Derde Sondag in Koninkrykstyd

Picture of Woord en Fees

Derde Sondag in Koninkrykstyd

Liturgiese Voorstel

Leesroostertekste

Fokusteks: 2 Samuel 1:1; 17-27
Ander tekste: Psalm 130; 2 Korintiërs 8:7-15; Markus 5:21-43

Inleiding

’n Nuwe era breek aan met Dawid as koning. So lees ons ook van ’n radikaal nuwe era wat aangebreek het met die geboorte van die ander Een uit die geslag van Dawid: Christus die Here. Die aanbreek van die nuwe era kom nie sonder hartseer en opoffering nie – Dawid moet afskeid neem van koning Saul en sy boesemvriend, Jonatan.

Diensorde

God versamel ons voor Hom

Aanvangswoord: Psalm 130:5-7

Skuldbelydenis: Psalm 130:1-3

Vryspraak: Psalm 130:4

Diens van die Woord

Lewende Here,
ons bid dat die lewende woorde uit u Woord
nie by ons ’n hart van klip
en ’n kop van yster sal aantref nie,
maar ’n leergierige gees wat werklik soek
na die betekenis van die nuwe lewe in U.
Laat ons werklik ervaar
dat U ons Vader is
wat ons as u kinders aangeneem het;
dat u ons Verlosser is wat namens ons gesterf
en weer opgestaan het,
en dat U deur u Gees ons harte verlig
om u stem te hoor. Amen.
(Johannes Calvyn se gebed in “Gebedeboek vir die lewe”deur Piet Naude op bl 233)

Diens van die tafel

Die nagmaal is ’n waarborg van ons verlossing, hier en nou. Die Heilige Gees verseker ons van die verlossing wat ons reeds in Christus ontvang het. Daarom weet ons: So seker as wat die brood voor ons oë vir ons elkeen gebreek word, en so seker as wat die wyn voor ons oë vir ons elkeen geskink word, ja, so seker as wat ons dit met die mond eet en drink, so seker het ons deel aan Christus, aan sy sterwe en opstanding. Hierdeur waarborg Hy sy soenverdienste vir ons so volledig asof ons self voor God gestaan het, self die straf vir ons sonde gedra het, self daarvoor gesterf en opgestaan en ons geregtigheid voor God verwerf het. Die sekerheid wat hierdie waarborg ons gee, is nie gegrond op ons gevoelens of stemmings nie, maar op die tekens uit die hand van die Here; dit is in die Here self gevestig. Hy het immers gesê: “Dit is my liggaam” en “Dit is my bloed”. Al sou alle ander dinge onseker wees, en al sou alle ander waarborge tot niet gaan – hierdie sekerheid en hierdie waarborg bly ewig staan. “Die hemel en die aarde sal vergaan, maar my woorde nooit” (Matt 24:35). (Uit “Vir die erediens, ’n handleiding” bl 79)

Uitsending

Seën
God die Vader sal jou altyd liefhê, God die Seun sal jou altyd genadig wees, God die Heilige Gees sal jou altyd vertroos en jou in sy waarheid lei. Amen. (Uit “Gebedeboek met Liturgiese voorstelle” bl 99)

Musiek en sang

Aanbidding en lof: Lied 33; 192; 200, 203; 212; NSG 43; 33; 56
Gebede: Lied 276; 277; 290; NSG 275; 44; 361
Skuldbelydenis: Lied 130 (sien basisliturgie)

Preekstudie: 2 Samuel 1:1, 17-27

Teks

1 Samuel 1:1-20:26: Regeringstyd van Dawid.

1:1-4:12: Dawid se opgang en heerskappy in Juda.

1:1-16: Dawid het na die laagtepunte wat hy beleef het, tog effense voorspoed geniet as gevolg van sy suksesse teen die Amalekiete. Hy en sy manskappe was nog aan die herstel toe hy, op die derde dag tuis, die treurige nuus ontvang van die uitkoms van die veldslag teen die Filistyne.

1:1-3: Die boodskapper se voorkoms het getuig van slegte nuus. Sy geskeurde klere en hare wat gekoek was van die grond daarin, was alles tekens van rou. Deur voor Dawid se voete neer te val, het hy hom as koning erken. Hy het beloning verwag omdat hy na Siklag gehardloop het met die jongste opspraakwekkende nuus uit die kamp van Israel.

Dawid se klag
Vers 17-27: Ons vind hierin ’n poëtiese uitstorting van sy pyn. Hiermee kom sy sogenaamde Filistynse era tot ’n einde. Die weg word berei vir ’n nuwe era (2 Sam 2:1) in sy lewe.

Die perikoop begin met inleidende verse voor die gedig begin: “Dawid het . . . ’n klaaglied . . . gesing . . .”

In vers 11 en 12 het die skare saam gerou. Nou gebruik Dawid al sy kreatiewe vermoëns om sy geweldige hartseer uit te druk. “Oor Saul en sy seun Jonatan.”

Hoekom die herhaling?
Jonatan was in sy hart by Dawid en tog tot die dood toe lojaal teenoor sy pa. Hy was ’n seun op wie Saul trots kon wees. Hy het opdrag gegee dat die booglied aan die inwoners van Juda geleer word (“Die Klaaglied van die Boog”).

Dawid is reeds bewus van sy gesag oor Juda. Daarom voorsien hy ’n teks wat sal verseker dat al sy mense die betekenis van die geskiedenis van dit wat op Gilboa gebeur het, sal leer en onthou. Die Hebreeuse teks wys op die “seuns van Juda”, maar slaan ook op die “dogters van Israel”. Daarom is die RSV in die kol om te verwys na “mense van Juda”.

Die Boek van Jashar (die Opregte) word ook in Josua 10:13 genoem. Dit bevat ’n versameling van vroeëre gedigte wat uitstaande gebeurtenisse gedenk het. Dit het ook as bronboek vir latere Bybelskrywers gedien. Dit moes ook bekend gewees het by die skrywers se tydgenote.

Alle digkuns word die beste waardeer in die oorspronklike taal. Dit is veral waar van die subtiele gebruik van Hebreeus as taal. In hierdie klaaglied is dit beslis ook waar. Hebreeuse digkuns maak veral gebruik van die effek van assonansie (klinkerrym), beknoptheid en woordspel. Dit is nie moontlik om dit in ’n ander taal te herhaal nie. Daarom is dit nodig vir sekere tegniese verduidelikings om die effektiwiteit van Hebreeus te waardeer.

Vers 19: “Jou trots, Israel . . .” (Thy glory, o Israel). Dit is die eerste van agt woorde wat die inleiding tot die klaaglied in Hebreeus vorm. Geen name word genoem nie en “jou trots” het as tweede betekenis “wildsbok” (gebruik in 2 Sam 2:18).

Hierdie ambivalensie en spanning wat woorde soos “verslaan” en “hoë plekke” skep, wat normaalweg die laaste is om te verstaan, vorm die ongewone opening van ’n hoogs oorspronklike klaaglied: “Die wildsbok, o Israel – op jou hoogtes lê dit verslaan.”

In teenstelling, “Hoe het die helde geval!” is eenvoudig, verstaanbaar en die soort frasering wat ’n mens te wagte kan wees. Terwyl die agt woorde saam die voor die hand liggende vermy, roep dit die verskrikking van ’n nederlaag in ’n veldslag op.

Vers 19(b) word in verskillende kombinasies in vers 25 en 27 herhaal. Dit is ’n trefreël om die herhaalde rou, wat nie behoorlik uitdrukking vind nie, uit te druk. Op tegniese vlak gee dit aan die struktuur van die gedig uitdrukking.

Vers 20-21: Dawid het tussen die Filistyne gewoon en tog lê sy simpatie by Israel. Hy kon nie die groot blydskap verdra wat die nuus van die veldslag, wat die Filistyne se stede sou bereik, by hulle sou oproep nie. “Moet dit nie in Gat vertel nie”, is in Hebreeus alliterasie en daarom memoriseerbaar (vgl Miga 1:10). Dit dui daarop dat die gesegde spreekwoordelik geword het. Die langer naam Askelon is gebruik vir meer uitgebreide, maar soortgelyke idees.

Die twee stede verteenwoordig die hele Filistia. Dawid kon hom die vroue voorstel wat in lof voor die oorwinnaars sing en dans. Dit is dieselfde as toe hy vir die oorwinning oor Goliat lofbetuiging ontvang het (1 Sam 18:7).

Dat die onbesnedenes hulle in die ondergang van Israel verlustig, is vir hom te pynlik. Hy wens ’n dubbele ramp tref Gilboa – sodat die landskap selfs in simpatie rou, verdor en onvrugbaar word.

Offerland! Is ’n enigmatiese uitdrukking wat letterlik beteken: “nog lande/velde van offerande”. Dagon word geïmpliseer.

Na Dawid se uitroep om droogte, kom hy uiteindelik by die naam van die koning wat sy lewe verloor het. So pynlik is dit vir hom dat hy die koning se naam vermy deur te verwys na sy heldeskild. Wat hy nie van die koning op sy naam kon sê nie, kon hy van die heldeskild sê. Dit is besoedel deur oorlog en nie met olie gesalf nie.

Die verwysing na die salwing van die skild is nie in die eerste plek gerig op die skild nie, maar bedoel om te verwys na die koning. Die heldeskild is besoedel met die bloed van die gesneuweldes. Sy lot was dieselfde as die van die ander gesneuweldes asof hy nie as die gesalfde van Jahwe afgesonder is nie. So kom Dawid by die hart van die saak uit (deur gebruik te maak van metonomie).

Vers 22-23: Mooi herinneringe aan Jonatan en Saul op die hoogtepunt van hulle mag spoel meteens al meer deur hom. Hulle was dapper in die stryd. Jonatan, kenmerkend met die boog (verwys na die titel van die klaaglied) en Saul met die swaard, het nooit sonder buit teruggekom van die stryd nie. Dawid het, meegevoer deur sy herinneringe, amper die klaaglied in ’n loflied laat oorgaan toe hy daaraan dink hoe geliefd hierdie groot persoonlikhede was. Die gedagte aan die dood ruk hom tot die werklikheid.

Hy vind vreugde en lof gedagtig aan die saamwees van pa en seun tot in die dood. Die vyande kon tot die einde toe dit nie vernietig nie. Dit lei tot ’n klein klimaks in die middel van die klaaglied.

Die beelde van arende en leeus dui op die wye ooptes, kragtige bewegings en groot krag. Saul en Jonathan was in ’n klas van hulle eie.

Vers 2-25(a): Dawid roep tot die dogters van Israel, anders as die vroue van die Filistyne (v 20), om saam te rou oor Saul. “Hoe het die helde geval”, neem ons terug na die begin. So word vers 19(b) as refrein herhaal. Die rou van die vroue moet hulle daaraan herinner hoe Saul hulle in staat gestel het om koninklik geklee te wees.

Vers 25(b)-27: Hier word die identiteit van “jou trots” in vers 19 subtiel geopenbaar. Die “wildsbok” of dan die juweel van Israel, was Jonatan – sy naam word nou prominent genoem. Nou spreek Dawid direk tot Jonatan, al wou hy hom van die begin af vereer. Hy gebruik nou ook die eerste persoon van die werkwoord vir hom. “Ek is bedroef oor jou.” Vir die eerste keer spreek Dawid sy gevoelens prontuit teenoor Jonatan, sodat “ek” direk teenoor “jou” gestel word.

Die dood van Jonatan word die eerste en laaste onderwerp van die klaaglied – dit is sprekend! Wanneer hy die ander tot rou oor Saul oproep, word hy verteer deur sy rou oor Jonatan. Hy spreek tot hom asof hy nog lewe – ’n bekende vergissing van mense in diep rou.

Dawid uiter die onvergelykbare liefde van Jonatan. Hy het baie liefde van sy moeder en ander vroue ontvang, maar van geen een sulke liefde nie. Jonatan het, ten spyte van sy bevoorregte posisie as koningseun, Dawid beskerm en ondersteun. Dit was nie impulsief nie, maar ’n voortgaande verhouding oor baie jare. Jonatan het dikwels sy eie belang op die agtergrond geskuif om vir Dawid in te tree.

Saul het gawes uitgedeel om guns van mense te ontvang, terwyl Jonatan selflose, deursigtige goedheid uitgeleef het sonder om beloning te verwag. Nou moet hy die werklikheid in die gesig staar dat Jonatan een van die gevallenes was.

Die oorlog is verby en die wapens het geval. Die inligting tot sy beskikking op daardie stadium was dat die liggame en wapens langs hulle lyf, nog op die hellings van Gilboa lê.

Dit is die gedig wat Dawid wou hê sy mense moes onthou. Hulle moes dié groot gebeure in die geskiedenis onthou.

Konteks

Die breër konteks sal help om die teksgedeelte beter te posisioneer en evalueer. Samuel het waarskynlik in die 11de eeu vC opgetree. ’n Periode wat gekenmerk is deur die afwesigheid van heerskappy deur buitelandse moondhede. Egipte se algehele ineenstorting het die moontlikhede ontsluit vir die opkoms van ander moondhede.

Dit het daartoe aanleiding gegee dat die sogenaamde seevolke hulle in die kusgebiede gevestig het, onder andere die Filistyne. Hulle oogmerk was om in die hele gebied te vestig in ’n soort losse federasie van stadstate. Hulle was daarop ingestel om handel in die Middellandse Seegebied te monopoliseer en dan maklik met Kanaäniete in die land saam te werk wat soortgelyke idees gehad het. Die struikelblok was die Israelitiese stamme wat die berggebiede bewoon het. Hulle was moeilik bereikbaar en kon nie vanweë hulle gods-dienstige ingesteldheid maklik oortuig word nie. Elke moontlike samewerkingsgeleentheid het misluk as gevolg van ’n skynbaar onsigbare mag wat dit verhinder het. Samuel het ’n groot rol daarin gespeel om deur die kultiese onderhouding die samewerking met die ander volke in die wiele te ry. Hy het ’n teokrasie voorgestaan. Dit was ’n alte idealistiese ingesteldheid as die ont-wikkeling van die volke rondom in ag geneem word. Daarom het die volk ook daarin geslaag om uiteindelik hulle eerste koning in die persoon van Saul te kry. Dit sou vir hulle die Filistynse bedreiging die hoof kon bied. Die bergagtige platteland is gekenmerk deur geïsoleerde, hoofsaaklik familiegebonde dorpies met graangewasse, wyn en olyfolie wat op terrasse verbou is en wat hulle met moeite gebou het. Hulle kon alleen skape en bokke aanhou indien hulle waterkelders uit die sagte krytagtige kalkklip gekap het, want daar was feitlik geen ander standhoudende water in die omgewing nie. Die dorpies het gemiddeld uit ongeveer twintig huise bestaan met 80-120 inwoners.

Die rede waarom Samuel so bekend gebly het, alhoewel hy sy roeping in hierdie eenvoudige verlate omgewing ontvang het, was omdat hy getrou en betroubaar in sy roeping was. Hy was ook ’n sterk voorstander van ’n teokrasie en het dit bo ’n monargie verkies.

Saul se mislukking andersyds, kan aan verskeie faktore toegeskryf word. Hy was baie temperamenteel. In die mate dat daar druk op hom toegepas is, het hy toenemend in sy gedagtes versteur geraak. Aan die einde van sy lewe was hy waarskynlik nie meer geestesgesond nie. Sy voortdurende botsings met Samuel was ’n verdere bydraende faktor tot sy ondergang. Die redes bly steeds redelik onbekend. Samuel was gekant teen die nuwe orde en net die geringste rede was nodig vir Saul om aanstoot te neem. Dit kon ook gepaard gegaan het met jaloesie, omdat Saul funksies wat in die ou bedeling van die koningskap by Samuel berus het van hom oorgeneem het. Hy het nie vertroue gehad in Saul se vermoë om die ou orde van leierskap te handhaaf nie, en nou het Saul hom selfs meer mag toegeëien. Hy het gevolglik die gesag van Saul openlik verwerp. Dit was egter sy jaloesie oor die jong held Dawid, wat Saul finaal laat kop verloor het. Hy was immers die een wat Goliat die Filistyn, verslaan het. Saul daarenteen, het in sy stryd met die Filistyne sy lewe verloor.

Die koningskap, wat Israel wou hê, het in die persoon van Saul misluk omdat hy, volgens die siening van Samuel, nie sy roeping en betroubaarheid voor God ernstig opgeneem het nie.

Die invloed van letterkunde en veral digkuns om die geskiedenis te bewaar, word hier duidelik uitgebeeld. Die berge van Gilboa is vandag welbekend, selfs in die Westerse materialistiese wêreld, terwyl die naam slegs met verwysing na Saul se laaste veldslag voorkom.

Ons bevind ons vandag steeds in dieselfde wêreld van oorloë, veldslae, dood en verwoesting. Dawid se klaaglied is vir ons oorgelewer om vandag nog ons rou te verwoord oor die dinge waaroor daar nooit genoeg getreur kan word nie.

Dit is interessant dat Dawid die vertolker word van die gebeure van sy mense. Sy gawe as skrywer het hom gedring om neer te skryf wat hy gehoor en gesien het. Die kronieke moes opgeteken word sodat oorgelewer kon word. Hy het ook geweet dat hy die denke van sy mense sal vorm deur wat hy geskryf het en sy vaardighede as koning.

In die konteks van sy teks, sou sy geestelike bewussyn en vertolking gesag verleen aan sy leierskap. In sy klaaglied kom dit egter nie eksplisiet na vore nie. Hy noem nie eens die naam van God nie, of dat God se voorsienigheid iets te doen gehad het met die treurige gebeurtenisse van die teks nie. Dit sou onvanpas wees om in daardie omstandighede hovaardig gereed te wees om antwoorde aan te bied. Sy swye vertel egter ’n eie verhaal wat later sou terugkeer in sy belydenisse van hoe God wel in sy lewe voorsien het (2 Sam 22:31-32; 23:5). Die klaaglied verteenwoordig die einde van Saul se regering, en kondig die voorspel tot die Dawidiese koningskap aan. Hy het as militêre held, soos Saul, koning geword.

Die volgende lyne kan met reg uit die konteks van die teks bepaal word: Die krag van die geformuleerde en oorgelewerde woord; die ingrypende impak van leierskap op mense; die verband tussen koningskap en geestelike leierskap; die raakvlakke tussen mense wat teokraties wil leef en ander wat onder eie konings hulle heil soek. Selfs die natuurlike aansluiting by mense wat groot invloed op jou lewe het, en die verantwoordelike hantering van mense wat ’n negatiewe en onbillike invloed op jou lewe het, kan aan die orde kom. Die voor die handliggende, om aan aandag te gee, is die verskynsel van rou en die verwerking daarvan. In koninkrykstyd moet aandag gegee word aan die konsep van koningskap (goed en sleg) en aan die begin en einde van eras. Ons moet ook uitkom by die tipologie waar koningskap in die Ou Testament by die koningskap van Jesus Christus in die Nuwe Testament (by die Dawids-huis) aansluit.

Die boek Samuel beskryf ook in die breë die beëindiging van die teokrasie en die oorgang na ’n monargie (wat onder Saul misluk, maar onder Dawid suksesvol is).

Preekvoorstel

Daar is verskeie moontlike invalshoeke vir ’n preek. Met Koninkrykstyd in gedagte moet die Nuwe-Testamentiese aansluiting fokus op die koningskap van Christus. Dit moet verder aansluit by die aanbreek van ’n nuwe, beter bedeling. Dit het dus ’n dubbele betekenis: Binne Ou Testament konteks die verwagte beter bedeling onder Dawid en die Nuwe Testament die beter bedeling onder Jesus Christus se koningskap wat in Koninkrykstyd gevier word.

Inleidend kan aansluiting gevind word by die impak wat die verwisseling van konings altyd en selfs vandag, op die wêreld het. Ten tye van die skrywe van hierdie voorstel wag almal in spanning op die uitslag van die verkiesing in Zimbabwe. Die openlike versugting is dat daar ’n nuwe, beter “koning” kom. Daar is selfs openlik uitsprake dat die huidige koning nie meer rasioneel verstandig regeer nie. Selfs ’n boek waarin die redes vir die agteruitgang van Mugabe aangevoer word, het pas verskyn. Dit sluit ook aan by jaloesie, vrese vir ’n nuwe bedeling wat van buite vereis word en die verwerping van gesag deur ander. Alles bekende taal wat ons selfs in die Saul era terugvind. Eens begaafd, geliefd en oorlogsheld, dan geïsoleerd, eensaam en verwerp.

Daar is in Suid Afrika ook die afwagting op ’n nuwe “koning”, wat onsekerheid meebring, maar almal bid vir ’n beter bedeling. Ook die VSA wag, by die skrywe hiervan, op ’n nuwe “koning”. In al hierdie gevalle, soos in die geval van Saul, het die ontwikkelinge in die “Umwelt” ’n groot rol gespeel in die plaaslike omstandighede.

Verder kan die spreekwoord “hoe meer dinge verander hoe meer bly dit dieselfde” aangehaal word. Die gemeente kan in ’n dialogiese sin getoets word aan hierdie spreekwoord. Die prediker moet dan die oorgang begelei deur daarop te wys dat die spreekwoord waar lyk as ons ons oog net op die wêreldgebeure hou asof dit “al” en “alles” is. Indien ons met ’n Christelike oog na die gebeure om ons kyk, is die spreekwoord nie absoluut waar nie. Ons sou dit wel kon sê indien ons godsdiensfilosofies daarna sou kyk wat beteken dat ons in die sikliese gang van dinge glo. Ons glo in die liniêre gang van die geskiedenis.

Daar is ook ander dieper dinge aan die gebeur wat net so werklik, maar meer waardevol is. Dan kan die lyne van die teks aan die orde kom. Die ”Umwelt” het bepaalde aansprake gemaak op die volk wat ’n teokrasie geken het en is oorgehaal tot ’n beter bedeling, naamlik ’n monargie. Die verwagtinge was dat ’n beter bedeling sou aanbreek. ’n Uitleg van die uiteinde daarvan kan dan gemaak word. Die punt moet egter nie wees dat ’n monargie noodwendig sleg is nie, maar dat verskillende aardse regeringsvorme nie die uiteindelike oplossing vir die heil van mense is nie. Inteendeel, nie een daarvan het werklik blywende heil vir die mense gebring nie.

’n Heerskappy van ’n ander orde moes aanbreek en kan die koningskap van Christus aan die orde gestel word. Die punt moet wees is dat Hy nie in die plek van ander monargieë kom nie, maar om ’n ander (nuwe) dimensie van teokrasie te vestig wat op alle wêreldordes ’n impak moet hê.

Die kerk word nie gestig om die wêreldordes omver te werp nie, maar om die ordes met die evangelie te belig en te beïnvloed, om die beginsels van die grondwet van die teokrasie te gehoorsaam. Die liniêre perspektief is dat die invloed van die nuwe teokrasie in Christus uitwaaier in tyd en ruimte om uiteindelik almal en alles hulle knieë voor God te laat buig en met elke tong te bely dat sy ryk die koms van die ware heil is.

Die fyner lyne van die teks kan binne die groter raamwerk verweef word: Die dinamika tussen vriende en vyande ten opsigte van die hantering van mag (Saul, Dawid en Jonatan). Dink hier aan die klassieke werk ”All quiet on the Western front”, waar die vriendskap van mense aan beide kante van die draad uitgebeeld word te midde van ’n heersende oorlog (vriende in ’n oorlogsone).

Hou die verhouding Saul/Samuel (kerk en staat) as breër agtergrond in gedagte.

Die invloed van die wêreldkragte op die kleiner entiteite (met inagneming van die teenwoordigheid van die nuwe bedeling van die teokrasie). Hier kan dit in Ou en Nuwe Testament konteks belig word (Israel – Filistyne, Israel – Romeine en later Grieke en later nog meer).

Die geweldige invloed van die geskrewe (oorgelewerde) w(W)oord op die oorlewing van die geloofsgemeenskap.

Bibliografie

Baldwin, J. Tyndale Old Testament Commentaries. 1 and 2 Samuel; Bright, J. A history of Israel; Vriezen, Th C. Hoofdlijnen der Theologie van het Oude Testament; Woord teen die Lig, 111/2.

Sections

© Missio 2024 | All rights reserved.