Ontmoeting 5

Existing members can log in to access this content. If you're not yet a member, consider signing up for Jeugfokus Kategese+.

Sections

Inleiding

Lukas 12:13-21

Jesus nooi ons om verhoudings as belangriker as besittings te beskou en om minder selfsugtig te wees. Om by God ryk te wees lyk anders as om in die wêreld ryk te wees.

Wie?
Jesus gesels met een van twee broers. Hierdie broer is ongelukkig oor die verdeling van die erflating tussen hom en sy broer. Dié storie gaan dus oor twee broers en hulle gierigheid, maar dit gaan ook oor Jesus wat nie hulle regter wil wees nie. Jesus wil mense se fokus eerder na verhoudings draai, weg van besittings af.

Waar?
Die verhaal speel af binne die normale gebeure in mense se lewe. Al speel verhale in die Bybel dikwels op spesiale plekke en in besonderse omstandighede af, is dit belangrik om te onthou dat Jesus in mense se alledaagse lewe belangstel en daarby betrokke wil wees.

Waarom?
Al hou ons nie daarvan om hieroor te praat nie, maak dit vir God saak wat ons met ons besittings doen en hoe ons daaroor dink. Hierdie verhaal help ons om te onthou dat Jesus se doel met ons nie net gaan oor wat met ons gaan gebeur wanneer ons doodgaan nie, maar ook oor wat ons hier op die aarde doen met die dinge en die mense wat God aan ons toevertrou.

 

Ons kan maklik ons verhoudings verarm. Dit sluit ons verhouding met God, ons medemens en onsself in. Die vraag wat die een broer vir Jesus vra, is die sleutel om hierdie gelykenis te verstaan. Ons wil baiekeer geregtigheid hê wat pas by ons behoeftes en ons belange. Jesus vertel dan hierdie gelykenis wat sê dit is nie so belangrik om dinge bymekaar te maak nie; wat belangrik is, is om ryk te wees in God. Hierdie rykdom beteken om in ’n hegte verhouding met God en ander mense te leef.

  • Hierdie ontmoeting se tema kan ons anders oor ons dankoffers laat dink. Oorweeg dit om ’n oomblik in die erediens te skep vir mense om hieroor na te dink.

Kindermoment

  • ’n Pak lekkers (of klein sjokolades).

Huisgeloof

  • Drie plakkers vir elkeen in die gesin. (Die plakkers moet maklik kan aftrek.)
  • Alternatief vir die plakkers: Drie stukkies papier vir elkeen in die gesin en wondergom.

Voorskool

  • Koekies, minstens 4-5 vir elke kind.
  • Die hulpmiddel vir die aktiwiteit.
  • Inkleurkryte.
  • Skêre.
  • Karton of papier.
  • Gom.

Graad 1-3

  • Koekies, minstens 4-5 vir elke kind.
  • Die hulpmiddel vir die aktiwiteit.
  • Inkleurkryte.
  • Skêre.
  • Karton of papier.
  • Gom.

Graad 4-6

  • ’n Pak kaarte.
  • ’n Sjokolade, ’n pakkie tjips en ’n pakkie of ’n blikkie groente.

Graad 7-10

 

  • ’n Pak kaarte.

Kindermoment

Nooi twee kinders uit dieselfde huishouding om saam te speel. Vra wie die oudste is. Gee vir die oudste kind baie lekkers. Die jongste kind kry niks.

Gesels saam:

  • Vra vir die twee kinders hoe dit hulle laat voel dat die een al die “goed” gekry het en die ander een niks nie.
  • Vra vir die oudste kind wat hy of sy bereid sou wees om te doen om al die lekkers vir hom- of haarself te hou.
  • Vra vir die jongste kind wat hy of sy bereid sou wees om te doen om van die lekkers in die hande te kry.
  • Vra nou vir die ouers wat hulle sou wou gehad het hulle kinders moes doen en waarom.

In vandag se verhaal dra albei broers daartoe by dat die verhouding seerkry. Die oudste broer wil nie deel nie, en die jongste broer is gierig en wil al meer hê. Jesus vertel die gelykenis om dit duidelik te maak dat ons verhouding met God en mense belangriker as besittings is.

 

Sluit af deur vir die oudste kind te vra wat hy of sy kan doen wat die beste sal wees vir die verhouding met sy of haar broer of suster.

Huisgeloof

Gee vir elkeen in die huis drie plakkers (of drie stukkies papier en wondergom). Skryf op elke plakker “Myne”. Gee nou vir elkeen kans om hulle plakkers te gaan plak op dinge in die huis wat hulle voel net hulle s’n moet wees.

Gesels saam:

 

  • Hoe laat dit jou voel as iemand iets met “Myne” merk terwyl jy dink dit is joune?
  • Is daar dinge wat iemand anders in die gesin met “Myne” gemerk het terwyl jy voel julle moet dit deel?

Lees saam Lukas 12:23-21.

Gesels saam:

 

  • Hoekom vra die jongste broer vir Jesus om hom te help?
  • Wat bedoel Jesus wanneer Hy in vers 15 sê ’n mens se lewe is nie afhanklik van die oorvloed van jou besittings nie?
  • Wat dink julle beteken dit om “in God ryk te wees”?

Gaan trek al julle plakkers af. Trek die woord “Myne” dood en skryf “Ons s’n” op die plakkers. Gaan plak nou weer die plakkers vas.

Gesels saam:

  • Hoe voel dit om te sien dat dinge wat eers met “Myne” gemerk is nou aan almal behoort?

Gesels saam:

 

  • Waarvan het julle genoeg in julle huis?
  • Hoe kan julle dit in die volgende week gebruik om julle verhouding met ander mense sterker te maak? Dink byvoorbeeld daaraan om mense vir ete te nooi en julle kos met hulle te deel.

Voorskool

 

 

 

Haal die koekies uit. Daar moet genoeg koekies wees sodat elke kind minstens een kan kry en net party kinders twee. Laat hulle die koekies self onder mekaar verdeel.

Gesels saam:

  • Hoe laat dit jou voel dat ander kinders meer (of minder) koekies as jy gekry het?
  • Hoe laat dit jou laat voel as iemand hulle koekies met jou deel?
  • Hoe laat dit jou voel as iemand nie hulle koekies met jou deel nie?

 

 

 

Vertel die verhaal van Lukas 12:13-21. Laat die kinders hulle hande klap elke keer wanneer jy die woord “ek” of “my” sê.

Gesels saam:

  • Wie is ongelukkig in hierdie storie?
  • Wat maak hom ongelukkig?
  • Wat dink julle sou hom gelukkig maak?
  • Wat dink julle sou Jesus gelukkig maak?

Daar is ’n verskil tussen “het” en “deel”. Jesus sê dit is nie belangrik hoeveel ons het nie, maar hoeveel ons deel.

 

 

 

Deel die aktiwiteit aan die kinders uit. Die hulpmiddel bevat die verskillende dele van ’n skuur. Laat die kinders die dele uitknip en inkleur. Daarna gaan hulle dit op karton of papier plak om die skuur te bou. Aan die binnekant van die skuur kan jy hulle help skryf: Wees ryk in God.

Teken dele van skuur

 

 

 

Doen weer die oefening met die koekies om te kyk of die kinders nou anders optree. Jy kan hulle vra om die koekies onder mekaar te verdeel met die woorde: “Ek het jou lief soos myself.”

Gesels saam:

  • Hoe het hierdie tweede aktiwiteit met die koekies van die eerste keer verskil?
  • Wat het ons anders gedoen?
  • Het jy hierdie keer anders gevoel as die eerste keer toe ons die koekies uitgedeel het?

Die woord waarmee ek julle huis toe stuur, is deel. Gaan deel vandag se boodskap met iemand by die huis.

Gee vir elke kind twee koekies en vra hulle om volgende week te vertel met wie en hoe hulle die koekies gedeel het.

Graad 1-3

Haal die koekies uit. Daar moet genoeg koekies wees sodat elke kind minstens een kan kry en net party kinders twee. Laat hulle die koekies self onder mekaar verdeel.

Gesels saam:

  • Hoe laat dit jou voel dat ander kinders meer (of minder) koekies as jy gekry het?
  • Hoe laat dit jou laat voel as iemand hulle koekies met jou deel?
  • Hoe laat dit jou voel as iemand nie hulle koekies met jou deel nie?

 

Vertel die verhaal van Lukas 12:13-21.

Laat die kinders jou koggel elke keer wanneer jy die woord “ek” of “my” sê. Hulle kan byvoorbeeld roep: “Eie ek!” Of: “Ek, ek, ek.”

Gesels saam:

 

  • Wat dink julle wou Jesus hê moes die man met die baie besittings doen?
  • Wat dink julle wou Jesus hê moes die ongelukkige man wat niks gekry het nie doen?

Deel die aktiwiteit aan die kinders uit. Die hulpmiddel bevat die verskillende dele van ’n skuur. Laat die kinders die dele uitknip en inkleur. Daarna gaan hulle dit op karton of papier plak om die skuur te bou. Aan die binnekant van die skuur kan jy hulle help skryf: Wees ryk in God.

Teken dele van skuur

Doen weer die oefening met die koekies om te kyk of die kinders nou anders optree. Jy kan hulle vra om die koekies onder mekaar te verdeel met die woorde: “Ek het jou lief soos myself.”

Gesels saam:

  • Hoe het hierdie tweede aktiwiteit met die koekies van die eerste keer verskil?
  • Wat het ons anders gedoen?
  • Het jy hierdie keer anders gevoel as die eerste keer toe ons die koekies uitgedeel het?

Die woord waarmee ek julle huis toe stuur, is deel. Gaan deel vandag se boodskap met iemand by die huis.

Gee vir elke kind twee koekies en vra hulle om volgende week te vertel met wie en hoe hulle die koekies gedeel het.

 

 

Graad 4-6

Sê vir die kinders julle gaan saam ’n kaartspeletjie speel. Gee net vir die helfte van die groep kaarte en niks vir die ander nie.

Gesels saam:

 

  • Hoe voel julle daaroor dat net die helfte van die groep kaarte gekry het om saam te speel?
  • Hoe voel julle wat kaarte gekry het?
  • Hoe voel julle wat nie kaarte gekry het nie?
  • Werk ’n speletjie wanneer almal nie kan saamspeel nie?

Lees saam Lukas 12:13-21.

Laat die kinders raai hoeveel keer die woord “ek” of “my” in die teks voorkom. Tel dan saam met hulle om te kyk wie die naaste was.

Gesels saam:

  • Wat dink julle is regtig die probleem in vandag se verhaal as ons kyk na hoeveel keer die woord “ek” of “my” gebruik word?
  • Volgens Jesus was albei broers verkeerd. Hoe dink julle is dit moontlik?
  • Waar in die lewe (of in jou lewe) sien jy dat mense soos hierdie twee broers optree?

Verdeel die groep in twee kleiner groepe en sê vir hulle julle gaan nou feesvier. Gee vir die een groep ’n sjokolade en ’n pakkie tjips. Die ander groep kry ’n pakkie of ’n blikkie groente. Jy verdeel dus die kos “onregverdig”.

Laat die groepe nou self besluit wat hulle met hulle “besittings” gaan maak. Laat hulle met mekaar gesels en saam verhoudings bou. Dalk sal hulle besluit om alles te deel of, beter nog, om dit vir iemand anders te gaan gee.

Let hierdie week op hoe jy jou besittings met ander deel, of hoe jy dalk ander se besittings begeer. Wat gebeur in ’n verhouding wanneer jy iets begeer wat die ander persoon het? Wat gebeur in ’n verhouding wanneer jy nie deel wat jy het nie?

Graad 7-10

Sê vir die kinders julle gaan saam ’n kaartspeletjie speel. Gee net vir die helfte van die groep kaarte en niks vir die ander nie.

Gesels saam:

  • Hoe voel julle daaroor dat net die helfte van die groep kaarte gekry het om saam te speel?
  • Hoe voel julle wat kaarte gekry het?
  • Hoe voel julle wat nie kaarte gekry het nie?
  • Werk ’n speletjie wanneer almal nie kan saamspeel nie?

Lees saam Lukas 12:13-21.

Laat die kinders raai hoeveel keer die woord “ek” of “my” in die teks voorkom. Tel dan saam met hulle om te kyk wie die naaste was.

Gesels saam:

 

  • ’n Man kom na Jesus toe met ’n vraag. Hy wil hê sy broer moet sy besittings met hom deel. Wie dink jy is verkeerd? Die broer wat nie wil deel nie, of die broer wat meer wil hê?
  • Volgens Jesus was albei broers verkeerd. Hoe dink julle is dit moontlik?
  • Waar in die lewe (of in jou lewe) sien jy dat mense soos hierdie twee broers optree?
  • Wat dink jy sou Jesus wou hê moes die broers doen nadat Hy vir hulle die gelykenis vertel het?

Verdeel die groep in twee kleiner groepe en sê vir hulle julle gaan nou feesvier. Gee vir die een groep ’n sjokolade en ’n pakkie tjips. Die ander groep kry ’n pakkie of ’n blikkie groente. Jy verdeel dus die kos “onregverdig”.

Laat die groepe nou self besluit wat hulle met hulle “besittings” gaan maak. Laat hulle met mekaar gesels en saam verhoudings bou. Dalk sal hulle besluit om alles te deel of, beter nog, om dit vir iemand anders te gaan gee.

Let hierdie week op hoe jy jou besittings met ander deel, of hoe jy dalk ander se besittings begeer. Wat gebeur in ’n verhouding wanneer jy iets begeer wat die ander persoon het? Wat gebeur in ’n verhouding wanneer jy nie deel wat jy het nie?

Afstandkategese

Aanvullende materiaal om op sosiale media (Whatsapp, Facebook, ens) te deel wanneer fisiese byeenkomste nie haalbaar is nie. Onder elke prent is ‘n boodskap wat jy op sosiale media (soos Whatsapp) kan uitstuur saam met die grafika.

Kernwaarheid

Stuur hierdie prent aan die hele gemeente om die kerngedagte in te lei.

Die onderstaande teks is buitelyne van ‘n moontlike huisgeloof-video wat julle self kan opneem en aan gesinne stuur.

Inleiding: Verwelkom almal en gee die volgende opdrag: Gee vir elkeen in die huis drie plakkers (of drie stukkies papier en wondergom). Skryf op elke plakker “Myne”. Gee nou vir elkeen kans om hulle plakkers te gaan plak op dinge in die huis wat hulle voel net hulle s’n moet wees.

Bybelgedeelte: Lees Lukas 12:13-21 saam.

Verduideliking: Jesus gesels met een van twee broers. Hierdie jongste broer is ongelukkig oor die verdeling van die erflating tussen hom en sy broer. Hy is gierig en wil hê Jesus moet die situasie verander. Daarom vra hy Jesus om vir sy broer te sê hy moet sy erfenis met hom deel. Al hou ons nie daarvan om hieroor te praat nie, maak dit vir God saak wat ons met ons besittings doen en hoe ons daaroor dink. Hierdie verhaal help ons om te onthou dat Jesus se doel met ons nie net gaan oor wat met ons gaan gebeur wanneer ons doodgaan nie, maar ook oor wat ons hier op aarde doen met die dinge en die mense wat God aan ons toevertrou. Ons kan maklik ons verhoudings verarm. Dit sluit ons verhouding met God, ons medemens en onsself in. Jesus wil mense se fokus eerder na verhoudings draai, weg van besittings af.

Aktiwiteit: Gaan trek al julle plakkers af. Trek die woord “Myne” dood en skryf “Ons s’n” op die plakkers. Gaan plak nou weer die plakkers vas.