Basisliturgie vir die Tyd na Epifanie

Picture of Woord en Fees

Basisliturgie vir die Tyd na Epifanie

Inleiding

In Christus se menswording buig God op ’n besondere manier na die mensdom neer. God word mens in Christus. Ons menslikheid, ons lyflikheid word op dié manier aan God immer bekend. Epifanie en die tyd na Epifanie fokus veral op die realiteit van Christus se menswording en sy verskyning aan en interaksie met mense tydens sy aardse bediening. Die Sondae na Epifanie is ’n besondere ryk tyd waarin die klem veral val op hoe Christus God in die wêreld sigbaar maak. Die seisoen help ons om ons lewe te reoriënteer ten einde Jesus te ontmoet en dan nie die verskraalde of afgewaterde Jesus nie, maar die Jesus wat insluit, wat roep, deel maak en neerbuig na hulle wat buite is, wat nie welkom is nie, wat vreemd en verstoot is.

Oorspronklik was die fees van Epifanie die spesiale dag in die Advent-Kersfees-Epifanie siklus. Hierdie dag van “teofanie” of die verskyning van God se lig en krag in Christus, was in die vroeë kerk, saam met Pase en Pinkster, die derde hoofgebeurtenis op die Christelike kalender. Dit spreek van die antieke menslike ervaring (Noordelike Halfrond) van die verlange na lig te midde van die kortste en donkerste dae van die jaar. In die vroegste leesroosters en preke vir hierdie dag is daar op Johannes 1:1-2:11 gefokus. Die temas het van die begin af gekonsentreer op Christus as lig, sy koms na hierdie wêreld, sy doop in die Jordaan en die eerste wonder – die verandering van water in wyn. Gemeenskaplik aan al hierdie sake is die teologiese aanspraak dat God in Jesus teenwoordig was en aan mense verskyn het – selfs tot aan die uiteinde van die aarde.

In Wes-Europa is daar gaandeweg meer klem gelê op die geboorteverhale en het Kersfees derhalwe meer prominent geraak as Epifanie. Ons het die geneigdheid geërf om die geboorteverhaal te beskou as die uitbeelding van die vleeswording van Jesus Christus in die enger sin van die woord met die verlies na die kant van die volle rykdom van die Woord wat mens geword en in Jesus Christus verskyn het.

Dit is belangrik om die balans tussen Epifanie en Kersfees te laat hoor aangesien Epifanie beslis die meer antieke van die twee feeste is. Dit sluit ook ryker teologiese betekenis in: Die ganse doel en krag van die inkarnasie word aangetoon in die aanvangsgebeure van Jesus se bediening.

Dit is betekenisvol dat die tyd tussen Kersfees en Epifanie in sekere segmente van die vroeë kerk ’n tyd was waarin die doop gevier is. Naas die Paassiklus met die “Groot Vyftig Dae”. Alhoewel baie Protestante nie hierdie feeste gevier het nie, herinner dit ons tog aan die verbintenis wat Kersfees en Epifanie het met die werklikheid dat ons deur die doop saam met Christus sterwe en opstaan.

Die Epifaniesiklus in hierdie liturgiese jaar
Vir die Liturgiese jaar 2012-2013 word die Lukassiklus gevolg. Profetiese tekste uit die Ou Testament funksioneer deurlopend as sleuteltekste vir die eredienste in die tyd na Epifanie. Woorde doen meer as om realiteit te beskryf; dit skep werklikhede. God se stem, die woorde wat God spreek en die lewe wat dit moontlik maak, staan sentraal in die profetiese tekste. God spreek en roep ons om op ’n besondere manier deel te word van hierdie lewe.

Die nuwe realiteit wat in Jesus gestalte kry, word duidelik in die evangelietekste vir hierdie seisoen. Om nuut te begin of vernuwe te word, is sleuteltemas in hierdie tyd. Jesus se bediening op aarde is inklusief: mense word ingenooi, deel gemaak, op weg geneem. Die doop van Jesus lei, soos telkens die geval is, die seisoen in. Johannes doop met water, maar Jesus sal met die Gees doop. God spreek sy seën oor Jesus se aardse bediening uit. Jesus maak water tot wyn en verduidelik die fokus van sy bediening aan die skare by Nasaret. Veral die verhaal in Lukas 4 getuig van die andersoortigheid van Jesus se bediening. Jesus kom beliggaam God in die wêreld, nie in eer, aansien en met magsvertoon nie, maar in brose menslikheid.

Tydseie kenmerke

Kleure
In aansluiting by Kersfees is die feestelike kleure van Epifanie ook wit en goud. Op die Sondae na Epifanie word groen gebruik.

Simbole
Die seisoen word ingelei op die eerste Sondag na Epifanie met die verhaal van Jesus se doop. Die doopbak en die water as teken van die verbond sou met groot vrug in die tyd gebruik kon word. Plaas byvoorbeeld die doopbak in die voordeur/portaal van die kerk/ bedieningsruimte. Laat mense die water aanraak met hulle in en uit beweeg van die kerk as teken van herinnering aan hulle eie doop.

Jesus wat die lig vir die wêreld is, is ook ’n sentrale simbool. Vertoon die Christuskers prominent in die liturgiese ruimte.

Tekste

Datum Tekste Tema/Opskrif van elke teks
13 Januarie 2013
Eerste Sondag na Epifanie
Jesaja 43:1-7
Psalm 29
Handelinge 8:14-17
Lukas 3:15-17, 21-22
“Jy is myne. Moenie bang wees nie. Ek is met jou.”.
Die Here is teenwoordig en magtig. Sy stem bring beweging, bring lewe.
Die mense van Samaria ontvang die Heilige Gees.
Jesus, wat mense met die Gees sou doop, word deur Johannes die Doper met water gedoop. God se stem spreek woorde van seën en Jesus se roeping word bevestig.
20 Januarie 2013
Tweede Sondag na Epifanie
Jesaja 62:1-5 
Psalm 36:5-10
1 Korintiërs 12:1-11
Johannes 2:1-11
Jy sal genoem word: “Die een wat die Here liefhet.”
Die wat by God skuil vind ’n tuiste.
God gee gawes aan die gemeenskap van gelowiges deur sy Gees. Die verskeidenheid van gawes is ’n uitstaande kenmerk van die liggaam van Christus.
Jesus maak van water die beste wyn.
27 Januarie 2013
Derde Sondag na Epifanie
Nehemia 8:1-3, 5-6, 8-10
Psalm 19
1 Korintiërs 12:12-31a
Lukas 4:14-21
Esra hou die Woorde van God aan die Israeliete voor.
Die woord van die Here is volmaak, dit gee lewe.
Die heerlikheid van die liggaam van Christus word sigbaar in verskeidenheid.
Jesus openbaar homself as die vervulling van God se genadebelofte.
27 Januarie 2013
Vierde Sondag na Epifanie
Jeremia 1:4-10
Psalm 71:1-6
1 Korintiërs 13:1-13
Lukas 4:21-30
God roep die jong Jeremia as profeet om af te breek, uit te roei, te vernietig en af te slaan, om te bou en te vestig.
“By U, Here, skuil ek, laat my tog nooit teleurgestel staan nie.”
Alles wat nie liefde is nie, sal vergaan.
Jesus loop ongedeerd deur die woedende skare weg.

Diensorde

God versamelons voor Hom

Die wit Christuskers word op ’n sigbare plek voor in die liturgiese ruimte aangebring. Dit brand reeds wanneer die erediens begin.

Aanvangslied
Begin die erediens met Lied 511 vers 1 wat twee maal meditatief gesing word.

Aanvangswoord
Gebruik die volgende aanvangswoord regdeur in die tyd na Epifanie:
“Dit is my geliefde Seun. Oor Hom verheug ek my!”

Seëngroet
Geliefdes, wees gegroet in die Naam van Jesus Christus. In Hom is daar lewe en die lewe is die lig vir die mense.

Aanbiddingslied 

Doop of doopherinnering
Die doop speel van ouds reeds ’n besondere rol in die Epifaniesiklus. Probeer om dit só te beplan dat persone wat hulle kinders wil laat doop, bewus is van hierdie besondere tyd as geleentheid om aan hulle kinders se doop en die gemeente se belewenis van Epifanie luister te verleen. Die doopherinnering kan ook as uitsending gebruik word. Sien “Uitsending” vir ’n voorstel in dié verband.

Skuldbelydenis
Die psalmtekste vir hierdie siklus kan sinvol aangewend word vir die moment van verootmoediging in die erediens. Die tekste getuig van God se teenwoordigheid, van sy betrokkenheid in die wêreld. Gebruik hierdie tyd in die liturgie as ’n moment van heroriëntasie om gelowiges te help om God se hand van sorg en trou raak te sien. Ons leef dikwels, of selfs meestal, asof ons heil van ons eie pogings en inspanning afhang. Die psalmtekste help ons om weer die God wat ons getrou naby is, raak te sien.

Vryspraak
Gebruik telkens ’n belofte woord vanuit die psalm vir die week as vryspraak. Beklemtoon die feit dat ons telkens weer nuut kan begin en in die week wat voorlê in verbondenheid met God kan gaan leef. (Sien die voorstelle by die individuele liturgieë.)

Lofsang

Diens van die Woord

Gebed om die opening van die Woord

Laat die gemeente Lied 512:1 sittend sing as ’n teken van die feit dat ons nou saam nader om God se stem te hoor en te luister na God se woorde wat nuwe werklikhede skep.

Prediking

Diens van die tafel

Inleiding of formulier
Uitdeel van die brood en wyn

Voor die instelling van die tekens
Indien die nagmaal nie gevier word nie, kan hierdie woorde, met enkele verstellings, as nagmaalsherinnering aangewend word.

Voorganger: Jesus is gedoop en sy bediening het begin.
Gemeente: Ook ons is gedoop en so deel gemaak van sy bediening.

Voorganger: In Christus het die koninkryk van God naby gekom.
Gemeente: Kom nou ook naby aan ons, Here!

Voorganger: Jesus se bediening was die liefdevolle weggee van Homself.
Hy bied nou sy liggaam en sy bloed aan deur die tekens van die brood en die wyn.
Gemeente: Maak ons leeg van onsself Here, sodat ons U kan ontvang!

Instelling
Voorganger: Neem die brood, eet dit, glo en onthou dat Jesus sy liggaam uit liefde gegee het
sodat die koninkryk van God naby kon kom.
Neem die wyn, drink dit, glo en onthou dat Jesus sy bloed uit liefde gegee het

Na die nagmaal
Voorganger: U het Uself aan ons gegee, Here.
Gemeente: Nou gee ons ons aan ander.

Voorganger: U liefde het van ons nuwe mense gemaak.
Gemeente: As nuwe mense sal ons U met vreugde dien!

Voorganger: Here, u heerlikheid het ons harte gevul!
Gemeente: Help ons om U in alles te verheerlik, Here!

Lofprysing en dankgebed
Dankoffers

Uitsending

Slotlied

Seën
Jy is myne.
Moenie bang wees nie.
Ek is by jou.
Amen.

Sections

© Missio 2024 | All rights reserved.