Agtiende Sondag in Koninkrykstyd

Picture of Woord en Fees

Agtiende Sondag in Koninkrykstyd

Liturgiese Voorstel

Leesroostertekste

Sleutelteks: Jakobus 5:13-20
Ander tekste: Ester 7:1-6, 9-10; 9:20-22; Psalm 124; Markus 9:38-50

Inleiding

Gebed, die geheim van ware wysheid en die krag in koninkrykswerk.
Jakobus het sy brief met gebed begin (1:5) en hier sluit hy dit daarmee af. Dit is vir hom die geheim van ware wysheid, vrede en versoening. Dit hou mense nederig en bring selfs ryk en arm bymekaar. Dit verander die lot en selfs die loop van die geskiedenis (bv die verhaal van Ester).

Hierdie tema loop ook deur die ander tekste vir vandag en raak telkens ’n ander aspek:

  • Ons hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het. Hy verander ons lot.
  • God is getrou.
  • Ester se opregte versoek en wens beweeg Ahasveros daartoe om daaraan gehoor te gee.

Diensorde

God versamel ons voor Hom

Voorganger:  Vers 1, 3, 5 en 7
Gemeente:  Vers 2, 4, 6 en 8 (Psalm 124)

Hoewel dit in ons sleutelteks veral gaan oor gebedsversoeke, is dit nie die sentrale metafoor vir gebed in die Bybel nie. Gebed is nie in die eerste plek om te vra nie, dit is om te wag op die Here. Doen ’n oefening in “centering prayer”. Laat die gemeente daarvan bewus raak dat ons “anders vra” as ons eers stil geword het by die Here.

Diens van die Woord

Voor die prediking
Reël vooraf met iemand om te getuig oor  gebedsverhoring. Gee dan geleentheid vir meer mense om kortliks te vertel hoe gebed iets in hulle lewe verander het.
Lees direk hierna die sleutelteks.

Diens van die tafel

By die tafel
Gemeente bid die Ons Vader hardop saam. Indien daar nie nagmaal is nie, kan dit iewers anders in die liturgie gebruik word.
Sien ook  die basisliturgie.

Uitsending

Daag lidmate uit om, in die komende week, een van die praktiese voorbeelde uit die sleutelteks te gaan uitvoer.  Nooi mense om vir iemand wat dit nodig het in die komende week te gaan bid.
Laat hulle, as simbool van ontvanklikheid, met handpalms na bo die seën van die Here ontvang.

Musiek en sang

Aanvangslied en Geloofsbelydenis: Lied 265 “Enigste Here, enkele Wese”; Lied 167  “Jesus, bron van al my vreugde
Lofsang: Lied 475 “Allerhoogste Hemelvader”; NSG 380 “Aanbiddelike God”
As gebed: Lied 532  “Ons Vader, neem ons hande”; NSG 310 “O Here neem ons hande”; Lied 266 “Ons Vader”
Verootmoediging: Lied 247 “Heer wees ons genadig”; NSG 233
Slotlied: Lied 286 “Here, God van liefde”; NSG 354 “Here, ons God, voor ons nou huis toe gaan”; Lied 283 “Ons kom, o Vader, vir ons land”; NSG 410 “Allerhoogste God”

Preekstudie: Jakobus 3:13-4:3, 7-8a

Teks en konteks

Daar is ooreenstemming tussen kommentare oor Jakobus se brief “as ’n versameling losse etiese spreuke, wat sonder ’n definitiewe eenheid of tema saamgevoeg is, meermale met ’n sleutelwoord as enigste oorgang” (Smit). Die brief wil gelowiges bemoedig en vermaan om hulle lewenswyse deur geloof in Jesus Christus te rig. Jakobus het ’n oorkoepelende retoriese doel met die boek gehad wat iets spesifiek aanspreek of by gelowiges wou bereik. Die brief beoog “verandering van houding en gedrag, sodat die innerlike en onderlinge konflikte, teenstrydighede en spanninge opgehef sal word in volkomenheid, geïntegreerdheid en heelheid” (Smit). Die brief word nie aan spesifieke gelowiges (adelphoi) geskryf nie, maar spreek wel spesifieke morele sake aan. Baie uitleggers meen die laaste verse is net “’n paar onsamehangende los gedagtes”. Hierdie gedagtes kom egter regdeur die boek voor.

Die brief bereik in die laaste verse vinnig ’n gevolgtrekking, ingelei met die frase “pro pantoon” (lett – “Bo alles”). Dié frase funksioneer as afsluiting van die brief, maar formuleer moontlik ook die kern van wat Jakobus wil sê. Die sake wat Jakobus hier aanspreek (gebed, geloof, en die kerk se betrokkenheid by siekes, vertwyfeldes en gebrokenes) lê aan die hart van die evangelie. Jakobus vermaan en bemoedig die gelowiges met wat hulle primêre en wesenlike doel as volgelinge en kerk van Christus is. In die inleiding tot die brief roep Jakobus die gelowiges op om te bid (1:5). In die slotbetoog doen hy dit weer. Hy omraam die boodskap en bevestig wat hy gesê het in die res van die brief. Sy verkondiging en verstaan van navolging moet van God afgebid word. Dit is nie deur eie krag nie, maar ’n gawe wat God verleen.

Jakobus wys die broers daarop dat hulle taak is om vir mekaar te bid (5:16). Die WBC wys dat Jakobus moontlik met die broers oor die funksie van pastoralia gepraat het, maar “with an eye on some pressing needs in his community”. Uit hierdie hoek gesien is vers 13-18 nie so losstaande van vers 12, soos sommige kommentare beweer nie. “Opposed to the assertions that underlie the oath-taking in v 12 is the author’s ‘better way’ of acquiescence with the divine will. That will embraces the whole of life, with its extremes of pleasure and pain (13), and all its facets are set in a corporate context. Suffering and sinning form the major pastoral themes, and the antidote to both distressing conditions lies in the practice of prayer to God” (Martin). Smit help ons om te verstaan hoe hierdie verse in die geheel inpas en waarom die gelowiges moes bid en mekaar ondersteun. “’n Moontlike greep op die geheel sou kon wees om te sê dat dit gaan om verskillende groepe mense wat self konflikte ervaar en daardeur ook spanning in die gemeente veroorsaak. Vier sulke groepe word dan as ’t ware in ’n volgorde van groeiende intensiteit genoem, saam met die maniere waarop met hulle omgegaan moet word:
1) diegene wat swaar kry en diegene wat opgeruimd is (13); 2) diegene wat siek is (14); 3) diegene wat sondig, veral teenoor mekaar (16); 4) diegene wat heeltemal afdwaal (19-20).” Jakobus roep hulle telkens op om die fokus van hulleself, mekaar en die krisis af te haal en op God terug te plaas. Hiervoor stel hy dan voor: 1) Hulle moet bid en lofliedere sing; 2) Hulle moet die ouderlinge van die gemeente laat kom en bid, met olie salf en God se Naam aanroep; 3) Hulle moet hul sondes eerlik teenoor mekaar bely en vir mekaar bid en 4) hulle moet dwalendes terugbring.

Vers 13. Jakobus wys die broers op hulle pastorale taak teenoor mekaar. Gebed lê aan die hart van hierdie taak. Jakobus roep die gelowiges, in tye van swaarkry en siekte, op tot aktiewe diens. Smit wys daarop dat siekte ook as konflik gesien kan word. “Die omgaan met siekte, in die individu en die huisgesin, kan inderdaad as vorme van konflikhantering gesien word, as die soeke na heil, sjalom, op verskillende wyses.” Daar is ’n sterk pleidooi dat gebed persoonlik en as deel van die geloofs-gemeenskap moet funksioneer. Gebed herstel beide die gelowige én die gemeente. Jakobus stel gebed voor as ’n aktiewe benadering tot siekte en konflik. Gelowiges kan iets aan die situasie doen – hulle kan bid. Daar moet vir die siekes in gebed ingetree word en waar mense baklei of stry moet hulle eerder in bid as om vuis te slaan. “In what are ostensibly difficult times, James is thereby not advocating a stoic or impassive response to adversity, but allowing for a positive response to hardship” (Martin). Gelowiges wys juis hul andersheid deurdat hulle nie “godswater oor godsakker laat loop nie”, maar ’n verskil maak deur aktief in gebed in te tree vir ander. Gebed en lofprying is aanbiddingselemente en daarom deel van die liturgie. Aanbidding bring genesing van konflik en siekte. “Turning to God in need is half the truth; turning to him in praise either in the church or alone when one is cheerful (whatever the situation) is the other half” (Martin).

Vers 14. Die Griekse werkwoord astheneia beteken letterlik om vanweë siekte, sonde of gebrokenheid “liggaamlik swak te wees”. Waar iemand nie in staat is om self na die ouderlinge te gaan nie, as gevolg van siekte of ongesteldheid, moet hulle die ouderlinge ontbied om vir hulle te kom bid. Die verskil in vers 13 se opdrag is dat jy self moet bid. Jakobus is duidelik oor hoe gebed moet geskied: (1) Die ouderlinge (mv) moet ontbied word; (2) Daar moet vir hom gebid word; (3) Die Naam van die Here moet aangeroep word; (4) Die persoon moet met olie gesalf word. Dit kan moontlik op ’n reinigingsritueel, wat bekend was in die vroeë kerklike gemeenskap, dui. Jakobus kon moontlik hierdeur aan  die gemeente stel dat die krag van genesing nie in die gebed of in die ouderlinge lê nie, maar in God. “The anointing of one with oil is to be done in the name of the Lord. This request for God to act underscores the confidence that God is the source for any healing that is effected” (Martin). Die gebruik van olie was hoofsaaklik medisinaal en simbolies. Olie het baie mediese gebruike gehad en was algemeen bekend vir sy helende uitwerking. Die rede waarom die ouderlinge (en nie ’n dokter of kundige nie) die olie moet bedien, is sodat die geloof van die persoon wat swak is ook sterker kan word. Die tweede funksie van olie was om God se verbintenis met en versorging van die persoon in konflik en siekte te bevestig. “This tangible evidence of his trustworthiness lets the afflicted one know that God’s plan will be carried out, whatever the outcome” (Martin).

Vers 15. Jakobus beklemtoon weer die kern van sy laaste gedagtes, naamlik dat dit nie rituele of gebruike van die gemeente is wat gelowiges gesond maak nie, maar God wat mense herstel en genees. Hy plaas die fokus weer terug op God se genesing. Die vraag wat hierdie vers egter wek is: “Hoe moet ons die genesing verstaan: Letterlik of toekomstig/eskatologies?” “Is the sense ‘logical’ or ‘eschatological,’ i.e., is the action of God in response to the prayer of faith one that effects recovery in healing at the moment or is the restoration that of the last day when the dead will be raised to new life?” (Martin). Die saak moet met omsigtigheid hanteer word. Dit kan maklik vir gelowiges ’n krisis in hul geloofslewe skep. Beteken dit dat as die persoon nie gesond word nie, die gebed nie gelowig was nie? Ek dink nie dit is wat Jakobus hier sê nie. Gebed is nie ’n manier om God te manipuleer om ons wense en ons begeertes te bereik nie. Jakobus help ons om die funksie van gebed te verstaan en in die regte, herstelde verhouding met God en mekaar te kom. Gebed herstel ons, genees ons en heel ons.

Vers 16. Vir Bybelse gelowiges het sonde en siekte hand aan hand geloop. Daarom impliseer Jakobus dat siekte ook die gevolg van sonde is. Dus, as jy gesond wil word, moet jy ook jou sonde bely. Vandag, met al ons mediese kennis en wetenskap, dink ons egter anders daaroor. In die lig van persoonlike en gemeentelike konflik en spanning moet ons egter nie te vinnig oor die verse lees nie. Die genesing van die gelowiges en geloofs-gemeenskap gaan nie net oor siekte as liggaamlike toestand nie, maar ook oor genesing van die geloofsgemeenskap. Die geloofsgemeenskap moet nie ’n plek vir stryd en konflik wees nie, maar ’n plek waar ons ons sonde teenoor mekaar kan bely, vir mekaar kan bid en waar ons gesond en herstel kan word. Die meervoud dui op meer as net ’n individu se herstel. “Die gelowige gebede van gewone mense wat so kragtig is, is die gebede om herstel, om heil, om vergifnis, wat weer uitloop op die nog meer dramatiese verkondiging dat selfs afgedwaaldes gered en ’n menigte sondes vergewe kan word” (Smit). Smit wys verder dat die rede waarom sondes eerlik teenoor mekaar bely moet word, is dat die gemeente kan herstel. Almal saam sondig teen die gemeente en almal, elk op hulle eie manier. Hulle moet hulle sonde teenoor mekaar bely sodat die gemeente heel kan word. Slegs in gebed haal ons die fokus van onsself en ander af, sien ons God raak en kan ons ons sondes bely. Daarom roep Jakobus hulle op: Die versoek van ’n persoon wat reg optree, het ’n kragtige uitwerking. Hierdeur wys Jakobus dat gebed nie aan ’n spesifieke groep of elite behoort nie. Niemand het die monopolie op gebed nie. Die verwysing na ’n persoon wat reg optree beteken: “Iemand wat in die regte verhouding – nie in konflik of stryd of dwaling – met God leef.” Weereens is dit nie sy gebed wat die krag dra nie, maar die Een tot wie die gebed gerig word. ’n Persoon wat reg lewe sal ook weet hoe om reg (gelowig) te bid. Die krag van sy gebed lê (vgl 15) in die God wat deur so ’n persoon die herstel van verhoudings, vergifnis van sonde en die heelmaak van die geloofsgemeenskap laat geskied. Genesing is dus nie net die gesond word van ’n persoon se liggaam nie, maar die gesond word van die hele gemeente. Waar gelowiges hiervoor bid, word siekte en konflik genees en het die geloofsgemeenskap se gebed ’n kragtige uitwerking op almal.

Vers 17-18. Hierdie verse ondersteun vers 16. Jakobus sê dat gelowige gebed vir almal bedoel is. Elia se verhaal word in 1 Konings 17-18 vertel as voorbeeld van iemand wat in die regte verhouding met God leef. Martin trek die verband tussen Elia se verhaal en Jakobus se gebruik daarvan duidelik deur: “But the picture continues, and the righteous person offers a prayer on behalf of the sick. The result of this prayer is that the Christian, who was formerly ill, is now refreshed, much like the parched land that is revived by rain. Thus the figure Elijah has been chosen by James to show that a righteous person of the church can call upon the grace of God so that sick members are healed.” ’n Tweede moontlikheid waarom Jakobus hierdie teks aanhaal, is om gelowiges te bemoedig om op hulle gebed te wag. In 5:7 wys Jakobus op die boer wat wag op die kosbare oes wat die land oplewer. Net soos die boer wat wag en Elia wat op die reën gewag het, moet gelowiges volhardend en in geloof wag op die uitkoms van hulle gebed. God sal die oes (uitkoms van gelowige gebed) op die regte tyd gee. Gelowiges moet nie moedeloos raak nie. Deel van die genesing van die geloofsgemeenskap is om volhardend op God te wag vir uitkoms. God herstel die land op sy tyd.

Vers 19-20. Vir sommige kommentare staan hierdie verse weer los van die voorafgaande. Volgens Smit vorm hierdie die vierde groep mense wat konflik of spanning ervaar. Martin wys daarop dat Jakobus hierdie laaste gedagtes moontlik gerig het op mense in die gemeente en nie op buitestaanders nie. “Indeed the term ‘wandering brother’ recalls many serious problems addressed by this epistle (eg, misuse of the tongue, jealousy, lack of concern for the poor, worldliness, quarreling;). The thrust of the entire epistle has been to prevent any Christian from wandering from the truth; if there is a lapse, he should be brought back.” Die konflik waaroor Jakobus in die voorafgaande verse geskryf het, was moontlik as gevolg van lidmate wat nie volgens die eise van die evangelie leef nie en doelbewus daarvan afdwaal. Dit skep spanning in die gemeente tussen gelowiges en ongelowiges. Om so iemand terug te bring, bring genesing vir die persoon, maar ook vir die gemeente.

Die opmerking wat Jakobus maak, is nie net ’n nagedagte nie, maar lê aan die hart van sy boek. Iemand wat afdwaal van die waarheid, leef in sonde en is bestem vir die ewige dood. Die funksie van die geloofsgemeenskap is om sodanige persone terug te bring van hulle dwaalweg. In die lig van die voorafgaande verse kan ook gesê word dat sodanige persoon ernstig siek is en slegs deur hulle terug te bring kan hulle genees word, anders gaan hulle dood. Die terugbring, behels egter die verandering van koers wat so iemand maak, terug na die waarheid toe, asook vergifnis van sonde. Dit is nie die taak van die afgedwaalde om terug te kom nie, maar die opdrag aan die gemeentelede om afgedwaaldes en “siekes” te soek en terug te bring. Volgens Martin sluit Jakobus doelbewus sy “‘sermon in epistolary form’ by reminding his readers of his ‘apostolic goal’, namely, that all should seek to walk with God in wisdom. The final contrast is one that has pervaded the tract: wisdom versus folly. The ‘wise’ person will already be practicing obedience and will be motivated to act so as to ensure that the ‘foolish’ person will turn back to the right way (Prov 2:20; 4:5; 5:22-23; 7:24-25; 8:4-5). Sin, which is attacked so directly in James’ letter, is both a personal and a community problem. His desire is that all his readers deal with its threat to ‘eschatological perfection’ (1:4), both on an individual level and in the lives of others.”

Preekvoorstel

Helmut Thielicke, die Duitse teoloog, het in sy lesings oor die Ons Vader-gebed die volgende geskryf: Onder die mense is daar slimmes en dommes; heiliges en skurke; die wat heers en die wat oorheers word; maar dwarsdeur al die veelvuldige verskille loop een algemene eienskap en dit is dat hulle – u en ek ingesluit – moet bely: Ons is almal sondaars en dit ontbreek ons aan die roem wat ons voor God moet hê. Wat egter interessant is, is dat hierdie roem by elkeen van ons verskillend ontbreek. Ja, dit verskil tussen die fariseër en die tollenaar; dit is anders by die ou vrou as by die jong man – maar al die verskille vloei saam in hierdie een sin: “Heer gaan weg van my af, ek is ’n sondige mens!” Ons moet elkeen bely: “Heer ons het anders uit u hand te voorskyn / op aarde gekom as wat ons nou is. Ons kan onsself nooit weer so aan U teruggee soos ons onsself uit u Hand ontvang het nie.” Ons moet erken: Ons het almal die groot verband op ons lewe. En dit heet skuld!

As Jakobus vir die broers skryf, spel hy hulle verantwoordelik ten opsigte van skuld uit; teenoor mekaar, die gemeente en teenoor God. Hierdie skuld bring letterlik siekte oor individue en die gemeente. Daarom moet man en muis almal intree in gebed voor God. Die Heler van ons skuld en ons siekte.

Die probleem van ons tyd is dat ons nie besef of dink dat ons skuld het of skuldig is nie. Ons weet nie ons is siek nie. Ons stap soos lyke rond in ’n wêreld wat ons elke sekonde vertel hoe gesond ons is. Of as ons hierdie produk aanskaf, op hierdie vakansie gaan, daardie nuwe motor of huis koop, gaan ons gesond raak. Ons soek die oplossings vir ons siekte by die verkeerde dokters en in die verkeerde medisyne. Ons is dodelik siek en ons weet dit nie. Ons dink ons is gesond, maar in wese dwaal ons en is ons op pad na die dood (19-20). Ons is siek aan en van onsself. Ons neem selfies en ons begeer ons eie liggame en plesier. Alles moet net om ons draai en gaan oor ons gemak en plesier. Die “ek” groei elke dag groter en groter sodat daar nie eers meer plek vir my is in die kerk as ander dit met my wil deel nie. Dit veroorsaak die konflik en struwelinge onder mekaar en in die kerk. Dit maak dat ons aan mekaar leuens vertel, jaloers is en afdwaal van die waarheid.

Daarom skryf Jakobus hierdie slotopmerkinge aan ons. Daar is net een oplossing vir ons sieklike toestand – ons moet op ons knieë gaan. Ons moet bid. Nie die gebede waar ons persoonlik roem en ryk vergroot en ons eie selfsugtige begeertes en die “ek” die fokus is nie. Nee, ons moet vir mekaar begin bid. Wanneer ons vir mekaar en saam met mekaar begin bid, begin ons onsself sien soos God ons sien. Besef ons wat ons werklike funksie teenoor mekaar en God is.

Ons is as geloofsgemeenskap as agente van God op aarde geroep. Ons doel op die dorp waar ons geplaas is, is om ruimtes te wees waar mense genees kan word, herstel kan word, vergewe kan word en teruggebring kan word na die waarheid. Ons getuienis en gebed het ’n kragtige uitwerking in gelowiges en ongelowiges se lewe. Ons manier van leef onder mekaar bring genesing vir ons gemeenskap en land.

Dit kom egter nie vanself nie. Ons moet hiervoor bid. As individue, as ouderlinge van die gemeente, as gelowiges en as land moet ons bid. Ons moet ons sondes eerlik teenoor mekaar (man en vrou, buurman en bure, werker en werkgewer) en teenoor God bely. Waar verhoudings en mense siek geraak het, moet ons onder aanroeping van die Naam van die Here bid en met olie salf (mekaar versorg). Ons moet mekaar vergewe. Ons moet met volharding aktief wag op God nadat ons gebid het asook op mekaar. As iemand afdwaal moet ons hom/haar  terugbring. Dan sal God ons gesond maak. Wanneer ons swaarkry moet ons bid. Wanneer ons opgeruimd is moet ons lofliedere sing.

Eers dan sal die roem van God herstel word en onsself, ons naaste, ons gemeente en ons land die genesing van God beleef. Ons bid nie om God se arm te draai of sodat God ’n wonderstok sal swaai dat ons gesond kan raak nie. Ons bid sodat ons ’n duideliker blik op God kan kry sodat ons lewe meer sy beeld kan weerspieël. Mense wat gesond is, is mense wat weet hoe lyk God!

Uit die uitstekende fliek Shadowlands oor C S Lewis en sy vrou, Joy Davidson (1993) kom hierdie aangrypende stukkie dialoog. Nadat ’n ander kollega C S Lewis (Jack) gespot het oor wat gebed vir hom in die sak bring ten opsigte van sy sterwende vrou, Joy, sê Harry, een van sy ander kollegas: “Christopher kan jou spot, Jack, maar ek weet hoe hard jy gebid het en nou is God besig om jou gebede te beantwoord.” C S Lewis antwoord dan: “Dit is nie hoekom ek bid nie, Harry. Ek bid, want ek kan myself nie help nie. Ek bid omdat ek hulpeloos is. Ek bid, want hierdie behoefte vloei die hele tyd uit my, of ek slaap en of ek wakker is. Gebed verander nie vir God nie, dit verander my!” Gebed maak siekes gesond – individue en gemeentes.

Bibliografie

Die Bybel, 2014. Nuwe Testament en Psalms – ’n Direkte vertaling. Bellville: Bybelgenootskap; Martin, R P 1988. Word Biblical Commentary: James. Dallas, TX: Word Books, [elektronies uitgawe]; Smit D J, Burger,
C W, Muller, B A 1990. Woord teen die Lig III/7, Riglyne vir prediking oor vrede. Wellington: Lux Verbi; Thielicke, H 1972. Die gebed wat die wêreld omspan. Kaapstad: Tafelberg.; Vorige preekstudies [Aanlyn] – Argief van leesroostertekste NT: Jakobus 5:13-20 (28 September 2003  http://www.communitas.co.za/leesrooster/nt/59-Jakobus/Jakobus%2005_13-20.htmTeksuitleg en Preekstof – Jakobus 5:13-20, www.kontak.org.za

Sections

© Missio 2024 | All rights reserved.