Basisliturgie vir Paastyd

Picture of Woord en Fees

Basisliturgie vir Paastyd

Inleiding

Aangesien die aanroep van die drie-enige God nog altyd so ’n belangrike rol in die liturgie gespeel het, word hier kortliks gekyk na die belang van ’n drie-eenheids-perspektief op die opstanding (vgl in hierdie verband al die bydraes vanuit die kring van “gestuurde” of “missionale” gemeentes).

God is oneindig in sy getrouheid, liefde en genade. Hy stuur sy Seun, Jesus Christus, om alles nuut te maak in hierdie sondige en gebroke wêreld. In Jesus het die heerskappy van God “naby gekom” (Mark 1:15). Jesus se ganse aardse lewe vertel ons hoe die koninkryk van God lyk: ’n Wêreld waarin alles nuutgemaak word. Kyk maar na Jesus se prediking en wonders, asook sy hantering van hulle wat deur ander as minderes beskou is   (vroue en prostitute) en verwerplikes (tollenaars en Fariseërs). Dit alles sê: So is God.

In Jesus onderwerp die almagtige en liefdevolle God homself aan lyding en marteling aan die hand van hulle vir wie Hy so lief is. In die kruis sien ons weereens wie God is. Die opstanding verteenwoordig die oorwinning oor die duisternis, die dood en die sonde. Die opstanding bevestig dat alles wat Jesus tot dusver gesê en gedoen het (ook sy selfverstaan as Messias) waar was. Die opgestane Jesus blaas sy Gees oor die dissipels uit (Joh 20:22). Hiermee bekragtig God sy volk in Jesus en deur die Gees om deel te neem aan dit waarmee God besig is in die wêreld: Die koms van die koninkryk van God: Om alles nuut te maak. Die Gees laat die kerk deelneem aan die opstandingslewe van Christus (Ef. 1:19-23).

Die Paassiklus in hierdie liturgiese jaar.
Al die skriflesings tydens Pase begin vanjaar met ’n lesing uit die boek Handelinge. Almal vertel verhale van die effek van die opstanding op die lewe van die vroegste kerk.

Hierna volg die gebruiklike psalm wat telkens klem lê op die lofwaardigheid van die grootheid, sorg en kragtige dade van God.

Die derde skriflesing kom uit Openbaring. Dit beklemtoon dat die opgestane Jesus heers en besig is om alles mee te neem onderweg na die voleinding. Dit is belangrik om te onthou dat die opgestane Jesus ook die Lam is wat geslag is.

Die Johannesevangelie word regdeur Pase as die vierde skriflesing aangewend.

Die belangrikheid van hemelvaart in die Paassiklus kan nouliks onderskat word. Hier word die psalm- en evangelielesings vervang met lesings uit onderskeidelik  Efesiërs en Lukas. Die klem val op die roeping om deel te neem aan dit waarmee God vanuit die opstandingskrag van Jesus Christus besig is.

Tydseie kenmerke

Wit en goud simboliseer vreugde en oorwinning. Hierdie kleure kan gebruik word saam met simbole vir Paasfees: ’n leë kruis, die leë graf, die Christuskers en die opkomende son. Wit en goue doeke kan oor die kruis gedrapeer word, of in die voorportaal en liturgiese ruimte aangebring word.

Blomme is ’n wonderlike uitdrukking van groei, skoonheid, vreugde en die feestelike viering van ’n oorwinning. Blomme kan mildelik in die erediens- en liturgiese ruimte aangebring word.

In sommige kerke begin Paasfees met ’n erediens wat plaasvind met sonsopkoms. Dit is ook ’n gebruik in die ou Ortodokse Kerk om eers ’n keer of wat simbolies om die kerk te stap, opsoek na Jesus se liggaam. Wanneer die gemeente in die kerk kom, groet die leraar die gemeente met die Paasgroet: “Jesus het opgestaan.” Kinders kry ook kans om dan die erediensruimte met blomme te versier om aan die erediens ’n kleurryke en vreugdevolle atmosfeer te verleen.

Tekste

Datum Tekste Tema/Opskrif van elke teks
7 April 2013
Tweede Sondag van  Paastyd
Handelinge 5:27-32a
Psalm 118:14-29, 150
Openbaring 1:4-8
Johannes 20:19-31
Onder groot druk getuig die apostels aangaande die opgestane Jesus.
Loof die Here, want God doen kragtige dade.
Die Eerste wat uit die dood opgestaan het, maak ons deel van sy koninkryk.
Die dissipels ontvang die Gees van die opgestane Een.
14 April 2013
Derde Sondag van Paastyd
Handelinge 9:1-6, (7-20)
Psalm 30
Openbaring 5:11-14
Johannes 21:1-19
Saulus, die vervolger, ontmoet die opgestane Jesus.
Die Here het my uit die doderyk gered!
Die opgestane en verheerlikte Jesus is die Lam wat geslag is.
Die opgestane Jesus hernu ’n verraaier se roeping.
21 April 2013
Vierde Sondag van Paastyd
Handelinge 9:36-43
Psalm 23
Openbaring 7:9-17
Johannes 10:22-30
Geloof in die Opgestane wek Tabita op uit die dood.
Die Here sorg vir ons.
Alle nasies sal die Lam (die Verheerlikte) aanbid.
God se ware volk is hulle wat in Jesus glo.
28 April 2013
Vyfde Sondag van Paastyd
Handelinge 11:1-18
Psalm 148
Openbaring 21:1-6
Johannes 13:31-35
Die evangelie is nie net vir Jode nie, maar vir almal.
Net die Here se Naam is hoog verhewe!
Die nuwe hemel en die nuwe aarde.
Dissipels van die Here word geken aan hulle liefde.
5 Mei 2013
Sesde Sondag van  Paastyd
Handelinge 16:9-15
Psalm 67
Openbaring 21:10, 22-22:5
Johannes 14:23-29, 5:1-9
Die evangelie word met bekeringskrag in Filippi verkondig.
Die Here se reddende krag onder die nasies is bekend oor die wêreld heen.
In die Nuwe Jerusalem sal sal daar nie meer nag wees nie.
Die belofte dat die Vader in Jesus, deur die Gees, teenwoordig sal wees. Die genesing van die verlamde.
9 Mei 2013
Hemelvaart
Psalm 47 of Psalm 93
Efesiërs 1:15-23
Handelinge 1:1-11
Lukas 24:44-53
God is die Groot Koning (47); God, die Koning, is beklee met majesteit (93).
Opstandingskrag vir dié wat glo.
Die Heilige Gees word belowe by Jesus se hemelvaart.
Die Gees maak die dissipels deel van dít wat God in Christus in die wêreld aan die doen is.
12 Mei 2013
Sewende Sondag van Paastyd
Handelinge 16:16-34
Psalm 97
Openbaring 22:12-14, 16-17, 20-21
Johannes 17:20-26
Die evangelie van die opgestane Jesus werk kragtig en laat die Koninkryk van God deurbreek in Filippi.
Daar is blydskap en lig vir die Here se troue dienaars.
“Ja, Ek kom gou!” Amen! Kom, Here Jesus!
Jesus bid dat die kerk die drie-enige God sal verteenwoordig.

Diensorde

God versamel ons voor Hom

Aansteek van die Christuskers
(Iemand kan in stilte die Christuskers aansteek. Met die gemeente se eerste respons kan die voorganger die Christuskers optel, dit hoog hou, en dit daarna weer neersit. Dieselfde ritueel vind drie keer plaas, telkens tydens die gemeente se respons.)

Voorganger: In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God.
In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense.
Gemeente: Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie.

Voorganger: In Jesus Christus het dié lig mens geword en onder ons kom woon. Hy het die gestalte van ’n slaaf aangeneem en aan mense gelyk geword.

Voorganger: En toe Hy as mens verskyn het, het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis.

Voorganger: Daarom het God Hom ook tot die hoogste eer verhef en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus elkeen wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde is, die knie sou buig, en elke tong sou erken: “Jesus Christus is die Here!” tot eer van God die Vader.
Almal: Amen (Joh 1).

Paasroep
Voorganger: Gemeente, die Heer het opgestaan!
Gemeente: Die Heer het waarlik opgestaan!

Aanvangslied
Liedboek 411 “Kom, almal, laat jul stem verrys!”

Aanvangswoord
Voorganger: Die Lam wat geslag was, is waardig om die mag en rykdom, die wysheid en die sterkte te ontvang.
Gemeente: Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam behoort die lof en die eer.

Voorganger: Die Lam wat geslag was, is waardig om al die eer, heerlikheid en lof te ontvang.
Gemeente: Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam behoort al die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid.

Almal: Amen (Op 5:12, 13).

Seëngroet
Genade en vrede vir julle van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste voor sy troon, en van Jesus Christus, die geloofwaardige (uit Op 1:4, 5).

Aanbiddingslied 

Doop of doopherinnering
(Die voorganger gaan staan by die doopvont. Die gemeente kan ook staan.)
Voorganger: Ons dink hier daaraan dat ons deur ons doop saam met Christus gesterf het en begrawe is. Ons weet egter dat ons ook saam met Hom opgewek is tot ’n nuwe lewe. Daarom bevestig ons opnuut die beloftes wat by ons doop gemaak is. Ons bely opnuut ons verbondenheid aan Christus. Ons verwerp opnuut die selfsugtige werke in ons lewe voordat Christus vir ons ’n werklikheid was.
Bely julle julle sonde met berou?
Gemeente: Ons bely ons sonde met berou.

Voorganger: Draai julle om na Christus toe?
Gemeente: Ons draai na Christus toe.

Voorganger: Het julle saam met Hom gesterf?
Gemeente: Ons het saam met Hom gesterf.

Voorganger: Het julle saam met Hom opgestaan?
Gemeente: Ons het saam met Hom opgestaan.

Voorganger: Bely dan julle geloof in die drie-enige God.
Gemeente: Ek glo in God die Vader, wat alles geskep het.
Ek vertrou sy Seun, wat die mensdom kom verlos het.
Ek glo in die Heilige Gees, wat my daagliks vernuwe en lei.
Johan van der Merwe (red) Gebedeboek met liturgiese voorstelle. 2001. Wellington: Lux Verbi.

Lofsang 

Diens van die Woord

Gebed om die opening van die Woord
Prediking

Diens van die tafel

Instelling van die tekens
Voorganger: Daardie Sondagaand was die dissipels bymekaar. Alhoewel die deure gesluit was het Jesus gekom en tussen hulle gaan staan. Hulle was waarskynlik baie bang en daarom het Jesus vir hulle gesê: “Vrede vir julle!” Maar dit was steeds nie genoeg om hulle gerus te stel nie. Steeds het hulle hierdie Man nie herken nie. Toe het Jesus sy hande en sy sy vir hulle gewys. En die dissipels was baie bly toe hulle die Here sien.

Voorganger: Gemeente, ons kan die opgestane Jesus slegs aan sy wonde herken.
Gemeente: Wys ons u wonde, sodat ons U as die Opgestane Een kan herken, Here Jesus!

Voorganger: Tomas, wat daardie aand nie by hulle was nie, wou hulle getuienis dat hulle die Here gesien het, nie glo nie. Hy het gesê: “As ek nie die merke van die spykers in sy hande sien en my vinger in die merke van die spykers steek en my hand in sy sy steek nie, sal ek nooit glo nie.”Agt dae later het Jesus gekom en vir Tomas gesê: “Bring jou vinger hier en kyk na my hande; en bring jou hand en steek hom in my sy; en moenie langer ongelowig wees nie, maar wees gelowig.” En Tomas sê vir Hom: “My Here en my God!.”

Voorganger: Gemeente, ons sien Jesus se wonde in die Nagmaal. Ons sien sy liggaam in die brood. Ons sien sy bloed in die wyn. Wanneer ons die brood eet en die wyn drink, beleef ons, soos Tomas die spykerwonde van die Here. Wanneer ons die brood eet en die wyn drink,sien ons die  opgestane Here.
Gemeente: Kom ontmoet ons in die brood en die wyn, Here Jesus!

Voorganger: Die brood wat ons breek, is die gemeenskap met die liggaam van ons Here Jesus Christus. Neem, eet, dink daaraan en glo dat sy liggaam gebreek is tot ’n volkome versoening vir al ons sondes.
Die beker van danksegging is die gemeenskap met die bloed van ons Here Jesus Christus. Neem, drink, dink daaraan en glo dat dat sy kosbare bloed gestort is tot ’n volkome versoening vir al ons sondes (uit Joh 20:19-31).

Dankoffers

Uitsending

Slotlied

Seën
Gemeente, die opgestane Jesus sê vir julle:
Vrede vir julle! Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.
Gaan in die krag van die Gees wat julle van My en die Vader ontvang het.

Sections

© Missio 2024 | All rights reserved.