Derde Sondag in Koninkrykstyd

Picture of Woord en Fees

Derde Sondag in Koninkrykstyd

Liturgiese Voorstel

Leesroostertekste

Fokusteks: Galasiërs 3:23-29
Ander tekste: 1 Konings 19:1-4 (5-7 ), 8-15a; Psalm 42 en 43 (of Jesaja 65:1-9; Psalm 22:19-28); Lukas 8:26-39

Inleiding

God verseker die gemeente dat hulle deur hulle doop met Jesus verenig is en daarom sy kinders is. Hierdie boodskap  bevry sondaars van die knelgreep van twyfel en magteloosheid wat die aanslag van die bose meebring. God se Woord bevry mense van die moedeloosheid van Elia (1 Kon 19) sowel as die magteloosheid van Legio (Luk 8). Die geloofstaal van Psalm 42-43 bied daarom ’n goeie invalshoek tot die ervaring van wat God vandag doen.

Diensorde

God versamel ons voor Hom

Wet: Die Tien Gebooie (Eks 20 of Deut 5)

Vryspraak
Maar nou dat die tyd van die geloof gekom het, staan ons nie meer onder die toesig van die wet nie  (Gal 3:25).

Geloofsbelydenis: Die Twaalf Artikels

Vryspraak
Deur hierdie geloof in Christus Jesus is julle nou almal kinders van God, want julle almal wat deur die doop met Christus verenig is, het nou deel van Christus geword

(Gal 3:26-27).

Doopherinnering 
Met ons hele hart
omhels ons opnuut die gawe van die doop
waardeur U u verbond met elkeen beseël het.
Ons onthou
wat ons nie kan onthou nie
omdat ons toe nog te klein was:
babas, onverdienstelik, magteloos . . .
ons onthou dat U ons toe al liefgehad het
en reeds u Seun vir ons gegee het.
Die Vader en die Heilige Gees
het ons deel gemaak van Jesus Christus.
Ons harte juig oor u liefde.

Diens van die Woord

Gebruik Psalm 42 en 43 as gebed voor die Skriflesing. Bekende gedagtes word hardop deur die gemeente herhaal, byvoorbeeld 42:2-3a, 6, 12; 43:2a, 3, 5b.

Diens van die tafel

Die nagmaalviering neem die refrein van die twee psalms op:
“Waarom is ek so in vertwyfeling
en waarom kerm ek so?
Vertrou op God!
Ja, ek sal weer vir Hom’n loflied sing.
Hy is my helper en my God!”

1. Die gemeente erken eie vertwyfeling en ge-“kerm”. Dit word in stilte gedoen met verwysing na die omstandighede waartydens nagmaal deur Jesus ingestel is.

2. “Vertrou op God.” Dit moet by die uitnodiging tot deelname ter sprake kom asook, in die gees van die psalmrefrein, as uitnodiging om deur deelname aan brood en wyn meer op God as op eie vertwyfeling te fokus.

3. Die lofsang spruit uit die geloof wat die fokus van die “self” (vertwyfeling) na God (my helper) verskuif. Die danklied is ’n uiting van die innerlike skuif.

Uitsending

Die man uit wie die bose geeste gevaar het, het Jesus gesmeek om by Hom te kan bly. Maar Jesus het hom weggestuur en gesê: “Gaan terug na jou huis toe en vertel alles wat God vir jou gedoen het” (Luk 8:38-39).

Musiek en sang

Loflied: Lied 203; NSG 33 “Loof die Here, al wat lewe”
Aanbiddingslied: Lied 163 “Soos ’n wildsbok”; NSG 246 “Ek weet van ’n bron”
Vryspraak: Lied 510 “Genade, onbeskryflik groot”/NSG 241 “Amazing Grace”
Nagmaal: Lied 302 “Ons is genooide gaste”; Lied 303  “Eet die brood”; NSG 372 “Die Nagmaalstafel is deur U berei”
Uitsendingslied: Lied 208 “Ek wil die Here loof en prys”; Lied 209 “Heer, met my hele hart”; FLAM 52 “Laat almal weet”; NSG 354 “Here, ons God, voor ons nou huis toe gaan”

Preekstudie: Galasiërs 3:23-29

Teks

Wanneer ons hierdie teks in Galasiërs lees, is dit geweldig belangrik om veral die volgende twee realiteite te verstaan: Die eerste is die Judaïseerders se wets-beskouing. Hierdie groep gelowiges, wat waarskynlik afkomstig was uit die Joodse tradisie, het vas geglo dat as heidene (veral Grieke) Christene word, hulle die Joodse wet en tradisionele bepalings moet gehoorsaam. Hulle was oortuig dat die geloof in Jesus Christus “aangevul” moet word deur die onderhouding van die wet van Moses. Paulus argumenteer egter dat die wet net ’n soort “noodhulp” vir gelowiges was totdat dit in en deur Christus vervul sou word. Die verlossing in Christus was vir hom volledig. Daartoe hoef niks bygevoeg word nie. Dus, die kruis plus enige iets, is onnodig (lees ook Hand 15:1-21). Die kwessie hier was (v 1): “Daar het mense van Judea af gekom en die gelowiges wysgemaak: ‘As julle nie die gebruik van Moses nakom deur julle te laat besny nie, kan julle nie gered word nie’” (NAV). Die eerste “sinode” van die kerk moes hieroor uitsluitsel gee. Die tweede is die vryheid wat in Christus is. In Galasiërs 5:13-14 skryf Paulus: “Julle, broers, julle is tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik as ’n verskoning om sonde te doen nie, maar dien mekaar in liefde. Die hele wet word in hierdie een gebod saamgevat: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself’” (NAV).

Paulus se lering oor vryheid is dat net Christus volledig die wet kon vervul. Daarom moet ons nie deur onderhouding van die wet vryspraak by God probeer verkry nie. As jy dit wel probeer doen, loop jy die gevaar om verslaaf te word aan die wet in plaas van Jesus. Dan begin jy die wet dien “asof” dit Christus is. Soos die ou gesegde gaan: “Christenskap is nie ’n godsdiens nie, dis ’n verhouding (met Christus).” Omdat ons nou vry is, moet ons deur die Gees streef om in die “vryheid te bly” deur nie weer sonde te doen nie.

Belangrike konsepte of frases in die perikoop: Vers 23: Grieks – apokalyptō, beteken “onthul of openbaar” en word in die OAV vertaal met “Maar voordat die geloof gekom het, is ons onder die wet in bewaring gehou, ingesluit met die oog op die geloof wat geopenbaar sou word.”

Vers 24: Grieks – paidagōgos, beteken “opsigter, toesighouer of onderwyser” en word in die OAV vertaal as “Die wet was dus ons tugmeester na Christus toe.” Let op die teenstelling met vers 25, “maar nou” (OAV).

Vers 25: Grieks – pantos, beteken “almal”.

Vers 26: “in Christus gedoop.” Grieks – enduō, beteken letterlik “om met Christus geklee te wees.” Frases soos “in Christus”, “almal” en “vry” herhaal telkens in hierdie teksgedeeltes.

Konteks

Om die konteks van hierdie teks nog beter te verstaan, moet ons nog verder teruggaan in die Ou Testament. In Genesis 11, die verhaal van die “Toring van Babel”, probeer die mens “vir homself ’n naam maak” (v 4) en so verklaar hy sy onafhanklikheid (rebellie teen God). Die straf vir dié hoogmoed is die verdeling van die volke. Maar onmiddellik (Gen 12) maak God weer ’n plan met die volke as Hy vir Abraham roep en sê (v 3): “In jou sal al die volke van die aarde geseën wees.” Die belofte is om deur Abraham (en Israel as seën) en dan uiteindelik in Christus, die straf van die toring van Babel (die verdeling van die volke) op te hef.

Daarom is Galasiërs 28:3: “Dit maak nie saak of iemand Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie: in Christus Jesus is julle almal een”,  ’n vervulling van die verbond wat reeds met Abraham aangegaan is. Vers 29 voeg pertinent by: “En as julle aan Christus behoort, is julle ook nakomelinge van Abraham en erfgename kragtens die belofte van God.” Dis soos ’n legkaart wat in mekaar pas.

Daarom was die eerste gemeentes ook multikultureel van aard. Jode en Grieke het saam aanbid, saam deel gevorm van die een geloofsgemeenskap. Dit was natuurlik ’n geweldige kulturele aanpassing vir die Joodse Christene wat voorheen slegs saam met Jode aanbid het. Die trauma wat die transformasietydperk teweeg gebring het, blyk duidelik uit veral twee insidente in die boek Handelinge: (i) Handelinge 10 – Die verhaal van Petrus en Kornelius; en (ii) Handelinge 15 – Die vergadering in Jerusalem aangaande die Joodse gebruik van besnydenis. Prof Scot McKnight sê dat “een van die grootste uitdagings vir die eerste gemeentes was vir die Joodse Christene om nie net heidense Christene te aanvaar nie, maar ook deel te laat voel van die kerk. Om die eenheid van die liggaam van Christus te behou ten spyte van diversiteit.”

Preekvoorstel 

Een van die grootste gevare vir die kerk is om sekere dinge te glo en selfs te bely in netjies geformuleerde belydenisskrifte, maar dit dan glad nie uit te leef in die praktyk nie! Dit wat ons sê en doen verskil hemelsbreed van mekaar. As voorbeeld hiervan sê Brian McLarren dat as jy glo in byvoorbeeld die dogma van die Drie-eenheid (die perfekte liefde tussen Vader, Seun en Gees), maar dit beweeg jou nie ook as dissipel om jou naaste lief te hê nie, kan jou geloof, hoe suiwer ook al, dalk ketters wees. Gemeentes en gelowiges se lewe word nie bloot gemeet aan wat ons sê of bely nie, maar aan ons praktyk, aan hoe ons leef.

Dat die eerste Christene dit verstaan en geleef het, is duidelik in ons gelese gedeelte. Hulle groot uitdaging was multikulturaliteit. Hulle moes beweeg van ’n Joodse geloofspraktyk na ’n Christelike geloofspraktyk, wat nie slegs uit Jode bestaan het nie, maar nou almal ingesluit het wat bely dat Jesus die Here is. Wanneer Petrus in Handelinge 2, vol van die Heilige Gees, die evangelie verkondig en 3000 heidene uit verskillende volke kom tot bekering, skep dit vir die kerk ’n krisis. Hoe verenig jy al hierdie mense in kerke veral as jy glo die kerk moet een wees?

Hierdie gedagte was vir die eerste Christene geweldig radikaal. Paulus (Gal 3) trek ’n streep deur alle kulturele, ekonomiese en geslagsgrense wat mense gebruik om verdeeldheid in stand te hou, as hy sê (v 28): “Dit maak nie saak of iemand Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie: in Christus Jesus is julle almal één.”  Nou is die toets of hulle dit nie net glo nie, maar ook gaan leef?

Tot vandag toe nog skep hierdie teks vir ons “probleme”. Ons praat nog van die “mense van die onderdorp” of die mense in die “lokasie”, die “haweloses wat ons stad so vervuil”, of “die prostitute wat ons moet wegjaag”. Wat daarvan as hierdie ongemaklike mense deel sou word van ons gemeentes, “ons” selgroepe? Wat daarvan as “ons” hulle moet gaan nooi om deel te word van hierdie liefdevolle familie wat ons die kerk noem? Hierdie kerk wat in haar wese verstaan en bely dat die Vader ons só lief gehad het dat Hy sy enigste Seun gestuur het (uit die gemak van die hemel; vgl Fil 2:6) om vir ons te sterf. Hierdie kerk wat verstaan dat hierdie optrede van die Vader die nuwe maatstaf raak van hoe ons ander mense moet liefhê (1 Joh 4:7-10).

Nou het ons ’n paar opsies: (i) ons lees “oor hierdie teks”. Sê ons “glo” dit, maar kom ons praat oor iets anders; (ii) ons sê ons glo dit, maar (die groot “maar”) ons moet darem ook prakties wees (soos kom ons stig ’n “aparte” kerk vir die mense met wie ons ongemaklik is); (iii) ons vergeestelik die teks: alhoewel ons in verskillende plekke kerk hou, is ons in die “Gees tog een”; (iv) ons is eerlik en erken dat my kultuur uiteindelik meer vir my tel. “Ek sal nie Afrikaans prysgee nie!”; en (v) ons besluit ons glo hierdie teks en leef dit, maak nie saak hoe moeilik dit is nie!

Dit lyk asof die eerste gemeentes die laaste opsie gekies het. Definitief nie die maklikste of  “strategies gesien”, die beste nie. Maar die een wat vir hulle waar was. Die een wat geskoei is op die beloftes aan Abraham (Gen 12), van “alle volkewat in hom (en ons) geseën sal word.”

Die vraag is uiteindelik: Is “ons” reg vir hierdie teks? Glo ons dit werklik?

Bibliografie

Lesing van Prof Scott McKnight gehou by die Kweekskool van Stellenbosch op 15 Mei 2009. Tema: “Being Missional Churches – What can we learn from the New Testament Church and from recent developments about being a missional church in SA?” McLarren, Brian D 2004. A Generous Othodoxy,. Zondervan.

Sections

© Missio 2024 | All rights reserved.