Kersfees

Picture of Woord en Fees

Kersfees

Liturgiese voorstel

Leesroostertekste

Fokusteks: Psalm 97
Ander tekste: Jesaja 62:6-12; Titus 3:4-7; Lukas 2 (1-7) 8-20

Inleiding

Ons vier Kersfees oor die misterie dat die Heilige God die hemel skeur en in Jesus Christus mens word en onder ons kom woon. Dit is nie maar net nog ’n geboorte wat feestelik herdenk word nie, maar die koms van die Een wat as God se Verlosser na die wêreld gestuur is.

Die karakter van die Kersdiens is een van uitbundige vreugde. Dit vind veral uitdrukking in die sang en musiek wat vir hierdie viering gebruik word. Moet daarom nie te veel tyd aan die prediking afstaan nie, maar laat die viering die boodskap dra. Vier beslis die nagmaal as bewys van God se groot geskenk aan ons. Dit liturgiese kleure is wit en goud, die feestelike kleure van die koning wat gebore is. Gebruik baniere en ander versierings om die liturgiese ruimte feestelik te klee. As die stal tydens Advent gebruik is, behoort dit steeds die eenvoud van die geboorte te dra.

Die Here God regeer, maar dit is ook Hy wat verlossing en lig bring vir die hele aarde. Almal moet hulle daarin verheug. Want daar kom ’n Redder wat alles sal herstel en ’n nuwe lewe bied. Die Redder word in Betlehem gebore as seun van ’n maagd en Hy word groot eer bewys. Daar is uitbundige vreugde oor sy geboorte.

Diensorde 

God versamel ons voor Hom

Om by te dra tot die feestelikheid van die diens, deel geskenke uit aan almal wat verjaar op die dag, die  jongste persoon in die kerk, die oudste persoon in die kerk, die persoon wat die verste gereis het om die erediens by te woon en die familie met die meeste lede in die kerk.

Aanvangslied
Lied 201 “Lofsing die Heer buig voor  Hom neer”
Oorweeg om ook die Engelse weergawe, agter in die liedboek, te sing.

Aanvangswoord
Op hierdie Kersfeesmôre is ons hier byeen
as God se kinders om weer te vier
wat Jesus se koms vir die wêreld beteken.
Ons is deel van ’n feesvierende skare van gelowiges dwarsoor die wêreld.

Seëngroet
Genade en vrede vir julle van God ons Vader en sy Seun Jesus Christus wat gekom het, hier is en weer gaan kom en die Heilige Gees wat ook op hierdie Kersdag God se hoop, vrede, vreugde en liefde in ons harte wil laat leef.

Herinnering
Lees Lukas 2:1-10.

Lofsang
Lied 367  “Ere aan God”

Adventskrans
Voorganger: Ons steek vandag weer die vier Adventskerse aan om ons te herinner
aan wat die goeie nuus beteken.

’n Leier steek die kerse een na die ander aan terwyl hy telkens sê:

Leier: Hoop, vrede, liefde, blydskap

Voorganger: Jesus Christus is die grootste geskenk
wat alle ander geskenke moontlik maak.
Daarom steek ons nou hierdie kers aan
terwyl ons dink wat sy koms
vir elkeen van ons beteken.

Steek die middelste groot kers aan.

Gebed
Ons dank U Here,
vir die geskenk van u Seun aan die hele wêreld.
Ons dank U dat Jesus se koms
hoop, vrede, liefde en blydskap moontlik maak
vir elke mens in elke nasie.
Gee ons die genade sodat elkeen van ons
welwillendheid en vrede aan ons gesinne,
ons gemeentes, ons gemeenskappe en die wêreld sal bewys.
Laat u Gees, o Here ons nou aan U,
die lewende God verbind
deur woord en lied
wanneer ons die geboorte van u Seun gedenk.

Lof
Lied 366:1, 3 “Die  vreugdelied wat engele sing”
Lied 353:1, 3 “Die Heiland is gebore”
Lied 345:2, 4 “Kom alle getroues”

Diens van die Woord

Gebed
O kom, Jesus, Seun uit Dawidstam,
U, Vredebringer – U die Lam.
Van sonde kom U ons bevry
dat ons nou ewig in U bly.
Kom en praat met ons,
wanneer ons na U Woord luister
Ons verbly ons in U
Immanuel, God met ons.

Skriflesing
Psalm 97

Prediking
Gebed

Diens van die tafel

Gereedmaak van die tafel
Lied 514:1, 2 “Ek weet verseker”

Formulier en gebed
Voorganger: In ons wêreld soos in die skoot van Maria
Gemeente: Kom, Here Jesus.

Voorganger: In die vergete plekke,
soos in die stal in Betlehem.
Gemeente: Kom, Here Jesus.

Voorganger: Bring hoop in die lewe van armes.
Bring wysheid in die lewe van die magtiges.
Bring rus in die lewe van vermoeides.
Bring onrus in die lewe van oorgerustes.
In ons lewe en in ons verlangens
wie ons ook al is.
Gemeente: Kom, Here Jesus.

Voorganger: Dit is die goeie nuus
Christus is gebore
Christus kom weer
Geseënd is elkeen wat wag op sy koms.
Gemeente: Kom, Here Jesus! Kom gou!

Gebed
Lied 266 “Ons Vader”

Groet
Heet mekaar welkom aan die tafel van  met ’n handdruk en die woorde: Mag die vrede van die Here met jou wees.

Voorganger: Geliefde, die brood wat jy nou gaan ontvang is die brood van smarte, wat ons daaraan herinner dat Jesus se liggaam gebreek is vir al ons sonde en nietigheid.  Die wyn wat jy ontvang is die beker van versoening, wat ons daaraan herinner dat Jesus se bloed gevloei het tot ’n volkome versoening van al ons sonde. Ontvang dit en hou dit totdat ons almal dit saam geniet.

Uitdeling

Instelling
Voorganger: Met die tekens van Jesus se lyding,
sy verheerliking as koning,
werp jou nou in sy arms.
Lam van God
wat die sonde van die wêreld wegneem
Gemeente: Wees ons genadig.

Voorganger: Lam van God wat die sonde
van die wêreld wegneem . . .
Gemeente: ontferm U oor ons.

Voorganger: Lam van God wat die sonde
van die wêreld wegneem.
Gemeente: Here, gee ons u vrede.

Voorganger: Neem die brood, eet dit,
dink daaraan
dat Jesus se liggaam gebreek is
vir al ons broosheid en ellende
sodat ons nooit weer in donkerte hoef te wees nie.

Eet die brood.

Voorganger: Neem die wyn, drink dit,
dink daaraan dat Jesus se kosbare bloed
gevloei het tot ’n volkome versoening
vir al ons sonde.

Drink die wyn.

Lofprysing
Lied 348:1, 2, 3 “Stille nag, heilige nag

Uitsending

Vra dat lidmate ’n ekstra bord kos na middagete skep en op ’n afgespreekte tyd by die kerk aflewer waarvandaan dit na behoeftige gesinne versprei word.

Slotsang
Lied 358:1 “Welkom, o stille nag van vrede”
Lied 450:2 “Woord uit Woord, Lig uit Lig”
Lied 358:3 “Voel jy sy warm liefde”

Seën
Voorganger:  Mag God die Vader aan ons die oorstelpende vreugde gee waarvan engele die eerste Kersnag gesing het.
Gemeente: Amen.

Voorganger: Mag die liefde van Christus wat Homself vir ons gegee het ons opnuut op hierdie Kersdag aan Hom verbind.
Gemeente: Amen.

Voorganger: Mag God deur sy Gees ons elke dag
as Immanuel vergesel.
Gemeente: Amen.

Voorganger: Die almagtige God, Vader, Seun en Heilige Gees
bly met ons,
seën ons vandag en vir ewig.
Gemeente: Lied 314

Kontemporêre Liturgie

Leesroostertekste

Fokusteks: Psalm 97
Ander tekste:  Jesaja 62: 6-12; Titus 3:4-7; Lukas 2: (1-7) 8-20

Diensorde

God versamel ons voor Hom

Speel vooraf gepaste Kersmusiek.

Verwelkoming
Laat mense in die banke mekaar ’n geseënde Kersfees toewens.

Aanhef
Voorganger:  Ons vier vandag God se wonderwerk; dat Hy op ’n dag vir ons kom wys het hoe lief Hy ons het deur Jesus na ons toe te stuur.
Kinders:  “Eer aan God in die hoogste hemel en vrede op aarde vir die mense in wie Hy ’n welbehae het” (na aanleiding van die tekste in Titus en Lukas).

Voorlesing deur ’n kind
Lukas 2:8-20

Kersritueel
Skep ’n kersboom met baie kerse (bv “tealights”)  wat ’n eenheid vorm met die Adventskrans. Reël vooraf met vier kinders om te help om die Adventskerse en Christuskers aan te steek.

Eerste kind:  Ons vier vandag dat God mens geword en by ons kom bly het – daarom dank ons Hom vir die hoop wat ons van Hom ontvang het (steek die eerste Adventskers aan),
Tweede kind: en vir die vrede wat Hy gee (steek die tweede kers aan),
Derde kind:  en vir ons harte wat Hy bly maak  (steek die derde kers aan)
Vierde kind:  en vir sy liefde waarmee Hy ons vrymaak  (steek vierde kers aan).

Voorganger:  Ons dank Hom dat Jesus ons donker lig maak, ons lewe heeltemal nuut maak en vir altyd laat aangaan (steek Christuskers aan).

Enige iemand kan nou ’n kersie aan ons kersboom kom aansteek as jy wil dankie sê vir die lig wat Jesus vir jou gebring het.

(Aanbiddingsgroep speel ’n rustige Kerslied in die agtergrond.)

Lof en aanbidding
Flam 103 “Kersfees is ’n Vreugdefees”
Flam 144 “God is liefde”
Flam 323 “Goeie Nuus” of ’n kombinasie van
Lied 365 “Hoor die blye eng’lelied” en
Lied 366 “Die vreugdelied wat engele sing”
Flam 319 “Want ’n Kind”

Diens van die Woord

Gebed
Here Jesus, U het gekom sodat ons kan weet hoe lief U ons het en aan Wie ons behoort. Ons weet vandag so seker dat U nooit van ons sal vergeet nie, dat ons vir altyd u kinders sal wees. Here Jesus, U is as ’n babatjie gebore, maar ons weet dit was nogtans die grootste oomblik in die geskiedenis van ons wêreld. Want ons onthou ook vanoggend, dat nadat U opgestaan het, U vir u dissipels gesê het: “Aan my is alle mag gegee in die hemel en op die aarde . . .” Herinner ons weer dat ons Koningskinders is en dat U die goeie nuus aan ons gee om met almal te deel! Amen.

Skriflesing
Psalm 97

Prediking
Gebed

Diens van die tafel

Tekslesing
Laat ’n kind die volgende vers lees:
“Die Here stuur die volgende boodskap regoor die wêreld: ‘Sê vir Jerusalem die Here is op pad. Hy kom die stad help. Sy kinders is by Hom en hulle kry ’n nuwe naam: Spesiale kinders wat die Here gered het.  Jerusalem kry ook ’n nuwe naam: ’n Lekker plek vol mense” (Jes 62: 11-12 in Die Bybel@kinders).

Kersklokkies ritueel
Deur die eeue al word klokke geassosieer met Kersfees.  Die klokke kondig aan dat Jesus gebore is, dat daar vir die mense wat in duisternis lewe, ’n Lig gekom het.  Enige een wat wil, gaan nou kans kry om ’n klokkie te lui; dalk onthou jy vandag iemand hier in God se teenwoordigheid; dalk is daar iemand wat jy vandag aan die Here wil opdra; as dit jou behoefte is, lui gerus die klokkie as dit by jou verby kom. (Handklokkies word voor die tyd bymekaar gemaak en nou deur die diakens omgestuur. Die ritueel gebeur in stilte.)

Sang
Flam 323 “Goeie Nuus”

Instellingswoorde
Die brood wat ons breek is ons band met Jesus se liggaam wat vir ons gebreek is. Gebruik dit as bevestiging van jou menswees en as teken van jou verlossing.
Die wyn is die teken van sy bloed wat vir jou gevloei het; dieselfde bloed wat ook deur jou are bruis. Gebruik dit as teken van sy vryspraak en viering van jou nuwe lewe in sy heerlikheid.

Gebed
Jesus, U gee vir ons ’n nuwe naam en ’n nuwe boodskap.  Gee dat ons baniere met hierdie boodskap vir die hele wêreld sal wees. Amen.

Uitsending

Antwoordlied
Lied 348 en Lied 358

Seën
Die Môrester verlig jou pad.
Gaan met die wete:
God het die Heilige Gees
oorvloedig op ons uitgestort
deur Jesus Christus ons Verlosser.

Sang
Een van die “Amen” liedere (312-315)

Preekstudie: Psalm 97

Teks en Konteks

Psalm 97 is ’n kenmerkende lofpsalm (himniese psalm). Psalm 96 en 97 word dikwels beskryf as tweeling-psalms, omdat die tema in Psalm 96 (Veral vers 1 en 13 “dat die aarde moet juig”) in Psalm 97 voortgaan. Interessant dat daar geen outeur aangedui word nie.

Die struktuur van Psalm 97 is voor die handliggend. Vers 1 vorm ’n soort aansluiting met Psalm 96 (die twee psalms is waarskynlik liturgies saam gebruik) en dien as inleiding tot die res van Psalm 97. Dit klink na ’n standaard beginvers en tog is dit die kragtigste beginvers denkbaar: God regeer! God is in beheer. Hy het nog nie geabdikeer nie. Hy hou die hele wêreld in sy hand. Die aarde en die eilande moet jubel en juig.

Daarna is daar twee duidelike onderdele, naamlik vers
2-6 (wat Jahwe as magtige God voorstel) en vers 7-9, waar Jahwe teenoor die valse afgode geteken word. Vers 2-6 skilder met baie helder en duidelike kleure dat God nie ’n statiese afgod is nie, maar dat Hy met dinamiese verskynings aan bewind is. Soos verskeie ander gedeeltes in die Ou Testament, het die psalmdigter hierdie teofanie met ontsag (die Engelse woord “awe” gee nogal hierdie oopmond-ervaring mooi weer) beleef (vgl Ps 18:7-15; Ps 29:3-10; Ps 68:1-4; Deut 4:11; Rig 5:4-5; Hab 3:3-15 en dan seker die duidelikste in Eks 19:16-19.) Gewoonlik, as ons oor God wil gesels, dan is ons óf positief oor wie Hy is (naamlik dat Hy Almagtig, Alomteenwoordig en Ewig is) óf ons is negatief deur te beskryf wie Hy nié is nie (soos liefdeloos en haatdraend). Die psalmdigter kies hier om God nie positief of negatief te beskryf nie, maar om ’n ander literêre tegniek te gebruik, naamlik paradoks (kontras). Aanvanklik is God versluier deur die wolke en duisternis. Net daarna is Hy sigbaar deur vuur en weerlig wat voor Hom uitgaan. God is “onsigbaar” as gevolg van die wolke en duisternis. Tog smelt die berge (iemand beskryf God op hierdie punt nogal skerpsinnig as “hot”/warm) en die hemele getuig.

Vers 7-9 verduidelik baie duidelik dat die afgode én die wat hulle aanbid voor Jahwe sal moet buig. Die afgode is niks anders nie as nonentiteite.

Vers 10-12 gee die implikasies van bogenoemde vir die mens se lewe, weer. Die regverdige mens word met die goddelose mens gekontrasteer. God as Regter, sal die saak van die regverdige behartig. Daar is drie gevolge vir die regverdige. Hy word bewaar (10), daar kom lig (11) en blydskap (11). Op misterievlak teken die digter vir God as die Een wat regeer. Ons kan Hom bewonder (adore) en in verwondering (awe) voor sy mag staan!

Preekvoorstel

Wêreldbeker 2010 is op ’n dramatiese wyse afgesluit met ’n uiters geslaagde projektor- en vuurwerkvertoning. Dit was ’n skouspel soos min. Maar nou ja, dis nie heeltemal hoe mense die wêreld beleef nie. Veral met Kersfees, baie liggies en blinkpapier, beleef baie mense tog nie dié glansryke werklikheid nie. Vir so baie mense is die “lig”-tye te selde en te ver uit mekaar of selfs net eenmalig en alreeds maande in die verskiet. Vir so baie mense is al wat hulle beleef die intense moegheid, of die seer van letsels en wonde, of die frustrasies van goeters wat net nie uitwerk nie, of bekommerde lyne tussen die oë en diep fronse, of die soeke na aanvaarding, of die sukkel met eensaamheid, of die soek na liefde.

En dan is die boodskap so magtig: God is in beheer. Hy regeer. En dit klink so ongelooflik mooi. Maar maak dit bogenoemde mense se seer en eensaamheid en vertwyfeling en verflenterdheid reg? Nie so maklik nie, nê?  Soos in 63 van die psalms in die psalmbundel, wil hierdie psalm ook sê: Juig en jubel!, maar dis moeilik!

Hoe praat mens oor God in sulke omstandighede? Watter taal gebruik mens? Sal “wolke” en “aarde” en “vuur” en “weerlig” en “berge” en “hemele” help? Die hele aarde, sê Psalm 97, daardie bol wat in die hemel om die son draai, is op die een of ander manier besig om hande te klap en Jahwe se Naam groot te maak. Die psalm kom wys ons dat God dinamies “in” ons wêreld betrokke is. Op paradoksale manier is Hy hier, soms verskuil, ander kere so helder dat berge smelt (“God is hot”).

Walter Bruegemann skryf dat “In Christmas the church does not simply celebrate the brith of a wondrous baby. Through that birth we celebrate the cosmic reality that God has entered the process of the world in a decisive way that changes everything.” God se intree in die proses of storie van die wêreld, is presies dit wat Psalm 97 wil teken. In daardie sin kon Psalm 97 sekerlik ook ’n Paas- en opstandingsteks wees. Kersfees gaan nie net oor ’n Kindjie in ’n krip nie, maar oor die ontsagwekkende (awesome) werk en dinamika van God.

Psalm 97, of eerder God self (:2-6 is immers ’n teofanie), wil kom wys dat juig en jubel, wat niks anders is as ’n deel van aanbidding (worship) nie, nie veel te make het met hoe dit met jou gaan nie. Trouens, die psalm wil vra wat doen die lewe, selfs die stukkendheid van die lewe,  aan jou aanbidding van God? Maak dit jou “dood”? Maak dit jou “hard”? Maak dit jou “verbitterd”? Of maak dit dat jy die Lig van Kersfees elke dag kan sien?

Maak dit dat jy in jou verhouding met die Here vreugde beleef?  Maak dit dat jy weet God jou sal beskerm en dra? Dit sê nie ons moet die huidige wêreld ontken nie. ’n Teofanie wil ons maar net God se perspektief van die werklikheid gee. Dit wil mos juis sê dat Jahwe op ’n misterieuse wyse aanwesig en nie afwesig is nie (present and not absent) is. Daar is genoeg bandwydte by God dat elkeen van ons lig en blydskap en beskerming kan kry. Ons kry immers ’n vlugtige blik (glimpse) van God se mag. O ja, net voor ons te veel vrae het oor die sogenaamde onregverdigheid (unfairness) van alles  – hierdie psalm is mos ’n himne, dit moet “gesing” word! Kom ons sing: Kersliedere, lofliedere en selfs klaagliedere, maar kom ons sing! Want: Die Here regeer en die aarde, ons en die hemele moet juig!

Sections

© Missio 2024 | All rights reserved.