Eerste sondag in koninkrykstyd (Drie-eenheidsondag-Feesdiens)

Picture of Woord en Fees

Eerste sondag in koninkrykstyd (Drie-eenheidsondag-Feesdiens)

Liturgiese Voorstel 1

Leesroostertekste

Sleutelteks: Romeine 5:1-5
Ander tekste: Spreuke 8:1-4, 22-31; Psalm 8; Johannes 16:12-15

Inleiding

Die Drie-eenheid van God is ’n misterie. Die kerk het deur ’n lang proses gegaan om uiteindelik by die formulering van die leer van die Drie-eenheid uit te kom. In die liturgie sal hiermee rekening gehou moet word.

Diensorde

God versamel ons voor Hom

Aanvangswoord
“Ons glo almal met die hart en
bely met die mond dat daar ’n enige
en enkelvoudige geestelike Wese is
wat ons God noem. U is ewig,
onbegryplik, onsienlik, onveranderlik,
oneindig, almagtig, volkome wys,
regverdig, goed en
die alleroorvloedigste fontein van alles
wat goed is” (art 1 NGB).

Seëngroet
Wees gegroet in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees.

Lofsang
Lied 445:1-4 (sing al vier verse.); NSG 11

Verootmoediging
Iemand met wie vooraf gereël is, lees die volgende gebed van Piet Naudé:
“Here, ek het te afgestomp geraak om u nabyheid te voel. Daar is leegheid in my binneste as ek probeer bid. Daar’s ’n gevoel van geslotenheid bo my. Daar is dae dat ek nie weet of U regtig bestaan nie, en ook nie veel omgee nie. Ek roep en kla vandag: waarom het U my verlaat? Waar is U? Hoekom kruip U weg? Hoekom is ek so alleen?

Jammer, Here, maar meer as dit kan ek nie nou sê nie. Amen, Here – voorlopig” (Piet Naudé in Die Groot Gebedeboek: Lux Verbi. 2002).
Voorganger: Onthou jy dat Jesus aan die kruis uitgeroep het: “My God, my God, waarom het U my verlaat?”
Sodat ons nooit meer van God verlate sal wees nie.

Geloofsbelydenis
Laat iemand met wie vooraf gereël is die volgende belydenis voorlees. Dit kan ook op ’n skerm vertoon word of in gedrukte vorm vir die erediensgangers beskikbaar wees.

“Ons glo in ’n enige God, een enige Wese, in wie drie Persone is, naamlik die Vader en die Seun en die Heilige Gees, wat in werklikheid en in waarheid en van ewigheid af onderskeie is volgens die eienskappe wat hulle nie met mekaar deel nie.

“Die Vader is die oorsaak, oorsprong en begin van alle sigbare en onsigbare dinge.
“Die Seun is die Woord, die Wysheid en die Beeld van die Vader.
“Die Heilige Gees is die ewige Krag en Mag wat van die Vader en die Seun uitgaan.
“Nogtans volg uit hierdie onderskeiding nie dat God in drie gedeel is nie, aangesien die Heilige Skrif ons leer dat die Vader en die Seun en die Heilige Gees elkeen sy eie selfstandigheid het, deur sy eienskappe op so ’n wyse onderskei dat hierdie drie Persone slegs een enige God is. Dit is dus duidelik dat die Vader nie die Seun en die Seun nie die Vader is nie; eweneens dat die Heilige Gees nie die Vader en ook nie die Seun is nie. Nogtans is hierdie Persone, wat so onderskeie is, nie gedeel nie en ook nie onderling vermeng nie. Want die Vader en die Heilige Gees het nie vlees aangeneem nie, maar slegs die Seun. Die Vader was nooit sonder sy Seun of sy Heilige Gees nie, want al drie is van gelyke ewigheid in een en dieselfde Wese. Daar is nie ’n eerste of ’n laaste nie, want al drie is een in waarheid, mag, goedheid en barmhartigheid” (aangepas uit Artikel 8 van die Nederlandse Geloofsbelydenis).

Diens van die Woord/em>

Gebed om die opening van die Woord

Skriflesing
Romeine 5:1-5

Woordbediening

Diens van die tafel

Tafelgebed
Uitdeling en gebruik van die brood en wyn
Dankgebed en voorbidding
Offergawes

Uitsending

Antwoordlied
Lied 454:1-3; NSG 328

Seën
Voorganger: Die ewige betroubaarheid, wysheid en  krag van die Vader, die Seun en die Heilige Gees is by jou.
Gemeente: Amenliturgiese Voorstel – 2

Die tekste uit die Nuwe Testament vir vandag besing die vryspraak wat God deur sy Seun aarde toe gebring het en deur sy Gees onder gelowiges laat voortleef. Hierdie vryspraak word werklik onder gelowiges in gesindhede soos vrede, genade, hoop, volharding in swaarkry, egte en beproefde geloof en bo alles die liefde.

Diensorde

God versamel ons voor Hom

Drie-eenheid: 
Lied 305 “Aanbiddelike God, drie-enig”

Aanvangswoord  
Voorganger: Here, ons Here, hoe wonderbaar is u
Naam oor die hele aarde!
Gemeente: Hoe glansryk alles wat U in die
hemelruim geplaas het!

Voorganger: As ek u hemel aanskou, die werk van
u vingers, die maan en die sterre
waaraan  U ’n plek gegee het . . .
Gemeente:      . . . wat is die mens dan dat U aan
hom dink, die mensekind dat U na
hom omsien?

Almal: Amen(uit Ps 8).

Seëngroet 

Lofliedere 
Lied 469  “O diepte van die rykdom”
Psalm 8:1,2 (Lina Spies)
NSG 33:1,4,5; Flam 21:1,3

Doopherinnering 
’n Ritueel van doopherinnering kan gedoen word waarin benadruk word dat die identiteit van gelowiges wat gedoop is in die naam van die Vader en die Seun en die Gees waardevol en ewig is.

Die kerk van Jesus het ook ’n unieke identiteit daarin dat  ons uitsluitlik die drie-enige God; die Vader, die Seun en die Heilige Gees, aanbid.

Geloofsbelydenis 

Diens van die Woord

Gebed om die opening van die Woord  

Skriflesing(s)
Die wysheidsteks in Spreuke 8 kan deur ’n vrou gelees word. Op Drie-eenheidsondag kan die psalmteks (Lof aan die Vader), die Romeineteks (vryspraak deur Jesus) en die Johannesteks (Gees van waarheid) gelees word.

Prediking
Gebede van voorbidding

Diens van die tafel

Verbintenis tot die waarheid 
Voorganger: Ons bly honger en ons bly dors na die volle waarheid.
Gemeente: Die Heilige Gees bring die volle waarheid.

Voorganger: Waar kom die volle waarheid vandaan?
Gemeente: Die Gees bring die volle waarheid van die Vader en van die Seun.

Voorganger: Die Vader en die Seun en die Gees is Een.
Gemeente: Ja, die Drie is Een.

Voorganger: Ons bly in hierdie waarheid een.
Gemeente: Die kruis is kaal en die graf is leeg.

Voorganger: Dit bly die volste waarheid wat die Gees ons leer.
Almal: Amen (uit Joh 16:12-15).

Genadeverkondiging

Sang
Lied 247 “Heer, wees ons genadig”

Lof 
Doen ’n lofbetuiging uit Psalm 8

Bediening van brood en wyn 
In Romeine 5:3-5 skryf Paulus:“Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.”

By die tafel kan met die brood en die wyn gedink word aan Jesus se “swaarkry” uit onvergelyklike liefde wat vir ons verlossing, egtheid van geloof en hoop gebring het.

Aanbidding en danksegging
Offergawes 
Uitsending 

Sang
Lied 177  “Jesus groot bo almal”

Seën  
Voorganger: Heilige Gees leer ons alles . . .
Gemeente: Alles wat aan die Vader behoort.

Gemeente: Alles wat van Jesus ontvang is.

Gemeente: Die volle waarheid.

Gemeente: want ons wil Jesus verheerlik.

Almal: Amen(uit Joh 16:12-15).

PREEKSTUDIE – ROMEINE 5:1-5

Inleiding
Hierdie Skrifdeelis al in vorige Leesroosters aan die orde gestel. Hierdie jaar dien dit vir die eerste keer as preekteks op Drie-eenheidsondag. Uiteraard sal dié konteks meespeel in die uiteindelike prediking.

Klankbord van die teks

Sien die opmerkings by die vorige Sondag (Rom 8:12-17) oor die rol wat die gehoor in die preekgebeurespeel.Verlede Sondag (Pinkstersondag) se preekteks was Romeine 8:12-17. Dit mag dalk vir gemeentelede effens vreemd wees dat eers uit Romeine 8 en dan Romeine 5 gepreek word op twee agtereenvolgende Sondae. Dit is waarskynlik nodig datdie liturg genoeg agtergrond-inligting oor die kerklike jaar gee. Dit kan inleidend tot die preek self wees of vroeër in die erediens geskied. Gebruik by wyse van afwisseling die Geloofsbelydenis van Nicea, of dié van Athanasius. Laasgenoemde is heelwat langer, maar handel breedvoerig oor die Drie-eenheid.

Dit is vandag Drie-eenheidsondag
Ons vertrekpunt is die belydenis dat ons glo in “Een, drie-enige God – Vader Seun en Heilige Gees”. Ons dink oor hoe hierdie belydenis oor die enigste en onvergelyklike God ons lewe raak. Die belydenis dat God drie-enig is en as Vader, Seun en Heilige Gees by die hele skepping en, meer spesifiek, by mense betrokke is, vorm die skarnier tussen die voorafgaande seisoene van die kerklike jaar – Advent, Lydenstyd, Paasfees en Pinkster – en Koninkrykstyd, wat die res van die jaar in beslag neem. Op die vrae: “Hoe ‘is’ God en ‘hoe’ werkGod?” antwoord Christene: “Dit is die drie-enige God wat teenwoordig en aktief is!” Die leer oor die Drie-eenheid is belangrik vir die praktiese geloofslewe van die kerk. Dit spruit uit die oortuiging dat die teen-woordigheid van Christus by sy kerk, terselfdertyd die teenwoordigheid van God self is. Wanneer ons praat van die “Drie-eenheid”, is dit ʼn vorm van metaforiese spraak. Daarmee probeer Christengelowiges die groot misterie van God die Vader, Seun en Heilige Gees en die onder-linge verhouding tussen die Drie, onder woorde bring.

  • Die term “Drie-eenheid” kom nie in die Nuwe Testament voor nie, maar die vertrekpunt van die leerstuk is in die doopformule (Matt 28:19-20 “. . . doop hulle in die Naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees . . .”), asook in die implisiete spreke oor God as Vader, Seun en Heilige Gees in die Nuwe Testament. Die teks uit Romeine 5:1-5 is ʼn voorbeeld van die drieledige verwysing na Vader, Seun en Heilige Gees.
  • Die Drie-eenheid is as belydenis uniek aan die Christelike geloof en word deur die ander twee Abrahamitiese godsdienste, Judaïsme en Islam, betwis. In hulle geval word dit verstaan as ʼn voorbeeld van veelgodedom. Christene handhaaf egter steeds ʼn streng monoteïsme. Ons glo net aan een God.
  • Die leer van die Drie-eenheid is in die geskiedenis ook in sommige Christelike kringe betwis. Heelwat hedendaagse kerkgangers het heel waarskynlik nie ʼn bewustelike standpunt daaroor nie. Drie-eenheidsondag is ʼn geleentheid om nadenke oor wie God is en hoe God optree by lidmate te stimuleer.
  • Christene erken en bely: Dit is God Drie-enig, Vader Seun en Heilige Gees, wat skep en wat herskep! Belydenis en lewe is twee kante van dieselfde muntstuk, naamlik van ons verhouding met God en ons lewe voor God. Die feit dat ons glo in die drie-enige God, bring mee dat ons ook ʼn omvattende uitkyk het op die lewe – beide as deel van die skepping en ook as veranderde mense (Rom 8:12-17 sê ons is kinders van God [sien verlede Sondag]) dien ons die Here! Ons dien God nou – in hierdie tyd van die skepping – én met die oog op die ewigheid. Die prediking gee geleentheid om hierdie verband tussen belydenis en lewe duidelik te maak.

Teks in konteks (makrokonteks)

Vir ʼn kort bespreking oor die plan van die Romeinebrief, verwys na verlede Sondag se bespreking van die makrokonteks. Ek het hierbo verwys na die implisiete teenwoordigheid van die Drie-enigheid in die Nuwe Testament. Dit is verrassend om raak te sien hoe dikwels Vader (of “God”), Seun (of “Christus”) en Heilige Gees saam funksioneer in die Pauliniese briewe, en hoe dit die praktiese voorskrifte oor die geloofslewe en die identiteit van die geloofsgemeenskap raak. Ek noem enkele voorbeelde.

  • Uit die brief aan die Romeine: Kyk byvoorbeeld na die begin van die brief in 1:1-7.
  • Uit 1 Korintiërs: Ek verwys na die begin van Paulus se onderrig oor die gawes in 12:1-6.
  • Die paragraaf oor die vrug van die Gees in Galasiërs 5:16-25 (ook die daaropvolgende 6:1-10).
  • Die begin van Efesiërs (1:1-14), asook die twee gebede in Efesiërs (in 1:15-23 en 3:14-21). Twee gebede in een brief is terloops uniek aan die Efesiërbrief.

Die verwysings na“krag” of “kragtige werking(e)” in die briewe slaan dikwels op die aksies van die Heilige Gees en verbreed so die drieledige verwysings na God, Christus en die Gees (vgldie gebed in Ef 1:19; die belydenis in Fil 4:13; die missie in Kol 1:28-29 en die groet in 1 Tess 1:2-6).

Opmerkings oor die onmiddellike konteks van Romeine 5:1-5
Die onmiddellik-voorafgaande. In Romeine 4 word Abraham voorgehou as voorbeeld van iemand wat deur die geloof geregverdig is. Paulus se betoog het daarop uitgeloop dat niemand – nie die Jode wat die Tora geken en aangehang het nie en ook nie die nie-Jode wat sonder die Tora geleef het nie – self voor God geregverdig kan wees nie (3:23-24). Dit kan slegs deur die genade van God, op grond van die geloof in Jesus Christus geskied. Daarvan is Abraham die oer-voorbeeld uit die Ou Testament.Van hoofstuk 5 af word die omvang en implikasies van die lewe uit geloof uitgespel.

Die daaropvolgende paragrawe.
Romeine 5:6-11. Christus het vir ons gesterf sonder dat ons waardig is. Dus, toe ons nog “swak” was, op die aangewese tyd (kairos). Dít is die manier waarop God sy liefde betoon het. Ons is gered deur sy dood en opstanding. Só het Jesus versoening bewerkstellig. Ons wat in Hom glo mag nou roem daarin.

Romeine 5:12-21. Christus is die nuwe, regverdige Adam wat sy volgelinge (dié wat deur die geloof aan Hom verbind is) red. Anders as die ou Adam wat alle mense deur sy oortreding tot veroordeling gelei het.

Die teks aan die woord (eksegetiese opmerkings)
Let op hoedat die persoon van die Vader (God), Seun (Christus) en Heilige Gees aldrie in die vyf verse aan die orde gestel word. God Drie-enig se betrokkenheid het verder drie duidelike resultate, naamlik geloof, hoop en liefde. Van hierdie drie, wat ook elders in die Pauliniese briewe voorkom (bv in 1 Kor 13:13; Ef1:13; Kol 1:3-5; 1 Tess 1:3), word “hoop” in ons teksgedeelte (Rom 5:2-5) in besonderhede behandel.

1. Omdat ons deur geloof geregverdig is (ek + genitief wat die oorsprong aandui, naamlik geloof; die partisipium passief is ʼn aanduiding van God se handelinge en bedoel dus “God het ons regverdig verklaar”) het ons vrede voor/by God (pros + akkusatief; dit verwys terug na die tema van die brief in 1:16-17) deur ons Here Jesus Christus (dia + genitief wat die agent aandui), deur Wie ons ook die toegang het (die agtergrond is die verbod dat gewone mense in die heilige en allerheiligste areas in die tempel van destyds kon kom; Christus het die beperkte toegang tot God opgehef en maak dit vir almal moontlik om in te gaan/te “staan” in sy teenwoordigheid), in die geloof (datief van instrument), tot hierdie genade waarin ons “staan” (verwys na die onverdiende verlossingswerk van Christus).

Die tema van Romeine, dat ons onverdiend gered word deur geloof in Jesus Christus, word aan die begin van die paragraaf weer bevestig. Let op die reëlmatige gebruik van spesifieke voorsetsels saam met spesifieke begrippe en persone en die verbande wat dit aandui (dia + genitief; datief; eis + akkusatief; + datief).

Ander opmerkings oor hierdie kolon 
Die betekenis van “geregverdig deur geloof”: “Geregverdig” (dikaiosunē) funksioneer in die algemeen in twee semantiese domeine. Eerstens dié van die regswêreld, dan word dit vertaal met “vrygespreek/regverdig verklaar”. Tweedens dié van relasies en dan word dit vertaal “in die regte verhouding wees”. Enige van die twee sal hier sin maak, maar die konteks van skuldig versus onskuldig funksioneer sterk in die Romeinebrief tot op hierdie punt. Die NAV vertaal dus “vrygespreek”. Die passiewe konstruksie is ʼn aanduiding dat God die handelende Subjek is:“God spreek ons vry.”

Die rede/grond (ek + genitief) vir sodanige vryspraak word aangegee as “geloof” (pistis) en dit het ook twee semantiese domeine, naamlik getrouheid as karaktereienskap, of geloof/vertroue wat op iets/iemand gerig is. In die lig van die konteks is laasgenoemde die betekenis; dus: “God spreek ons vry omdat ons vertrou (op Jesus Christus).”

2. Die gevolg van die vryspraak deur God is “vrede” en dit dui op meer as net die afwesigheid van konflik; dit fokus op die herstel van harmonie in die verhouding. Beide “geloof” en “vrede” is selfstandige naamwoorde, maar in terme van semantiese(-betekenis) kategorieë impliseer dit aksies.

Ons roem op hoop (epi + datief wat ) van die heerlikheid (genitief wat die inhoud van die hoop beskryf) van God . . . (genitief wat die oorsprong aandui).

Die vroeë Mediterreense samelewing (soos trouens in meeste hedendaagse kulture ook) is grootliks gereguleer deur twee gelyklopende, maar teenoorgestelde prosesse, dit is: om skande vry te spring en om roem te verwerf.

“Hoop” (elpis) word hier nie nader bepaal deur “onsekerheid” nie, maar deur “sekerheid” en elpis sou dus beter vertaal word met “verwagting”. Ons het dus die stellige verwagting dat God sy heerlikheid bekend sal maak. Dié verwagting sal definitief nie beskaam nie (kolon 6 hieronder).

3. Nie alleen dit nie (Paulus gebruik ʼn retoriese instrument: van die kleine na die grotere om die gang van die redenasie te bepaal), ons roem ook in die verdrukkings (en + datief meervoud), omdat (partisipium aktief) die verdrukking (ekv) uithouvermoë/volharding bewerkstellig.

Om trots te wees op lyding is ʼn verrassende opmerking. Die leser sou dit anders verwag het in die lig van die verwysing na God se heerlikheid in die vorige kolon. Dit maak slegs sin as ons verwagting nie op eie vermoë/mag berus nie, maar juis op die verlies en afsien van persoonlike mag aangewese is. Let ook op die interessante afwisseling van meervoud en enkelvoud in die twee onderdele (kommata) van die kolon: “Ons roem in die verdrukkings, omdat ons weet dat die verdrukking uithouvermoë kweek.” Die eerste deel fokus op die verskillende indiwiduele gevalle/ervarings van lyding (meervoud); in die tweede word lyding as algemene beginsel gestel (ekv).

Die res van die argument word aanmekaar geweef deur telkens die laaste element van die vorige sin met ʼn nuwe eindresultaat te verbind.

4. En uithouvermoë beproefdheid(egtheid/integriteit).

5. En egtheid hoop.
Met hierdie kolon word die argument afgerond. Die sirkel word voltooi. Die redenasie het met hoop begin en dit eindig weer met hoop.
Soos hierbo opgemerk, is al die selfstandige naam-woorde, semanties gesproke, aksies.

6. Die hoop beskaam nie omdat (hoti dui die rede aan) die liefde van God in ons harte uitgestort is(en + datief; die passiewe konstruksie dui weer eens op God as die handelende Subjek – Hy het sy liefde uitgestort), deur (dia + genitief waarmee die agent aangedui word) die Heilige Gees wat aan ons gegee is(passiewe konstruksie wat God as die handelende Subjek aandui – God het die Gees aan ons gegee).

Opmerkings oor die opbou van die paragraaf.

1. Omdat ons deur die geloof geregverdig is, het ons vrede voor God
Deur Jesus Christus het ons vrye toegang tot hierdie genade
2. Ons roem op die hoop van die heerlikheid van God
3. Ons roem ook in verdrukkinge, want ons weet dat verdrukking volharding bewerk
4. En volharding beproefdheid
5. En beproefdheid hoop
6. Die hoop beskaam nie, want God se liefde is in ons harte uitgegiet deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is
Dit is duidelik dat God deurgaans die Subjek in die paragraaf is – dit gaan oor vrede voor Hom, oor sy heerlikheid en liefde. Die paragraaf word omraam met ʼn verwysing na Christus (die Here) as die Een wat die toegang tot God bewerkstellig het (in die volgende paragrawe word dit verder uitgewerk), en die verwysing na die Gees waardeur God se liefde realiseer.

Die middeldeel handel oor hoop. Dit word later in Romeine 8 deur Paulus in besonderhede weer opgeneem.

Die siklus:
hoop–verdrukking–volharding–beproefdheid–hoop,beskryf die dinamika van hoe hoop in gelowiges se lewe realiseer.

Preekvoorstel (die teks in beweging)

Lees en luister: Die prediker kan gerus voordat die Skriflesing gedoen word, die gemeente se aandag daarop vestig dat die Vader, Seun en Heilige Gees, asook geloof, hoop en liefde, in die loop van die vyf verse genoem word. Kyk na die Skriflesing of die kinders dit kon identifiseer.

Maak enkele opmerkings oor Drie-eenheidsondag (sien onder “Klankbord van die teks” hierbo) en oor die belydenis van die Drie-eenheid. Die bedoeling is dat gemeentelede weer ʼn keer nadink oor die impak wat die belydenis op ons praktiese geloofslewe het.

Tema vir die prediking 

ʼn Belydenis wat ons hoop gee.

Let daarop dat belydenis beskou word as ʼn geestelike dissipline. Dit kom met ander woorde nie sommer net vanself nie, maar is iets wat ingeoefen en gepraktiseer moet word.

  • Gewoonlik word onder “belydenis” die erkenning van sonde verstaan (vgl Foster in Celebration of discipline). Belydenis van sonde is inderdaad ʼn belangrike saak, want dit het te doen met eerlike selfondersoek en ook met afstaan van jou eiegeregtigheid. Dit is ook ʼn voorvereiste vir versoening, want versoening bestaan uit twee werklikhede, naamlik berou en vergifnis.
  • Vandag egter, fokus ons op die belydenis van geloof. Dit is net so ʼn belangrike saak, want dit gee rigting aan mens se lewe en dit sê ook wat die fondament daarvan is.

Wesenlik behels belydenis albei hierdie aspekte. Dit moet inherent deel wees aan ʼn mens se lewe: jy moet dit ken, jy moet dit in jou lewe laat posvat, en jy moet dit elke daguitleef.

Wat bely ons? Wat glo ons? Romeine 5:1 gee die kern daarvan: Ons word vrygespreek deur geloof en het nou vrede met God. Dus, dikaiōthentes ek pisteōs . . . Maar wat beteken dit?

  • Mens het intense behoefte aan geregtigheid in ʼn wêreld vol ongeregtigheid, vol ongeregtige mense van wie ek die vernaamste is (skryf Paulus oor homself).
  • Die Bybel praat van geregtigheid deur die geloof: Kyk dus weg van myself, van onsself af – regverdiging is nie iets wat onsself kan verwesenlik nie, want daarvoor is ons ten ene male net te boos.

Tog praat die teks van die moontlikheid, nee van die werklikheid, van ʼn nuwe toekoms! Dit is vrede/harmonie met God. Ons moet leer om soos die Bybel ook in terme van moontlikhede (in plaas van “probleme”) te dink en te leef. Ons moet soos kinders wat skoolgereed is, ʼn waaghouding ontwikkel; die moed om jouself bloot te stel en te waag om iets te doen . . . want, sê die teks, Christus het vir ons die toegang daartoe oopgemaak!

Waar bely ons? Wanneer glo ons? Miskien het Paulus se eerste lesers in hulle haglike omstandighede ook hierdie vrae gevra. Om dit duidelik te maak, praat die res van ons teksgedeelte oor “hoop”.

  • As mens dink aan roem en skande soos dit in ons samelewing funksioneer, sal jy gou agterkom dat die regverdiging deur geloof bestaande magstrukture omkeer. Ons hou ook van mag en stuur so ver as moontlik weg van skande.
  • Ons hoop graag “op die heerlikheid van God”. Soos die dissipels sê ons ook: “Here, as U in u heerlikheid is, dan wil ons graag die magsposisies links en regs van U beklee.”

Maar dan word Christene met die donker kant van die lewe gekonfronteer. Iets wat ons dikwels nie kan vermy sonder dat ons ons assosiasie met Jesus afsweer nie. Die bespreking van kola 3-5 hierbo gee genoeg agtergrond om die redenasie van Paulus te verstaan.

  • Ons belydenis kom juis in moeilike omstandighedetot volle werking. Petrus skryf aan ander gemeentes in baie moeilike omstandighede: “Wees altyd bereid om ʼn antwoord te gee aan elkeen wat van julle ʼn verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe” (1 Pet 3:15).

Om terug te keer na die boodskap van die teks en na ons belydenis: Dit is God Drie-enig wat alles bewerk!

  • Die Vader – gee die vrede en die harmonie word herstel
  • Die Seun – maak die toegang tot hierdie genade oop deur sy eie dood en opstanding (Rom 1:2-4)
  • Die Heilige Gees – die Een waardeur die liefde van God ʼn pad vind na ons lewe toe

So, inderdaad erken ons: “. . . oral in my oë en ore: die ganse dag is ene God” (Jan Swanepoel uit Wat ver is en naby).

Ten slotte: Hoe sien mense hierdie werklikheid in iemand se lewe? In die geloof waarmee die persoon besluite neem en oor hom-/haarself dink. In die hoop wat aansteeklik lewe inspreek in moeilike omstandighede. En in die liefde wat grensloos op ander gefokus bly.

Liturgiese Voorstel 2

Leesroostertekste

Sleutelteks: Romeine 8:14-17
Ander tekste:    Handelinge 2:1-21; Psalm 104:24-34, 35b; Johannes 14:8-17, (25-27)

Inleiding

Die tekste vir vandag – Pinkstersondag – belig God se verlossing deur sy Gees. Skepping en herskepping is sleutelbegrippe. Die psalmteks besing God se skepping tot sy lof. Die apostels ontvang die Voorspraak, die Gees van waarheid. Sy volheid word bedoel vir alle mense.  Die Gees maak mense nie slawe van sonde nie, maar kinders van God. Volgens Romeine 8 word God se kinders ook erfgename van Jesus se heerlikheid. Die teks uit Johannes 14 beklemtoon die Drie-eenheid van God in die Heilige Gees se teenwoordigheid en werking.

Diensorde

God versamel ons voor Hom

Aanvangswoord
Voorganger: God maak ons sy kinders.
Gemeente: Sy Gees lei ons.

Voorganger: Christus se Gees woon in ons.
Gemeente: Sodat ons nuut kan leef.

Voorganger: Die Gees verdryf alle vrees.
Gemeente Sodat ons Hom “Ons Vader” kan noem.

Almal: Amen(uit Joh 14:8-17).

Aanvangslied
Flam 4: “O, Heilige Gees, kom maak my nuut”

Seëngroet 

Lofliedere
Lied 176 “Halleluja! U is Koning”
Lied 177 “Jesus groot bo almal”
Lied 212 “Loof die Heer, Hy is goed”

Diens van die Woord

Gebed om die opening van die Woord
Here U is die Gewer van alle goeie dinge. Laat ons vandag luister na u Woord met die liefde van Jesus Christus. En laat sy liefde binne in ons aanhou liefhê vir duisende geslagte na ons. Gee vir ons eerbied en ontsag  om nie net te hoor nie, maar te glo en te wees en te doen. Amen.

Skriflesing(s)
Prediking
Gebede van voorbidding

Diens van die tafel

Skuldbelydenis
(uit Joh 14)

Genade
“Genade” is ’n gedig van Thea Klopper. Dit is ’n knap stukkie kuns wat as genade-verkondiging gebruik kan word.

Lied
Lied 247  “Heer, wees ons genadig”

Lof
Doen lofbetuigings uit Psalm 104.

Bediening van brood en wyn
Aanbidding en danksegging
Offergawes 

Uitsending 

Sang
Lied  284 “Laat, Heer, u vrede”

Uitstuur
Uitsending en bemoediging aan die hand van Handelinge 1:1-21 (veral vers 8)

Seën
Voorganger: Die Here sal met jou wees.
Gemeente: Sy Gees woon in ons.

Voorganger: Die Here sal met jou wees.
Gemeente: Sy Gees gee nuwe lewe.

Voorganger: Die Here sal met jou wees.
Gemeente: Sy Gees wek ons op uit die dood.

Voorganger:  Die Here sal met jou wees.
Gemeente: Sy Gees spreek ons vry.

Almal: Amen (uit Rom 8:14-17).

Preekstudie: Romeine 5:1-5

Sections

© Missio 2024 | All rights reserved.