Vers 11. Ontferm U, Heer, U wat vol liefde is,
kom was my skoon, bewys aan my genade.
Vergewe my al my verkeerde dade
en suiwer my deur alles uit te wis.
Ek het oortree, dit weet ek alte goed;
ek is bewus dis sonde in u oë.
Ek staan voor U berouvol om te boet.
Barmhartig, Heer, is U, vol mededoë.