Psalm 82

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. God spreek die ander gode aan;
as Regter gaan Hy voor hul staan:
"Hoe lank gaan julle so bly oordeel,
die reg misken, die kwaad bevoordeel?
Sorg vir die mens in lyding,
bewerk vir hom bevryding.
Sien om na armes in hul nood,
die wees en ander sonder brood.
Breek dan die goddelose mag,
help almal wat na uitkoms smag."

2. "Maar in die duister tas jul hand
en steur die aarde in sy stand.
Nou lê geregtigheid aan skerwe
en net soos mense sal jul sterwe."
U wat alleen kan oordeel,
sal nie die kwaad bevoordeel.
U, immers, lê u regtershand
oor elke volk, oor elke land.
Dit alles, Heer, is u gebied.
Laat oor die aarde reg geskied.

Geskiedenis