Basisliturgie vir Paastyd

Picture of Woord en Fees

Basisliturgie vir Paastyd

Inleiding

Die Christendom staan en val met die geloof in die opstanding van Jesus Christus. Hy is opgewek as die “eersteling van dié wat gesterf het” (1 Kor 15:20). Die feit dat Hy die eersteling is en dat die ander wat aan God behoort Hom by sy wederkoms sal volg, bevestig die sentrale posisie van die opstanding – vir ons totale bestaan en dus ook vir die erediens. Paulus sê uitdruklik: “As Christus nie opgewek is nie, is julle geloof waardeloos en is . . . dié wat in Christus gesterf het, verlore” (1 Kor 15:17-18). Dis duidelik dat die opstanding die hart vorm van die Christelike verkondiging, geloof, lewe en teologie. “In ’n definitiewe sin is alle Christelike prediking dan ook opstandingsprediking” (D J Smit in WTL3).

Die opstanding van Jesus is die episentrum van die Christelike geloof en die kerk. ’n “Episentrum” is die teoretiese punt reg bokant die plek waar ’n aardbewing ontstaan en van waaruit dit verder uitkring. Die Christelike geloof en die kerk het vanuit die geloof in die opstanding van Jesus Christus ontwikkel. Dit was dus nie maar één van die dogmas van die kerk wat eers later ontstaan het nie (soos bv die leer oor die Drie-eenheid wat eers in die vierde eeu na Christus beslag gekry het). Na Jesus se kruisiging was die dissipels platgeslaan. Alles was daarmee heen. As Jesus nie na sy opstanding aan hulle verskyn het nie, sou daar nie so iets soos die Christelike geloof of die kerk bestaan het nie. Dit is geen wonder nie dat die vroeë Christene mekaar met juis die woorde gegroet het: “Christus het opgestaan”. Alle vroeë Christelike geloofsbelydenisse het ook die opstanding van Jesus as beginpunt.

Paasfees is dus die kern van die viering van die kerklike jaar en daarom die groot hoogtepunt. Trouens, dis juis vanuit die viering van Jesus se opstanding dat die hele tradisie van die kerklike jaar ontwikkel het. Tydens die groot driedagliturgie (vanaf Donderdagaand) beleef ons liturgies weer ons eenheid met Christus in sy dood en opstanding. Die misterie van ons eenwording met Jesus Christus – soos Paulus dit in Romeine 6 beskryf – word liturgies gevier. Ons sterf saam met Hom, staan saam met Hom op en begin ’n nuwe lewe saam met Hom. Daarom sê Paulus in Galasiërs 2:20 ook dat ons nie meer lewe nie, maar dat Christus in ons leef. Ons eenheid met Christus het die potensiaal om elke aspek van ons lewe te transformeer.

D J Smit merk egter die vreemde verskynsel, naamlik dat daar van die opstanding in die praktyk van die Christelike  erediens eintlik weinig teregkom!  Hy meen dis ’n simptoom daarvan dat die opstanding in die geheel van die Christelike lewe en denke nie die sentrale rol speel wat dit behoort nie. Die riglyn, wat hy vanuit Josuttis  vir liturge hieroor bied, is dat ’n gemeente nie ’n meesleurende kanselgenie benodig nie, maar iemand, soos hulle, wat die erns en omvang van die dood ken, maar daarnaas ook weet:  Jesus is opgewek vir ons!

Die opstanding bied nuwe lewensmoontlikhede. Die motief dat ’n Christen reeds nou al kan opstaan in ’n nuwe lewe, moet duidelik in die erediens na vore kom.

Wanneer vier ons Paasfees?
Ons vier Paasfees jaarliks op die eerste Sondag na die eerste volmaan na die herfs-dag-en-nag-ewening (21 Maart). Besoek die webwerf http://users.chariot.net. au/~gmarts/easter.htm vir meer inligting. Paasfees kan dus enige tyd van 22 Maart tot en met 25 April gevier word. Die datums van Aswoensdag, Hemelvaart en Pinkster is afhanklik van die datum van Paassondag.

Paastyd, voorafgegaan deur Lydenstyd, word gevier vanaf Paassondag tot en met Pinkstersondag – ’n tydperk van 50 dae (Grieks pentekoste). Hierdie 50 dae van vreugde en blydskap neem dieselfde plek in die kerklike jaar in as wat die Sondag in die week inneem.

Al meer gemeentes begin die viering van Paastyd met ’n Paaswaak, wat reeds die Saterdagaand voor Paassondag begin en wat duur tot in die vroeë oggendure van Paassondag – tradisioneel die tyd wanneer Jesus uit die graf opgestaan het. Weer eens speel die simboliek van lig deur middel van kerse ’n belangrik rol. Tydens die Paaswaak word die Paaskers aangesteek wat in baie gemeentes regdeur die jaar brand en die gemeente voortdurend herinner aan die verrese Christus, ons Lig en Lewe.

Waar alle blomme en versierings Donderdagaand uit die kerkgebou verwyder is, is daar nou ’n ontploffing van blomme – en om die vas te breek het baie gemeentes ’n ontbyt vroeg op Paasoggend.

Dit is baie belangrik om daarop te let dat Paastyd die volle 50 dae gevier moet word. Die viering van Paasfees is nie net beperk tot Paasoggend nie. Dit sou ’n verskraling van die betekenis van die opstanding wees. Paastyd behoort die mees vreugdevolle en feestelike tyd van die jaar vir die kerk te wees. Die versiering van die kerkgebou behoort dit ook te reflekteer.

Verder moet ons ook in gedagte hou dat elke Sondag eintlik ’n klein Paasfees is aangesien ons elke Sondag die opstanding van ons Here vier.

Tydseie kenmerke

Simbole, kleure en rituele
Ons nagmaalviering staan te veel “in die teken van rou”.  Paasoggend is ’n ideale geleentheid om die vreugdekarakter van die nagmaal te beklemtoon.

Reeds in die vroeë kerk is daar met Paasfees gedoop en belydenis afgelê. Alles liturgies denkbaar het gebeur.

Wit en goud, as kleure van oorwinning en vreugde. Die leë kruis kan met wit en goud gedrapeer word. Die Paaskers is die sentrale simbool.

Doen soveel moontlik met blomme – in oorvloed.

Hierdie is die ideale tyd om die kerkklok te benut – veral Paassondag met dagbreek.

Tekste

11 April 2010
Tweede Sondag van Paastyd
Quasi Modo Geniti –
“Soos pasgebore kindertjies” uit 1 Petrus 2:2
Handelinge 5:27-32
Psalm 118:14-29 of 150
Openbaring 1:4-8
Johannes 20:19-31
Die apostels getuig van verlossing deur die opgestane Jesus.
Die Here doen kragtige reddingsdade. Ons kan ons daarin verheug.
Jesus, die eerste wat uit die dood opgestaan het, maak ons sy koninkryksmense.
Die opgestane Jesus verskyn aan die dissipels en stuur hulle uit as getuies.
18 April 2010
Derde Sondag van Paastyd
Misericordias Domini
“Die troue liefde van die Here” uit Psalm 33:5-6
Handelinge 9:1-6 (7-20) 
Psalm 30
Openbaring 5:11-14
Johannes 21:1-19
’n Groot vervolger van die kerk ontmoet die opgestane Christus.
Ek sal God vir altyd loof, want Hy red my van die dood.
Die hele skepping loof die Lam wat geslag en verhoog is tot die hemeltroon.
Die opgestane Here dra dit aan Petrus op om na sy
skape om te sien.
25 April 2010
Vierde Sondag van Paastyd
Jubilate
“Juig” uit Psalm 66:1-2
Handelinge 9:36-43 
Psalm  23
Openbaring 7:9-17
Johannes 10:22-30
Christus se opstanding bring hoop in elke doodsituasie.
Die Here is ons Herder wat sy kudde lei en versorg.
Die hemelse leërskare voor die troon. Die Lam lei hulle na fonteine met lewende water.
Jesus se skape luister na sy stem. Hy gee hulle die lewe.
2 Mei 2010
Vyfde Sondag van Paastyd
Cantate
“Sing” uit Psalm 98:1
Handelinge 11:1-18
Psalm 148
Openbaring 21:1-6
Johannes 13:31-35
Petrus getuig tot die nie-Jode oor sy bekering.
Die Here moet geprys word, want Hy is die Skepper.
Die Woonplek van God is nou by die mense.
Jesus gee ons ’n nuwe gebod: ons moet liefhê soos Hy.
9 Mei 2010
Sesde Sondag van Paastyd
Rogate
“Roep”
Handelinge 16:9-15
Psalm 67
Openbaring 21:10; 21:22-22:5
Johannes 14:23-29 / 5:1-9
 Paulus sien die “smekende Masedoniër”.
Die volke moet God loof oor sy reddende dade.
’n Gesig van die ontsagwekkende teenwoordigheid van God in die nuwe Jerusalem.
Jesus gee die belofte van sy teenwoordigheid en vrede deur die Gees. Die genesing van die verlamde by Betesda.
13 Mei 2010
Hemelvaart – Pinkstertyd begin
Handelinge 1:1-11
Psalm 47 of 110
Efesiërs 1:15-23
Lukas 24:44-53
Belofte van die Heilige Gees; Jesus se hemelvaart.
Lof aan God as Koning (47); ’n Kroningspsalm oor
God se guns aan die koning (110)
Paulus bid vir gelowiges se visie op die volheid en
betekenis van Christus se oorwinning.
Jesus open sy dissipels se verstand vir die Skrif en vaar
op na die hemel.
16 Mei 2010
Sewende Sondag van Paastyd
Exaudi
“Luister”
Handelinge 16:16-34
Psalm 97
Openbaring 22:12-21
Johannes 17:20-26
God red Paulus en Silas uit die tronk in Filippi.
Die oppergesag van God is goeie nuus vir die regverdiges.
Die gewisse wederkoms van Jesus bring
dringendheid by sy volgelinge.
Jesus bid vir die kerk se eenheid as refleksie van die
Drie-enige God.

Diensorde

God versamel ons voor Hom

Paasroep
Voorganger:  Die Here het opgestaan.
Gemeente: Die Here het waarlik opgestaan.

Sang
Sing Lied 422 hier deurlopend tydens Paasfees.

Seëngroet
Voorganger:  Jesus leef! En ons met Hom! Genade vir julle en vrede van God die Vader . . .
Gemeente: Hy sorg vir ons!

Voorganger:  . . . en van die Seun . . .
Gemeente: Hy het waarlik opgestaan!

Voorganger: . . . en van die Heilige Gees . . .
Gemeente: Hy leef in ons! Amen.

Sang
Lied 228 “Halleluja” (jubelend, Forté)

Lof
Klok lui.

Sang
Lied  409 1 en 2  (Sing beslis meer as net een lied.)

Sang
Lied 417:1 en 2

Diens van die woord

Gebed
Skriflesing
Preek
Gebed

Diens van die tafel

Nagmaal
Fokus op die vreugdekarakter van die nagmaal – die viering met die opgestane Here.

Aansit by die tafel

Formulier
Lees slegs die vyfde punt van verduideliking, naamlik dat die nagmaal ’n vreugdefees is

Gebed
Jesus, ons Here, ons loof U,
die Een vir wie die graf nie kon gevange hou nie,
Ons loof U en aanbid U
omdat U sterker is as die duiwel en die dood.
Dankie, dankie, dankie, dat ons daarom kan weet
dat ons werklik vir niks hoef bang te wees nie
want U lewe,
en U is met ons al die dae . . .
tot wanneer U óns opwek (“Paasmeditasie vir die Oosters-Ortodokse Kerk” uit  Die Groot Gebedeboek, b1 38).

Geloofsbelydenis
Vredesgroet
Kommunie

Sang
Lied 416:1

Uitsending

Sang
Lied 422:3

Seën

Sang
Lied  314 “Amen”

Sections

© Missio 2024 | All rights reserved.