Derde Sondag in Lydenstyd

Sections

Oorsig

Ander tekste

Jesaja 55:1-9
Ek wil met julle ’n ewige verbond sluit
55 Kom, almal wat dors is,
kom na die water toe,
selfs ook dié wat nie geld het nie, kom,
koop en eet;
ja, kom, koop sonder geld
en sonder om te betaal,
wyn en melk.
2Waarom betaal julle vir iets
wat nie brood is nie,
waarom werk julle vir iets
wat nie kan versadig nie?
Luister aandagtig na My,
sodat julle kan eet wat goed is
en versadig kan word
met die beste wat daar is.
3Gee aandag en kom na My toe,
luister, en julle sal lewe.
Ek wil met julle ’n ewige verbond sluit,
Ek wil my troue liefde aan julle betoon
soos aan Dawid.
4Ek het hom ’n getuie gemaak
vir die volke,
’n regeerder en gebieder van volke.
5Nou sal jy nasies ontbied
wat jy nie geken het nie,
en nasies wat jou nie geken het nie,
sal na jou toe hardloop
ter wille van die Here jou God,
die Heilige van Israel,
omdat Hy jou in eer herstel het.
6Vra na die wil van die Here
terwyl Hy nog te vinde is,
roep Hom aan terwyl Hy nog naby is.
7Die goddelose moet sy verkeerde pad
laat staan,
die slegte mens sy slegte planne.
Hy moet hom tot die Here bekeer,
dan sal Hy hom genadig wees;
hy moet hom tot ons God bekeer,
Hy vergewe altyd weer.
8My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie,
sê die Here;
9soos die hemel hoër is as die aarde,
so is my optrede
verhewe bo julle optrede
en my gedagtes bo julle gedagtes.

10Die reën en die sneeu
kom uit die hemel uit 
en dit gaan nie daarheen terug nie
maar deurweek die aarde 
en laat die plante bot en vrugte dra, 
sodat daar saad is om te saai
en brood om te eet. 
11So sal die woord wat uit my mond kom, ook wees: 
dit sal nie onverrigter sake
na My toe terugkeer nie, 
maar dit sal doen wat Ek gedoen wil hê 
en tot stand bring
waarvoor Ek dit gestuur het. 
12Julle sal met blydskap uit Babel
wegtrek 
en in vrede gelei word; 
die berge en die heuwels
sal voor julle uit jubel en juig 
en al die bome in die veld
sal hande klap. 
13In die plek van ’n doringbos
sal daar ’n sipres opskiet, 
in die plek van ’n dissel
sal daar ’n mirteboom opskiet. 
Dit sal tot eer van die Here wees, 
’n blywende teken
wat nooit vernietig sal word nie. 

Psalms 63:1-8
Ek bly altyd naby U
63 ’n Psalm van Dawid, na aanleiding
van sy verblyf in die Judawoestyn.
2Ek soek U, o God, my God,
ek dors na U;
ek smag na U
soos in ’n dor en droë land,
’n land sonder water.
3Ek wil by U in die heiligdom wees
om daar u mag en grootheid
te ondervind.
4U troue liefde is meer werd
as die lewe;
daarom sal ek U prys.
5Ek sal U my lewe lank loof,
my hande ophef om u Naam te prys.
6Soos elke keer wanneer ek
u goeie gawes geniet,
sal ek U altyd roem
met jubelende mond.
7As ek aan U dink op my bed,
oor U peins in die nag, dan weet ek:
8U is vir my ’n hulp,
en dan juig ek oor die beskerming
onder u vleuels.

Lukas 13:1-9
Bekeer julle
13 Juis in daardie tyd het mense vir Jesus kom vertel van die Galileërs vir wie Pilatus laat doodmaak het waar hulle besig was om hulle offerdiere te slag. 2Toe antwoord Jesus hulle: “Dink julle dat hierdie Galileërs groter sondaars was as al die ander Galileërs omdat dit met hulle gebeur het? 3Nee, sê Ek vir julle, maar as julle julle nie bekeer nie, sal julle net soos hulle ook almal omkom! 4Of daardie agtien wat dood is toe die toring van Siloam op hulle ineengestort het, dink julle dat hulle skuldiger was as al die ander inwoners van Jerusalem? 5Nee, sê Ek vir julle, maar as julle julle nie bekeer nie, sal julle net soos hulle ook almal omkom.”

Gelykenis van die onvrugbare vyeboom
6Daarna het Hy hierdie gelykenis vertel: “’n Man het ’n vyeboom gehad wat in sy wingerd geplant was. Toe hy vrugte daaraan kom soek maar niks kry nie, 7sê hy vir die tuinier: ‘Kyk, dis nou drie jaar dat ek aan hierdie vyeboom vrugte kom soek, en ek kry niks nie. Kap hom uit! Waarom moet hy langer die grond uitput?’8Maar die tuinier antwoord: Meneer, laat hom nog hierdie jaar staan. Ek sal die grond rondom hom omspit en bemes. 9Miskien sal hy dan volgende jaar vrugte dra. Maar so nie, kan u hom uitkap.”

Oorsig oor die 1ste brief aan die Korintiërs
Ons lees in Handelinge 18:1-18 van Paulus se bediening in die gemeente van Korinte. Dit was in die jare 51-52 nC.

Uit sy eerste brief aan die Korintiërs blyk dit dat Paulus daar aangekom het: “bewus van my swakheid, en met groot angs en huiwering” (1 Kor 2:3).  Hy verwys hier waarskynlik na die impak wat die voorafgaande gebeure in Filippi, Tessalonika, Berea en Atene op hom gehad het.  In Filippi is hy geslaan en in die tronk gegooi (Hand 16:11-40); in Tessalonika is hy sterk teengestaan deur die Jode (17:1-9), sowel as direk daarna in Berea waarheen dieselfde Jode hom agtervolg het en ook daar uitgedryf het (17:10-15); en sy bediening in Atene op die Areopagus het maar ’n flou respons uitgelok (17:16-34).

Dat Paulus hom ook hier in Korinte voorgeneem het om nie “met hoë woorde of groot geleerdheid” (1 Kor 2:3) met hulle te praat nie, verwys waarskynlik ook terug na sy toespraak op die Areopagus in Atene, die stad.  Hy wou egter ook fokus op die kern van die boodskap van Jesus Christus, spesifiek die kruis (2:2), en dit in die krag van die Heilige Gees doen (2:4), ’n teologiese perspektief wat broodnodig was in die lig van die afwykende idees van sommige van die gemeentelede wat mettertyd kop uitgesteek het.

Die mense van Korinte het hom goed behandel en sy boodskap is met goeie gevolg ontvang.  Hy kon ‘n hele jaar en ‘n half hier bly en sake het regtig baie goed verloop. Lukas wyt hierdie goeie ontvangs aan die werk van die Here wat een nag in ‘n gesig vir Paulus bemoedig het om nie stil te bly nie, maar die evangelie te verkondig (Hand 18:9).  In woorde wat herinner aan God se woorde aan Elia (1 Kon 19:18), verseker die Here Paulus dat daar baie mense in hierdie stad aan Hom behoort (Hand 18:10).

Paulus het by Akwila en Priscilla, wat tentmakers was net soos hyself – en boonop vermoënd, wil dit voorkom, want hulle het ook ‘n huis in Efese (1 Kor 16:19) gehad – gaan bly. Met die groeiende verset van die ongelowige Jode in die sinagoge (die gebou is steeds daar), het Paulus die Joodse gemeenskap verlaat en in die huis van Titius Justus, ironies genoeg net langs die sinagoge, sy bediening voortgesit.  En in nog ‘n stukkie ironie kom die hoof van die sinagoge, Krispus, en sy hele huisgesin tot bekering en sluit by die groeiende Christelike gemeenskap aan.

Met die wisseling van goewerneurs het die Jode probeer om Paulus voor die nuwe goewerneur Gallio aan te kla, maar dié wou niks daarvan weet nie, en het hulle uit sy hof gejaag.  Uit woede het die Jode die hoof van die sinagoge, Sostenes, aangerand, maar kon nie in hulle doel slaag om Paulus-hulle in diskrediet by die stadsbestuur te bring nie.  As dit dieselfde Sostenes is as wat in 1 Korintiërs 1:1 genoem word, het hy tot bekering gekom en deel van die bediening geword aan sy tuisstad.

Dit is op sy derde sendingreis, nadat Paulus die gemeentes in Galasië en Frigië besoek het, dat hy weer in Efese aangekom het en meer as 2 jaar daar kon bly. Terwyl hy daagliks in die saal van Tirannus besprekings gehou het (Hand 19:1-20), het hy waarskynlik sy briewe aan die Korintiërs geskrywe (1 Korintiërs was sy tweede brief aan hulle – vgl 1 Kor 5:9 wat na die eerste brief verwys). Dit is ook moontlik dat hy Korinte hierna weer besoek het (Hand 19:21-20:6), voordat hy in Masedonië 2 Korintiërs geskrywe het, wat waarskynlik eintlik 2 briewe was, sy 4de en 5de brief (hfst 1-9 en hfst 10-13), en sy tranebrief, sy 3de brief, opgevolg het (2 Kor 2:4).

Paulus skryf dus hierdie eerste brief tydens sy verblyf in Efese (1 Kor 16:8) op sy derde sendingreis, waarskynlik ongeveer 54 nC.

In die brief raak Paulus ‘n hele aantal groot vraagstukke aan, meesal sake wat oor die Christelike lewenswandel gaan, waaroor Paulus hulle wil onderrig.

Dat dit nodig was, spruit onder andere uit voortslepende impak van die heersende kultuur en godsdiens van die stad Korinte op die nuwe bekeerlinge.  Julius Ceasar het in 44 vC die stad weer opgebou, nadat dit vir meer as ‘n eeu dormant gelê het (Rome het dit in 146 vC verwoes).  Die strategiese posisie van die stad, op die 5 km breë landengte tussen Ooste en Weste, het beteken dat dit gou in ‘n groot handelstad ontwikkel het, met ‘n groot kosmopolitaanse samestelling van mense reg oor die Romeinse ryk.

Nie net was daar dus groot rykdom nie, maar ook baie gode en godsdienste, waarvan sommige moreel dekadent was, die vernaamste waarvan die Afrodiete – godin van die liefde – godsdiens was, met die groot altaar op die Akrokorinte berg.  Sommige historici bereken dat daar in haar hoogbloei meer as ‘n duisend prositute in tempeldiens was.  Die term “meisies van Korinte” het ‘n idiomatiese uitdrukking in ander stede geraak wanneer mense na prostitute verwys het.  Geen wonder dat een van die roerendste gedeeltes in die Korintiërbrief juis die verheerliking van die liefde was, wat van God kom, in direkte opposisie met die leerstellings van die heersende godin van die liefde van Korinte.

Sport was ook ‘n geliefde tydverdryf met die tweejaarlikse Istmiese spele wat as teenvoeter vir die Olimpiese Spele in Olympia gehou is.  Paulus sinspeel heel moontlik op hierdie spele in 1 Kor 9:24-27.

Wat veral opmerklik is, anders as wat die geval was in Tessalonika, is dat hierdie kulture en godsdienste se idees nie net van buite af op die gemeente ‘n impak gehad het nie, maar van binne af, omdat dit deur sommige lidmate van die gemeente aangehang is.  En hierdie mense het Paulus direk aangevat omdat hulle nie met hom saamgestem het nie, onder andere ook as gevolg van (doelbewuste?) misverstande wat uit sy eerste brief gespruit het (1 Kor 5:9-11).

Paulus kan dus nie hierdie alternatiewe leringe en perspektiewe ongebreideld laat aangaan nie.  Vandaar die berispende emosionele toon van sy brief.  Let bv. op na die taal van konfrontasie (4:18-21), appèl (10:31 vv), sarkasme (6:5) en ironie (1:26-27) wat hy gebruik.  En 2 Korintiërs wys dat dit eers slegter met hulle verhouding gegaan het, voor dit uiteindelik herstel is!

Dit is ook duidelik dat sommige van hierdie lewenswandel sake deur die huisgesin van Chloë (1:11) aan Paulus gerapporteer is, moontlik met die besoek van Stefanas, Fortunatus en Agaïkus (16:17).  Dit is sake soos: verdeelheid en wysheid (1:10-4:21), bloedskande (5:1-13), hofsake (6:1-11) en prostitusie (6:12-20), waarskynlik ook die vraag na die hoofbedekking van vroue, wat saamhang met die vraag na die algemene rol van vroue in die gemeente (11:2-16) en die nagmaalviering (11:17-34).

Maar daar is ‘n hele klomp ander sake wat Paulus verder aan in sy brief aanraak, wat heel waarskynlik in antwoord is op ‘n vroeëre brief van die Korintiërs aan hom (7:1).  Telkens lei hy dié sake in met die frase: “En nou …” en dan hanteer hy die sake waaroor hulle vrae gehad het.  Dit gaan oor sake soos seks en die huwelik (7:1), ongetroudes (maagde – 7:25), offers aan afgode (8:1), geestelike gawes en die erediens (12:1), offergawes (16:1) en oor Apollos (16:12).

Die enigste saak wat nie oor die Christelike lewenswandel gaan nie, is die lering wat Paulus oor die opstandingsliggaam gee in hoofstuk 15, hoewel dit ook duidelik iets is waaroor die Korintiërs afwykende idees gehad het, en Paulus hulle daaroor wou onderrig.

Die teologiese perspektief op die opstanding verteenwoordig waarskynlik ook ‘n korrektief nie net op hulle idees oor die geestelike gawes en wat dit beteken om geestelik te wees nie, maar ook op hulle idees oor die Christelike lewenswandel.  ‘n Mens se gedrag hier en nou word immers onder andere bepaal deur hoe jy dink oor die toekoms.  As jy nie in die opstanding glo nie, kan jy eintlik hier mos maak wat jy wil.  Dit maak dan nie saak, volgens sommige Korintiër gelowiges, of jy asketies lewe (hfst 7) of immoreel (hfst 5) nie, solank jy net geestelik is, en bv. in tale praat (hfst 14).

In tandem met sy aanvanklike beklemtoning van die kruisteologie (1:17-2:16) begrond hierdie twee teologiese perspektiewe – die kruis en die opstanding – die Christelike lewenswandel, en spel dit die raamwerk uit waarbinne hulle dissipelskap uitgelewe moet word.  Dit is ook die basis van die eenheid wat hy bepleit onder almal wat deel is van die gemeenskap van Christus.

Hoofstuk 16 sluit die brief af met ‘n paar praktiese sake.

Fokusteks

1 Korintiërs 10:1-13
Waarskuwing teen afgodery
10 Broers, ek wil julle daaraan herinner dat ons voorvaders almal onder die beskerming van die wolk was en almal veilig deur die see gegaan het. 2Omdat hulle almal vir Moses gevolg het, is hulle almal in die wolk en in die see gedoop. 3Almal het dieselfde geestelike voedsel geëet, 4en almal het dieselfde geestelike drank gedrink: hulle het gedrink uit ’n geestelike rots wat met hulle saamgegaan het. Die rots was Christus. 5Tog was God met die meeste van hulle nie tevrede nie, want hulle het in die woestyn omgekom.

6Hierdie dinge het gebeur as voorbeelde vir ons dat ons ons nie soos hulle deur sondige begeertes moet laat dryf nie. 7Julle moenie afgodsdienaars word nie, soos sommige van hulle oor wie daar geskrywe staan: “Die volk het gaan sit om te eet en te drink en het opgestaan en hulle aan uitspattighede oorgegee.” 8Laat ons ook nie onsedelikheid pleeg nie, soos sommige van hulle onsedelikheid gepleeg het, en op een dag het daar drie en twintig duisend omgekom. 9Laat ons Christus nie uittart nie, soos sommige van hulle Hom uitgetart het, en hulle het deur slange omgekom. 10En moenie teen God in verset kom nie, soos sommige van hulle in verset gekom het, en hulle het deur die engel van die dood omgekom.

11Hierdie dinge het oor hulle gekom as ’n voorbeeld vir ons en is opgeskryf as ’n waarskuwing vir ons wat die einde van die tye al beleef. 12Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie. 13Geen versoeking wat meer is as wat ’n mens kan weerstaan, het julle oorval nie. God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan.

14Daarom, my geliefdes, moet niks met die afgodsdiens te doen hê nie. 15Ek praat met julle as verstandige mense. Beoordeel self wat ek sê. 16Die beker van danksegging, waarvoor ons God dank, is dit nie die gemeenskap met die bloed van Christus nie? Die brood wat ons breek, is dit nie die gemeenskap met die liggaam van Christus nie? 17Omdat dit een brood is, is ons, al is ons baie, saam een liggaam, want ons het almal deel aan die een brood.

18Kyk maar hoe is dit by die Joodse volk. Kom daar dan nie gemeenskap tot stand tussen die offeraltaar en dié wat die offers eet nie? 19Wat wil ek hiermee sê? Dat ’n afgodsoffer of ’n afgod enige betekenis het? 20Nee, maar dat dié wat aan hulle offer, aan bose geeste offer en nie aan God nie. En ek wil nie hê julle moet met bose geeste gemeenskap hou nie. 21Julle kan nie die beker van die Here drink en ook die beker van bose geeste nie. Julle kan nie deel hê aan die tafel van die Here en ook aan die tafel van bose geeste nie. 22Of wil ons die Here uittart? Is ons miskien sterker as Hy?

God nooi ons uit en ons kom tot rus

Rus

Die gebruik van ‘n hongerdoek in hierdie tyd pas by die aard van die Lydenstyd… Bybelmedia se Woord en Fees: Preekriglyne en Liturgiese Voorstelle vir 2012-13 formuleer dit soos volg in die basis liturgie:

’n “Hongerdoek” word in die liturgiese ruimte aangebring en lidmate word genooi om byvoorbeeld koerantuitknipsels en foto’s wat hulle herinner aan lyding in die wêreld daarop aan te bring. Lidmate wat vas, word ook aangemoedig om dit wat hulle prysgee tydens Lydenstyd met ’n nota op die hongerdoek aan te dui. Waar daar op barmhartigheidswerk gefokus word, word niebederfbare produkte en klere by die hongerdoek neergesit en later, na afloop van die diens, uitgedeel.

Lied 164 “Ons is almal hier tesaam vs 1,2”

Aanvangswoord
2Ek soek U, o God, my God,
ek dors na U;
ek smag na U
soos in ’n dor en droë land,
’n land sonder water.
3Ek wil by U in die heiligdom wees
om daar u mag en grootheid
te ondervind.
4U troue liefde is meer werd
as die lewe…

7As ek aan U dink op my bed,
oor U peins in die nag, dan weet ek:
8U is vir my ’n hulp,
en dan juig ek oor die beskerming
onder u vleuels.
(Uit Psalm 63)

Seëngroet
2Aan die gemeente van God in ………………………………….. wat Hy vir Hom in Christus Jesus afgesonder en geroep het om aan Hom te behoort, en verder aan almal, waar hulle ook al mag wees, wat die Naam aanroep van Jesus Christus, hulle Here en ons Here.
3Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus!

Lied 176 “Halleluja, U is Koning vs 1” (Herhaal en vra die musiekleier om die lied 2 of 3 maal te moduleer)

Verootmoediging
Ons gebruik Jesaja 55 as oproep om na die Here toe te draai…

Jesaja 55:1-9
Ek wil met julle ’n ewige verbond sluit
55 Kom, almal wat dors is,
kom na die water toe,
selfs ook dié wat nie geld het nie, kom,
koop en eet;
ja, kom, koop sonder geld
en sonder om te betaal,
wyn en melk.
2Waarom betaal julle vir iets
wat nie brood is nie,
waarom werk julle vir iets
wat nie kan versadig nie?
Luister aandagtig na My,
sodat julle kan eet wat goed is
en versadig kan word
met die beste wat daar is.
3Gee aandag en kom na My toe,
luister, en julle sal lewe.
Ek wil met julle ’n ewige verbond sluit,
Ek wil my troue liefde aan julle betoon
soos aan Dawid.
4Ek het hom ’n getuie gemaak
vir die volke,
’n regeerder en gebieder van volke.
5Nou sal jy nasies ontbied
wat jy nie geken het nie,
en nasies wat jou nie geken het nie,
sal na jou toe hardloop
ter wille van die Here jou God,
die Heilige van Israel,
omdat Hy jou in eer herstel het.
6Vra na die wil van die Here
terwyl Hy nog te vinde is,
roep Hom aan terwyl Hy nog naby is.
7Die goddelose moet sy verkeerde pad
laat staan,
die slegte mens sy slegte planne.
Hy moet hom tot die Here bekeer,
dan sal Hy hom genadig wees;
hy moet hom tot ons God bekeer,
Hy vergewe altyd weer.
8My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie,
sê die Here;
9soos die hemel hoër is as die aarde,
so is my optrede
verhewe bo julle optrede
en my gedagtes bo julle gedagtes.

Skuldbelydenis: Lied 247 “Heer wees ons genadig Afr + Latyn”

Vryspraak: 2 Korintiërs 5:17-21
17Iemand wat aan Christus behoort, is ’n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. 18Dit alles is die werk van God. Hy het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening toevertrou. 19Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en die mense hulle oortredinge nie toereken nie. Die boodskap van versoening het Hy aan ons toevertrou.

20Ons tree dus op as gesante van Christus, en dit is God wat deur ons ’n beroep op julle doen. Ons smeek julle namens Christus: Aanvaar die versoening met God wat Hy bewerk het! 21Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees.

Loflied 200 “U goedheid Heer kan ons nie peil nie 1,2,3”

Liedere

F5. “Daar Is Geen Grens” 
(RUBRIEK:  FLAM Gemeentesang – Verwondering)
Oorspronklike titel: The Steadfast Love
Teks en musiek: Edith McNeil
Afrikaanse vertaling 2005  Faani Engelbrecht
© 1974, 1975  Celebration
(Opgeneem op FLAM, vol 1)
(Klaagliedere 3:22,23)

1. Daar is geen grens aan U guns en genade.
U groot ontferming hou nooit op.
Dit is nuut elke môre, nuut elke môre,
groot is U trou, o Heer, my God;
groot is U trou, o Heer.

F22. “Ek Soek U, O God”
(RUBRIEK:  Kruisfuur – Toewyding / Verwondering / Aanbidding)
Teks en Musiek: Rhe Janse
© 1994  Brettian Productions
(Reeds opgeneem op: Lentereën  –  Willie Joubert
25 Gunsteling L&A liedere – Louis Brittz
Vrygemaak: Pretoria Oosterlig Gemeente)

Ek soek U, o God, my God,
ek dors na U, God.
Soos ‘n land sonder water,
wil ek tot u nader
om by U te wees,
om by U te wees.

As ek saans aan U dink, my God,
oor U peins in die nag,
dan weet ek U help my,
U hand ondersteun my.
Ek wil naby U bly,
ek wil naby U bly.

Refrein:
Want U liefde is meer werd as die lewe,
daarom sal ek U vir altyd prys;
my hande ophef om u Naam te eer,
want U is die Heer vir wie ons lewe, lewe, lewe… (Nav Ps 63)

F181. “U Ken My Vredevors (My Fontein)” 
(RUBRIEK:  Kruisfuur – Toewyding / Afhanklikheid en vertroue)
Teks en Musiek: Wian Vos
© 2006 Urial Publishing

1. U ken my Vredevors
My honger en my dors
U hoor my as ek pleit
Vir krag en heiligheid
My hele lewe, Heer
Lê ek nou voor U neer
Loop saam deur die woestyn
Want U is my Fontein

Refrein:
By wie ek water drink, Lewende Water drink
Dit vloei so vry, verniet vir my
Daar waar ek water drink, Lewende Water drink
Les U my dors, my Vredevors
My Fontein

2. As ek dink aan wie U is
Dan raak ek weer bewus
Van U grootheid en my kleinheid
My skuld en my onreinheid

As ek self, alleen probeer
Dan val ek maar net weer
Loop dan saam deur die woestyn
Want U is my Fontein

Refrein:

  1. God praat met ons en ons luister

Epiklese
Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word;
10laat u koninkryk kom; laat u wil geskied,
soos in die hemel net so ook op die aarde;
11gee ons vandag ons daaglikse brood;
12en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe;
13en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose.
Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid.
Amen. (Matteus 6, OAV)

of sing Lied 266 Ons Vader wat woon in die hemel vs 1

Skriflesing 1 Korinthiërs 10:1-13

Prediking

Familie-oomblik

Om kinders in hierdie teks se betekenis in te lei, sal dit moontlik die beste werk om een van die stories waarna Paulus waarskynlik hier verwys in meer detail vir die kinders te vertel.  Die verhaal van die goue kalf (Eks 32) sal baie goed kan werk.

Die dillemma van versoeking word uitstekend illustreer in ‘n video oor kinders en marshmallows, beskikbaar by http://www.youtube.com/watch?v=G7LN96jEXHc. Gebruik ‘n You-tube converter om die video af te laai.

Preekriglyn

Teen ‘n jaarlikse fooi van $19.95 kan jy e-posse stuur nadat jy gesterf het.  Vir hierdie voorreg kan jy dr. David Eagleman, ‘n professor in neurologie en psigiatrie te Baylor Skool vir Medisyne, bedank.  Hy het Deathswitch, ‘n outomatiese aanlyn e-posdiens geskep.  Dit laat jou toe om na jou dood e-posse aan voorafgekose ontvangers te stuur.  Dit bevat gewoonlik kritieke persoonlike informasie oor die oorledene.  “Dit kan enigiets van geheime rekenaar wagwoorde, liefdesbriefies of die laaste sê in ‘n argument wees,” vertel Eagleman.

Vir Eagleman is sy diens ‘n manier om sterflikheid te oorbrug.  Die idee vir Deathswitch is gebore uit sy liefde vir die internet en ‘n soeke na maniere hoe dit mens-wees kan verryk.  “Dit is so besonders om ‘n e-pos te kry van iemand wat reeds oorlede is,” sê hy.  “Daar is nie enige waardigheid in stilte na die dood nie.”

Brian Rosenthal, hoofuitvoerende beampte van ‘n konsultasiemaatskappy, Robocommerce, het aangesluit by Deathswitch.  “Dit verbreed  jou reikwydte,” sê Rosenthal, “jy kan iets van jouself stoor wat ‘n boodskap na jou dood bring.  Jy kan anderkant die graf kommunikeer”

Voortgaande boodskap

Mens kommunikeer inderdaad na jou dood.  Eagleman se idee is dalk glad nie so revolusionêr as wat dit met die eerste oogopslag mag klink nie.  In ons teks word die geskiedenis van ou Israel na hulle uittog uit Egipte onder Moses vir ons as voorbeeld voorgehou.  Paulus skryf vir vroeë Christene dat hulle die boodskap uit die lewe van Israel moet onthou.  Hulle optrede is opgeskryf as ‘n voorbeeld, as ‘n waarskuwing, sodat Christene in die hede reg sal lewe.

Dis tot vandag toe waar.  Millennia na die uittog uit Egipte, millennia na die lewe van die eerste gemeente in Korinte, kom daar ‘n boodskap na ons toe.  Onthou!  Wees gewaarsku!  Kies om reg te leef!  Kies te alle tye om in ‘n oop, geestelik gesonde verhouding met God te lewe!

Waarom ‘n waarskuwing?

Paulus wou die Korintiërs help om op koers te bly in hulle geloof.  In ons teks gebruik hy daarom die voorbeeld van ou Israel, onder Moses, om die Korintiërs aan te spoor om reg te lewe.  Die Korintiërs het nogal heelwat leiding, onderrig en selfs waarskuwing nodig gehad.

Paulus raak in 1 Korintiërs ‘n hele aantal groot vraagstukke aan, meesal sake wat oor die Christelike lewenswandel gaan.  Dit is dinge waaroor Paulus hulle wil onderrig.

Dat dit nodig was, spruit onder andere uit voortslepende impak van die heersende kultuur en godsdiens van die stad Korinte op die nuwe bekeerlinge.  Die stad was op ‘n strategiese handelsroete geleë.  Dit was ‘n groot handelstad (met bv. twee hawens), met ‘n kosmopolitaanse samestelling.  Mense van reg oor die Romeinse ryk het hierheen gestroom.

Nie net was daar dus groot rykdom nie, maar ook baie gode en godsdienste.  Sommige was moreel dekadent.  ‘n Voorbeeld hiervan is die Afrodiete-godsdiens (sy was godin van die liefde), met die groot altaar op die Akrokorinte berg.  In haar hoogbloei was daar meer as ‘n duisend prostitute in tempeldiens.  Die term “meisies van Korinte” het ‘n idiomatiese uitdrukking in ander stede geraak wanneer mense na prostitute verwys het.  Geen wonder dat een van die roerendste gedeeltes in die Korintiërbrief juis die verheerliking van die liefde was, wat van God kom.  Dit staan in direkte opposisie met die leerstellings van die heersende godin van die liefde van Korinte.

Wat veral opmerklik is, anders as wat die geval was in Tessalonika, is dat hierdie kulture en godsdienste se idees nie net van buite af op die gemeente ‘n impak gehad het nie.  Dit is deur sommige lidmate van die gemeente aangehang.  En hierdie mense het Paulus direk aangevat omdat hulle nie met hom saamgestem het nie.

Paulus kan dus nie hierdie alternatiewe leringe en perspektiewe ongehinderd laat aangaan nie.  Vandaar die berispende emosionele toon van sy brief.  Let bv. op na die taal van konfrontasie (4:18-21), appèl (10:31v), sarkasme (6:5) en ironie (1:26-27) wat hy gebruik.  En 2 Korintiërs wys dat dit eers slegter met hulle verhouding gegaan het, voor dit uiteindelik herstel is!

Daar was ook groot leemtes in die praktiese Christenskap van die gemeente.  Dit raak sake soos: verdeelheid en wysheid (1:10-4:21), bloedskande (5:1-13), hofsake (6:1-11) en prostitusie (6:12-20), waarskynlik ook die vraag na die hoofbedekking van vroue, wat saamhang met die vraag na die algemene rol van vroue in die gemeente (11:2-16), en die nagmaalviering (11:17-34).

Paulus raak ook nog ‘n klomp ander sake in sy brief aan. Dit gaan oor aspekte soos seks en die huwelik (7:1), ongetroudes (maagde – 7:25), offers aan afgode (8:1), geestelike gawes en die erediens (12:1), offergawes (16:1) en oor Apollos (16:12).

God se leiding en bevryding

In ons teks begin Paulus sy onderrig deur te verwys na God se genade en verlossing in die lewe van ou Israel in die woestyn. Hy herinner sy lesers (10:1) aan die boodskap wat oor die eeue uit die lewe van die volk kom.

Verse 1 en 2 herinner hoe hulle onder die beskerming van die wolkkolom gereis en veilig deur die Rietsee, wat deur die oostewind oopgekloof is, voor Farao se leërmag kon trek.  Paulus sê hulle is almal in die wolk en die see gedoop.  Net soos die dopeling deur onderdompeling deur water omsluit word, is die volk deur die beskermende wolk en die genadige redding van die Here (die see) gedoop.

Vir die Christelike gemeente is die doop die teken van God se geskenk in Christus.  Die doop is die teken en seël dat God ons in Christus seën met al die seëninge wat daar in die hemel is.

Israel se woestyn-ervaring kan ook met die nagmaal vergelyk word.  Die eet van manna (Eks 16:4) en die drink van water uit die rots (Eks 17:6) verwys vir Paulus na geestelike kos en drank.  “Geestelik” beteken hier dat die fisiese brood en water ook tekens was van God se sorg en leiding aan die volk.  Dit het God se toewyding aan hulle bevestig.

Vir Paulus is hierdie versorging iets wat kom uit die geestelike rots wat die volk vergesel het, t.w. Christus.  Soos Christus deur die nagmaal teenwoordig en aan die werk is in die gemeente, net so was Hy ook die bron van die Israeliete se geestelike kos en water. Christus is (in die hede, soos ook altyd in die verlede) sowel in die hede as gedurende enige tyd in die verlede intens betrokke.

Vader, Seun en Heilige Gees was betrokke by die lewe van die volk van God in die woestyn.  God het hulle geseën en gedra.  Net so doen die drie-enige God ook in die lewe van die gemeente in Korinte.  Daarom is die gebeure in die volk se lewe, en hulle reaksie op God se genade, leiding en versorging van beslissende betekenis vir die Nuwe Testamentiese gemeente van die Here.

Israel se reaksie

Vers 5 vertel dat God nie met die volk tevrede was nie.  Daarom het hulle in die woestyn omgekom.  Waarom was God nie tevrede nie?  Die volk het nie binne die ruimte van die verhouding met God gebly nie.  Paulus spel ou Israel se reaksie op die Here se genade in groot detail in verse 6 tot 10 uit.  Hy verwys hier terug na 5 gevalle uit die geskiedenis van Israel in die woestyn tydens die Uittog, wat vir die Korintiërs as voorbeeld en waarskuwing moet dien:

  1. vers 6: sondige begeertes (Num 11:4–35 – waar die volk gestraf word by Kibrot-Taäwa weens hulle lus vir vleis wat hulle in opstand teen die Here laat kom – die Here stuur wel kwartels, maar straf hulle vir hulle gulsigheid – ’n oortreding van die tiende gebod);
  2. vers 7: afgodsdiens (Eks 32 – die bekende verhaal van die goue kalf waar die volk die goue kalf as God aanbid het en losbandig te kere gegaan het – net Moses se tussenkoms keer dat die hele volk uitgewis word – ’n oortreding van die eerste twee gebooie);
  3. vers 8: onsedelikheid (Num 25 – die verhaal van die Israelitiese mans wat met Moabitiese en Midianitiese vroue seks gehad het as deel van die offers aan Baäl-Peor en deur die Here gestraf is – ’n oortreding van die sewende gebod.  Terloops, Moab was een van die kinders van Lot by sy dogters [Gen 19:37]);
  4. vers 9: uittarting van God (Num 21:4–9 – die verhaal van die ongeduld van die volk teenoor die Here toe hulle by die Horberg verbygetrek het, en Hom verkwalik het vir die Uittog, en waar die Here giftige slange gestuur het om hulle te straf, maar daar redding was deur die koperslang wat Moses gemaak het);
  5. vers 10: verset teen gesag/God (Num 16 – die opstand van Korag, Datan en Abiram teen Moses en Aäron dat hulle gesag as leiers, maar hulle eintlik teen die Here en sy keuses verset, en die Here wat hulle uitwis deur die aarde wat hulle insluk).

Hierdie dinge het die gemeenskap tussen God en volk, wat ten alle koste beskerm moet word, in gedrang gebring.

Die volk Israel het met sonde, uittarting en opstand op God se liefde gereageer.  God het hulle daarvoor verantwoordbaar gehou.  Die ongehoorsaamheid het op ramp en ellende uitgeloop.

‘n Voorbeeld en ‘n waarskuwing

In vers 11 sê Paulus dat die eeue en eras met mekaar praat.  Dit wat met die Israeliete gebeur het, is ‘n voorbeeld en ‘n waarskuwing vir die gemeente van Korinte.  Die omstandighede kan moeilik meer uiteenlopend wees : ‘n Joodse volk-in-wording in die woestyn, versus Grieksprekende nie-Jode in ‘n ekonomies bloeiende samelewing.  ‘n Eensame, dorre berglandskap versus ‘n handelsroete van formaat.  Mens kan die lys verskille baie lank maak.  Tog is God dieselfde God wat ‘n verbond van genade met sy volk gesluit het, waar sy volk verantwoordbaar is oor die wyse waarop hulle in dankbaarheid vir die genade leef.

Paulus huiwer nie om die Jode die voorvaders (10:1) van die Korintiërs te noem nie.  Die Korintiërs is die geestelike nasate van die volk in die woestyn.,  Hulle is deel van die eeue-lange beweging van ‘n genadige God na die wêreld.  Hulle is die wilde olyf wat op die wortel van die mak olyf (Israel) ingeplant is, en steeds vanuit God se genade lewe.

Daarom moet wat gebeur het met ou Israel as voorbeeld en as waarskuwing dien.

Paulus se motief is om die Korintiërs tot gehoorsaamheid aan te moedig.  Daar is ‘n dringendheid in sy stem, want die Korintiërs leef al in die einde van die tye.  Terwyl Israel in die begin-era van God se aksie in die wêreld geleef het, leef die Korintiërs in die era waar God ‘n pad met die volk geloop het sy Seun gestuur het, die Heilige Gees uitgestort het, en sy volk fokus op die eindbestemming van sy bedoelinge met die wêreld.  Die insig en ervaring van God se genade is soveel groter.  Daarom ook die verantwoordelikheid.

God gee krag tot gehoorsaamheid

Paulus skets ook die pad uit die versoekings in vers 12.  God sal nie toelaat dat ’n mens versoekings kry wat jy nie in staat is om te weerstaan nie, want Hy sal saam met die versoekings ook die uitkoms gee, sodat hulle dit kan weerstaan.

God gee ook die genade om versoekings te weerstaan.  God se genade is genoeg.  Sy genade tot gehoorsaamheid help ons om in gemeenskap met Hom te bly lewe.  Niks mag met God in jou lewe kompeteer nie, nie jou eie begeertes nie, nie jou gedrag nie, en ook nie jou (af)godsdiens nie.

Ook ons, wat deur die doop in die lewe van Vader, Seun en Heilige Gees ingelyf is, en deur die nagmaal telkens weer deur die genade van God bedien word, kan vanuit hierdie krag tot gehoorsaamheid lewe.

Om besluite te neem

Die Bybel vir die Lewe 24/7 (2006: Lux Verbi.BM) gee ’n interessante lysie uit riglyne wat in hoofstuk 10 voorkom, wat jou kan help wanneer jy besluite moet neem:

  • Is dit waaroor ek moet besluit goed en opbouend?
  • Is dit tot eer van God?
  • Sal dit ander laat struikel of aanstoot gee?
  • Volg ek Jesus se voorbeeld hierin?
  • Het ek vrede in my hart of bly ek twyfel?
  • Wat sê my gewete?

Jy kommunikeer

Besluite is belangrik.  Ons keuses kommunikeer.  Mens kan gerus onthou dat jou lewe ‘n boodskap uitstraal.  Ook na jou dood.  Blykbaar wil baie mense nie inteken op Deathswitch nie.  Mense hou nie daarvan om aan hulle dood te dink nie.  Wat nog daarvoor te beplan?  Wat nog om te onthou dat hoe jy vandag lewe ‘n boodskap dra wat ook na jou dood sal voortbestaan?

Paulus nooi ons uit om so te leef en so te kies dat ons lewens ‘n heilsame boodskap bly kommunikeer.  Vir nou, maar ook vir die geslagte en tye wat kom.

  1. God stuur ons om te leef

Gebed

Geloofsbelydenis
Die Geloofsbelydenis van Nicea
Ons glo in een God, die almagtige Vader, die Skepper van hemel en aarde, van alle sigbare en onsigbare dinge; en in een Here Jesus Christus, die eniggebore Seun van God, voor al die eeue uit die Vader gebore: Hy is God uit God, lig uit lig, ware God uit ware God, gebore, nie gemaak nie, een in wese met die Vader, deur wie alles tot stand gekom het. Hy het ter wille van ons, mense, en ons saligheid uit die hemel neergedaal en het deur die Heilige Gees uit die maagd Maria vlees geword; Hy het mens geword; onder Pontius Pilatus is Hy gekruisig; Hy het gely en is begrawe. Op die derde dag het Hy volgens die Skrifte opgestaan, en Hy het na die hemel opgevaar. Hy sit aan die regterhand van die Vader, en Hy sal met heerlikheid terugkom om die lewendes en die dooies te oordeel. Aan sy koningskap sal daar geen einde wees nie. Ons glo in die Heilige Gees, wat Here is en lewend maak. Hy gaan van die Vader en die Seun uit, en Hy word saam met die Vader en die Seun aanbid en verheerlik. Hy het deur die profete gespreek. Ons glo aan een, heilige, algemene en apostoliese kerk. Ons bely een doop tot vergifnis van sondes. Ons verwag die opstanding van die dooies en die lewe van die toekomstige bedeling. Amen.

Offergawes

Wegsending Lied 500 “God’s dade is volmaak en goed vs 1,2,3”

Seën:Numeri 6:24-26
24Die Here sal julle seën
en julle beskerm;
25die Here sal tot julle redding
verskyn
en julle genadig wees;
26die Here sal julle gebede verhoor
en aan julle vrede gee! Amen

Musikale Amen Lied 312/313/314/315/ of
F361. Laat Dit So Wees (Amen)
(RUBRIEK: Kersflam – Gebed)
Teks en musiek: Neil Büchner
Kopiereg: © Flam Musiek-Uitgewers

Laat dit so wees, Here, Amen.
Laat dit so wees, Here, Amen.
Heer, laat ons leef soos U leer
Here, Amen.
Laat dit so wees, Here, Amen.

God praat met ons en ons luister

Epiklese
Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word;
10laat u koninkryk kom; laat u wil geskied,
soos in die hemel net so ook op die aarde;
11gee ons vandag ons daaglikse brood;
12en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe;
13en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose.
Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid.
Amen. (Matteus 6, OAV)

of sing Lied 266 Ons “Vader wat woon in die hemel vs 1”

Skriflesing: 1 Korinthiërs 10:1-13

Prediking

Familie-oomblik

Om kinders in hierdie teks se betekenis in te lei, sal dit moontlik die beste werk om een van die stories waarna Paulus waarskynlik hier verwys in meer detail vir die kinders te vertel.  Die verhaal van die goue kalf (Eks 32) sal baie goed kan werk.

Die dillemma van versoeking word uitstekend illustreer in ‘n video oor kinders en marshmallows. Gebruik ‘n You-tube converter om die video af te laai.

Preekriglyn

Teen ‘n jaarlikse fooi van $19.95 kan jy e-posse stuur nadat jy gesterf het.  Vir hierdie voorreg kan jy dr. David Eagleman, ‘n professor in neurologie en psigiatrie te Baylor Skool vir Medisyne, bedank.  Hy het Deathswitch, ‘n outomatiese aanlyn e-posdiens geskep.  Dit laat jou toe om na jou dood e-posse aan voorafgekose ontvangers te stuur.  Dit bevat gewoonlik kritieke persoonlike informasie oor die oorledene.  “Dit kan enigiets van geheime rekenaar wagwoorde, liefdesbriefies of die laaste sê in ‘n argument wees,” vertel Eagleman.

Vir Eagleman is sy diens ‘n manier om sterflikheid te oorbrug.  Die idee vir Deathswitch is gebore uit sy liefde vir die internet en ‘n soeke na maniere hoe dit mens-wees kan verryk.  “Dit is so besonders om ‘n e-pos te kry van iemand wat reeds oorlede is,” sê hy.  “Daar is nie enige waardigheid in stilte na die dood nie.”

Brian Rosenthal, hoofuitvoerende beampte van ‘n konsultasiemaatskappy, Robocommerce, het aangesluit by Deathswitch.  “Dit verbreed  jou reikwydte,” sê Rosenthal, “jy kan iets van jouself stoor wat ‘n boodskap na jou dood bring.  Jy kan anderkant die graf kommunikeer”

Voortgaande boodskap

Mens kommunikeer inderdaad na jou dood.  Eagleman se idee is dalk glad nie so revolusionêr as wat dit met die eerste oogopslag mag klink nie.  In ons teks word die geskiedenis van ou Israel na hulle uittog uit Egipte onder Moses vir ons as voorbeeld voorgehou.  Paulus skryf vir vroeë Christene dat hulle die boodskap uit die lewe van Israel moet onthou.  Hulle optrede is opgeskryf as ‘n voorbeeld, as ‘n waarskuwing, sodat Christene in die hede reg sal lewe.

Dis tot vandag toe waar.  Millennia na die uittog uit Egipte, millennia na die lewe van die eerste gemeente in Korinte, kom daar ‘n boodskap na ons toe.  Onthou!  Wees gewaarsku!  Kies om reg te leef!  Kies te alle tye om in ‘n oop, geestelik gesonde verhouding met God te lewe!

Waarom ‘n waarskuwing?

Paulus wou die Korintiërs help om op koers te bly in hulle geloof.  In ons teks gebruik hy daarom die voorbeeld van ou Israel, onder Moses, om die Korintiërs aan te spoor om reg te lewe.  Die Korintiërs het nogal heelwat leiding, onderrig en selfs waarskuwing nodig gehad.

Paulus raak in 1 Korintiërs ‘n hele aantal groot vraagstukke aan, meesal sake wat oor die Christelike lewenswandel gaan.  Dit is dinge waaroor Paulus hulle wil onderrig.

Dat dit nodig was, spruit onder andere uit voortslepende impak van die heersende kultuur en godsdiens van die stad Korinte op die nuwe bekeerlinge.  Die stad was op ‘n strategiese handelsroete geleë.  Dit was ‘n groot handelstad (met bv. twee hawens), met ‘n kosmopolitaanse samestelling.  Mense van reg oor die Romeinse ryk het hierheen gestroom.

Nie net was daar dus groot rykdom nie, maar ook baie gode en godsdienste.  Sommige was moreel dekadent.  ‘n Voorbeeld hiervan is die Afrodiete-godsdiens (sy was godin van die liefde), met die groot altaar op die Akrokorinte berg.  In haar hoogbloei was daar meer as ‘n duisend prostitute in tempeldiens.  Die term “meisies van Korinte” het ‘n idiomatiese uitdrukking in ander stede geraak wanneer mense na prostitute verwys het.  Geen wonder dat een van die roerendste gedeeltes in die Korintiërbrief juis die verheerliking van die liefde was, wat van God kom.  Dit staan in direkte opposisie met die leerstellings van die heersende godin van die liefde van Korinte.

Wat veral opmerklik is, anders as wat die geval was in Tessalonika, is dat hierdie kulture en godsdienste se idees nie net van buite af op die gemeente ‘n impak gehad het nie.  Dit is deur sommige lidmate van die gemeente aangehang.  En hierdie mense het Paulus direk aangevat omdat hulle nie met hom saamgestem het nie.

Paulus kan dus nie hierdie alternatiewe leringe en perspektiewe ongehinderd laat aangaan nie.  Vandaar die berispende emosionele toon van sy brief.  Let bv. op na die taal van konfrontasie (4:18-21), appèl (10:31v), sarkasme (6:5) en ironie (1:26-27) wat hy gebruik.  En 2 Korintiërs wys dat dit eers slegter met hulle verhouding gegaan het, voor dit uiteindelik herstel is!

Daar was ook groot leemtes in die praktiese Christenskap van die gemeente.  Dit raak sake soos: verdeelheid en wysheid (1:10-4:21), bloedskande (5:1-13), hofsake (6:1-11) en prostitusie (6:12-20), waarskynlik ook die vraag na die hoofbedekking van vroue, wat saamhang met die vraag na die algemene rol van vroue in die gemeente (11:2-16), en die nagmaalviering (11:17-34).

Paulus raak ook nog ‘n klomp ander sake in sy brief aan. Dit gaan oor aspekte soos seks en die huwelik (7:1), ongetroudes (maagde – 7:25), offers aan afgode (8:1), geestelike gawes en die erediens (12:1), offergawes (16:1) en oor Apollos (16:12).

God se leiding en bevryding

In ons teks begin Paulus sy onderrig deur te verwys na God se genade en verlossing in die lewe van ou Israel in die woestyn. Hy herinner sy lesers (10:1) aan die boodskap wat oor die eeue uit die lewe van die volk kom.

Verse 1 en 2 herinner hoe hulle onder die beskerming van die wolkkolom gereis en veilig deur die Rietsee, wat deur die oostewind oopgekloof is, voor Farao se leërmag kon trek.  Paulus sê hulle is almal in die wolk en die see gedoop.  Net soos die dopeling deur onderdompeling deur water omsluit word, is die volk deur die beskermende wolk en die genadige redding van die Here (die see) gedoop.

Vir die Christelike gemeente is die doop die teken van God se geskenk in Christus.  Die doop is die teken en seël dat God ons in Christus seën met al die seëninge wat daar in die hemel is.

Israel se woestyn-ervaring kan ook met die nagmaal vergelyk word.  Die eet van manna (Eks 16:4) en die drink van water uit die rots (Eks 17:6) verwys vir Paulus na geestelike kos en drank.  “Geestelik” beteken hier dat die fisiese brood en water ook tekens was van God se sorg en leiding aan die volk.  Dit het God se toewyding aan hulle bevestig.

Vir Paulus is hierdie versorging iets wat kom uit die geestelike rots wat die volk vergesel het, t.w. Christus.  Soos Christus deur die nagmaal teenwoordig en aan die werk is in die gemeente, net so was Hy ook die bron van die Israeliete se geestelike kos en water. Christus is (in die hede, soos ook altyd in die verlede) sowel in die hede as gedurende enige tyd in die verlede intens betrokke.

Vader, Seun en Heilige Gees was betrokke by die lewe van die volk van God in die woestyn.  God het hulle geseën en gedra.  Net so doen die drie-enige God ook in die lewe van die gemeente in Korinte.  Daarom is die gebeure in die volk se lewe, en hulle reaksie op God se genade, leiding en versorging van beslissende betekenis vir die Nuwe Testamentiese gemeente van die Here.

Israel se reaksie

Vers 5 vertel dat God nie met die volk tevrede was nie.  Daarom het hulle in die woestyn omgekom.  Waarom was God nie tevrede nie?  Die volk het nie binne die ruimte van die verhouding met God gebly nie.  Paulus spel ou Israel se reaksie op die Here se genade in groot detail in verse 6 tot 10 uit.  Hy verwys hier terug na 5 gevalle uit die geskiedenis van Israel in die woestyn tydens die Uittog, wat vir die Korintiërs as voorbeeld en waarskuwing moet dien:vers 6: sondige begeertes (Num 11:4–35 – waar die volk gestraf word by Kibrot-Taäwa weens hulle lus vir vleis wat hulle in opstand teen die Here laat kom – die Here stuur wel kwartels, maar straf hulle vir hulle gulsigheid – ’n oortreding van die tiende gebod);

  1. vers 7: afgodsdiens (Eks 32 – die bekende verhaal van die goue kalf waar die volk die goue kalf as God aanbid het en losbandig te kere gegaan het – net Moses se tussenkoms keer dat die hele volk uitgewis word – ’n oortreding van die eerste twee gebooie);
  2. vers 8: onsedelikheid (Num 25 – die verhaal van die Israelitiese mans wat met Moabitiese en Midianitiese vroue seks gehad het as deel van die offers aan Baäl-Peor en deur die Here gestraf is – ’n oortreding van die sewende gebod.  Terloops, Moab was een van die kinders van Lot by sy dogters [Gen 19:37]);
  3. vers 9: uittarting van God (Num 21:4–9 – die verhaal van die ongeduld van die volk teenoor die Here toe hulle by die Horberg verbygetrek het, en Hom verkwalik het vir die Uittog, en waar die Here giftige slange gestuur het om hulle te straf, maar daar redding was deur die koperslang wat Moses gemaak het);
  4. vers 10: verset teen gesag/God (Num 16 – die opstand van Korag, Datan en Abiram teen Moses en Aäron dat hulle gesag as leiers, maar hulle eintlik teen die Here en sy keuses verset, en die Here wat hulle uitwis deur die aarde wat hulle insluk).

Hierdie dinge het die gemeenskap tussen God en volk, wat ten alle koste beskerm moet word, in gedrang gebring.

Die volk Israel het met sonde, uittarting en opstand op God se liefde gereageer.  God het hulle daarvoor verantwoordbaar gehou.  Die ongehoorsaamheid het op ramp en ellende uitgeloop.

‘n Voorbeeld en ‘n waarskuwing

In vers 11 sê Paulus dat die eeue en eras met mekaar praat.  Dit wat met die Israeliete gebeur het, is ‘n voorbeeld en ‘n waarskuwing vir die gemeente van Korinte.  Die omstandighede kan moeilik meer uiteenlopend wees : ‘n Joodse volk-in-wording in die woestyn, versus Grieksprekende nie-Jode in ‘n ekonomies bloeiende samelewing.  ‘n Eensame, dorre berglandskap versus ‘n handelsroete van formaat.  Mens kan die lys verskille baie lank maak.  Tog is God dieselfde God wat ‘n verbond van genade met sy volk gesluit het, waar sy volk verantwoordbaar is oor die wyse waarop hulle in dankbaarheid vir die genade leef.

Paulus huiwer nie om die Jode die voorvaders (10:1) van die Korintiërs te noem nie.  Die Korintiërs is die geestelike nasate van die volk in die woestyn.,  Hulle is deel van die eeue-lange beweging van ‘n genadige God na die wêreld.  Hulle is die wilde olyf wat op die wortel van die mak olyf (Israel) ingeplant is, en steeds vanuit God se genade lewe.

Daarom moet wat gebeur het met ou Israel as voorbeeld en as waarskuwing dien.

Paulus se motief is om die Korintiërs tot gehoorsaamheid aan te moedig.  Daar is ‘n dringendheid in sy stem, want die Korintiërs leef al in die einde van die tye.  Terwyl Israel in die begin-era van God se aksie in die wêreld geleef het, leef die Korintiërs in die era waar God ‘n pad met die volk geloop het sy Seun gestuur het, die Heilige Gees uitgestort het, en sy volk fokus op die eindbestemming van sy bedoelinge met die wêreld.  Die insig en ervaring van God se genade is soveel groter.  Daarom ook die verantwoordelikheid.

God gee krag tot gehoorsaamheid

Paulus skets ook die pad uit die versoekings in vers 12.  God sal nie toelaat dat ’n mens versoekings kry wat jy nie in staat is om te weerstaan nie, want Hy sal saam met die versoekings ook die uitkoms gee, sodat hulle dit kan weerstaan.

God gee ook die genade om versoekings te weerstaan.  God se genade is genoeg.  Sy genade tot gehoorsaamheid help ons om in gemeenskap met Hom te bly lewe.  Niks mag met God in jou lewe kompeteer nie, nie jou eie begeertes nie, nie jou gedrag nie, en ook nie jou (af)godsdiens nie.

Ook ons, wat deur die doop in die lewe van Vader, Seun en Heilige Gees ingelyf is, en deur die nagmaal telkens weer deur die genade van God bedien word, kan vanuit hierdie krag tot gehoorsaamheid lewe.

Om besluite te neem

Die Bybel vir die Lewe 24/7 (2006: Lux Verbi.BM) gee ’n interessante lysie uit riglyne wat in hoofstuk 10 voorkom, wat jou kan help wanneer jy besluite moet neem:

  • Is dit waaroor ek moet besluit goed en opbouend?
  • Is dit tot eer van God?
  • Sal dit ander laat struikel of aanstoot gee?
  • Volg ek Jesus se voorbeeld hierin?
  • Het ek vrede in my hart of bly ek twyfel?
  • Wat sê my gewete?
Jy kommunikeer

Besluite is belangrik.  Ons keuses kommunikeer.  Mens kan gerus onthou dat jou lewe ‘n boodskap uitstraal.  Ook na jou dood.  Blykbaar wil baie mense nie inteken op Deathswitch nie.  Mense hou nie daarvan om aan hulle dood te dink nie.  Wat nog daarvoor te beplan?  Wat nog om te onthou dat hoe jy vandag lewe ‘n boodskap dra wat ook na jou dood sal voortbestaan?

Paulus nooi ons uit om so te leef en so te kies dat ons lewens ‘n heilsame boodskap bly kommunikeer.  Vir nou, maar ook vir die geslagte en tye wat kom.

God stuur ons om te leef

Gebed

Geloofsbelydenis
Die Geloofsbelydenis van Nicea
Ons glo in een God, die almagtige Vader, die Skepper van hemel en aarde, van alle sigbare en onsigbare dinge; en in een Here Jesus Christus, die eniggebore Seun van God, voor al die eeue uit die Vader gebore: Hy is God uit God, lig uit lig, ware God uit ware God, gebore, nie gemaak nie, een in wese met die Vader, deur wie alles tot stand gekom het. Hy het ter wille van ons, mense, en ons saligheid uit die hemel neergedaal en het deur die Heilige Gees uit die maagd Maria vlees geword; Hy het mens geword; onder Pontius Pilatus is Hy gekruisig; Hy het gely en is begrawe. Op die derde dag het Hy volgens die Skrifte opgestaan, en Hy het na die hemel opgevaar. Hy sit aan die regterhand van die Vader, en Hy sal met heerlikheid terugkom om die lewendes en die dooies te oordeel. Aan sy koningskap sal daar geen einde wees nie. Ons glo in die Heilige Gees, wat Here is en lewend maak. Hy gaan van die Vader en die Seun uit, en Hy word saam met die Vader en die Seun aanbid en verheerlik. Hy het deur die profete gespreek. Ons glo aan een, heilige, algemene en apostoliese kerk. Ons bely een doop tot vergifnis van sondes. Ons verwag die opstanding van die dooies en die lewe van die toekomstige bedeling. Amen.

Offergawes

Wegsending: Lied 500 “God’s dade is volmaak en goed vs 1,2,3”

Seën: Numeri 6:24-26
24Die Here sal julle seën
en julle beskerm;
25die Here sal tot julle redding
verskyn
en julle genadig wees;
26die Here sal julle gebede verhoor
en aan julle vrede gee! Amen

Musikale Amen: Lied 312/313/314/315/ of
F361. Laat Dit So Wees (Amen)
(RUBRIEK: Kersflam – Gebed)
Teks en musiek: Neil Büchner
Kopiereg: © Flam Musiek-Uitgewers

Laat dit so wees, Here, Amen.
Laat dit so wees, Here, Amen.
Heer, laat ons leef soos U leer
Here, Amen.
Laat dit so wees, Here, Amen.

A ministry platform for faith leaders.

© Copyright Bible Media | This site is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.