Eerste Sondag na Epifanie

Picture of Woord en Fees

Eerste Sondag na Epifanie

Liturgiese voorstel

Leesroostertekste

Sleutelteks: Markus 1:4-11
Ander tekste: Genesis 1:1-5; Psalm 29; Handelinge 19:1-7

Inleiding

Hierdie Sondag se evangelielesing fokus op Jesus se doop deur Johannes. Al die ander tekste het ook te doen met elemente van die doop. In Handelinge 19 word Jesus se doop met dié van Johannes vergelyk; Psalm 29 besing God se magtige stem en Genesis 1 is die verhaal van die skepping waar God gespreek het (met ’n stem) en daar is geskep. By die skepping, soos met die doop, is God die Skepper, die Woord en die Gees betrokke.

Diensorde

God versamel ons voor Hom

Oproep tot lofprysing
Lees Psalm 29 soos volg.
Voorganger: vers 1
Gemeente: vers 2

Voorganger:  vers 3
Gemeente:  vers 4

Voorganger:  vers 5-6
Gemeente: vers 7

Voorganger:  vers 8-9
Gemeente:  vers 10

Voorganger: vers 11
Gemeente: Ons prys die Here.

Doop of doopherinnering
Hierdie is tradisioneel ’n doopsondag (sien basisliturgie). Die doopherinnering (sien hieronder) sou alleenstaande of saam met ’n doopgeleentheid gebruik kon word.

Doopherinnering
(Aangepas uit Preekstudies met liturgiese voorstelle 2011-2012 Paastyd)

Voorganger: Reeds vir Abraham, die vader van alle gelowiges, het die Here gesê: “Ek bring ’n verbond tot stand tussen My en jou en jou nageslag en al hulle geslagte. Dit is ’n blywende verbond: Ek sal jou God wees en ook die God van jou nageslag.” (Uittreksel uit doopformulier)
Gemeente: Die Here ons God, is die enigste Here.  Daarom moet jy die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag. (Deut 6:4-5)

Voorganger: Lees Markus 1:9-11.  Met die doop herinner God ons dat in Christus God ook vir óns as sy geliefde kinders aangeneem het.
Gemeente: Ek glo ek is God se kind.

Voorganger: Ons bely dat ons en ons kinders as sondaars in die wêreld kom.
Gemeente: Ons bely ons sondigheid.

Voorganger: Here vergewe ons.
Gemeente: Christus vergewe ons.

Voorganger: Die doop bevestig dat God ons in sy verbond insluit en dat ons sy kinders is.
Gemeente: Ons glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde.

Voorganger: In die doop word ons aan Christus verbind.
Gemeente: Ons glo in Jesus, sy eniggebore Seun, ons Here; wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore uit die maagd Maria; wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en ter helle neergedaal het; wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dode; wat opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader, van waar Hy sal kom om te oordeel die wat nog lewe en die wat reeds gesterf het.

Gemeente: Ons glo aan ’n heilige, algemene, Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges.

Voorganger: Christus het ons sonde deur sy bloed afgewas.
Gemeente: Ons glo in die vergewing van sonde.

Voorganger: Ons ou sondige lewe is saam met Christus gekruisig en ons het saam met Christus ander kant die graf opgestaan.
Gemeente: Ons glo in die opstanding van die vlees en ’n ewige lewe. Amen.

Voorganger: Mag ons as gedooptes daarom geloofwaardige beelddraers van die lewende Here wees.
Gemeente: Mag u ryk Heer in ons kom.  Mag u ryk Heer deur ons kom.  Mag u ryk Heer oral kom.

Voorganger: Die doop verseker ons dat God deur sy Gees in ons woon en ons daagliks so regeer dat ons hoe langer hoe meer sy beeld vertoon.
Gemeente: Ons glo in die Heilige Gees.

Voorganger: Die doop is die seël van ons inlywing in die kerk.

Diens van die Woord

Skriflesings

Skriflesing 1: Genesis1:1-5 (voorlesing deur  iemand wat nie gesien word nie).
Sing: Lied 254 x2 “Spreek Heer”

Skriflesing 2: Handelinge 19:1-7 (voorlesing deur twee mense wat voor in die aanbiddingsruimte sit).
Sing: Lied 254 x2 “Spreek Heer”

Skriflesing 3: Markus 1:4-11 (voorlesing deur voorganger).
Sing: Lied 254 x2 “Spreek Heer”

Kindertyd
Toy story 1 dien as ’n goeie illustrasie vir die doop.  Gebruik die videogreep waar Buzz ontdek dat Andy sy naam op Buzz se voet geskryf het en hom so gemerk het as sy eiendom. Verduidelik dat die doop ons op dieselfde manier merk omdat ons aan God behoort. ’n Verdere lyn sou kon wees waar die wete Buzz aanvuur tot aksie. Op dieselfde manier is ons doop, ons roeping om, in navolging van Jesus, werksaam te wees in God se koninkryk

Diens van die tafel

Toewyding
Jesus se doop was sy inlywing tot sy publieke bediening. Op dieselfde manier is ons doop ons roeping om in God se koninkryk werksaam te wees. Die begin van die jaar is die ideale tyd om mense weer bewus te maak van wyses waarop hulle prakties in die gemeente en gemeenskap hulle roeping kan uitleef. Doen ’n bekendstelling van die verskillende aksies en nooi mense om hulle te verbind tot verskillende bedieninge. Gee genoeg tyd vir stil word en nadenke hieroor. Mense kan ook genooi word om hulle “commitment” vir die jaar te bevestig deur vorentoe te kom en met die doopwater ’n kruisie op hulle hande te maak, deur die voorganger gesalf te word met olie of deur ’n kers aan te steek.

Uitsending

Lees die aankondigingsblaadjie as uitsending; en maniere om betrokke te raak.

Voorganger:  Die tyd het aangebreek vir ons hierwees en saamwees om vir eers tot ’n einde te kom. Mag ons krag ontvang om die uitdagings van ons lewe en die wêreld te omarm. Mag ons lewens van hoop lewe, ’n visie van heelheid koester en bedienaars van genesing wees in ’n stukkende wêreld
Gemeente:  Skenk aan ons wysheid. Skenk aan ons moed. Skenk aan ons vrede
(uit Hunt, A.E. “Liturgy for the Celebration of Life.” Rex A E Hunt)

Musiek en sang

Maak dwarsdeur die liturgie ruim gebruik van liedere uit die dooprubriek in die Liedboek.
Aanvangslied: Lied 157:1-2 “Here Jesus, ons is saam” of Lied 162:1-3 “U self het ons geroep, Heer”
Lofpyrsing: Lied 186:1 “Ons kom loof U as ons Vader”; Flam 104 “Weet jy nie, jy is ’n tempel”; Flam 15 “Kom ons loof en dank nou die Heer”
Doop: Lied 287:1-4 “By u verbondsbeseëling, Heer”; Lied 289:1-2 “Jesus, Heer, op wie ons hoop”
Geloofsbelydenis: Lied 292:1-2 “My enigste troos”
Aanbidding: Lied 177 “Jesus, groot bo almal”; Lied 454:1-3 “Vader, ons eer U”; Flam 5 “Daar is geen grens”
Toewyding: Lied 440:1-4 “Die Here salf ons met sy Gees”
Slotlied: Lied 290:1-4 “Dit is my troos dat ek gedoop is”

Preekstudie: Markus 1:4-11

Inleiding 

Tema: ’n Nuwe era word voorberei. Heilshistories word die episode van Johannes die Doper gesien as die oorgang van die Ou Testament na die Nuwe Testament. Die optrede van Johannes kondig die nuwe tyd aan – die begin van die eskatologiese gebeure. So word hy die “portaal figuur” vir Jesus Christus.

Teks

Vers 1-3: Om die oorgangsrol van Johannes die Doper te verstaan, moet vers 1-3 saamgelees word. Met die aanhaling uit Maleagi 3 teken Markus die koms van Jesus teen die agtergrond van die lank beloofde Ou-Testamentiese profesieë aangaande die koms van die Messias. “[P]ad vir jou regmaak” (kataskenazo – om gereed te maak, toe te rus, voor te berei, gereed te maak) verwys na die ou tradisie in die Ooste waar die intog van die koning lank vooruit al gereël word. Daarmee word gunstige omstandighede geskep vir die een wat kom om suksesvol te kan optree (vgl Luk 3:4-5). Simbolies beteken hierdie wegbereiding van Johannes ook die verwydering van alle geestelike hindernisse vir Jesus se onbelemmerde koms, ook in die harte van mense. Markus begin daarom reeds in vers 1 om die tema van sy brief aan te kondig, naamlik: Jesus Christus. Jesus (Jehova red) en Christus (Gesalfde) dui op Jesus se goddelikheid, asook op sy menslikheid en gestuurdheid. Die goeie nuus (objektiewe genitief – evangelie) gaan dus nie oor dit wat van Hom gepreek is nie, maar oor Homself.

Vers 4: Met die woordjie “so” (egeneto: so het gekom), trek Markus alles voorafgaande in. Getrou aan sy ruwe lewe en persoonlikheid, slaan Johannes sy eerste hou sommer reguit: Bekeer!

Die woestyn speel ’n belangrike rol by die Jode. Die woestyntyd is as genadetyd beskou (Hand 7:36; 13:18) en die tyd waarin God op ’n baie besondere wyse met sy volk gehandel het. Volgens oorlewering sou die Messias ook uit die woestyn verskyn (Hos 2:13; 12:10).

Verkondig (kerusso: om boodskapper te wees) het meer die betekenis van aankondig as preek. Hy moes aankondig dat die Koning op pad is.

Bekering (metanoia) het die voorvoegsel (meta) wat altyd veranderinge impliseer. In hierdie geval, verandering van gedagte. Dit gaan dus oor ’n bepaalde wilsbesluit om te verander en dus nie bloot net om spyt te wees oor jou sondes nie. Dit vra die oorgaan tot ’n totale nuwe lewenstoewyding aan en ’n nuwe verhouding met God. In die Ou Testament kom hierdie versoek baie keer en veral onder die profete voor (Jer 3:7,12,14; 4:1; 8:4-6). By hulle dra dit die betekenis om van die afgode af terug te keer tot God. Die bekering wat Johannes vra, sou die aanvang van die nuwe ryk van God of eindtyd inlei en aankondig. Die Jode was oortuig dat met die koms van die laaste dinge, daar ingrypende rigtingaanpassing (ommekeer) sou plaasvind. Daardeur sou die mens dan die nuwe ryk beërwe.

“Laat julle doop” (baptisma – om in ’n nuwe omgewing in te sit) is die doop tot bekering wat Johannes verkondig. Hierdie doop in die Jordaanrivier moet nie gesien word as ’n meer verhewe handeling as die res van sy werksaamhede nie. Dis eerder ’n bepaalde funksie in sy hele administrasie van werksaamhede. Die Jode was natuurlik bekend met rituele wassinge (Lev 11-15). Hier kom tog ’n groot eienaardigheid na vore as Johannes eintlik van hulle vra om die sogenaamde heidense proseliete doop te ondergaan. Dit was eintlik iets vreesliks om vir die vrome Jood te vra, maar hy wil daarmee laat blyk dat die Joodse identiteit as uitverkore volk nou nie meer genoegsaam was vir redding nie (Luk 3:8) en dat elkeen soos ’n verlore “heiden” voor God moet kom staan vir verlossing! Simbolies wys die doop na die afsterwe van die ou mens (in die water in) en die begin van die nuwe mens (uit die water uit) (Mark 10:38). Die doop wys na die verpligte reiniging, soos deur die profete versoek (Jes 1:16-18; Eseg 36:25-32; 37:23 en Ps 51:4), wat ’n vereiste was vir die aanbreek van die eskatologiese eindtyd. Johannes se doop word daarom ook genoem die “eskatologiese sakrament”. Hier kry ons eintlik ook die eerste spore van die latere kerk wat as die nuwe volk van God gevorm sou word na intense bekering en reiniging. Die kerk is immers die nuwe volk van God wat in die eindtyd versamel sal word.

“God sal julle sondes vergewe” (aphesin – om weg te stuur van jouself af). Dit verwys na die innerlike en geestelike verligting waarna die Jode so intens uitgesien het en wat deel was van die belofte van die eindtyd.   Johannes sê dus eintlik vir die volk: Die Eindtyd is hier! In Jesus Christus as die Een wat na my kom . . . Die Griekse sinskonstruksie impliseer hier dat God sondes vergewe, nie op grond van die doop nie, maar op grond van bekering.

Vers 5: Johannes se invloed strek wyd, van Judea tot Jerusalem. Mense stroom van oral oor. Let op die onvoltooide tydvorm. Daar was dus ’n voortdurende stroom en nie net een stormloop nie. Geen massahisterie of sensasionele nuuskierigheid nie. Geen massa-beïnvloeding nie. Interessant is ook dat alle klasse mense uitgegaan het na hom toe. Daar was Fariseërs en Sadduseërs (Matt 3:7); tollenaars (Luk 3:12); ryk en arm (Luk 3:10), asook soldate (Luk 3:14). “Na hom toe” (pros – wys na die direkte kontak met iemand of iets). Mense het na hom as persoon gestroom vir wat hy was en wat hy verkondig het; ’n eenvoudige bode van God, wat bekering verkondig het! Mense het individuele kontak met Johannes gemaak.

Bely (homologeo – om saam te praat / dieselfde te sê) gaan basies om ’n ooreenkoms wat direk met God aangegaan word, met al die implikasies wat dit mag inhou. Dis nie net ’n besef van sondes nie, maar die werklike erkenning en uit die weg ruim daarvan.

Vers 6: Johannes se “andersheid” staan uit en trek mense. Sy kleredrag, boodskap, optrede, onverskrok-kenheid, maak van hom eintlik ’n swak verkoopsman, maar tog het dit die effek van uitnemendheid. Johannes sou die perfekte keuse wees vir die hedendaagse TV-program, Survivor, want hy kan lewe van sprinkane, maar sou die heel eerste uitgestem word op grond van sy ongewilde en reguit uitlatings.

Vers 7: Die sentrale tema van sy preek is die nabyheid van die koms van die Seun. Hy wat sou kom is die Sterke (Jes 9:5) wat sal heers as die Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors. Teenoor hierdie Meerdere is hy die mindere, die slaaf wat nie eers waardig is om die Gas se skoene uit te trek nie! Hierdie Gas sou die nuwe era inlei en die oue afsluit. Hier is die eerste spore van die Kerk van Jesus Christus, die volgelinge van die Een wat sou kom ten tye van Johannes die Doper.

Vers 8: Johannes doop met water, maar Jesus sou met die Heilige Gees doop. Die waterdoop was maar net die teken of simbool van die afwassing van die sonde. Die doop met die Heilige Gees, daarenteen, is vanself die voltooiing en bevestiging van die vergifnis en die reiniging van die sonde. Die Ou Testament sien die Heilige Gees as die gawe van die Eindtyd (Joël 2:28; Jes 32:15; 44:3; Sag 12:10; Eseg 36:25-27; 37:14). Volgens Joodse beskouinge het die Heilige Gees met die laaste skrifprofeet, Maleagi, verdwyn. Die koms van die Seun breek dus die tyd van geestelike droogheid. Die Ou Testament sien die Messias as die “Geesdraer” by uitstek (Jes 11:2; 61:1).

Vers 9: Daar is ’n hele problematiek rondom die doop van Jesus. Markus  het geen probleem daarmee dat Jesus gedoop is nie, maar Matteus wel (Matt 3:13-15). Die probleem is dat Hy immers die sondelose was, maar tog, volgens Matteus, aangedring het daarop om gedoop te word. Waarom het Hy dit laat doen? Daar is verskeie moontlike antwoorde daarop: (1) Vir Hom was dit miskien die moment waarop Hy sy jong lewe as timmermanseun verruil het om sy aktiewe diens as Verlosser te begin; (2) dit kon ook wees dat Hy hierdie sakrament wou gebruik as teken van identifikasie van wie Hy is, naamlik die Gestuurde – die Messias en die Verlosser – soos aangekondig deur die Stem uit die Hemel; (3) Sommige kommentators meen ook dat Jesus se doop tegelykertyd ook sy persoonlike en openbare identifisering met die sondaarmens was, terwyl dit ook (4) vir Hom ’n geleentheid tot toerusting deur die Heilige Gees (duif) was.

Vers 10: Na die doop van Jesus volg die gebeure snel op mekaar. Dis asof die hele skepping bydra tot die grootsheid van die oomblik. Met die oopskeur van die Hemel is dit nie seker of almal dit kon sien nie. Volgens vers 10 blyk dit dat net Jesus dit gesien het. Weereens het die oopskeur van die Hemel ’n volgende eskatologiese betekenis. Volgens Jesaja 64:1 en Esegiël 1:1 is die oopgaan van die hemel ’n sigbare teken van die selfopenbaring van God in die Eindtye (vgl die betekenis van die oopskeur van die voorhangsel met die sterwe van Jesus, Matt 27:51). Markus gebruik die duif as ’n metafoor (hosei – soos ’n duif) wat ook ’n bekende beeld uit die Joodse geskiedenis is. So beskryf Genesis 1:2 die rol van die Heilige Gees in die skeppingsverhaal as Hy sweef oor die aarde. Noag gebruik ook die duif in die ark waar die duif se terugkeer ’n nuwe tydvak aandui. Hier word die Trinitariese karakter van God (Vader wat praat, Heilige Gees wat neerdaal en Jesus wat sy taak as Middelaar begin) duidelik uitgebeeld en druk daarmee die goddelike stempel op die werksaamhede van Jesus af. Die sigbare neerdaal van die Heilige Gees bevestig sy roeping as Middelaar tussen God/mens.

Vers 11. Die stem uit die hemel: “Jy is my Geliefde Seun”, ruim alle onsekerheid uit die weg oor wie Jesus is en deur Wie Hy gestuur is (Ps 2:7; Jes 42:1). Hier vind nog ’n nuwe klemverskuiwing plaas. In die Ou Testament is die volk Israel by verskeie geleenthede aangespreek as “My seun” (Eks 4:22; Hos 11:1). So ook die Israelitiese koning ( Ps 2:6-7; 2 Sam 7:14). Die fokus verskuif hier na Jesus as die ware Seun van God. Hy is die Seun van God omdat Hy van die Vader kom (Matt 11:25-27).

Konteks

In hierdie gedeelte speel eintlik twee tonele af. Die eerste toneel is die afsluiting van die ouere tydvak (OT) met die gebeure rondom die werksaamhede van Johannes die Doper. Die tweede toneel handel oor die aanvang van die nuwe tydvak (NT) met die doop van Jesus en die begin van sy aktiewe dienstyd. Tussen hierdie twee tonele vind ons die eintlike fokus van dié gedeelte, naamlik die “hoe” om hierdie twee pole te oorbrug. Johannes noem dit eenvoudig en reguit: bekering. So word Johannes die Doper, as laaste Ou-Testamentiese profeet (Matt 11:13), die oorgangsfiguur na Jesus Christus (Matt 11:9), die finale Profeet.

Johannes die Doper was nie daar ter wille van homself  nie, maar as gevolg van die groot heilsplan van God. Hy was maar net die voorloper. Dit wil Markus vir ons sê met die samevoeging van Eksodus 23:20, Maleagi 3:1 en Jesaja 40:3, in vers 2 en 3. Daarmee beklemtoon hy juis dat dit wat in Johannes gebeur het, deel was van God se plan wat reeds lank tevore opgestel is. Daarom word Johannes aan ons voorgestel as ’n baie eenvoudige skepsel; geklee met kameelhaar, ’n lyfband van leer met ’n dieet van sprinkane en veldheuning, terwyl hy in die onherbergsame woestyn optree. Dit gaan nie om Johannes nie, maar om Jesus (Mark 1:1). Die woestyn was wel ’n geografiese aanduiding van waar hierdie gebeure plaasvind, maar tog ook simbolies as die plek waar God al soveel keer die volk gelei, gevoed en toegerus het (uittog uit Egipte) en nou ook die nuwe era wil inlei (Kanaän). Johannes se kleredrag herinner skerp aan dié van Elia (2 Kon 1:8) en hy word tipeer as die laaste van die groep Ou-Testamentiese profete. Maar dit maak hom selfs meer as net ’n gewone profeet. Hy is die tweede Elia (Mark 9:11-13) wat volgens die Joodse verwagtinge, die Messias se koms sou voorafgaan. Daarom die vele ooreenkomste tussen Johannes en Elia (vgl Elia se vlug vir Isebel na die woestyn waar hy ’n besondere ontmoeting met God het en nuwe opdragte in 1 Kon 19:1-4; 8-18 ontvang, met Johannes se hele ervaring langs die Jordaanrivier).

Johannes stel dit onomwonde dat die enigste manier om van die ou bedeling na die nuwe oor te gaan deur opregte bekering is. Die Jode het op daardie stadium nie geweet wat dit alles behels nie, want die Messias wat sou kom was nie wat hulle aanvanklik verwag het nie. Johannes was nie die Messias nie, maar wel die Een wat ná Johannes sou kom, met al die implikasies wat dit inhou (Matt 16:24). Johannes se oproep tot bekering was dus nie ’n maklike bruggie waaroor elkeen sou kon gaan en outomaties kwalifiseer as deel van die nuwe bedeling nie. Hierdie oorgang is (vandag nog) gebaseer op ’n drastiese indiwiduele besluit wat elke persoon self moet neem. Nie almal sal hierdie koninkryk kan beërwe nie. Nou is daar nie meer ’n uitverkore volk (Jode) wat op grond van geboorte kwalifiseer vir die nuwe era nie. Toegang vind alleen plaas op grond van ’n definitiewe keuse wat elkeen moet maak, naamlik om Jesus persoonlik as Messias en Verlosser te aanvaar. Hierdie keuse sou die paspoort wees tot die nuwe bedeling (Kerk van Jesus Christus), maar sou terselfdertyd ook die uitsluiting vir baie beteken. Baie Jode sou Hom daaroor verwerp en selfs Johannes die Doper twyfel later daaroor (Matt 11:2-3). Dit sou plaasvind te midde van die feit dat die koms van die Messias deur die profete al vir soveel jare voorspel is. Tydens Johannes se optrede was dit vir baie egter ’n wonderlike vooruitsig en daarom stroom massas mense van alle klasse, soorte en uit alle gebiede na Johannes die Doper om deur hom gedoop te word.

Aan die ander kant van die toneel staan Jesus wat Hom op ’n verrassende en onverklaarbare rede laat doop, hoofsaaklik as identifisering met die mense waarvoor Hy gekom het, asook ten aanvang van sy verlossings-werksaamhede. Dit word bevestig deur die stem van sy Vader en met die  neerdaal van die Heilige Gees – alles duidelike tekens soos voorspel deur die profete aangaande die koms van die verwagte Messias.

Op die eerste Sondag van hierdie nuwe jaar staan elkeen van ons weer voor die keuse of ons die ou sondige bedeling wil behou en of ons die nuwe jaar wil ingaan met ’n vaste wilsbesluit van oorgawe en volle aanvaarding van Jesus as ons enigste en ware Verlosser en Messias. Hardkoppigheid en wêreldgesindheid laat miljoene by die oorgangsbruggie van bekering omdraai en so mis hulle die vreugde en blydskap van die nuwe bedeling saam met Jesus. Die besluit is miskien maklik, maar die implikasies so moeilik (Matt16:51).

Preekvoorstel  

Die uitdaging vir ’n preek oor hierdie gedeelte is om die hoorder bekend te stel aan die redes waarom Markus hierdie evangelieboek geskryf het (Mark 1:1), asook om dit van toepassing te maak op die soortgelyke behoeftes van elkeen vir vandag.

Wie hierdie Markus eintlik was, is onbekend. Daar was destyds vele Markusse. Tradisie wil dit egter hê dat hy Johannes Markus, die seun van Maria was in wie se huis hulle gewoonlik in Jerusalem bymekaar gekom het. Daar word verder vermoed dat hy heel waarskynlik as tolk vir Petrus opgetree het en so die herinneringe van Petrus vir die nageslag opgeteken het. Wat ons wel weet is dat hy ’n Christen-Jood was. Grieks was nie sy moedertaal nie. Markus is die oudste van die vier evangelies en is om en by 65-70 nC geskryf.

Die omstandighede van sy eerste lesers was moeilik en vol gevare. As sy eerste lesers Jode in Palestina was, dan is hierdie boek geskryf gedurende die spanningsvolle periode toe daar in ongeveer 70 nC oorlog tussen die Romeinse regering en opstandige Jode was, wat geëindig het met die val van Jerusalem. Indien die boek geskryf is vanuit Rome, was dit bedoel vir gelowiges wat gelewe het tydens die velle vervolgings onder keiser Nero, ook om en by 68-70 nC.

Die fokus was dus op gelowiges en daarom ook die Kerk, wat vervolg en bedreig was. Markus se antwoord is van die eerste vers af: Jesus is hier en Hy is die antwoord! Dit is vandag nog net so kontemporêr en van toepassing. Die probleem is terselfdertyd die oplossing: Bekering!

’n Moontlike indeling vir die prediking
A. Die tyd is ryp om ’n keuse te maak: begin van die jaar – baie ou dinge wat afgelê moet word. Ons omstandighede vandag is soortgelyk aan dié van die eerste lesers van Markus (vgl Joh se werksaamhede en Jesus se doop).

B. God maak die oorbrugging moontlik: God maak die pad vir ons gelyk deur Jesus Christus, sy geliefde Seun en enigste keuse: Jesus Christus. Die implikasies van bekering: Matteus16:51 en Openbaring 21:5.

C. Daar is geen ander alternatief as bekering (omkeer na God) nie: nie goeie werke of afstamming of uitstel nie.

Martin Luther King: “I have a dream that one day every valley shall be exalted, and every hill and mountain shall be low, the rough places will be made straight, and the glory of the Lord shall be revealed and all flesh shall see it together” (Jes 40:4-5).

Sections

© Missio 2024 | All rights reserved.