Psalm 137a

Sections

Lirieke

1. Ver van Sion weggevoer,
daar in Babel, diep ontroer,
het ons aan ons land gedink.
Geen musiek het opgeklink.
Daar waar die riviere vloei,
aan die wilgers wat daar groei,
is ons harpe opgehang
in ons hartseer en verlang.

2. Daar het hulle ons gepla
en 'n Sionslied gevra.
"Sing vir ons", het hul gesê,
"vrolikheid, dit wil ons hê."
Hoe besing jou hartseer mond
Sion op die vreemde grond?
Hoe sing jy aan God die Heer
in die vreemde lof en eer?

3. O my stad, vergeet ek jou,
mag dit my dan swaar berou:
Mag my hand homself vergeet,
van homself nie langer weet,
mag my tong en mond verstom
en geen lied meer daaruit kom.
Mag my stad, o Sion, j˝y
steeds my hoogste vreugde bly.

4. Wil, o Here, Edom straf.
"Sion - breek sy mure af.
Laat dit op die aarde lê."
So is van ons stad gesê.
Babel, jy word straks beslis
oor ons lyding uitgewis.
Mag selfs vir jou nageslag
ook 'n swaar vergelding wag.

Geskiedenis