Sesde Sondag in Lydenstyd

Sections

Oorsig

Inleiding

Hierdie Sondag is tradisioneel bekend as Palmsondag, die begin van die Groot Lydensweek

Palmsondag is die laaste van die Lydensondae. Dit is terselfdertyd die begin van Groot Lydensweek. Daar is dus die element van triomf by die intog in Jerusalem, maar daar is ook die besef dat Jesus gekom het om te ly en te sterf in hierdie einste Jerusalem! Hierdie twee elemente moet deurlopend op Palmsondag vasgehou word. Plaas vandag ’n groot kruis in die liturgiese ruimte, as dit nie reeds aan die begin van Lydenstyd gedoen is nie.

Die liturgiese kleur vir hierdie Sondag is, soos in die res van Lydenstyd, pers en ook diep rooi, spesifiek op Goeie Vrydag, waar dit dui op die bloed van Christus.

Die volgende opsomming in ’n vorige jaar se riglyne is van groot nut. (Preekstudies met Liturgiese voorstelle, 2007/2008, bl 82)

Ekumeniese gebruike
Een of meer van die volgende gebruike kan ’n ekumeniese karakter aan die erediens verleen:

  • Deel kruisies uit wat uit palmblare gevleg is. Soms word klein houtkruise gebruik.
  • Hou ’n optog met palmtakke deur die strate na die kerkgebou. Dit kan ook ekumenies georganiseer word. ’n Houtesel met ’n Christusbeeld daarop het eens deel van die optog gevorm.
  • Die gemeente vergader buite die kerk en stap saam in prosessie die kerk binne. ’n Kruis kan gedra word. Die eerste gedeelte van die diensorde kan reeds afgehandel word waar die gemeente buite die kerkgebou byeenkom.
  • Kinders dra palmtakke by die aanvang van die erediens of tydens die lofsang in en lê dit voor in die kerk. Sommige gemeentes sluit ’n bede in die openingsgebed in waarin gevra word dat die palmtakke getuienis lewer van die dag wat herdenk word.
  • Die kerk word met palmtakke versier.
  • Drapeer ’n swart doek oor die kansel met die oog op Groot Lydensweek.
  • Waar Groot Lydensweek nie gevier word nie, word die gemeente geleentheid gebied om tydens die diens oor die “stasies van die kruis” na te dink.

Fokusteks

Lukas 19:28-40

Ander RCL tekste

Psalm 118:1-2, 19-29 (Ons kan die Here loof, want Hy is goed en aan sy liefde is daar geen einde nie);
Jesaja 50:4-9a
(’n Profesie oor die Een wat in sy getrouheid aan die Here toegelaat het dat Hy verneder en mishandel word.);
Psalm 31:9-16
(Die voorbeeld van vernedering en ontlediging wat Jesus aan ons gestel het);
Fil.2:5-11
(Die gedig van een wat ly, maar dit kan verdra omdat die persoon weet dat sy lewe in God se hande is);
Lukas 22:14-23:56
(Die laaste Paasmaaltyd wat Jesus en sy apostels saam vier en die nagmaal word ingestel) of
Lukas 23:1-49
(Jesus se verhoor, kruisiging en sterwe).

Lukas 19:28-40
Die intog van Jesus in Jerusalem

(Matt 21:1–11; Mark 11:1–11; Joh 12:12–19)
28Nadat Jesus hierdie dinge gesê het, het Hy voor hulle uit geloop, op pad na Jerusalem toe. 29Toe Hy naby Betfage en Betanië kom, teen die Olyfberg, stuur Hy twee van sy dissipels vooruit met die opdrag: 30“Gaan na die dorpie toe daar reg voor julle. Net soos julle inkom, sal julle daar ’n jong donkie kry wat vasgemaak staan. Geen mens het nog ooit op hom gery nie. Maak hom los en bring hom hier. 31En as iemand vir julle vra: ‘Waarom maak julle hom los?’ moet julle antwoord: Die Here het hom nodig.”

32Die twee wat gestuur is, gaan toe en kry alles net soos Hy vir hulle gesê het. 33Terwyl hulle die donkie losmaak, vra sy eienaars vir hulle: “Waarom maak julle die donkie los?”

34Hulle antwoord: “Die Here het hom nodig.”

35Toe bring hulle die donkie na Jesus toe. Daarna gooi hulle van hulle klere op sy rug en help Jesus opklim. 36Terwyl Hy aanry, het hulle van hulle klere op die pad oopgegooi.

37Toe Hy naby die stad kom, teen die afdraand van die Olyfberg, het die hele skare juigende volgelinge God uit volle bors begin prys oor al die wonderwerke wat hulle gesien het. 38Hulle het gesing:
“Loof die Koning,
Hy wat in die Naam
van die Here kom!
Vrede in die hemel
en eer aan God
in die hoogste hemel!”

39’n Paar Fariseërs uit die skare sê toe vir Jesus: “Meneer, maak stil u volgelinge!”
40Maar Hy antwoord: “Ek sê vir julle: As hulle stilbly, sal die klippe uitroep.”

Eksegeties

Die Leesrooster se fokusteks vir hierdie Sondag staan in die Nuwe Afrikaanse Bybel (NAV) onder die opskrif “Die intog van Jesus in Jerusalem”. (I H Marshall: “Jesus approaches Jerusalem.”) Die perikoopindeling van die NAV verskil van die Leesrooster se afbakening. Eersgenoemde hanteer vers 28-44 as eenheid (ook L Morris: “The triumphal entry”), terwyl die Leesrooster slegs vers 28-40 aandui vir besinning (ook Marshall).

Die groter eenheid word deur die Jerusalemtema gebind. Daar is egter twee onderskeie tonele identifiseerbaar. Albei tonele word wel beskryf in terme van die beweging na die stad toe en die karakters se emosionele reaksie. In die eerste toneel (v 29-40) gaan dit oor Jesus se reis op die donkie en die skare se reaksie op Jesus se aantog – die skare breek uit in lofprysing oor Jesus. In die tweede toneel (v 41-44) gaan dit oor Jesus se reaksie oor die stad – sy hartseer oor Jerusalem wat blind is vir wat sy nodig het vir haar redding. Morris skryf: “Strictly Luke does not tell of Jesus’ entry to Jerusalem, triumphant or otherwise. But he does describe the approach, and the term ‘entry’ may be used without being misleading.”

Ons teks begin met ’n sin wat drie elemente bevat wat die voortgang van gebeure uitdruk: “Nadat Jesus hierdie dinge gesê het, het Hy voor hulle uit geloop op pad Jerusalem toe” (28). Hierdie openingsvers is “a Lucan link with the preceding section”. Die eerste frase gee ’n tydsaanduiding (“nadat”), asook ’n verwysing na ’n voorafgaande gesprek (“hierdie dinge”). Die tweede frase beskryf beweging (“voor hulle uit geloop”), as uitdrukking van ’n volgende aktiwiteit. Die derde frase beskryf die doel en bestemming (“rigting” – J Reiling & J L Swellengrebel) van die aktiwiteit of beweging (“op pad na Jerusalem toe”).

Die woord “nadat” is ’n struktuurmerker wat aandui dat die teks ’n bepaalde draaipunt bereik het en ’n volgende toneel inlui. Die uitdrukking “hierdie dinge”, verbind die huidige perikoop aan wat vooraf bespreek is. Jesus het “hierdie dinge” in Jerigo gesê, terwyl Hy in die huis van Saggeus die hooftollenaar was (Luk 19:5). Die frases van beweging (“vooruit”) en bestemming (“Jerusalem”) dui op ’n nuwe episode. “Now at last Jesus approaches Jerusalem from the east” (Marshall). Vers 28 impliseer onteenseglik dat Jerusalem Jesus se doelwit is.

Op pad na Jerusalem toe stuur Jesus twee dissipels vooruit met die opdrag om na die dorpie voor hulle te gaan en daar vir Hom ’n jong donkie te kry. Lukas beskryf in besonderhede die geografiese punt waar Jesus die opdrag aan die twee dissipels gegee het. Hy gee drie geografiese aanwysers; naby Betfage en Betanië (twee dorpies aan die oostelike hang van die Olyfberg – Reiling & Swellengrebel; Betfage beteken “house of unripe figs” & Betanië “house of dates” – Marshall; vlgs Danker is die naam onseker – “some interpret it as `house of the poor’ or ‘house of the afflicted’”), teen die Olyfberg (Reiling & Swellengrebel – die berg was bekend vir die olyfbome wat daar gegroei het).

Die volgorde waarin die plekname aangedui word is vreemd, omdat Betanië verder van Jerusalem af lê as Betfage. Marshall skryf: “it is possible that Bethany, the better-known place, was added to elucidate the situation of Bethphage. It is also notable that Bethphage appears to have marked the outer limit of the area which ritually belonged to Jerusalem itself.” In die lig van Sagaria 14:4 het die Olyfberg eskatologiese assosiasies verkry wat egter nie in die Nuwe Testament verder uitgewerk word nie. In Handelinge is dit wel die plek van waar Jesus in die hemel opgevaar het (Marshall).

Dit is ewe opvallend dat Lukas Jesus se opdrag aan die twee dissipels, asook die geografiese posisionering van die jong dier (Reiling & Swellengrebel noem verskillende betekenisse van die Griekse woord pólos hier. Hulle meen die “vul van ’n perd” is dalk die beter opsie; vgl Marshall en sy keuse vir “donkie” in konteks van die omgewing), in fyn besonderhede beskryf (v 30). Volgens Marshall is die dorpie waarheen Jesus hulle stuur, beslis Betfage. Die beskrywing dat geen mens nog op hom gery het nie, asook die opdrag om hom na Jesus te bring, roep gedagtes van afsondering vir die Here op. Die voorbereiding vir moontlike navrae ten opsigte van die weglei van die donkie uit die dorpie uit en die voorgestelde antwoord (v 31) dat die Here hom nodig het, beklemtoon die aanvoeling van spesiale roeping en diens (Groenewald praat hier van “Goddelike voorkennis”).

Die dissipels verwys na Jesus as “Here” (Gr kurios; Eng “Lord”). Volgens Reiling en Swellengrebel word hierdie titel deur die dissipels as relevante benaming vir Jesus gebruik, maar in die Lukasevangelie verklaar Jesus Homself nooit eksplisiet en uitdruklik as Here (Lord) nie (vgl Marshall vir die dubbelsinnigheid van die Griekse woord kurios hier. “It is unlikely to refer to God; it is more likely that it refers to the animal’s owner, but . . .  this is not the meaning here. Accordingly ho kúrios must mean ‘its (real) owner’ or ‘the Master’, as a term used to refer to Jesus”). Marshall skryf, met verwysing na Derrett, dat diere beskikbaar gehou is vir reisigers wat hulle kon huur vir hulle reise. Diere wat bedoel was vir “sacred use” kon ook nie aangewend word vir gewone gebruik nie. Dit geld ook vir diere wat deur ’n koninklike persoonlikheid gebruik is.

Vers 32 en 33 herhaal Jesus se opdrag in die vorm van die uitvoering van die taak deur die dissipels. Die Griekse woord hoi apestalmenoi wat in die NAV met “dissipels” vertaal word, beteken boodskappers (Reiling & Swellengrebel). Volgens Marshall beklemtoon apestalmenoi die gewyde karakter van hulle sending. Dit onderstreep die dissipels se gehoorsaamheid en die vervulling van Jesus se profesie oor wat hulle kan verwag. Dat alles presies gebeur soos wat Jesus dit geantisipeer het, versterk die besondere aard van hierdie gebeurtenis. Ook die feit dat die eienaar van die dier klaarblyklik tevrede is met die dissipels se antwoord en nie ’n opvolgvraag stel nie, versterk die buitengewone gebeure. Marshall skryf egter: “The story thus gives the impression of prescience, but may originally have referred to a normal human arrangement.” Opsommend skryf Marshall dat dit redelik moontlik is dat Jesus voor hierdie gebeure reeds goed bekend was in die gebied en kontakte in Betanië kon hê, asook dat Hy as ’n soort rabbi beskou is met gesag om hierdie soort versoek te rig. “The fact that the trivial detail of obtaining the animal is told at such length (cf. 22:7-13) suggests that the Evangelists saw some importance in it, and this lay in its testimony to the authority and perhaps the prescience of Jesus.”

Vers 35 en 36 beskryf dan hoe die twee dissipels die jong donkie na Jesus bring, dat hulle hulle klere oor die donkie se rug gooi en Jesus help om op die rug van die dier te klim. “The act is to be regarded as one of honour; such homage was a sign of kingship (1 Ki 1:33)” (Marshall). Algaande op pad na Jerusalem sprei die mense (“the people that were present” – Reiling & Swellengrebel) hulle klere op die grond voor die dier. Marshall skryf: “The placing of garments for the animals to walk over is another expression of respect, perhaps indicating willingness to let a ruler trample on one’s own property” (vgl Reiling & Swellengrebel – “a token of reverence”).

Vers 37 beskryf weer ’n draaipunt in die vertelling. Weer gebruik Lukas geografiese besonderhede om die aandag te trek en die oomblik te beklemtoon. Lukas noem twee geografiese aspekte; naby die stad en teen die afdraand van die Olyfberg. Die Griekse woord katabasis wat in die NAV met “afdraand” vertaal is (Eng “descent”; “road leading down”), wek in hierdie konteks die suggestie dat Jesus se aardse lewe na ’n laagtepunt beweeg. Of is dit ’n ongegronde interpretasie? Met dié besonderhede skep Lukas ’n spanningslyn en rek daarmee die tempo uit.

Presies op hierdie punt kom volgende karakters (groep) op die toneel – “die hele skare juigende volgelinge”
(v 37) (Reiling & Swellengrebel – “the widest circle of Jesus’ followers”). Hulle word geïdentifiseer deur hulle besondere optrede, naamlik dat hulle God prys oor die wonderwerke (motivering/grond vir) wat hulle gesien het. Dit verwys na die dinge wat vroeër in die evangelie beskryf is (Marshall). Reiling en Swellengrebel bied die volgende Engelse vertaling: “the whole throng/company of the disciples began to praise God with joy with a loud voice”, en verduidelik dit so: “here the phrase (ērxanto . . plēthos) serves to stress the unexpectedness of the following event. Ērxanto and chairontes are in the plural because plēthos, as collective singular, has plural force, chairontes denotes the mood of the disciples, phónē megalē ‘with a loud voice’, denotes the mode, or way of their praise.” Marshall skryf: “The verse is reminiscent of the praise which greeted Jesus on his entry into the world at Bethlehem in Galilee from the angels and the shepherds (2:13, 20); his entry to Jerusalem is hailed in the same way by those who have seen what has already happened.”

In die Grieks is die frase van vers 38b wat in Afrikaans vertaal word met “Vrede in die hemel en eer aan God in die hoogste hemel!” in die vorm van ’n kruis-sinsdeel (chiasme). Reiling en Swellengrebel bied die volgende vertaling aan: “in heaven (is) peace, and glory in the highest.” Volgens hulle verwys die vrede (Gr eirēnē) hier na die “eschatological peace after the expulsion of Satan from heaven”. Die positiewe betekenis van die woord is hier dominant. Marshall noem die problematiek rondom die uitdrukking “vrede in die hemel”. Hy stel uiteindelik die volgende oplossing voor: “. . . more probably the force of the saying is the same as in Rev. 7:10 where God is praised by the ascription of salvation to him, i.e. he is praised as the author of salvation. The same liturgical use is present here, so that en ouranó is virtually a periphrasis for the name of God. The coming of the king who brings peace (Zc 9:9f) is the appropriate occasion for ascribing praise to God as the author of peace.”

Deurdat hulle God se lof besing terwyl hulle Jesus op die donkie vergesel, lê hulle bewustelik of onbewustelik ’n verband tussen God en Jesus. Die woorde van hul loflied (v 38), in aansluiting by Psalm 118:26, dui daarop dat die skare Jesus as God self identifiseer. Psalm 118:26 is as groet vir pelgrims gebruik. “In the Ps. however, it appears to have been originally a greeting addressed to the king as he approached the temple to worship God. This original force reappears in Lk. With the addition of ho Basileus” (Marshall). Vir Lukas het die koninkryk nog nie aangebreek nie (19:11), maar die Een wat koning sal wees, is naby. 

Hierdie verbandlegging wek die reaksie van nog ’n karakter (groep) in die vertelling op (v 39). ’n Paar Fariseërs in die skare is verleë en selfs ontstig oor die woorde van die skare se loflied. Hulle dring by Jesus daarop aan om sy volgelinge onder bedwang te bring en hulle stil te maak. Met hierdie versoek van die Fariseërs word die verskillende reaksies van mense op wie Jesus is, beklemtoon. Dit bring ook die konflik tussen die Jesusbeweging en die Joodse sosiaal-politieke strukture na vore. Danker skryf: “Luke’s reference to the Pharisees, his last in this Gospel, provides a cogant setting for the lament that follows. Their approach to Jesus is respectful. And their concern is legitimate. They want no disturbance of the delicate balance between their religious interests and Roman power” (ook Groenewald).

Jesus se reaksie op die versoek van die paar Fariseërs is veelseggend. “Jesus uses a vivid Semitic expression (cf. Hab. 2:11). So great is the crisis that, in the absence of any other voice, inanimate objects must cry out” (Danker). Dit beklemtoon die buitengewone aard van die gebeure wat hier beskryf word, asook die identiteit van Hom oor wie die skare lofjuigend sing. Op hierdie punt eindig ons afgebakende teks, sonder dat Jesus die bestemming wat in vers 28 aangetoon is, bereik. In vers 41 word die beweging na Jerusalem verder beskryf, maar steeds nie asof Jesus al aangekom het nie. Eers in vers 45 is dit duidelik dat Jesus Jerusalem bereik het, maar dan is dit ’n volgende toneel waar Hy in die tempel optree.

Hermeneuties

In terme van die kerklike jaar is ons by Palmsondag. Dit vorm deel van die Groot Lydensweek (Eng Holy Week). Salmon skryf dat die verskillende weergawes oor Jesus se laaste week, van sy intog in Jerusalem tot by sy kruisiging, die sentrale narratief van die Christelike geloof vorm. Die lydenstog na die kruis gaan deur die Groot Lydensweek. Die betekenis van Jesus se lewe en dood vind uitdrukking in die kerk se vieringe gedurende hierdie week, beginnende met Palmsondag tot met die hoogtepunt in die “first Alleluia of the Easter Vigil”. Die rituele van die week is somber maar hoopvol, terwyl ons voorberei vir die Paasvieringe. Teen dié agtergrond moet predikers vir Palmsondag voorberei.

Die literêre konteks van ons Skrifdeel val binne die eenheid (19:28-24:53) wat Groenewald onder die opskrif “Jesus in Jerusalem” saamvat. Volgens Groenewald het hierdie laaste deel van die verhaal twee hoofonderdele: “eerstens die optrede van Jesus by die tempel en sy gesprekke met teenstanders en volgelinge (19:28-21:38), en dan die lydensweg self, deur die laaste nag met sy dissipels en die gevangeneming, verhoor, kruisiging, begrafnis, opstanding, verskyninge en hemelvaart (22:1-24:53).” Morris beskryf ons Skrifdeel met die opskrif, “The approach in triumph” (Groenewald praat van “Die feestelike intog in Jerusalem”). Hy sien in hierdie optrede van Jesus selfs arrogansie, aangesien die Joodse leiers vyandiggesind was en reeds opdrag gegee het dat enige persoon wat geweet het waar Jesus was, hulle daaroor moes inlig sodat Hy gearresteer kon word (Joh 11:57). “But, far from hiding in fear, Jesus came to Jerusalem publicly and triumphantly. For the present His popularity among the people prevented action being taken against Him (48). But we should overlook neither the bitter hostility of the high-priestly party nor the courage manifested by Jesus and his friends.”

Volgens M J Salmon bevat Lukas se vertelling van Jesus se intog in Jerusalem eienskappe wat uniek is aan hom. Die dissipels is hier meer prominent as in die ander evangelies. In Lukas se vertelling is die skares mense, wat Hom in die stad verwelkom as koning en later teen Hom draai, afwesig. “Rather, many disciples who had witnessed his deeds praise God loudly and joyfully. And . . . many disciples who had come with him from Galilee see him die on the cross at the end of the week in Jerusalem. The disciples who praise him when he enters Jerusalem are still there at the end of the week.”

Dit is ook net Lukas wat die Fariseërs hier noem. Volgens Salmon teken Lukas die Fariseërs deurlopend in ’n meer positiewe lig as die ander evangelies. Lukas bevat nie die skerp polemiek van Matteus en Markus nie. Volgens Handelinge 15:5 was daar Fariseërs in Jesus se gemeenskap. Salmon oordeel dat die Fariseërs se versoek in Lukas 19:39 aan Jesus om sy volgelinge stil te maak, nie noodwendig vyandig, of ’n teken van verwerping was nie. Vroeër in die verhaal waarsku hulle Jesus om nie sy reis na Jerusalem voort te sit nie, omdat Herodes beplan om Hom dood te maak (13:31). Die Fariseërs se bedoeling by dié geleentheid is klaarblyklik om Jesus die lot wat Hom in Jerusalem inwag, te spaar. “Attracting the attention of the Romans, especially invoking the title of king, will certainly bring harm to the disciples and their teacher, and perhaps to some of the Pharisees as well” (Salmon).

In sy bespreking van Lukas se weergawe van die gebeure in ons Skrifdeel, wys Marshall dat Lukas se vertelling eenvoudiger is as dié van Markus. Hy skryf dat ’n historiese analise van die gebeurtenis moeilik is. Hy noem drie elemente wat H Patsch onderskei: “The first is the story of the finding of the animal, apparently as the result of supernatural foreknowledge by Jesus, this is generally regarded as a legendary accretion to the story, made in Hellenistic-Jewish circles under the influence of the LXX. Second, . . . the riding of the ass which is seen as a fulfilment of Zc. 9:9. Third, . . . the acclamation of the disciples.” Marshall wys op probleme wat die laaste twee elemente rondom historiese vrae oplewer. Terwyl kritici die historisiteit van albei bevraagteken, is daar wel konsensus dat ten minste die feit van Jesus se intog in Jerusalem historiese gronde het, maar dat die vertelling daarvan “has been overlaid with legend and messianic colouring”. Die samevoeging van twee vertellings (Jesus se intog in Jerusalem en die dissipels se lofprysing van Jesus) verskaf probleme.

Marshall wys verder daarop dat die verhaal in die vorm van ’n legende is, maar dat dit nie historiese begronding uitsluit nie. Volgens hom het Derrett reeds aangetoon dat die besonderhede van die verhaal inpas binne die Joodse opvatting “of commandeering and borrowing animals.” Daar is messiaanse ondertone in die verhaal, maar dit is ’n vraag of Jesus dit so bedoel het. Uiteindelik skryf Marshall: “In short, there can well be a historical basis for this part of the narrative.” Hy sê voorts dat indien die historiese begronding van hierdie deel van die verhaal moontlik is, daar selfs minder probleme bestaan ten opsigte van Jesus se intog in Jerusalem. Die gebeurtenis was so gering dat dit min aandag sou trek. Die vraag wat oorbly is “whether Jesus intended some special significance to be seen in his action” (Marshall).

Indien Jesus sodanige intensies gehad het, moes Sagaria 9:9 in sy gedagtes gewees het (Marshall): “Jubel, Sion! Juig, Jerusalem! Jou koning sal na jou toe kom. Hy is regverdig en Hy is ’n oorwinnaar, hy is nederig en hy ry op ’n donkie.” Teen dié agtergrond sou Hy dan sy optrede verstaan as dié van ’n koning wat aanspraak maak op sy stad. “Luke’s stress on the kingship of Jesus is an accurate insight into the situation. What was significant for the disciples was that it was Jesus who was coming to Jerusalem; they hoped that their messianic expectations concerning him would be fulfilled” (Marshall). Marshall meen Jesus se optrede het hierdie rol stilswyend aanvaar, maar die dissipels het moontlik nie verstaan nie dat Hy “deliberately claimed to be a figure of peace”. 

L T Johnson skryf in sy bespreking van Lukas-Handelinge ’n paragraaf oor “The Formation of the People”. Reeds in die evangelie se eerste agt hoofstukke is daar flitse van “the people of God forming around Jesus”. Hy roep sondaars as dissispels (5:1-11) en tollenaars (5:27), wat alles agterlaat, om Hom te volg (18:28-30). Uit hierdie mense kies Hy twaalf wat apostels genoem word (6:13). “After the story of the sinful woman, we begin to see the nucleus of the people gathering: Jesus and the Twelve are preaching in Galilee. With them is a group of women, who support them (8:1-3). Here is the core of the restored Israel, merely a small band of followers from Galilee.” Van Lukas 9:1 af ontwikkel Jesus ’n bediening onder sy volgelinge om die leiers wat die profeet verwerp, te vervang. Dat die Twaalf die leierskap van Israel sal oorneem, word gesuggereer in die gelykenis van die goue muntstukke (19:11-27) en die gelykenis van die wingerd (20:9-18).

Intussen word die mense geteken in terme van ’n vormingsproses, veral in die reisverhaal (9:51-19:44). Die beweging na Jerusalem domineer hierdie onderdeel. By die verheerliking op die berg praat Jesus met Elia en Moses oor die uittog (ekodus) wat Hy in Jerusalem sal voltooi (9:31). Sy toewending na die stad word in 9:51 plegtig aangekondig. Ongeveer sewentien keer in die volgende hoofstukke word gesê dat Jesus “op weg” is. Die reismotief gee aan die gedeelte ’n dinamiese kwaliteit, wat die roeping tot dissipelskap meer dramaties maak. Hier is meer ter sprake as ’n reis, selfs as ’n reis na lyding en dood (Luk 9:22; 18:31). “On the way to Jerusalem to face his rejection and death at the hands of the leaders, the prophet Jesus is forming the true people of God around himself. The journey reaches an end with Jesus’ triumphant entry into Jerusalem. The small band of followers we spotted in Luke 8:1-3 has now swelled, so that ‘the whole multitude of disciples’ (19:37) greets Jesus as king . . . The Lukan parable of the pounds (19:12-27), which is told just before the entry into the city, interprets the larger narrative. The one who is king will reward his faithful followers with authority in the kingdom. But those who resisted his kingship will be utterly cut off” (Johnson).

Met die oog op prediking van ons teks op Palmsondag en toepassing van die intog- en lydensverhale op ons lewe vandag, kan kennis geneem word van Salmon se aanduiding dat die “lectionary readings” vir die Groot Lydensweek elke jaar dieselfde is. En tog, sê sy, is dit verskillend. Waarin lê die verskil dan, as dit nie in die tekste is nie? “We are not the same people we were a year ago. The burdens we carry, the sins we bear, the paths we walk, are not the same. And so we ask, Where does death intrude this year? To what must we die, each of us individually and as a community? Where does the world most desperately need a word of hope?” Dit gaan dus ook oor die voortgaande “Formation of the People” wat die intog in Jerusalem herdenk en die lof besing van Jesus op die rug van die donkie.

Jesus stuur ons uit en ons kom tot rus

Fokus

Palmsondag is die laaste van die Lydensondae. Dit is terselfdertyd die begin van Groot Lydensweek. Daar is dus die element van triomf by die intog in Jerusalem, maar daar is ook die besef dat Jesus gekom het om te ly en te sterf in hierdie einste Jerusalem! Hierdie twee elemente moet deurlopend op Palmsondag vasgehou word.

Tema: Reisgenote van Jesus

Rus

Die eerste beweging van die Seisoen van Luister se luistersiklus is om tot rus te kom.  Hier is ‘n paar voorstelle vir hierdie Sondag waaruit jy kan kies:

  • ’n Vaste lied wat baie geskik is om as toetredelied gedurende Lydenstyd te gebruik, is Lied 397 – “Ontsluit, o Heer, ontvlam ons hart”. Die verse kan afwisselend of al drie saam op ’n Sondag gesing word.
  • Lied 370 en 179 kan ook vooraf gesing word.
  • Vertoon vooraf prente van mense met palmtakke. (Kyk by www.textweek.com vir die spesifieke Sondag en teks onder “Fine arts images” en “Graphics and bulletin materials”.)
  • Laat families/vriende met mekaar deel wat die Here die afgelope week vir hulle beteken het.  Hulle kan ook vir mekaar bid.

Lied

‘n Lied wat uitstekend aan die begin van die diens sal pas:

Flam 82. “Hosanna”
(RUBRIEK: Flammekids – Lof / Lydenstyd)
Teks en Musiek: Jan de Wet
© 2002 MAR Gospel Music Publishers
(Opgeneem op Jan de Wet & die lofkleuters, loflied 2)

Hosanna! Hosanna!
Jesus kom verby
Hy ry op ’n donkie
die mense is so bly

Hosanna! Hosanna!
Hoor hul juig en skree.
Hul dink Hy is die koning wat die vrede gee
Hosanna! Hosanna! Jesus kom verby
Hy ry op ‘n donkie
die mense is so bly

Hosanna! Hosanna!
Almal is so bly.
Maar wie het ooit gedink
dat Hy moes sterf vir my

Familie-oomblik

Kinders kan vandag palmtakke indra by die aanvang van die erediens of tydens die lofsang en dit voor in die kerk neerlê. In ‘n Kindertyd kan oor die betekenis van die Palmtakke gepraat word.  Of families kan daaroor gesels onder begeleiding van die liturg.

Fokus op Jesus se lyding
Carolyn Brown wys daarop dat gemeentes baie keer die lyding van Jesus ignoreer in gesprek met kinders.  Daarmee ontsê hulle egter ook vir kinders die kontras wat kom met die vreugde van die opstanding.  As hulle iets verstaan van die diepte van Jesus se lyding, sal hulle ook beter verstaan watter vreugde die opstanding vir ons bring.

Een lyn wat gevolg kan word om die boodskap van lyding oor te dra, is om oor Jesus se Koningskap te praat.  ‘n goue kroon sowel as ‘n kroon van dorings kan gebruik word.  In gesprek met die kinders kan die betekenis van die twee krone ontgin word.  Die goue kroon staan vir ‘n sterk koning na wie almal moet luister (moenie die koning teken as boos nie, net as outoritêr).  Die doringkroon staan vir iemand wat bereid is om vir mense te sorg en vir hulle lief te wees.

Toe Jesus in Jerusalem inry, het die mense Hom as koning geprys.  Watter tipe koning dink julle was Hy?  Het Hy ‘n goue kroon gedra, of ‘n doringkroon?  ‘n Doringkroon natuurlik.  So wat sê dit vir ons van Jesus as Koning?  Hy sorg vir ons en is vir ons lief.

Wat leer dit ons?  Om soos Jesus eerder ‘n doringkroon te dra as ‘n goue kroon: om eerder om te gee vir mense en vir hulle lief te wees, as om vir hulle te hiet en gebied.

Fokus op vreugde
Hier is ‘n storie wat julle kan gebruik om die verhaal van die intog van Jesus te dramatiseer waarin meer klem gelê word op die vreugde van die intog:

Palm Sunday Devotion – Get in line to follow Jesus! 

This is a made-up story based on the true story of Palm Sunday in the bible.

Hi! My name is Christopher. I’m a little kid that was there on Palm Sunday! I came over to Bible Kids Fun Zone to tell you the story. Its about Jesus.

It was a very special day. It was the day of the big festival in Jeursalem. We went to Jerusalem every year for the big festival, but this year was extra special. This year, everyone was talking about Jesus. Everyone had heard about all the miracles that Jesus did. He healed sick people right on the spot. He made blind people see! And that’s not all. He even brought a man back to life after he died! We were hoping Jesus would come to the festival too.

People from all over came to Jerusalem for the festival that day. So many people were coming that It was getting very crowded in the streets. Since I’m a little kid, I couldn’t see very much in a big crowd, so I asked Dad if he would lift me up and put me up on his shoulders. And, just like always, Dad grinned and said, “Sure!” So up I went, way up high. Whee! What fun it was to ride way up high sitting on Dad’s shoulders. I held on tight so I wouldn’t fall.

Just then, I heard this funny sound. It sounded like this, “Clip-clop, clip-clop”. What could it be? It sounded like the hooves of a little donkey as he walked down the street. And sure enough, that’s what the sound was. Off in the distance I could see a little donkey walking towards us. The little donkey was carrying someone on its back. I couldn’t see who the donkey was carrying when they were so far away. But, soon they got closer. Now I could see! It was Jesus! I was so excited. Finally I got to see the one we were all talking about. Here was the one who we wanted to be our king! Everybody was taking palm branches, waving them in the air. Dad got a palm branch for me too. I waved my palm branch and shouted, “Hooray! God bless the one who comes in the name of the Lord! Praise to God in heaven!” I wanted to praise Jesus too because I knew he deserved it.

Jesus and the donkey were getting closer and closer. Clip-clop, clippety-clop. I asked Dad to put me down so I could go out to meet Jesus. Once my feet hit the ground, I ran and got my friends Jesse and Davey. “Jesus is coming! Jesus is coming! I told them…Look over there!” We were so excited we started jumping up and down. We ran out to see him, and shouted praises as he passed by, ‘Hosanna! Blessed is He who comes in the name of the Lord!’. We waved our palm branches way up high in the air. We took our coats and laid them down on the ground to make a soft little carpet for the donkey to walk on. We wanted to do this to show how much we loved Jesus! And we knew Jesus loved children too. We saw a group of people forming a line behind Jesus, and following along behind Him. So we ran and got in line behind the people who were following Jesus and the donkey. We wanted to follow Jesus too because we loved him. It was so much fun following Jesus and praising Him! It was so much fun I could do it all day!

____________________________________________________________________

Well, I hope you liked the story about following Jesus and the praising him. Even the children were praising Jesus and following him. I hope you join in and sing praises to Jesus too…not just on Palm Sunday, but every day because He deserves it. He loves you so much. And he is happy when you praise him. I hope you decide to follow him, too, because he wants to be your leader.

Even though some people don’t believe the Bible, everything in the Bible comes true. The verses about Jesus riding into Jerusalem on a donkey came true that day – even the part about the children singing praises to Jesus! So I hope you believe in Jesus too. Because whether or not you believe it, Jesus will come back for his followers some day soon, to take them home to be with them. It will really happen, just like everything else that has come true in the Bible. So, won’t you follow Jesus too?

Now let’s all make palm branches just like the kids had in Bible times, and shout praises to Jesus.

God praat met ons en ons luister

Die tweede beweging van die luistersiklus is om te luister.

Preekriglyn

Mens is soms deel van iets wat jou opgewonde maak, maar waarvan jy die wonderlike gevolge nie kon voorsien nie.  Die uiteinde is soveel groter as die vreugde om deel te neem aan die aksie self.  Die Rugby-Wêreldbeker van 1995 was so ‘n ervaring vir baie Suid-Afrikaners.  Elke onderdeel was ‘n wonderlike ervaring vir Springbok-ondersteuners.  Dink aan die oorwinning teen Australië in die onvergeetlike openingswedstryd.  Al die hoogtepunte langs die pad.  Uiteindelik hou Francois Pienaar die beker hoog … en ‘n hele nasie juig!  Wie soui ook kon dink, soos die onlangse film Invictus dit uitbeeld, dat die héle Suid-Afrika sou feesvier?

Jesus is op ‘n missie, Sy passie is om in Jerusalem te kom.  Hierdie dringende reis na Jerusalem loop soos ‘n goue draad deur die Lukasevangelie.  Jesus moet in Jerusalem kom om die roeping uit te voer waarvoor die Vader Hom gestuur en die Heilige Gees Hom bekragtig het.  Reeds in Lukas 9:21 kondig Hy aan: “Die Seun van die mens móét baie ly, deur die familiehoofde, priesterhoofde en skrifgeleerdes verwerp word, en Hy móét doodgemaak word, en op die derde dag opgewek word”.

In hierdie teksgedeelte kom die Koning by die stad aan, en bars daar spontane lofprysing onder Jesus se volgelinge uit.  Die reis kom tot ‘n einde, die bestemming is bereik.  Die reisgeselskap van dissipels kom min van week se gebeure voorsien.  Hulle het min verstaan.  Maar hulle weet: hierdie is waarlik die Koning, die ware Jakob.  Hy kom in Jerusalem aan soos voorspel in Sagaria 9:9: “Hy is nederig en Hy ry op ‘n donkie.  Hy is regverdig en Hy is ‘n oorwinnaar”.

Die “hele skare juigende volgelinge” doen wat by die aanskoue van so ‘n Koning pas: hulle “begin God uit volle bors prys” (19:37):

“Loof die koning,
Hy wat in die Naam van die Here kom!
Vrede in die hemel,
en eer aan God in die hoogste hemel!” (19:38).

Daarmee bring hulle die koninklike hulde aan Jesus waarvan Sagaria 9:9 reeds praat: “Jubel, Sion! Juig, Jerusalem! Jou Koning sal na jou toe kom.  Hy is regverdig en hy is ‘n oorwinnaar, hy is nederig en hy ry op ‘n donkie, op die hingsvul van ‘n donkie.”

En tog sou die skare eers later die volle betekenis van hierdie feestelikheid verstaan.  Hierdie was maar die openingstoneel van ‘n besondere week met diep en donker laagtepunte.  Die laagtepunte sou hoogtepunte blyk te wees.  Uit hierdie week sou daar vreugde en blydskap regoor die wêreld versprei.

Palmsondag

In die kerklike jaar word Jesus se intog in Jerusalem op Palmsondag gevier, met verwysing na die palmtakke waarmee Jesus feestelik in Jerusalem verwelkom is (Joh 12:13).  Dit is vandag Palmsondag.

Met Palmsondag begin die Groot Lydensweek, die laaste week van Jesus se lydensweg.  Die lydensweg na die kruis gaan deur die Groot Lydensweek.  Hierdie week omvat die sentrale gebeure van die Christelike geloof.

Ons bewys op Palmsondag hulde aan Jesus, en eer Hom as koning.  Dit geskied hoopvol, want die lydensweek loop op die halleluja van Paassondag uit.  Dit geskied ook somber, want die verheerliking van die nederige, dienende Koning op die donkie loop langs die weg van die kruis.

Lukas gee ‘n besondere perspektief op die Groot Lydensweek wat in Jerusalem afspeel.  Daarmee help hy ons om te verstaan hoe ons lewe, ons roeping, ons missie as gelowiges en as gemeente inskakel by Jesus se missie.

Ons ontdek:

  • Waar ons inskakel by God se werk deur Jesus Christus op aarde;
  • Hoe om ons lewe van geloof saam met Jesus as ‘n reis te verstaan; en
  • Hoe ons gevorm word om as reisgeselskap saam met Jesus te lewe.
Jesus op reis na Jerusalem

Van die begin van die Lukasevangelie af, funksioneer Jerusalem prominent in die verhaal.  Reg aan die begin, in die tempel in Jerusalem, herken die bejaarde Anna en Simeon in Jesus God se verlossing vir Israel (2:23-38). Wanneer Jesus nog in Galilea (die noordelike provinsie van Israel) met sy bediening besig is, stel Hy Homself in om na Jerusalem te gaan (9:51).  Die reis na Jerusalem word as ‘n goddelike noodwendigheid uitgebeeld: Hy móét gaan.  Daarom kan hy sy juigende dissipels in ons teks nie stilmaak nie – as hulle sou swyg, sou die klippe dit uitroep.

Vanaf hfs 19 word daar ten minste 17 keer gesê dat Jesus “op weg, “op reis” is.  Die reismotief maak die evangelie ‘n dinamiese verhaal van afwagting.  Wat gaan gebeur?  En wat dit beteken dit om hierdie Jesus-op-reis te volg?  Waar en hoe gaan dit eindig.  Jesus op reis om sy goddelike sending of missie uit te voer, trek en vorm mense, sodat die klein groepie volgelinge van Lukas 8:1-3 (die twaalf en ‘n paar vroue) teen Lukas 19 aangegroei het tot ‘n menigte dissipels (19:37) wat Jesus toejuig.

In Jerusalem, in die groot lydensweek, word die volle betekenis van Jesus se roeping duidelik.  Daarom gaan dit nie oor Jerusalem as sodanig nie, maar oor Jesus self.  Sy karakter, identiteit en roeping word duidelik. Hy is die nederige, dienende Koning, Hy is die lydende Messias, Hy is die Een wat in die Naam van die Here kom en hemelse vrede na die aarde bring.  Hy doen dit deur die Paaslam vir sy volk te word; om in ons plek die straf van God te dra; om deur sy dood en opstanding vergifnis en nuwe lewe moontlik te maak.

Daarom swaai ons ook palmtakke en sing lofsange op Palmsondag.  Die uitkoms van die reis is ons hoop en ons vrede.

Jesus vorm reisgenote

Lukas vestig nie net ons aandag op Jesus by sy intog in Jerusalem nie.  Hy fokus ook op die mense, die dissipels, wat saam met Jesus Jerusalem binnegaan.  In sy vertelling is dit die dissipels wat Jesus se lof besing op Palmsondag.  In die ander evangelies word na mense verwys wat oppervlakkig Jesus se lof besing, maar binne dae teen Hom sou draa en sy kruisiging eis.  In Lukas gaan dit oor die dissipels, “die hele skare juigende volgelinge” (19:37) wat saam met Hom die stad binnegaan.

Vanaf die begin van die Lukasevangelie is Jesus doelgerig besig om dissipels rondom hom te versamel en so ‘n reisgeselskap te vorm.  Jesus roep sondaars as dissipels (5:1-11) en tollenaars (5:27).  Hulle laat alles agter om Hom te volg (18:28-30).  Uit hierdie mense kies hy twaalf, wat apostels genoem word (6:13).  ‘n Kern van volgelinge word gevorm: Jesus en die Twaalf preek in Galilea, terwyl daar ‘n groep ondersteunende vroue saam met hulle is (8:1-3).  Hierdie klein groepie volgelinge is alreeds die kern van die herstelde Israel wat Jesus op aarde kom skep het.

Wanneer die reisverhaal na Jerusalem begin (9:1) sien ons hoe doelgerig Jesus hierdie volgelinge uitbrei en hulle vorm tot ‘n dissipelkring.  Hy stuur die twaalf uit (hfs 9), en daarna die twee-en-sewentig dissipels (hfs 10) sodat hulle geloofservaring van ‘n lewe in diens van Jesus kan opdoen, en geestelik gevorm kan word.  Hy onderrig hulle oor dissipelskap (bv 9:57-62); Hy vertel gelykenisse, Hy onderrig hulle oor gebed (hfs 11); Hy openbaar Homself deur verskeie genesings en leringe; Hy leer hulle om soos kindertjies in die koninkryk te word (18:15-17); en Hy leer hulle dat sy getroue volgelinge met gesag in sy koninkryk beklee sal word (19:11-27).

Op reis na Jerusalem word ‘n dissipelkring gevorm wat Jesus se werk sou voortsit nadat die gebeure van Groot Lydensweek, nadat die sending van Jesus op aarde, voltooi is.  Die reisplan ontknoop reg aan die einde van die evangelie as Jesus by sy hemelvaart aan die groot dissipelkring sê:
“Só staan daar geskrywe: Die Christus moet ly en op die derde dag uit die dood opstaan, en In sy Naam moet bekering en vergewing van sondes aan al die nasies verkondig word,

Van Jerusalem af en verder.
Julle is getuies van hierdie dinge.” (24:46-48)
Waar Jesus se missie was om in Jerusalem te kom en sy verlossingswerk te voltooi, vorm Hy onderweg ‘n reisgeselskap, ‘n groep mense wat Hom as Koning erken, Hom verheerlik, sy lof en heerlikheid oral waar hulle kom uitdra, en as getuies leef van sy lyding, sterwe en opstanding.

Anders sal die klippe dit uitroep.

Ons is Jesus se reisgenote

Jesus gaan tot vandag toe voort om deur sy Woord en Gees dissipels te vorm.  Ons is deel van sy reisgeselskap.  Ons is deel van diegene wat Hom as die dienende, lydende en verheerlikte Koning herken, en lof en eer aan Hom toebring.

Waar Jesus se sending Hom na Jerusalem geneem het, neem sy reis saam met ons ons sedertdien weg van Jerusalem af, die wêreld in.  Ons moet sy getuies wees “van Jerusalem af en verder” (24:46-48).

Presies om hierdie rede vertel Lukas in soveel detail hoe Jesus op die dag van sy opstanding van Jerusalem af na Emmaus gereis het met twee grootliks onbekende dissipels.  Die lewe met die opgestane Here, wat aan die regterhand van die Vader sit, is ‘n reis “van Jerusalem af en verder” na die kontekste waarin ons elke dag lewe, en die situasies waarheen Hy ons stuur.  Hy stuur ons “voor Hom uit na elke dorp en plek” (10:1) waar Hy deur ons teenwoordig wil wees.

Op Palmsondag ontmoet ons Jesus by die poorte van Jerusalem, en ons besing sy lof.  Ons weet hoe daardie week geëindig het, en watter impak dit op ons wêreld gehad het.  Ons ken die seën wat Jesus gebring het. En ons leef dit elke dag uit.

Hoe neem mens prakties deel aan die reis van Jerusalem af en verder?

Die reisverhaal van die Lukasevangelie gee vir ons duidelik riglyne:

Een: Gevorm tot ‘n gemeenskap van navolgers

Jesus het nie ‘n boek nagelaat nie, maar ‘n gemeenskap van navolgers.  Dit is hulle wat Hom op Palmsondag toesing, en later sy gestuurdes van Jerusalem af en verder word.  Hierdie volgelinge beliggaam die evangelie.  Lesslie Newbigin verduidelik dat die gemeente die evangelie deur haar lewenswyse en haar getuienis oor Jesus se groot dade uitlê.  In mense wat onderlinge leef soos Jesus hulle geleer het, op wie sy geestelike DNA deur die vrug van die Gees afgee, herken en leer mense die betekenis van die evangelie.  Daarom is ons styl van lewe en die wyse van ons teenwoordigheid in die wêreld so belangrik.

Iemand het gesê:  “Jou dade praat so hard, ek kan jou woorde nie hoor nie”.  Wie hulleself dissipels noem, moet deurlopende geestelike vorming in die geloofsgemeenskap ondergaan om waardig die Koning te lewe.

Twee:  Gevorm om deur die oë van Jesus te kyk

Op reis na Jerusalem het Jesus sy dissipels deurlopend aan talle situasies blootgestel waaruit hulle kon leer hoe Hy na mense kyk, en hoe Hy mense hanteer.  Dink aan die verskeie genesings, sy genade teenoor diegene buite die bekende kring van Israel, sy vergifnis vir ‘n sondige vrou en ‘n gierige tollenaar.  Dink aan die talle gelykenisse waarin Jesus gangbare menslike werklikhede omkeer, soos:  die aartsvyand van die Jode, die Samaritaan, word ‘n naaste en ‘n draer van liefde en respek.  Om groot te wees in die koninkryk, moet jy dien.  Dink aan die tyd wat Hy ingeruim het vir die vrou wat aan bloedvloeiing gely het, en die vreugde by die terugkeer van ‘n verlore niksnut.

Dissipelskap het met geestelike vorming te doen waarin ons leer om Jesus na te volg en te vra wat het Jesus gedoen, sodat ons daaruit kan leer hoe om in sy Naam te leef.

Dawn Husnick, ‘n verpleegsuster, wat na jare se stryd met alkohol, mislukte verhoudings en depressie weer haar voete gevind het, vertel van haar werk in die noodgevalle afdeling van ‘n groot Amerikaanse hospitaal.

“In my diensjare by Noodgevalle het ek Jesus daagliks sy koninkrykswerk sien doen deur ‘n groep van sy volgelinge.  Een dag staan egter bo al die ander uit … daardie dag het ek Jesus self gesien.”

Sy vertel dan hoe ‘n pasiënt opgeneem is wat walglik gestink het.  Kom ons noem hom N. Hy is vasgebind opgeneem, wat beteke het hy was gewelddadig of ‘n psigiatries onstabiele persoon. Nadat die dokter hom vlugtig ondersoek is, is bevind dat hy behoorlik gebied en met anti-bakteriële middels skoongemaak moet word.  Die opdrag was dat Dawn dit moet doen.

“Toe ek na N kyk, is ek oorweldig deur hartseer.  Hy was rusteloos en het omsamehangend gebrabbel deur sy dik baard en snor.  Sy oë was versluier agter sy lang, woeste hare.  Hierdie arme man het niemand gehad wat hom kon liefhê nie.  Wat sou in die verlede gebeur het om hom in hierdie toestand te laat eindig?  Niemand in Noodgevalle wou regtig na hom kyk, of hom aanraak nie.  Hulle wou hom, en sy gebroke lewe, ignoreer.  Eintlik wou ek ook, maar ek kon nie – ek was aangetrokke tot sy nood gevoel.”

Dawn besluit dat N in die wasproses vir tien minute lank die liefde van die Here sou ervaar.  Die wagte neem hom na die stort, wat sy, gevul met die Here se liefde, voorberei asof dit ‘n vyfster hotel is.  Hierdie vergete man sou soos ‘n koning behandel word.  Terwyl hare en liggaam gewas word, die septiese voete geskrop word, naels geknip word, begin die skeptiese twee wagte verstaan wat gebeur, en begin heelhartig saamwerk.  Hulle gee handdoeke aan, en help Dawn met die proses.

“Terwyl ek sy voete doogvee, kyk ek op in N se oë.  Vir die eerste keer kyk N se oë in myne.  Vir daardie oomblik was hy by, sy oë wakker en sy gees helder.  Terwyl trane uit sy oË stroom, mompel hy ‘dankie’.  Op daardie oomblik het ek Jesus gesien.  Hy was daar, die hele tyd, daar waar Hy altyd gesê het Hy sal wees”:

“’want Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet; Ek was dors, en julle het My iets gegee om te drink; Ek was ‘n vreemdeling, en julle het My gehuisves; Ek was sonder klere, en julle het vir My klere gegee; siek, en julle het My verpleeg; in die tronk, en julle het My besoek.’ Dan sal dié wat die wil van God gedoen het, Hom vra: ‘Here, wanneer het ons U honger gesien en U gevoed, of dors en U iets gegee om te drink? En wanneer het ons U ‘n vreemdeling gesien en U gehuisves, of sonder klere, en vir U klere gegee?  Wanneer het ons U siek gesien of in die tronk en U besoek?’ En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’” (Matteus 25:35-40)

Drie:  In gebrokenheid

‘n Koning wat sy stad op ‘n donkie se rug betree, ‘n Messias wat deur lyding en dood oorwin en verheerlik word, ‘n veroordeelde Verstoteling wat God se vrede bring en mense in gemeenskap met God stel.  Dit is die dinamika van Jesus se reis na roepingsvervulling.  Geen wonder dat die Emmausgangers Jesus eers herken by die breek van die brood, die teken van sy gebreekte liggaam, nie.

As reisgenote van Jesus is ons nie bedoel om aardse wenners te wees nie.  Die deurbrake van die evangelie kom nie deur menslike krag en geweld nie.  ‘n Reisiger is broos en afhanklik van ander.  Soos Jesus, is dit deur ons brose en dienende teenwoordigheid in die wêreld dat ons draers van sy goedheid, liefde en herstel kan wees.

Vier:  Draers van vrede

Die palmswaaiers sing van die vrede uit die hemel wat die Een bring wat in die Naam van die Vader kom.  Vrede is ‘n versamelterm vir alles wat ons kan hoop om van God te verkry.  Darryl Guder verduidelik dat vrede in Bybelse sin die volgende beteken:

•   genesing en herstel;

•   geregtigheid (lewensruimte); en

•  vreugde.

Ons is van Jerusalem en verder gestuur om draers van vrede te wees na elke huis, plek en werkplek (10:5) te wees.

Groter as wat ons droom of dink

Mens neem aan dinge deel wat groter eindig as wat jy ooit kon dink of droom.  Rugby-Wêreldbeker 1995 was ‘n voorbeeld.  In die duisende kleiner en groter dade van toewyding en eerbetoon aan die lydende Dienskneg, wat die vrede van God bring, neem ons aan die wedergeboorte van die wêreld deel.

  1. God stuur ons om te leef

Die derde beweging van die luistersiklus is om te leef.  Hier is ‘n paar voorstelle om dit liturgies aan te voer:

Voorbidding:

’n Diaken doen voorbidding vir die gemeente wat uitbeweeg na hulle onmiddellike omgewing en vir die spesifieke behoeftes en nood wat daar bestaan. Noem die nood en behoeftes by name.

Verbintenis:

Voorganger: Dank die Here want Hy is goed.

Gemeente: Sy goedertierenheid duur tot in ewigheid.

Voorganger: Almagtige en ewige God, ons dank U dat U ons in hierdie heilige geheimenis met die liggaam en bloed van u Seun ons Verlosser, Jesus Christus, gevoed het. Deur u genade behou U ons in die liggaam van u Seun, die gemeenskap van alle gelowige dissipels. Help ons om as lewende lede van daardie heilige gemeenskap te volhard en om in liefde en gehoorsaamheid volgens u wil toe te neem: deur Jesus Christus, onse Here, wat leef en regeer met U en die Heilige Gees, een God in alle ewigheid.

Gemeente: Amen.

Voorganger: Almagtige Vader,

ons gee onsself aan U

as ’n lewende offer

in Jesus Christus onse Here.

Stuur ons die wêreld in

met die krag van die Heilige Gees

om te lewe en te werk

tot U lof en eer ( ’n Anglikaanse Gebedeboek,1989, Herdruk 2007, bl 129).

Geloofsbelydenis:

Die volgende kan met die dataprojektor vertoon word of afgedruk en uitgedeel word:

“Ek glo in Jesus Christus, wat in die gestalte van God was, maar Homself verneder het deur die gestalte van ’n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. Toe Hy as mens verskyn het, het Hy Homself verder verneder en was Hy gehoorsaam tot in die dood, ja die dood aan die kruis. Daarom het God Hom ook tot die hoogste eer verhef en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is. Voor Hom buig ons die knie en erken: Jesus Christus is Here! Ons doen dit tot eer van God die Vader” Preekstudies met liturgiese voorstelle, 1998, bl 99).

In sommige kerke is dit gebruiklik om nie ’n slotsang aan die einde van die erediens op Palmsondag te sing nie, omdat die gemeente daarvandaan die Groot Lydensweek binnegaan. Indien ’n lied wel gesing word, behoort dit van gedempte aard te wees en baie sensitief.  Byvoorbeeld Lied 518 of 519/NSG 57. Ook Lied 558 of 577 of 590/ NSG 405; 50; 138

Seën

Die Here sal julle seën en julle beskerm; die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee (Num 6:24-26).

of

Mag God ons genadig wees en ons seën,

mag Hy tot ons redding verskyn,

sodat sy dade oor die wêreld heen bekend mag word,

sy reddende krag onder alle nasies (Ps 67:2-3).

  1. Volgende week: Psalm 22:1-18 – Goeie Vrydag

God stuur ons om te leef

Die derde beweging van die luistersiklus is om te leef.  Hier is ‘n paar voorstelle om dit liturgies aan te voer:

Voorbidding:
’n Diaken doen voorbidding vir die gemeente wat uitbeweeg na hulle onmiddellike omgewing en vir die spesifieke behoeftes en nood wat daar bestaan. Noem die nood en behoeftes by name.

Verbintenis:
Voorganger: Dank die Here want Hy is goed.
Gemeente: Sy goedertierenheid duur tot in ewigheid.

Voorganger: Almagtige en ewige God, ons dank U dat U ons in hierdie heilige geheimenis met die liggaam en bloed van u Seun ons Verlosser, Jesus Christus, gevoed het. Deur u genade behou U ons in die liggaam van u Seun, die gemeenskap van alle gelowige dissipels. Help ons om as lewende lede van daardie heilige gemeenskap te volhard en om in liefde en gehoorsaamheid volgens u wil toe te neem: deur Jesus Christus, onse Here, wat leef en regeer met U en die Heilige Gees, een God in alle ewigheid.
Gemeente: Amen.

Voorganger: Almagtige Vader,
ons gee onsself aan U
as ’n lewende offer
in Jesus Christus onse Here.
Stuur ons die wêreld in
met die krag van die Heilige Gees
om te lewe en te werk
tot U lof en eer ( ’n Anglikaanse Gebedeboek,1989, Herdruk 2007, bl 129).

Geloofsbelydenis:
Die volgende kan met die dataprojektor vertoon word of afgedruk en uitgedeel word:
“Ek glo in Jesus Christus, wat in die gestalte van God was, maar Homself verneder het deur die gestalte van ’n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. Toe Hy as mens verskyn het, het Hy Homself verder verneder en was Hy gehoorsaam tot in die dood, ja die dood aan die kruis. Daarom het God Hom ook tot die hoogste eer verhef en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is. Voor Hom buig ons die knie en erken: Jesus Christus is Here! Ons doen dit tot eer van God die Vader” Preekstudies met liturgiese voorstelle, 1998, bl 99).

In sommige kerke is dit gebruiklik om nie ’n slotsang aan die einde van die erediens op Palmsondag te sing nie, omdat die gemeente daarvandaan die Groot Lydensweek binnegaan. Indien ’n lied wel gesing word, behoort dit van gedempte aard te wees en baie sensitief.  Byvoorbeeld Lied 518 of 519/NSG 57. Ook Lied 558 of 577 of 590/ NSG 405; 50; 138

Seën
Die Here sal julle seën en julle beskerm; die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee (Num 6:24-26).
of
Mag God ons genadig wees en ons seën,
mag Hy tot ons redding verskyn,
sodat sy dade oor die wêreld heen bekend mag word,
sy reddende krag onder alle nasies (Ps 67:2-3).

A ministry platform for faith leaders.

© Copyright Bible Media | This site is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.