Psalm 33

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. Sing juigend, sing 'n nuwe loflied.
Besing opnuut die Heer se Naam;
bring nou 'n lofgesang met eerbied
soos dit gehoorsames betaam.
Net deur sy gedagte is die Heer by magte
om te laat geskied. Wat Hy doen,
duur ewig. Vas staan dit en stewig
soos Hy dit gebied.

2. Hy is vol liefde, vol genade,
en Hy laat geld dit wyd en syd.
Standvastig is sy trou, sy dade,
en Hy bemin geregtigheid.
Slegs deur 'n gedagte
was die Heer by magte
om te laat ontstaan: al die helder, verre
glinsterende sterre en die helder maan.

3. Die see se vloed het Hy laat saamkom.
Hy hou die waters in een plek.
Bewoners van die aarde, dien Hom -
Hy wat ontsag by almal wek.
Deur sy skeppingsopdrag,
deur sy woord se almag
kom die skepping voort.
Almal moet ontsag hê
as daar soveel krag lê
in die Heer se woord.

4. Vir ewig sal sy plan bly vasstaan
tot in die verste nageslag.
Die nasies sal Hy laat tot niet gaan
as hulle steun op eie mag.
Hulle wat getrou bly,
hulle onderhou Hy,
Hy sal hulle seën.
God se volk leef sorgvry,
want vir hulle sorg Hy
deur geslagte heen.

5. Vanuit sy woonplek hoog verhewe
sien Hy, die Koning, almal raak.
En Hy kyk af op alle lewe,
want alles is deur Hom gemaak.
Alle kundighede, alles hier benede
is deur Hom gemaak.
In sy alvermoë sien sy wyse oë
al ons dade raak.

6. 'n Vors oorwin nie deur sy magte -
wat baat die grootheid van sy leër?
Hy wen nie deur die perd se kragte.
Wie triomfeer, steun op die Heer.
En na dié wat Hom dien,
sal die Here omsien,
Hy sal hul behou.
Hul sal deur sy krag wen,
hulle wat sy mag ken
en daarop vertrou.

7. Die Here gee ons sy beskerming,
Hy sal sy oog op ons bly hou;
ons stel ons hoop op sy ontferming;
ons sal op Hom, ons hulp, vertrou.
God se Naam is heilig,
by Hom is ons veilig;
Hy sal altyd red. In ons vreugde lag ons,
op sy goedheid wag ons, hoopvol in gebed

Geskiedenis