Ontmoeting 4

Existing members can log in to gain access to this content. If you're not yet a member, consider signing up for Jeugfokus Kategese+.

Sections

Inleiding

Lukas 10:25-37

Wie is my naaste? Waar ontmoet ek my naaste? Jou naaste is dié mense wat oor jou pad kom en jou nodig het. Soms is ander mense vir jou ’n naaste, selfs dié van wie jy dit nie verwag nie.

Wie?
In hierdie verhaal (gelykenis) van Jesus praat Hy met ’n wetgeleerde oor ’n Joodse man wat deur rowers aangeval word. ’n Priester, ’n Leviet en ’n Samaritaan stap by die gewonde man verby.

Waar?
Die gelykenis speel af op ’n pad tussen Jerusalem en Jerigo.

Wat?
Jesus is in ’n strydgesprek met ’n wetgeleerde. In hulle gesprek is daar baie verwysings na die wette van die Ou Testament, veral gedeeltes in Levitikus. Die eerste vraag van die wetgeleerde is baie maklik om te beantwoord. Jesus gebruik ’n bekende vers uit die Ou Testament (Deut 6:5) om hom te antwoord.

Die wetgeleerde se tweede vraag is egter baie moeiliker. In Levitikus 19:17-18 staan daar jy mag nie jou volksgenote haat (altyd kwaad bly vir hulle) nie. Jou volksgenote is dié mense wat aan dieselfde volk as jy behoort. Daar staan: “Jy mag nie wraak neem of ’n grief koester teenoor jou volksgenoot nie, jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” Die strikvraag van die wetgeleerde was iets soos: “Is álmal my naaste, of net die mense wat deel van my groep is?” Dit was toe dat Jesus sy mooi gelykenis vertel.

Die Joodse volk het geglo hulle moet heilig wees soos God heilig is (Lev 19:2). Hulle het gereken dit beteken hulle moet rein leef en rein bly. Jesus daag hulle egter uit met sy antwoord. Om heilig te wees beteken ook om barmhartig te wees (Luk 6:36).

Die priester en die Leviet loop verby die gewonde man. ’n Mens sou verwag dat hulle dit sou doen, anders sou hulle onrein word en nie geskik wees vir tempeldiens nie. Levitikus sê immers die Jode mag nie aan bloed raak nie, selfs nie aan dooies nie (Lev 21:1-4). Hier lê ’n man amper dood langs die pad. Dit gee aan die priester en die Leviet kans om te dink oor hoe hulle die wet wil interpreteer.

Die Samaritane en die Jode het niks van mekaar gehou nie. Hulle het nie eens met dieselfde paaie gereis of mekaar in die oë gekyk nie. ’n Samaritaan stap nou met ’n pad langs waarop hy waarskynlik nie veronderstel was om te wees nie. Hy kom af op iemand in nood wat “deel van die vyand” was. En hy help die gewonde man.

Waarom?
Jesus wil vir die wetgeleerde wys dat ’n mens God se wil doen wanneer jy omgee, liefhet en barmhartig is. Wanneer ons hierdie eienskappe uitleef, is ons heilig soos God heilig is.

Hierdie verhaal verras ons nog meer, want Jesus gaan selfs verder. Hy draai die vraag op sy kop, want dit is juis die Samaritaan wat reg optree en vir die Joodse man ’n naaste is. Wie is jou naaste? Die een wat oor jou pad kom en nodig het dat jy vir hom of haar ’n naaste sal wees. Soms is ander mense vir ons ’n naaste, selfs dié van wie ons dit nie verwag nie.

  • Indien moontlik, reël dat daar ’n gemeente-uitreik of gemeenskapsprojek saamval met hierdie week se aktiwiteite. Die maklikste sal wees as julle hierdie teks hanteer in ’n week waarin daar reeds ’n bestaande projek is.

Kindermoment

  • Gebruik ’n moderne weergawe van die gelykenis van die barmhartige Samaritaan. Dink aan Hennie Stander se boek [email protected], of volg hierdie skakel vir ’n video van die gelykenis.

Huisgeloof

  • Hou ’n fliekaand en kyk saam die film Tangled.

Voorskool

  • Twee groterige magnete.
  • Prente van mense wat verskil ten opsigte van geslag, ras, taal, en so meer.
  • Die uitdeelstuk: Vind-die-paadjie.
  • Groen kryte.

Graad 1-3

  • Twee groterige magnete.
  • Prente van mense wat verskil ten opsigte van geslag, ras, taal, en so meer.
  • Die uitdeelstuk: Vind-die-paadjie.
  • Groen kryte.

Graad 4-6

  • Twee groterige magnete.
  • Prente van mense wat verskil ten opsigte van geslag, ras, taal, en so meer.
  • Die uitdeelstuk: Vind-die-nuwe-woord.

Graad 7-10

  • Twee groterige magnete.
  • Prente van mense wat verskil ten opsigte van geslag, ras, taal, en so meer.
  • Ses skoon velle papiere waarop jy die volgende woorde skryf: 1. Honger. 2. Dors. 3. Vreemd. 4. Sonder klere. 5. Baie siek. 6. Vergete. Skryf net een woord op elke bladsy.

Kindermoment

Daar is verskeie video’s, verhale en opvoerings wat hierdie verhaal in ’n moderne konteks uitbeeld. Voer die gelykenis met ’n poppekas op of vertel of wys ’n moderne weergawe daarvan. Gebruik byvoorbeeld Hennie Stander se boek [email protected] of wys die video by hierdie skakel.

Alternatief: Vertel hierdie moderne weergawe, of voer dit selfs op.

Ek is nie ’n rassis nie, maar ek hou nie van hierdie mense nie. Ek vertrou hulle nie. Om eerlik te wees: Ek wil niks met hulle te doen hê nie. Daar het egter iets gebeur wat ek nie verstaan nie. Iets buitengewoon.

Ek was op pad huis toe toe my bakkie se band bars. Ek moes aftrek van die pad om die wiele om te ruil. Terwyl ek besig was, hou ’n Toyota Corolla langs my stil. In die kar was ’n paar wit ouens. Hulle het aangebied om my te help. Maar, toe ons die wiele klaar geruil het, val hulle my aan en slaan my en skop my aanhoudend, sonder ophou. Ek is seker hulle het gedink ek is dood toe hulle hulle uitgewoed het. Hulle het al my goed gevat en my net daar langs die pad in die veld gegooi, my vir dood daar gelos.

Toe ek later bykom, het ek pad toe gekruip met die hoop dat iemand my sou sien en sou stilhou om my te help. Die eerste paar mense wat daar verbygery het, het my beslis gesien, maar nie stilgehou nie. Hulle wou seker nie die kans waag om langs die pad stil te hou om iemand te help nie. Dis te gevaarlik deesdae. Ek is seker die een motor wat stadiger gery het, was tannie Marie s’n, die vrou wat so by alles van die kerk betrokke is, die leier van die VLV en die Vrouebediening. Ek is seker sy het my gesien, maar sy het nie stilgehou nie.

Tyd het verbygegaan. Dis seker maar nou so, het ek gedink. Ek sal hier langs die pad doodgaan. Toe hou ’n man langs my stil … ’n man in ’n taxi. Ek was al te swak om weerstand te bied. Maar … Hy het my opgetel, in sy bussie gelaai en my na die hospitaal op die dorp geneem. Die mense by die hospitaal het hom baie vreemd aangekyk. Sommige het seker gedink hý het my so aangerand.

Die rowers het alles gevat wat ek gehad net, my selfoon, my ID en my beursie, met al my kaarte daarin, ook my mediesefondskaart. Die vrou by ontvangs het vir die man gesê hy sal ’n bybetaling moet maak voordat hulle my kan opneem. Kan jy glo dat die hospitaal meer bekommerd was oor geld as oor my?

Wat so ongelooflik is, is dat die man betaal het. Alles. Al hierdie gebeure het ek in ’n waas beleef. Maar ek onthou ek het gedink: Hoekom help hierdie man my? Hoekom betaal hy die koste van my versorging in die hospitaal? Wat maak hom anders as tannie Marie …?

Huisgeloof

Gesels saam:

  • Vertel vir mekaar stories van toe iemand julle onverwags gehelp het. Wat het dit vir julle beteken?

Lees saam Lukas 10:25-37.

Gesels saam:

  • Het jy al beleef dat mense by ander in nood verbystap?
  • Die priester en die Leviet het in die tempel gewerk. Die Joodse wette het bepaal dat hulle nie aan dooies mag raak nie en net in sekere situasies aan bloed mag raak. Dalk het die priester en die Leviet hierdie bepalings gebruik as ’n verskoning om die gewonde man nie te help nie. Hulle het egter die bedoeling van die wet verkeerd verstaan. Watter verskonings gebruik ons om ander mense nie te help nie?
  • Ons kan nie almal wat in nood is, help nie. Daar is net te veel nood rondom ons. Soms kan ons onsself onnodig in gevaar stel wanneer ons op die verkeerde plekke probeer help. Maar waar sien julle nood raak waarmee julle wel kan help?

Hou ’n fliekaand en kyk Tangled. Die onwaarskynlikste mense help Rapunzel op die end. Wat leer jy uit hierdie fliek?

Dink saam aan iemand (dalk ’n gesin) wat deur ’n moeilike tyd gaan. Hoe kan julle vir hulle ’n ’n naaste gaan wees? Wat kan julle doen om te help?

Voorskool

 

 

 

Gebruik die magnete om te wys dat hulle mekaar wegstoot as hulle op ’n sekere manier na mekaar toe gedraai word, en mekaar nadertrek wanneer hulle omgedraai word.

Wys die prente van mense wat verskil ten opsigte van geslag, ras, taal, en so meer. Plak twee van dié prente op die twee magnete en draai die magnete só dat die mense in die prente mekaar wegstoot. Hou elke magneet styf vas sodat hulle nie self kan omspring nie.

Verduidelik dan vir die kinders: As ek hierdie twee magnete só vashou, lyk dit of hulle groot vyande is. Hulle stoot mekaar weg. Wat kan gebeur as die een sou besluit om anders op te tree? Draai die een magneet om sodat die magnete mekaar aantrek.

Kom ons kyk nou weer na die prente van die mense wat van mekaar verskil en mekaar wegstoot. Die magnete kon leer om van mekaar te hou omdat ek een van hulle omgedraai het. Dit is amper hoe vandag se storie werk.

 

 

 

Laat die kinders die verhaal in Lukas 10:25-37 (die barmhartige Samaritaan) opvoer. Kies kinders om die verskillende karakters te wees. Vertel die verhaal terwyl hulle dit opvoer. (Maak net seker die rowers maak nie die reisiger regtig seer nie.)

 

 

 

Deel vir elke kind die aktiwiteitsblad uit. Laat hulle die verskillende paadjies met hulle vingers volg. Watter een van hierdie drie paadjies is die Samaritaan se pad? Trek dié paadjie met ’n groen kryt.

 

 

 

Gaan vertel by die huis die storie van die barmhartige Samaritaan. Hierdie verhaal leer ons dat ons goed moet wees vir ander mense. Ons weet almal is nie altyd gaaf met ons nie en ons moet versigtig wees vir vreemdelinge. Maar ons kan leer om mooi op te tree teenoor ons familie en maats en om vir mense om te gee wanneer dit sleg gaan met hulle.

Graad 1-3

Gebruik die magnete om te wys dat hulle mekaar wegstoot as hulle op ’n sekere manier na mekaar toe gedraai word, en mekaar nadertrek wanneer hulle omgedraai word.

Wys die prente van mense wat verskil ten opsigte van geslag, ras, taal, en so meer. Plak twee van dié prente op die twee magnete en draai die magnete só dat die mense in die prente mekaar wegstoot. Hou elke magneet styf vas sodat hulle nie self kan omspring nie.

Verduidelik dan vir die kinders: As ek hierdie twee magnete só vashou, lyk dit of hulle groot vyande is. Hulle stoot mekaar weg. Wat kan gebeur as die een sou besluit om anders op te tree? Draai die een magneet om sodat die magnete mekaar aantrek.

Kom ons kyk nou weer na die prente van die mense wat van mekaar verskil en mekaar wegstoot. Die magnete kon leer om van mekaar te hou omdat ek een van hulle omgedraai het. Dit is amper hoe vandag se storie werk.

Jesus het die gelykenis van die barmhartige Samaritaan vertel en toe gevra: “Wie van hierdie drie is volgens jou die naaste van hom wat onder die rowers verval het?” (Luk 9:36). Die wetgeleerde het geantwoord: “Die man wat aan hom medelye bewys het” (9:37). Medelye beteken “om saam swaar te kry” (mede = saam; lye = ly of swaarkry).

Laat die kinders die verhaal in Lukas 10:25-37 (die barmhartige Samaritaan) opvoer. Kies kinders om die verskillende karakters te wees. Vertel die verhaal terwyl hulle dit opvoer. (Maak net seker die rowers maak nie die reisiger regtig seer nie.)

Deel vir elke kind die aktiwiteitsblad uit. Laat hulle die verskille tussen die twee prente soek.

Gesels saam:

  • Dink ’n bietjie oor wie jou naaste is.
  • Gaan jy mense wegstoot of nadertrek?


Gaan vertel by die huis die storie van die barmhartige Samaritaan. Hierdie storie leer ons dat ons goed moet wees vir ander mense. Ons weet almal is nie altyd gaaf met ons nie en ons moet versigtig wees vir vreemdelinge. Maar ons kan leer om mooi op te tree teenoor ons familie en maats en om vir mense om te gee wanneer dit sleg gaan met hulle.

Graad 4-6

Gebruik die magnete om te wys dat hulle mekaar wegstoot as hulle op ’n sekere manier na mekaar toe gedraai word, en mekaar nadertrek wanneer hulle omgedraai word.

Wys die prente van mense wat verskil ten opsigte van geslag, ras, taal, en so meer. Plak twee van dié prente op die twee magnete en draai die magnete só dat die mense in die prente mekaar wegstoot. Hou elke magneet styf vas sodat hulle nie self kan omspring nie.

Verduidelik dan vir die kinders: As ek hierdie twee magnete só vashou, lyk dit of hulle groot vyande is. Hulle stoot mekaar weg. Wat kan gebeur as die een sou besluit om anders op te tree? Draai die een magneet om sodat die magnete mekaar aantrek.

Kom ons kyk nou weer na die prente van die mense wat van mekaar verskil en mekaar wegstoot. Die magnete kon leer om van mekaar te hou omdat ek een van hulle omgedraai het. Dit is amper hoe vandag se storie werk.

Gesels saam:

  • Dink ’n bietjie oor wie jou naaste is.
  • Gaan jy mense wegstoot of nadertrek?

Jesus het die gelykenis van die barmhartige Samaritaan vertel en toe gevra: “Wie van hierdie drie is volgens jou die naaste van hom wat onder die rowers verval het?” (Luk 9:36). Die wetgeleerde het geantwoord: “Die man wat aan hom medelye bewys het” (9:37). Medelye beteken “om saam swaar te kry” (mede = saam; lye = ly of swaarkry).

Lees saam Lukas 10:25-37.

Gesels saam:

  • Wat doen die mense wat afkom op die man wat aangeval is? Hoekom dink jy doen hulle dit?
  • Vertel vir mekaar stories van mense wat julle al sien swaarkry het.
  • Ons kan nie almal wat swaarkry, help nie. Party mense misbruik ook ander se hulp. Jesus vra egter van ons om ’n naaste vir ander te wees. Dit beteken ons help ander mense op die manier wat vir ons moontlik is. Dink aan mense wat die afgelope week oor jou pad gekom het (by die skool of by die huis). Hoe kan jy hulle help?

Deel die aktiwiteitsblad uit. Laat die kinders die ontbrekende woorde invul en die woord ontdek wat uiteindelik gevorm word. Die letters in die blokkies kom in die vetgedrukte blokkies van die blokraai.

Toe sê Jesus vir hom: “ _ _ _ maak jy ook so.”Hy het twee muntstukke uitgehaal en vir die eienaar van die herberg gesê: “_ _  _ vir hom.”
Die man wat vir Jesus wou vasvra, was ’n _ _  _ _ _ _ _ _ _ _ .
Toe die Samaritaan die man langs die pad sien lê, het hy hom innig  _ _  _ _ _  gekry.
Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele  _ _ _ , met jou hele siel en met al jou _ _  _.
Die tweede vraag wat die wetgeleerde vir Jesus gevra het, het oor sy _  _ _ _ _  gegaan.Een van die verbylopers was ’n _  _ _ _ _ _ _.
Die man was op pad na hierdie dorp. _ _ _  _ _.
Die Samaritaan het die man se wonde _ _ _  _ _ _.

Die antwoorde:
gaan
sorg
wetgeleerde
jammer
hart en krag
naaste
priester
Jerigo
verbind

Die letters wat die nuwe woord vorm: g–r–t–m–h–a–a–r–i–b. Dit spel barmhartig.
Skryf nou die woord barmhartig neer in die blok met die hart.

In die fliek Evan Almighty is Evan ’n politikus met die leuse: Ek wil die wêreld verander. Dan onderbreek die karakter wat God verteenwoordig sy planne met ’n vreemde opdrag. Hy moet ’n ark bou, net soos Noag in die Bybel. Op die ou end ontdek Evan watter goeie dinge met hom en sy gesin gebeur het terwyl hulle die ark gebou het. Die karakter wat God voorstel, vertel vir Evan dat die woord ark ’n akroniem is. Dit staan vir Act of Random Kindness. As ons die wêreld wil verander, moet ons met klein dade begin.

Ons gaan nou vir mekaar ’n ARK-uitdaging gee. Watter klein en onverwagte goeie dade kan ons aan ander mense bewys? Stel saam ’n uitdaging vir die week op. Almal in die groep moet dit gaan doen en volgende week kom vertel wat gebeur het. Hier is voorbeelde: Was die skottelgoed sonder dat iemand jou vra. Gee kos vir ’n honger persoon. Tel al die rommel op die skoolterrein op.

Graad 7-10

Gebruik die magnete om te wys dat hulle mekaar wegstoot as hulle op ’n sekere manier na mekaar toe gedraai word, en mekaar nadertrek wanneer hulle omgedraai word.

Wys die prente van mense wat verskil ten opsigte van geslag, ras, taal, en so meer. Plak twee van dié prente op die twee magnete en draai die magnete só dat die mense in die prente mekaar wegstoot. Hou elke magneet styf vas sodat hulle nie self kan omspring nie.

Verduidelik dan vir die jongmense: As ek hierdie twee magnete só vashou, lyk dit of hulle groot vyande is. Hulle stoot mekaar weg. Wat kan gebeur as die een sou besluit om anders op te tree? Draai die een magneet om sodat die magnete mekaar aantrek.

Kom ons kyk nou weer na die prente van die mense wat van mekaar verskil en mekaar wegstoot. Die magnete kon leer om van mekaar te hou omdat ek een van hulle omgedraai het. Dit is amper hoe vandag se storie werk.

Gesels saam:

  • Dink ’n bietjie oor wie jou naaste is.
  • Gaan jy mense wegstoot of nadertrek?

Jesus het die gelykenis van die barmhartige Samaritaan vertel en toe gevra: “Wie van hierdie drie is volgens jou die naaste van hom wat onder die rowers verval het?” (Luk 9:36). Die wetgeleerde het geantwoord: “Die man wat aan hom medelye bewys het” (9:37). Medelye beteken “om saam swaar te kry” (mede = saam; lye = ly of swaarkry).

Ons lees vandag ’n baie bekende storie, die gelykenis van die barmhartige Samaritaan. Die priester en die Leviet het in die tempel diens gedoen. Hulle het gedink die lewe gaan daaroor om wette te gehoorsaam, maar Jesus sê hulle mis die bedoeling van die wet. Die wet gaan oor liefde en om goed te doen aan ander.

Lees saam Lukas 10:25-37.

Gesels saam:

  • Die Jode en Samaritane het niks van mekaar gehou nie. Die Joodse luisteraars het dalk verwag dat Jesus vir hulle sou sê hulle hoef net ander Jode lief te hê. Hoe daag Jesus hierdie siening uit?
  • Vertel vir mekaar stories van mense wat julle al sien swaarkry het.
  • Ons kan nie almal wat swaarkry, help nie. Party mense misbruik ook ander se hulp. Jesus vra egter van ons om ’n naaste vir ander te wees. Dit beteken ons help ander mense op die manier wat vir ons moontlik is. Dink aan mense wat die afgelope week oor jou pad gekom het (by die skool of by die huis). Hoe kan jy hulle help?

Gee vir ses vrywilligers elkeen ’n kaart (die ses velle papier met die ses woorde afsonderlik op elke vel papier neergeskryf). Terwyl die vrywilligers hulle woorde vir die groep wys, verduidelik hulle aan die groep hoe hulle dink dit moet wees om regtig baie honger of dors te wees, om soos ’n vreemdeling te voel, om nie klere te hê nie, om baie siek te wees of om iewers vergete te sit.

Gesels saam:

  • Het julle al so iets self ervaar of sien gebeur? Vertel vir mekaar daarvan.

In die fliek Evan Almighty is Evan ’n politikus met die leuse: Ek wil die wêreld verander. Dan onderbreek die karakter wat God verteenwoordig sy planne met ’n vreemde opdrag. Hy moet ’n ark bou, net soos Noag in die Bybel. Op die ou end ontdek Evan watter goeie dinge met hom en sy gesin gebeur het terwyl hulle die ark gebou het. Die karakter wat God voorstel, vertel vir Evan dat die woord ark ’n akroniem is. Dit staan vir Act of Random Kindness. As ons die wêreld wil verander, moet ons met klein dade begin.

Ons gaan nou vir mekaar ’n ARK-uitdaging gee. Watter klein en onverwagte goeie dade kan ons aan ander mense bewys? Stel saam ’n uitdaging vir die week op. Almal in die groep moet dit gaan doen en volgende week kom vertel wat gebeur het. Hier is voorbeelde: Was die skottelgoed sonder dat iemand jou vra. Gee kos vir ’n honger persoon. Tel al die rommel op die skoolterrein op.

Afstandkategese

Aanvullende materiaal om op sosiale media (Whatsapp, Facebook, ens) te deel wanneer fisiese byeenkomste nie haalbaar is nie. Onder elke prent is ‘n boodskap wat jy op sosiale media (soos Whatsapp) kan uitstuur saam met die grafika.

Kernwaarheid

Stuur hierdie prent aan die hele gemeente om die kerngedagte in te lei.

Die onderstaande teks is buitelyne van ‘n moontlike huisgeloof-video wat julle self kan opneem en aan gesinne stuur.

Inleiding: Vertel vir mekaar stories van toe iemand julle onverwags gehelp het. Deel ook met mekaar wat dit vir julle beteken het.

Bybelgedeelte: Lees Lukas 10:25-37 saam.

Verduideliking: ‘n Wetgeleerde het op ‘n dag vir Jesus gevra wat hy moet doen om die ewige lewe te verkry. Jesus se antwoord was: “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag en met jou hele verstand, en jou naaste soos jouself.” Die wetgeleerde se volgende vraag gaan dan oor wie presies sy naaste is. Jesus gebruik die gelykenis van die barmhartige Samaritaan om die wetgeleerde se vraag se beantwoord. Jesus se antword moes vir die wetgeleerde en Jode skokkend gewees het. In die verhaal is dit juis ‘n Samaritaan, ‘n man uit ‘n volk waarvan die Jode nie gehou het nie, wat reg optree en vir die Joodse man ‘n naaste is. Met hierdie verhaal verduidelik Jesus jou naaste is die mense wat oor jou pad kom en nodig het dat jy vir hulle ‘n naaste sal wees. Soms is onverwagte en onwaarskynlike mense vir ons ‘n naaste.

Aktiwiteit: Hou ‘n fliekaand en kyk Tangled. Let op dat Rapunzel op die ou end deur die onwaarskynlike mense gehelp word. Wat leer ons uit hierdie fliek?