (2:24).  Let op hoe hy hiermee vir hulle ook drie verdere voorbeelde gee (Timoteus, Epafroditos en hyself) van hoe hulle self teenoor mekaar moet optree, presies soos hy in vroeër in die hoofstuk geskrywe het: “Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander” (2:4).  Dit sluit die onderlinge gasvryheid in, asook die agting vir geestelike leiers (2:29), in ’n netwerk van onderlinge diens.  Let ook op hoe hierdie tipe omgee ten diepste illustreer watter prioriteit ’n mens aan die belange van Jesus Christus gee, in Wie hierdie gesindheid die allerbeste geïllustreer is (2:6-11).  Deur aan ander se belange te dink, is ’n mens inderdaad besig om Jesus se belange te dien.  Anders gestel: Jesus kom na ons in die gedaante van “die ander”!

Ons hele lewe word “in die Here Jesus” geleef
Paulus werk hier met ’n baie belangrike beginsel in sy beplanning en bediening: “Ek hoop/vertrou in die Here Jesus …” (Fil 2:19, 24 – ongelukkig voorwaardelik vertaal in die NAV: “as die Here Jesus wil”).  Om te hoop of te vertrou in die Here beteken nie dieselfde as om onnadenkend iets ondergeskik te maak aan die Here se wil, of soos ons soms met die gesegde DV (Deo Volente) uitdruk nie.  “In die Here” beteken dat Paulus doelbewus wat hy doen “in verhouding met die Here Jesus” doen.  Of dit nou iets is waarop hy hoop (elpizô in Fil 2:19 – vgl ook Fil 1:23), of iets waarop hy met meer sekerheid vertrou (peithô in Fil 2:24 – vgl ook hierdie Griekse woord se ander voorkomste en vertalings in hierdie brief: Fil 1:6 [oortuig], 14 [vertroue] 25 [oortuig]; 3:3 [vertrou], 4 [vertrou] – sien ook 2 Tes 3:4: “In die Here het ons vertroue in julle …”), dit geskied in verhouding met die Here.  Dit is om doelbewus die Heerskappy van Jesus te soek en aanvaar, presies dit wat in die tweede helfte van die gedeelte oor Jesus se selfontlediging en verheerliking in Fil 2:6-11 verklaar is.  Dit herinner ’n mens aan die 17de eeuse boekie ThePractice of The Presence of God waarin briewe van en ook ’n paar gesprekke met Nicholas Herman – wat die naam Brother Lawrence gekry het in ‘n klooster in Parys waar hy as kok gewerk het – deur Joseph de Beaufort opgeteken is.  Nicholas het ’n direkte benadering tot die geestelike lewe beoefen en hom dit ten doel gestel om alles wat hy doen en dink “in die Here” en “vir die Here” te doen en dink.  Paulus het hierdie beginsel op ’n harde manier geleer op sy tweede sendingreis, net voor hy die roeping na Europa ontvang het wat tot die stigting van die gemeente van Filippi gelei het (Hand 16:6-9).  Die Gees van Jesus het Paulus twee keer verhinder om sy eie kop in die bediening te volg, voor hulle (almal was betrokke!) deur die gesig van die Masedoniese man oortuig is om die evangelie in Europa te verkondig.  En dié direkte benadering het nie net sy eie lewe daarna bepaal nie, maar ook die praktiese geestelike lewe wat hy aan die gemeentes voorgehou en voorgeleef het.  Dit is ook waarom ’n onderskeidende lewe vir hom so belangrik was, soos ons in Fil 1:9-10 gesien het.

God nooi ons uit en ons kom tot rus

Rus

Verwelkoming
Verduidelik dat dit Palmsondag is en wat dit beteken.  Laat mense dan tydens die toetrede lied met palmtakke of vlae in die kerk ingestap kom.  (Onthou om te verduidelik hoekom julle die vlae/palmtakke gebruik).

Toetrede
Lied 545 “Jesus kom na Jerusalem toe” (kanon of wisselsang) of
VONKK 100 “By Die Intog In Jerusalem” (kanon) of
Flam 82 “Hosanna”

Votum
Psalm 118:1-4 Responsories:
Voorganger: Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie! 2Israel moet getuig:
Gemeente: “Aan sy liefde is daar geen einde nie.”

Voorganger: 3Die huis van Aäron moet getuig:
Gemeente: “Aan sy liefde is daar geen einde nie.”

Voorganger: 4Dié wat die Here dien, moet getuig:
Gemeente: “Aan sy liefde is daar geen einde nie.”

Seëngroet
Genade en vrede vir julle van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste voor sy troon, 5en van Jesus Christus, die geloofwaardige getuie, die eerste wat uit die dood opgestaan het, die heerser oor die konings van die aarde. (Openb. 1:4-5)

Skuldbelydenis
Here Jesus Christus,
Ons weet dat u lewe onder ons ’n lewe van offer was,
Dat U gekom het om die haat, vrees, geweld en boosheid in ons te genees.
Dat U gekom het om die tafels van gierigheid en ongeregtigheid in ons om te keer.
Vergewe ons wanneer ons U koms weerstaan.
Wanneer ons U verwerp en
U veranderende stem in ons lewe probeer stilmaak.

Stil gebed
Heer, wees ons genadig.
Moenie ophou om na ons te kom en ons te roep tot lewe nie.
Help ons om ons kruis op te neem
En te leef in die krag van U liefde.
Amen.
(Sacredise)

Geloofsbelydenis

Lofsang
(Aangesien hierdie ’n fees diens is, kan daar meer gesing word as gewoonlik.  Lofsang kan afgewissel word met Skriflesings, soos die ander Leesrooster tekste van die week. Enige lied wat Jesus se koningskap besing, sal gepas wees. Mense kan palmtakke en/of vlae waai tydens die lofsang.)

Lied 175 “Majestei”t
Lied 223 “Aan Jesus, Koning, al die eer”
VONKK 142 “Jesus, Verlosser, U Daal Tot Ons Neer” of
Flam 63 “Hoe Goed Is Die Heer”

Liedere

F82. “Hosanna”
(RUBRIEK: Flammikidz – Lof / Lydenstyd)
Teks en musiek: Jan de Wet
© 2002 MAR Gospel Music Publishers
(Opgeneem op Jan de Wet en die lofkleuters, loflied 2)

1. Hosanna! Hosanna! Jesus kom verby.
Hy ry op ’n donkie
die mense is so bly.
Hosanna! Hosanna!
Hoor hul juig en skree.
Hul dink Hy is die koning wat die vrede gee.

2. Hosanna! Hosanna! Jesus kom verby
Hy ry op ’n donkie
die mense is so bly.
Hosanna! Hosanna!
Almal is so bly.
Maar wie het ooit gedink dat Hy moes sterf vir my.

F63. “Hoe Goed Is Die Heer (Hosanna Aan Die Koning)”
(RUBRIEK: FLAM Kruisfuur – Lof)
Teks en musiek: Chardi Visser
© 2009 MAR Gospel Music
(Opgeneem op Uitverkoop)

Hoe goed is die Heer.
Hoe goed is u wysheid en krag.
Hoe goed is u guns en genade oor my elke dag.

Ek sal U loof, ek sal U eer.

Refrein:
Hosanna in die hoogste hemele.
Hosanna aan die Koning.
Hosanna ook hier oop die aarde.
Hosanna sal ons sing.

F164. “Elke Knie Sal Voor Hom Buig”
(RUBRIEK: Flam – Geloofsbelydenis)
Teks en musiek: Rick Moser
© MAR Gospel Music Publishers
(Fil 2:10,11)

1. Elke knie sal voor Hom buig,
Jesus is die Heer.
En elke tong sal moet bely,
Jesus is die Heer.
God het Hom ’n Naam gegee
verhoog bo elke naam.
In sy Naam sal ons elke werk
van die bose kan weerstaan.

2. Elke bloedgewaste sing,
Jesus is die Heer.
Aan Hom alleen die hulde bring,
Jesus is die Heer.
Hy alleen is waardig
om die ere te ontvang.
Deur sy bloed is ons losgekoop
uit elke volk en stam.

3. Elke man en vrou en kind sing,
Jesus is die Heer.
Laat jou loflied dag en nag weerklink,
Jesus is die Heer.
Hemel, aarde dal en kruin sing,
Jesus is die Heer.
Laat elke wese uitbasuin

Jesus is die Heer. (x3)
Jesus Christus (x2)
Jesus is die Heer.

VONKK 100 “By Die Intog In Jerusalem (kanon)”
Teks: Wilma Viljoen 1988; gewysig VONKK Werkgroep 2010
Melodie: BARTEL-ANSIE – Wilma Viljoen 1988
Ostinati: Gerrit Jordaan 2010
© 2010 VONKK Uitgewers (admin Bybel-Media)
RUBRIEK: Kinderlied – Lydenstyd (Palmsondag) / Kindwees

1.  By die intog in Jerusalem het kinders bly gesing
en laag gebuig voor Hom, die Heer, hul lof aan Hom gebring.
Hosanna! Hosanna! Hosanna! Jesus kom!
Hosanna! Hosanna! Die Hemelkoning kom!

2.  By die intog in Jerusalem het almal saam gesing,
met palmtakke Hom vereer, hul lof aan Hom gebring.
Hosanna! Hosanna! Hosanna! Jesus kom!
Hosanna! Hosanna! Die Hemelkoning kom!

VONKK 142 “Jesus, Verlosser, U Daal Tot Ons Neer”
Teks: Ernst Kotzé 2010
Musiek: JUDAS MACCABEUS – GF Handel 1746;  harmonisasie effens gewysig 2001
© Teks: 2011 VONKK Uitgewers (admin Bybel-Media)
© Musiek: Openbare besit
RUBRIEK: Klassiek – Advent  / Kersfees en Epifanie

1. Jesus, Verlosser, U daal tot ons neer.
Wonderbare Raadsman, U is ewig Heer!
Ons kom in aanbidding, buig tot in die stof.
Heer, ontvang ons loflied, aan U al die lof!
Jesus, Verlosser, U daal tot ons neer.
Wonderbare Raadsman, U is ewig Heer!

2. Kniel voor ons Koning, laat ons voor Hom buig.
Bring aan Hom die ere, laat ons harte juig!
In ons donker harte, stuur Hy weer sy lig.
Hy kom na die aarde, om ons op te rig!
Kniel voor ons Koning, laat ons voor Hom buig.
Bring aan Hom die ere, laat ons harte juig!

VONKK 158 “Ons Wy Onsself Aan Christus Toe”
Teks: Jacques Louw 2011 ©
Melodie: ELLACOMBE – Wurtemberg 1784; Mainz 1833
Orrelbegeleiding:  Tradisioneel
© Teks: 2011 VONKK Uitgewers (admin BybelMedia)
© Musiek: Openbare besit
RUBRIEK: Klassiek – Liefde, Dankbaarheid en Diens / Barmhartigheid en Getuienis

1. Ons wy onsself aan Christus toe,
aan Hom, ons Redder, Heer.
Laat Hy ons lof en eer ontvang,
die Koning wat regeer.
Hy het ons met sy bloed gekoop
en maak van ons sy kerk.
Ons wil Hom met ons gawes dien,
met blydskap vir Hom werk.

2. Sy liefde, so oneindig groot,
laat ons eerbiedig juig.
Dit dring ons na die wêreld toe,
waar ons sal moet getuig.
Laat ons, gehoorsaam aan sy Woord,
ook dáár betrokke raak,
met omgee en deur diensbaarheid,
sy liefde sigbaar maak.

3. Kom open U ons oë, Heer,
vir ander in hul nood.
Maak ons, soos U, barmhartig, Heer,
waar mense vra om brood.
Maar laat ons tog dié nood besef,
wat in hul harte leef.
Deur U alleen, die Middelaar,
word sondeskuld vergeef.

God praat met ons en ons luister

Epiklese
Die Koning kom.
Ons God arriveer, op die rug van ’n eenvoudige donkie, geklee in ’n brose menslike liggaam.

Ons weet, Here God, dat dit nie die eerste keer is wat U na ons toe gekom het nie.
Die geskiedenis van die mensdom is die geskiedenis van U koms tussen ons
As Skepper,
Doel-gewer
Bevryder
Profetiese stem
En Priesterlike teenwoordigheid.

Die storie van elkeen van ons sê lewens is die storie van U koms na ons
As Trooster,
Vriend,
Voorbeeld,
Gewer van lewe in oorvloed.

Daarom loof ons U,

Maak ons oë oop vir U teenwoordigheid.
Kom steeds na ons toe, Here.
Hosanna,
Ons eer U,
Want U is ons God.
Amen
(Sacradise)

Skriflesing: Filippense 2:5-11

Familie-oomblik

Liturgies
Vandag is Palmsondag!  Laat die kinders met palmtakke in die kerk inkom en verduidelik vir hulle dat mense op dié manier vir Jesus as koning geëer het.  Of kry ’n klomp vlae van verskillende lande en laat hulle die vlae swaai terwyl hulle inkom.  (Dis veiliger as palmtakke, wat skerp rante het!)  Verduidelik dat Jesus die Koning van die wêreld – van elke land – is.  Ons swaai die vlae om daarmee te bely dat hy koning is.

Teks
Die diepgang van die gedeelte sal vir kinders te moeilik wees om te volg.  Fokus op kinders se sin vir regverdigheid – hulle verwag dat hulle sal kry wat hulle toekom.  Jesus se weiering om vereer te word, wat eerder ander se belange eerste gestel het, wat vriende gemaak het met mense wat ons vermy, en bereid was om aan die kruis vir ons sonde te hang, wys dat Hy regtig anders was.  Hoekom het Jesus dít gedoen?  Omdat Hy vir ons lief was.  Hierdie verhaal wys dus vir ons hoe spesiaal ons is vir Hom.  Hy wil egter ook hê dat ons sal doen wat Hy doen.  Só maak ons ‘n verskil aan ander se lewens en van die wêreld ‘n beter plek.

OF vertel die verhaal van “Yertle the Turtle”
Fil. 2 sê: “3Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself.”  Dan herinner hy die mense in Filippi aan Jesus se voorbeeld.

Dr. Seuss se storie “Yertle the Turtle” vertel van ’n koning wat nié nederig is nie.  Inteendeel, hy staan sommer op die rûe van ander skilpaaie.  Totdat een skilpad, Mack, dit nie meer kan hanteer nie.  Die gevolglike rebellie laat die koning in die modder, want hy was nie nederig nie.

Lees die volledige storie en vertel dit in jou eie woorde oor (soek op Google Image vir Yertle the Turtle prente om saam met die vertelling te gebruik).

OF gesels oor ’n Gunsteling Lied
Die teks wat ons vandag lees, is ’n lied wat ons herinner aan God se liefde vir ons.  Laat kinders gesels oor hul gunsteling liedjies wat hulle herinner aan Jesus se liefde.  Vandag se teks is ’n lied wat mense vir honderde jare gesing heet wanneer hulle nodig gehad het om te onthou hoe lief God hulle het.

Lees dan die teks terwyl die kinders saam met jou die volgende gebare wys:
5Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was:  6Hy wat in die gestalte
van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie,

Hande in die lug, gesig na bo

7maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van ’n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word.

Swaai arms soos wanneer jy ’n baba sus

En toe Hy as mens verskyn het, 8het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis.
Arms na die kant uitgestrek soos aan ’n kruis
9Daarom het God Hom ook tot die hoogste eer v
erhef en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is,

Hande in die lug, gesig na bo

10sodat in die Naam van Jesus elkeen wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde is, die knie sou buig,

Kniel, hande gevou in gebed

11en elke tong sou erken: “Jesus Christus is Here!” tot eer van God die Vader.

Bly op knieë, hande in lug, gesig na bo.

Preekriglyn

‘n Bejaarde egpaar het saam in ‘n tuiste vir bejaardes gewoon.  Hoewel hulle reeds vir 60 jaar getroud was, is hulle huwelik deurspek met konstante argumente, ernstige verskille, en bekgevegte.  Selfs toe hulle na die tuiste vir seniors is, het die argumentasie nie opgehou nie.  Die egpaar het – van hulle soggens opstaan tot slaaptyd saans – gestry, geredeneer en mekaar kapittel.

Die matrone kon dit nie meer vat nie.  Sy dreig toe om die egpaar op straat uit te sit as hulle nie drasties verander nie.  Selfs toe kon die twee nie ooreenkom wat hulle te doen staan nie.

Op die ou end sê die een toe vir die ander: “Sê jou wat, kom ons bid dat een van ons sterf.  Sodra jou begrafnis dan agter die rug is, sal ek by my suster gaan bly.”

Verstommende selfgerigtheid

Die menslike vermoë om jouself in die sentrum van die heelal te plaas, is verstommend.  Van kleins af word ons groot gemaak om te dink die wêreld draai om ons.  Dis ek, my belange, begeertes, ideale, wat die wêreld laat draai.  My vooruitgang, sekuriteit, loopbaan en geluk is waaroor dit gaan.

Dit is nog altyd so.  Dink aan Abraham en Lot wie se weë in Genesis 13 skei omdat hulle vee te veel raak en die veewagters onderling stry.  Lot kyk rond en sien die vrugbare Jordaanstreek.  “Dus,” sê die oorspronklike Hebreeuse teks, “het Lot die hele Jordaanstreek vir homself gekies…” (Gen. 13:11).

Dit is die menslike kondisie.  Soos die twee bejaardes: een van ons moet sterf.  Na jou begrafnis, sal ek ….

As selfgerigtheid en die soek van eie belange gewerk het, sou mens nog iets ten gunste daarvan kon sê.  Die menslike geskiedenis is vol voorbeelde dat dit nie werk nie.  God se wêreld is so aanmekaar gesit, dat mense wat op hulself en hulle eie vooruitgang fokus, juis ondergaan.  Dit skep “poor little rich girls.”  Dit plaas jou in kompetisie en wedywering met ander, wat van jou ‘n genadelose, harde mense maak.

Les misérables

So ‘n selfgerigte lewe maak mens miserabel en stort jou in die diepste ellende denkbaar.  Dink aan die uitstekende film, Les Misérables, waar die geharde polisieman, Javert, sy lewe daaraan wy om Jean Valjean te vervolg.  Wanneer Javert uiteindelik genade ontvang, kan hy nie daarmee saamleef nie, en kies om – spreekwoordelik – in sy eie swaard te val.

Geluk is om – soos Jean Valjean – te kies om selfopofferend goed aan ander te doen.  Hy kies om vir die fabriekswerker, Fantine, se dogter, Cosette, te sorg.  Dit verg opoffering en stel hom aan gevaar bloot, maar ontsluit die weg na geluk en vrede.

Grafika- Titel: Les Misérables, eiendom van Sebastián Losada.
Kopiereg gereël deur Creative Commons en laat plasing en redigering toe.

Kan ons verander?

Is dit moontlik om verander te word van ‘n selfgerigte mens na iemand wat omgee vir ander?  Kan ons gered word uit die menslike kondisie waarvolgens ons bloot vir onsself leef en op die ou end net kan oorleef as ons ander dood wens?  Eers as die ander een sterf, en die begrafnis afgehandel is, kan die lewe weer voortgaan?

Kan ons bevry word van ‘n lewe waar ons gedoen is om die ander, die medemens, as ‘n opponent te sien wat uit die weg geruim word, voordat ek gelukkig kan wees?  Kan ons gered word van pogings om altyd ander mense te gebruik om onsself te bevoordeel?  Want die lewe draai om my….

Onthou Jesus

Paulus herinner ons in ons teks aan Jesus Christus.  Hy haal in Filippense 2:5-11 ‘n vroeë lied oor Christus aan wat handel oor die Godgelyke en mensgeworde Christus.  Hy dring dan by ons aan om Jesus se voorbeeld te volg.

Daar is ‘n verskil tussen ons en Jesus.  Ons kan nie – en hoef nie – soos Christus vir die sonde te lei en versoening voor God te bewerk nie.  Ons is nie geroep om die dood te oorwin nie.  Ons ontvang hierdie dinge as gawe in Christus.

Maar Jesus vernuwe ons, en bemagtig ons deur sy Woord en Gees.  Daarom word ons geroep en bemagtig om dieselfde gesindheid aan die dag te lê as Jesus.  Met dieselfde gesindheid waarop Jesus gehoorsaam was en sy lewe vir ons neergelê het, word ons opgeroep om mekaar te dien.

Ontlediging en verhoging

Die lied in Fil. 2:6-11 word in twee dele verdeel:

  • in Christus Jesus se ontlediging (vers 6-8) en verhoging (vers 9-11).
  • In beide gevalle word dit trapsgewys beskryf.
  • Jesus het Hom eerstens ontledig (kenosis) deur nie aan sy Goddelike gestalte vas te klem nie, tweedens dié van ’n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word, en derdens gehoorsaam te word met die dood aan die kruis.
  • Omgekeerd word die verhoging in die eerste plek as die verheffing tot die hoogste eer geskets, tweedens as die verkryging van ’n Naam bo elke naam, en
  • derdens die kosmiese erkenning dat Hy Here is.
Kenosis

Die Griekse woord vir Jesus se “ontlediging” is kenosis.  Christus het nie krampagtig aan sy Godwees vasgehou om mens te word nie, maar sy deel hê aan die heerlikheid en mag prysgegee (Pieter van Niekerk).  Hy het sy hoë posisie by Gods prysgegee.  Sy goddelike heerlikheid word nou, as mens, voor die oë van mense verberg.  Hy gee die hoogste posisie prys, en neem die laagste moontlike posisie ter wille van ons op Hom: Hy word ‘n slaaf.

Só is God

Vers 6 begin in die oorspronklike Grieks met die woordjie alhoewel.  “Alhoewel Hy in die gestalte van God was …”  Dit kan egter ook vertaal word met omdat.  “OmdatHy in die gestalte van God was, het Hy sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, maar het Hy Homself verneder (ekenôsen – kenosis) deur die gestalte van ’n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word.” 

Hierdie antieke lied is daarom nie net ’n nuwe perspektief op wie Jesus is nie.  Dit is ’n nuwe verstaan van God self.  Christus se ontlediging is nie iets wat aan Hom gedoen word nie.  Dit is deel van sy identiteit.  Sy ontlediging en menswording is daarom nie ’n afstand doen of ontkenning van sy Goddelikheid nie, maar die manier waarop Hy wys dat Hy inderdaad God is (vgl. Gorman, Inhabiting the cruciform God)!  Goddelikheid is om te gee, nie om iets te ontvang nie.  Jesus gebruik dus sy posisie as God tot voordeel van die mensdom en ook die skepping, anders as Adam wat juis sy posisie as beelddraer van God misbruik het en gekies het om op selfsugtige wyse die vrug, “om soos God te wees,” te eet. (Chris van Wyk)

Dieselfde gesindheid van selfontlediging moet ook in ons wees
Só moet ons ook wees, sê Paulus.  Jesus het vir ons kom wys hoe die karakter van God lyk.  Wie God is.  Ons moet hierdie selfde gesindheid navolg.  Ons kan dit doen omdat Jesus ons nuut maak.

Praktiese voorbeeld
Daar is ’n interessante ooreenkoms tussen hierdie lied en die beskrywing van die voetewas episode in Joh. 13:3-17: 1):

  • Bokleed uitgetrek – van Goddelike gestalte ontledig;
  • Voete gewas soos ’n slaaf – slaaf en aan mense gelyk geword;
  • Bokleed aangetrek – tot die hoogste eer verhef;
  • Bevestig dat Hy Here is – almal erken dat Hy Here is.

Dit lyk nie asof dit toevallig is nie.  Veral aangesien Paulus hierdie selfontlediging ook as voorbeeld gebruik om die Filippense aan te moedig om dieselfde gesindheid as Christus Jesus te hê.  Net soos Jesus ook aan sy dissipels die opdrag gegee het om mekaar se voete te was, deur mekaar lief te hê.  Voetewas is dus ’n praktiese manier waarop mens die boodskap van Filippense 2 deel van jou lewe kan maak.  Daarom is kenosis die kern-begrip, en die kern-paradigma wat ons moet navolg.

Gaan doen

Kenosis is nie ‘n teoretiese begrip wat verstaan of bemeester moet word nie.  Dit is iets wat gedoen moet word.  Dit veronderstel dat ek my lyf op die spel moet plaas.

Dalk moet ek en jy ons eie begrafnis reël, ons ou self begrawe, en opstaan in ‘n nuwe lewe van diens.  Saam met Christus.

God stuur ons om te leef

Gebed
Dankoffer

Slotlied
Lied 308 “Neem my lewe, laat dit Heer”
Lied 284 “Laat, Heer, u vrede deur my vloei”
VONKK 158 Ons Wy Onsself Aan Christus Toe”
Flam 164 “Elke Knie Sal Voor Hom Buig”

Seën
Mag die liefde van die Here Jesus ons na hom toe trek.
Mag die krag van die Here Jesus ons sterk maak in sy diens.
Mag die vreugde van die Here Jesus ons vervul.
Mag die seën van die almagtige God, die Vader, Seun en Heilige Gees, tussen ons wees en vir altyd bly
(William Temple in “Gebedeboek met liturgiese voorstelle”.)

Respons
Flam 164 laaste strofe:  “Jesus is die Heer”
Lied 176  “Halleluja! U is Koning”

A ministry platform for faith leaders.

© Copyright Bible Media | This site is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.