Derde Sondag van Paastyd

Picture of Woord en Fees

Derde Sondag van Paastyd

Liturgiese Voorstel

Leesroostertekste

Sleutelteks: Openbaring 5:11-14
Ander tekste:  Handelinge 9:1-6, (7-20); Psalm 30;Johannes 21:1-19

Inleiding

’n Vervolger (Saulus) en ’n verraaier (Petrus) ontmoet die opgestane Jesus. Hiermee word beide Paulus (Hand 9) en Petrus (Joh 21) geroep om Jesus te volg en Hom te verkondig. In Psalm 30 loof die psalmskrywer die Here omdat Hy hom uit die doderyk gered het, en in Openbaring 5 word die opgestane en verheerlikte Jesus aanbid as die Lam wat geslag is.

Diensorde

God versamel ons voor Hom

Sien basisliturgie: Paasroep, Aanvangswoord en Seëngroet

Vryspraak 
Voorganger: Die Here Jesus vra nou vir elkeen wat
vryspraak ontvang:
“Het jy My baie lief?”
Gemeente: Ja, Here, U weet dat ek U liefhet.

Voorganger: “Laat my lammers wei”

Voorganger: “Pas my skape op”
“Het jy My baie lief?”
Gemeente: Ja, Here, U weet dat ek U liefhet

Voorganger: Laat my skape wei”
“Volg my dan!” (uit Joh 21:15-18)

Diens van die Woord

Gebed om die opening van die Woord
Here Jesus, u woorde verander mense. U praat met mense wat onwaardig en sondig is. Ons is ook onwaardig om u Woord te ontvang. Maar soos Saulus wat U vervolg het, en soos Petrus wat U verloën het, glo ons dat U uit genade alleen met onwaardige mense praat. U spreek met ons deur die sigbare woorde van die brood en die wyn. Spreek nou Here, U diensknegte luister. Amen.

Diens van die tafel

Inleiding
Die kruis is die skandaal waar niemand wat aanspraak maak op gesag, verby kan kom nie. Die bloedbelope Woord, die Woord van die gebreekte brood en die gestorte wyn. Die Godverlate, mensverstote Woord, die Woord as uitgestalde humaniteit, as uitgeskelde goddelikheid. Die lyf as die ondraaglike punt waar hierdie spanninge hulle worstelstryd voer, hulle wonde oopruk, hulle krete laat hoor. Uiteindelik die gebroke lyf, die dorstende lyf, die sterwende lyf. Sonder sakrament is daar geen gesag nie. Net met die brood tussen jou tande en die wyn op jou lippe, net met die sakrament van die lyf in jou, net met die sakrament van jou eie lyf, met die doodstyding van jou eie vlees en bloed, kan jy aanspraak maak op gesag.

Aangepas uit: “Die debat oor Skrifgesag. Oor nuwe hervormers, charismate en tradisionaliste” deur Stefan Louw. Die Vrye Afrikaan. 19 Augustus 2005. Bladsy 26 (Ds Louw is op 15 September 2006 in sy huis vermoor)

Uitsending

Verbintenis: (Kan ook na die nagmaal gebruik word.)
Voorganger: Here Jesus, U roep ons om U te volg,
maar ons twyfel so maklik. Ons wil só graag hoor en sien hoe lief U ons het.
Gemeente: Here Jesus, het U my baie lief?

Voorganger: Ja, jy weet dat Hy jou liefhet. Die brood is
sy liggaam. Dit is vir ons. Neem, eet, dink
daaraan en glo dat sy liggaam gebreek is
omdat Hy ons innig liefhet.

Voorganger: Ja, jy weet dat ek jou liefhet. Die wyn is
my bloed. Dit is vir jou. Neem, drink, dink
daaraan en glo dat my bloed gestort is
omdat ek jou innig liefhet.

Voorganger:  Wil jy my nou volg?
Gemeente:  Ja, Here, met my hele hart!

Musiek en sang

Liedere wat by die aanvang gebruik kan word: Lied 159 “God is hier teenwoordig”; NSG 343
Lofsang:Lied 184 “Lofsing die Here”; NSG 25; Flam 33 “Halleluja in my hart”; Lied 417 “Jesus, ons eer U”; Lied 509 “Op berge en in dale”; NSG 42
Skuldbelydenis: Lied 482 “Keer terug en kom na My”; Lied 239 “Jesus, Rots vir my geslaan”; NSG 215
Vryspraak: Lied 200 “U goedheid, Heer, kan ons nie peil nie”; NSG 43; Flam 46 “Ek weet verseker”
Verootmoediging: Lied 512 “Nader, my God by U”; NSG 311
Slotsang: Lied 203 “Loof die Here, al wat lewe”;  NSG 33
Uitsending: Lied 533 “Stuur ons, Here”; Lied 534 “Stuur ons uit, Heer”

Preekstudie: Openbaring 5:11-14

Inleiding
In die argiewe van die preekstudies is daar ’n paar bydraes wat met vrug gelees kan word. Hierdie perikoop kan kwalik as ’n losstaande eenheid hanteer word en sal ten minste saam met Openbaring 4 en 5 gelees moet word. Verder word ook aanbeveel dat daar net weer na Woord teen die Lig 6 se inleidende opmerkings oor eskatologiese prediking gekyk word. Daar word agt perspektiewe gegee wat eintlik sal help om hierdie gedeelte in ’n werkbare preekvoorstel te laat groei.

Teks

Daar is preekstudies beskikbaar wat fokus op die hele hoofstuk 5 as teksgedeelte. Ons gaan egter hier slegs nadink oor vers 11-14.

Vers 11. “Vier lewende wesens.” Ons lees ook in Openbaring 4:6-8 van die vier lewende wesens. Daar is ’n magdom verklarings wat kommentatore gee oor wie dit sou simbolieser. Du Preez meen daar is drie wat ernstig geneem moet word.

a. Hulle verteenwoordig God self deur sy eienskappe uit te beeld.
b. Hendriksen meen hulle is ’n klas engele wat ooreen-komste vertoon met die kerubim van Esegiël 1 en 10.
c. Hulle verteenwoordig die hele skepping.

Meeste aanvaar die laaste moontlikheid. Du Preez herinner dat ons die lewende wesens moet sien as verteenwoordigers van die “herstelde skepping” soos dit deur God vernuwe en vrygemaak is om Hom te dien.

“24 Ouderlinge.”Openbaring 4:4 gee meer besonderhede. Die 24 ouderlinge wat op trone sit en in wit geklee is en wat ook goue krone dra. Ouderling (presbuteros) is ’n persoon wat gesag dra, dis ’n posisie van respek en mag. Daar is ook talle interpretasies van die ouderlinge waarvan die waarskynlikste een is dat hulle simbolies is van die hele kerk van alle tye. Meer spesifiek nog dat hulle die verloste mensdom verteenwoordig soos hulle eenmaal voor God en die Lam sal staan. Wat die getal 24 betref is daar ook allerlei spekulasies. Sommige meen dit het te doen met die 24 priesterklasse van 1Kronieke 24/25. Die 24 ouderlinge kan ook die 12 stemme (OT) en die 12 apostels (NT) verteenwoordig.

“Groot menigte engele.” Die vers herinner ook aan Daniël 7:10 en lei die opening van die seëls in met ’n lofsang. Hulle is God se boodskapdraers. Hul doel is waarskynlik ook om waardigheid aan die Lam te verleen.

Vers 12. “Die Lam wat geslag is.” Met hierdie verwysing word Jesus aan die orde gestel en alle deugde en lof in die hemel aan Hom toegesê. Hy ontvang hierdie eerbetoon na aanleiding van sy gehoorsaamheid en uitvoering van sy Vader se opdrag. Hierdie lofsang kom ook in Openbaring 7:12 voor. Hier word elke deug gespesifiseer met ’n bepaalde lidwoord. Dit dui aan dat Hy dit wat eintlik slegs aan die Vader behoort, in die volste en diepste sin ontvang. Die volgorde van Openbaring 7:12 word hier gebruik. Hendriksen hou dit soos volg voor:

a. he eulogia: waarskynlik nie net die gebed om ’n seën nie, maar die werklike besit van die geseënde volheid van die goddelike kenmerke waarop die verlossing gegrond is.

b. he doxa: die heerlikheid wat volg wanneer die glans van God se eienskappe (soewereiniteit, geregtigheid, liefde, genade, ens) erken word.

c. he Sophia: die wysheid van God geopenbaar in die verlossingsplan en in die uitvoering van hierdie plan. God gebruik altyd die beste middele om die hoogste doel te bereik. Hierdie wysheid behels ook die versoening van skynbare onversoenbare dinge (Sien Ef 3:10 in hierdie verband).

d en e. he eucharistie en he time: danksegging en verering is die resultaat wanneer die wysheid van God in ons verlossing erken word.

f en g. he dunamis en hê ischus: die mag en die krag van God – mag sluit krag in – word net so duidelik geopenbaar in die verlossingswerk as in sy wysheid.

Vers 13. Uiteindelik word die ganse heelal met al sy dele en skepsels aangesluit by die koor van lof. Ons het in hierdie vers die klimaks van dit wat in hoofstuk 4 en 5 voorkom. Hoofstuk 4 het betrekking op God en die skepping; hoofstuk 5:1-12 verwys na die Lam en die verlossing. Daarom dat die twee laaste verse (13, 14) betrekking het op die gesamentlike verheerliking en aanbidding van God en die Lam. Die ganse heelal prys God en die Lam vir hul skeppings- en verlossingswerk.

Konteks

Uit die aard van die hele Openbaring boek sowel as hierdie twee betrokke hoofstukke is daar deurlopende temas. Die hele boek klaar iets uit oor die verhouding tussen goed en kwaad. Die boek is ’n opgawe van die finale oorwinning. Dit bevestig dat chaos nie heers nie. Die meesters van boosheid en duisternis en hulle besetting van die wêreld is net ’n illusie. Hulle regering is onder beleg. Die waarheid is dat Christus oor hulle triomfeer deur die kruis en opstanding. Hy neem die verlostes met Hom saam op sy oorwinningstog om saam met Hom te heers – tot in ewigheid. Dit is ’n proses wat reeds aan die gang is en gelowiges mag hierdie magte in sy Naam uitdaag. Die nuwe era, nuwe skepping het aangebreek. Die mense van die lig sien die nuwe Jerusalem. Hulle sien die Lam langs Hom, wat ewig lewe (Ancient of days). Jesus se werk is klaar, sy heerskappy het begin. Die donker verdwyn voor Hom wat mag, rykdom, wysheid, sterkte, eer, heerlikheid en lof ontvang het.

Hierdie perikoop loop oor van doksologie. Omdat ons ook weet dat die konteks apokaliptiese materiaal is, kan alles nie in logiese argumente uitgeklaar word nie. Hierdie tekste is deel van ‘n misterie en nie ’n probleem wat opgelos moet word nie.

Hierdie teks gee ons ’n waardevolle kyk anderkant Paasfees. Ons sien die wonderlike byeenkoms van miljoene wesens wat oor die ware verlossing feesvier. Hierdie dramatiese tonele wys ons op die heerlikheid en impak anderkant die lydensweg. Dit wys ons met watter oorvloedigheid eer aan die Lam gebring word. Dit wys ons hoe ware eerbetoon en lof opgaan wanneer verlossing totaal deurbreek en gevier word.

Preekvoorstel

Dit is duidelik uit die konteks dat dit hier oor oorwinning gaan. Hierdie gedeelte is een groot toneel van ekstase en lof. Dit is anderkant menslike logika en begrip. Daar waar nog nie een van ons volkome was nie. In die onderskeie preekvoorstelle is daar oor die algemeen ’n worsteling met die inhoud van hierdie hoofstukke oor die Goddelike openbaring aan die kerk van alle eeue. Hoe preek mens hieroor?

My voorstel is dat die prediker ’n besluit moet neem oor hoe hierdie gebeure oorvertel gaan word. Gaan dit ’n keuse vir ’n kognitiewe relaas en mooi terme en konstruksies wees? Dit sou na my mening ’n verskraling wees van wat hier aangaan. Ek wonder selfs of ons enigsins werd is om hierop kommentaar te lewer. Eintlik weet ons wat die antwoord hierop is.

’n Voorstel wat met huiwering aangebied word, is dat die teks deeglik met die totale liturgie sal integreer. Die teks kan nie tot sy reg kom as die liturg die preek “apart” van die liturgie hanteer nie. (Eintlik is dit altyd waar maar hier nog meer so.) Ek sou kies dat woorde nie hierdie geleentheid sou oorheers nie. Baie musiek, baie tyd vir beelde en verwondering.

Met die teks voor ons val daar drie momente oop wat deur die liturg met tekste en musiek gebruik sou kon word. (Daar is baie wat gebeur en ’n lang aanloop deur die Bybel maar die hoorders sal beskerm moet word teen te veel woorde. Daarom die keuse vir net hoofstuk 5).

1. Openbaring 5:1-4. “Die onoplosbare raaisel.” Wie sal die Boek oopmaak? Die probleem van die vasgeloopte mensdom en God se begeerte dat iemand waardig gevind sal word om dit oop te maak. Daar is niemand . . . Let op Johannes se gehuil in vers 4. Hier moet ons nie te vinnig spring na antwoorde nie, maar die gemeente hier laat stilstaan. Waarom huil Johannes? Verstaan ons dat dit is omdat niemand van ons waardig is nie, nie eens Johannes nie? Wie sal ons hoor? Wie sal ons verstaan? Wie kan ons help? Wie weet hoe om in die boek van die lewe te kyk?

2. Openbaring 5:5-10. “Die raaisel ontrafel.” Dalk sal dit goed wees om nou aandag te gee aan almal wat teenwoordig is in die perikoop. Dit begin by ’n ouderling wat vir Johannes troos en sê dat Hy nie moet huil nie en dat hy moet begin rondkyk. Hy sien eerste die Leeu van Juda en dadelik is die antwoord daar. Daar is iemand wat die boek kan oopmaak. Toe sien Johannes wie nog almal daar is. Die liturg kan aandui wie almal verteenwoordig is. Nou kan die omvang van die verlossing, die Lam en sy waardigheid net bewonder word.

3. Openbaring 5:11-14. “Verwondering.” Die teks kan bloot gelees word. Die liturg kan met verskillende musiek weergawes van die Agnus Dei (Lam van God) werk deur die eer en waardering, soos kunstenaars ons meehelp, te gebruik. Die eienskappe wat Jesus ontvang kan uitgebeeld word. Weereens sou ’n oordrewe kognitiewe weergawe, na my mening, die verwondering beperk. Mens “verstaan” nie hierdie gebeure nie, dit oorrompel jou, dit vang jou!

Die troos en oorwinning wat deur hierdie gedeelte vloei sal deur die Gees in ons harte ’n plek vind. Daarvoor kan ons die Gees vertrou. Openbaring is ’n troosboek en ons mag dit hierdie Sondag dit ervaar!

Bibliografie

Du Preez, J 1985. Openbaring 5, in Burger, C W, Müller, B A & Smit, D J (reds.) Woord teen die LigVI; Hendriksen,W 1980. Meer as oorwinnaars. Verenigde Protestantse uitgewers; Die Bybel in Praktyk (Nuwe vertaling). Vosloo, W, Van Rensburg, F J; The Wycliffe Bible Commentary: New Testament. Pheiffer, W F, Harrison, E F; Evangelical Commentary on the Bible, Elwell, W; Preekstudies argiewe soos gevind op Communitas webtuiste.

Sections

© Missio 2024 | All rights reserved.