Dertiende Sondag in Koninkrykstyd

Picture of Woord en Fees

Dertiende Sondag in Koninkrykstyd

Liturgiese Voorstel

Leesroostertekste

Fokusteks: Lukas 14:1, 7-14
Ander tekste: Jeremia 2:4-13; Psalm 81:1, 10-16 of Spreuke 25:6-7; Psalm 112; Hebreërs 13:1-8, 15-16

Inleiding

Hierdie Sondag vier ons Barmhartigheidsondag om Jesus Christus se liefdeswerk onder  “almal” en “alles” voort te sit. Doen moeite om aandag te vestig op kerklike barmhartigheidswerk maar  ook  op die waarde van ’n  persoonlike lewenstyl van Christelike omgee en sorg.

Diensorde

God versamel ons voor Hom

Aanvangswoord (in aansluiting by die temas van nederigheid en gasvryheid.)
“maak my nie groot nie, Here
maar  laat my u grootheid sien
en weet hoe klein ek is
maak my nie slim nie
maar  laat my u wysheid sien
en weet hoe min ek weet
bring my nie op hoë plekke
vanwaar ek op ander  neerkyk nie
maar  laat my u voete sien
as ek buig
en weet
dat my voete van klei is
en as iemand in my
u lig sien
laat my onthou waarvandaan ek kom
en Wie my daar  gaan haal het”
(‘perspektief’ in Optelwoorde van Koos van der Merwe – 2001)

Diens van die Woord

Gebed om die opening van die Woord
Gebruik Psalm 119:33-46.

Kindertyd
’n Klein drama van onbarmhartigheid waarin die liturg iets lekkers eet en aan niemand anders uitdeel nie. Hy toets die kinders se reaksie of hy die Bybel reg verstaan?  Hy stel dit dan reg deur sy lekkergoed met hulle te deel en stuur hulle terug en om dit verder in die banke aan onbekende mense uit te deel (wat nie kan teruggee  nie –  Luk 14:14).

Diens van die tafel

Aan tafel
Op Barmhartigheidsondag kan mense wat by barmhartigheidsnetwerke van die gemeente betrokke is by die tafeldiens betrek word: Hetsy as gaste aan tafel, bedienaars wat uitdeel, bidders, aanbieders van getuienisse of lidmate in die banke met wie saam nagmaal gevier word.

Uitsending

Sang 

Verbintenis (uit die kernboodskap van die preek)
De Génestet se wysheid kan gebruik word in aansluiting by die temas van nederigheid en gasvryheid:
“Sit hul uit die kerk!” so roep jy luid.
“Sit jy liewer maar jou kerk so effens uit!”
(uit Deist – By die Kruispad – 1979)

Musiek en sang

Lofsange: Lied 203 “Loof die Here, al wat lewe”, Lied 205 “Bring lof aan die Vader”
Danklied: Lied 245 “Ek wat vergifnis Heer ontvang het
By die uitsending: Lied 489 “Waak, Christen, staan in die geloof”

Preekstudie: Lukas 14:1, 7-14

Teks

John D W Watts lees Jesaja as ’n drama en dit maak verrassende nuwe deure oop vir die verstaan van die teks. Die “toneel” speel vir hom soos volg af: God (en sy Boodskapper) spreek vanaf die “upper level” of koninklike balkon en die Judese aanbidders en die nuwe koning (Artasasta, 465-424 vC) is die aanhoorders en lewer selfs ook repliek. Die saak ter sprake is: Julle aanbid soos “julle” wil en nie soos “Ek” wil nie! Hieronder is ’n uiteensetting van die “draaiboek”. (Dit is dus, gesien in die lig van ’n geheelprentjie, onmoontlik om net vers 9b-14 aan die orde te stel!)

Wie is aan die w(W)oord Vers Teks
Jahwe aan sy Boodskapper 1, 2 1.  Die Here sê: Roep uit volle bors, moet niks verswyg nie! Laat jou stem hoor, duidelik soos ’n ramshoring! Wys my volk op hulle oortredinge, die afstammelinge van Jakob op hulle sondes.
2.  Hulle vra wel elke dag na my wil, asof hulle graag wil weet wat Ek van hulle verwag. Hulle gee voor dat hulle ’n nasie is wat doen wat reg is en hulle aan die bepalings van hulle God hou. Hulle vra My wel om regverdige beslissings asof hulle van my teenwoordigheid hou.
Judese aanbidders 3a 3a. Hulle vra: “Waarom vas ons, maar U sien dit nie, verootmoedig ons ons, maar U gee nie aandag daaraan nie?”
Jahwe 3b-6 3b. Dit is omdat julle op die vasdae doen wat julle wil en die mense wat vir julle werk, nog harder laat werk.
4.  Julle vasdae loop uit op twis en rusie, julle dam mekaar met die vuis by. Julle kan nie op hierdie manier vas en dan verwag dat julle gebed in die hemel verhoor sal word nie.
5.  Is dit ál wat Ek op ’n vasdag wil hê: net dat ’n mens homself verneder, dat hy sy nek buig soos ’n biesie en in sak en as sit? Noem jy dit ’n vasdag, ’n dag waarvan die Here hou?
6.  Is die vas wat Ek wil hê, nie dít nie: om dié wat onregverdig gevange gehou word, te bevry, om die juk wat op mense druk, af te haal, om verdruktes vry te maak, om elke juk te breek?
Jahwe aan Juda 7 7.  Is dit nie dat jy vir dié wat honger is, van jou brood gee nie, dat jy aan die armes en die dakloses ’n blyplek gee, dat wanneer jy iemand sonder klere teëkom, jy vir hom klere gee, dat jy jou medemens nie aan sy lot oorlaat nie?
Aan Artasasta 8a 8a. Dan sal die lig vir jou deurbreek soos die rooidag,
Aan Juda 8b 8b. jy sal gou herstel.
Aan Artasasta 8c 8c. Hy wat jou red, sal voor jou uit gaan, die mag van die Here sal agter jou aankom.
Aan Almal 9 9.  Dan sal jy roep, en die Here sal antwoord, jy sal om hulp roep, en Hy sal sê: Hier is Ek! As jy sorg dat mense nie meer by jou verdruk word nie, nie meer gedreig en vals beskuldig word nie,
Aan Artasasta 10-11a 10.  as jy jou wy aan dié wat honger het, as jy voorsien in die behoeftes van dié wat in nood is, sal die lig vir jou skyn wanneer dit donker is, sal wat vir jou nag is, word soos die helder middag.
11a. Die Here sal jou altyddeur lei; selfs in dor streke sal Hy in jou behoeftes voorsien. Hy sal jou sterk maak.
Aan Juda 11b 11b. Jy sal wees soos ’n tuin met volop water, soos ’n fontein waarvan die water nie opdroog nie.
Aan Artasasta 12 12. Jou mense sal die ou puinhope herbou, die fondamente herstel wat al geslagte lank bestaan. Jy sal bekend staan as ’n volk wat sy afgebreekte mure herbou, wat sy strate herstel sodat daar weer mense kan woon.
Aan Juda 13 13. As jy nie op die sabbat oortree nie, op my heilige dag doen net wat jy wil nie, as jy die sabbat ’n vreugde noem, as jy die heilige dag van die Here in ere hou, as jy dit eer deur nie jou gewone gang te gaan nie, nie te doen net wat jy wil nie, en nie handel dryf nie,
Aan Artasasta en Juda 14a 14. sal jy vreugde vind in die Here. Ek sal jou die land weer in besit laat neem, Ek sal jou laat eet van die opbrengs van die land van jou vader Jakob.
Boodskapper 14b 14b. Ek, die Here, het dit gesê. (Letterlik: Voorwaar, die mond van Jahwe het dit gespreek.)

Die situasie waarin Juda (na-eksilies) hom bevind, is dat alles nie so watwonders gaan nie. Hulle is uiteindelik terug in die land waarna hulle so verlang het, maar dit gaan haglik. Hulle het waarskynlik reeds ’n soort van tempel gehad en het met aanbiddingsgeleenthede begin, maar dit was vir hulle (en vir Jahwe) onverkwiklik en onbevredigend. Die volk wil doen wat hulle wil (lett: wat hulle plesier – v 3, חפץ), terwyl God iets anders wil hê (בחר) en van ander dinge “hou” (רצון) (v 5). Op sosiale vlak was die ekonomie onstabiel (Neh 5:1-8) en hoë belastings was aan die orde van die dag (Neh 5:4, 15). Die regering verdruk ook mense en dit het gelei tot allerhande opstandige optredes.

Vers 1: Die oortredinge en aanklag is die volk se eie wense en plesierighede wat belangriker geword het as God s’n. Die gevolg is twis en rusie (4), verdrukking (9) en onderlinge beskuldigings (pointing fingers).

Vers 2: Tog gee hulle voor dat hulle baie godsdienstig is.

Vers 3 en 4: Die een groot saak wat in hierdie gedeelte ter sprake kom is die vas. Die vasdae is aanvanklik uitgeroep sodat die val van Jerusalem betreur kan word. Dit is bedoel om as treur- en verootmoedigings-geleenthede te dien. Na die Ballingskap ontmoedig die profete die volk egter om te vas (Joël 2:13; Jer 14:12; Sag 7-8). Die vas as “treur” moet omgeskakel word in feestye . . . die aanvanklike gebruik van vas het vir Juda verander in iets waarvan die Here nie hou nie (v 3).

Die analise van die probleem is dat die volk wegkruip agter die “vas” as ritueel om sodoende God se guns te wen, of dan ten minste, om die seer en pyn van die hede te ontglip. Die tipiese uitspraak van Karl Marx dat godsdiens die “opium vir die volk” is, dat dit die verdowingsmiddel vir die volk word, is hier ter sprake.  Hulle wil die pyn van sosiale marginalisering en finansiële druk en slegte landsadministrasie verdoof deur agter die tempel se deure weg te kruip.

Hulle aksies korrespondeer nie met God se wense nie . . . en dit sit hulle “terug” waar hulle begin het (1:11-17). “In die bykans 300 jaar tussen vóór die ballingskap (740) en ná die ballingskap (465), het daar niks verander nie!” kan ’n mens Jahwe hoor sê.

Vers 5: Die vers lui die tora (reëls) vir behoorlike aanbidding in: dit begin en eindig by wat God wil hê . . .  nie net (en dis baie sarkasties gestel) “’n nekkie wat buig” en “in sak en as sittery” nie! Aanbidding het baie meer praktiese implikasies.

Vers 6: Drie sake is van belang ten opsigte van hulle aanbidding: Eerstens moet die onregverdiges bevry word. Die kern element van God se boodskap deur die eeue is: vrymaak (Ps 31:6). Die volk word aangemoedig om die juk af te haal van diegene wat verdruk word.

Vers 7: Tweedens moet brood aan die hongeriges uitgedeel word en derdens moet klere uitgedeel word. Eers dan is daar sprake van egte aanvaarbare aanbidding. Tradisioneel kon lede van die volk wat arm of broos of uitgelewer was hulle na familielede wend (vgl Rut). Die na-eksiliese volk is egter verskeur, vermoor en ontgogel, gesinne en families is verstrooi en . . . wie moet dan help? Die volk moet!

Vers 8: Die Persiese amptenare moet dit ook weet. As hy wat die land regeer die beskerming van Jahwe wil hê, moet hy ook die sosiale probleme aanspreek. Die taal wat gebruik word, is “uittog”-taal . . . die beskerming van God voor jou uit en agter jou (vgl die wolk- en vuurkolom)

Vers 9: Dan . . . As God se voorskrifte gevolg word . . . Let op; Die volgorde dui alles op God se soewereiniteit. Artasasta en die volk moet weet dat die volgorde is soos wat God dit voorskryf, nie andersom nie.

Vers 10: Die politieke leiers moet ook aan die hulpeloses aandag gee.

Vers 11: Jahwe sal hom dan lei sodat Juda voorspoed sal geniet. Soos ’n fontein sal die water uitborrel.

Vers 12: Die opdragte is aan Sirus (Jes 44:26; 45:13) en aan Darius gegee (Artasasta se oupa, Jes 49:8b-9a) en word nou met Artasasta bevestig. Hy sal die herbouer genoem word as hy doen soos die Here wil hê hy moet. Uit Esra 4:7-24; 7:1-28 en Nehemia 2:1-9 is dit duidelik dat Artasasta wel gehelp het met die herbouprogram.

Vers 13: Die vermelding ten opsigte van die Sabbatsonderhouding gaan oor die lojaliteit jeens Jahwe. Dit geld hier as ’n toets vir lojaliteit. Die “issue” is steeds: God se wil of ons s’n?

Vers 14: “As julle doen wat Ek vra, sal julle bekers oorloop”. Om die belangrikheid van die hele toneel te onderstreep net nog een ding: Die woorde is nie sommer net afkomstig van enigiemand af nie, maar dit kom van Jahwe self af! Dit kom uit sy mond!

Konteks

Ons het hier te make met vroom mense, wat in die tempel is en tog is geweld, verdrukking en wedywering deel van hulle lewe. Hulle ontvang nie die vrede en seën van Jahwe nie, omdat hulle aanbidding net vertikaal geskied en nie die armes, verdruktes, hongeriges, weduwees en wese insluit nie. Hulle aanbidding het ’n aksie geword wat vir hulle reg sou voel. Hulle probeer skuil agter die “kerk”-deure. Hulle word opgeroep om anders te aanbid. “The kind of worship God will choose and honour is not ostentatious self-abnegation in fasting with much beating of breasts, but acts which overcome the problems”. Om God te behaag moet jy (i) verkeerd-hede erken, (ii) die wat dit doen stop en (iii) die slagoffers te hulp snel! As dit nie die voorspel tot aanbidding is nie, sal die seën wegbly. “Fasting in sorrowful memory of Jerusalem’s great catastrophe and as a symbol of humiliation before God became a problem when it failed to move one to look toward the future.” As vas, saam met hartseer oor sonde en vergifnis van sonde lei tot nuwe oplossings, kan dit bruikbaar en baie terapeuties wees. Indien dit net ’n doel op sy eie is, is dit steriel en kontraproduktief.

Verskeie invalshoeke is moontlik vir ’n preek. Die universaliteit van God se guns kon een wees. (Regeerders, selfs al is hulle nie gelowiges nie, word ook deur God aangespreek en gebruik.) ’n Volgende kan wees oor die soewereiniteit van God wat oor alles en almal regeer en ons rebellie teen Hom. Jy kan ook die diepte van aanbidding (worship) aan die orde bring. Die preekvoorstel hieronder is ’n poging om te laat blyk dat ware aanbidding ook te make het met die wêreld waarin ons leef, die mense wat ons pad kruis en wat ons so moeilik onder ons velle laat inkruip.

Preekvoorstel

Iemand het eendag vir die antropoloog Margaret Mead gevra wat die vroegste teken van beskawing in enige kultuur sou wees. Hy het gemeen die antwoord sou iets wees in die lyn van ’n kleipot of ’n vishoek of ’n maalsteen. Haar antwoord was dat dit ’n femur, dybeen, sou wees wat genees het. Sy het verduidelik dat ’n femur wat genees het, in die “surival of the fittest”-reël van die oerwoud, beteken dat een persoon ’n ander, wie se dybeen gebreek was, se jag- en versorgingstaak oorgeneem het totdat die ander een se femur kon aangroei en genees. Die bewys van “compassion” is die eerste teken van beskawing.

Hierdie teks noop ons om baie krities na ons godsdienspraktyke te kyk en na wat dit werklik beteken om kerk te wees . . . hoekom kom ons kerk toe? Is dit op ons of op God se voorwaardes?

’n Ongeletterde jong knaap van so 23 jaar oud, wat geen  skoolopleiding gehad het nie, stap eendag die apteek binne. Hy gaan  reguit na die apteker en vra vir hom of hy asseblief net gou sy telefoon vir ’n plaaslike oproep kan gebruik. Die apteker moes vir hom die nommer skakel want die knaap kon nie lees of skryf nie. Die apteker doen dit en oorhandig die spreekbuis aan die ongeskoolde jongman om te praat. “Hallo”, sê die jongman, “Hallo, dr Anderson”. “Dr Anderson . . . soek u nie dalk iemand om te huur om u gras te sny, u motor te was, u aflewerings en al die ander los werkies vir u te doen nie? O, u het alreeds ’n knaap wat dit vir u doen, maar dr Anderson, is u doodseker, u is heeltemal tevrede met die werk wat die knaap vir u doen? Goed dan, totsiens, dr Anderson.”

Toe die jongman die gehoorstuk terug plaas en die apteker bedank vir die oproep, sê die apteker vir hom . . . “Wag so ’n bietjie . . . Soek jy werk, want ek kan doen met ’n handlanger soos jy?”

“Dankie oom”, sê die jongman, “maar ek het ’n ‘job’”.  Verbaas vra die apteker; “Het jy dan nie nou net probeer om by dr Anderson werk te kry nie?”

“Nee oom”, sê hy, “u sien, ek is die knaap wat vir dr Anderson werk. Ek het myself maar net ’n bietjie getoets.”

Dit is mos nodig om kort-kort net weer selfondersoek in te stel, om te bid: “Here leer ons hoe belangrik dit is om ’n keer deeglik selfondersoek te doen, nie net oor ons geestelike lewe nie, maar ook oor ons lewe tuis met ons gesin, by die werk oor ons gesindheid teenoor ons kollegas en oor die werk self wat u vir ons gegee het om te doen.” Dit kan so maklik gebeur dat ons aanbidding te make het met tegnieke en metodes en frilletjies en valletjies, terwyl God veel dieper kyk. Ons kan so dikwels verlore raak in liturgieë, stiltes, liedere se hoë of lae kerklike gebruikswaarde, preke se korrektheid en deeglikheid, gebede se formuleringe en handgebare en kleredrag en verstaansmoontlikhede of -beperkinge, dat ons aanbidding soms so steriel word sonder die egtheid wat God verlang. ’n Seuntjie bid eendag nadat hy van die kerk af gekom het: “Dear God, we had a good time at church today . . . but I wish you had been there.”

Uiteindelik – eintlik van die begin af – gaan aanbidding oor baie meer as net ’n vertikale dimensie. Dit gaan daaroor dat ons in die driedimensionele wêreld moet klim, waar Jesus en die evangelie meer as net ’n storie op papier moet wees, anders word dit soos ’n “movie on a screen: great to watch and sometimes I even cry or laugh, but it made no difference in my or others’ world”

Diedrich Bonhoeffer het dit goedkoop genoem: “Cheap grace is the preaching of forgiveness without requiring repentance, baptism without discipline, communion without confession, absolution without personal confession. Cheap grace is grace without discipleship, grace without the cross, grace without Jesus Christ, living and incarnate.”

“Humpty Dumpty sat on a wall, Humpty Dumpty had a great fall” . . . dis die wêreld waarin ons leef: flenters en nerfaf! Dis in dié wêreld waar ons mense die vryspraak van God moet laat belééf en nie net laat hoor nie.

Iemand het eenkeer gesê daar is net twee soorte mense: “Lifters” of “Leaners”. . . lig ons die juk van ander af, of leun ons net nog verder met ons gewig op ander?

Die belangrikste vraag wat ons ons moet afvra is: Hoekom is ons hier . . . ons voorwaardes of God s’n? Wat is die motiewe agter ons godsdiens?

Die kerk het mos ’n kom-en-gaan-struktuur. Ons kom as volk van die Here bymekaar maar verlaat dan die kerkgebou en gaan leef in die wêreld. In hierdie wêreld wat van Maandag tot Vrydag agter geld en sukses aan jaag, wat Saterdag agter plesier aan jaag en Sondag so ’n rukkie terloops ook wil hoor wat God sê, moet ons 24/7 God aanbid! Aanbidding het meer as ’n vertikale dimensie; dit het bepaald ook ’n horisontale dimensie . . . sien jy om jou raak? Hoor jy die pyn van verbrokkelde gesinne? Voel jy die koue van onder ’n kartondoos slaap? Verstaan jy die hartseer oumens-oë? En (9) . . . begryp jy die reikwydte van God se liefde? Hy wil dit deur ons doen!

’n Klein plattelandse kerkie het die gewoonte gehad om elke Sondag met die intreelied na regs te draai en dan die lied te sing. ’n Besoeker het die regsdraaiery baie vreemd gevind en navraag daaroor gedoen. Niemand kon werklik ’n antwoord gee nie en die standaard antwoord was dat dit maar altyd so gedoen is. ’n Ou man het toe gesê hy onthou so vaagweg hoe dit gekom het . . . toe hy ’n klein seuntjie was, was die woorde van die lied op die muur aan die regterkant geverf en die mense het dan regs gedraai om dit te lees. Die verf het mettertyd verbleik en die muur is al verskeie kere oorgeverf, maar die (leë) tradisie het gebly!

Ware aanbidding mag nooit ooit verbleik en toegeverf word nie! Ons moet juis met volkleur in vaal mense se lewe inverf . . . iets van God se genade inverf! Dis ware aanbidding!

Sections

© Missio 2024 | All rights reserved.