Psalm 92

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. Om God te loof is heerlik
om van u Naam te sing,
u liefde lof te bring.
U trou is onontbeerlik.
Ons wil steeds elke more
en elke aand u trou,
u liefde bly onthou
met harp en lier en kore.

2. Heer, U beskik oor magte,
oor dade groots en sterk;
ek juig oor al u werk;
hoe diep is u gedagte.
Dit is alleen die domme
wat daarvoor blind is, God;
wie daarvan swyg, is bot
'n redelose stomme.

3. Die goddelose opbloei,
hoe dit ook al floreer
-net U, o God, regeer-
U sal dit alles uitroei.
Wie vrees die kwaad se werker?
Ek sal hom deur U stuit,
U delg hom deur my uit;
ú kragte maak my sterker.

4. Oor hul laat U my feesvier,
U laat my triomfeer
oor teëstanders, Heer,
so kragtig soos 'n sterk dier.
Die wat die reg nie dien nie
ek luister sonder vrees
in my oorwinningsfees
na die wat niks ontsien nie.

5. Die Here maak die vrome
en die regverdiges
sterk soos die palms is,
hoog soos die sederbome.
So fris en lewenskragtig-
hul vrug vind hul in Hom
selfs in hul ouderdom.
My rots- Hy heers regverdig.

Geskiedenis