Psalm 2

Ilse Pelem

Sections

Downloads

Vir Sang: ‘n PDF-dokument wat ’n melodielyn en lirieke bevat. In sommige gevalle bevat die dokument ook akkoorde.

Vir Begeleiding: ‘n PDF-dokument wat meerstemmige begeleiding vir orrel en/of klavier bevat. In sommige gevalle bevat hierdie dokument ook die lirieke van die lied.

Opname: Opname van van die lied, beskikbaar as mp3-lêer.

Aanbieding: ‘n Powerpoint aanbieding van die lied se lirieke.

Lirieke

1. Waarom stig volke opstand teen die Heer
en word teen sy gesalfde saamgespan?
Hul sê, as hulle die gesag trotseer:
"Werp af die juk en raak bevry daarvan".

2. Die Heer wat hoog daar in die hemel woon
Hy lag hul uit en Hy maak hul tot spot.
Hul gaan op loop, die vorste wat Hom hoon
Hy maak 'n nietigheid van hul komplot.

3. Die oproermakers word deur God vermaan:
"Ek het die koning immers self gekroon,
daar op my berg wat hoog en heilig staan
daar heers hy, my gesalfde, op sy troon."

4. "Jy is my seun", het Hy vir my gesê
Jy kry die volke as besit van My.
Hul sal in flenters voor jou septer lê,
hul sal verbrokkel soos 'n pot van klei.

5. O heersers van die aarde gee dan ag,
want julle moet Hom onderdanig wees;
die Here moet gedien word met ontsag,
eerbiedig, en met siddering en vrees.

6. Kom eer die Here en kom buig voor Hom.
Keer so dat Hy vertoorn op julle raak,
keer dat die Heer se woede oor jul kom.
Wie by Hom skuil, sal Hy gelukkig maak.

Geskiedenis