Psalm 81

Sections

Lirieke

1. Roep die Here aan,
Jakobs God, ons sterkte.
Vier by nuwemaan
fees om God te eer.
Jubel voor die Heer
wat ons heil bewerk het.

2. Vier die fees getrou
deur die nageslagte.
Dit moet ons onthou:
Uit die slawerny
is ons uitgelei.
Hou dit in gedagte.

3. "Seer was jou gewrig
toe jy swaar gedra het."
"Elke swaar gewig het Ek afgelig.
en jou pyn verlig
toe jy hulp gevra het."

4. "Ek was steeds getrou
op die trekpad later.
Bly dit steeds onthou:"
"Daar by Meriba
toe jy uitkoms vra,
was daar vir jou water."

5. "Dien geen ander God.
Luister, wees gehoorsaam.
Eer dan my gebod."
"Wat jy vra van My
sal jy van My kry,
volop en genoegsaam."

6. "DÌt is ingeskerp
diep in jou gedagte.
Maar wie My verwerp
nederlae ly
hy wat sonder My
steun op eie kragte."

7. "As my volk tog maar
op my woord gelet het,
dan was Ek steeds daar;"
"in hul tyd van nood,
al was dié hoe groot,
sou Ek hul gered het."

8. Wie die Here haat,
sal deur Hom gestraf word.
Maar in ruime maat
word sy volk gevoed:
Daar sal heuning soet
uit die rots verskaf word.

Geskiedenis