Jesus-volgeling – Inhoudsopgawe

Picture of Tema Kategese
Existing members can log in to access this content. If you're not yet a member, consider signing up for Tema-kategese.

Sections

Lees hier

Jesus-volgeling: Geroep, gered, gestuur vorm deel van die Temakategese-reeks wat vir hoërskoolleerders ontwikkel is. Die temas in hierdie boek is gekies en saamgestel uit die Real lewe-reeks. Dit is ideaal om in kategese, omgeegroepe vir jongmense of by jeugkampe te gebruik. Dit is ’n wonderlike hulpmiddel vir mense wat in kwartaal-reekse of seisoen-siklusse met jongmense wil werk.

Die Tema-reeks is spesiaal ontwikkel vir jongmense

  • om aan hulle geloof diepte te gee sodat dit hulle lewe stewig kan anker.
  • om aan hulle hulpmiddels te gee wat hulle sal help om die uitdagings van die lewe suksesvol aan te pak.
  • om hulle te help om in hulle verhouding met die Here met ’n roeping en ’n droom te leef.

Elke ontmoeting bestaan uit ’n paar elemente of “rubrieke”:

  • Inleiding
  • Wat sê die Bybel?
  • Dink terug
  • Dink vooruit
  • Vat saam

Die 10 ontmoetings in hierdie boek skep vir die jongmense die geleentheid om oor die lewe as dissipels van Jesus te gesels. Ons hoop dit sal hulle toerus om met passie deel van God se span te word.

Wat het jy nodig om hierdie ontmoetings aan te bied?

  • Die riglyne vir elke ontmoeting vir die aanbieder (Jesus-volgeling Leiersgids). Jy kan dit aflaai.
  • Die gespreksblad vir elke ontmoeting vir die jongmense. Jy kan dit aflaai.
  • Die app.

App logo. Beelddaer en Jesus-volgeling

Die app
Die inhoud van Jesus-volgeling: Geroep, gered, gestuur is met ’n app geïntegreer. Besoek gerus https://reallewe.bybelmedia.org.za/ om die app af te laai.

Alle hulpmiddels soos video’s, klanksnitte, foto’s en ekstra inligting vir die groep en die fasiliteerder is op die app beskikbaar. Dit kan maklik op ’n selfoon of rekenaar gekyk of gelees word.

Moedig die jongmense aan om die app op hulle selfone af te laai en hulle fone saam te bring na elke ontmoeting. Hulle kan dan tydens die ontmoeting op hulle selfone na die elektroniese hulpmiddels kyk. Moedig hulle ook aan om elke week die app te besoek om te kyk watter hulpmiddels daar gelaai is om hulle in hulle geloofsgroei te ondersteun.

© Missio 2024 | All rights reserved.