Vonkk 206

Vers 1

1. Wie kan peil hoe diep lê hartseer
in die vaderhart van God,
oor die seer in menselewens,
oor die trane uitgestort?
Almal soek hul eie voordeel,
daar’s ’n blindheid vir mekaar.
Ons raak doof vir al die swaarkry
soos ons meer en meer vergaar.
Dit is stukkend in ons wêreld,
dit het donker hier geword.
Kom en skud ons tot ons luister!
Kom en smelt die hardste hart.
Ook vir ons mense, vra ons:
Genade, Heer!

Kry toegang tot die volledige lirieke. Gemeentes met ’n aktiewe kerkmusiek-lisensie wat reeds op Missio.org.za geregistreer is, kan aanteken om alle verse se lirieke te sien.

Hannes van der Merwe 2009/2012 ©
HANNES – Anton Esterhuyse 2012
Orrelbegeleiding: Anton Esterhuyse 2012 Klavierbegeleiding: Anton Esterhuyse 2012
© 2012 VONKK-Uitgewers (admin Bybel-Media)
Daar is nie tans meer inligting oor die ontwikkeling van hierdie lied beskikbaar nie.