Sesde Sondag in Koninkrykstyd

Picture of Woord en Fees

Sesde Sondag in Koninkrykstyd

Liturgiese Voorstel

Leesroostertekste

Sleutelteks: 2 Konings 2:1-2; 6-14
Ander tekste: Psalm 77:1-2, 11-20; Galasiërs 5:1, 13-25; Lukas 9:51-62

Inleiding

Vandag se liturgie het ’n aangrypende, bekende tog vreemde sleutelteks. Die Galasiërsteks is eweneens baie geliefd en die evangelieteks bevat ’n radikale roep tot volgelingskap. Die liturgie kan op kreatiewe wyse ons volgelingskap binne gemeenskap met mekaar en veral die Gees ontgin.

Diensorde

God versamel ons voor Hom

Gee geleentheid vir stilte na die aanvangswoord.

Litanie na stilte

Voorganger: Ek roep na God om hulp.
Gemeente: Ek roep na God, want Hy sal my hoor.

Voorganger: Ek wil dink aan die dade van die Here,
ja, ek wil dink aan u wonderdade van vroeër.

Voorganger: Ek wil nadink oor al u werk,
Gemeente: en oor al u dade peins.

Voorganger: Alles wat U doen, is heilig, o God.
Gemeente Waar is ’n god so groot soos God?

Diens van die Woord

Gebed om die opening van die Woord
Genadige God, U nooi ons uit om U te volg op ’n reis na ware vryheid. Doen vandag weer die wonderdaad om ons met u Woord aan te raak, sodat die weerstand om naby aan U te kom ons nie oorweldig nie, en ons met liefde vir U en ons naaste kan leef.

Diens van die tafel

Gebed by die nagmaal
Mag daar ’n dubbele deel van u Gees oor die tekens van brood en wyn en oor ons kom, Heilige God, sodat ons deur hierdie maaltyd meegevoer word na u hemelse heerlikheid.

Mag die versterking wat ons hier ontvang, ons die moed gee om in die weg van u Seun en met liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing te leef. Amen.

Uitsending

Uitsendingswoord
Ons, susters en broers, is tot vryheid geroep. Ons moet nie ons vryheid misbruik as ’n verskoning om sonde te doen nie, maar mekaar in liefde dien. Die hele wet word in hierdie een gebod saamgevat: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” Kom ons gaan dan om die Here en ons naaste te dien en lief te hê.

Seën

Musiek en sang

Toetrede: Flam 94
Voorbereiding om die woord te hoor:Lied 441 “O Heil’ge Gees, ons Heer”
Antwoord op die Woordverkondiging:Lied 434 “Kom, Skepper-Gees, kom gee u seën”
Geloofsbelydenis: Flam 206
Nagmaal: Flam 4
Slotlied: Lied 440 “Die Here salf ons met sy Gees”

As die toonaard van die diens dit toelaat, kan daar gerus gebruik gemaak word van Rich Mullins se “Eliha” as ’n lied tydens die dankoffers, of oordenking na die preek

Preekstudie:2 Konings 2:1-2; 6-14

Teks

Die teksindeling vir die Sondag fokus net op sekere verse van die groter narratief wat die begin van die loopbaan van Elisa se bediening as profeet beskryf. In die preekstudie sal die geheel van vers 1 tot 14 behandel word omdat dit nie sin maak om die narratief by vers 3 te onderbreek nie. Die afbreek van die sleutelteks by vers 14 verhoed ook nie die prediker om verder te lees nie.

1 en 2 Konings is ’n teologiese narratief – teologiese historiografie. Hier is geskiedskrywing vanuit ’n teologiese perspektief of agenda. Die boeke het finale vorm aangeneem in die vroeë jare van die ballingskap. Die Jode in ballingskap met hulle teologiese krisis was die bedoelde gehoor. Dit was ’n gehoor wat weer hulle eie identiteit moes vind te midde van onsekerheid of die historiese gebeure wat hulle beleef en ervaar, die laaste sê het. Die skrywer neem aan dat sy gehoor bekend is met die geskrifte van Deuteronomium, Josua, Rigters en Samuel. Daar is baie verwysings na gebeure, mense en plekke uit die boeke.

2 Konings 2 beskryf die oordra van die profeteamp van Elia na Elisa, of eerder, Elisa wat die amp erf. Die gebeure speel af na die regering van Koning Ahasia, maar voor die koningskap van Joharam. Hierdie verhaal “pas” nie binne die groter ritme van die Koningsboeke nie. Die paar verse gee die gevoel dat dit “buite tyd” staan. In die Koningsboeke speel tyd af volgens die formules van die opeenvolging van een koning op die ander. Hier gaan dit oor profetiese opvolging en die gebeure word simbolies en ideologies ’n groot moment in die groter Bybelverhaal, veral by latere profete en in die Nuwe Testament. In die fokus op die profete te midde van die konings se stories word profetiese mag geplaas teenoor koninklike mag. Koninklike mag word wel gesien as ’n goddelike instelling, maar profetiese mag is nog groter as koninklike mag.

Vers 1. Die verhaal begin met ’n alwetende verteller wat reeds die einde van die verhaal beskryf. Die leser weet dus reeds wat gaan gebeur en lees/hoor verder uit nuuskierigheid aangesien die klimaks klaar onthul is. Dit blyk ook in verdere verse dat dit wat die leser reeds weet ook geantisipeer word deur die ander karakters in die verhaal, byvoorbeeld die “seuns van die profete”.

Die episode het ’n sirkel (chiastiese) struktuur. ’n Reis en terugkeer word uitgebeeld. Elia en Elisa beweeg van Gilgal na Bet-El na Jerigo en dan oor die Jordaan. Elisa beweeg terug via Jerigo, Bet-El en dan na die Berg Karmel en Samaria. Die verhaal het ook ’n ritme. Elke stop op die reis bevat die weiering van Elisa om agter te bly en die waarskuwende woorde van die profetegroepe rondom wat gaan gebeur.

Dit is eintlik ’n doellose reis, want Gilgal is net ’n paar meter van die Jordaan af. Party kommentatore probeer ander plekke met die naam van Gilgal voorhou, om die reis bietjie meer sinvol te maak. Die reis het egter eerder ’n retoriese en literêre as ’n spesifieke historiese betekenis. Die hoorder moet by die aanhoor van die verhaal herinner word aan die reis van een van die groot leiers van Israel, naamlik Josua, wat ook by Moses oorgeneem het. Gilgal was die eerste kampplek nadat die Israeliete die Jordaan oorgesteek en die beloofde land ingegaan het. Jerigo herinner aan hulle oorwinning. Josua het self die Israeliete deur die Jordaan gelei.

Vers 2. Eerste van die drie weierings van Elisa om agter te bly, volgens Elia se opdrag. Hy lê ’n eed af dat hy nie vir Elia alleen sal laat gaan nie.
Vers 3. Letterlik “die seuns van die profete”. Hulle was losweg georganiseerde groepe profete wat teen die invloed van die koningskap en Baäl opgetree het. Hierdie profete het in groepe bymekaar gewoon naby die onderskeie heiligdomme. Hulle deel aan Elisa mee dat Jahwe sy leermeester gaan wegvat. Elisa se reaksie is om hulle te beveel om dit nie bekend te maak nie.
Vers 4. Die tweede maal op die reis na Jerigo dat Elisa nie Elia se bevel gehoorsaam nie. Die amper doellose reis fokus steeds op Elisa se determinasie. Die reis bou ook die spanning in die verhaal op.
Vers 5. Vir die tweede maal kom die profete na Elisa toe oor die boodskap dat Jahwe Elia gaan wegneem. Weer maan hy hulle tot stilte.
Vers 6. Vir die derde maal vertrek Elia en Elisa weier om agter te bly. Nou is dit net hulle twee.
Vers 7. Die “seuns van die profete” is veraf toeskouers.
Vers 8. Elia wat sy mantel gebruik om die water te skei, herinner aan die verhaal van Moses en die skeiding van die Rooisee. Die oprol van die mantel simboliseer die staf van Moses.

Vers 9. Fokus op die finale gesprek van Elia en Elisa. Die Hebreeuse teks dui op ’n gelykheid tussen die deurgaan van die Jordaan en die versoek van Elisa. Elisa se versoek is dat daar ’n dubbele deel van Elia se gees op hom kom. Elisa is nie snoep nie, want in die Ou-Testamentiese wêreld was die eersgeborene geregtig op ’n dubbele porsie. Dit bevestig sy posisie as erfgenaam. In die NRSV lees ons: “Please let me inherit a double share of your spirit.”

Vers 10. Elia antwoord vaag. Die “toelaat” al dan nie van wat met Elia gaan gebeur sal dit bepaal.
Vers 11. Klimaks baie kort. Hebreeus – “Kyk!” (wehinneh). Dui op skielike verandering van gesigspunt. Die aandag is nou op die wa van vuur met perde. Elia het baie keer uitgebeeld dat hy opgeneem is op ’n wa. Die teks beskryf dat hy opgeneem is in die stormwind.

Vers 12. Elisa se perspektief. Hy sien verder as die letterlike wa en perde. Hy sien die betekenis van Elia se lewe. Vir hom is Elia die waens en perde van Israel. In die OAV is dit vertaal met: “My vader, my vader, wa van Israel en sy ruiters!” Elisa skeur nou sy klere in rou. Dat hy die gebeure gesien het, onderstreep nou sy gesag. Elia se opneem gebeur buite die oorspronklike grens van die Beloofde Land.

Longmann herinner dat daar met die Elia- en Elisa- verhale gedurig polemiek is teen die Baäl aanbidding. Baäl was baie keer uitgebeeld as ’n godheid wat op die wolke ry. Die wolke is sy strydwa waarmee hy die oorlog ingaan. Maar hier word Israel geleer dat dit God is wat die mag in die storm en die ryer van die strydwais. Achtemeier sien die profetiese woord, soos deur Elia gespreek, ook as ’n wapen soos die konkrete strydwa.

Vers 13. Elisa tel Elia se mantel op. Die mantel is simbool van sy opvolging. Die mantel simboliseer die profeet se charisma. Verwys hier ook na Moses se staf.
Vers 14. Elisa slaan met die mantel op die water en roep uit na God. Die water skei en herinner aan Josua wat weer vir Moses opgevolg het en die Jordaan voor die volk laat oopgaan het. Omdat hy nou kon doen wat Elia gedoen het is sy opvolging gewaarborg.

Konteks

In Koninkrykstyd is die fokus op die lewe in die koninkryk van God. Ons word herinner dat God regeer. Ons as mense van sy kerk se lewe moet deur die Gees regeer word, al is ons nie almal profete soos persone in die Ou Testament nie. Die ander RCL-tekste is Galasiërs wat juis die vryheid in Christus beskryf. Dit gaan oor in die vrug van die Gees. Die Lukasteks beskryf dat Jesus se tyd nader gekom het om in die hemel opgeneem te word. Die Samaritane wou nie vir Hom blyplek gee nie, omdat Hy op pad was Jerusalem toe. Die dissipels wou toe vuur van die hemel afroep om die dorp te verteer, maar Jesus het hulle skerp tereggewys. Die koningskap van Jesus werk nie vanuit wraak nie.

In Koninkrykstyd herinner die 2 Koningsteks ons dat alhoewel konings in Israel gekom en gegaan het, die gesag in Israel nie ’n politieke gesag is nie. Dit is profetiese gesag. Dit kom van God af wat die profete roep en in hulle roepingbevestig. In 1 Konings 19 word Elisa reeds aangewys as die opvolger van Elia om voort te sit wat God wil, naamlik die ondergang van die groot Omriede dinastie, asook om vir Jehu op die troon te plaas. Hier in 2 Konings word God se keuse net bevestig.

Die verse het ’n sterk intertekstuele karakter. Die skrywer doen moeite om die groter geskiedenis van Israel in verband te bring met die nuwe tydvak van die profete Elia en Elisa. Die oorneem van die gesag van Elisa by Elia word voorafgegaan deur ’n reis tussen sekere plekke in Israel wat die hoorder herinner aan ander leiers wat ook deur God in bepaalde tye aangestel is om, soos Josua en Moses, Israel te lei en te versorg. Daar is dus ’n onderliggende subteks van die Moses-Josua verhaal. Josua het ’n soortgelyke wonder as Moses verrig. Só verrig Elisa nou soortgelyke wonders as Elia. Die “seuns” van die profete tree in die proses as’t ware as getuies op. Josua en Elisa se naam het ook soortgelyke betekenis: Josua (Die Here red) en Elisa (God red).

Wat is die literêre doel van die verse en die duidelike intertekstuele verwysings? In die opvolgende hoofstukke van 2 Konings word gedurig verwys na “die profeet in Israel” of soortgelyke stellings (3:11; 5:3, 8; 6:12). Die teenwoordigheid van die profeet herinner aan die teenwoordigheid van die Here. Hy word geplaas teenoor die ander profete, veral diéverbonde aan die koningshuis van Agab. God laat nie toe dat die ware profetiese tradisie verdwyn nie. Net soos in die geskiedenis van Moses en Josua kies hy die leiers tot behoud van sy Woord.

Die teks werk met baie grense. Daar is die geografiese oorsteek van die Jordaan rivier. Die profetiese mantel word van een generasie na die volgende oorgegee. Samuel Giere praat van die “seeming rip in the fabric between earth and heaven”. Daardeur verwys hy na die grens tussen hemel en aarde wat ook oorgesteek word.

Die aard van die Bybelse profete kan weer uitgelig word. Hobbs skryf: “But the OT makes it clear that this tradition is created by the will of God and through the call of God, not by inheritance.” Dus, Elisa was ook nie tot op die einde seker dat hy die amp sal erf nie. God kies sy profete en gee aan hulle die mag van die Woord wat deur Elisa ook vergelyk word met die mag van ’n magtige strydwa.

Daar is ook iets in Elisa se determinasie wat bewondering afdwing. Dis nie dat hy kon dink Elia se lewe was een van maanskyn en rose nie. Daarvoor was hy vir te lank net die moeilike Elia se dienskneg. Tog kies hy tot aan die einde vir toewyding aan sy “vader”. Hy toon bereidheid om hierdie gevaarlike werk oor te neem. Die reis is nie soseer toets vir Elisa nie, maar eerder die pad waarop hy vry is om keuses uit te oefen.

Elisa is honger vir dit wat God hom kan gee. Hy besef net God kan besluit of hy die profeteamp gaan ontvang. Daaraan bly hy verbind tot aan die einde toe. Die woorde van die profete en die hardkoppigheid van Elisa dui op sy begeerte na die Here en sy werk. Hy besef ook dat hy nie sonder die Here se Gees die werk kan doen nie. Hy het God nodig. Die skeur van die hemel en die aarde herinner aan wie in beheer is.

Elia se opneem in die hemel het verseker dat hy ’n belangrike figuur in die gedagtes van die Jode gebly het. Hulle het hom gesien as ’n voorganger van die Messias. Sy roeping is om bekering te preek. Geen wonder dat Johannes as Elia geïdentifiseer is nie. Hy word die eskatologiese boodskapper van die “Dag van die Here”.

Achtemeier meen die storie is bewustelik in “timelessness” geplaas, tussen die heerskappy van konings Ahasia en Jehoram. Dit speel in ’n ander sfeer af en laat ons die konkrete gebeure weer in ’n ander lig sien. Achtemeier skryf: “And we learn from the scriptures that the final destiny of this ordinary, workaday world of ours will be shaped by God who inhabits that timeless reality, who defeats all his foes, and who wills nothing other for us but life and good everlasting.”

Dus, in ’n tyd toe die toekoms van die Jahwegodsdiens bedreig was, is God se woord tog gehoor en sy wil tog deur die profetedeurgevoer. Die God van Elia kan die dood oorkom. Fretheim skryf: “In the face of numerous and powerful adversaries, God has not left himself without a mediator of the word of God and a faithful witness to God’s purposes in Israel and the world. This finally is the real ‘miracle’”. In Koninkrykstyd is die fokus mos op die Here wat regeer deur mense wat hy kies, asook hierdie mense se honger na hulle Here se Woord.

Die gemeente moet kan hoor dat die Here hulle ook opnuut uitnooi. Hy is ’n God wat nooi. Hulle kan Hom vra om ook in hulle lewete beweeg, soos wat Hy in die lewe van Elia en Elisa beweeg het. Hulle kan ook saam met God reis, luister en praat met die wete dat Hy wat sy profete en kinders roep, Koning is.

Preekvoorstel

Dit sal goed wees as die prediker die teks deeglik met die gehoor deurgaan. Die teks bevat baie simboliek en intertekstuele verwysings. Dit vra meer na ’n literêre fokus as na ’n historiese fokus.

In die middel van die verhaal van 1 en 2 Konings, word die vertelling onderbreek. Waar die Koningsverhaal die opeenvolging van die konings is, word die opeenvolging onderbreek om die verhaal te vertel van ’n ander opeenvolging, naamlik die oorgee van die profeteamp.

Die verteller val sommer met die deur in die huis. Dit beskryf reeds die uiteinde van die gebeure, naamlik dat die Here vir Elia in ’n stormwind sou opneem in die hemel. Met die verwagte klimaks reeds geopenbaar, gaan Elia en Elisa op ’n reis. Die reis is amper doelloos, maar het baie literêre betekenis. Hulle besoek al die belangrike plekke in die lewe van Josua, opvolger van Moses. Die hoorders moes die afgelope geskiedenis raaksien – van Gilgal, Jerigo, Bet-El en die Jordaan (sien “Teks”). Dieselfde God wat Josua as opvolger van Moses gekies het,  bevestig Elisa as opvolger van Elia. Sy teenwoordigheid in die geskiedenis van Israel word bevestig.

Die reis van Elia en Elisa het ’n duidelike patroon. By elke aankoms stuur Elia vir Elisa weg, maar hy weier om te gaan. Ook vertel die profete vir Elisa wat gaan gebeur. Maar Elia druk deur. Hy is vasbeslote om die amp by Elia oor te neem en vra om sy erfgenaam te wees. Destyds het die eerste erfgenaam ’n dubbel porsie ontvang.

In hierdie reis word verskillende grense oorgesteek. Die profeteamp word oorgedra, die Jordaan word oorgesteek, ook die grens tussen hemel en aarde verdwyn vir ’n moment wanneer Elia in die stormwind opgeneem word. In dié sin word ook die grens van die dood opgehef.

Wat wil hierdie vertelling vir ons in Koninkrykstydmeedeel? In Koninkrykstyd van die kerkjaar staan ons stil by die werk van die kerk in ’n wêreld waarvan ons weet dit onder heerskappy van God staan. Die wêreld word net oënskynlik deur politieke leiers en magte regeer. In die wêreld voel dit soms of God se Woord verdring word deur baie ander woorde en beloftes. Dit is ’n wêreld waar dit soms voel asof leiers gekies word op grond van hulle vermoë om mag te misbruik en nie om ander te dien nie.

In die tyd van Elisa het die konings hard probeer om die Jahwegodsdiens te verdring ten koste van Baälaanbidding. Die Woord van God was in die hande van enkele profete wat dikwels vir hulle lewe moes vlug. Die historiese werklikheid van koningsheerskappy was ’n harde werklikheid. In 2 Konings word as’t ware ’n tydlose moment beskryf. Dit gee ’n kykie in ’n ander heerskappy. Daar word die hoorders herinner dat dieselfde God wat deur Moses die volk uit die woestyn uitgelei en vir Josua as opvolger van Moses aangestel het om hulle die beloofde land in te lei, dieselfde God is wat Elisa die opvolger van Elia maak. God neem ook Elia, ’n getroue boodskapper van God se volk, in die hemel op. Dit is dieselfde Elia wat deur Elisa erken word as die vegter vir Jahwe, met die wapen van God se woord.

Anders as in die wêreld kies en bevestig God sy boodskappers. In Elisa sien ons ’n profeet wat honger is na hierdie word. Hy druk deur omdat hy begeer om die erfgenaam te wees. God werk vandag nog deur mense aan wie Hy sy Woord toevertrou. God is buite en binne die sigbare chronologiese orde van die geskiedenis. In daaglikse momente waar mense hierdie taak op hulle skouers neem, herinner God ons dat Hy in die geskiedenis werk.

Te midde van hierdie belofte kan ons tog ook vir Elisa as inspirasie gebruik. Iemand wat honger na die woord van God en die amp van die profeet, al het hy geweet dit is nie ’n maklike werk nie. Dit kan vir ons ’n voorbeeld wees van deursettingsvermoë en opoffering. In Koninkrykstyd staan die kerk vas in God se hande, maar moet ons tog ook tot God bid om deur sy Heilige Gees ons honger te hou vir sy Woord en bereid te maak vir sy werk.

Bibliografie

Achtemeier, Ein The Lectionary Commentary (red R von Harn). Grand Rapids: William. B. Eerdmans; Cohn, RL (et al). 2 Kings. Berit Olam Liturgical Press; Gray, J 1970. I & II Kings. A Commentary. London:SCM Press Ltd; Hobbs, TR “2 Kings” in Word Biblical Commentary. Waco Texas: Word Books Publisher. Longmann, T in The Lectionary commentary (ed R von Harn). Grand Rapids: William B Eerdmans. Sweeney, M.A. 1 & 11 Kings: A Commentary. Westminster John Knox.

Sections

© Missio 2024 | All rights reserved.