Psalm 23b

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. Die Here is my
herder en bewaarder:
Ek kom niks kort nie;
daar is niks wat my ontbreek.
In groene weiveld
en by stille water
laat Hy my uitrus
in 'n bar en dorre streek.
Die steiltes ken Hy
en die skerpste draaie:
Hy rig my altyd
op die regte paaie.

2. Nie een sal U ooit van u skaap berowe:
U is by my in diep en donker klowe,
wanneer ek afdwaal, haak u staf my nader
en met u stok verdryf U die gevare.
By U is ek beveilig en geborge:
Bevry is ek van vrese en van sorge.

3. U dek in my teenwoordigheid 'n tafel:
My vyande kyk toe en staan verslae!
U vul my beker, voed my en verheug my;
u goedheid volg my al my lewensdae.
Ek ken u liefde en u gunsbetoning
en bly 'n leeftyd, Here, in u woning.

Geskiedenis