Paasfees

Picture of Woord en Fees

Paasfees

Liturgiese Voorstel 1

Leesroostertekste

Sleutelteks: Markus 16:1-8
Ander tekste: Jesaja 25:6-9; Psalm 118:1-2, 14-24; Handelinge 10:34-43

Inleiding

Op Paassondag word die kerk kleurvol en feestelik versier; ook met blomme en rangskikkings. Die Revised Common Lectionary bied vir elke Sondag vier Skrifgedeeltes aan. Paasfees se vier leesroostertekste kan met vrug tydens die vier erediensbewegings in die Paasdiens benut word:

  • God versamel ons voor Hom – Psalm 118:1-2, 14-24
  • Diens van die Woord – Markus 16:1-8
  • Diens van die Tafel – Jesaja 25:6-9
  • Uitsending – Handelinge 10:34-43

Diensorde

God versamel ons voor Hom

Aanvangswoord
Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie (Ps 118:1).

Sang
Taizé Psalm-omdigtings
Lied 221 “Loof die Heer omdat Hy goed is”
Lied 222 “Loof die Here God”

Skriflesing
Psalm 118:14-24

Sang
Sing ’n Taizé Psalm-omdigting:
Lied 224 “Kom prys Hom alle nasies”

Kindertyd
Paastradisies en Paassimboliek kan deur ’n verteller aan kinders oorgedra word, byvoorbeeld die Paaseier wat die vorm voorstel van die groot klip wat voor Jesus se graf weggerol is en die harde dop waaruit lewe tog deurbreek.

Sang
Vonkk 5 “Vreugde! Vreugde!”
Flam 91 “U genade is vir my genoeg”
Flam 226 “Jesus, ek wil vir U dankie sê”

Diens van die Woord

Gebed om die opening van die Woord
Gees van die lewende God,
wees die tuinier van my siel.
Hoe lank wag ek nou al op U – stil – in ’n koue winter van my siel.
Maar nou, in die kragtige naam van Jesus Christus, waag ek om U te smeek:
Hark weg die dooie blare van die verlede.
Vergruis die harde kluite van my weerbarstige gewoontes en groewe.
Werk diep in my in die ryk kompos van nuwe visie en vreugde.
Plant diep in my gees u lewegewende Woord.
Versorg, gee water, koester my hart
totdat die nuwe lewe in my ontkiem, groei en blom. Amen.
(Richard Foster)

Skriflesing
Markus 16:1-2
Staan ’n oomblik stil by die Sondagmôre vroeg, net toe die son opkom, en die vrouens die klip weggerol vind. Kerkgeboue is tradisioneel dikwels so gebou dat die gemeente ooswaarts in die rigting van die opkomende son kyk. Ons Christene oriënteer (Orient – Ooste) ons aan die opgestane Christus.

Sang
Lied 418 “Blye môre, blyste van die dae”

Skriflesing
Markus 16:3-8

Preek

Diens van die Tafel

Nagmaal
Formulier van die Nagmaal . . . as vreugdefees.
(Sien die beskrywing van Johan van der Merwe in Gebedeboek met liturgiese voorstelle (ongepubliseerde manuskrip) van ’n Ou-Testamentiese Messiaanse banket soos beskryf in Jesaja 25).

Uitsending

Sang
Lied 421 “Die Here Jesus lewe”
Lied 422 “Die Heer, die Heer het opgestaan!”; NSG 113

In sy boodskap aan Kornelius getuig Petrus dat hulle getuies is van die opstanding . . . “Maar God het Hom op die derde dag uit die dood opgewek en Hom laat verskyn, nie aan die hele volk nie, maar net aan ons vir wie God reeds gekies het om getuies daarvan te wees, ons wat na sy opstanding uit die dood saam met Hom geëet en gedrink het.” (Handelinge 10:40-41).

Mag ons ook in hierdie Paastyd van sy opwekking getuig.

Die Griekse Paasgroet is:

  • “Christos Aneste” “Christus het opgestaan”
  • “Alithos Anesti” “Hy het waarlik opgestaan”

Liturgiese voorstel 2

Leesroostertekste

Fokusteks: Markus 16:1-8

Martin Luther het geskryf, “Die redding en ewige lewe wat Jesus Christus deur sy kruisdood en sy opstanding uit die dood bewerkstellig het, hou nie net heling in vir individue nie – dit is ook die uiteindelike vernietiging van die doodsheid in die hart van die hele menslike geskiedenis. God het die belofte van die opstanding nie net in boeke laat skryf nie, maar ook in elke lenteblaartjie.”
(uit: Ian Nell (red), Seisoene van God se jaar. 2000. Wellington: Lux Verbi.

Diensorde

God versamel ons voor Hom

Aanvangswoord
Voorganger: Loof die Here, want Hy is goed;
Gemeente: ja, vir ewig duur sy troue liefde.

Voorganger: Laat Israel sê:
Gemeente: Ja, vir ewig duur sy troue liefde.

Voorganger: Laat dié wat vir die Here ontsag het, sê:

Voorganger: In my angs het ek geroep: “Here!”
Gemeente: Hy het my geantwoord; die Here het vir my ruimte gemaak.
Die Here is by my; ek is nie bang nie.

Voorganger: Wat kan ’n mens aan my doen?
Gemeente: Loof die Here, want Hy is goed:
Ja, vir ewig duur sy troue liefde.

Seëngroet
Voorganger: Jesus leef! En ons met Hom! Genade vir julle en vrede van God die Vader . . .
Gemeente: Hy sorg vir ons.

Voorganger: . . . en van die Seun . . .
Gemeente: Hy het waarlik opgestaan!

Voorganger:  . . . en van die Heilige Gees . . .
Gemeente: Hy leef in ons! Amen.
(uit: Johan van der Merwe (red), Gebedeboek met liturgiese voorstelle. 2001. Wellington: Lux Verbi)

Sang
Lied 409: “Hoor jy die Paasfeesklokke?”
NSG 119
Flam 17: “Dit is die dag”

Diens van die Woord

Sang
Lied 163 “Soos ’n wildsbok”

Gebed om die opening van die Woord

Kanselgebed
Here, hoor! Here, vergeef! Here, merk op!
Vertoef tog wel, om ons ontwil, o God!
Bewaar ons! Voed ons! Laat ons tydig
met die vyebome uit die nuwe aarde bot.
(uit: Izak de Villiers, Leitourgos. 1972. Kaapstad: Tafelberg)

Skriflesing
Markus 16:1-8

Verkondiging

Sang
Lied 308 “Neem my lewe, laat dit Heer” (Op die wysie van “Ballad of the Green Baret”)

Gebed
Offergawes

Diens van die Tafel

Inleidend
Lees Jesaja 25:6-9

Eindig met:
Die Here Jesus nooi elkeen van julle nou om te kom aansit en om die feesmaal wat Hy gereed gemaak het te geniet.

Uitdeel van die tekens.

Sang
Flam 66 “Op vaste fondamente”
Flam 184 “Ons is almal hier tesaam”

Tafelgebed
Here, my God. Ek sien vir Jesus by die tafel met die beker en wyn. Ek hoor Hom sê: “Dit is my bloed wat vir julle gestort word.” Ek sien die dissipels, hoe hulle drink en min verstaan. Ek sien myself by die nagmaal: hoe ek drink en proe dat die wyn soet is, maar dat die kruis ’n misterie bly, soos U ’n Misterie is, onbegryplik tot in alle ewigheid. Ek sien vir Jesus met die brood tussen sy dissipels. Ek sien hoe Hy dit breek en vir hul gee as sy liggaam. Ek sien die verraaier tussen hulle en ek sien myself, ook ’n dissipel, ook onbegrypend, ook onbewus van wat die Heiland vir my en vir die wêreld sou doen. Daarvoor aanbid ek U as die God van vergifnis. Want dis U wat die beker hou. Dis U wat verneder en verhef. Dis U wat my beker vul met bruisende wyn en geurige kruie. Dis U wat my beker hervul met vreugde voor u aangesig. Dis U wat vir my sorg en vir my wink. Dis U wat ek wil loof en prys met die beker in my hand soos by ’n fees van oorwinning. U gooi self die wyn in, en ek bid dat U sal aanhou skink. Ek bid dat U vir my geregtigheid en vrede sal inskink. Ek bid dat U u beker omhoog sal hou en almal seën wat aan u tafel wil sit en by U wil bly tot in ewigheid. Ek bid vir die spoedige koms van u koninkryk wanneer ons die groot heildronk kan drink op die heerskappy van die Here, die heerskappy waaraan geen end is nie. Amen.
(uit: Izak de Villiers, Manna oor die Duine. 2008. Vereeniging: CUM)

Instelling van die tekens
Gebed

Sang
Lied 266 “Ons Vader wat woon in die hemel”; NSG 325.

Uitsending

Sang
Lied 422 “Die Heer, die Heer het opgestaan”; NSG 113
Flam 33 “Halleluja in my hart”

Verbintenis

Voorganger: Soos die Vader sy Seun gestuur het, stuur die Here ons ook nou uit in die wêreld.
Gemeente: Kom saam met ons, Here, in u troue liefde.

Voorganger: Deur sy Heilige Gees is Hy met julle, waar julle ook mag gaan!
Gemeente: Ja, vir ewig duur u troue liefde, Here!

Almal: Amen.

Preekstudie: Markus 16:1-8

Teks en Konteks

Die oudste manuskripte van die Markusevangelie eindig by vers 8. Vers 9-20 is later bygevoeg. Gevolglik interpreteer die meeste teoloë Markus vanuit die perspektief dat dit ʼn “oop einde” het, met as laaste woorde: “want hulle het gevrees”. Ander teoloë glo wel dat dit nie die oorspronklike einde van Markus is nie, en hoewel sommige toegee dat vers 9-20 later toegevoeg is, is die antwoord op die vraag na hoe Markus werklik geëindig het, slegs spekulasie. Ons weet eenvoudig nie.

Dit kan wel aanvaar word dat die eerste lesers van Markus goed vertroud was met die opstanding van Christus, en dat die boodskap wel vertel en oorvertel is. Indien Markus wel rondom 60 nC geskryf is, sou die Christelike kerk dan reeds enkele dekades oud gewees het.

Enkele rigtingwysers wat ons wel het, is dat indien ons Markus 16:7 saam met Markus 14:28 lees, dit blyk dat Jesus wel die dissipels in Galilea ontmoet het. Dit word ook bevestig met die verloop van die opstandings-gebeure in die Matteusevangelie (Matt 28), wat ʼn sterk parallel met Markus het. Markus self verwys ook na die opstandingsgebeure in Markus 8:31; 9:9, 31 en 10:34. Dit is opvallend dat by hierdie verwysings ook beskryf word dat die dissipels die woorde nie begryp het nie en te bang was om te vra. Daar is ook uitsprake in Markus dat die evangelie wat aan ons deur Markus 1:1 bekend gestel is, wyd en lank verkondig moet word (Mark 13:10 en 14:9).

Die gebeure van Paassondag is sentraal in die Christelike geloof. Dit is hier waar die alledaagse handelinge (die beplanning om die liggaam te balsem, die bekommernis oor die wegrol van die klip) en die bonatuurlike gebeure (die oop en leë graf en die opgestane Christus) beleef word. Dit is juis die vroue wat getuies was van die ware natuurlike kruisiging en weglê in die graf, wat ook die getuies was van die bonatuurlike opgestane Christus.

Die beskrywing van die rol van die vroue begin in Markus 15:40-41 en vervolg in 15:47-16:8. Dit het dus waarde om die perikoop in die lig  daarvan te lees. Die verhaal van die vroue word onderbreek deur die verhaal van Josef van Arimatea in vers 42-46, wat slegs in Markus voorkom. Dit vorm een van die sogenoemde toebroodjieverhale van Markus. Die verhaal van Josef van Arimatea staan in kontras met dié van die vroue. Josef se moedigheid om Christus se liggaam te vra, staan teenoor die vroue se vrees, maar ook dié van die dissipels wat reeds by Jesus se verhoor, as gevolg van vrees, uit die verhaal verdwyn het. Die ironie is ook dat dit juis ʼn raadslid is, ʼn lid van dié groep wat voortdurend in konflik met Christus was, wat nou vir Christus versorg. Saam met die vroue staan Josef as getuie en versorger van Christus se lyk, die een wat Hom van die kruis afgehaal, in linne toegedraai en in die graf neergelê het.

Vers 1. Daar is nie duidelikheid oor die identiteit van die vroue wat genoem word nie. Maria Magdalena word wel in al vier die evangelies aangedui as die eerste persoon aan wie die opgestane Christus verskyn. Ons lees ook van haar as die vrou uit wie Jesus sewe demone gedryf het (Luk 8:2). Daar is egter geen bewyse dat sy ʼn prostituut is soos daar vroeër deur Bybel kommentators beweer is nie. Magdalena verwys daarna dat sy van die dorpie Magdala, aan die Weskus van die See van Galilea afkomstig is. Dit is ook nie duidelik of Maria die moeder van Jakobus en Joses, die moeder van Jesus (vgl. Mark 6:3; 15:40) is nie, of dalk ʼn ander vrou nie.

Die benoeming van die vroue beklemtoon hulle belangrikheid as getuies van die leë graf en opgestane Christus (Mark 15:40, 47; 16:1). Daarbenewens word hulle beskryf as vroue wat Christus gevolg en bedien het (41). Dit is ook Maria Magdalena en Maria die moeder van Joses, wat getuies is as Jesus deur Josef in die graf neergelê word.

Dit is verder opvallend dat die vroue die eerste getuies is van Jesus se opstanding. Sommiges argumenteer dat dit juis die werklikheid van die opstandig onderskryf. In die lig daarvan dat vroue se getuies nie redelik aanvaarbaar was in daardie tyd nie, is dit noemenswaardig dat al vier die evangelies na vroue verwys as die eerste getuies. Dit moet dan die waarheid wees. Celsus, ʼn tweede eeuse Griekse filosoof, het met die kerkvader Origenes gespot oor die “die geskinder van vroue by die leë graf”.

Die speserye is waarskynlik geparfumeerde olies en balsem waarmee lyke behandel is om die reuk van die dood teen te werk.

Vers 2-4. Markus lê klem op die tyd, “die Sondagmôre baie vroeg . . . net toe die son opkom”. Op pad graf toe wonder die vrouens wie die klip gaan weg rol? Daar moet in gedagte gehou word dat die laaste verwysing na die dissipels in Markus se vertelling, in die tuin van Getsemane was, en Petrus se ontkenning by Jesus se verhoor (Mark 14:43 ev, 72). Die vermoede is dat hulle gevlug en skuiling gesoek het, soos wat die ander evangelies wel beskryf. Die vroue het reëlings getref, speserye gekoop, gereël om saam te gaan maar nagelaat om iemand te reël om die klip weg te rol – of dit nou van die dissipels moes wees of moontlik slawe van Josef van Arimatea.

Anders as in Matteus wat verwys na ʼn aardbewing en engele wat die steen wegrol (Matt 28:2), fokus Markus weereens slegs op die getuienis van die vroue, naamlik dat die steen wel weggerol is. Die feit dat dit weggerol is, dui daarop dat dit God se werk is (volgens Matteus is die graf deur ʼn engel van die Here geopen).

Vers 5-6. Hulle sien ʼn jong man (neaniskos) in wit klere (wat waarskynlik na ʼn engel verwys). Die helder wit klere en verskrikking van die vroue maak dit waarskynlik dat die neaniskos in Markus 16 verwys na ʼn Goddelike boodskapper, ʼn engel. Daar is baie spekulasie oor die jong man. Is dit dieselfde raaiselagtige jongman waarna daar verwys word in Markus 14:51-52? Die beskrywing in beide dele is ʼn misterie. Die Griekse woord exethambēthēsan van die werkwoord ekthambeó, beskryf die vroue se reaksie – een van skok en bewondering. Die jongman se antwoord is, “moenie bang wees nie”. Dié dialoog weerspieël Markus se ironie. Die vroue fokus op die dood, terwyl Christus inderdaad lewe. Die engel wys hulle waar Jesus neergelê is en dat die lyk nou weg is. Dit is weereens ʼn belangrike stuk getuienis, aangesien die vrouens immers ook gesien het waar Josef Jesus neergelê het.

Die Griekse woord ēgerthē (aoristus passief van egeiró) vorm die klimaks van die perikoop. Hy is opgewek! Die woorde, “hy is opgewek” is die bevestiging van die evangelie! En die vroue is getuies hiervan; van die kruising, die neerlegging in die graf en van die leë graf.

Vers 7 is ook ʼn bevestiging van Jesus se woorde in Markus 14:28. Jesus het sy bediening in Galilea begin met die vier dissipels. Hy gaan weer daar voort as die opgestane Here. Dit is ook ʼn bevestiging aan die dissipels. Ten spyte van hulle verraad en afwesigheid, roep Hy hulle weer! En as die opgestane Here, gaan Jesus hulle vooruit!

Let op dat die plek van ontmoeting met die dissipels ná die opstandig, in die verskillende evangelies verskil. Matteus en Markus verwys na  Galilea, terwyl Lukas en Johannes na Jerusalem verwys (vgl Luk 24; Joh 21:1-25). Daar is die verskyning ook by die see van Galilea. Dit is beduidend dat Galilea die plek van ontmoeting in Markus is. Dit is immers waar Jesus die groot deel van sy bediening  onderneem het, met Kapernaum in Galilea as sy basis. Die belofte dat Christus hulle vooruitgaan (proagei) is belangrik, asook die vervulling van Christus se belofte soos Hy vroeër belowe het (Mark 14:28).

Die perikoop eindig op ʼn vreemde wyse. Die angstige vroue vlug en uit vrees sê hulle niks! Die Griekse woord ephygon vir vlug, herinner aan die vrees van die dissipels wat ook gevlug het (Mark 14:50). Dit is ook ironies dat die opdrag hier is om te gaan vertel, maar die vroue bly stil. Daarteenoor gee Jesus aan die begin van Markus opdrag aan ’n melaatse man wat Hy genees het, om stil te bly. In hierdie geval gaan vertel die man egter (Mark 1:44ev). Dit is ook vreemd dat Markus wat in detail beskryf hoe die vrouens getuies was van al die gebeure, nou uitdruklik beklemtoon dat hulle niks vir niemand gesê het nie (kai oudeni ouden eipanephobounto gar), want hulle het gevrees. Dit is ʼn vreemde einde. Ons kan net spekuleer oor die moontlikheid dat Christus wel self aan hulle verskyn het en die opdrag herhaal het, soos in die ander evangelies.

Hoe dit ook al sy, die einde  verwys die leser terug na die begin van die evangelie (Mark 1:1). Die leser word uitgenooi om terug te blaai na waar Markus uitdruklik gesê het dit is die begin van die evangelie, die goeie nuus. Die eindlesers wat reeds bewus is van die begin, word genooi om ook te reageer op die wonder van die opstanding en die opdrag van die jong man in wit klere.

Let daarop dat die Markusevangelie nie slegs gaan oor Jesus nie, maar ook oor Jesus en sy dissipels. Van meet af aan (Mark 1:14 ev) word dissipels as volgelinge geroep. Dit is juis na hierdie dissipels wat verwys word in Markus 14:7. Hulle word saam met die vroue die draers van die evangelie. Dit is een van die paradokse van die Christelike geloof, naamlik dat God feilbare en vreesbevange mense kies om saam met Hom die evangelie te verkondig.

Preekvoorstel

Tema: Gaan sê, gaan leef, gaan glo!
“Geloof is om met leë hande vas te gryp aan die beloftes dat God by magte is.”

Die opstandig is die hartklop van die Christelike geloof, ons geloof. Tog is dit soms of dit vir ons ongelooflik is, verwyderd, bonatuurlik. Ons kan dit nie oorvertel nie, nie verkondig nie. Ons is bang andere gaan vir ons lag, skaam om in vandag se rasioneel en moderne tyd dit te vertel; daaroor te praat. Ons Westerse denkwyse maak dit vir ons moeilik om dit werklik te glo, wat nog dit oor te vertel te midde van teorieë oor swaartekrag en die kleinste molekules, wetenskap oor die heelal, die menslike brein.

Dit is niks nuut om so te voel nie. Selfs eeue terug in die tweede eeu, het Celsus ʼn Griekse filosoof met Origenes gespot oor die “geskinder van die vroue by die leë graf”. En ja, selfs die vroue lees ons, die eerste getuies by die leë graf, het verskrik gevlug en vir niemand iets daarvan gesê nie.

Tog, tog was daar ʼn leë graf en die opstanding waar en werklik. “Hy is nie hier nie”, sê die jongman. Nie onwerklik en verwyderd nie. Dirkie Smit skryf dat as daar geen opstanding was nie, dan was daar ook geen dissipels nie, geen Nuwe Testament nie, geen kerk nie, geen prediking nie.

Markus se vreemde slot vra ons om as lesers te midde van ons verwarde en verskrikte wêreld terug te blaai na die begin van die verhaal: “die evangelie van Jesus Christus, die Seun van God”. Terug na die Goeie Nuus, terug na die waarheid, terug na Jesus Christus die Seun van God. Om terug te blaai en van vooraf te lees wat Hy gesê het, wat Hy belowe het.

Die jongman spreek  ʼn belydenis uit oor Jesus van Nasaret, wat gekruisig is, wat neergelê is in die graf, wat uit die dood opgewek is. (Daar kan uitgebrei word oor elkeen van hierdie aspekte van die belydenis in die lig van Markus se evangelie.)

So moedig die jongman, die Godsboodskapper, die vroue by die graf aan “gaan sê vir sy dissipels, en in besonder vir Petrus: ‘Hy gaan julle vooruit  na Galilea toe. Daar sal julle Hom sien soos Hy vir julle gesê het’.” Onthou alles wat Jesus vir julle gesê het. Gaan terug daar waar Hy julle vir die eerste keer bymekaar geroep het. Stap weer die pad met Hom. Onthou sy dade, sy woorde, sy beloftes.

Die uitnodiging is ook vir Petrus. In die besonder vir Petrus, die leierdissipel wat Christus verloën, verlaat, weggevlug het sodat ʼn moedige raadslid, Josef van Arimatea, sy Here van die kruis moes afhaal, dra en in die graf moes neerlê.

Nog  meer. Julle sal Hom sien. Dit is so. Die sien van die opgestane Here, die ontmoeting met die lewende gekruisigde Christus, is wat ons lewe ongelooflik omvergooi en verander. Dit het met die dissipels gebeur. Dit het met Paulus gebeur. Dit het met al die ander geloofshelde in die Nuwe Testament en oor die eeue heen gebeur. Om die opgestane Here te sien, gooi ons eenvoudig omver. Draai ons om. Gee ons nuwe fokus. Nuwe perspektiewe.

So word ons elke Sondag opnuut omgedraai. Sondag-môre vroeg toe die son opkom. Sommige sê Sondag is nie ʼn gewone dag nie. In teendeel, in die brief van Barnabas (13:9-10) word dit beskryf as die begin van ʼn nuwe wêreld. Justinus beskryf die opstanding as die dag waarop God met sy herskepping begin het. ʼn Nuwe era. Elke Sondag vier ons dat Christus opgestaan het. Dit is die ritme van ons geloof, van ons lewe.

Ons wat ook gedurende die week verskrik vlug van die Goddelike opstanding en vir niemand iets van die wonder daarvan vertel nie, word herinner om terug te gaan, weer te gaan lees en dan te gaan vertel: “Hy is nie hier nie”. “Hy gaan julle vooruit.” Daarom oriënteer die opstandig ons. Elke Sondag. Die eerste dag van die week. Dan word ons herinner aan die regte perspektief, met watter lens ons na die wêreld kan en moet kyk. Ons kyk na die wêreld, ons verwarde en verskriklike wêreld, met die lens van die opstanding. En ons weet Jesus gaan ons vooruit. Ons sal Hom in die week sien, soos Hy vir ons gesê het.

Die evangelie, van Jesus Christus, die Seun van God, begin só . . .

Bibliografie

Donahue, J R & Harrington, D J 2002. The Gospel of Mark, Sacra Pagina. Collegeville: The Liturgical Press; Edwards, J R  2002. The Gospel according to Mark, The New Pillar New Testament Commentary. Grand Rapids: William BEerdmans; France, R T 2002. The Gospel of Mark, NIGTC. Grand Rapids: William B Eerdmans.

Sections

© Missio 2024 | All rights reserved.