Psalm 91

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. Wie God Almagtig bly vertrou,
vir hul is Hy 'n vesting.
Sy skadu sal hul veilig hou,
sy vleuels is hul skuiling.
Van siekte sal Hy jou bewaar,
jy hoef nie bang te wees nie;
geen aanval, plae of gevaar,
geen skrik hoef jy te vrees nie.

2. Al val daar duisend man maal tien,
Hy sal jou nie laat neerstort;
die goddelose, sal jy sien,
die sal deur Hom gestraf word.
Sy engele sal met jou stap;
jy sal jou voet nie stamp nie;.
jy sal op leeus en slange trap.
Vrees daarom dan geen ramp nie.

3. "Ek het hom lief, Ek sal hom red,
hom wat My ken, beveilig.
Ek hoor hom in sy smeekgebed
en Ek sal hom verdedig.
In nood staan Ek hom altyd by,
sy eer sal hy weer t'rugkry ;
hy sal hom oor My hulp verbly
en vele jare leef hy."

Geskiedenis