Agste Sondag in Koninkrykstyd

Picture of Woord en Fees

Agste Sondag in Koninkrykstyd

Liturgiese Voorstel

Leesroostertekste

Fokusteks: Psalm 105:1-6, 16-22, 45b
Ander tekste: Genesis 37:1-4, 12-28; Romeine 10:5-15; Matteus 14:22-33

Inleiding

In hierdie erediens staan die gedagte sentraal dat God slegte gebeure ten goede kan gebruik, en die verhaal van Josef is ’n voorbeeld daarvan. Die diens begin met ’n skuldbelydenis waarin die gemeente hulle ongeloof, veral in slegte tye, bely om daarna die boodskap te ontvang as herbevestiging van God se teenwoordigheid en betrokken-heid in elke situasie. By die diens van die tafel word God se genade aan die gemeente toegesê deur middel van die Romeine teks en die gemeente beweeg na die wêreld met lof op hulle lippe.

Diensorde

God versamel ons voor Hom

Skuldbelydenis
Voorganger: Here, ons moet vanoggend voor U bely dat ons geloof klein is.
Gemeente: Here, wees ons genadig.

Voorganger: By ons is die glas eerder half leeg as half vol.
Gemeente: Here, wees ons genadig.

Voorganger: Wanneer ons in ons eie lewe in ’n put beland, sien ons net die donker dieptes.
Gemeente: Here, wees ons genadig.

Voorganger: En wanneer ons kla Here, kla ons meestal by ander mense en nie by U nie.
Gemeente: Here, wees ons genadig.

Voorganger: Ag Here, in slegte tye is dit werklik moeilik om u hand daarin te sien (uit Ps 105 en
Gen 37).
Gemeente: Lied 247; NSG 233

Diens van die Woord

Kindertyd
Laat iemand die verhaal van Josef op so ’n wyse vir die kinders vertel dat die aksente wat in die preek gelê gaan word veral klem ontvang.

Diens van die tafel

Genadeverkondiging 
Voorganger: Die Here bring vanoggend vir ons almal die goeie boodskap dat ons gered is.
Gemeente: Jesus is die Here en God het Hom uit die dood opgewek.

Voorganger: Met die hart glo ons en ons word vrygespreek; en met die mond bely ons, en ons word gered.

Voorganger: Niemand wat in Hom glo, sal teleurgestel word nie.

Voorganger: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.
Gemeente: Jesus is die Here en God het Hom uit die dood opgewek (uit Rom 10).

Almal: Danklied

Uitsending

Gemeentesang

Musiek en sang

Musiek: Lied 247 “Heer wees ons genadig”; Lied 105; Lied 571 “Here, hoeveel blye dae”

Preekstudie: Psalm 105:1-6, 16-22, 45

Inleiding
In die Nuwe Testament begin Koninkrykstyd met die belydenis van Jesus wat opgestaan het en Here van die kerk en die wêreld is. Dit is die waarheid wat God deur sy lewegewende Gees in gelowiges se harte kom vestig het en dit is die boodskap wat die kerk aan almal moet uitdra. In die Ou Testament het die belydenis van God as genadige Redder en Beskermer ’n ander inhoud gehad. Die godsvolk in Kanaän is ook gedurig daaraan herinner dat dit God is waarop hulle moet hoop, maar waar christene vashou aan die kruisiging en opstanding, het die Ou-Testamentiese gelowiges gesing en gepraat oor die uittog uit Egipte en die inname van die heilige land. Dit is hoe God sy liefde en trou aan hulle bewys het; enersyds dat Hy ’n genadige God is, en ook dat Hy almagtig is en doen wat Hy belowe het. Hierdie psalm roep die godsvolk op om die Here te loof en te dien, want Hy is goed. Hy was goed vir hulle en Hy sal nooit sy beloftes verbreek of vergeet nie. Daarom kan hulle ook vir die toekoms op Hom vertrou. Ter illustrasie word ’n deel van die geskiedenis hier onder die vergrootglas geplaas. Die verhaal van Josef is ’n tipiese gebeure van hoe God werk wanneer Hy sy genade aan iemand bewys en dan daardie persoon in sy diens gebruik. Amper soos in ’n spanningsverhaal loop dinge erg verkeerd vir die later begenadigde Josef en versleg sy posisie verby die punt waar daar enige hoop vir hom is. Eers is Josef deur sy eie broers verkoop nadat hulle van plan was om hom dood te maak. Toe word hy ’n slaaf. Hy word na ’n vreemde land geneem waar hy nie die taal of kultuur ken nie. Daar versleg dinge nog meer wanneer hy onskuldig in die tronk gegooi word. Erger as wat met hom gebeur het, kan dit nie. En dan in sy donkerste uur kom die Here en bewerk dit so dat hierdie gevangene nie net verlos word uit die tronk nie, maar verhoog word tot die status van ’n koning. So het God later ook met sy volk gehandel. Die eens vergete volk wat in slawerny verval het, wie se kinders voor die voet vermoor word, word verlos deur die Almagtige en opnuut bevestig as koningskinders. Die Here gryp in en verander hulle omstandighede soos net God dit kan doen – soos Hy ingegryp het in die lewe van Josef, wat as ’n miniverhaal gesien kan word van wat later met die volk Israel sou gebeur.

Teks

Psalm 105 begin met ’n lofgedig (1-6) en dan gee die digter die rede vir sy lied (7-11). Die lang historiese deel (12-44) is ’n uitbreiding van vers 7-11. Dan eindig die psalm in vers 45 met ’n hoogtepunt wanneer die psalmdigter almal oproep en sê: “Julle moet die Here prys!” Die struktuur van hierdie psalm kan soos volg ingedeel word: Vers 1-6, 7-11, 12-15, 16-23, 24-38,
39-41, 42-45. Dahood wys daarop dat die dubbele verwysing na Abraham en die verbond met hom stilisties daarop kan dui dat hier gebruik gemaak is van ’n chiasme by vers 15, 22 en 43-45 (Psalms III, 51, 62). A R Ceresco (CBQ 38 [1976] 305).

Hierdie psalm begin in vers 1-6 om die volk van God op te roep om Hom te loof, dit moedig hulle aan om vas te byt en aan te hou glo en roep hulle op om te lewe soos mense van die verbondsvolk behoort te leef, in ooreen-stemming met die wil van God. Die tema van die psalm is God se getrouheid en onwrikbare verbintenis tot sy ewighoudende beloftes aan sy verbondsvolk. Die na-eksiliese volk word uitgenooi om hulle dank aan God te bewys en Hom te loof deur terug te kyk in die geskiedenis na die oorsprong van hulle geloof. Hulle was verslaaf en omring deur heidense en vyandige volke waaruit Hy hulle gered het. Nou word hulle opgeroep om dit te herdenk en Hom te dank vir sy wonderbaarlike ingryping.

Na die oproep om God te loof gee die tweede deel (12-23) die gronde en beskrywing van God se reddingsdade. Die derde strofe (24-36) vertel van die dinge wat in Egipte gebeur het en illustreer hoe die Here God alle gebeure beheer. Dit vertel van verdrukking en hoe die Here Homself bewys as die God wat sy mense gekies het en hulle sal bewaar tot die dood en selfs verder. Op daardie stadium was Josef die man wat God gebruik het, soos Hy later ook verskeie leiers opgeroep en deur hulle gewerk het.

Die tweede strofe eindig met Jakob se koms na Egipte, die derde strofe vertel van die volk van God se verblyf in Egipte (37-45) en die vierde vertel van hul uittog – die Eksodusgebeure. Die Here het aangehou om hulle te beskerm, te lei en in hulle daaglikse behoeftes te voorsien, nadat Hy hulle uit Egipte verlos het. Hulle gaan daar uit met ’n lied in hulle hart. Daardie blydskap moes deur die eeue deel bly van die godsvolk, juis in die tyd toe hulle kon terugkyk na die tweede eksodus, die terugkeer uit ballingskap, toe hulle weer die grond uit God se hand kon ontvang as ’n geskenk. Wat moes hulle antwoord wees op hierdie groot stuk genade wat hulle ontvang het? Net maar om dankbaar te leef, op ’n manier wat die Here vir hulle gevra het in sy wet. Hulle moes die Here loof, en gehoorsaam voor Hom leef.

Die belofte van die land, die geografiese of politiese woonplek wat God vir sy volk in die Ou Testament belowe het, is volbring met die koms van Christus, toe hierdie belofte ’n nuwe inhoud verkry het en die beloofde land meer as die paradys hemelwaartse dimensies begin vertoon. Die belofte aan Abraham het veel meer ingehou as die tydelike okkupasie van die land. Israel, wat blykbaar net ’n skaduwee was van die finale tuiste wat God aan sy uitverkorenes van die Ou en Nuwe Testament wil gee, ’n hemelse tuiste wat ons finale woonplek sal wees (Heb 3:7-4:1; 11:13-16, 39, 40).

Die struktuur van die gelese teksverse kan soos volg saamgevat word:
Jakob, uitverkorenes, dank en prys die heilige Here!
Dien Hom, dink aan sy wonderwerke en krag.
Die Here het Josef gestuur, sy broers het hom verkoop as slaaf, totdat die Here hom gered en deur hom gepraat het.
Die koning het vir Josef uit die tronk laat kom en hom aangestel oor die land.
Josef het vir hulle gesê en geleer wat die regte dinge is.
Hoekom? Sodat sy volk gehoorsaam sal wees. Prys Hom!
In een sin sê hierdie psalm: Prys die Here, Hy het sy volk verlos en deur Josef gepraat.

Konteks

Psalm 105 is baie nou verwant aan twee ander psalms, 78 en 106. Hierdie psalm is egter veel meer positief as 106 en meer van ’n oproep tot lof aan die God wat die geskiedenis in sy hande hou, tot voordeel van sy kinders. Waar die volgende psalm meer ag slaan op die ondankbaarheid van die volk, hulle ongeduld en onvergenoegde reaksie, sluit hierdie twee psalms mooi by mekaar aan en wys elkeen ’n ander sy van wat in die Ou Testament gebeur het. Psalm 78 maak melding van albei aspekte en lê klem op die feit dat hierdie waarhede en die wonder van God se almag aan die jonger geslag oorgedra moet word.

Hierdie psalm is in ’n groot mate histories van aard, maar die skrywer is heel selektief in sy vertelling van hoe dinge gebeur het. Hy voeg vrylik gebeure by wat deur die tradisie oorgelewer is, of wat hy dalk self skep. Meeste teoloë is dit eens dat hierdie psalm in ballingskap geskryf is, of dalk na-eksilies, wat die aanhalings uit Jesaja die beste kan verduidelik. Dit sou goed inpas by die tyd toe Jerusalem en die stadsmure nog nie klaar herstel was nie en die volk moedeloos en ontmoedig was. Dit lyk of hierdie psalm mense wil bemoedig deur daarop te wys dat die God van hulle voorvaders van die begin af in beheer was van die geskiedenis, dat dit Hy is wat nou regeer en dat hulle moed kan skep in die wete dat Hy hulle sal help en sal seën, al lyk dit om hulle nie of dit regtig so is nie. Hierdie psalm roep hulle op om te glo in dit wat God gedoen het en weer kan doen. Dit vra hulle om Hom te prys vir wat daar was en wat weer sal kom, maar wat nie nou sigbaar is nie. Hulle kan maar op Hom vertrou.

Die ooreenkoms tussen hierdie psalm en vers 8-22 van 1 Kronieke sou ook ’n sterk aanduiding kon wees van die funksie van hierdie psalm, want daar staan hierdie ooreenstemmende woorde net nadat Dawid die ver-bondsark na Jerusalem gebring en hy die volk geleer het om hierdie lied te sing. Die hele prosessie word in detail beskryf in teenstelling met die vorige on-suksesvolle poging toe hulle die ark by die Filistyne wou gaan haal, maar glad nie ag geslaan het op die voorskrifte vir die hantering van die ark nie, met noodlottige gevolge (2 Sam 6:7). Maar nou is dit ’n groot fees met trompette en ’n koor met ’n uitgewerkte liturgie (2 Sam 15) en ’n prosessie wat moes beïndruk. Indien dit die konteks van hierdie psalm is, sou dit as feeslied gesien kon word, ’n lied ter herdenking van God se goedheid en sy trou wat die volk moes laat dink aan die seëninge wat die Here vir hulle in die verlede gegee het en nou weer wil gee. Maar dit is volgens Leupold en ander nie ’n psalm wat so oud is as die tyd van Dawid nie, met die weergawe in die Psalmboek as die waarskynlik oorspronklike en die plasing van ’n deel daarvan as geleende dokument in Kronieke.

Met al die verskille wat geleerdes kan hê oor die funksie en konteks van hierdie psalm, is dit baie duidelik dat Psalm 105 in die erediens benut is om die Israeliete se hart weer warm te laat klop oor die verbond en die uittog. Daarom is dit in hulle lofliedere opgeneem (Burden). Vandaar sou dit maklik in hulle kategetiese onderrig benut kon word en is dit nie nodig om soveel klem te plaas op watter die meer korrekte oorsprong van hierdie psalm is nie.

Preekvoorstel

Watter rede hou die psalmdigter vir ons voor om die Here te prys? Hy sê die Here het sy volk uitverkies en hulle gehelp, soos wat Hy vir Josef gehelp, hom verlos en van slaaf tot koning verhoog het.

Om net te sê die Here is goed, prys Hom, sal nie ’n groot opgewondenheid by lesers teweegbring nie. Maar as vertel word hoe Josef se lewe die een slegte wending na die ander neem en hy, sonder om verkeerd te doen, hom in die haglikste omstandighede bevind, sonder hoop, dan daaruit verlos en verhoog word tot vêr bo dit wat enigiemand ooit kon droom, skep hierdie kontras genoeg rede tot lof en dankbaarheid, veral as iemand kan ervaar dat dit is wat die Here met hom of haar gedoen het. ’n Goeie James Bond storie illustreer dit heel prakties, waar die held gewoonlik eers gevang word en alles daarop dui dat sy lewe net ’n paar sekondes werd is. Dan kom die ontsnapping, die oorwinning, die verowering van die slegte ouens, en natuurlik . . . die meisie wat hy gaan red. Die verhaal van Josef oortref daardie kontraste verreweg.

In hierdie psalm is daar ’n duidelike driehoek: Die Here, sy volk, en die heilige land. Vir die volk van Israel was die feit dat hulle ’n land as present ontvang het van die Here, ’n baie belangrike bewys dat God wel kan en wil doen wat Hy sê. Sonder ’n land wat die Here aan hulle gegee het, sou hulle nie kon glo dat die Here ’n realiteit in hulle lewe wil wees nie. Vir die christene van die Nuwe Testament is ’n geografies en politiek sigbare land nie ’n noodsaaklikheid nie. In die Nuwe Testament word die belangrikheid van die land wat God vir sy volk gee, oorskadu deur Christus as erfdeel en die ewige lewe en die hemelse geskenk wat Hy aan almal gee wat aan Hom behoort. Dan is slegs die beginsel van die Ou-Testamentiese beloftes oor die land van belang. Baie mense in Afrika dink waarskynlik anders hieroor. Vir hulle is die belofte van ’n fisieke land sterker as vir ander mense wat dit soms te maklik vergeestelik. Vir mense wat verdruk word, het die eksodusmotief meer letterlike betekenis as vir ander. Feit is egter dat daar nie vir Nuwe-Testamentiese gelowiges aardse besittings gewaarborg of belowe word as deel van God se beloftes nie. Inteendeel, die Nuwe Testament wys ons daarop dat aardse besittings en ’n land wat aan mense behoort, juis in die pad kan staan van God se roeping om Hom te volg. Dit kan nodig wees dat die Here sy kinders ook van ’n land moet verlos, sodat hulle vry kan wees om Hom te volg om sy boodskap van genade te gaan verkondig aan almal wat dit nog nie gehoor het nie.

Die verlossing van die Here volg dikwels dieselfde pad as wat die Here met Josef geloop het, vir wie Hy uitgekies het as voorloper en profeet. Die Here wil hê dat sy kinders Hom moet volg en dien omdat hulle dankbaar en lief is vir Hom. Daarom bewerkstellig die Here dit hier en in baie mense se lewe, dat hulle in ’n donker put beland, ’n doodloopstraat waar hulle vasgevang is deur dinge waarvoor hulle dikwels nie eers self verant-woordelik was nie, soms wel. En in die moedelose en radelose uur kom die Here en openbaar Hy sy krag en genade op so ’n wonderlike manier dat sy begenadigdes geen ander verklaring daarvoor soek nie as dat die Here hulle verlos en hulle gehelp het. Dit bring ’n egte en diep blydskap en dankbaarheid wat nooit kan verdwyn nie. Dit is hoe die Here sy liefde in ’n gelowige se hart instort en die liefde opwek waarmee ons Hom liefhet, dien, loof en verheerlik.

Dit is hierdie verlostes wat graag psalms soos 105 lees, waar die dank wat in ons harte is op ’n manier verwoord word wat aanklank vind, ook ander verlossingsdade oproep en wat die woorde verskaf om die gevoel van godsdiens en eerbetoning wat opbruis in ons harte te uiter. Ja, almal moet die Here prys!

Bibliografie

Weiser A, 1962. The Psalms (Old Testament Library), London: SCM Press; Leupold, H C 1974. Exposition of Psalms. Columbus: Evangelical Press; Marshall, I H 1974. The daily Commentary, London: St. Paul’s Press; Hubbard, David A 1987. Word Biblical Commentary, Texas: Word Books; Helberg, J L 1981. Loof die Here! Pretoria: NG Kerk Boekhandel.

Sections

© Missio 2024 | All rights reserved.