Derde Sondag in Koninkrykstyd

Picture of Woord en Fees

Derde Sondag in Koninkrykstyd

Liturgiese Voorstel

Leesroostertekste

Sleutelteks: Matteus 10:40-42
Ander tekste: Genesis 22:1-14; Psalm 13; Romeine 6:12-23

Inleiding

Aangesien die sleutelteks vandag die vorige Sondag se teksgedeelte afsluit, sal die liturgie ook by dieselfde tema aansluit. Die boodskap in al die teksgedeeltes wentel steeds om vertroue in God wat gehoorsaamheid aan God se sending moontlik maak. Abraham se gehoorsaamheid dra daarom steeds verrassende vrug. Die psalm spreek van grenslose vertroue en Romeine spoor ons aan tot ’n nuwe gehoorsaamheid aan God. Die vrug daarvan is die ewige lewe. Dit is dieselfde vrug waarvan Jesus ons in Matteus 10 verseker. Ons vier dus die vertroue wat God ons gee en verbind ons tot gehoorsaamheid.

Diensorde

God versamel ons voor Hom

Gebed om vergifnis van sonde
Vergewe ons, Here God,
ons opsetlike sondes,
en dié van versuim;
die sonde van ons jeug,
én van ons ryper jare;
die sonde van ons gedagtes,
en van ons liggaam;
ons geheime en ons blatante sondes;
dié wat ons uit onkunde
of uit ongeërgdheid doen,
én dié wat ons vooruit bedink en beplan.
Vergewe ons, Here,
die sonde wat ons doen
om onsself te bevoordeel
of om ander mense te plesier;
die sonde waarvan ons weet
en wat ons onthou,
maar ook dié wat ons vergeet het;
die sonde wat ons van ander probeer wegsteek,
en van onsself;
en dié waardeur ons ander tot sonde verlei het.
Vergewe hulle ook, o God.
Vergewe ons almal ter wille van Hom
wat vir ons sonde gesterf, en opgestaan het
sodat ons vrygespreek kan word,
en wat nou aan U regterhand sit
om vir altyd vir ons in te tree –
Jesus Christus, ons Here.
(John Wesley, 1703-1791),
Dirkie Smit, Wat Here is en lewend maak, 2001:49

Diens van die Woord

Begin die diens van die Woord met Rom 6:16: “Julle [ons] weet tog: as julle [ons]  julle [ons] aan iemand onderwerp om hom as slawe te gehoorsaam, is julle [ons] die slawe van dié een aan wie julle [ons] gehoorsaam is. As dit die sonde is, beteken dit vir julle [ons] die dood; as dit gehoorsaamheid aan God is, beteken dit vryspraak en lewe.”

Sluit die diens van die Woord af met Rom 6:17-18: “Maar ons dank God dat julle [ons] wat slawe van die sonde was, van harte gehoorsaam geword het aan die leer soos julle [ons] dit deur die oorlewering ontvang het. Ons dank God dat julle [ons] van die sonde vrygemaak is en slawe van God geword het wat sy wil doen.”

Diens van die tafel

Gebed voor die nagmaal
Voorganger: Laat ons tot die Here bid en laat ons verwag dat Hy sal antwoord.
Gemeente: Here, gee my tog nuwe lewenskrag.

Voorganger: Ons wil nie sterwe nie, maar deur te lewe aan U die eer gee.
Gemeente: In U leef ons.

Voorganger:  Laat ons aan sy troue liefde vashou.
Gemeente: Oor die uitkoms wat U gee, juig my hart.

Voorganger: Juig tot eer van die Here.
Gemeente: Ek wil sing tot eer van die Here,
omdat Hy aan my goed gedoen het (uit Ps 13:4-6).

Uitsending

Herinnering voor die uitsending:
Voorganger 1: Laat ons ’n oomblik nadink oor die soort lewe wat ons hierdie week sal leef.
Die apostel skryf: “Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here” (Rom 6:20-23).
Voorganger 2 (of gemeente): Toe ons slawe van die sonde was, was ons nie in diens van God nie.
Maar nou – ons is vrygemaak van die sonde en in diens van God gestel.

Voorganger 1: Wat beteken gehoorsaamheid dan vir ons? Hoe sal ons in God se genadegawe deel hê?
Voorganger 2: Die vrug van ons diens aan God is dat ons geheilig word. Die uiteinde is die ewige lewe. Die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here (uit Rom 6:20-23).

Musiek en sang

Loflied: Psalm 23 “Die Here is my Herder en bewaarder”; Psalm 110; NSG 22 “Juig aarde, juig voor God die Heer”
Skuldbelydenis: Lied 578 “Jesus wat my liefhet, Heer”
Vryspraak: Lied 245 “Ek wat vergifnis, Heer, ontvang het”; NSG 54; Lied 251 “Salig dié wat arm voor God is”
Toewyding: Lied 284 “Laat, Heer, u vrede deur my vloei”; Flam 39 “Ek wil kom stil word hier aan u voete”
Nagmaal: Lied 311 “Dit wat ons hier ontvang het”
Uitsendingslied: Lied 534 “Stuur ons, Here”; Lied 530 “Praat ek mense-, eng’letale”; Lied 581 “O Heer, my God, ek leef uit u ontferming”; Flam 221 “Ek wil meer lyk soos Jesus”; NSG 195 “Soek wat verlore is”

Preekstudie: Matteus 10:40-42

Teks

Na die vorige en meer algemene uitbreiding oor die eise en vereistes aangaande dissipelskap, keer Matteus terug na die spesifieke sending van die twaalf (5-15). In die kort laaste gedeelte (40–42) val die klem egter op diegene wat die boodskappers ontvang en aan hulle gasvryheid betoon. Die insluit hiervan dui op die belangrikheid daarvan vir die praktiese onderneming van die sending. Indirek wil dit ook aandui hoe belangrik die sending self is, asook hoe belangrik die boodskapdraers is, want immers verkondig en verteenwoordig hulle die koninkryk van God.

Alhoewel die gedeelte oor die sending van die twaalf (Matt 9:36-10:42) nou nie op die wyse van die Bergpredikasie saamgestel is nie, dra die gedeelte die tema dat die dissipels in die naam van Jesus en op gesag van Jesus uitgestuur word. Enersyds kan die dissipels daarom verwag dat hulle terwille van Jesus se naam vervolg sal word, maar kan hulle andersyds ook uitsien na die voordele van God se voorsorg vir hul bediening.

Beide vers 40 en 41 het ’n dubbele klousule, naamlik: “wie ontvang”. Die eerste klousule word in die tweede klousule weerspieël. Die klousule, “wie ontvang” lei beide die twee tekste in. Met betrekking tot dit, staan vers 42 half onafhanklik, maar die inhoud daarvan word aan die vorige verse verbind deur die woorde van “belonging” en die frase “omdat hy my dissipel is”. Jesus se sendingtoespraak eindig wel in vers 42, maar die hele gebeure sluit eers in 11:1 af. Die vers dien daarom ook om die leser voor te berei vir die perikoop wat met 11:2 begin.

Vers 40 belig beide die intieme verhouding tussen Jesus en sy dissipels, asook dié tussen Jesus en God. Die intieme verhouding tussen Jesus en sy dissipels verklaar waarom hulle dieselfde behandeling kan verwag wat Jesus van mense ontvang het, soos in vers 24 beskryf. Die rol en belang van “ontvang” word gebruik om die fokus op die gedagte van “stuur” of “gestuur” te hou. Hierdie gedagte was vroeg in die hoofstuk aan die orde, maar teen die einde van Jesus se toespraak vervaag dit.

Die vers beklemtoon dat die dissipels moet verwag om dieselfde te ervaar as wat Jesus reeds deurgemaak het en nog moet ly. Hierteenoor dien dit as uitbreiding van God se teenwoordigheid. Saam met die sendingopdrag en die waarskuwing dat hulle koue, onregverdige en selfs onmenslike behandeling van ander kan verwag, word die dissipels se vertroue in die Here versterk deur die volgende gedagte: “as hulle julle ontvang, ontvang hulle My en as hulle My ontvang, dan ontvang hulle Hom wat My gestuur het.” Dit onderstreep die betekenis van hulle sending opdrag.

Die teksvers lê ook ’n verband tussen dit wat Jesus hier sê en die Joodse opvatting oor die gemagtigde verteenwoordiger wat op dieselfde wyse behandel moet word as die een wat hom gestuur het. Volgens John Nolland is so ’n verband wel moontlik, maar hy sien dit nie as ’n wettiese bemagtiging nie.

Die “ontvang” het volgens Nolland te make met verwelkoming en aanvaarding van die boodskap van die dissipels en behels daarom die ondersteuning van die bediening van die dissipels. Volgens Donald Hagner gaan die “ontvang” nie slegs oor die aanvaarding van die dissipels se boodskap nie, maar ook oor die aanvaarding van die boodskap van Jesus en Hom as persoon. Jesus en sy boodskap is onlosmaaklik vervleg met die boodskap van die dissipels (Sien Joh 12:44; 13:20). Die boodskap van die dissipels is immers die boodskap van Jesus, dus ook die boodskap van God en daarom die evangelie van God (Mark 1:14). Om dit te aanvaar, is om God en sy genade te aanvaar.

Nolland wys daarop dat Jesus hier vir die eerste keer van Homself praat as die Een wat gestuur is, die Een wat deur God gestuur is. Hagner beklemtoon egter dat die sleutelposisie van Jesus as middelman, middelaar en of bemiddelaar hier duidelik is, veral in vers 40: “Wie julle ontvang, ontvang My en wie My ontvang, ontvang Hom wat my gestuur het.” Dit maak die verband tussen Jesus en sy boodskap of Jesus en die evangelie nog meer prakties identies.

Vers 41. Die vers bou voort op die belangrikheid van hulle wat die boodskappers, wat eers die dissipels was, ontvang. Nou praat Matteus van die boodskappers as die profete en regverdiges. Wie hulle “ontvang” sal die beloning daarvolgens ontvang. Alhoewel Matteus hier titels gebruik wat van toepassing was op mense uit die Ou Testament (Matt 13:17; 23:29), verwys die titels hier na Christenprofete en Christenregverdiges. Volgens Hagner meen Matteus dat alle ware dissipels kwalifiseer vir die beskrywing “regverdiges”. Nolland meen weer dat Matteus die dissipels (vgl 5:12) sien as ’n voortsetting van die profete van die Ou Testament. Hy verstaan daarom dat die beskrywing van profete en regverdiges toegepas word op die dissipels om hul identiteit te beskryf.

Die frase, “omdat hy ’n profeet is” ( “in the name of a prophet”), is volgens Hagner ’n rabbynse idioom. Dit beteken iets soos “net omdat hy ’n profeet is of die naam van profeet dra”. Daarom is daar nie meer redes nodig om aan hulle gasvryheid te bewys nie. Weereens kom die belangrikheid van die ontvanger van die profete en regverdiges ter sprake. Die “ontvang” van die profete en regverdiges is belangrik. Daarom is beloning ter sprake. Dus, om profete en regverdiges te ontvang, plaas iemand in ’n posisie om dieselfde beloning as die profeet of regverdige te ontvang. Hagner wys daarop dat die teenoorgestelde ook geld, naamlik dat as jy nie die profeet of regverdige ontvang nie, daar toekomstige straf  (14-15) wag.

Alhoewel die tweede klousule identies aan die eerste is, met slegs die verskil dat die profeet deur regverdige vervang word, is dit eweneens duidelik dat ons hier te doen het met mense wat deur God gestuur is en wat in ’n gegewe situasie vir Hom moet optree. Dit kan ook gesê word dat van hulle verwag is om getuienisse van God te wees en te staan vir God se geregtigheid.

Vers 42. Nolland meen die verandering van struktuur asook die addisionele ontwikkeling, saam met die voortgesette algemene parallelle tussen die vorige twee verse, suggereer ’n beweging wat op ’n klimaks gaan uitloop. Die klimaks word verwoord in die handeling van die gee van ’n “beker koue water aan die geringstes”, dit sal beloon word. Dit dui daarop dat selfs die eenvoudigste daad nie gering geag mag word nie en beoordeel moet word asof dit aan Jesus self (25:35, 40) gedoen word.

Vir Robert Smith verwys die word “geringstes” na die gewone en selfs lede sonder gawes in die geloofsgemeenskap. Die woord “geringstes” kan ook na die dissipels verwys, in die sin van mense sonder ondervinding (18:6, 10, 14). Binne hierdie konteks kan dit volgens Hagner ook verwys na iemand wat betrokke is in die sendingwerk van Jesus. Nolland beweer dat die gebruik van die woord “geringstes” die begeerte van Matteus verraai om met diegene te praat wat die profete en regverdiges sou ontvang (en ook in die bediening sou ondersteun). Barclay meen Jesus gebruik nie die woord “kleintjies” om na kinders se ouderdom te verwys nie, maar eerder as kinders van die geloof. Volgens Barclay dra dit die betekenis dat tegnies en akademies gesproke, ons almal dalk nie kan onderrig gee nie, maar daar is tog lering deur ons voorbeeld wat selfs die eenvoudige en geringste kan bied. Alhoewel die gee van ’n beker koue water na ’n eenvoudige daad van menslikheid lyk, dra dit groot betekenis in die warm Palestynse weers-omstandighede. Water is ook simbolies van ’n basiese behoefte in daardie omgewing. Hier dui die woord “dissipel” nie net op een van die twaalf nie, maar op enige een wat Jesus navolg.

Konteks

Ons weet nou Matteus skryf vir die Jode met die bedoeling om hulle tot geloof in Jesus as die Messias te oortuig. Volgens Barclay spandeer Matteus baie meer aandag aan wat Jesus leer en of sê as wat hy aandag gee aan wat Jesus gedoen het. Dit is waar ons gedeelte (10:40-42) in pas. Volgens Harrison is Matteus so geskryf  om as handleiding vir die kerk te dien. Matteus rangskik sy uiteensetting rondom vyf diskoerse, naamlik: die Bergpredikasie (5:3-7:27); die twaalf dissipels en hul sending (10:5-42); gelykenisse oor die koninkryk (13:3-52); die verpligtinge van die dissipels (18:3-35), en die eskatologiese diskoerse (24:4-25:46).

Hagner is van opinie dat Palestina die plek van oorsprong van die Matteusevangelie is, terwyl die eintlike plek van samestelling iewers elders was. Hier dink hy aan Judaïsme en die bewyse hiervoor is die stelling van Jesus omtrent die haat van jou vyande (5:43). Antiochië is een moontlike plek van oorsprong, juis omdat daar so ’n  groot persentasie Jode gebly het.

Die lewensomstandighede word deur Harrison beskryf as een van spanning tussen gelowige Jode en niegelowige Jode. Dit het ’n merk gelaat op die evangelie, veral op die geboorteverhaal en die wee-uitsprake op die Fariseërs. Die datum vir Matteus se ontstaan is tussen 70 en 80 nC (Hagner).

Alhoewel Matteus Jesus se opdrag aan die dissipels bevat om nie na die heidene te gaan nie (10:5; 7:6; 15:26), asook die stelling dat hulle nie klaar sal wees met die stede van Israel voordat die Seun van die mens kom nie (10:23), sluit Matteus op ’n universele noot (28:18-20) af. Hy sien die Jode as volk wat hul reg of uitsluitlike reg op die koninkryk verloor het (8:11). Die koninkryk word nou gegee aan die nasie wat die vrug van die koninkryk (21:43) dra. Stendahl beweer ’n  mens kan nou praat van die heidense voorkeur van Matteus.

Die afgebakende gedeelte (10:40-42) maak duidelik hoe belangrik die boodskapdraer en die boodskap is. Ontvang van die boodskapper en sy boodskap beteken ook die ontvang van Jesus en Hom wat Jesus gestuur het. Vir Matteus is dit nie net van toepassing op die historiese dissipels nie, maar ook op die boodskappers van die koninkryk in sy gemeenskap en daarom ook die kerk van elke era. Hier word reeds op Jesus se middelaarskap tussen God en die mense gewys. Die ontvangs van die boodskapper en sy boodskap sal dus nie sonder vergoeding gaan nie. Die eenvoudigste daad van menslikheid aan hulle bewys, sal nie vergeet word nie. Dit alles belig die belang van die sending. Almal wat op enige wyse met die sending behulpsaam is, doen ’n belangrike, prysenswaardige daad.

Preekvoorstel

Die feit dat die groter deel van die hoofstuk oor die sending handel en wat hulle kan verwag, is dit gepas om oor ons deelname aan die sending van Jesus te praat. Hier sou ek veral klem lê op die voorbereiding en ingesteldheid wat nodig is om van ons deelname ’n volhoubare liefdesdaad te maak. Jesus maak dit baie duidelik: “Kyk ek stuur julle soos skape onder die wolwe.” Die gedeelte is vol waarskuwings, soos: “pasop vir die mense” (17); “ julle sal deur almal gehaat word” (22); “’n leerling is nie bo die meester nie” (24).

Die gedagte wat ek voorhou as bemoediging en versterking is die feit dat Jesus aan die dissipels mag oor onrein geeste gegee en hulle toegerus het om hulle uit te dryf en om elke kwaal te genees. Hulle hoef hulle ook nie te bekommer oor wat om te sê wanneer hulle oorgelewer word nie, want Jesus sal hulle in daardie uur gee wat om te sê (19). Verder word hulle op gesag van Jesus uitgestuur.

Dit alles dien as versekering en vertroosting dat hulle en elkeen wat aan die sending van Jesus deelneem, nie alleen is en ook nie aan hulle eie lot oorgelaat word nie. Ons kan daarom met die grootste gerustheid betrokke raak in die sending van Jesus.

Met betrekking tot die sleutelteks (40-42) fokus skrywer op die res, dié wat nie die oortuiging deel om as dissipel te gaan nie, maar wel op enige ander manier die bediening aanhelp of vergemaklik deur eenvoudige dade en gesindheid van gasvryheid teenoor hulle wat gestuur word. Die aangee van ’n beker koue water is reeds aanduiding van hoe belangrik die geringe dade van vriendelikheid en gasvryheid is. Die bediening word hierdeur aangehelp en die gestuurdes word ook hierdeur bemoedig en versterk. Die gee van die beker koue water aan die profeet, regverdige en/of Christenwerker, dra soveel gewig. Daarom word die daad geag as sending self en word dit gesien asof dit aan Jesus gedoen word.

Hierdie vorme van “menslike bediening” word beloon. Dit wil sê, daarvan word kennis geneem. God erken sulke goedheid en hulpvaardigheid. Meer nog, God erken sulke gesindhede teenoor sy sending, dienaars en sy Seun.

Bibliografie

Hagner, D J 1993. Word biblical Commentary. Dallas, Texas: Word Books Publisher; Harrison, E F 1964. Introduction to the New Testament. Grand Rapids, Michigan: Wm B Eerdmans Publishing Company; Nolland, J 2005. The International Greek Testament Commentary. The Gospel of Matthew. Grand Rapids, Michigan: Wm B Eerdmans Publishing Company; Smith, R H 1989. Augsburg Commentary on the New Testament. Matthew. Minneapolis, Minnesota: Augsburg Publishing House; Stendahl, K 1981. Matthew in Peaks Commentary on the Bible, M  Black and H H Rowley. (eds). Nigeria: Thomas Nelson Ltd.

Sections

© Missio 2024 | All rights reserved.