Psalm 70

Sections

Lirieke

1. Red my, o God, en help my gou
dat ek die lewe kan behou.
Die wat die dood se strikke span,
laat hulle strikke hulle vang.

2. Wil U hul op die vlug laat slaan,
laat hul beskaamd van my af gaan.
Sorg dat hul wat my spot, o Heer,
verleë terug in skaamte keer.

3. Laat wie U soek, Heer, telkemaal
hul blydskap in u Naam herhaal.
Laat hulle altyd bly bely:
Die Heer is groot, hoe groot is Hy!

4. Ek, hulpeloos, hoor my gebed,
ek, arme mens, vra:"Here red.
Vertoef nie, Here, maar kom nou,
kom sonder talm of wag, kom gou."

Geskiedenis