Sesde Sondag in Koninkrykstyd

Picture of Woord en Fees

Sesde Sondag in Koninkrykstyd

Liturgiese Voorstel

Leesroostertekste

Fokusteks: 1 Konings 3:5-12
Ander tekste: Genesis 29:15-28; Psalm 105:1-11, 45b; Romeine 8:26-39; Matteus 13:31-33, 44-52

Inleiding

Genesis 29:15-28 vertel die verhaal van Laban wat Jakob bedrieg met sy twee dogters.

Psalm 105 onderstreep die verbondswaarheid dat Jahwe nie net die Verbondsgod van Israel is nie, maar dat Hy ook die argitek van hulle geskiedenis is.

In 1 Konings 3 vind ons Salomo se gebed om wysheid. Dit het ’n sterk ondertoon van nederigheid, maar staan ook in kontras tot dit wat ons verder van Salomo weet.

Romeine 8: Hierdie gedeelte vertel van die onbreekbare liefde wat God vir sy kinders het. Matteus 13 is `n gelykenis oor die koninkryk van God en leer ons iets oor God se heerskappy.

Diensorde

God versamel ons voor Hom

Aanvangswoord
Voorganger: Loof die Here! Roep Hom aan!
Gemeente: Maak aan die nasies bekend wat Hy gedoen het.

Voorganger: Sing liedere, sing tot sy eer.
Gemeente: Ja, vertel van al sy magtige dade.

Voorganger: Roem sy heilige Naam,
Gemeente: laat die wat die teenwoordigheid van die Here soek, bly wees (Ps 105:1-3).

Gemeente: Antwoord (Sien by “musiek”.)
Voorganger: Spreek die seëngroet uit.

Skuldbelydenis  (Voorganger staan by die doopvont)
Voorganger: Ons het gefaal om U lief te hê met ons hele wese en om goeie rentmeesters van u skepping te wees: Here, wees ons genadig.
Gemeente: Sing Lied 247 1x

Voorganger: Ons het gefaal om die kruis van dissipelskap op te neem en om goeie rentmeesters van die Goeie Nuus te wees. Christus, wees ons genadig.
Gemeente: Sing Lied 247 1x

Voorganger: Ons het gefaal om getroue lidmate van u gemeente en goeie rentmeesters van u geestelike gawes aan ons te wees.
Here, wees ons genadig.
Gemeente: Sing Lied 247 1x

Sien onder “Aanvullend” vir die Vryspraak.

Diens van die Woord

Verskillende lidmate kan die teks lees. Een persoon kan die deel lees waar God aan die woord is. Ander kan Salomo se woorde lees. Nog ’n ander kan die verhalende teks lees.

Diens van die tafel

Gebed na die nagmaal
Voorganger: Ons dank U, O Here, dat u nie u Seun vir Uself gehou het nie, maar dat U hom gegee het ter wille van ons almal.
Gemeente: So weet ons dat U ons ook alle ander dinge gee sodat ons vir U kan leef.

Voorganger: Dit is U wat alles regmaak.
Gemeente: Voorwaar, dit is Jesus Christus wat gesterf het, en wat U uit die dood opgewek het en wat nou aan u regterhand vir ons pleit.

Voorganger: Net so help die Gees ons in swakheid.
Gemeente: Ons dank U dat die Heilige Gees vir ons met versugtinge intree wat nie in woorde gesê kan word nie.

Voorganger: Ons dank U Here dat die Gees vir ons intree volgens u wil en dat niks ons van u liefde kan skei nie.
Gemeente: Ons dank U vir die heilige tafel wat voor ons gedek is en vir die lewe wat U gee wat sterker is as die dood.

Voorganger: Ons dank U vir die brood en wyn wat u vir ons gegee het en vir die liefde wat ons meer as oorwinnaars maak deur Hom wat ons liefhet.
Gemeente: Amen (uit Rom 8:26-39).

Uitsending

Uitsendingslitanie
Sien onder “Aanvullend”

Musiek en sang

As deel van die aanvangswoord: Lied 198
Loflied: 449, 176, Flam 33, 171
Skuldbelydenis: (responsories) Lied 247
Na die vryspraak: Lied 529, Flam 91, Vonk 70
Na uitsendingslitanie: Lied 505:1 en 4

Aanvullend
Vryspraak
Voorganger: Hoor die goeie nuus!
Christus het vir ons gesterf toe ons nog sondaars was; so bewys God sy liefde vir ons. Deur die water van die doop het Jesus ons skoon gewas van al ons sonde en het Hy ons nuut gemaak sodat ons ’n dankbare lewe van diens en toewyding kan lei. In die naam van Jesus Christus is ons vergewe en herskep.
Gemeente: In die naam van Jesus Christus is ons vergewe. Alle eer aan God. Amen.

Uitsendingslitanie
Voorganger: Gaan hiervandaan met vreugde, met dans en gelag, met gesing en gejubel
Gemeente: Ons gaan met die sekerheid van God se seën.

Voorganger: Gaan hiervandaan met vertroue om risiko’s te neem, te eksploreer, ontdek en lief te hê.
Gemeente: Ons gaan met die sekerheid van God se genade.

Voorganger: Gaan hiervandaan met die geloof om te glo, hoop, worstel en onthou.
Gemeente: Ons gaan met die sekerheid van God se liefde. Want aan sy liefde is daar geen einde nie. Aan God die dank!

Gemeente: Antwoord met ’n lied.

Preekstudie: 1 Konings 3:5-12

Teks en Konteks

Aantekeninge uit die Verklarende Bybel (NAV) en die Bybel met Verklarende aantekeninge (OAV) word hier met erkenning gebruik: “Salomo trou met die farao se dogter.” Farao Psusennis II (958-945vC) was ver-moedelik die skoonvader van Salomo. “Die konings van Egipte het altyd volgehou dat Kanaän hulle eiendom was, en so is Salomo deur Egipte waarskynlik as vasal beskou. Oor die voordele van die huwelik vir Salomo, vergelyk 9:16 en 10:26; oor die bou van paleis, vergelyk 7:1-12. Die stad van Dawid is die oudste deel van Jerusalem, soos deur die Jebusiete verower (2 Sam. 5:7); die Egiptiese vrou is egter nie in die paleis van Dawid ingebring nie (vgl 2 Kron 8:11). Solank die sentrale heiligdom nog nie voltooi was nie (6:38), is van die plaaslike heiligdomme (hoogtes) vir offerdienste gebruik gemaak, hoewel dit met heidense tradisies besmet was.” Daarom is Israel in Numeri 33:52 verbied om daar te aanbid. “Die liefde kom tot uiting in gehoorsaamheid, hoewel slag- en brandoffers op die voormalige heidense hoogtes nie uitgesluit was nie.”

Vers 4: Die volk het nog op die hoogtes geoffer. Die volk van die Here het dit gedoen omdat die tempel nog nie gebou was nie. Slegs die Naam van die Here woon in die tempel, nie Hy self nie. Liefde vir die Here word in die Ou Testament selde ten opsigte van ’n individu gebruik. Salomo se liefde blyk uit sy gedrag. “In Gibeon (‘die heuwel’), ses myl noordwes van Jerusalem, was (vgl 2 Kron 1 vir dieselfde geskiedenis) die tabernakel en die koperaltaar opgestel. In Gibeon is Salomo blykbaar as koning oor Israel ingehuldig – daarom die groot aantal offers. Hierdie geskiedenis bring weer ons terug by die begin van Salomo se regering.” Die vertelling is nie chronologies nie. “Die offer bring gemeenskap tussen God en die koning, en die koning word deur God uitgenooi om ’n bede uit te spreek (vgl Ps 2:8; 20:5, 6; 21:3, 5).” Gibeon is besoek omdat dit die vernaamste hoogte was. “Volgens 1 Kronieke 16:39 en 40 het die tabernakel en die brandofferaltaar daar gestaan. Gibeon was ’n wettige heiligdom van die Here. Salomo het Gibeon dalk ook besoek om sy welwillendheid aan die Israeliete van die noorde, in wie se gebied dit geleë was, te bewys.” Brandoffers is heeltemal verbrand. Soos Dawid, tree Salomo ook as priester op (2 Sam 6:17). Salomo het dalk in die heiligdom in Gibeon oornag (vgl 1 Sam 3), maar die Here kon op enige plek in ’n droom aan hom verskyn het (vgl Gen 20:3).

Vers 5-9: Salomo begin sy gebed nie met ’n vraag nie, maar met ’n uiting van dankbaarheid. Hy swyg oor die tekortkominge van sy vader. “In Kronieke word die vermelding van Dawid se vrome wandel weggelaat. Die stryd van mense (hfst 1 en 2) staan onder leiding van God, wat die uitslag bepaal. Uit- of ingaan: om sy lewenswandel in te rig. Aan Israel is die belofte van Genesis 13:16 en 15:5 vervul. (9) Die vernaamste taak van die owerheid is die handhawing van die reg (Ps 72:1; Rom 13:4). Die volk is nie in die eerste plaas Salomo se volk nie, maar Gods volk.” “Die trou van die Here blyk daaruit dat Hy sy belofte van 2 Samuel 7:12 gehou het. Salomo het koning geword volgens die wil van Here. Salomo vra gehoorsaamheid aan die Here. Dit het veral betrekking op die regspraak deur die koning. Hy bid ook om insig, die vermoë om in ’n regsaak te kan onderskei tussen goed en kwaad, reg en verkeerd, skuldig en onskuldig. Dat Israel ’n groot volk is, illustreer dat die belofte aan die aartsvaders van ’n groot nageslag ook vervul is (Gen 12:1-3). (10-11) ’n Lang lewe word in die Ou Testament beskou as ’n besondere geskenk deur die Here aan die mens. Om lank te leef, kinders te hê, jou nageslag te sien en te geniet van die goeie wat die aarde jou bied, was ’n gawe van God (14). Dit was ’n tragedie wanneer iemand jonk sterf en nie enduit die goeie van die lewe kon geniet nie. Wysheid dui op praktiese lewenskennis, die kuns om te weet hoe om in ’n bepaalde situasie op te tree. In 16-28 het dit te doen met die vermoë om in ’n hofsaak die regte oordeel te vel. Naas sy rykdom was Salomo veral bekend vir sy wysheid, wat die Here aan hom gegee het. Salomo het meer as drie duisend spreuke gemaak (4:31). Verskeie versamelings wysheidsliteratuur is aan hom toegeskryf (Spr 1:1; 10:1; 25:1; Pred 1:1). Alles wat aan Salomo belowe word, staan onder die voorwaarde dat hy hom in sy optrede sal hou aan die voorskrifte en die gebooie van die Here. Sy wysheid moet in diens staan van geregtigheid. (15) Toe Salomo wakker word, dring die besef tot hom deur dat die Here inderdaad in ’n droom aan hom verskyn het. Terug in Jerusalem het hy uit dankbaarheid teenoor die Here offers gebring voor die verbondsark (2 Sam 6:1-12) en ’n feesmaal vir sy amptenare aangebied.”

Vers 10-12: Die antwoord van God. Die feit dat Salomo bewus was van sy gebrekkige ervaring, het hom ’n verstandige keuse laat maak. (11) Die reg gaan bo mag of lewe. Die hart word dikwels in die Ou Testament as setel van die wysheid genoem. Wysheid is die praktiese insig in wat wesenlik waarde het en verstand die vermoë om onderskeid te kan maak. Tog het dit alles nie vir Salomo van versoekinge gevrywaar nie (vgl Matt 6:33). ‘Die konings’ slaan op die vorige konings van Jerusalem. Die Griekse vertaling en 2 Kron 1:12 laat al jou dae weg, vermoedelik met die oog op Salomo se latere afwyking.

Vers 14: Natuurlik is hierdie belofte voorwaardelik, al word dit, blykens die vermelding van Dawid, nie verwag dat Salomo nooit sal sondig nie vgl 8:46. (15) Die verskyning van die Here in ’n droom is ’n werklike Godsopenbaring (vgl Gen 28:22). Die koning keer met sy dienaars terug, die volksvergadering is ontbind. Die God van Gibeon – so betuig Salomo deur sy offer – is dieselfde as die God van die ark (vgl  Deut 6:4).”

Annes Nel het in Preekstudies met liturgiese riglyne – Advent 2008 tot Koninkrykstyd 2009 ook ’n preekstudie oor hierdie teks geskryf en sy eksegetiese opmerkings word hier aangebied. Oor vers 3:3-14 skryf hy: “Die opmerkings aan die begin van hierdie gedeelte is die algemeen-kritiese houding wat die Deuteronomis teenoor Salomo het (Gray). Hy word wel beskryf as iemand wat liefde vir die Here betoon het ‘deur alles te doen wat Dawid, sy pa, hom voorgeskryf het’, maar hy het ‘egter nog op die hoogtes offers gebring’. Dit word duidelik gestel dat in daardie stadium daar nie ’n tempel vir die Here bestaan het nie (Brongers). Dit is egter so dat die hoogtes met die Kanaänitiese vrugbaarheids-kultus verbind is (DeVries en Gray). Die Deuteronomis kleur dit egter op die sagste moontlik manier in (Van Gelderen). Die punt is nou dat die nuwe koning wat by Dawid oorneem, net soos Dawid ’n mens van integriteit is. Liefde teenoor die Here beteken die somtotaal van alle gehoorsaamheid aan God (Würthwein). Die Deuteronomis benadruk dat dit aanvaarbaar was dat Salomo so kon aanbid, maar dat dit onaanvaarbaar is indien die tempel van die Here, die plek waar alle aanbidding moet plaasvind, wel bestaan het (Würthwein).

3:4: Die koning is in die Ou Nabye-Ooste dikwels as kanaal van goddelike seën beskou (Gray). Daarom is dit nie vreemd dat Salomo na Gibeon gegaan het om moontlik ’n openbaring van God te ontvang nie. Drome is dikwels as deel van hierdie openbaring gesien. Die baie offers wat Salomo daar gebring het, bevestig dat die Here die plek as offerplek aanvaar het (Brongers, DeVries).

3:5: Die woorde ‘wat wil jy hê moet ek vir jou gee’, word gesien as ’n blanko tjek: ’No request is beyond the capacity of God, (DeVries).

3:6-8: Die inleiding tot die vra-gedeelte van Salomo se gebed is lank. Verskeie motiewe speel hier ’n rol. Die fokus in hierdie verse is op die trou van God, die geweldige omvang van die taak en die onvermoë van Salomo om die taak uit te voer. Die trou van God aan Dawid word benadruk. Die hoogtepunt daarvan is dat Dawid se koningskap deur sy eie seun voortgesit kan word (Brongers). Weer eens word nadruk op integriteit geplaas, iets wat kenmerkend van die Deuteronomis is. Dawid was getrou, gehoorsaam en opreg teenoor die Here.

“Die taak van Salomo is geweldig groot. Dis ’n volk wat deur God ‘uitgekies is, ’n groot volk, te veel om te tel’. Die grootheid van die volk word weer in 3:9 benadruk. Salomo verwys na homself as ’n klein seuntjie (Heb na‘ar qaton). Brongers sê dat ons dit as ‘een beminnelijk understatement’ kan verstaan. Dit kan ook ’n blote “conventional humilty of prayer” aandui (Gray). In die oorspronklike taal sê Salomo dat hy nie weet hoe om in of uit te gaan nie – ’n aanduiding van die ganse lewens-wyse van ’n volwasse mens (Van Gelderen, Brongers). Hy weet nie hoe om so te lewe nie. Daarvoor het hy ’n luisterende hart nodig.

3:9: Die vra-gedeelte van Salomo se gebed volg nou. Dit is ’n kort versoek om gehoorsaamheid. Die Hebreeus praat van ’n ‘horende/luisterende hart’. Van Gelderen is van mening dat dit veral op die vermoë om tydens regspraak goed te luister dui, maar dit is te beperkend. Daar is geen twyfel dat dit ook op gehoorsaamheid aan God dui nie (Wolff). Die grond vir wysheid word juis hierin gevind. Juis hierdie gehoorsaamheid of horende hart sal Salomo in staat stel om tussen reg en verkeerd te onderskei. Om die Here te ken en te dien is immers die begin van wysheid (Spr 1:8; 2:6; 9:10).

3:11-14: Die Deuteronomis maak nou duidelik wat van elke koning verwag word. Dit gaan nie oor hulle eie begeertes en verlangens nie, maar om die goddelike ideaal van reg en geregtigheid. Die koning van Elam, Babel en Assur sou juis oorwinning oor vyande, ’n lang lewe en rykdom begeer (Van Gelderen). ’n Koning in die Ou Testament het die Here dikwels vir hierdie drie dinge gedank (Wolff). ’n Voorbeeld hiervan word in Psalm 21 aangetref: ‘Here, dit is oor die openbaring van u mag dat die koning so bly is, dit is oor die oorwinning wat U hom gegee het, dat hy so jubel en juig. Die wens van sy hart het U vervul. Wat hy gevra het, het U hom nie geweier nie. Sela. U skenk hom voorspoed en geluk, U plaas ’n goue kroon op sy kop. Lewe het hy van U gevra. U het hom dit gegee – ’n lang, lang lewe. Omdat U uitkoms gegee het, is hy hoog in aansien, met roem en eer het U hom oorlaai’ (Ps 21:2-6).

“Die Here se reaksie op Salomo se gebed verwys presies na hierdie drie dinge. Omdat Salomo nie vir hierdie dinge gevra het nie, belowe die Here wysheid én hierdie dinge. De Vries skryf: ‘This pious sentiment articulates the major premise of the entire story, viz., that Solomon may ask whatever he desires, but because he requests only a modest gift, God gives him what he does not ask.’

“Ons hoor weer duidelik die stem van die Deuteronomis (Brongers). Daar is ’n eis aan God se beloftes verbonde. Belofte en opdrag is ’n eenheid. Die belofte van ’n lang lewe vir die koning kan nie losgemaak word van gehoorsaamheid aan die gebooie van die Here nie.

3:15: Salomo is dankbaar vir die openbaring van die Here deur die droom. Dit doen hy deur die offers wat hy gebring het. Wolff benadruk dat hierdie reaksie van Salomo op God se beloftes twee belangrike aspekte aanraak, naamlik nuwe dankbaarheid en nuwe liefde. Hy bied ook ’n gemeenskaplike maaltyd vir die volk aan, wat ook die praktiese doel kon dien om die seën wat hy van die Here ontvang het, met die volk te deel (Gray). Die belangrike punt hier is dat hierdie beloftes van die Here nog nie vervul is nie. Salomo reageer gewoon op die beloftes van die Here.” (Nel se bibliografie is hieronder ingesluit).

Preekvoorstel

Die preekvoorstel hieronder is deur een van my kollegas vir die Jeugbiddag 2006 voorberei.

“’n Deskundige in tydsbestuur (time-management) het ’n groep jongmense, studente in Besigheidsbestuur toegespreek. Hy het vir hulle iets geïllustreer wat hulle vir altyd moet onthou. Hy sê toe aan die ambisieuse (over-achievers) studente: ‘Okay, time for a quiz: He pulls out a one-gallon, wide-mouthed mason-jar and set it on a table in front of him. Then he produced a dozen fist-sized rocks and carefully placed them, one at a time, into the jar. When the jar was filled to the top and no more rocks would fit inside, he asked: Is this jar full? Every-one in the class said: Yes. Then he said, really?’ Hy het afgebuk en van onder die tafel ’n bak vol sand (gravel) gehaal. Hy het daarvan in die groot fles gegooi en geskud sodat die sand (gravel) tussen die klippe inbeweeg. Toe het hy die groep wéér gevra: ‘Is the jar full? By this time the class was onto him. Probably not, one of them answered: good reply, he said.’  Hy het weer afgebuk en ’n sak met fyner sand opgetel en dit ook in die fles gegooi. Weer het hy gevra: ‘Is this jar full? No! The class shouted. Once again he said: ‘Good’. Then he grabbed a pitcher of water and began to pour it in until the jar was filled to the brim.’ Hy kyk toe na die studente en vrae: ‘What is the point of this illustration?’ Een student het opgestaan en gesê: ‘Dit maak nie saak hoe vol jou skedule/program is nie, jy kan/moet nog dinge inpas?’ ‘Nee!’ sê die spreker, ‘dit is nie die punt nie. Die punt van die illustrasie is: ‘If you don’t put the big rocks in first, you’ll never get them in at all’. Die groot rotse is daardie dinge wat belangrik is in jou lewe. Alvorens dit nie ingepas word nie, sal daar nie plek wees vir die kleiner dinge nie.’

“Die verhaal van 1 Konings 3:5-12 vertel van hoe Salomo koning in die plek van sy vader Dawid geword het. Nadat hy koning geword het, het hy grootskaals op die hoogte by Gibeon gaan offer. Gibeon was noordwes van die stad Jerusalem geleë. Jerusalem was ook die plek waar die ark van die verbond gestaan het, voordat Dawid dit na Jerusalem vervoer het. Die heiligdom by Gibeon was ’n belangrike plek van aanbidding voordat die tempel in Jesusalem gebou is. Salomo as die nuwe koning word in ’n droom voor ’n groot keuse gestel: ‘Wat wil jy hê moet ek vir jou gee?’ (5). Sy keuse is ’n waardige een. Hy vra om gehoorsaam aan die Here te kan wees. God gee hom ook ander gawes. Ander konings beleef rykdom en aansien. God gee aan hom ’n lang lewe, met die uitdruklike voorwaarde dat hy volgens God se voorskrifte leef. Hy stel die ‘groot rotse in die lewe as prioriteit nommer een: Net wysheid, gehoorsaamheid aan die Here! Dit is genoeg vir my’.

“In Salomo se gebedsversoek is daar ’n paar lesse te leer: Eerstens, het hy die Here baie liefgehad. Hy het die Here liefgehad deur in die insettinge van sy vader Dawid te wandel. Hy het net gedurig op die hoogtes geoffer en rook laat opgaan. Tweedens, het hy ’n korrekte verstaan van God gehad. Salomo het geweet van God se goeie hart, insig en genade. Derdens, het Salomo ook sy eie rol in die lewe verstaan: ‘Nou dan, Here my God, U het u kneg koning gemaak in my vader Dawid se plek, maar ek is ’n jong seun; ek weet nie om uit of in te gaan nie.’ Salomo se verstaan van sy rol is dat God Self  sy rol vir hom verklaar het. God het hom koning gemaak. Hy is God se dienskneg en al wat Hy moes doen, was om God met heel sy lewe te vertrou. Hy moes deur heel sy lewe God met algehele toewyding en opregtheid dien. Salomo moes ook onder leiding van God, die volk regeer. Hy moes dit nie op eie krag en insig doen nie. Hy moes dit met sy oor by die mond van God doen. Die Stem van God hoor.

“Allan Boesak skryf in sy boek Naby jou is die woord soos volg: ‘In Desember 1994 het ons lewens feitelik tot stilstand gekom. Vertroue in mense is tot die fondament geskok, vriendskappe het verbrokkel soos ou mure wat van klei gebou is. Die pers het met ons omgegaan soos mense wie se menslikheid nie tel nie. In maande wat gevolg het, het ek en my vrou alles verloor: ons werk, ons goeie naam, ons huis, ons eer, die bietjie privaatheid wat ons nog gehad het. Maande van onbeskryflike pyn en angs. Ons geloof is tot die uiterste beproef en vertwyfeling was ons daaglikse brood. Ons moes opnuut leer glo. Ek moes in ootmoed op my knieë deur die Bybel heen kruip om te ontdek wat God deur hierdie ervaring vir my wou sê. Ek moes die Stem weer hoor, en ek het ontdek hoe na die Woord aan my is, omdat God so na aan my was. Nie dat ek nie gedwaal het nie, maar omdat Hy al die tyd geweier het om my los te laat. Die Stem was altyd daar: in die paar vriende wat oorgebly het; in ons familiebande aan beide kante wat verstewig het; in die verhouding met my vrou – ons liefde het nie net gehou nie, dit het verdiep. En in die  Woord.’ Dan sê hy: ‘Ek moes ontdek en erken waar ek God ontrou geraak het, teleurgestel het, Hom onwaardig was; ander stemme harder laat praat het of beter gehoor her as die Stem.’

“’n Vierde les wat ons van Salomo kan leer, is dat hy sy afhanklikheid van God besef het. Hy het besef dat sonder God hy nie sy volk kan lei nie. Voordat hy enige planne kon maak, het hy God gevra vir raad en leiding. ‘So give your servant a discerning heart to govern your people and to distinquish between right and wrong.’ Salomo het besef dat God die enigste ‘eienaar’ van sy volk was. Daarom vra hy: ‘Who is able to govern this great people of yours? In other words, I am the king, but these people do not belong to me.’

“Ons gebed vandag vir julle as jongmense is dat God die eerste prioriteit van julle lewe moet wees. Jy moet nie terugkyk op jou lewe en sê dat dit waardeloos, sonder betekenis is nie. Dit moet ’n lewe wees wat betekenisvol, lewe in oorvloed, goeie lewe, diensbare lewe, sal wees. Jy moet in afhanklikheid en toewyding met gehoor-saamheid aan die Here leef.”

Bibliografie

Boesak, A A 1996. Naby jou is die Woord – (Bybelse oorwegings in ’n tyd van aanslag). Pretoria: J L van Schaik Uitgewers; Combrink, H J B, Vosloo Wil & Van Rensburg, Fika J (reds). Die Bybellennium – Eenvolumekommentaar. Die Bybel uitgelê vir eietydse toepassing; Vosloo, W en Van Rensburg, J (reds) 1993. Die Bybel in Praktyk. Vereeniging: CUM; Marshall, I H 1978. Verklarende Bybel (1983-vertaling). Kaapstad: Lux Verbi, 1989; Die Bybel met Verklarende Aantekeninge (1958-vertaling): Deel 1-Genesis tot Ester. Kaapstad: Protestantse Uitgewers.

Werke soos aangehaal deur Annes Nel in Preekstudies met Liturgiese Voorstellegebaseer op die kerklike jaar – Advent 2008 tot Koninkrykstyd 2009.

Brongers, H A 1979. 1 Koningen. Callenbach; De Vries, Simon J 1998. 1 Kings. Word Biblical Commentary, Volume 12. (Dallas, Tex: Word Books, Publisher); Gray, J 1970. 1 & II Kings. Old Testament Library: SCM Press; Nel, A 2006. Die gebed van Salomo. Oor gebed en lewenswysheid. Lux Verbi-BM; Van Gelderen, C ca. De boeken der Koningen. Eerste deel. Kampen; Hans Walter Wolff 1980. Wie eine Fackel. Predigten aus drei Jahrzehnten. Neukrichener Verlag; Würthwein, E. Die Bücher der Könige. 1 Könige 1-16. Vandenhoeck & Ruprecht: Göttingen.

Sections

© Missio 2024 | All rights reserved.