Inleiding tot koninkrykstyd

Picture of Woord en Fees

Inleiding tot koninkrykstyd

Inleiding

Die eerste deel van die kerklike jaar volg die lewensgang van Jesus Christus en die kerklike feesdae wat daaruit vloei. Advent, Kersfees en Epifanie gevolg deur die Paassiklus – lyding, sterwe en opstanding van Jesus Christus tot met die uitstorting van die Heilige Gees op Pinkstersondag.

Die tweede deel begin by die eerste Sondag na Pinkster (Drie-eenheidsondag) en loop deur tot by die Sondag van Christus die Koning (Die Sondag voor Advent). Hierdie deel van die kerklike jaar is vroeër aangedui as die “Feesdae na Pinkster” of die “gewone” Sondae wat volg na Pinkster. Hierdie Sondae van die kerklike jaar is natuurlik nie “gewoon” nie omdat elke Sondag van die jaar steeds ’n feesdag van Jesus se opstanding is.

In die Rooms-Katolieke tradisie is hierdie Sondae, veral sedert die Tweede Vatikaanse Konsilie, aangedui as die “Seisoen na Epifanie” en die “Seisoen na Pinkster”. Dit is ook so deur die RCL oorgeneem. Die uitdrukking “Koninkrykstyd” het veral in die Protestantse tradisies posgevat. Dit word so deur die Leesroosterprojek gehandhaaf.

Karakter van Koninkrykstyd
Koninkrykstyd is die tyd tussen Pinksterfees en Advent. Dit begin met Drie-eenheidsondag wanneer ons met verwondering, aanbidding en lof die drie-enige God, soos Hy aan ons bekend geword het in die geboorte, lyding en opstanding van Jesus, aanbid.

Koninkrykstyd word afgesluit met Sondag van Christus die Koning. Tydens hierdie feesdiens val die klem op Christus die Koning wat as Regter terugkeer by sy wederkoms. Op die drie Sondae wat onmiddellik daaraan voorgaan, word nagedink oor die wederkoms van Jesus Christus. Dit word in die Leesroosterprojek as eenheid behandel en van ’n basisliturgie voorsien.

Die volle omvang van God se koninkryk – verlede, hede en toekoms – word in herinnering geroep. Daar word in dié tyd telkens gevra hoe die gemeente met dankbaarheid op die voorafgaande feesseisoene, Advent, Lyding, Pase en Pinkster kan antwoord.

Na die feesseisoene het ons in die kerklike jaar ook tyd nodig om net daar te wees, om dit wat ons glo in te oefen en om na die beweging van die Gees te luister terwyl ons as God se mense in hierdie wêreld leef. Die liturgie op Sondag moet ons telkens ’n nuwe week in dra en help  om die evangelie van Jesus voluit te leef.

“Alreeds” en “nog nie”Die “alreeds” en “nog nie” van die koninkryk van God moet ook voortdurend tydens hierdie seisoen beklemtoon word. God se koninkryk is reeds deel van ons werklikheid. Nou leef ons dit wat voorafgegaan het.

Dit word in die eerste deel van Koninkrykstyd deur die viering van die doop en die doopherinnering weer en weer beleef. Ons is reeds seker, maar word ook telkens opnuut deur die doop verder verseker van alles wat Christus vir ons gedoen het en dat Hy in ons leef en woon.

In die tweede deel van Koninkrykstyd verskuif die fokus na dit wat God nou doen en gee, hoe ons daarvan deel is en daaraan deelneem. Ons is deur God se genade medewerkers aan die koms en realisering van God se koninkryk in die wêreld. Ons reik uit na die wêreld met God se liefde en erbarming, veral na hulle in nood. Daarom fokus ons in hierdie tyd ook op barmhartigheid en die skepping.

Daar is ook die “nog nie”-aspek van die koninkryk. Hierdie aspek kry in die laaste deel van die seisoen aandag. “Ons het ’n nuwe koers ingeslaan en tog verwag ons iets nuut.” Die toekomskarakter kry aandag, maar daar is ook ’n mate van voorbereiding vir Adventstyd wat net hierna volg. Daarom is daar in die derde deel van die seisoen ook ’n toespitsing op  die wederkoms van die Here. So word ’n natuurlike vloei van Koninkrykstyd na Advent verkry.

Die “nog nie”-aspek kan in soveel woorde ook omskryf word as die missionale karakter van Koninkrykstyd.

Liturgiese kenmerke van Koninkrykstyd

Kleure
Groen en skakeringe van groen is die oorheersende kleure van die seisoen. Op Drie-eenheidsondag en Sondag van Christus die Koning is dit goud en wit. Op Hervormingsondag word rooi gebruik as simbool van die bloed van die Protestantse martelare. Ons in die Suidelike Halfrond is in die gelukkige posisie dat die latere deel van Koninkrykstyd in ons lente- en somerseisoen val wat dit moontlik maak om die liturgiese ruimte en die kerk in geheel, simbolies met groen te kan versier. In die Seisoen van die Skepping sou mens ook baie met bloeisels en helderkleurige blomme kon doen om die skepping te vier.

Simbole
Die bekendste simbool vir hierdie seisoen is die visserskuit op die see met die kruis as mas. Ander simbole is die oop Bybel, die Lam met ’n septer of staf, ’n koringaar, die Drie-eenheiddriehoek, die drie sirkels wat die eenheid uitbeeld, die fleur-de-lis, anker of visnet, veral naby die see. Die kroon word op Sondag van Christus die Koning as simbool gebruik en kan simbolies oor die bopunt van die kruis aangebring word.

Musiek
Daar is ’n rykdom van liedere in die Liedboek om in Koninkrykstyd te gebruik, waaronder Lied 190:2; 202:2; 266; 437; 488. In die Seisoen van die Skepping is daar byvoorbeeld etlike psalms wat op uitnemende manier God se skepping besing.

Lofliedere wat veral by Koninkrykstyd aanpas, is: Lied 284; 428; 471; 513; 588.

Feeste en ander besondere dae

In Koninkrykstyd is daar feeste en geleenthede waar besondere aspekte van ons geloof beklemtoon kan word:

Drie-eenheidsondag – die eerste Sondag na Pinkster –
In die Ou sowel as Nuwe Testament is daar verhale (beelde) wat hulle daartoe leen om die werking van God Drie-enig by lidmate te versterk en aan kinders tuis te bring. Die onderskeie verhale van elk Abraham, Isak en Jakob is voorbeelde van hoe God Drie-enig as God die Vader, die Seun en die Heilige Gees by ons elkeen se lewe betrokke is (Openbarings-triniteit).
Wéreldomgewingsdag – eerste Sondag van Junie
Jeugdag – 16 Junie
Bybelsondag – laaste Sondag in Oktober
Hervormingsondag – laaste Sondag in Oktober
Alle heiliges “All saints” – 1 November
Christus die Koning – laaste Sondag van November.

Koninkrykstyd 2016-2017

  • Daar word afgesien daarvan om een deurlopende basisliturgie vir die hele Koninkrykstyd aan te bied.
  • Dit word vervang met ’n volledige algemene inleiding tot Koninkrykstyd waarin daar onder meer aandag gegee word aan die karakter, liturgiese kenmerke en teologiese fokus van Koninkrykstyd.
  • By die keuse van die sleuteltekste, in ’n bepaalde jaar, word daar sover as moontlik reekse tekste gekies soos dit in die RCL navore kom.

Sleuteltekste vir 2016-2017
Die sleuteltekste sien hierdie jaar so daaruit:

  • Die eerste Sondag in Koninkrykstyd is Drie-eenheidsondag en val vanjaar op 11 Junie. Die sleutelteks kom uit Psalm 8. Dit is die bekende lofpsalm wat die werke van God in wonderlike poëtiese taal besing en die oorgang na Koninkrykstyd vorm. Sien veral Psalm 8 in Nuwe Testament en Psalms. ’n Direkte vertaling.
  • Dit is vanjaar weer Matteus se beurt in die kerklike jaar. Daar word op sestien Sondae sleuteltekste uit Matteus gebruik: die vier Sondae van Advent; Aswoensdag en die eerste Sondag in Lydenstyd; die laaste drie Sondae van Julie – drie gelykenisse; die vier Sondae van Augustus wat vanjaar weer as  Seisoen van Barmhartigheid aangebied word; 22 en 29 Oktober – Hervormingsondag en Sondag van Christus die Koning – 26 November.

Feesdienste en basisliturgieë
Koninkrykstyd word ingelui en afgesluit deur feesdienste, te wete Drie-eenheidsondag (11 Junie) en Sondag van Christus die Koning (26 Nov). Die sleuteltekste is onderskeidelik Psalm 8 en Matteus 25:31-46 en in beide gevalle word daar twee liturgiese voorstelle vir hierdie besondere feesdae voorsien.

Skepping en voleinding
Daar word steeds voorsiening gemaak vir ’n inleidng tot en ’n basisliturgie vir ’n Seisoen van die Skepping. Hierdie seisoen word nie noodwendig aan ’n bepaalde datum in Koninkrykstyd gekoppel nie en bied aan voorgangers meer vryheid om self te besluit wanneer hulle moontlik twee of meer Sondae aan sodanige seisoen wil afstaan. Die skrywers kies in hierdie twee gevalle self die tekste uit die tekste vir Jaar A waaronder ook die tekste vir September.

Die Seisoen van Voleinding begin op 5 November en ’n spesiale basisliturgie word vir hierdie seisoen voorsien. Verder is daar ook twee liturgiese voorstelle vir Hervormingsondag.

Daar is ook vier reekse wat elk van ’n inleiding/ basisliturgie (waar toepaslik) voorsien word:

  • Genesis – 18 Junie tot 19 Julie;
  • Die reeks oor drie gelykenisse uit Matteus – 16 tot 30 Julie;
  • Eksodus – 3, 10 en 17 September;
  • Filippense –  24 September tot 15 Oktober.

Sections

© Missio 2024 | All rights reserved.