Derde Sondag van Paastyd

Sections

Oorsig

Die naam van die Sondag is Misericordias Domini, “Die troue liefde van die Here” uit Psalm 33:5-6. Die troue liefde van die Here maak van ons sy kinders. Ons sal eendag wees soos Hy. Daarom moet ons rein lewe.

Die Here het in ons plek gesterf en sy krag werk deur ons (Hand 3:1-7). Die Here hoor die wat aan Hom getrou is as hulle roep en verlos hulle (Ps 4). Die lewende Here is by ons en lei ons sodat ons glo en die Skrif verstaan.

Die liturgie van hierdie Sondag vier die troue liefde van die Here wat van ons sy kinders maak.

Ander tekste

Handelinge 3:1-7
Die genesing van die verlamde man
3 Een middag om drie-uur, die tyd van die gebed, was Petrus en Johannes op pad tempel toe. 2Net toe word daar ’n man aangedra wat van sy geboorte af lam was. Sy mense het hom elke dag by die tempelpoort wat Mooipoort genoem is, neergesit om by die tempelgangers te bedel. 3Toe hy vir Petrus en Johannes sien, net voor hulle in die tempel ingaan, het hy van hulle iets gevra. 4Petrus en Johannes kyk hom toe stip aan, en Petrus sê: “Kyk na ons.”

5Toe kyk die man na hulle in die hoop dat hy iets van hulle gaan kry. 6Maar Petrus sê: “Geld het ek nie; maar wat ek het, gee ek vir jou: in die Naam van Jesus Christus van Nasaret, staan op en loop!”

7Hy vat toe die man se regterhand en help hom op, en onmiddellik het sy voete en enkels sterk geword. 8Hy het opgespring en regop gestaan, en hy kon loop. Daarna het hy saam met hulle in die tempel ingegaan terwyl hy geloop en gespring en God geprys het. 9Al die mense het gesien dat hy loop en God prys; 10maar toe hulle besef dat dit hy is wat voor die tempel by die Mooipoort gesit en bedel het, was hulle baie verbaas en verwonder oor wat daar met hom gebeur het.

Psalm 4
U alleen laat my veilig woon
4 Vir die koorleier: met snarespel.
’n Psalm van Dawid.
2O God wat aan my reg verskaf,
antwoord my as ek roep.
Toe ek in die nood was,
het U my bevry.
Wees my ook nou genadig
en hoor my gebed!
3Hoe lank gaan julle my eer nog skend,
mense,
gaan julle valsheid liefhê
en voorkeur gee aan leuens?
4Besef tog dat die Here
wonders gedoen het
vir dié wat aan Hom getrou is.
Die Here hoor as ek na Hom roep.
5As jy ontsteld raak, moenie sondig nie;
dink in stilte daaroor na as jy gaan lê,
en laat dit daarby!
6Julle moet die offers bring
wat aan julle voorgeskryf is,
en julle moet op die Here vertrou.
7Daar is baie wat sê:
“Wie sal dit weer met ons
goed laat gaan?”
Wees ons tog weer goedgesind, Here,
help ons!
8U het my reeds groter vreugde
laat belewe
as wat daar is by mense
wat koring en wyn in oorvloed het.
9Nou sal ek onbesorg gaan lê
en dadelik aan die slaap raak,
want, Here, U alleen laat my
veilig woon.

Lukas 24:36b-48
Jesus verskyn aan die dissipels
(Matt 28:16–20; Mark 16:14–18; Joh 20:19–23; Hand 1:6–8)
36Terwyl hulle nog oor hierdie dinge praat, staan Jesus self meteens daar tussen hulle en sê vir hulle: “Vrede vir julle!”

37Hulle het geweldig geskrik en bang geword en gedink hulle sien ’n gees. 38Hy sê toe vir hulle: “Waarom is julle so verskrik, en waarom kom daar twyfel in julle harte? 39Kyk na my hande en my voete: dit is tog Ek self. Voel aan My en kyk! ’n Gees het tog nie vleis en bene soos julle sien dat Ek het nie.” 40Terwyl Hy dit sê, wys Hy vir hulle sy hande en voete.

41Toe hulle van blydskap en verwondering nog nie kon glo nie, sê Hy vir hulle: “Het julle hier iets om te eet?”

42Hulle gee Hom toe ’n stuk gebakte vis. 43Hy het dit gevat en voor hulle oë geëet.

44Daarna sê Hy vir hulle: “Dit is die betekenis van die woorde wat Ek vir julle gesê het toe Ek nog by julle was, naamlik dat alles vervul moet word wat in die wet van Moses en in die profete en psalms oor My geskrywe is.”

45Toe open Hy hulle verstand om die Skrif te verstaan. 46Verder sê Hy vir hulle: “So staan daar geskrywe: ‘Die Christus moet ly en op die derde dag uit die dood opstaan, 47en in sy Naam moet bekering en vergewing van sondes aan al die nasies verkondig word, van Jerusalem af en verder.’48Julle is getuies van hierdie dinge. 49En Ek sal die gawe wat my Vader beloof het, vir julle stuur. Maar julle moet in die stad bly totdat julle met krag van bo toegerus is.”

Fokusteks

1 Johannes 3:1-7 
Kinders van God
28En nou, liewe kinders, julle moet in Hom bly, sodat ons almal niks te vrees sal hê wanneer Hy kom nie en by sy wederkoms nie beskaamd voor Hom sal staan nie. 29Aangesien julle weet dat Hy regverdig is, weet julle ook dat elkeen wat regverdig lewe, ‘n kind van God is.

3 Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het: Hy noem ons kinders van God, en ons is dit ook. En die wêreld ken ons nie, omdat dit Hom nie ken nie.

2Geliefdes, ons is nou reeds kinders van God. Dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie, maar ons weet dat, wanneer Jesus kom, ons soos Hy sal wees. Ons sal Hom sien soos Hy werklik is. 3Elkeen wat hierdie verwagting in verband met Hom koester, hou homself rein soos Jesus rein is.

4Elkeen wat sonde doen, oortree die wet van God. Sonde is immers oortreding van die wet van God. 5Julle weet dat Jesus gekom het om die sondes weg te neem, en daar is geen sonde in Hom nie. 6Iemand wat in Hom bly, hou nie aan met sondig nie; iemand wat aanhou sondig, het Hom nie gesien nie en ken Hom nie.

7Liewe kinders, moenie dat iemand julle mislei nie: wie regverdig lewe, is regverdig soos Hy regverdig is; 8wie aanhou sonde doen, behoort aan die duiwel, want die duiwel hou van die begin af aan met sondig. En die Seun van God het juis gekom om die werk van die duiwel tot niet te maak.

9Iemand wat ‘n kind van God is, doen nie meer sonde nie, omdat die Gees van God in hom bly; en hy kan nie meer sondig nie, omdat hy uit God gebore is. 10Hiéraan is dit duidelik wie kinders van God en wie kinders van die duiwel is: iemand wat nie regverdig lewe nie en nie sy broer liefhet nie, behoort nie aan God nie.

Ekstra stof

Met erkenning aan www.bybelskool.com.

Kinders van God doen wat reg is en het mekaar lief
Johannes gaan vêrder met sy verduideliking van wat die Christelike lewe behels as dit in God Drie-enig begrond is.

  • Kinders van God doen wat reg is – 2:28-3:10.
  • Kinders van God het mekaar lief en lê hulle lewens vir mekaar af – 3:11-24 (die teks vir volgende week).

Kinders van God doen wat reg is – 2:28-3:10
Johannes motiveer sy oproep om aan te hou om te doen wat reg is met vyf perspektiewe:

  • Hy waarsku hulle dat hulle vrymoedigheid by die Here Jesus se wederkoms skade sal ly as hulle beskaamd voor Hom staan oor hulle gebrekkige Christelike lewe.
  • Hy wys hulle op Jesus se regverdige karakter wat hulle moet aanspoor om te doen wat reg is.  Dit sal aan hulle hul kindskap bevestig.
  • Hy bemoedig hulle met die feit dat hulle kindskap ‘n bewys van God die Vader se groot liefde is.  En dit is inderdaad so, dat hulle God se kinders is, hoewel die presiese nuwe gestalte by die wederkoms nog ondeursigtig is.
  • Dit is dié hoop wat ons aanspoor om onsself rein te hou en die sonde te vermy.  Jesus het immers gekom om ons van ons sonde te verlos en ons deel van Homself te maak.  Ons kan dus nie aanhou met sondig en steeds deel van Hom bly nie.
  • Die onderskeid tussen dié wat van God is en dié wat van die duiwel is, word in ons lewe van regdoen sigbaar.  Die Here Jesus het gekom om die werke van die duiwel te vernietig.  Wie dus in Hom bly, het deel aan die verlossing van die sonde, want God se saad, sy natuur, bly in hom of haar.

Liturgie

RUS

Toetrede: Lied 413 of Flam 152 of VONKK 282

Votum
Seëngroet

Lofsang: Lied 186

Toewyding: Lied 230 of Flam 28 of VONKK 226

Genadeverkondiging en vermaning: 1 Johannes 3:1-7

Toe-eiening: Lied 341 of Flam 15

Geloofsbelydenis

HOOR

Gebed: Lied 256 of VONKK 282:4

Skriflesing: 1 Johannes 2:28-3:10

Familie-oomblik
Preek

LEEF

Gebed
Dankoffer

Slotsang: Lied 292 of Flam 228

Seën

Respons: Lied 413 Laaste Keervers:  Loof God die Jeer, loof God die Heer.  Halleluja! Halleluja!

God nooi ons uit en ons kom tot rus

Rus

Toetrede
Lied 413 “Kom, Koningseuns en –dogters saam” of
Flam 152 “Vader, Heer, Ek Buig My Neer “of
VONKK 282 “Spreek, Heer, in die stilte”

Votum
(oorweeg gerus om elke Sondag van Pase dieselfde votum te gebruik:
Liturg: Die Here het opgestaan!
Gemeente: Die Here het waarlik opgestaan!

Seëngroet
L: Omdat Jesus leef en regeer, is daar nou vir elkeen van ons genade en vrede!
G:  Amen

Lofsang
Lied 186 “Ons kom loof U as ons Vader”

Toewyding
Lied 230 “O Jesus, in U lyding” of
Flam 28 “Heer Omvou My” of
VONKK 226 “Neem, Heer, my hart

Genadeverkondiging en vermaning: 1 Johannes 3:1-7

Toe-eiening
Lied 341 “Troue Here van my lewe” of
Flam 15 “Kom Ons Loof En Dank Nou Die Heer”

Geloofsbelydenis
Ek glo in Jesus Christus
die Mens na God se hart
wat God se wil gekies het
om deur die haat en klein begrip
van mense ‘n doringkroon te dra,
en van God geskei te word
in die Godverlatenheid van Golgota ­
die doderyk deurgrond het
en opgestaan het
dat ons onvervreem van God
verby die dood ewig vry kan lewe.
Ek glo in hierdie Jesus
wat opgevaar het na die Vader
en vandaar die sagte oordeel bring
omdat Hy nader aan my is
as wat ek aan myself is;
my kern ken,
verby die vel
tot in die chemie van die sel;
wat weet hoe diep my blindheid is
en my vashou ­–
styf teen die braille van Sy lyf.
(Fragment van  Blydenuus van Geloof deur Wilhelm Jordaan, uit “Gebedeboek met liturgiese Voorstelle”)

Liedere

VONKK 282 “Spreek, Heer, in die stilte”
Teks: Speak, Lord, in the stillness – Emily May Grimes Crawford 1864-1927; Hannes van der Merwe 2013 ©
Melodie: QUIETUDE – Harold Green 1925 Orrelbegeleiding 1: Gerrit Jordaan 2014 © Orrelbegeleiding 2: Harold Green 1925
Kantoryverwerking 1: Gerrit Jordaan 2014 © Kantoryverwerking 2: Harold Green 1925
© Teks, orrelbegeleiding 1 en kantoryverwerking 1: 2014  VONKK-Uitgewers (admin Bybel-Media)
© Melodie, Orrelbegeleiding 2 en Kantoryverwerking 2: Openbare besit
RUBRIEK:  Klassiek – Toetrede en Aanroeping / Voorbereiding om God se Woord te hoor

Spreek, Heer, in die stilte;
spreek nou deur u Gees.
Laat ons in ons harte
stil-ontvanklik wees.

Wees Uself teenwoordig,
bid ons van U, Heer.
En ontmoet ons, Vader,
in wat hier gebeur.

Vul ons met die kennis
van u heil’ge wil,
sodat ons gehoorsaam
só ons lewe vul.

Heer, u kinders luister –
raak ons harte aan.
Ons wil met u opdrag
deur ons lewe gaan.

VONKK 226 “Neem, Heer, my hart”
Teks: Cecilia van Tonder 2009 ©; gewysig VONKK Werkgroep 2013 Musiek: FRANCOIS – Cecilia van Tonder 2009 ©
Orrelbegeleiding, klavierbegeleiding en  musikale verryking: Cecilia van Tonder 2012 © © 2012 VONKK Uitgewers (admin Bybel-Media)
RUBRIEK: Kontemporêr – Toetrede en Aanroeping / Skuldbelydenis en Genadeverkondiging / Gebede / Geloof en Vertroue

Neem, Heer, my hart en reinig my.
U laat u Gees hier binne-in my bly.
Help my om altyd U te eer.
Maak my gehoorsaam, Heer.
U het my eerste in genade gevind.

Dit is die wonder: Ek is steeds u kind.
Ek lê my lewe voor U neer.
Maak my gehoorsaam, Heer.

F152. “Vader, Heer, Ek Buig My Neer”
(RUBRIEK: Flam – Verwondering) Oorspronklike titel: Father God, I wonder
Teks en musiek: Ian Smale Afrikaanse vertaling: 2006 Johan Engelbrecht © Kingsway’s Thankyou Music / Universal Songs

Vader, Heer, ek buig my neer,
verwonder my net elke keer
oor U wat alles van my weet
en steeds my God wil wees.
En nou is ek u kind ek mag nou
deel wees van u huisgesin
en ek sal nooit weer eensaam wees nie.
Vader, U is altyd by my!

Refrein: (x2)
Heer, ek loof en prys U!
Heer, ek loof en prys U!
Heer, ek loof en prys U
solank ek leef!

F28. “Heer Omvou My”
(RUBRIEK: Kruisfuur – Afhanklikheid / Geloof en Vertroue / Gebed)
Teks en musiek: Johan Steenkamp © 2007 Urial Publishing

1. U’t die lydenspad vir my kom loop
en ek is deur U bloed ook vrygekoop.
Maar die wêreld rondom my
sê die sonde maak my vry.

2. O Heer, omvou my as die nag
my omsluit van alle kante –
en as die donker U kind weg wil lei,
Heer, omvou my, maak my vry.

F15. “Kom Ons Loof En Dank Nou Die Heer”
(RUBRIEK: Flam – Lof) Oorspronklike titel: Onbekend
Teks en musiek: Onbekend  Afrikaanse vertaling: 2005 Greta Delport-Benade
© 2005 MAR Gospel Music Publishers (Opgeneem op FLAM, vol 1)

Kom ons loof en dank nou die Heer
vir al sy liefde ons bewys, ons lewens deur.
Hy bewaar ons, Hy maak ons vry.
Hy sal vir ewig, altyd by ons bly.
Loof die Heer!
Kom ons loof die Heer, daagliks meer en meer,
vir goedheid, vir die voorreg om vandag sy kind te wees.
Kom ons sing nou saam. Kom ons prys sy Naam.
Gee jou hart aan Hom en Hy sal ware vrede gee.

F228. “Waarom Is Ek Hier? (Nuwe Mens)”
(RUBRIEK: Kruisfuur – Diens en Getuienis)
Teks en musiek: Neil Büchner © 2007 Urial Publishing

Waarom is ek hier?
Waarvoor het U my geskep?
Wat sal ek doen, op aarde, met my dae?
Waarom is ek hier?
Waarvoor het U my geskep?
Wat sal ek doen, op aarde, met my dae?

Pre-refrein:
Is ek vir u behae beplan?
’n Kind van u familie?
Gemaak om soos u Seun te leef?
’n Dienaar wat wil dien?
Brandend vir sending?
Of om te sien dat ek kan:

Refrein:
Lewe
as ’n nuwe mens.
Lewe
as ’n nuwe mens.
Wys my, lei my, leer my altyd om te
lewe
as ’n nuwe mens.

Brug:
Aanbidding, familie, mense wat soos U leef,
bediening, sendinghier om te kan sien. (x3)

Refrein:

God praat met ons en ons luister

Gebed
Lied 256 “Laat klink die boodskap nog ‘n keer” of
VONKK 282 Spreek, Heer, in die stilte” (v4)

Skriflesing: 1 Johannes 2:28-3:10

Familie-oomblik
Preek

Familie-oomblik

Gesels met die kinders oor wat hulle eendag wil word.  Dalk het jy self ‘n storie van hoe jy gedroom het om iets te word – en óf iets heeltemal anders geword het, of geword het wat jy altyd gesê het jy gaan word.  Laat nog van die grootmense vertel wat hulle as kinders wou word en wat hulle vandag is. (Of laat mense in die banke vir mekaar vertel.  Op dié manier kan ouers die stories met hul kinders deel, maar sluit jy ook nie mense uit wat nie met kinders in die erediens is nie.)

Ons weet nie wat julle gaan word wanneer julle groot is nie.  Dalk gaan jy ‘n dokter word.  Of ‘n onderwyser/es.  Of ‘n tennisspeler.  Maar ons weet nie!  Dit bly ‘n misterie.  Ons moet maar wag en kyk.

Maar wat ons wel weet, is dat julle kinders van God is.  Wanneer julle grootword, gaan julle steeds dieselfde wees:  kinders van God!  God het ons so lief dat, maak nie saak wát ons eendag word nie, ons bly kinders – God se kinders.
OF
Koop die Kindle weergawe van Gaston deur Kelly DiPucchio  (illustrasies Christian Robinson) – jy kan dit tydens die diens direk op die skerm projekteer terwyl jy dit lees.

Amazon se opsomming:  A bulldog and a poodle learn that family is about love, not appearances in this adorable doggy tale from New York Times bestselling author Kelly DiPucchio and illustrator Christian Robinson.

This is the story of four puppies: Fi-Fi, Foo-Foo, Ooh-La-La, and Gaston. Gaston works the hardest at his lessons on how to be a proper pooch. He sips—never slobbers! He yips—never yaps! And he walks with grace—never races! Gaston fits right in with his poodle sisters.

But a chance encounter with a bulldog family in the park—Rocky, Ricky, Bruno, and Antoinette—reveals there’s been a mix-up, and so Gaston and Antoinette switch places. The new families look right…but they don’t feel right. Can these puppies follow their noses—and their hearts—to find where they belong? 

Vers 2 van ons skrifgedeelte:  Geliefdes, ons is nou reeds kinders van God. Dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie, maar ons weet dat, wanneer Jesus kom, ons soos Hy sal wees. 

Ons identiteit word gevorm deur ons gevoel van “behoort”.  Net soos Gaston – wie hy dink hy is word gevorm deur die familie waarvan hy deel is.  Al is hy ‘n bulldog, leef hy as ‘n poedel omdat sy familie poedels is.  Gaston stap met grasie, dra pink strikkies en ry in styl.

Gesels dan oor hoe die feit dat ons God se kinders is – aan God se familie behoort – ons identiteit vorm.   Dit sluit aan by punt twee van die preek:  “Dit vertel van die belangrike ankers in ons lewe. Ons teks herinner ons van watter verhaal ons deel is. Ons is deel van God se inisiatief om liefdevol na die wêreld uit te reik en mense in Christus deel te maak van God se familie.”

Preekriglyn

[Nota: Die preek veronderstel dat die prediker die teks voorlees vanaf 1 Johannes 2 vers 28 tot by 3 vers 10. Onderstaande, ‘n geredigeerde weergawe van die preek in Woord en fees, werk met die tema van “in Christus”, wat in die teks voorkom, maar gee ‘n oorsigtelike perspektief daarop vanuit temas uit die breër 1 Johannesbrief.]

Alister McGrath (gerekende natuurwetenskaplike en teoloog) vertel dat sy tannie ‘n paar jaar gelede oorlede is. Sy was in haar tagtigs, maar het nooit getrou nie. Toe die familie haar besittings uitsorteer, kom hulle op ‘n gehawende foto van ‘n jongman af. Dit was die liefde van die ou dame se lewe, maar die verhouding het tragies geëindig. Sy tannie het nooit weer iemand liefgekry nie, en het die foto van die man wat sy liefgehad het lewenslank bewaar. Om die waarheid te sê, die foto het vir haar belangriker geword hoe ouer sy geword het.

Waarom? Soos die jare aanstap het Alistair se tannie besef dit word moeiliker om te glo en te onthou daar was eenmaal iemand wat haar liefgehad en vir haar omgegee het. Dit sou toenemend kon begin lyk na ‘n droom, ‘n illusie, iets wat sy in haar grysheid uitgedink het om haarself te vertroos. Behalwe vir die foto. Die foto het haar herinner aan die werklikheid van haar liefde, en die liefde wat sy van die jongman ontvang het. Dit was haar enigste skakel met die wêreld waarin sy gewaardeerd en bemind was.
(Alister McGrath, Doubting: Growing through the Uncertainties of Faith, InterVarsity, 2006)
Grafika: Eiendom van Adam Moralee.

Veranker

Ons het herinnering en verankering nodig. Ons het dinge nodig wat ons help onthou wie ons is, waar ons vandaan kom, en waarheen ons op pad is. Dit is nodig, sodat ons op koers bly, bly onthou van watter lewensverhaal ons deel is.

Ons teks is soos die vergeelde foto tussen ‘n ou dame se besittinkies. Dit vertel van die belangrike ankers in ons lewe. Ons teks herinner ons van watter verhaal ons deel is. Ons is deel van God se inisiatief om liefdevol na die wêreld uit te reik en mense in Christus deel te maak van God se familie.

Ons teks is soos ‘n familiefoto waaruit dit duidelik bly ons is kinders van die lewende God. Ons teks herinner ons om “in die foto” te bly, want dit is ons identiteit en ons roeping: ons is kinders van God. Ons is in Christus.

“In Hom bly”

Die oproep om “in Christus” te bly kom soos ‘n refrein deur ons teks voor. Johannes skryf reeds in 2:28: “En nou, liewe kinders, julle moet in Hom bly, sodat ons almal niks te vrees sal hê wanneer Hy kom nie en by sy wederkoms nie beskaamd voor Hom sal staan nie.”

“Om in Jesus (die Seun) te wees en te bly,” is ‘n werklike diep en ryk begrip, wat baie vir Christene te sê het:

  • Dit beskryf die rykdom van wat ons van God ontvang, asook
  • die praktiese verpligting wat dit meebring vir ons lewe.

Kom ons ontgin iets van die betekenis daarvan aan die hand van ons brief. Ons gaan aandag gee aan die volgende aspekte:

  • Ons is in God en in Christus
  • Hoe ons in Christus gekom het
  • Hoe ons weet dat ons in Hom bly
  • Hoe “in Hom bly” prakties lyk
Ons is in God en in Christus

Johannes skryf “Ons is in die ware God, in sy Seun, Jesus Christus” (5:20).

Om in Jesus te wees, is om in God te wees. Om in God te wees beteken ook God is in ons. Dit is waar van die gemeente, van elke gelowige. Dit is wat ons as gemeente oor onsself moet weet, mag glo. Dit is die vertrekpunt van alles wat van die gemeente gevra word, verwag word. Dit is die gedagte waarmee ons brief begin, wat sterk in ons teks beklemtoon word, en waarmee die brief afsluit.

Meer as belewenis

Ons moet hierdie “in God, in sy Seun” nie verstaan as bloot die ervaring van ‘n mistieke eenheid met God nie. Dit is natuurlik ‘n ervaring, maar is ook meer as dit. Daar is geseënde “bergtopervarings” in ons geloof, maar bly in Hom is meer as net ervaring.

“In Christus” het die betekenis van ‘n gemeenskap wat nie net op bepaalde hooggestemde momente (soos in ‘n erediens; Paulus se bekeringservaring; John Wesley se beroemde Aldersgate-ervaring, of ‘n “Mighty Men”- ervaring) ‘n werklikheid word nie. “In Christus” is ‘n blywende werklikheid wat op die hele geloofsgemeenskap van toepassing is. Ons kan ons altyd in die geloof hierop beroep. Dit is iets waarmee die gemeente dan ook te alle tye kan reken.

Heilsposisie

Veel meer as net ‘n verwysing na ‘n bepaalde ervaring het ons hier ‘n verwysing na die heilsposisie van die gemeente. Dit is dus om vergewe te wees, gereinig te wees, deur die Gees gesalf te wees, om Jesus te ken, om aan God te behoort, om die ewige lewe te hê. Dit lê alles opgesluit, sê die brief, in “ons is in Christus”. Dit is die evangelie. Die toonaard daarvan is soos vir die kankerlyer om te hoor: “Jy is skoon!”

Hoe het ons “in Christus” gekom?

“As wat julle van die begin af gehoor het, in julle bly, sal julle ook in die Seun en in die Vader bly” (2:24).

Wat hulle van die begin af gehoor het, naamlik dit wat aan hulle verkondig is, vat die skrywer saam in 1 Johannes 1:2, 3 en 5:

Die Lewe het gekom; ons het Hom gesien en is getuie daarvan, en ons verkondig aan julle die Ewige Lewe wat by die Vader was en aan ons geopenbaar is.

Hom wat ons gesien en gehoor het, verkondig ons aan júlle, sodat julle aan ons gemeenskap deel kan hê. En die gemeenskap waaraan ons deel het, is dié met die Vader en met sy Seun, Jesus Christus.

Dít is nou die boodskap wat ons by Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie.

Deur die verkondiging van Jesus aan ons, het ons deel gekry aan die gemeenskap met die Vader (God wat lig is) en met sy Seun. Dit is hoe God se Woord werk, die Woord wat die genade van gemeenskap met God en Jesus aan ons bemiddel. God se Woord, wat aan ons verkondig word, skep ‘n nuwe werklikheid: dit plaas ons “in Christus”. Dit gebeur wanneer ons die Woord hoor en dit in geloof omhels.

Dit mag dalk ingewikkeld klink, maar dit is nie. Toe ek my vrou om haar hand gevra het, het sy “ja” gesê. Daarna het ons voor ‘n kansel tydens ons huwelikseremonie gestaan en trou aan mekaar beloof. Die oomblik toe beide van ons “ja” sê, het daar ‘n nuwe werklikheid ontstaan: ‘n huwelik. Woorde skep nuwe werklikhede. So is dit ook met God se Woord. Christus is aan ons verkondig, en dit sluit ons in by ‘n nuwe werklikheid.

Toe ek my liefde teenoor my vrou verklaar het, was dit gewone woorde. Maar my woorde het myself aan haar gegee. Van haar kant geld presies dieselfde.

God se liefde

So werk God ook. Die woordelikse mededelings oor die heil in Christus, bewerk ook die heil, deel die heil mee, deel God self mee. Dit kan gebeur in die erediens of op die pad soos Paulus se bekeringservaring, gebeur soos John Wesley se beroemde Aldersgate-ervaring of by ‘n “Mighty Men”-konferensie, of dan algaande. Dit kan meer of minder emosioneel wees. Maar dit plant die gelowige in alle gevalle in Christus in.

Ons kry dus deel aan die gemeenskap met die Vader en die Seun en die Heilige Gees. Hierdie “deel word van” word gebore uit God se liefde vir ons:

Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het: Hy noem ons kinders van God, en ons is dit ook. (3:1)

Hoe weet ons dat ons in Hom bly?

“Hieraan weet ons dat ons in Hom bly en Hy in ons: Hy het ons sy Gees gegee” (4:13). Die Gees van God bly in ons (2:9).

God se Woord werk nooit los van die Gees van God nie. Die Gees tolk vir ons die Woord, maak ons daarop bedag, herinner ons daaraan. Gelyktydig en soms afwisselend word verwys na ons wees “in God” en “in Jesus”. Dit is dieselfde werklikheid wat telkens ter sprake is. In hierdie gemeenskap met die Vader en die Seun speel die Heilige Gees ‘n belangrike rol.

Wat die Gees doen kan ons op verskillende maniere beskryf in onderskeiding van wat Jesus doen:

  • God skenk aan ons in die persoon, koms en werk van Jesus oorvloedige genade, die Heilige Gees pas hierdie oorvloedige genade aan ons hart en in ons lewe toe.
  • Jesus verwerf vir ons die heil, die Heilige Gees deel die heil aan ons uit.
  • Eens het Jesus ons plaasvervangend verteenwoordig, eens en vir altyd. Die Heilige Gees lyf ons in by die gemeenskap. Deur sy inwoning in ons word ons ingeskakel. Iemand vat dit raak saam: “Wat die Gees doen, het altyd die gestalte van wat die mens doen.”
Die Gees én ons

As die Gees ons inlyf, besluit Hy oor ons, maar Hy lyf ons in as iemand wat self kan besluit. Die Dordtse Leerreëls verwoord dit so: “Dan word die wil, wat nou vernuwe is, nie alleen deur God gedryf en beweeg nie, maar omdat dit deur God beweeg word, werk dit self ook” (III/IV, 12). Die mens se wil raak gehoorsaam. As ons dit reg verstaan, kan ons die oproep/opdrag om in Hom te bly met diepe erns aanpak. Ons moet werk maak daarvan, omdat die Gees dit bewerk. Ons moet saam met die Gees werk, ons moet die Gees toelaat om ons gedrag te bepaal. “Wie sy woord egter gehoorsaam . . . Hieraan weet ons dat ons in Hom is” (2:5).

Die Gees leer ons. “Wat julle egter betref, die Gees waarmee Hy julle gesalf het, bly in julle . . . sy Gees leer julle alles . . . soos Hy julle geleer het, moet julle in die Seun bly” (2:27-28). Hy leer ons wie Jesus is. Immers, niemand kan sê dat Jesus die Here, die Christus, die Seun van God is nie, behalwe deur die werking van die Heilige Gees (1 Kor 12: 3; Matt 16:16-17).

Die Gees gee die liefde as gawe en inspireer ons om die liefde as kuns te beoefen. Dit leer ons mos by Paulus.

Sondig ons nog?

Die Gees oortuig ons ook van sonde, en laat ons daarom juis met die leë hande van geloof gryp na Christus, sodat ons in Christus van die skulde, skande en smet van ons sonde gered kan word.

Wat sonde betref, het mense nogal vrae oor die betekenis van vers 6:

Iemand wat in Hom bly, hou nie aan met sondig nie; iemand wat aanhou sondig, het Hom nie gesien nie en ken Hom nie.

In vers 9 word die opmerking herhaal:

Iemand wat ‘n kind van God is, doen nie meer sonde nie, omdat die Gees van God in hom bly; en hy kan nie meer sondig nie, omdat hy uit God gebore is.

Wat beteken dit? Onthou Johannes skryf die brief om die gelowiges te help om sekere dwaalleer en dwaalleraars teen te staan. Uit die brief lei ons af die dwaalleraars ontken die belangrikheid van Jesus se posisie as waarlik mens en waarlik God. Verder ontken hulle dat hulle sonde het. Hulle meen hulle is sonder sonde, in beginsel (1:8) en in praktyk (1:10). Vir hulle is kennis van God belangrik, maar liefde vir die broer en die suster is van baie mindere belang.

Johannes neem sterk standpunt hierteen in. “As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself…” (1:8); “As ons beweer dat ons nie gesondig het nie, maak ons Hom tot leuenaar…” (1:10).

Sonde is om Jesus te ontken

Die brief sê daar is twee soorte sonde, dié van gelowiges en van ongelowiges:

  • Sonde in sommige gedeeltes verwys dus na ‘n ontkenning van Jesus se Seunskap, ‘n ontkenning van sondaarskap en na ‘n opvatting dat liefde teenoor die naaste nie van groot belang is nie.
  • Dan is daar die sonde wat gelowiges doen, maar wat hulle erken en waarvoor hulle om vergifnis vra. Hulle neem God op sy woord dat Hy getrou en regverdig is, en sonde vergewe. Dit is heeltemal iets anders as om jou eie sonde te ontken, te ontken dat Jesus God is en verlossing van sonde bring, en om te sê liefdeloosheid teenoor die medemens is nie sonde nie.

Sonde verwys hier na ‘n ontkenning van Jesus se Seunskap, ‘n ontkenning van ons sondaarskap en na ‘n opvatting dat liefde teenoor die naaste nie van groot belang is nie. Die brief wil dan sê: Iemand wat in Jesus is, en dit beteken
(1) iemand wat sy sondes erken en bely,
(2) iemand wat bely dat Jesus die Seun van God is en
(3) iemand wat gehoorsaam is aan die gebod om mekaar lief te hê,
sondig nie in die sin van die dwaalleraars se sonde nie.

Dit is logies onmoontlik om in Jesus te wees en te sondig soos die dwaalleraars sondig. Die gemeenskap (Hy in ons en ons in Hom) is ‘n kernsaak vir die gemeente. Die sonde saboteer, vernietig en verbreek gemeenskap. Die liefde daarteenoor bevestig gemeenskap en is die gestalte van hierdie gemeenskap.

Die sonde staan dus teenoor die liefde. Ons moet 3:6 en 9 nie lees as ‘n waarheid oor sonde in die algemeen in die Christen se lewe nie. Daar is in die kind van God se lewe sondes wat bely moet word en teen gestry moet word. Ons doen dit omdat die kind van God Jesus se Seunskap erken en sy aansprake van die liefde met erns bejeën. Die sonde wat verstaan moet word as ‘n gebrek aan liefde word bestry deur die liefde te beoefen.

Hoe bly ons in Hom?

Dié praktyk van “in Hom bly” wentel om twee onlosmaaklike sake, naamlik: God se Woord en gemeenskap (koinonia).
Ons gee uitvoering aan hierdie opdrag wanneer ons op allerhande maniere (luisterend, lesend, peinsend, besprekend en biddend) erns maak met die Woord (in al sy gestaltes). Die Woord waardeur God Homself genadiglik aan ons gee, waardeur ons gevolglik in Hom gekom het, waardeur ons geloof in Jesus as Seun van God bevestig word, ons ons sonde leer ken en geïnspireer word om dit deur die liefde te bestry.

Ons gee uitvoering aan hierdie opdrag wanneer ons erns maak met gemeenskap (in al sy gestaltes, ook sy onaansienlike gestaltes) deur saam te kom, ag te gee op mekaar, te wag op mekaar, mekaar te troos, aanvaar, vermaan, mekaar se laste te dra en belange te bevorder. Ons gee uitvoering aan hierdie opdrag wanneer ons tyd maak en skeduleer om God se ander kinders te leer ken en eie-belangeloos te dien.
Ons is in Hom, ons moet in Hom bly.

Ja, ons teks is inderdaad soos ‘n familiefoto waaruit dit duidelik bly ons is kinders van die lewende God. Ons teks herinner ons om “in die foto” te bly, want dit is ons identiteit en ons roeping.

God stuur ons om te leef

Gebed
Dankoffer

Slotsang
Lied 292 “My enigste troos” of
Flam 228 “Waarom Is Ek Hier?” (Nuwe Mens)

Seën

Respons
Lied 413 Laaste Keervers:  Loof God die Jeer, loof God die Heer.  Halleluja! Halleluja

  1. God praat met ons en ons luister

Gebed

Lied 256 Laat klink die boodskap nog ‘n keer of

VONKK 282 Spreek, Heer, in die stilte (v4) http://www.vonkk.co.za/Soek.asp?return=True&qs=0282

Skriflesing

1 Johannes 2:28-3:10

Familie-oomblik

Preek

    1. Familie-oomblik

Gesels met die kinders oor wat hulle eendag wil word.  Dalk het jy self ‘n storie van hoe jy gedroom het om iets te word – en óf iets heeltemal anders geword het, of geword het wat jy altyd gesê het jy gaan word.  Laat nog van die grootmense vertel wat hulle as kinders wou word en wat hulle vandag is. (Of laat mense in die banke vir mekaar vertel.  Op dié manier kan ouers die stories met hul kinders deel, maar sluit jy ook nie mense uit wat nie met kinders in die erediens is nie.)

Ons weet nie wat julle gaan word wanneer julle groot is nie.  Dalk gaan jy ‘n dokter word.  Of ‘n onderwyser/es.  Of ‘n tennisspeler.  Maar ons weet nie!  Dit bly ‘n misterie.  Ons moet maar wag en kyk.

Maar wat ons wel weet, is dat julle kinders van God is.  Wanneer julle grootword, gaan julle steeds dieselfde wees:  kinders van God!  God het ons so lief dat, maak nie saak wát ons eendag word nie, ons bly kinders – God se kinders.

OF

Koop die Kindle weergawe van Gaston deur Kelly DiPucchio  (illustrasies Christian Robinson) by http://www.amazon.com/Gaston-Kelly-DiPucchio-ebook/dp/B00FNVSV52/ref=tmm_kin_swatch_0?_encoding=UTF8&sr=&qid= – jy kan dit tydens die diens direk op die skerm projekteer terwyl jy dit lees.

Amazon se opsomming:  A bulldog and a poodle learn that family is about love, not appearances in this adorable doggy tale from New York Times bestselling author Kelly DiPucchio and illustrator Christian Robinson.

This is the story of four puppies: Fi-Fi, Foo-Foo, Ooh-La-La, and Gaston. Gaston works the hardest at his lessons on how to be a proper pooch. He sips—never slobbers! He yips—never yaps! And he walks with grace—never races! Gaston fits right in with his poodle sisters.

But a chance encounter with a bulldog family in the park—Rocky, Ricky, Bruno, and Antoinette—reveals there’s been a mix-up, and so Gaston and Antoinette switch places. The new families look right…but they don’t feel right. Can these puppies follow their noses—and their hearts—to find where they belong? 

Vers 2 van ons skrifgedeelte:  Geliefdes, ons is nou reeds kinders van God. Dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie, maar ons weet dat, wanneer Jesus kom, ons soos Hy sal wees. 

Ons identiteit word gevorm deur ons gevoel van “behoort”.  Net soos Gaston – wie hy dink hy is word gevorm deur die familie waarvan hy deel is.  Al is hy ‘n bulldog, leef hy as ‘n poedel omdat sy familie poedels is.  Gaston stap met grasie, dra pink strikkies en ry in styl.

Gesels dan oor hoe die feit dat ons God se kinders is – aan God se familie behoort – ons identiteit vorm.   Dit sluit aan by punt twee van die preek:  “Dit vertel van die belangrike ankers in ons lewe. Ons teks herinner ons van watter verhaal ons deel is. Ons is deel van God se inisiatief om liefdevol na die wêreld uit te reik en mense in Christus deel te maak van God se familie.”

    1. Preekriglyn

[Nota: Die preek veronderstel dat die prediker die teks voorlees vanaf 1 Johannes 2 vers 28 tot by 3 vers 10. Onderstaande, ‘n geredigeerde weergawe van die preek in Woord en fees, werk met die tema van “in Christus”, wat in die teks voorkom, maar gee ‘n oorsigtelike perspektief daarop vanuit temas uit die breër 1 Johannesbrief.]

Alister McGrath (gerekende natuurwetenskaplike en teoloog) vertel dat sy tannie ‘n paar jaar gelede oorlede is. Sy was in haar tagtigs, maar het nooit getrou nie. Toe die familie haar besittings uitsorteer, kom hulle op ‘n gehawende foto van ‘n jongman af. Dit was die liefde van die ou dame se lewe, maar die verhouding het tragies geëindig. Sy tannie het nooit weer iemand liefgekry nie, en het die foto van die man wat sy liefgehad het lewenslank bewaar. Om die waarheid te sê, die foto het vir haar belangriker geword hoe ouer sy geword het.

Waarom? Soos die jare aanstap het Alistair se tannie besef dit word moeiliker om te glo en te onthou daar was eenmaal iemand wat haar liefgehad en vir haar omgegee het. Dit sou toenemend kon begin lyk na ‘n droom, ‘n illusie, iets wat sy in haar grysheid uitgedink het om haarself te vertroos. Behalwe vir die foto. Die foto het haar herinner aan die werklikheid van haar liefde, en die liefde wat sy van die jongman ontvang het. Dit was haar enigste skakel met die wêreld waarin sy gewaardeerd en bemind was.

(Alister McGrath, Doubting: Growing through the Uncertainties of Faith, InterVarsity, 2006)

Grafika: Eiendom van Adam Moralee , beskikbaar by

https://www.flickr.com/photos/[email protected]/15269874911/in/photolist-pgm6Pn-8rViN9-ajHCXZ-eX76qV-ryjgw4-8nBP8j-qn9UZo-9TuWEJ-pD7Tcv-ovHTfr-dcitKT-bJxmpP-93RhdN-nNRXYX-oD8egg-kGsPMd-b7hTbk-dTJzZt-qB8iCP-jzQATn-pVFEmS-dnE1rf-7VfmCu-7Vc6M6-dcmnnB-p59CGm-94YwSW-nH22wn-jw7WCM-8ZCf6t-e545Z6-81xASP-dTS5WL-8nyibD-9kxgsp-9Jbcgi-a2uP2E-foXrZ4-a5oF29-axbrLg-mnXkST-9k3iRr-iKGRYE-rmzbAZ-qStt6M-8GvnWu-rtiUkW-fuwpEc-nkTDQi-ovWqtG-qPtTjh

Veranker

Ons het herinnering en verankering nodig. Ons het dinge nodig wat ons help onthou wie ons is, waar ons vandaan kom, en waarheen ons op pad is. Dit is nodig, sodat ons op koers bly, bly onthou van watter lewensverhaal ons deel is.

Ons teks is soos die vergeelde foto tussen ‘n ou dame se besittinkies. Dit vertel van die belangrike ankers in ons lewe. Ons teks herinner ons van watter verhaal ons deel is. Ons is deel van God se inisiatief om liefdevol na die wêreld uit te reik en mense in Christus deel te maak van God se familie.

Ons teks is soos ‘n familiefoto waaruit dit duidelik bly ons is kinders van die lewende God. Ons teks herinner ons om “in die foto” te bly, want dit is ons identiteit en ons roeping: ons is kinders van God. Ons is in Christus.

“In Hom bly”

Die oproep om “in Christus” te bly kom soos ‘n refrein deur ons teks voor. Johannes skryf reeds in 2:28: “En nou, liewe kinders, julle moet in Hom bly, sodat ons almal niks te vrees sal hê wanneer Hy kom nie en by sy wederkoms nie beskaamd voor Hom sal staan nie.”

“Om in Jesus (die Seun) te wees en te bly,” is ‘n werklike diep en ryk begrip, wat baie vir Christene te sê het:

  • Dit beskryf die rykdom van wat ons van God ontvang, asook
  • die praktiese verpligting wat dit meebring vir ons lewe.

Kom ons ontgin iets van die betekenis daarvan aan die hand van ons brief. Ons gaan aandag gee aan die volgende aspekte:

  • Ons is in God en in Christus
  • Hoe ons in Christus gekom het
  • Hoe ons weet dat ons in Hom bly
  • Hoe “in Hom bly” prakties lyk

1. Ons is in God en in Christus

Johannes skryf “Ons is in die ware God, in sy Seun, Jesus Christus” (5:20).

Om in Jesus te wees, is om in God te wees. Om in God te wees beteken ook God is in ons. Dit is waar van die gemeente, van elke gelowige. Dit is wat ons as gemeente oor onsself moet weet, mag glo. Dit is die vertrekpunt van alles wat van die gemeente gevra word, verwag word. Dit is die gedagte waarmee ons brief begin, wat sterk in ons teks beklemtoon word, en waarmee die brief afsluit.

Meer as belewenis

Ons moet hierdie “in God, in sy Seun” nie verstaan as bloot die ervaring van ‘n mistieke eenheid met God nie. Dit is natuurlik ‘n ervaring, maar is ook meer as dit. Daar is geseënde “bergtopervarings” in ons geloof, maar bly in Hom is meer as net ervaring.

“In Christus” het die betekenis van ‘n gemeenskap wat nie net op bepaalde hooggestemde momente (soos in ‘n erediens; Paulus se bekeringservaring; John Wesley se beroemde Aldersgate-ervaring, of ‘n “Mighty Men”- ervaring) ‘n werklikheid word nie. “In Christus” is ‘n blywende werklikheid wat op die hele geloofsgemeenskap van toepassing is. Ons kan ons altyd in die geloof hierop beroep. Dit is iets waarmee die gemeente dan ook te alle tye kan reken.

Heilsposisie

Veel meer as net ‘n verwysing na ‘n bepaalde ervaring het ons hier ‘n verwysing na die heilsposisie van die gemeente. Dit is dus om vergewe te wees, gereinig te wees, deur die Gees gesalf te wees, om Jesus te ken, om aan God te behoort, om die ewige lewe te hê. Dit lê alles opgesluit, sê die brief, in “ons is in Christus”. Dit is die evangelie. Die toonaard daarvan is soos vir die kankerlyer om te hoor: “Jy is skoon!”

2. Hoe het ons “in Christus” gekom?

“As wat julle van die begin af gehoor het, in julle bly, sal julle ook in die Seun en in die Vader bly” (2:24).

Wat hulle van die begin af gehoor het, naamlik dit wat aan hulle verkondig is, vat die skrywer saam in 1 Johannes 1:2, 3 en 5:

Die Lewe het gekom; ons het Hom gesien en is getuie daarvan, en ons verkondig aan julle die Ewige Lewe wat by die Vader was en aan ons geopenbaar is.

Hom wat ons gesien en gehoor het, verkondig ons aan júlle, sodat julle aan ons gemeenskap deel kan hê. En die gemeenskap waaraan ons deel het, is dié met die Vader en met sy Seun, Jesus Christus.

Dít is nou die boodskap wat ons by Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie.

Deur die verkondiging van Jesus aan ons, het ons deel gekry aan die gemeenskap met die Vader (God wat lig is) en met sy Seun. Dit is hoe God se Woord werk, die Woord wat die genade van gemeenskap met God en Jesus aan ons bemiddel. God se Woord, wat aan ons verkondig word, skep ‘n nuwe werklikheid: dit plaas ons “in Christus”. Dit gebeur wanneer ons die Woord hoor en dit in geloof omhels.

Dit mag dalk ingewikkeld klink, maar dit is nie. Toe ek my vrou om haar hand gevra het, het sy “ja” gesê. Daarna het ons voor ‘n kansel tydens ons huwelikseremonie gestaan en trou aan mekaar beloof. Die oomblik toe beide van ons “ja” sê, het daar ‘n nuwe werklikheid ontstaan: ‘n huwelik. Woorde skep nuwe werklikhede. So is dit ook met God se Woord. Christus is aan ons verkondig, en dit sluit ons in by ‘n nuwe werklikheid.

Toe ek my liefde teenoor my vrou verklaar het, was dit gewone woorde. Maar my woorde het myself aan haar gegee. Van haar kant geld presies dieselfde.

God se liefde

So werk God ook. Die woordelikse mededelings oor die heil in Christus, bewerk ook die heil, deel die heil mee, deel God self mee. Dit kan gebeur in die erediens of op die pad soos Paulus se bekeringservaring, gebeur soos John Wesley se beroemde Aldersgate-ervaring of by ‘n “Mighty Men”-konferensie, of dan algaande. Dit kan meer of minder emosioneel wees. Maar dit plant die gelowige in alle gevalle in Christus in.

Ons kry dus deel aan die gemeenskap met die Vader en die Seun en die Heilige Gees. Hierdie “deel word van” word gebore uit God se liefde vir ons:

Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het: Hy noem ons kinders van God, en ons is dit ook. (3:1)

3. Hoe weet ons dat ons in Hom bly?

“Hieraan weet ons dat ons in Hom bly en Hy in ons: Hy het ons sy Gees gegee” (4:13). Die Gees van God bly in ons (2:9).

God se Woord werk nooit los van die Gees van God nie. Die Gees tolk vir ons die Woord, maak ons daarop bedag, herinner ons daaraan. Gelyktydig en soms afwisselend word verwys na ons wees “in God” en “in Jesus”. Dit is dieselfde werklikheid wat telkens ter sprake is. In hierdie gemeenskap met die Vader en die Seun speel die Heilige Gees ‘n belangrike rol.

Wat die Gees doen kan ons op verskillende maniere beskryf in onderskeiding van wat Jesus doen:

  • God skenk aan ons in die persoon, koms en werk van Jesus oorvloedige genade, die Heilige Gees pas hierdie oorvloedige genade aan ons hart en in ons lewe toe.
  • Jesus verwerf vir ons die heil, die Heilige Gees deel die heil aan ons uit.
  • Eens het Jesus ons plaasvervangend verteenwoordig, eens en vir altyd. Die Heilige Gees lyf ons in by die gemeenskap. Deur sy inwoning in ons word ons ingeskakel. Iemand vat dit raak saam: “Wat die Gees doen, het altyd die gestalte van wat die mens doen.”

Die Gees én ons

As die Gees ons inlyf, besluit Hy oor ons, maar Hy lyf ons in as iemand wat self kan besluit. Die Dordtse Leerreëls verwoord dit so: “Dan word die wil, wat nou vernuwe is, nie alleen deur God gedryf en beweeg nie, maar omdat dit deur God beweeg word, werk dit self ook” (III/IV, 12). Die mens se wil raak gehoorsaam. As ons dit reg verstaan, kan ons die oproep/opdrag om in Hom te bly met diepe erns aanpak. Ons moet werk maak daarvan, omdat die Gees dit bewerk. Ons moet saam met die Gees werk, ons moet die Gees toelaat om ons gedrag te bepaal. “Wie sy woord egter gehoorsaam . . . Hieraan weet ons dat ons in Hom is” (2:5).

Die Gees leer ons. “Wat julle egter betref, die Gees waarmee Hy julle gesalf het, bly in julle . . . sy Gees leer julle alles . . . soos Hy julle geleer het, moet julle in die Seun bly” (2:27-28). Hy leer ons wie Jesus is. Immers, niemand kan sê dat Jesus die Here, die Christus, die Seun van God is nie, behalwe deur die werking van die Heilige Gees (1 Kor 12: 3; Matt 16:16-17).

Die Gees gee die liefde as gawe en inspireer ons om die liefde as kuns te beoefen. Dit leer ons mos by Paulus.

Sondig ons nog?

Die Gees oortuig ons ook van sonde, en laat ons daarom juis met die leë hande van geloof gryp na Christus, sodat ons in Christus van die skulde, skande en smet van ons sonde gered kan word.

Wat sonde betref, het mense nogal vrae oor die betekenis van vers 6:

Iemand wat in Hom bly, hou nie aan met sondig nie; iemand wat aanhou sondig, het Hom nie gesien nie en ken Hom nie.

In vers 9 word die opmerking herhaal:

Iemand wat ‘n kind van God is, doen nie meer sonde nie, omdat die Gees van God in hom bly; en hy kan nie meer sondig nie, omdat hy uit God gebore is.

Wat beteken dit? Onthou Johannes skryf die brief om die gelowiges te help om sekere dwaalleer en dwaalleraars teen te staan. Uit die brief lei ons af die dwaalleraars ontken die belangrikheid van Jesus se posisie as waarlik mens en waarlik God. Verder ontken hulle dat hulle sonde het. Hulle meen hulle is sonder sonde, in beginsel (1:8) en in praktyk (1:10). Vir hulle is kennis van God belangrik, maar liefde vir die broer en die suster is van baie mindere belang.

Johannes neem sterk standpunt hierteen in. “As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself…” (1:8); “As ons beweer dat ons nie gesondig het nie, maak ons Hom tot leuenaar…” (1:10).

Sonde is om Jesus te ontken

Die brief sê daar is twee soorte sonde, dié van gelowiges en van ongelowiges:

  • Sonde in sommige gedeeltes verwys dus na ‘n ontkenning van Jesus se Seunskap, ‘n ontkenning van sondaarskap en na ‘n opvatting dat liefde teenoor die naaste nie van groot belang is nie.
  • Dan is daar die sonde wat gelowiges doen, maar wat hulle erken en waarvoor hulle om vergifnis vra. Hulle neem God op sy woord dat Hy getrou en regverdig is, en sonde vergewe. Dit is heeltemal iets anders as om jou eie sonde te ontken, te ontken dat Jesus God is en verlossing van sonde bring, en om te sê liefdeloosheid teenoor die medemens is nie sonde nie.

Sonde verwys hier na ‘n ontkenning van Jesus se Seunskap, ‘n ontkenning van ons sondaarskap en na ‘n opvatting dat liefde teenoor die naaste nie van groot belang is nie. Die brief wil dan sê: Iemand wat in Jesus is, en dit beteken

(1) iemand wat sy sondes erken en bely,

(2) iemand wat bely dat Jesus die Seun van God is en (

3) iemand wat gehoorsaam is aan die gebod om mekaar lief te hê,

sondig nie in die sin van die dwaalleraars se sonde nie.

Dit is logies onmoontlik om in Jesus te wees en te sondig soos die dwaalleraars sondig. Die gemeenskap (Hy in ons en ons in Hom) is ‘n kernsaak vir die gemeente. Die sonde saboteer, vernietig en verbreek gemeenskap. Die liefde daarteenoor bevestig gemeenskap en is die gestalte van hierdie gemeenskap.

Die sonde staan dus teenoor die liefde. Ons moet 3:6 en 9 nie lees as ‘n waarheid oor sonde in die algemeen in die Christen se lewe nie. Daar is in die kind van God se lewe sondes wat bely moet word en teen gestry moet word. Ons doen dit omdat die kind van God Jesus se Seunskap erken en sy aansprake van die liefde met erns bejeën. Die sonde wat verstaan moet word as ‘n gebrek aan liefde word bestry deur die liefde te beoefen.

4. Hoe bly ons in Hom?