Dertiende Sondag in Koninkrykstyd

Picture of Woord en Fees

Dertiende Sondag in Koninkrykstyd

Liturgiese Voorstel

Leesroostertekste

Sleutelteks: Hebreërs 11:29-12:2
Ander tekste: Jesaja 5:1-7; Psalm 80:1-2, 8-19; Lukas 12:49-56

Inleiding

Die sleutel tot die verstaan van die teks uit Lukas 12 lê in Jesus se oproep om die tekens van die tye te onderskei. Die verdeeldheid waarvan Jesus praat, lê in ons onwilligheid al dan nie om onderskeiding aan die dag te lê. Wanneer geregtigheid geïgnoreer word en die armes onderdruk word, ontvlam God se toorn en kan die volk God se straf verwag (Ps 80 en Jes 5). Die metafoor van die goed versorgde wingerd wat verwoes word omdat dit nie vrug dra nie, is ’n kragtige beeld van die oordeel. Daar sal altyd mense wees wat nie, soos Jesus verwag, die tekens van die tye onderskei nie. Daar sal ook altyd dié wees wat hulle bekeer (Ps 80) en reg doen aan ander. Hulle moet moed hou en hulle hoop vestig op Jesus. Daar is ’n groot skare geloofsgetuies wat hulle voorafgegaan het en wat hulle aanmoedig tot volharding.

Diensorde

God versamel ons voor Hom

Plaas brandende kerse of lanterns in die voorportaal wat die skare geloofsgetuies voorstel. Die kerse/lanterns staan tot voor in die kerk by die Christuskers wat reeds brand.

Aanvangswoord
Voorganger: God hoor die hulpgeroep van mense in nood.
Gemeente: Toe ons nog verlore was in ons sonde en
gebrokenheid, het God na ons toe gekom,
gesterf en opgestaan uit die dood.

Voorganger: Ons kom om te aanbid en ons toewyding en liefde, dank en lof aan God te gee.
Gemeente: God is waardig. Loof Hom.

Diens van die Woord

Voorbidding
“Seeing the signs”
Gebed deur John van de Laar – vertaal en aangepas – uit “Sacredise”. Sien hieronder.

Diens van die tafel

Gebed voor die nagmaal
Psalm 80:8-13. 15-18

Uitsending
Musiek en sang

Aanvangslied: Lied 477 “Hou Christus self sy kerk in stand”; Lied 505 “Jesus, U gaan voor”; Lied 511 “Lei U ons, Lig”
Loflied: Vonkk 2, 4; Lied 184 “Losing die Here”; Flam: 121, 171
Skuldbelydenis:Vonkk 56; Lied 38; Lied 235 “Voor u wet, Heer, staan ons skuldig”; Flam 69
Nagmaal (instelling): Flam: 37
Slotlied: Flam: 118; Lied: 533 “Stuur ons, Here”; Lied 508 “Vaste Rots op wie ek bou”; Lie 513 “Soek in God jou sterkte”

Diens van die Woord

“Seeing the signs”

Vader, dit sal veel makliker wees om die harde werklikheid om ons te ignoreer. Die groter wordende gaping tussen ryk en arm, die magsvergryp en misbruike van hulle wat aan ons leiding moet gee. Die breek van reëls en wette en die selfverryking van die wat aansien en invloed het. Die gebrek aan behoorlike versorging, beskerming en bronne vir die mees weerloses tussen ons. Ons sal eerder hierdie tekens in ons midde nie sien nie. Ignoreer. Vader, dit sou veel makliker gewees indien ons sou kom maak asof alles wel is. Daar geen probleme is nie. Dit sou veel eenvoudiger gewees het indien ons eerder kon profeteer oor goedheid en lig en ons die donker en boosheid sou kon ignoreer. Dit sou veel makliker gewees het indien ons nie nodig gehad het om die status quo te ontwrig nie of nodig gehad om die wat gemaklik en gelukkig is uit te daag nie. Die lewe sou soveel makliker gewees het indien ons onsself kon oortuig dat die kruis ’n eenmalige gebeure is waartoe net U geroep is en nie ons nie. Maar ons kan dit nie doen nie, Vader. Ons weet te veel. U evangelie, die Goeie Nuus, het ons gevange geneem en ons oë kom oopmaak. Ons het slawe van die liefde geword. Slawe van die liefde wat namens dié praat wat nie vir hulself kan praat nie. Slawe van die liefde wat ongeregtigheid moet uitdaag. Slawe van die liefde wat ’n streep in die sand trek tussen waarheid en leuen en omgee en selfvergrype. Gee ons die moed om te erken wat ons sien, om naam te gee aan die tekens van die tye. Gee ons die moed om gekruisig te word in die naam van Liefde. Amen.

Die webwerf kan help met Power Point beelde.

Preekstudie: Hebreërs 11:29-12:2

Teks en Konteks

Vers 29 sluit aan by vers 28 in dié sin dat die Israeliete nou die onderwerp is en nie meer Moses se geloof nie. Die feit dat die Israeliete nou die see oorsteek, wys dat hulle hulle vereenselwig met Moses se geloof. In ’n kritieke oomblik toon die Israeliete dat hulle die onmoontlike aanpak, bloot omdat God so gesê het. Die Israeliete se verlossing het gekom deurdat hulle met geloof geantwoord het. Ook die besitname van die beloofde land is gegrond op geloof. Die val van die mure van Jerigo is God se werk en Ragab is gespaar omdat sy aan God gehoorsaam was.

Vers 32-38 oorspan ’n tydperk van 1000 jaar – vanaf die Rigterstyd tot die Makkabeër tydperk. Die gedeelte kan in twee dele gedeel word. In vers 32-35 het die geloofshelde elke keer iets positief bereik, maar in die tweede deel lyk dit of die gelowiges net verloor en niks bereik nie. Dit is met hierdie tweede deel dat die skrywer vir die gemeente wil wys dat geloof nie altyd uitloop op die positiewe en op oorwinnings nie. Geloof beteken ook om God in moeilike, soms uitsiglose situasies, te vertrou en aan Hom vas te hou. Die mense het, in hulle moeilike situasie, nie hulle oë van God weggedraai nie, maar aan God se toekoms vir hulle vasgehou. Geloof behaal nie altyd kort termyn resultate nie. Ook hier waar die Hebreërgemeente swaarkry, moet hul langtermyn dink, die oë gevestig op Jesus wat die geloof in hulle begin het, wat hul geloof sal ondersteun en laat klaarmaak.

Hoofstuk 12:1-3 sluit nou hierby aan. Die rol van geloof is bespreek en met konkrete voorbeelde toegelig, maar hy het die meestervoorbeeld, die voorbeeld van alle voorbeelde, tot laaste gelos. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God. Hou Hom voor oë wat so ’n vyandige optrede van die sondaars teen Hom verdra het. Dan sal julle nie geestelik moeg word en uitsak nie (3).

Die skrywer het tot nou toe verskillende beelde gebruik om sake aan die orde te stel. In hoofstuk 11 het die skrywer die pelgrim-metafoor gebruik, nou maak hy gebruik van die metafoor van ’n maratonatleet. Met hierdie beeld wil hy klem lê op enduit volharding, enduit ywer, vasbyt en doelgerigtheid om klaar te maak. En as jy kyk na Jesus, dan het Hy klaargemaak omdat Hy ’n visie gehad het – met die vreugde wat in die vooruitsig was, kon Hy die vernederende saak van die kruisdood verduur. Volgens die waardesisteem van eer en skande in die Mediterreense wêreld was die dood aan ’n kruis ’n verskriklike skande. Dit het op algehele verwerping gedui. Tacitus beskryf dit as die “mees vernederende dood” (vgl A du Toit). Die kruisdood is gereserveer vir die gehardste misdadigers. Die oortreders is naak langs die hoofweë opgehang aan die kruis om verder deur verbygangers gespot te word. Vir die Jode is iemand wat aan ’n kruis hang deur God vervloek.

Die kruisdood het egter nie die laaste sê nie. Jesus sit nou aan die regterhand van God. Die Hebreërgemeente moet weet die swaarkry en stryd is draaglik, indien jy soos Jesus jou visie behou, jou oë stip op Jesus vestig. Jesus sal die werk wat Hy in jou begin het ook klaarmaak (die Begin en Voleinder van die geloof).

Preekvoorstel

’n Maratonwedloop is ’n lang wedloop en mens kan langs die pad moeg raak en uitsak. Tyd kan ’n groot bedreiging vir ’n mens se geloof raak. Dae word maande en maande word jare en jare word dekades en voor jou oë gebeur niks. Die wag word niks, die dae word niks en die jare word niks. Mense wat boonop onder druk verkeer raak moeg en moedeloos. En vra: is die geloof, die swaarkry, die gesukkel en opofferings die moeite werd.

Die aanvanklike opwinding en entoesiasme begin plek maak vir wag en die wegbly-van-waarna-ons-uitsien. As alles voor jou niks word. Gelowiges gaan dood, geliefdes word siek, armoede tree in, maar Jesus bly weg. Die eintlike toets kom na dae, weke en jare. Die toets lê daarin of ek nog in die wedloop is en met vasberaden-heid na die wenstreep hardloop met my oë nog op Jesus gevestig. Geloof is nie ’n saak vir die oomblik nie, maar vir jou hele lewe waar geloof oor jou hele lewenspan gemeet word. Het ek die goeie wedloop begin, die wedloop klaargemaak en in geloof geëindig?

Wanneer ’n mens aan barmhartigheid dink, dink mens dikwels aan hulp aan mense in nood; kospakkies, sopkombuise, geboue en strukture, ondersteuningsfondse en studiebeurse. Dit het natuurlik ook sy plek. In Hebreërs gaan dit om ’n ander nood; geloofsnood, geloofsverlies, geloofsdroogte, geloofsarmoede en geloofsuitputting.

Dit is die nood van ons tyd. Tussen al die filosofiese strominge deur; fundamentalisme, wat voorgee om jou geloof op te bou, die modernisme wat geloof na die private sfeer van jou lewe uitdruk, postmodernisme wat ’n plekkie vir geloof gee deur dit een van die produkte op die mark aan te bied en post-postmodernisme wat moeg is vir al die onsekerhede en waarheid wat koersloos rond dobber. Tussen al die filosofies-wetenskaplike en kwasie-wetenskaplike strome deur, is die vraag: Kan ek nog glo? Kan Jesus my nog help?

Ja, daar is ’n skare gelowiges wat voor jou reeds deur die geloofstryd gegaan het– filosofies, polities en fisiek met hulle lewe moes boet – wat klaar gemaak het. Hulle stryd was net so erg, soms baie erger as die stryd waarmee mense nou worstel. Daar is ’n groot skare geloofsgetuies wat elkeen in sy unieke omstandigheid sy lewensloop klaar gemaak en die geloof behou het.

Die geheim is tweërlei van aard. In die eerste plek het die Christene hulle oë stip op Jesus gehou. Dit is soos ’n skiboot wat deur die woeste branders gly, maar die kompas hou koersvas rigting. Die lewe kan jou soms baie rondskommel, rondgooi, teleurstel, seermaak. Jy kan by tye voel om tou op te gooi. Jy voel soms om te sê: staan stil aarde ek wil afklim. Hou die oog op Jesus. Hy wat die geloof in julle begin het, sal julle begelei om ook julle geloof klaar te maak. Hy is koersvas. Hy ken die uitkoms.

Daar is ’n tweede saak – die medegelowiges. Die ondersteunende rol wat medegelowiges speel is van groot belang. Hulle ondersteun nie net mekaar met konkrete materiële goed in die aanslag van die Romeinse regering teen hulle nie (10:31-39), maar ook in hulle geloofswedloop is die ondersteuning van mekaar daar. Telkens moet hulle vir mekaar sê dat ons net reisigers hier is, ons is met ’n wedloop besig wat ons na ons eintlike bestemming neem. Daarom, moenie die onderlinge byeenkomste mis nie (10:25): “. . . laat ons mekaar se hande vat en daarmee help, veral as ons daaraan dink dat dit nie meer lank is voor die Here weer kom nie” (Die Boodskap).

In hoofstuk 11 is daar geloofsgenote wat gewys het dat hulle God se toekoms vir hulle lewe raakgesien het. Hoofstuk 12 sluit by hierdie geloofsgenote aan wat klaargemaak het: “Hulle moedig ons aan om gelowig vol te hou met die wedloop” (Die Boodskap).

Du Toit verwys na ’n inskripsie wat in Indië ontdek is wat aan Jesus toegeskryf word:
Die wêreld is ’n brug.
Gaan daaroor na die anderkant,
maar moet jou nie daarop vestig nie.

Bronnelys

Attridge, H W 1989. Hebrews ; Du Toit, A  2002. Hebreërs vir vandag. ’n Bybelstudie vir dieper delwers; Ellingworth, P & Nida, Eugene A 1983. A translatershandbook on the letter to the Hebrews; Fensham, F C 1981. Die brief aan die Hebreërs; König, A 2012. Geloofskatte in Hebreërs. ’n Andersoortige Bybelstudie wat jou geloof sal verryk; Lane, William L 1991. Word Biblical Commentary; Montefoire, H W A 1977. Commentary on the epistle to the Hebrews; Smit, D. 1987. Die geloof dan is . . . 

Sections

© Missio 2024 | All rights reserved.