Inleiding tot ’n Seisoen van die Skepping

Picture of Woord en Fees

Inleiding tot ’n Seisoen van die Skepping

Inleiding

Daar is meer en meer kerke, vanuit verskillende konfessionele tradisies regoor die wêreld, wat ’n Seisoen van die Skepping in Koninkrykstyd huldig, veral in die tyd na 1 September elke jaar. Dit volg op ’n voorstel in die verband van die Ekumeniese Patriarg Dimitri I van die Ortodokse kerk in 1989. In ’n aanbeveling van die Sentrale Komitee van die Wêreldraad van Kerke na aanleiding van die Wêreldberaad vir Volhoubare Ontwikkeling (Johannesburg 2002) word kerke ook aangemoedig om 1 September elke jaar af te sonder as ’n dag van gebed vir die skepping en volhoubaarheid. Sedertdien het kerke in Australië, Nieu-Seeland, die Fillipyne en die VSA gekom met inisiatiewe om liturgiese materiaal te ontwikkel vir só ’n Seisoen van die Skepping (sien www.seasonofcreation.com). Die European Christian Environment Network nooi insgelyks alle kerke in Europa uit om ’n “Time for Creation” te vier in die tydperk van 1 September tot die tweede Sondag in Oktober. Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke het in Februarie 2007 ingestem dat ’n Seisoen van die Skepping by die kalender toegevoeg word en die Network of Earthkeeping Christian Communities in South Africa ondersteun ook hierdie voorstel. So ’n “Seisoen van die Skepping”, saam met die viering van Omgewingsondag (3 Junie 2012) en verskeie ander kerklike feesdae, kan kerke in Suid-Afrika inderdaad help om hierop te fokus.

God se groot werk met die aarde kan verwoord word onder die temas van skepping, geskiedenis, sonde, God se sorg, verlossing, kerk en sending, en voleindiging. In die “Seisoen van die Skepping” staan ons, heel gepas in Koninkrykstyd, stil by die tema van die skepping. God se skepping is vir lank verstaan as bloot die verhoog waarop die drama van verlossing tussen God en mens afspeel. Die ekologiese krisis het ons gehelp om met nuwe oë te kyk na God se gawe van die skepping, na die gevolge van die mens se sonde vir die skepping en na die verlossing van die skepping, saam met die mens.

Daar is talle gedeeltes in die Bybel wat met God se skepping te make het. Hier kan ’n mens dink aan geliefkoosde tekste soos Genesis 1, 2 en 9, Psalm 8, 19 en 104, Jesaja 40-66, gedeeltes uit Jesus se bergrede, Romeine 8, Kolossense 1 en Openbaring 21. Daar is egter nog veel meer as dit ter sprake. Wanneer mens die Bybel lees met ’n lens wat jou sensitief maak vir verwysings na dit wat aards is, dan ontdek jy gou-gou dat die Bybel tot barstens toe daarvan vol is. Dit help jou om te sien dat daar op elke bladsy van die Bybel gepraat word van berge en heuwels, lig en lug, grond en water, riviere en die see, wind en vuur, lewe en sterwe, plante en bome, diere en voëls, en dan ook oor die mens. Dit gaan nie net hier oor iets interessants wat die Bybel byvoorbeeld oor bome te sê het nie. Elkeen van hierdie temas kan ’n mens help om die hele boodskap van Bybel vanuit ’n ander oogpunt te verstaan – juis omdat die hele drama van skepping, sonde, verlossing en voleindiging ook met (byvoorbeeld) bome te make het. Heel dikwels, as mense dit dan nie wil doen of verstaan nie, dan is dit berge of bome wat God se Woord bring. ’n Mens sou daarom kon sê dat elkeen van hierdie temas vir ons kan help om vanuit ’n nuwe hoek na die hart van die evangelie te kyk.

In die “Seisoen van die Skepping” kyk ons elke jaar na een spesifieke tema. Hier is ’n voorstel vir die vier Sondae in September 2014, naamlik om na die psalmsiklus te kyk: Psalm 149, 114, 105:1-6, 37-45, 78:1-4, 12-16. Daar is vier motiewe wat in al vier die psalms aanwesig is:

  • God is die God van die hulpelose, die slagoffer, die verdrukte – Psalm 149:4; 114:1; 105:4; 78:1-4, maar ook 17.
  • Israel/Jakob/Juda is God se uitverkore volk (hulle is as ’t ware gekies vir God se span, ten spyte van hulle gebreke!) – Psalm 149:1, 5; 114:1-2; 105:6, 43; 78:1.
  • Die ander volke/vyande word daarom eenkant toe geskuif, hulle grond word afgevat, hulle word verslaan en selfs verneder – Psalm 149:6-7; 114:1-2; 105:1, 44; 78:12.
  • Die hele aarde word betrek by die loflied – Psalm 149:3; 114:7; 105:6, 41; 78:13-15.

Nie een van die eerste drie motiewe is deesdae besonder gewild nie. Ons steun dalk die “underdogs” en help soms slagoffers, maar verkies om te glo dat God aan die kant van stabiliteit in die samelewing is. Ons verkies ’n meer onpartydige God en kla graag oor skeidsregters wat kant kies. Ons verstaan nie die aggressiewe toon waarmee die Psalms oor die vyande van Israel praat nie. Het God dan vyande? Sluit dit ons ook in? Met die wyse waarop die aarde hierby betrek word het ons min of meer vrede.

Hier is nou ’n waagmoedige voorstel wat bes moontlik in die tyd saam met die kinders benut kan word, want dit is dalk net hulle wat genoeg verbeelding sal hê. As die hele aarde die psalm saamsing (soos wat die tekste immers aandui), dan is daar seker ook renosters wat kan sing, of hoe? En is God dan nie ook die God van renosters nie? Of eerder van stropers? Veronderstel jy was ’n groot ou renoster wat ’n ruk terug net-net ontsnap het van ’n magtige bende stropers wat jou wou doodmaak om jou horings te kry. En nou staan jy lekker en wei in jou nuwe habitat, maar jy bly maar benoud. Hier is nou die moeilike vraag: Hoe sal jy die betrokke vier lofpsalms in renostertaal oorklank?

Dalk kan die predikant dit self probeer doen op 7 September (sodat die kinders daarvoor kan lag) en dan die kinders uitdaag om iets beter voor te berei (tydens kategese?) vir die ander drie weke.

In die lig hiervan kan die grootmense dalk intussen oor die volgende verdere vrae nadink oor God se uitverkorenes, ook in die lig van die Nuwe Testament se getuienis. Is God die God van renosters? Omdat hulle so sterk is? Of omdat hulle muti so duur is? Of omdat hulle so bedreig word? Kies God kant vir die renosters teen die stropers? Is God net die God van renosters of ook van die ander soorte diere? En van die gras wat die renosters vreet? Ook van daardie twee-been diere (“featherless bipeds”, aldus Betrand Russel)? Ook van jou en my? Of hou God net van sekere soorte mense? En wat van die stropers? En wat daarvan as ons eintlik self ook renosters stropers geword het, direk of indirek? En wat as ons nou nie juis renosterstropers is nie, maar nietemin soos stropers deur die lewe gaan om in te palm wat ons kan? Kan ons dan nog die psalm saamsing? Kan die renosters ons dalk leer om weer die soort psalms te waardeer?

Sections

© Missio 2024 | All rights reserved.