Eerste Sondag ná Epifanie

Sections

Oorsig

Die fokus val in Epifanieseisoen op die verskyning van God in ons leefwêreld. God se stem wat opklink deur profete en mense bemoedig – Jesaja 43; wat opklink deur die skepping – Psalm 29. Sy stem by Jesus se doop en Jesus se hele aardse bediening staan alles in die teken van God se verskyning. Na Pinkster klink God se stem op deur sy Gees wat in ons harte getuig dat ons sy kinders is.
In vandag se tekste word God se verskyning ook hoorbaar in die lewe van mense. Hier is God se kernwoord oor sy verskyning: Jy is myne.

Ander tekste

Psalm 29
Die stem van die Here is magtig
29 ’n Psalm van Dawid.
Prys die Here, julle hemelinge!
Prys die Here om sy eer en mag!
2Prys die Here
om die eer van sy Naam!
Buig voor die Here
by sy heilige verskyning!
3Die stem van die Here weerklink
oor die waters.
Dit is die magtige God
wat die weer laat dreun;
die Here self is op die groot waters!
4Die stem van die Here is magtig,
die stem van die Here is vol majesteit.
5Die stem van die Here
kloof die seders van die Libanon oop.
6Hy laat die Libanon
bokspring soos ’n kalf
en die Sirjon soos ’n jong bees.
7Die stem van die Here
laat weerlig uitslaan.
8Die stem van die Here
laat die woestyn bewe.
Die Here laat die Kadeswoestyn
bewe.
9Die stem van die Here
laat die wildsbokke ruk van skrik;
dit stroop die bosse kaal.
In sy paleis roep almal uit:
“Hoe geweldig!”
10Die Here heers oor die watermassas,
Hy heers vir altyd as koning.
11Die Here gee krag aan sy volk;
die Here seën sy volk met oorvloed.

Handelinge 8:14-17
14Toe die apostels in Jerusalem hoor dat die mense in Samaria die woord van God aanvaar het, het hulle vir Petrus en Johannes daarheen gestuur. 15Dié het toe gegaan en vir die mense daar gebid dat hulle die Heilige Gees mag ontvang, 16want die Gees het nog nie op een van hulle gekom nie; hulle was net in die Naam van die Here Jesus gedoop. 17Die apostels het hulle die hande opgelê, en hulle het die Heilige Gees ontvang.

Lukas 3:15-17, 21-22
15Die volk was vol verwagting, en almal het hulle begin afvra of Johannes nie miskien die Christus is nie. 16Daarop gee Johannes aan hulle almal die antwoord: “Ek doop julle met water, maar my meerdere kom, en ek is nie eers werd om sy skoene los te maak nie. Hy sal julle met die Heilige Gees en met vuur doop. 17Hy het sy skop in sy hand, en Hy sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak. Die koring sal Hy in sy skuur bymekaarbring, maar die kaf sal Hy met onblusbare vuur verbrand.”
18Ook oor baie ander dinge het hy dikwels die volk vermaan en die goeie boodskap aan hulle verkondig.
19Hy het ook vir Herodes, die heerser, tereggewys oor Herodias, die vrou van sy broer, en oor al die ander slegte dinge wat Herodes gedoen het. 20Maar Herodes het nog verder gegaan en Johannes in die tronk opgesluit.

Die doop van Jesus
(Matt 3:13–17; Mark 1:9–11)
21Toe al die mense hulle laat doop het, is Jesus ook gedoop, en terwyl Hy staan en bid, het die hemel oopgegaan 22en het die Heilige Gees in sigbare gestalte soos ’n duif op Hom neergedaal. Daar was ook ’n stem uit die hemel: “Jy is my geliefde Seun. Oor Jou verheug Ek My.”

Fokusteks

Jesaja 43:1-7
Jy is Myne
43 Luister, so sê die Here
wat jou geskep het, Jakob,
wat jou gevorm het, Israel:
Moenie bang wees nie, Ek verlos jou,
Ek het jou op jou naam geroep,
jy is Myne.
2As jy deur water moet gaan,
is Ek by jou,
deur riviere,
hulle sal jou nie wegspoel nie;
as jy deur vuur moet gaan,
sal dit jou nie skroei nie,
die vlamme sal jou nie brand nie,
3want Ek is die Here jou God,
die Heilige van Israel, jou Redder.
Ek gee Egipte as losprys vir jou,
Kus en Seba in jou plek.
4Omdat jy vir My kosbaar is,
omdat Ek jou hoog ag en jou liefhet,
gee Ek mense in jou plek,
volke in ruil vir jou lewe.
5Moenie bang wees nie,
Ek is by jou.
Ek bring jou kinders van die ooste af,
Ek maak hulle bymekaar
van die weste af,
6Ek sê vir die noorde: Gee!
vir die suide:
Moet hulle nie terughou nie!
Bring my seuns van ver af,
my dogters van die uithoeke
van die aarde af,
7elkeen wat na my Naam genoem word,
elkeen wat Ek geskep het tot my eer,
wat Ek gevorm het,
wat Ek gemaak het.
8Laat my volk hierheen kom,
die volk wat blind is, al het hulle oë,
wat doof is, al het hulle ore.
9Laat al die nasies bymekaarkom.
Al die volke moet teenwoordig wees.
Watter afgod kan hierdie dinge so aankondig?
Wie kon vooraf sê wat gebeur het?
Laat hulle hulle getuies bring
dat dié hulle saak bewys,
en dié wat luister,
kan sê: Dit is waar.
10Israel, julle is my getuies,
sê die Here,
en ook my dienaar wat Ek uitverkies het
sodat julle My kan ken en in My kan glo
en kan besef dat Ek die Here is.
Voor My was daar geen god nie,
en na My sal daar ook nie een wees nie,
11Ek, Ek is die Here,
buiten My is daar geen redder nie.
12Ék het die redding aangekondig
Ék het gered en dit laat verkondig,
Ek, nie ‘n ander god onder julle nie.
Julle is my getuies, sê die Here,
en Ek is God.
13Ook hierná is Ek nog God.
Uit my mag kan niemand
gered word nie.
Wat Ek doen,
kan niemand ongedaan maak nie.

Ekstra stof

Jesaja 42-43 – Die dienaar van die Here leer mense om God te ken
Dit help om die onderskeie perikope van hoofstuk 42 se boodskap van mekaar te onderskei. In 42:1-9 word oor die dienaar van die Here as individu gepraat wat God se verbond met die nasies is. In 42:10-17 word oor die verandering wat God bring gehandel. In 42:18-25 word oor die mislukte vervulling van Israel se taak as dienaar van die Here gehandel.

42:1-9: Hier word die dienaar van die Here as ‘n individu aangekondig wat deur God se Gees bemagtig word om sy wil aan die nasies bekend te maak. Sy karakter en bediening getuig van deernis – ‘n geknakte riet sal hy nie afbreek nie. Sy invloed sal strek tot aan die einde van die bekende wêreld (eilande).
Hierdie dienaar is God se verbond met sy volk. Deur sy bediening sal blindes sien en gevangenes uit die tronk bevry word. En onthou dat dit juis die praktiese genesingsbediening van Jesus in die Nuwe Testament is wat Matteus as bewys aangee dat Jesaja se voorspelling in Jesus vervul is (Matt 12:17-21).

42:10-17: Daarom kan almal ‘n nuwe lied sing (Kedar is in Arabië en Sela in Edom, albei streke oos van die Dooie See). God tree op soos ‘n soldaat en oorwin sy vyande. Hy bars los en verander donkerte in lig en maak die ongelyk plekke gelyk, tot teleurstelling van dié wat op afgode vertrou.

42:18-25: Die konteks maak dit duidelik dat hier oor die mislukking van Israel as die dienaar van die Here gepraat word, mense wat blind en doof is, al het die Here hemel en aarde beweeg om hulle in gehoorsaamheid te laat reageer. Ten spyte van hulle ongehoorsaamheid en die gevolglike ballingskap, bly die Here getrou, want Hy vind vreugde daarin.

Hoofstuk 43
Hoofstuk 43 verseker egter die volk van God se verkiesende liefde (43:1-13) wat Hom beweeg tot ‘n nuwe bedeling (43:14-21) omdat Hy getrou is aan Homself (43:22-28).

43:1-13: Dit is vir baie van ons seker een van die mooiste gedeeltes in die Bybel. Maar luister daarna ook uit die hoek van ‘n volk wat in ballingskap sit en dié bemoedigende woorde van God hoor. God kies hulle uit om aan hulle liefde te bewys en bymekaar te maak in ‘n Tweede Eksodus waar hulle van alle windstreke weer terug na die Beloofde Land sal keer. En alle nasies sal getuies wees van hierdie proses. Let op hoe die roeping van die gehoorsame dienaar van die Here uitgespel word: “sodat julle My kan ken en in My kan glo en kan besef dat Ek die Here is.”(43:10). Terloops: Seba was die seun van Kus (Gen 10:7) en was dus ‘n ander naam vir Ethiopië.

43:14-21: God bewerk hierdie Tweede Eksodus deur ‘n nuwe ding te doen, dit is om die Galdeërs te verslaan (deur die Persiërs) en sy volk in ere weer te herstel.

43:22-28: Die redding gebeur al verdien Juda dit nie, en het hulle selfs nie daarvoor gevra nie. God vergewe hulle omdat Hy getrou bly aan Homself. In woorde wat reeds in die eerste hoofstuk gebruik is van Jesaja, nooi God hulle uit om die saak met Hom uit te maak, ‘n tema wat in die volgende hoofstuk verder gevoer sal word.

Liturgie

Aanvangslied: Lied 159 “God is hier teenwoordig vs 1,2,3”

Aanvangswoord
Seëngroet

Sang: Lied 372 “Hoe glansryk blink die môrester vs 1,2,3”

Doop herinnering
Vrae aan die gemeente:

Lied: 290 “Dit is my troos dat ek gedoop is vs 1,2,3,4”

Toewyding
Epiklese

Skriflesing: Jesaja 43:1-7

Familie-oomblik
Prediking
Gebed
Offergawes

Wegsending: Lied 258 “Vreugdevolle tyding 1,2,3”

Seën

Antwoord: Lied 312/313/314/315/ of
F361. Laat Dit So Wees” (Amen)
(RUBRIEK: Kersflam – Gebed)
of
Vonk 38 (Melodie is Lied 582 “Bly by my Heer”)
“Here, Ons God, As Ons Nou Huis Toe Gaan”

God nooi ons uit en ons kom tot rus

Rus

Aanvangslied: Lied 159 “God is hier teenwoordig” vs 1,2,3
Aanvangswoord
Prys die Here, julle hemelinge!
Prys die Here om sy eer en mag!
Prys die Here om die eer van sy Naam!
Buig voor die Here by sy heilige verskyning!

Seëngroet
Wees gegroet in die Naam van die Vader
wat sy geliefde Seun na ons gestuur het
en sy Gees soos ’n duif op ons laat neerdaal het.
Amen.

Sang: Lied 372 Hoe glansryk blink die môrester vs 1,2,3

Doop herinnering
Plaas die doopvont in hierdie seisoen prominent in die liturgiese ruimte.
Die doop pas tradisioneel by die Epifanie siklus. Ons stel voor dat ‘n vorm van doopviering/ herinnering in diè gedeelte van die erediens ingerig word. Enkele riglyne uit die nuutste Handleiding by die erediens (2010) word deurgegee…

Die betekenis van die doop behoort deurlopend beklemtoon te word sodat dit vir lidmate ‘n lewende herinnering sal wees. Hou in gedagte dat die rituele wat gebruik word nie die indruk van herdoop wek nie.

Verduidelik die belangrikheid en simboliek daarvan deur te verwys na Jesus se eie doop.

Lees Lukas 3:15-22 ()
15Die volk was vol verwagting, en almal het hulle begin afvra of Johannes nie miskien die Christus is nie. 16Daarop gee Johannes aan hulle almal die antwoord: “Ek doop julle met water, maar my meerdere kom, en ek is nie eers werd om sy skoene los te maak nie. Hy sal julle met die Heilige Gees en met vuur doop. 17Hy het sy skop in sy hand, en Hy sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak. Die koring sal Hy in sy skuur bymekaarbring, maar die kaf sal Hy met onblusbare vuur verbrand.”

21Toe al die mense hulle laat doop het, is Jesus ook gedoop, en terwyl Hy staan en bid, het die hemel oopgegaan 22en het die Heilige Gees in sigbare gestalte soos ’n duif op Hom neergedaal. Daar was ook ’n stem uit die hemel: “Jy is my geliefde Seun. Oor Jou verheug Ek My.”

Vrae aan die gemeente:
Voorganger (V): Glo jy in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van die hemel en die aarde?
Gemeente (G): Ja, ek glo.

V: Weet dan dat die Vader ‘n ewige genadeverbond met ons sluit en dat Hy ons tot Sy kinders en erfgename aanneem. (Oomblik van stilte)
Glo jy in Jesus Christus, die eniggebore Seun van God, ons Here?
G: Ja, ek glo.

V: Weet dan dat Jesus Christus vir ons gesterf het en dat Hy ons in die gemeenskap van Sy dood en opstanding ingelyf het. (Oomblik van stilte)
Glo jy in die Heilige Gees?
G: Ja, ek glo.

V: Weet dan dat die Heilige Gees in ons woon en ons tot lidmate van Christus heilig.

Lidmate kan nou na die doopvont genooi word waar elkeen geleentheid kry om sy/ haar hand in die doopwater te plaas. Die voorganger kan dan sê: “Ek herinner jou daaraan dat jy gedoop is in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees en dat jy daarom aan God behoort.”
(Uit Handleiding vir die erediens (Bybel Media), 2010:25)

Lied 290 “Dit is my troos dat ek gedoop” is vs 1,2,3,4

Toewyding
Jesus Christus, ons weet wat u opdragte is.
Laat dit dan ons lewenswyse bepaal:
laat ons die wat honger is iets te ete gee,
laat ons die wat dors het, iets te drinke gee,
laat ons klere gee vir hulle wat sonder klere is,
laat ons vreemdelinge verwelkom,
laat ons siekes en gevangenes besoek.
Dan sal U wat regverdig oordeel vir ons sê:
Kom, julle wat deur my Vader geseën is!
Die koninkryk is van die skepping van die wêreld af vir julle voorberei.
Neem dit as erfenis in besit. Amen.
(Bisantynse vespers/gebede)

Liedere

F84. “My God Is So Groot”
(RUBRIEK: Flammikidz – Lof / Verwondering)
Oorspronklik: My God Is So Big
Teks en musiek: Ruth Harms Calkin
Afrikaanse vertaling: Onbekend
© 1959, 2002 Nuggets of Truth
(Opgeneem op Jan de Wet en die lofkleuters, My eerste loflied)

My God is so groot so sterk en so magtig
daar’s niks wat my God nie kan doen.
Die berge maak Hy, die riviere daarby
die see en alles daarin.
My God is so groot so sterk en so magtig
daar’s niks wat my God nie kan doen.

F102. “Ek Is Veilig”
(RUBRIEK: Flammikidz – Geloof en vertroue)
Teks en musiek: Soekie Rautenbach
© 1997 Brettian Productions
(Opgeneem op Issie Waarheid)

Refrein:
Ek is veilig, veilig in die Here.
Ek is veilig, veilig in die Here.
As ek bang is in gevaar
weet ek God is altyd daar.
Ek is veilig, veilig in die Heer.

Ek is veilig, veilig in die Here.
Ek is veilig, veilig in die Here.
As dit donker is om my
weet ek God is naby my.
Ek is veilig, veilig in die Heer.

1. Die Here is ’n rots en ’n skild vir my
’n huis en ’n skuilplek waar ek veilig kan bly.
Hy’s ’n muur van vuur en ’n toring wat staan
en ’n eng’le-mag wat rondom my ’n laer opslaan.

2. Die Heer is soos ’n hen wat haar kuikens toevou
soos ’n arend wat sy vlerke vir sy kleintjies oopvou.
Die Here is ’n held; ’n redder is Hy
as ek Sy Naam aanroep, dan beskerm Hy my.

Refrein:

F246. “Lig Van Die Wêreld”
(RUBRIEK: Flam – Verwondering)
Oorspronklik: Here I Am To Worship (Light of the World)
Teks en musiek: Tim Hughes
Afrikaanse vertaling: 2008 Johan Engelbrecht
© 2000 Thankyou! Music

1. Lig van die wêreld, U skyn in my duisternis;
nou kan ek sien wie U is.
Liefde wat maak dat ek U wil ken, Heer,
by U elke oomblik wil wees.

Refrein:
Voor U wil ek my neerbuig,
U wil ek aanbid en
U wil ek verheerlik as my Heer.
Want U alleen is waardig,
heilig en regverdig,
U is so genadig, so goed vir my.

2. Hemelse Heer, wat hoog en verhewe is,
Koning vol glorie en mag,
U’t na die wêreld as Kind gekom en
u heerlikheid afgelê.

Refrein:

Brug:
En nooit besef hoe U gely het,
daar aan die kruis was als vir my.

Refrein:

God praat met ons en ons luister

Epiklese
Here,
in ons hande lê die Skrif
deur eeue van hand na hand aangegee;
U Woord, oorvertel
van geslag na geslag,
van ouer na kind,
tot dié een wat hier in ons hande lê.
Here,
Dit is in dié Skrifte, in dié Woord dat ons na U soek,
ons eie woorde is maar yl en skraal,
en die baie woorde daar buite,
raak nie regtig ons hart
en bring nie die vrede en koers
waarna ons verlang nie.
Daarom is ons gebed, Here:
dat U ons nou sal hoor –
as ons bid om u teenwoordigheid,
om u nabyheid,
om u oop Woord,
om ons ontvanklike harte.
Maak ons daarvoor, stil.
Amen.
(Gebed deur Jan Lubbe)

Skriflesing: Jesaja 43:1-7

Familie-oomblik
Prediking

Familie-oomblik

Die teks leen hom daarvoor om oor God se beskerming te gesels, en dit ook aan die betekenis van die doop te koppel. “Ek het jou op jou naam geroep…”
Vertel die verhaal (dramaties) van Daniël wat in die leeukuil gegooi is en hoe God op buitengewone wyse vir Daniël gespaar het (Daniël 6). Brei dalk uit oor die leeus se stink asems, die harde geroggel as hulle brul en hoe lank die naels aan hulle voorpote is.
Fokus dan op die wonder van bewaring in uiterste nood en hoedat Daniël ervaar het dat God hom inderdaad op sy naam geroep het- hoedat die beloftes van Jes 43 vir hom waar geword het. Vir u gerief bietjie ekstra stof oor leeus by Wikipedia.

Lions
The lion (Panthera leo) is one of the four big cats in the genus Panthera and a member of the family Felidae. With some males exceeding 250 kg (550 lb) in weight,[4] it is the second-largest living cat after the tiger. Wild lions currently exist in sub-Saharan Africa and in Asia, with an endangered remnant population in Gir Forest National Park in India, having disappeared from North Africa and Southwest Asia in historic times. Until the late Pleistocene, about 10,000 years ago, the lion was the most widespread large land mammal after humans. They were found in most of Africa, across Eurasia from western Europe to India, and in the Americas from the Yukon to Peru.[5] The lion is a vulnerable species, having seen a major population decline of 30–50% over the past two decades2022 in its African range.[2] Lion populations are untenable outside designated reserves and national parks. Although the cause of the decline is not fully understood, habitat loss and conflicts with humans are currently the greatest causes of concern. Within Africa, the West African lion population is particularly endangered.

Lions live for 10–14 years in the wild, while in captivity they can live longer than 20 years. In the wild, males seldom live longer than 10 years, as injuries sustained from continual fighting with rival males greatly reduce their longevity.[6] They typically inhabit savanna and grassland, although they may take to bush and forest. Lions are unusually social compared to other cats. A pride of lions consists of related females and offspring and a small number of adult males. Groups of female lions typically hunt together, preying mostly on large ungulates. Lions are apex and keystone predators, although they scavenge as opportunity allows. While lions do not typically hunt humans, some have been known to do so. Sleeping mainly during the day, lions are primarily nocturnal, although bordering on crepuscular[7][8] in nature.
Highly distinctive, the male lion is easily recognised by its mane, and its face is one of the most widely recognised animal symbols in human culture. Depictions have existed from the Upper Paleolithic period, with carvings and paintings from the Lascaux and Chauvet Caves, through virtually all ancient and medieval cultures where they once occurred. It has been extensively depicted in sculptures, in paintings, on national flags, and in contemporary films and literature. Lions have been kept in menageries since the time of the Roman Empire, and have been a key species sought for exhibition in zoos over the world since the late 18th century. Zoos are cooperating worldwide in breeding programs for the endangered Asiatic subspecies.

Behaviour
Lions spend much of their time resting and are inactive for about 20 hours per day.[61] Although lions can be active at any time, their activity generally peaks after dusk with a period of socializing, grooming, and defecating. Intermittent bursts of activity follow through the night hours until dawn, when hunting most often takes place. They spend an average of two hours a day walking and 50 minutes eating.[62]

Population and conservation status
The Asiatic lion, whose habitat once ranged from the Mediterranean to north-west Indian subcontinent, is today found only in the Gir Forest of Gujarat, India. Only about 320 Asiatic lions survive in the wild.[138]
Most lions now live in eastern and southern Africa, and their numbers there are rapidly decreasing, with an estimated 30–50% decline over the last two decades.[2] Estimates of the African lion population range between 16,500 and 47,000 living in the wild in 2002–2004,[139][140] down from early 1990s estimates that ranged as high as 100,000 and perhaps 400,000 in 1950. Primary causes of the decline include disease and human interference.[2] Habitat loss and conflicts with humans are considered the most significant threats to the species.[141][142] The remaining populations are often geographically isolated from one another, which can lead to inbreeding, and consequently, reduced genetic diversity. Therefore the lion is considered a vulnerable species by the International Union for Conservation of Nature, while the Asiatic subspecies is endangered.[143] The lion population in the region of West Africa is isolated from lion populations of Central Africa, with little or no exchange of breeding individuals. The number of mature individuals in West Africa is estimated by two separate recent surveys at 850–1,160 (2002/2004). There is disagreement over the size of the largest individual population in West Africa: the estimates range from 100 to 400 lions in Burkina Faso’s Arly-Singou ecosystem.[2] Another population in northwestern Africa is found in Waza National Park, where only about 14-21 animals persist[144]

Preekriglyn

Hierdie is ‘n aangrypende teks. Jesaja profeteer hierdie woorde iewers in die jare rondom 550 v.C. Die wêreld word deur die Persiese Ryk van koning Kores gedomineer, die VSA van daardie tyd. Nie lank vantevore nie het die Perse die Babiloniërs oorwin, die koninkryk wat die Jode uit hul land weggevoer het. Ja, die Jode is tans in ballingskap, ‘n groepie mense wat soos drenkelinge vasklou aan die herinneringe van ‘n beter tyd toe hulle in Jerusalem en in hulle eie land gewoon het. Jerusalem en Juda lê nou in puin.

Agtergrond

Om die volle betekenis daarvan te verstaan, moet ons die situasie waarin ons teks afspeel goed verstaan.
Toe die weermag van Babilonië Jerusalem finaal in 587 v.C. verwoes het, is koning Sedekia se seuns voor sy oë doodgemaak. Sedekia was ‘n direkte afstammeling van Dawid. Daarna is hy sy sig ontneem en verban. So het die Dawid-linie van afstamming na 400 jaar tot ‘n einde gekom.
Terselfdertyd is Salomo se tempel, wat vir meer as 350 jaar die sentrum van Israel se godsdiens was, verwoes. Sodoende het die priesterdiens tot ‘n einde gekom, die instrument waardeur tot God genader en God se teenwoordigheid by die volk sigbaar was. Die land Israel, deur God aan Abraham belowe as blywende lewensruimte vir ‘n uitverkore volk het onder die beheer van ‘n vreemde heidense nasie gekom.
Israel se hele selfverstaan as God se volk met ‘n tempel, wat God se teenwoordigheid beteken, en ‘n land waar hulle God kon dien, is verwoes. Dit het pynlike vrae opgeroep oor wat dit beteken om God se uitverkorenes te wees, die draers van God se bedoelinge vir die wêreld.

Terwyl die Babiloniërs die leiers weggevoer het in ballingskap, en die gewone mense agtergelaat is om vir hulself om oorlewing te veg, moes hulle met verskeie vrae worstel:

  • Waarom gebeur dit met ons?
  • Hoe lyk ons toekoms nou?
  • Waar is die Here in al hierdie dinge wat gebeur?
  • Miskien is Marduk, die beskermgod van Babilonië, eintlik die ware god in beheer van die ganse wêreld?
Brief aan bannelinge

Die profeet Jeremia het Juda en Jerusalem se einde voorspel en die volk oor die gevolge van hul sonde gewaarsku het. In hierdie tyd skryf hy in opdrag van die Here ‘n brief aan die bannelinge in Babilonië. Hy moedig hulle aan om hulle so goed moontlik in Babilonië te vestig en vir die stad se veiligheid en voorspoed te bid. Dit was die Here se wil, sê hy, dat Juda in ballingskap gaan en dat hulle lank daar sal bly. Babilonië se voorspoed sal egter hulle voorspoed wees, terwyl die Here steeds ‘n toekoms vir sy volk het (Jeremia 29).

Dalk het die Here vir ons ‘n toekoms, kon die siniese ballinge dink. Hoe lank nog voor dit aanbreek? Hoe lank moet ons hier bly? Watter soort toekoms het die Here presies vir ons in gedagte?

Die ballinge het uiteindelik 50 jaar en langer in Babilonië aangebly. Kores, die Persiese koning, het die Babiloniërs oorwin en aangekondig dat alle Babiloniese gevangenes na hul tuistes kon terugkeer. Hoeveel van die Jode wat Jerusalem en Juda nog geken het, sou steeds geleef het? Seker nie te veel nie. Die meeste van hulle sou in ballingskap in Babilonië gebore wees. Vir hulle sou hul enigste tuiste dalk Babilon wees. Hulle het gewoond geraak aan die nuwe stad en land, hulle het die plaaslike taal aangeleer. Hulle het aangetrek en geleef soos Babiloniërs. Die herinneringe aan Jerusalem en die tempel sou vervaag het. Waarom sou hulle teruggaan na ‘n plek wat bitter min van hulle geken het? Selfs diegene wat daar was, se laaste herinnering aan Jerusalem is dié van ‘n verwoeste stad. Sou dit herbou kon word?

Die geskiedenis vertel dat baie Jode gekies het om in Babilonië agter te bly nadat Kores die Jode hul vryheid gegee het. Hulle sou een van die belangrikste Joodse gemeenskappe oor die volgende duisend jaar bly.

Woorde van hoop

Dit is in hierdie komplekse terugkeer-situasie waarin Jesaja vanaf hoofstuk 40 profeteer. Vir die Joodse gemeenskap wat so gewoond aan die Babiloniese lewe en kultuur geraak het, kondig hy aan dat die Here steeds groot planne vir hulle het, planne groter as hul wildste drome. Die eerste woorde van die tweede hoofdeel van sy profesie, wat in hoofstuk 40 begin, sê dat God se woede oor hul sonde nou verby is (40:1-2, OAV):

Troos, troos my volk, sê julle God.
Spreek na die hart van Jerusalem, en roep haar toe
dat haar stryd verby is,
dat haar skuld betaal is,
dat sy uit die hand van die HERE dubbel ontvang het vir al haar sondes.

Juda is gestraf, sê Jesaja, vir al haar oortredings waarteen vroeër profete haar gewaarsku het. Maar nou het die Here ‘n nuwe boodskap vir die volk. Ja, hulle is steeds die volk wat God gekies het. Die Here het steeds ‘n roeping vir hulle, hoe min hulle ook van hulself dink en hoe onseker hulle ook al oor die toekoms mag voel.

Die ballinge het min vooruitsig gehad om gou die glorie van weleer te beleef, die magtige Jerusalem, die grootste tempel en die vrugbare land met koning en priesters. Nogtans dien Jesaja se woorde om hul toekomsverwagting weer te aktiveer.

Grootse visie

Vanaf Jesaja 40 kry ons van die mees verhewe poësie en die grootste toekomsvisies in die Bybel. Jesaja sien die hele kosmos raak. Hy moedig die ballinge aan om verder te kyk as blote oorlewing, as ‘n voortgesette lewe in ‘n vreemde plek, verder as ‘n klein siening van hulle plek in die wêreld wat aan God behoort.

In die bekende 49:6 getuig Jesaja dat bloot teruggaan na Jerusalem nie eers genoeg is nie:

Dit is nie genoeg dat jy my dienaar is om die stamme van Jakob te herstel en om die Israeliete wat gered is, terug te bring nie; Ek maak jou ‘n lig vir die nasies sodat die redding wat Ek bewerk, die uithoeke van die aarde sal bereik.

Vir God is dit nie genoeg dat Jerusalem en die land bloot herbou word nie. Nee! Die Here stuur hulle terug as ‘n lig vir die nasies, sodat die Here se verlossing die eindes van die aarde kan bereik. Dit is ‘n grootste visie.
Hoe is dit moontlik dat ‘n klompie verflenterde Joods-Babiloniese ballinge die hele wêreld kan beïnvloed? Hoe op dees aarde kan hulle die vrede van die Here na die hele wêreld bring?

God vorm en verlos

Ons teksgedeelte verduidelik hoe onbenullige mense aan die verkeerde kant van die geskiedenis en die heersende politieke magte die vrede van die Here kan deel:

1. Luister, so sê die Here wat jou geskep het, Jakob, wat jou gevorm het, Israel:
Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne.

In hierdie verse sê die Here Hy is die een wat Israel skep en vorm. Die woord wat hier met “vorm” vertaal word, is dieselfde woord wat in Genesis 2 gebruik word wanneer God die mens vorm om in God se tuin te leef en werk. Soos die Here Adam gevorm het, vorm Hy Israel.
Moenie bang wees nie is die versekering wat die Here gee aan diegene wat geroep word. Vrees word uitgedryf, omdat God die redder, verlosser, bevryder van mense is. God ken hulle by die naam. Net soos Adam die diere in die tuin van name voorsien het, en so beheer oor hul uitgeoefen het, so dui die Here se benoeming van Israel aan dat Israel sy besitting is.
Wat beteken dit prakties dat God mense red en verlos?

“Ek is by jou”

2. As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie; as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie, die vlamme sal jou nie brand nie,
3. want Ek is die Here jou God, die Heilige van Israel, jou Redder. Ek gee Egipte as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek.

Wanneer water en vuur oor Israel se pad kom, sal die Here by hulle wees om hulle te red. Die verwysing na water dui op die manier hoe God hulle destyds van die Egiptenare gered het toe die Rietsee oopgekloof is (Eksodus 14), ook toe hulle deur die Jordaanrivier die beloofde land ingetrek het (Josua 3). Wanneer gevaarlike water ook al opdoen, in die hede of toekoms, hoef Israel nie bang te wees nie.
Dieselfde geld vuur. Hulle kon dalk die vuur wat Jerusalem en die tempel verswelg het, onthou. Hulle kon verwoestende vuur in die toekoms vrees. Dit was nie nodig nie. Vrees word weggevee deur die wete dat die Here die Heilige van Israel is, hulle redder en beskermer.

Kosbaar

Die begin van vers 4 maak die stelling waarom die hele gedeelte draai:

4. Omdat jy vir My kosbaar is, omdat Ek jou hoog ag en jou liefhet, gee Ek mense in jou plek, volke in ruil vir jou lewe.

Die Here se voortgaande versorginge van die bannelinge is gewortel in die Here se diep liefde vir Israel, wat vir Hom kosbaar is. Die Here het Israel destyds uitslawerny gered omdat die Here hulle liefgehad het (Deut 7:8). Daarom sal die Here Juda ook uit ballingskap red omdat Hy hulle liefhet – nie om enigiets wat hulle gedoen het om sy liefde of genade te verdien nie.

Ja, Israel hoef nie bang te wees nie, die Here versamel hulle weer:

5. Moenie bang wees nie, Ek is by jou. Ek bring jou kinders van die ooste af, Ek maak hulle bymekaar van die weste af,
6. Ek sê vir die noorde: Gee! vir die suide: Moet hulle nie terughou nie! Bring my seuns van ver af, my dogters van die uithoeke van die aarde af,
7. elkeen wat na my Naam genoem word, elkeen wat Ek geskep het tot my eer, wat Ek gevorm het, wat Ek gemaak het.

Die Here bring hulle uit die verte terug, seuns en dogters, omdat hulle na sy Naam genoem is en tot sy eer geskep is. Reg van die begin af, toe die Here hulle met die uittog uit Egipte as sy volk gevorm het, was Israel se doel om die glorie en heerlikheid van die Here te weerspieël. Nou gaan Juda weer aan hierdie doel beantwoord. Hulle word na die heilige land teruggebring om as God se lig vir die nasies te dien, want baie ken nog nie die reddende krag en die passie vir reg en geregtigheid van hierdie God nie.

Hoe om te lewe

Waar die bannelinge in hierdie teks die verstommende genade van God ontmoet, het ons as Nuwe Testamentiese gelowiges soveel meer hiervan gesien as hulle.
Ons het Jesus ontmoet, die Seun van God wat mens geword het om in ons plek gehoorsaam en getrou te wees aan die Vader. Met sy opofferende gehoorsaamheid het Hy die pad vir ons oopgebreek na God toe.

Ons wat op grond van God se verkiesende liefde en deur geloof in Jesus Christus God se seuns en dogters geword het, die grootheid van God se genade gesien het, ons word nou geroep om die eer en heerlikheid van God te vertoon. Ons word geroep om van God te getuig, God se liefde uit te straal, onder alle omstandighede om vuur en water oor ons pad.
Ons het boonop die vuur van die Gees ontvang wat ons bemagtig om God te dien.

Dink nuut oor jouself

Iemand skryf dat ons teks op besondere wyse die volk as geheelaanspreek, maar gelyktydig ook elke indiwidu, wat deel is van die volk, persoonlik aanspreek. Dieselfde beloftes wat vir die hele volk gemaak word, kan deur elke indiwidu ook vir homself of haarself persoonlik aangegryp word. Elkeen kan hoor dat ons deur God geskep is, op die naam geroep is, verlos is, kosbaar is en dat God ons lief het, by elkeen van ons sal wees en dat ons nie bang hoef te wees nie.

As Nuwe Testamentiese gemeente is ons geroep om ons identiteit in God, dat ons kosbaar is vir God, opnuut vas te gryp.

As gelowiges moet elkeen van ons dit ook doen. Mens moet versigtig wees om te klein oor jouself te dink. En veral te klein oor wat God deur jou wil en kan doen. Daarvoor moet jy maar net in God se liefdevolle, beskermende hande val. En in liefde en trou aan God liefde en geregtigheid van dag tot dag betoon.
Ons kan wees wat God ons gemaak het. Ons kan aan ander skenk wat ons van God ontvang het.

God stuur ons om te leef

Gebed
Here
ek weet dat U my gevorm het,
dat U my geskep het.
Ek weet dat ek aan U behoort,
dat U my naam ken.
Ek weet ook dat U daar is as ek in nood is:
as ek deur water of vuur moet gaan,
want U is die Heilige van Israel,
U is God die Redder.
Ek weet dat U my kosbaar ag,
dat U my hoog en belangrik ag,
dat U my liefhet.
Ek weet dat U is wat U sê,
want U het Jesus in my plek gegee.
Daarom Here, is ek nie bang nie,
daarom glo ek soos ‘n kind
dat U my Here is.
Aan U die eer.
Amen
(Gebed ahv Jesaja 43)

Offergawes

Wegsending: Lied 258 “Vreugdevolle tyding” 1,2,3

Seën
Die Here se stem herinner ons: As jy deur water moet gaan, moenie bang wees nie, Ek is by jou.
Die genade van ons Here Jesus Christus en die liefde van die Vader en die werk van die Heilige Gees is die stem wat ons herinner dat God by ons is.

Antwoord: Lied 312/313/314/315/ of
F361. “Laat Dit So Wees (Amen)”

(RUBRIEK: Kersflam – Gebed)
Teks en musiek: Neil Büchner
Kopiereg:  Flam Musiek-Uitgewers

Laat dit so wees, Here, Amen.
Laat dit so wees, Here, Amen.
Heer, laat ons leef soos U leer
Here, Amen.
Laat dit so wees, Here, Amen.

of

Vonk 38 (Melodie is Lied 582 “Bly by my Heer”)

Here, Ons God, As Ons Nou Huis Toe Gaan

1. Here, ons God, as ons nou huis toe gaan,
vra ons u seën, waar ons hier voor U staan.
U het u goedheid weer aan ons betoon,
ons saamwees in u Naam met guns bekroon.

2. Ons bid tot U, o Vader, Seun en Gees,
laat ons vir ander ook tot seën wees.
Maak ons getuies van u Naam, o Heer,
dat ook die wêreld U sal dien en eer.

3. U wat in liefde altyd by ons bly,
wees ons tog in ons lief en leed naby.
Sou daar beproewing oor ons pad kom, Heer,
maak ons volhardend in geloof al meer.

A ministry platform for faith leaders.

© Copyright Bible Media | This site is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.